Christus en Sy Gemeente in Profesie
Ons word vermaan tot nugterheid in al ons handelinge en om nie enige datums vir die wederkoms van die Here te spesifiseer nie. Mag Christus ons wakend en wagtend vind – voorbereid vir Sy koms.
"Maar van dié dag en dié uur weet niemand nie, ook die engele van die hemele nie, maar net my Vader alleen" (Matt. 24:36). Jesus Christus het verwys na dinge wat moet gebeur voor Sy wederkoms. Ons sien nou die vervulling daarvan. Hy het gepraat van die vyeboom (Israel), oor ander tekens van die tyd en ook oor Sy eie teken – die teken van die Seun van die mens. Jesus het van ons tyd gepraat toe Hy gesê het: "Voorwaar Ek sê vir julle, hierdie geslag sal sekerlik nie verbygaan voordat al hierdie dinge gebeur het nie. Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie" (Matt. 24: 34-35).
Die gelykenis in Matthéüs 25 het in ons tyd ‘n brandende vraag geword in baie harte: "Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die bruidegom te ontmoet. Vyf van hulle was verstandig en vyf dwaas. En toe die wat dwaas was, hul lampe neem, het hulle geen olie met hulle saamgeneem nie. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne saam met hul lampe geneem … terwyl die bruidegom talm … het hulle almal vaak geword en aan die slaap geraak. En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom: Gaan uit hom tegemoet! ... en die wat gereed was, het saam met hom ingegaan na die bruilof, en die deur is gesluit".
Hulle het toe almal hul lampe geneem en uitgegaan om die Bruidegom te ontmoet. Maar die verstandiges het olie in hulle kanne geneem – die dwase nie. Die uur is naby waarin die Here Sy heerlikheid gaan manifesteer in die Bruid – die wyse maagde wat die saad-Woord ontvang. Die dwases sal besef hoe die wyses deur die geopenbaarde Woord gestimuleer word en dan graag ook dieselfde Gees wil ontvang. Maar dan kom die Bruidegom, en hulle wat gereed is, gaan met hom.
In die verlede, het ons verskillende weergawes gehoor van hierdie gelykenis. Maar omdat ons nou die simbole van die Bybel verstaan, sien ons die profetiese betekenis. Die bybelse simbole: "maagd", "lamp", "olie", "kanne", ens., dui aan ons die volle prentjie.
Maria, wie 'n maagd genoem word, het genade gevind met God en uit die mond van die engel die woord van belofte vir haar tyd gehoor. Die Heilige Gees het op haar gekom en die krag van die Allerhoogste het haar oorskadu. Omdat sy geglo het, het die wonderwerk gebeur. Die Woord self was in die baarmoeder van die maagd geplant en die Woord van belofte is vervul – die Woord het dus vlees geword. So is dit vandag. Die beloofde Woord-saad van die uur word ontvang deur die wyse maagde; hulle glo dit, en dan kom die krag van die Heilige Gees oor hulle en word 'n werklikheid in hul lewens.
‘n Maagd is onaangeraak van ‘n man, rein en skoon. Die Woord self praat van gelowiges, hulle wat nie geestelik hoereer nie, maar hulself suiwer hou, heilig en gewy aan die Here. Die tien maagde versinnebeeld die gelowiges in hierdie geslag. Soos Maria, het die wyse maagde genade by God gevind. Toe hulle die woord van die belofte hoor, was hulle verlig deur die lig wat aangesteek is in hierdie laaste kerk-eeu.
Die dwase maagde was nie verbind met die bestendige stroom olie nie, die Heilige Gees, en het die finale voorbereidings gemis. Hul lampe het gebrand, maar hulle het nie saam met die ontluikende openbaring beweeg tot aan die einde nie, om deel te hê aan die belofte-vervulling nie. Hulle olie is nie aangevul nie en hul lampe het dood gegaan.
Die dwase is die vleeslikes onder diegene wat uit slawerny kom. Hulle het die letter, maar nie die Gees van die Woord nie. Hulle is oortuig dat die lig wat hulle aanvanklik ontvang het, al is wat nodig is. Hulle het hul lampe geneem en gedink hulle kan die Wegraping maak, maar op die mees kritieke tyd het hul olie opgeraak. Dit is belangrik om persoonlik verbind te wees met die voortdurend-bewegende Heilige Gees.
Almal het aan die slaap geraak, toe die Bruidegom talm. Dit is nou die tyd om te ontwaak, want die geroep weerklink: "Daar kom die bruidegom". Al tien maagde het dieselfde begin. Aanvanklik het hulle die kerk-eeu se lig ontvang en hul lampe het gebrand. Hulle het dieselfde geroep gehoor, hul lampe skoongemaak en uitgegaan om die Bruidegom te ontmoet. Die bekroning is egter aan die einde en nie aan die begin van die wedloop nie.
Ons is nou in die tyd van beproewing. Vir die kinders van Israel was dit nie genoeg om die God-gestuurde profeet, Moses, te erken nie, of om net van hom te praat nie; hulle moes gehoorsaam wees en in geloof reageer op elke belofte van God, toe hulle uit slawerny uitkom. Aan die einde was hul geloof op die proef gestel. Aanvanklik het alles wonderlik gelyk. Hulle het gejubel en was uitermatig bly vir die wonderwerke wat die Here in hul midde gedoen het. Maar toe het ontevredenheid hulle beklem en het hulle gemurmureer. Hulle het geestelike dinge vleeslik beoordeel en omdat hulle nie God se manier van handel verstaan het nie, het hulle teen Hom gesondig.
Die wyse maagde daarinteen, hou hul balans in alle dinge. Christus beteken alles vir hulle. Hulle vertrou nie op die persoon van die God-gestuurde profeet nie, maar glo die Woord wat hy gebring het. Ons moet aanhou voortbeweeg, gelei deur die Heilige Gees. Dit is nie genoeg om net te praat oor die spesiale verligting of die besoeking van God in ons tyd nie, ons moet aanhou wandel met Jesus Christus, totdat ons ons bestemming bereik.
Die wyses honger en dors na God, en hulle sal versadig word (Matt. 5:6).Die geestelike voedsel – die geopenbaarde Woord van God, die verborge manna – was opgestoor vir die uitverkorenes van hierdie kerk-eeu. Daar kon nie ‘n uitdeling van die voedsel wees as daar nie eers ‘n opstoring was nie. “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel optyd te gee?” (Matt. 24:45)
Die uitverkorenes – die wyse maagde, die oorwinnaars – het nie net die Heilige Gees ontvang nie, hulle het die getuienis van Jesus Christus, wat die Gees van profesie is (Openb. 19:10). Hulle is deel van God se plan in die eindtyd.
Mag ons nooit ontevrede word en die Heilige Gees bedroef dat dit van ons af weggaan nie. Die wyses het geen tyd om te kla en te murmureer nie want hulle is te besig met hul voorbereiding om die Bruidegom te ontmoet. Binnekort gaan Matthéüs 25 geskiedenis wees. Dit baat niemand om te roem dat hulle die boodskapper en die boodskap ken, maar hulle weier om die Lig te volg nie. God se werk gaan vervolmaak word deur goddelike liefde. Al die lede van die liggaam van Christus word verenig met mekaar en met die Hoof. Die Sluitsteen sal aanstonds Sy posisie inneem – Christus is beide die Hoeksteen en die Sluitsteen, die Alfa en die Omega.
Die wat glo in die eindtyd boodskap, moet nie dieselfde fout begaan nie, om te praat van die dinge wat God onlangs gedoen het en met groot verwagting kyk na dit wat Hy in die toekoms nog gaan doen, maar dit wat Hy nou doen miskyk nie.
Aan die begin van die Nuwe Testament kon die gelowiges dag en nag praat oor die bediening van die God-gestuurde profeet, Johannes die Doper. Maar as hulle nie verder gegaan het met die Here Jesus Christus nie, het hulle dit gemis wat gevolg het, selfs die uitstorting van die Heilige Gees op Pinksterdag. Al kon hulle praat oor dinge wat gebeur het tydens die magtige bediening van die Here Jesus Christus self, maar die verbinding met die werk van God wat daarop gevolg het, gemis het, sou hulle nie deel uitgemaak het van Sy plan op daardie tydstip nie. Die korrekte houding is om deel te wees van dit wat God nou doen – dit verbind ons met wat volgende sal plaasvind.
Deur God se genade is ons ook bekend met Christus as die Profeet, as Seun van die mens. Sy Woord is vir ons, "So preek die Here". Mag ons Hom behaag in hierdie belangrike uur en genade in Sy oë vind, tot Sy wederkoms, sodat ons deel kan het aan die dinge wat die Here belowe het Hy gaan doen. "En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon" (Rom. 8:11). "Want die skepping wag met reikhalsende verlange na die openbaarmaking van die kinders van God" (Rom. 8:19).

Die wyses honger en dors na God, en hulle sal versadig word (Matt. 5:6). Die geestelike voedsel – die geopenbaarde Woord van God, die verborge manna – was opgestoor vir die uitverkorenes van hierdie kerk-eeu. Daar kon nie ‘n uitdeling van die voedsel wees as daar nie eers ‘n opstoring was nie. “Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel optyd te gee?” (Matt. 24:45)