Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 2 - Die Vroeë Christendom en die Daaropvolgende Periodes
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die kerkgeskiedenis word die verskeie eeue wat die vroeë Christendom gevolg het, breedvoerig beskryf. Daarom sal ons in ons aanbieding so kort as moontlik met hierdie verskillende tydperke handel. Die duur van hierdie kerkeeue kan soos volg verdeel word: Die tyd van die vroeë Gemeente tot ongeveer AD 100 nC. Die volgende tydperk is dié van die post-apostoliese era wat in die tweede eeu begin het en ontwikkel het tot die Raad van Nicaea (325), dan was dit die vestiging van die staatskerk in die Romeinse Ryk, gevolg deur die tydperk tot die Middeleeue. Die Hervorming het daarop gevolg, wat 'n nuwe begin gebring het; daarna kom die verskillende herlewings-bewegings; die inleiding van die volle evangelie en die herstelling van die Gemeente tot haar oorspronklike staat hier voor die Wederkoms van Christus.
Die verskillende aanbiedinge oor die kerkgeskiedenis reflekteer nie 'n eenvormige beeld nie. Baie het net breë vermoedens gestel wat later legendes geword het, en toe as feite deur ander daargestel was. Daarbenewens is dit duidelik dat dinge vir 'n katoliek-georiënteerde geskiedenisskrywer heel anders was as dié van die Protestantse oortuiging. 'n Oorsig oor elk van hierdie spesifieke tydperke en hul eie ontwikkeling, is nodig om 'n vergelyking met die vroeë Christendom te maak. Dit is net uit die mond van die apostels dat ons die "leringe van die apostels" ontvang het. 'n Geskrif wat in 1873 in 'n klooster ontdek is en tien jaar later gepubliseer is, wat tussen die jare 80 en 120 nC sou geskryf was, word arbitrêr genoem "Die Leringe van die Twaalf Apostels" of die "Didache"; Hierdie geskrif het niks in gemeen met die leringe van die apostels van die Here Jesus nie. Dieselfde geld vir die "Apostoliese Geloofsbelydenis", wat slegs in die 4de eeu beplan en voorberei is by verskillende rade. Dit kan nie aan die apostels toegeskryf word nie. Op hierdie manier het die vervalsinge en verdraaiings van die Woord van God onbewustelik plaasgevind, wat egter as waar beskou word. Dit is slegs in die boek van die Handelinge van die Apostels, sowel as in die Briewe wat deur die apostels geskryf is, wat in die Nuwe Testament bevat word, waar ons die ware apostoliese leerstellinge vind. Die apostels was mense wat die Woord van God gehoor het uit die mond van hulle Here, en hulle het dit volgens Sy bevel oorgedra. Deur hulle het die nuwe-testamentiese Gemeente die suiwere, onvervalste Woord van God, wat alleen die goddelike Seël dra, ontvang.
Paulus, wat op bonatuurlike wyse geroep en bestem was om 'n uitverkore instrument te word, is deur die Here self by die vroeë apostels gevoeg. Dit was hy wat op grond van daardie direkte sending van die Here kon sê: "Want ek het van die Here ontvang wat ek ook aan julle oorgelewer het …" (IKor. 11:23). Hy skryf die meeste van al die briewe, dit wil sê, presies 100 hoofstukke wat 2,325 verse bevat, terwyl Petrus, byvoorbeeld, 8 hoofstukke met 166 verse geskryf het. Paulus het die evangelie op dieselfde manier ontvang soos die profete die Woord ontvang het — deur openbaring (Gal. 1: 11-12). Dit is hoekom die waarskuwing wat hy in Galasiërs 1 vers 8 gee, deur ons murg en been dring: "Maar al sou ons of 'n engel uit die hemel julle 'n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom 'n vervloeking wees!". Dit wat nie in ooreenstemming is met die vroeë evangelie van die eerste apostels nie, is onder die vloek. Uit hierdie oogpunt gesien, is dit wat die kritici aanbied en wat ons nou mee te doen het, eintlik 'n verdraaide en dus ook ‘n vervloekte Christendom.
Die vier evangeliste getuig van die Verlosser. Hulle beskryf Sy lewe, Sy handelinge vanaf Sy geboorte tot met Sy dood, opstanding en hemelvaart. In hierdie verband gee die sinoptieke van die evangelies van Matthéüs, Markus en Lukas ons 'n oorsig, wat mekaar aanvul. Aan die ander kant behandel Johannes nie Bethlehem of die geslagsregister nie, maar hy "vlieg die hoogtes in" onmiddelik en vanaf die eerste vers van die eerste hoofstuk wys hy dadelik wie Christus werklik is. Die vier evangelies gee 'n oorsig van die verlossing wat God in Christus hier op aarde gedoen het. Dit is geloofwaardig omdat dit deur ooggetuies aan ons oorgelaat is, wat ook met hul eie ore gehoor het wat gesê was (IIPet. 1: 16-18; IJoh. 1: 1-3).
In die Handelinge van die Apostels word dit eers aan ons gegee hoe die vroeë Gemeente bonatuurlik gestig is deur die uitstorting van die Heilige Gees (hoofstuk 2). Dit gaan eintlik oor 'n gebeurtenis wat vanuit die hemel was. In sy eerste prediking op daardie Pinksterdag, het die geesgevulde apostel Petrus, in opdrag van God, aan die gelowig-gewordenes vertel van die behoefte aan bekering, die noodsaaklikheid van berou, om bybels gedoop te word in water (vers 38) en van dieselfde ervaring van die geestesdoop as wat die 120 beleef het: "… Want die belofte kom julle toe en julle kinders en almal wat daar ver is, die wat die Here onse God na Hom sal roep" (vers 39). God alleen red en voeg dan deur die Heilige Gees, diegene by Sy Gemeente wat gelowiges word (Hand. 2:47).
Die vroeë Gemeente bestaan uit mense wat God werklik belewe het. Diegene wat gelowig geword het, is gedoop in water en dan op bonatuurlik wyse deur die Heilige Gees as lede van een Liggaam gedoop (IKor. 12:13), is voorsien van die gawes van die Gees (IKor. 7: 7-11) en dra die vrugte van die Gees (Gal. 5:22). Net soos God in Christus 'n liggaam gehad het as 'n tempel waarin Hy gewoon het en waardeur Hy opgetree het, het die vroeë Gemeente, as die verloste skare, die Liggaam van die Here gevorm (IKor. 12:12), waarvan Hy die Hoof is (Kol. 1:18) en hulle het Sy bediening voortgesit. Jesus het gesê: "Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook" (Joh. 20:21). Ten einde die veelvuldige opdragte van hierdie Liggaam uit te dra, het Hy apostels, profete, pastore, leraars en evangeliste in die Gemeente aangestel (Efé. 4:11).
In die vroeë Christendom was daar geen hoogwaardigheids-bekleërs nie. Daar was net manne wat die hoë roeping waartoe hulle geroep was, waardig was en wie hul bediening onder leiding en inspirasie van die Heilige Gees uitgevoer het. Die vroeë Christene het geen priesterskappe of predikante as geestelike ampsdraers geken nie, maar inteendeel was dit die hele Gemeente van die wedergebore verlostes wat 'n koninklike priesterdom en 'n heilige volk was (IPet. 2:9; Openb. 1:6). Die vyf bedieninge wat ons reeds genoem het, is nie in hul werkinge beperk tot die plaaslike gemeente nie, maar is bedoel vir die algehele Gemeente. Die leiers van die plaaslike gemeente, dws, die opsieners of ouderlinge, het die soewereine plaaslike gemeentes versorg. Diegene onder hulle wat die leiding geneem het, was bekend as biskoppe en moes getroud wees (ITim. 3. 1-7; Tit. 1: 5-8). Daar was selfs plaaslike gemeentes met verskeie biskoppe, dit wil sê met meer as een ouderling om die gemeente te lei (Fil. 1:1). Dit is in ooreenstemming met Jakobus 5 vers 14, waar daar geskryf word dat wanneer 'n gelowige siek word, hy die ouderlinge van die gemeente moet inroep. Toe Paulus en Barnabas in Jerusalem kom, is hulle daar in die gemeente deur van die apostels en ouderlinge ontvang (Hand. 15:4). In die vroeë Christendom het hierdie goddelike orde van die Gemeente nog geheers.
Ter waargeneming van die praktiese take vain die plaaslike gemeente, was diakens aangestel, wie ook getroud moes wees (volgens ITimothéüs 3, verse 8-13). Dit was nodig sodat biskoppe en diakens, uit hul praktiese huweliks- en gesins ervaringe, die lede van die gemeente kon adviseer en help met raad om hul verskillende probleme te hanteer. Die vroeë Gemeente ken nie die ampte en funksies van die biskoppe soos dit vandag uitgeoefen word nie. Volgens ITimótheüs 3 vers 15, is die Gemeente van die lewende God, gestig deur Christus, die fonda-ment sowel as die pilaar — dit is die ondersteunende element — van die waarheid. Nie ‘n enkele interpretasie of valsheid het enige plek daarin nie. Dit is deur haar dat die wil van God, soos dit in die hemel is, as 'n goddelike instelling ook hier op aarde moet geskied.
In die begin, ná die stigting van die nuwe-testamentiese Gemeente, was daar 'n suiwer verkondiging van die evangelie, met bybelse leerstellinge en die ware beoefening van die Woord wat deur die apostels uitgeoefen was. Die vroeë Gemeente was 'n organisme wat met die lewe van Christus deurdring was en gelei was deur die Gees; dws, sy was nie 'n georganiseerde denominasie nie.
Later moes Paulus en die ander apostels hulself met die dwaal-leringe van valse leraars en verleiers te doen kry. Van toe af het 'n pluralistiese ontwikkeling begin; verskeie geestelike strominge het parallel voortgegaan. Een van hulle het bestaan uit ware gelowiges wat hulleself in lyn gebring het met die Woord en die evangelie wat deur die apostels van God ingestel is; hulle het hierdie dinge in die alledaagse praktyk uitgeleef. Johannes het dit bevestig met hierdie woorde: "… hy wat God ken, luister na ons; hy wat nie uit God is nie, luister nie na ons nie. Hieruit ken ons die Gees van die waarheid en die gees van die dwaling" (IJoh. 4:6).
Die ander geloofsrigtings bestaan uit 'n mengsel van waarhede en interpretasies, wat later in leerstellings verander was. Sulke manne word deur die Heilige Skrif as "valse broeders" aangewys wat ingesluip het sonder om 'n goddelike oproep tot die bediening te ontvang. Paulus maak dit tog so duidelik: "… en dit vanweë die ingesmokkelde valse broeders wat ingesluip het om ons vryheid te bespied …" (Gal. 2:4). Hulle was manne wat 'n ander Jesus verkondig het, wie 'n ander gees ontvang het en 'n ander evangelie gepreek het (IIKor. 11:4). Petrus waarsku gelowiges teen valse broeders wat insluip met leringe van die verderf (IIPet. 2: 1-3). Apostel Judas praat van hierdie tendens met hierdie woorde: "Wee hulle, want hulle het die weg van Kain bewandel en om loon, hulleself in die verleiding van Bíleam gestort en in die verset van Korag omgekom" (Judas 11). Die valse broeders het die Woord verdraai en almal die wat mislei was, het ander verder verlei in hul misleiding. So het die verskillende geestelike rigtings ontstaan.
Johannes het in hierdie afwykende strominge die aanvang van die antichris-beweging gesien. "Anti" beteken "teen". Dus, alles wat nie in ooreenstemming met Christus en Sy Woord is nie, is teen Hom en dus antichristelik. Hy skryf: "Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie" (IJoh. 2:19). Paulus noem sulke mense "wrede wolwe" (Hand. 20: 28-30). In Openbaring 2, vers 2, sê dit dat ware gelowiges in staat was om te onderskei: "… en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het". Hoe kon hulle onfeilbaar beproef, om vas te stel of hierdie manne wat beweer het dat hulle apostels was, dit nie was nie? Dit was deur te kyk of hulle gepreek het wat Petrus en Paulus gepreek het. Die beproewing daarvan moet altyd in vergelyking met die prediking en handelinge van die apostels wees, wat die enigste geldige maatstaf is. Dus was die vraag reeds in daardie tyd al gevra: "Wat is die waarheid, en wat is die vervalsing?".
In die genoemde bybel-gedeeltes, is dit duidelik dat daar afwykende geloofsrigtings parallel met die Gemeente van Jesus Christus ontwikkel het. Voor die einde van die eerste eeu was daar reeds verskillende valse leringe en vermengings. Sommige was onderhewig aan die leringe van Bileam, ander weer aan die leringe van die Nikolaïete, en nog ander het geluister na 'n vrou met die naam van Isébel, wat haarself as 'n profetes voorgedoen het en as 'n lerares daargestel het (Openb. 2:20).
Die suiwer leer van die apostels is as 'n erfenis in die Heilige Skrif aan ons oorgelaat, sodat ons presies kan weet wat reg is. Die verskillende leerstellinge wat deur onbevoegde mense ingestel is, word egter vermeld. Die uitdaging: "Beproef alle dinge" (IThes. 5:21), is nog steeds geldig. Baie het dit vir hulself eie gemaak, maar dit nie behoorlik in die praktyk beoefen nie. Hulle het ander getoets volgens die vlak van hul eie kennis, volgens die standpunt van hul eie leerstellinge en praktyke, en sodoende het hulle die feit heeltemal uit die oog verloor dat daar by God net een geldige maatstaaf is vir alle dinge en wat gebruik mag word in enige omstandighede, naamlik: die volle getuienis van die Woord van God.
In die tweede eeu het daar langs die Gemeente van die Lewende God, wat altyd geglo en gehandel het soos Christus deur die apostels geleer het, ook verskeie godsdienstige oriëntasies wyd versprei. Die skriftelik-afwykende leeropvattinge, het toenemend populêr geword. Die smalle weg was verbreed en die nou poort was wyd gemaak. Elke rigting het gestrewe om soveel lede as moontlik te werf, soos dit nog steeds die geval vandag ook is. Maar hierdie belofte is vir altyd geldig vir die ware Gemeente van Jesus Christus: "Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee" (Luk. 12:32). Hulle wie aan die klein kudde behoort, luister slegs na die stem van die Goeie Herder, wie Sy lewe vir die skape gegee het; dit is, hulle luister net na Sy Woord. Hierdie "ecclesia" was nog altyd die klein groep van diegene wie die oproep gehoor het om uit verwarring te kom en wat die Herder volg sonder kompromie.
In die post-apostoliese tye het Polycarp (†155 nC), wat saam met die apostel Johannes was, asook Irenéus (†202 nC), 'n leerling van Polycarp, hulself as verdedigers van die ware geloof onderskei. Maar by nadere en noukeuriger ondersoek, sien ons dat dit nie meer uitsluitlik om die suiwer erfenis van die vroeë apostoliese geloof gegaan het nie. Die geleidelike afwyking vanaf die goddelike organisme van die vroeë Gemeente, tot die menslike organisasie, kan duidelik gesien word.
Die ontwikkelinge in die derde eeu, tot met die Raad van Nicaea, 325 nC, is teenstrydig. Van buite gesien, het die 'ontaarde' Christendom versprei in al sy vorme, totdat dit deur die staat erken was in die tyd van keiser Konstantyn, sodat dit 'n mag geword het wat ernstig in die hele Romeinse Ryk geneem moes word. Geloof het ‘n nuwe filosofie geword. Oosterse tradisies, gemeng met Hellenistiese kultuur, het die kern van die vroeë geloofsinhoud afgewater. Die teenstrydighede met die sogenaamde ‘Christologie’ het hul verskyning gemaak en dit het die gedagtegang beinvloed.

In die tweede eeu het daar langs die Gemeente van die Lewende God, wat altyd geglo en gehandel het soos Christus deur die apostels geleer het, ook verskeie godsdienstige oriëntasies wyd versprei. Die skriftelik-afwykende leeropvattinge, het toenemend populêr geword. Die smalle weg was verbreed en die nou poort was wyd gemaak. Elke rigting het gestrewe om soveel lede as moontlik te werf, soos dit nog steeds die geval vandag ook is. Maar hierdie belofte is vir altyd geldig vir die ware Gemeente van Jesus Christus: "Moenie vrees nie,klein kuddetjie, want julle Vader het 'n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee" (Luk. 12:32). Hulle wie aan die klein kudde behoort, luister slegs na die stem van die Goeie Herder, wie Sy lewe vir die skape gegee het; dit is, hulle luister net na Sy Woord. Hierdie "ecclesia" was nog altyd die klein groep van diegene wie die oproep gehoor het om uit verwarring te kom en wat die Herder volg sonder kompromie.