Christus en Sy Gemeente in Profesie
Toe Johannes Christus en Sy Gemeente in profesie sien, was daar baie plaaslike gemeentes aan wie Paulus sy briewe gerig het. Die Heilige Gees het spesifiek hierdie sewe gemeentes in Klein-Asië gekies deurdat hul karakter eienskappe ooreengestem het met dié van die toekomstige sewe kerk-eeue. Nie ‘n enkele Joodse gemeente word genoem nie – nie eens dié in Jerusalem nie, want die boodskappe het profetiese betekenis en handel slegs oor die heidense dispensasie.
Die Bybel sê vir ons dat die sewe sterre in die regterhand van Jesus Christus is, soos Hy in die midde van Sy Gemeente wandel. Hy is die Allerhoogste God, verhewe en geliefd te midde van Sy eie. Wanneer Sy boodskappers (sterre) ookal praat, doen hulle dit met gesag. In die regterhand van hul Meester – nie van denominasies nie – is hulle heeltemal in Sy beheer; hulle protesteer teen georganiseerde godsdiens.
Hoewel die onderskeie kerk-eeue reeds deur hooggeagte historici geïdentifiseer was, het dit die profetiese bediening van William Branham gekos om die sewe engel-boodskappers te identifiseer, wie die sterre was in die regterhand van die Here om die boodskap vir hul tyd te bring. Die Here het twee groepe geadresseer binne die Gemeente – die vleeslike en die geestelike. Hy het woorde van lof én van teregwysing gehad. Hy rig Sy boodskap aan die engel van elke kerk-eeu en het Homself met een van Sy goddelike titels voorgestel.
Volgens die geskiedenis en goddelike openbaring was die kerk-eeue soos volg:
Die gemeente in Éfese (Openb. 2: 1-7): "Dit sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars".
Éfese beteken om te laat vaar en te ontspan. Die eerste kerk-eeu was deur die Here bestraf omdat sy haar eerste liefde verlaat het. Mense het begin om die oorspronklike Pinkster ondervinding te laat vaar en die slinkse gees van die Nikolaïete laat insluip. Hulle het begin om geestelikes te skep wat gesag oor andere afgedwing het. Die Here het die uitverkorenes van die kerk-eeu geprys vir hul haat van die werke van die Nikolaïete, wie posisies en mag gesmag het. Diegene wat staanvastig in die oorspronklike leringe gebly het, kon maklik die valse apostels erken, want hul leringe het nie ooreengestem met die fundamentele leringe van die Bybel nie.
Dieselfde is waar selfs vandag nog. Enige onderrig wat nie saamstem met die leringe van die apostels en profete nie, is vals. Paulus was so seker van die onfeilbaarheid van sy leringe, dat hy ‘n vloek uitge-spreek het oor iemand wat 'n ander evangelie preek (Gal. 1). Die oorspronklike gesproke Woord van God is Waarheid en elke interpretasie daarvan is foutiewelik en 'n leuen van die duiwel. In die begin was die Woord – die oorspronklike saad. Maar toe het die vyand vir Eva subtiel uitgevra en God se Heilige Woord verkeerd geïnterpreteer in die Tuin van Eden. Die Nikolaïete het net soos Eva in sy strik geval.
Daar is 'n groot verskil tussen die verkondiging van die oorspronklike saad-Woord, en die interpretasie daarvan. Een bring geestelike lewe en ander geestelike dood. Satan ontken nie altyd Gods Woord nie. Hy het selfs na die Here Jesus met die Woord gekom. Hy misbruik, wanvertolk en misplaas altyd God se heilige Woord.
Net soos Jesus, bly die oorwinnaars met die oorspronklike Woord en oorwin die vyand met die woord van hulle getuienis. Die belofte aan hulle in die eerste kerk-eeu, was dat hulle deel sal hê aan die boom van die lewe, wat in die midde van God se paradys is. Omdat Eva geluister het na die slang se interpretasie, was sy en Adam uit die Paradys verdryf en afgesny van die boom van die lewe. Maar deur Christus, word die oorwinnaars teruggebring na die boom van die lewe en na God se paradys.
"Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê".
Hierdie kerk-eeu het geduur tot 170 nC. Volgens ‘n goddelike openbaring aan broeder Branham, was Paulus die ster-boodskapper in die regterhand van die Here vir hierdie kerk-eeu.
Die gemeente in Smirna (Openb. 2: 8-11): "Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het …".
Die betekenis van Smirna is bitterheid. Die naam is afgelei van die woord ‘mirre’, ‘n salf wat geassosieer word met dood. Diegene wat die interpretasie van die vyand geglo het – wat bekend gestaan het as die werke van die Nikolaïete – het geestelik gesterwe. Toe stig hulle die priestersamp om te heers oor ander (die lekedom) en ignoreer die feit dat die hele nuwe-testamentiese Gemeente aangewys is as 'n heilige priesterdom. Alle denominasies is geskoei op die eerste godsdienstige organisasie en word gemotiveer deur dieselfde gees. Die uiterlike voorkoms verander nie hierdie feit nie. Volgens die Woord van God is die eerste een die moeder en die ander die dogters (Openb. 17).
God se uitverkorenes het nie gebuig onder die valse leringe nie, en moes daarom deur verskriklike vervolgings gaan. Hulle was aangesê om getrou te bly tot die dood toe, om die kroon van die lewe te ontvang. Die tweede dood kan hulle nie skaad nie.

Hierdie kerk-eeu het geduur tot 312 nC. Baie manne was gebruik deur God in die bediening gedurende hierdie tydperk, maar dit blyk dat God se keuse as ster-boodskapper in die regterhand van die Here, Irenaeus was. Hy het vas gestaan in die leringe van die apostels en die verkondiging van die volle evangelie. Sy bediening was bevestig deur die Almagtige God, met gepaard-gaande tekens.
Die gemeente van Pérgamus (Openb. 2: 12-17): "Dít sê Hy wat die skerp tweesnydende swaard het …".
Gedurende hierdie kerk-eeu het die afvallige kerk – die Nikolaïete – ‘n amptelike kerk geword en met die staat verenig; die heidendom was verenig met die Christendom. Alles was so subtiel gedoen dat die vleeslike Christene geswig het. Dit was die instelling van die leringe van Bíleam. Bíleam het die kinders van Israel en die Moabiete uitgenooi en 'n groot maaltyd berei wat die ondergang van Israel veroorsaak het. So ook het Konstantyn die raad by Nicea georganiseer en beide groepe daarna genooi. Israel het in Bíleam se strik geval, alhoewel hulle die bevestigde bediening van die profeet Moses met hulle gehad het. Hierdie sonde is nooit vergewe nie.
Tog was daar ook dapper manne van God gedurende hierdie tyd wat vasgehou het aan die waarheid. Hulle het die uitverkorenes versterk wie glad nie gekompromeer het met die staat of met die afvallige kerk nie. Die belofte aan die oorwinnaars was dat hulle van die verborge manna sal eet en 'n wit keursteen met 'n nuwe naam sal ontvang, wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Hierdie kerk-eeu het geduur tot 606 nC. Volgens broeder Branham was St. Martin die ster-boodskapper in die regterhand van die Here. Van almal wat die evangelie verkondig het, was sy kragtige bediening die naaste aan die leringe van die apostels, vergesel van bybelse tekens.
Die gemeente in Thiatíre (Openb. 2: 18-29): "So sê die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en sy voete is soos blink koper ..."
Dit wat begin het op ‘n klein skaal in die kerk-eeu van die Efésiërs, bekend as die werke van die Nikolaïete, het gedurende hierdie kerk-eeu in die dominante pouslike kerk ontaard. Daarmee was die Gemeente in die donker eeue gewerp. Dit was asof ware christenskap en die ware bybelse leringe nooit bestaan het nie. Maar God het nog oorgeblywendes gehad wie onder leiding van die Heilige Gees Sy Woord gevolg het.
Die Here het hierdie valse stelsel vergelyk met Isébel, wie afgodery in Israel ingebring het. Hulle het probeer om God se diensknegte te verlei om geestelike hoerery te bedryf. Maar God se uitverkorenes het nie gebuig voor hierdie mens-gemaakte stelsel nie. Selfs gedurende die tyd van duisternis en vervolging, het God se Woord die pad verlig van Sy kinders, dws, die wie nie mislei was nie. Die belofte aan die oorwinnaars was om mag oor die nasies te kry en oor hulle te heers met 'n ysterstaf. "En Ek sal hom die môrester gee".

Hierdie tydperk het geduur tot die jaar 1520. en wie uitblink as 'n ster-boodskapper in die regterhand van die Here daarin is Columba. Sy bediening was gebaseer op die oorspronklike Woord van God en was bevestig deur die Almagtige.
Die gemeente in Sardis (Openb. 3: 1-6): "Dít sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterre het …".
Dit bring ons by die tyd van die Reformasie, toe daar ná 'n lang duisternis, 'n ligstraal gekom het. God het, in Sy oneindige genade, 'n nuwe begin gemaak met Sy lewende Woord, toe daar geestelike dood was. Geleidelik het die lig wat in hierdie tydperk aangesteek is, gegroei, sodat ons vandag die volle openbaring van Jesus Christus het.
Die Here het gesê: "Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, en jy is dood". Dié kerk het titels gebruik, net soos die Roomse Kerk. Hulle het nie geweet die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees is die Here Jesus Christus nie.
Diegene wat die God-gestuurde boodskap geglo het, het nie hul klere besoedel nie. Die belofte aan die uitverkorenes in hierdie tyd is: "Wie oorwin, sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie ...".

Hierdie kerk-eeu het geduur tot die jaar 1750. Gedurende hierdie kerk-eeu was daar baie dapper manne wat deelgehad het aan die werk van die Hervorming, maar weens sy dinamiese bediening was Martin Luther die ster-boodskapper in die regterhand van God, wie ronduit verkondiging het: "Die regverdige sal uit die geloof lewe".
Die gemeente in Filadelfía (Openb. 3: 7-13): "Dit sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het ..."
Dié kerk het geen woord van waarskuwing van die Here ontvang nie. Dit was die groot sendelings-kerkeeu van die ope deur en broederderlike liefde. Diegene wat geïnspireer was deur die Woord en Gees van God, het oor die hele wêreld gegaan. Mense het nie die Woord bespreek nie, hulle het dit geleef. Diegene wat die verkondiging van God se Woord gehoor het, het groot skuldgevoel gehad oor hul sonde. Dit was 'n ongelooflike tyd in die geskiedenis van die Gemeente. Die effek van die preke was so kragtig dat selfs diegene van die sinagoge van Satan, moes erken en buig voor die Woord.
Die gelowiges het die belofte ontvang dat hulle beskerm sal word in die uur van beproewing, wat oor die hele aarde in die laaste kerk-eeu kom. Reg en verkeerd sal so naby aan mekaar wees; net die uitverkorenes sal, deur God se genade, die verskil ken tussen die egte en die namaaksel. Die oorwinnaars in hierdie kerk-eeu, het 'n belofte dat hulle 'n pilaar gemaak sal word in die tempel van God.

Hierdie wonderlike kerk-eeu het geduur tot 1906 nC. Die ster-boodskapper in die regterhand van die Here was John Wesley, wie voortgegaan het om die fakkel van die Woord te dra en het 'n groot openbaring van heiligmaking gehad.
Die gemeente van die Laodicense (Openb. 3: 14-22): "Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God ...".
Hierdie kerk-eeu is in die mees patetiese toestand en die Here het geen woorde van lof daarvoor nie. Self-verleiding is aan die orde van die dag: "Ek is ryk ... en het aan niks gebrek". Uiterlik is hulle goed bedeeld met wêreldse rykdom maar is onbewus van die feit dat hulle ellendig, beklaenswaardig, arm, blind en naak is. Maar Hy wat oë het soos ‘n vuurvlam, sien die werklike toestand van Laodicea.
Hulle sing en praat natuurlik nog van Hom, maar het 'n vorm van aanbidding en wêreldse aktiwiteite oorheers in hul midde. In plaas daarvan dat hulle voor en ná die diens tyd maak om te bid, sien hulle uit na speletjies en vermaaklikheid ná die byeenkomste. Hulle is nie eens bewus dat hulle Hom verstoot het en Hy dus nie meer in hulle midde is nie. "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop …". Die kerke gebruik hierdie stelling in die algemeen teenoor die sondaars, maar God gebruik dit in verband met die kerke. Die Here staan buite en klop en vra ons om die deur oop te maak.
Hulle gee valslik die indruk dat die Here nog steeds by hulle is. Doelgerig kyk hulle verby die werklike toestand soos in die Woord van God beskryf word deur die Here Jesus Homself. Dit is die mees verleidelikste van alle tye. Mense probeer nog steeds om 'n atmosfeer van herlewing te skep, maar wil nie hul toestand erken nie. Daarom, omdat hulle nie die waarheid wil glo nie, stuur God hulle die krag van die dwaling om die leuen te glo (2Thess. 2:11). Dit maak nie saak wie ons is nie, wanneer ons die waarheid verwerp, maak ons onsself oop vir die verkeerde.
Die vyand het elke kerk en denominasie, elke evangelis en prediker, op die mees geslepe manier verstrik. Hy maak hulle selfs suksesvol in wat hulle doen, solank hulle net nie die boodskap en die boodskapper vir hierdie tyd erken nie. Sommige is selfs oortuig dat hulle nooit by die Wêreld Raad van Kerke sal aansluit nie, maar onwetend is dieselfde gees op hulle en is hulle deel van dieselfde sisteem. Elke Christen organisasie dra dieselfde gees as die van die oorspronklike een. Elkeen wat God se boodskap verwerp, soos verlig deur die Heilige Gees, ontvang die merk van die dier.
Allerhande dinge word toegeskryf aan die werk van die Gees. Reg en verkeerd is so na aan mekaar dat slegs die uitverkorenes, wie die Woord het, die verskil ken.
Dan is daar die charismatiese beweging, wat poog om geestelike lewe in die Wêreld Raad van Kerke in te blaas. Volgens profesie is dit die beeld van die dier. Maar die Gees van God roep uit: "Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem" (2Kor. 6:17). Omdat Christus gedurende die Laodicense kerk-eeu buite die kampe is, kom al die uitverkorenes, wat Sy stem hoor, uit elke godsdienstige kamp uit en gaan staan aan Sy kant – die kant van die Woord – en dra Sy smaad. Hulle het egter die belofte dat hulle sal deelneem aan Sy heerlikheid:
"Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met my te sit op my troon..."
Sonder enige twyfel is daar baie uitstaande manne in die verskillende denominasies, maar wie was die uitverkore ster-boodskapper in ons tyd? Die maatstaf moet altyd bybels wees; ons kan nie na sukses, indrukke of persoonlikhede kyk nie. Ons moet God se keuse identifiseer.
Sonder huiwering kan ons voor die Almagtige God sê dat broeder Branham skriftuurlik geïdentifiseer en magtig bevestig is van bo as die engel-boodskapper vir die laaste kerk-eeu. Laat almal wat ore het, hoor wat die Gees aan die gemeentes sê, en nie langer gebonde aan tradisie wees nie, maar uitkom, hulself skei van alle ongeloof en terugkeer na die oorspronklike Woord van God.

"Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met my te sit op my troon ..."