Christus en Sy Gemeente in Profesie
By ‘n buitengewone geleentheid, wanneer iets besonders moes plaasvind soos ‘n fees of ‘n aankondiging, was 'n basuin geblaas om die mense byeen te roep. Toe die Here God op die berg Sinai neergedaal het na Sy profeet Moses, wie Sy Woord moes neem na die kinders van Israel, het "… die hele berg Sinaï … gerook, omdat die Here in ‘n vuur daarop neergedaal het. En sy rook het opgetrek soos die rook van 'n oond, en die hele berg het vreeslik gebewe. Toe die geluid van die basuin sterker en sterker word, het Moses gespreek, en God het hom telkens hardop geantwoord" (Exo. 19: 18-19).
In die dae van Josua het die basuin weerklink toe die sewe priesters sewe ramshorings geneem het en begin loop het voor die ark van die verbond, waarin die Woord van die Here gehou was (Jos. 6).
God se basuin weerklink wanneer Hy wil praat. Dit waarsku Sy volk om gereed te maak om Sy stem te hoor en om deur Sy Woord die oorwinning te verkry. Die geklank van die basuin was weer gehoor in ons geslag en word ook in Israel gehoor tydens hul byeenroeping.
Die Skrif vertel ons dat die verborgenheid van God volbring sal wees wanneer die sewende engel se stem gebasuin sal word, soos Hy aan Sy diensknegte, die profete, verkondig het (Openb. 10:7). Ons het reeds getoon dat ‘n engel 'n boodskapper is, met ‘n boodskap van God. Onder die basuin-geklank van die sewende engel, word die verborgenheid van God volbring, soos dit aan Sy diensknegte, die profete, verklaar was.
Hou in gedagte dat die woord ‘profeet’ het 'n dubbele betekenis. In die nuwe-testamentiese Gemeente is apostels, profete, leraars, ens. Maar elke keer wanneer iets besonders moes plaasvind op aarde, het God ‘n buitengewone profeet gestuur om dit aan te kondig.
In die gemeente in Antiochië was daar verskeie profete en leraars (Hand. 13:1). "En in dié dae het daar profete van Jerusalem na Antiochië gekom. En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius" (Hand 11: 27-28). So 'n profeet kan gebeure van persoonlike belang of omstandighede voorspel. Agabus het ook geprofeteer en voorspel wat sou gebeur met Paulus (Hand. 21: 10-11). Volgens 1Korinthiërs 14:29, moet twee of drie profete spreek en die ander dit beoordeel.
‘n Buitengewone profeet, ‘n siener, verskyn as 'n mondstuk van die Almagtige God wat die Woord, met betrekking tot die profetiese deel van die plan van verlossing, uitwys deur ‘n Goddelike openbaring. Wanneer so 'n profeet verskyn, moet hy na geluister word en nie geoordeel word nie. In hul tyd was daar net een Henog, een Abraham, een Moses, een Noag, een Elia, een Johannes die Doper en een Paulus. Niemand kon oordeel oor hulle nie want hulle het "So spreek die Here!" gehad.
In die eerste kerk-eeu was daar apostels, profete, leraars, ens, maar dit was aan Paulus, die profeet-boodskapper, gegee om dinge aan die Gemeente uit te lê. In 1Korinthiërs 14:37 sê hy: "As iemand meen dat hy 'n profeet of 'n geestelike mens is, moet hy erken dat wat ek aan julle skrywe, bevele van die Here is". Wie werklik deur God geroep is in een van die vyf bedieninge van Efésiërs 4:11, aanvaar die ware Woord van die Here wat deur ‘n boodskapper van God gestuur is.
In elk van die sewe kerk-eeue was daar sonder twyfel manne van aansien, wie in die oë van die mense belangrik was; sonder twyfel was hulle deur God gebruik in verskeie bedieninge. Maar in elke periode was daar ook God se keuse om die boodskap van daardie uur te bring. In hierdie geslag was daar baie bekende en ervare evangeliste, maar wie is die boodskapper in ons tyd, na wie die Woord van die Here gekom het?