Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 3 - Tragiese Koerswisseling – Begin van die Onheilsgeskiedenis

« »

Vir solank as wat die evangelie op Joodse grond en hoofsaaklik onder die Joodse gemeentes gebly het, was daar geen bespreking oor die Godheid nie. Dit was eers toe die Romeinse, Griekse en heidense gedagtes, uit die oogpunt van hul gode en godinne bygekom het, dat die Christologiese besprekinge gekom het. Die geestelik-profetiese visie, soos dit in die Ou Testament voorgestel was as skaduwee van dinge wat kom en as 'n werklikheid in die Nuwe Testament verskyn het, het al hoe meer verlore geraak, hoewel Tertullianus met nadruk daarop heengewys het: "… dat die Ou- en die Nuwe Testament ooreenstem en dat profesie die skakel is tussen die Ou en die Nuwe Testament" —F. Hauss, Väter der Christenheit ("Vader van die Christendom"), bladsy 30. Die Christendom was leerstellig meer en meer verskuif vanaf die Joodse fondament, en gaandeweg op die heidendom gestel. Hierdie dinge het in teenstelling met die geloof van die apostels gekom en het die tydperk direk daarna gevolg. Uit die Ou Testament was net dit gebruik wat verband hou met nuwe-testamentiese gedeeltes wat teen die Jode gerig kon word. Reeds in die tweede eeu, het geestelik-blinde leiers, net soos die Romeinse keisers, ‘n voorliefde vir anti-Judaïsme gehad.

Die Romeinse keiser Konstantyn, 'n groot strateeg, het voordeel getrek vir homself uit die wêreldse Christendom, maar dit het nie sy verhouding met die heidendom bederf nie. Hy het die konstruksie van heidense tempels bevorder, sowel as die oprigting van kerke. In die jaar 315 nC, het Konstantyn al die bekering tot Judaïsme as 'n misdaad, strafbaar met die dood verklaar, vir beide die bekeerling én die betrokke Jode. In 321 nC was die viering van Sondag wettig ingestel. Maar dit was glad nie genoeg nie: onder die bedreiging van straf, was die Jode gedwing om die Sabbat te ontken en die Sondag te 'heilig'. So het Konstantyn dít geproklameer wat die biskoppe — wat destyds toe alreeds as persone van aansien beskou was — aan hom voorgestel het.

By die Raad van Nicaea in 325 nC was Arius en Athanasius albei hoofsprekers. Hul aanbiedinge is grootliks opgeneem in die kerkgeskiedenis. Dit was duidelik dat Arius geen kennis van Christus gehad het nie. Athanasius daarteenoor, het eerlik getuig dat "in Jesus God self aan ons verskyn het; dat God self aan ons bekend geword het en ons verlos het; dat ons in Hom die Vader self het … dat in Jesus die Vader self ons verlos het" —K. D. Schmidt: Grundriss der Kirchengeschichte ("Gronding van die Kerkgeskiedenis"), bl. 98.

Vanaf hierdie tydstip af het die konstitueering van die Romeinse kerk begin. In die tyd van die Raad van Nicaea was daar nog geen pous en geen kardinaal nie. Ook het daar geen biskoppe van Rome na vore gekom om die voorrange te eis nie. In hierdie opsig is die geskiedenis van die Kerk gedeeltelik geherdateer, gemanipuleer of platweg vervals. Dit was Keiser Konstantyn wat die Raad van Nicaea byeen geroep het en as beskermheer daaroor opgetree het. Die doel was om in een kerk die verskillende oriëntasies te verenig en dit in diens van die staat te plaas. Die vereeniging van die staat en die kerk het plaasgevind en so het die "staatskerk" ontstaan.

In 380 nC het Theodosius die Grote en Gratianus 'n einde gemaak aan algemene godsdiensvryheid. "By die Tweede Ekumeniese Raad (381 nC) het die biskoppe die edik bekragtig wat in Februarie 380 nC deur keiser Theodosius I geproklameer is, dat elke Romeinse burger gedwing was om die Trinitariese Christelike geloof te aanvaar soos dit geformuleer was by die Raad van Nicaea in 325 nC … Die trinitariese geloof, wat die drie-eenheid van God die Vader, Seun en Heilige Gees vervat, is geldig in hierdie vorm as 'n belydenis van geloof vir alle Christene en is verhef tot die rang van verpligte staatsgodsdiens" —B. Harenberg: Chronik der Menschheit ("Tydsloop van die Mensdom"), bl. 212. "Gregory van Nyssa was 'n sentrale figuur van die Tweede Ekumeniese Raad van Konstantinopel en hy het die geloofsbelydenis van Nicaea ondersteun. Hy het 'n deurslaggewende rol gespeel in die formulering van die leerstelling van die drie-eenheid" (bl. 214). "Elke burger was voortaan verplig om 'n ortodokse Christen te wees; heidendom en kettery het misdade teen die staat geword" —K.D. Schmidt: Grundriss der Kirchengeschichte ("Gronding van die Kerkgeskiedenis"), bl. 83. Almal wat om gewetensontwil hierdie diktaat nie gevolg het nie en selfs hulle wat nie in hierdie staatsgodsdiens nie ingepas het nie, was gebrandmerk as ketters. Dit was toe die begin van die vervolging van die kant af van die "Christelike Kerk van die Romeinse Ryk", ook teen die bybelse Gemeente.

Onder die leierskap van pous Leo die Grote (440-461 nC) het die universele kerk 'n enorme groei beleef. Dit is hy wat die meeste kerk-historici aanwys as die eerste pous. Die historikus Herder, lys 264 pouse, insluitend Paulus VI en plaas ​​Leo I as 45ste pous. Langs die name van die eerste 15, wat volgens sy lys begin met Petrus, plaas hy 'n vraagteken. Die oorweldigende meerderheid protestantse historici plaas hierdie vraagteken langs die eerste 44 name. In elk geval is hulle eenparig om te sê dat die geskiedenis van die pouse eers begin het met Leo I. Hy self moes tydens die Raad van Chalcedon (451 nC) tevrede wees om op gelyke voet met die biskop van Konstantinopel geplaas te word. Selfs daar het ons nog nie die primaatskap van een van hulle gesien nie, maar die weg vir hierdie gedagte was duidelik reeds gebaan.

Die instelling van die "staatskerk" is gedurende die regering van keiser Justinianus (527-565 nC) voltooi, toe hy die priesters as "staatsbeamptes" bevestig het. Dit is duidelik dat Christus nie die stigter van hierdie universele "staatskerk" is nie, maar politieke en godsdienstige heersers, wie se belang dit was om die mag van die Romeinse Ryk in sy geheel in 'n enkele massa saam te voeg. Vanaf die vierde en vyfde eeue sien ons nie net die geskiedenis van die verloste Gemeente van Jesus Christus nie, maar uit die oogpunt van die kerkgeskiedenis gesien, het ons te doen met die verskeie afwykende ontwikkelinge, verbind met hierdie groot universele "staatskerk"; ons het te doen met die mees wreedste rampspoed, veroorsaak deur 'n "heidens-Christelike" wêreldwye instelling.

Die biskoppe het waardigheids-bekleërs geword, toegerus met gesagvolle godsdienstige en politieke magte. Eerstens het almal dieselfde titel gehad omdat hulle hulself as geestelike vaders geag het. Aangesien Rome beskou was as die hoofstad van die Weste, was die Romeinse biskoppe stelselmatig voorgetrek en hulle het een na die ander verskillende eerbetoningstitels geëis. Hulle het begin met dié van "Pontifex Maximus". Hierdie titel is gedra voorheen deur die heidense hoëpriesters en keisers van die Romeinse Ryk, insluitend Konstantyn. Wat egter hierdie valse ontwikkeling van die pouslike kerk, wat gekombineer is met aansien en magsposisies, begelei, is vir verskeie redes byna onbegryplik.

"Sedert die tyd van Boniface VIII (1294-1303), het geloof in die pous selfs heilsnoodwendig geword omdat al die inwoners van die aarde aan hom onder-worpe is. Dit is wat Grégoire VII (1073-1085) ook gesê het in sy 'Dictatus papae': 'slegs die Romeinse pous word tereg universeel genoem'" —H. Heinz: Zwischen Zeit und Ewigkeit ("Tussen Tyd en Ewigheid"), bladsy 176. Die gevolg was 'n geestelike ‘Christendom’ waarin geen waarde toegeskryf was aan 'n persoonlike verhouding met Christus nie, maar slegs deur te behoort aan hierdie instelling. Meer en meer was die gesag sistematies weggeneem van Christus en die Woord van God af, en oorgedra aan hierdie instelling en sy verteenwoordigers. Net soos Christus die Hoof van Sy Gemeente is, het die huidige pous die opperhoof van hierdie universele kerk geword.

Mense was deur dwang gedoop in hierdie staatskerk en word later lede gemaak met die status dat hulle van geboorte af aan hierdie instelling behoort, sonder dat enige van hulle in staat is om hul eie besluit te neem. Dus, met die nie-bybelse doop, was hierdie praktyk om lede te maak met geweld, die grondslag van die volkskerk. Daarby het ook die bekendstelling van kerklike belasting, die basis van die finansiële mag van die pouslike kerk geskep.

Parallel met wat reeds so vroeg ingestel is, dit wil sê, met die verwikkeling van die "distansiëring vanaf die Woord van God", het die vervreemding vanaf Judaïsme, en later ook vanaf die Joods-Christelike gemeentes plaasgevind. Dit het nie daar gebly nie. Justin, die biskop van Smyrna († 167 nC) het homself alreeds toe al ongunstiglik teenoor die Jode uitgespreek deur te sê dat Christene nou "die Israel van God" was en dat die Jode, aan die ander kant, ongelowiges en afvallig was. Die apostel Paulus het dit baie anders gesien: "Want in Christus Jesus het nòg die besnydenis (die Jode) nòg die onbesnedenheid (die nasies) enige krag, maar 'n nuwe skepsel … en mag daar vrede en barmhartigheid wees oor almal wat sal wandel volgens hierdie reël, en oor die Israel van God!" (Gal. 6: 15-16). Die apostel Petrus het toe ook reeds in hierdie terme oor hierdie onderwerp gepraat: "… ek sien waarlik dat God geen aannemer van die persoon is nie, maar dat in elke nasie die een wat Hom vrees en geregtigheid doen, Hom welgevallig is" (Hand. 10: 34-35).

Die anti-Joodse polemiek het alreeds baie vroeg begin en alhoe meer aggressief geword. Biskop Ignatius van Antiochië (98-117 nC), het begin met die aanhitsing van die anti-Joodse gesindheid. Die slagspreuke wat verteenwoordigers van die kerk reeds in die eerste eeue geuiter het, sowel as hul geskrifte, het tot gevolg gehad dat reeds meer as 'n miljoen Jode, wat op daardie tydstip al as Christus- en Gods-moordenaars gebrandmerk was, op een of ander manier doodgemaak was. Die gebod: "Jy mag nie doodslaan nie!", was vir die kerk van Rome ongeldig.

Die kerkvader Chrysostomus (354-407 nC) — een van die ergste vyande van die Jode — het geproklameer: "Met die Jode moet mens so min verkeer soos met die duiwel. Hulle is 'nie beter as varke en bokke' nie … Die sinagoge is nie bloot 'n teater nie, dit is 'n huis van prostitute, 'n grot van rowers, 'n toevlugsoord vir onrein diere, 'n woonplek van die duiwel … Christene moet geen Joodse dokter raadpleeg nie, maar "eerder doodgaan", hulle moet wegdraai van hulle "soos van ‘n plaag of van alle epidemies wat die menslike geslag bedreig" …" —K. Deschner: Kriminalgeschichte des Christen-tums ("Misdaadsgeskiedenis van die Christendom"), Vol. 1, bl. 134.

Cyrillus (†444 nC), patriarg van Alexandrië, het die "finale oplossing" van die Joodse vraag, wat sy hoogtepunt in die 20ste eeu bereik het, reeds toe al opgebring. Cyprianus en Tertullianus, Athanasius en Jerome, Gregory of Nyssa, Ambrose en Augustinus, Justinianus, en baie ander se gevoel vir die Jode het min of meer tot haat toegeneem, wat deur die eeue heen oorgedra is aan die hele geestelikes. Hulle het daarvoor gesorg dat anti-Judaïsme in die bewussyn van al die volke ingeplant word. Die Jode was geblameer vir al die ongeregtighede, sodat mense met alles probeer het om hulle uit te roei.

Wat die Seun van die mens geprofeteer het, was eweneens op Sy dissipels sowel as met die Jode in vervul: "Hulle sal julle uit die sinagoges ban. Ja, daar kom 'n uur dat elkeen wat julle om die lewe bring, sal dink dat hy 'n diens aan God bewys. En dit sal hulle aan julle doen, omdat hulle die Vader nie ken nie en My ook nie. Maar hierdie dinge het Ek vir julle gesê, sodat wanneer die uur kom, julle kan onthou dat Ek julle dit gesê het" (Joh. 16: 2-4).

Die moordenaars was inderdaad daarvan oortuig dat hulle God en die kerk dien deur die trinitêre Christendom van monoteïstiese Judaïsme suiwer te hou. Die vervolging het daarna ook versprei teen die Christene wat hulself verenig het met Christus en wie nie hierdie bloed-besmette stelsel kon aanvaar nie. Selfs die hooggeagte hervormer, Martin Luther, kon nie ontslae raak van die Jode-haat, wat sy vlees en bloed as 'n monnik binnegedring het nie. U sal dit kan lees in Das Judentum ("Die Judaïsme"), deur J. Gamm, bl. 64: "Luther het in sy laaste prediking op Februarie 15, 1546, nog oor Joodse dokters gesê, dat hulle middele voorskryf, wat diegene wat dit neem, later doodmaak".

Van eeu tot eeu het die haat toegeneem en anti-Joodse slagspreuke het alhoemeer kras geword. Sommige verse was vanuit die Skrif geneem om hierdie wreedhede te regverdig. Wanneer Jesus van ongelowige Jode praat, is dit een ding, maar wanneer Hy praat oor Joodse gelowiges, dan is dit iets anders.

Gegewe wat die Kerk van Rome gedoen het aan Jode, heidene en diegene wat anders geglo het, met die wreede vervolging om haar doel te bereik, is dit nodig om te vra of dit verlossing gebring het of onheil in sy wreedste dimensie ooit. Die oorloë wat uitgevoer is sodat hulle hul sin kon kry, moet ook bygevoeg word. Deur al die vervolgings, moorde, onteiening van eiendomme, het sy sodoende in die middel-eeue die eienaar van een derde van die hele Europese grondgebied geword. Sy het ook die eiendom van die lewendes en die dooies "geërf". Prinse en konings het dit nie gewaag om dit teen te staan nie; Inteendeel, hulle het ywerig deelgeneem aan hierdie manier van dinge doen. "Rudolf von Habsburg het in 1286 verklaar dat die Jode, in persoon en eiendom, tot sy skat behoort" —H-J. Gamm: Das Judentum, bl. 84.

Al die vloeke wat voortdurend uitgespreek was, veral deur pouse, biskoppe en die hele kurie, was die grondslag vir Jode en ander gelowiges om deurentyd genadeloos deur die Roomse Kerk vervolg te word. By die laaste oordeel sal geopenbaar word of die ses miljoen Jode wat tydens die Derde Ryk in Europa vermoor was, net op bevel van die Duitse volk gedood was, en of dit ook op die rekening van die Rooms-Katolieke Kerk gedoen was. Vir die katolieke Hitler, Himmler en die Jesuïet Goebbels, was die grond reeds vir 'n lang tyd voorberei. Die pous het alreeds voortdurend van die "Voorsienigheid" gepraat, soos die (ver)leier Hitler, ook gedoen het.

Wie die verskillende literatuur lees met betrekking tot die pouse en hul optredes tot die mees onlangse tye, vind dit ontstellend. Jode en ander gelowiges word eenvoudig as niks beskou nie. Die Jesuïet, Pous Leo XIII (1878-1903), het verklaar: "Vervloek is enigeen wat sou sê: die Heilige Gees wil nie hê dat die ketters doodgemaak moet word nie!" —E. Paris: Secret History of the Jesuits, bl. 279. Van wanneer af maak die Heilige Gees dood? Volgens die getuienis van die Skrif, maak die Gees lewendig. Maar die Roomse Kerk het almal valse leraars en ketters genoem wat nie getrou was aan haar nie, en die geestelikes het dit hul reg geag om hierdie mense te likwideer. Vanuit hierdie oogpunt moet ons ook die gedrag van pous Pius XII waarneem ten opsigte van die Joodse volksmoorde wat voorheen en tydens die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het. 'n Klipgooi van die Vatikaan af, was die Joodse Sinagoge in vlamme sonder dat die pous één woord daarteen gesê het, om dit te veroordeel. Die huidige pous het hom gevier laat word toe hy die herboude sinagoge van die met-blindheid-geslaande Jode besoek asof hy die Messias self was en daar met sy intog Psalm 150 gesing was.

Met Sy eerste ontmoeting met Abraham het die Here aan hom hierdie belofte gegee: "En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek" (Gén. 12: 2-3). Diegene wat beweer het dat hulle God en Sy Woord glo, moes hierdie Woord voor hulle oë gehad het.

Die streng monoteïsme wat aanvanklik uitsluitlik 'n Joodse geloofs-artikel was, het in die weg gestaan van die denke van die heidens-gebore biskoppe. Eerstens wou hulle niks in gemeen hê met Jode nie, en dan ook nie met die enige God van die Jode nie. Dus, in die plek van die Hebreeuse woord "Maschiah" (Messias), het hulle die Griekse woord "Christos" (Gesalfde) gesit. In die plek van die Hebreeuse woord "Jahshua", het hulle die Grieks-gebaseerde woord "Jesus" geneem. Die formulerings oor die godheid het destyds uit hul Hellenistiese denke voortgespruit, en dit op 'n manier wat heeltemal vreemd was vir die volk en die God van Israel. Die Nuwe Testament ken ook geen anti-semitisme, soos sommige historici dit gestel het nie. Wat hulle ontgaan het, is hierdie woorde van die Here: "… die saligheid is uit die Jode" (Joh. 4:22).

Selfs al in die Ou Testament het die profete alreeds geprofeteer dat die nasies ook in die redding van God sal deel: "Ek, die Here, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies …" (Jes. 42:6). "Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om My heil te wees tot aan die einde van die aarde" (Jes. 49:6b). Dit is met die Jode dat die Here Jesus begin het, soos Hy aan Sy dissipels gesê het: "maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel" (Matt. 10:6). Petrus het, as die eerste apostel, die redding van 'n Romeinse hoofman oor honderd, Cornelius, met sy hele huis ervaar (Handelinge 10). Die Here het vir Paulus gesê: "Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die heidene" (Hand. 22:21). Toe die Here Sy sendingsopdrag gegee het aan Sy dissipels, het Hy reeds hierdie duidelike aanwysing gegee: "Gaan dan heen, maak dissi-pels van al die nasies …" (Matt 28:19). Die Gemeente van die lewende God bestaan ​​uit alle volke, tale en nasies!

Omdat die Romeinse Ryk oral teenwoordig was, het die Kerk van die Ryk al die wêreldse middele tot hul beskikking gehad om hul doel te bereik. In werklikheid was daar nie 'n "Christendom" wêreld-om nie, maar 'n "katolisisme". Die volkere van die wêreld het nie deur Chris-tene gelowiges van die evangelie van Christus geword nie, maar was inderdaad gedwing om die katolieke “staatsgodsdiens" te aanvaar. Gedurende die ongeveer duisend jaar van die monargie van die Rooms-Katolieke Kerk, was die hele aarde deurweek met die bloed van martelare. Hul getal word uiteenlopend bereken, maar dit word beraam dat die aantal martelare sowat 68 miljoen beloop. Almal wat anders geglo het, was gejag soos wildediere. Selfs die "Teen-reformasie" was 'n geleentheid om bloed te vergiet, wat met behulp van wêreldsmiddele, niks met die proklamasie van die evangelie van verlossing te doen gehad het nie — inteendeel, nuwe rampe was veroorsaak deurdat die kerklike mag verenig het met wêreldmag. Wie is daar wat nog nie gehoor het van die Spaanse Inkwisisie nie, van die heksejagte en die verassings, die uitsetting van die Waldense en Mennoniete, die vervolging in die hele Europa van diegene wat 'n ander geloof gehad het? In die nag van St. Bartholomeus (Augustus 23 tot 24, 1572), tydens die sogenaamde "Bluthochzeit" (Bloed-Bruilof), is 3,000 Hugenote slegs in Parys vermoor, en in die hele Frankryk, meer as 20,000. "Pous Gregory XIII het die moord op Franse Protestante met die 'Te Deum' jubelsang gevier" —B. Harenberg: Chronik der Menschheit ("Tydsloop van die Mensdom"), Bl. 437.

Hierdie kerk het die leerstellinge op so 'n manier verander dat niks van wat deel was van die oorspronklike geloof, gevind kon word nie. Die lees van die Heilige Skrif is onder straf verbied. Dit is regtig ontstellend om daarop te let dat veral Jode en bybel-gelowige Christene, deur hierdie Kerk van Rome verbrand was, saam met die Bybel wat hulle gelees het. Waarom het sy die Bybel so baie gevrees?

Om die term "anti-semitisme" slegs teenoor die Jode te gebruik is nie korrek nie, want al die Arabiese volke is ook Semiete.

Die moordenaars was inderdaad daarvan oortuig dat hulle God en die kerk dien deur die trinitêre Christendom van monoteïstiese Judaïsme suiwer te hou. Die vervolging het daarna ook versprei teen die Christene wat hulself verenig het met Christus en wie nie hierdie bloed-besmette stelsel kon aanvaar nie. Selfs die hooggeagte hervormer, Martin Luther, kon nie ontslae raak van die Jode-haat, wat sy vlees en bloed as 'n monnik binnegedring het nie. U sal dit kan lees in Das Judentum ("Die Judaïsme"), deur J. Gamm, bl. 64: "Luther het in sy laaste prediking op Februarie 15, 1546, nog oor Joodse dokters gesê, dat hulle middele voorskryf, wat diegene wat dit neem, later doodmaak"

Van eeu tot eeu het die haat toegeneem en anti-Joodse slagspreuke het alhoemeer kras geword. Sommige verse was vanuit die Skrif geneem om hierdie wreedhede te regverdig. Wanneer Jesus van ongelowige Jode praat, is dit een ding, maar wanneer Hy praat oor Joodse gelowiges, dan is dit iets anders.

Gegewe wat die Kerk van Rome gedoen het aan Jode, heidene en diegene wat anders geglo het, met die wreede vervolging om haar doel te bereik, is dit nodig om te vra of dit verlossing gebring het of onheil in sy wreedste dimensie ooit. Die oorloë wat uitgevoer is sodat hulle hul sin kon kry, moet ook bygevoeg word. Deur al die vervolgings, moorde, onteiening van eiendomme, het sy sodoende in die middel-eeue die eienaar van een derde van die hele Europese grondgebied geword. Sy het ook die eiendom van die lewendes en die dooies "geërf". Prinse en konings het dit nie gewaag om dit teen te staan nie; Inteendeel, hulle het ywerig deelgeneem aan hierdie manier van dinge doen. "Rudolf von Habsburg het in 1286 verklaar dat die Jode, in persoon en eiendom, tot sy skat behoort" —H-J. Gamm: Das Judentum, bl. 84.

Al die vloeke wat voortdurend uitgespreek was, veral deur pouse, biskoppe en die hele kurie, was die grondslag vir Jode en ander gelowiges om deurentyd genadeloos deur die Roomse Kerk vervolg te word. By die laaste oordeel sal geopenbaar word of die ses miljoen Jode wat tydens die Derde Ryk in Europa vermoor was, net op bevel van die Duitse volk gedood was, en of dit ook op die rekening van die Rooms-Katolieke Kerk gedoen was. Vir die katolieke Hitler, Himmler en die Jesuïet Goebbels, was die grond reeds vir 'n lang tyd voorberei. Die pous het alreeds voortdurend van die "Voorsienigheid" gepraat, soos die (ver)leier Hitler, ook gedoen het.

Wie die verskillende literatuur lees met betrekking tot die pouse en hul optredes tot die mees onlangse tye, vind dit ontstellend. Jode en ander gelowiges word eenvoudig as niks beskou nie. Die Jesuïet, Pous Leo XIII (1878-1903), het verklaar: "Vervloek is enigeen wat sou sê: die Heilige Gees wil nie hê dat die ketters doodgemaak moet word nie!" —E. Paris: Secret History of the Jesuits, bl. 279. Van wanneer af maak die Heilige Gees dood? Volgens die getuienis van die Skrif, maak die Gees lewendig. Maar die Roomse Kerk het almal valse leraars en ketters genoem wat nie getrou was aan haar nie, en die geestelikes het dit hul reg geag om hierdie mense te likwideer. Vanuit hierdie oogpunt moet ons ook die gedrag van pous Pius XII waarneem ten opsigte van die Joodse volksmoorde wat voorheen en tydens die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het. 'n Klipgooi van die Vatikaan af, was die Joodse Sinagoge in vlamme sonder dat die pous één woord daarteen gesê het, om dit te veroordeel. Die huidige pous het hom gevier laat word toe hy die herboude sinagoge van die met-blindheid-geslaande Jode besoek asof hy die Messias self was en daar met sy intog Psalm 150 gesing was.

Met Sy eerste ontmoeting met Abraham het die Here aan hom hierdie belofte gegee: "En Ek sal jou 'n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy 'n seën sal wees. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek" (Gén. 12: 2-3). Diegene wat beweer het dat hulle God en Sy Woord glo, moes hierdie Woord voor hulle oë gehad het.

Die streng monoteïsme wat aanvanklik uitsluitlik 'n Joodse geloofs-artikel was, het in die weg gestaan van die denke van die heidens-gebore biskoppe. Eerstens wou hulle niks in gemeen hê met Jode nie, en dan ook nie met die enige God van die Jode nie. Dus, in die plek van die Hebreeuse woord "Maschiah" (Messias), het hulle die Griekse woord "Christos" (Gesalfde) gesit. In die plek van die Hebreeuse woord "Jahshua", het hulle die Grieks-gebaseerde woord "Jesus" geneem. Die formulerings oor die godheid het destyds uit hul Hellenistiese denke voortgespruit, en dit op 'n manier wat heeltemal vreemd was vir die volk en die God van Israel. Die Nuwe Testament ken ook geen anti-semitisme, soos sommige historici dit gestel het nie. Wat hulle ontgaan het, is hierdie woorde van die Here: "… die saligheid is uit die Jode" (Joh. 4:22).

Selfs al in die Ou Testament het die profete alreeds geprofeteer dat die nasies ook in die redding van God sal deel: "Ek, die Here, het U geroep in geregtigheid, en Ek vat u hand en behoed U en gee U as 'n verbond van die volk, as 'n lig van die nasies …" (Jes. 42:6). "Ek het U gemaak tot 'n lig van die nasies, om My heil te wees tot aan die einde van die aarde" (Jes. 49:6b). Dit is met die Jode dat die Here Jesus begin het, soos Hy aan Sy dissipels gesê het: "maar gaan liewer na die verlore skape van die huis van Israel" (Matt. 10:6). Petrus het, as die eerste apostel, die redding van 'n Romeinse hoofman oor honderd, Cornelius, met sy hele huis ervaar (Handelinge 10). Die Here het vir Paulus gesê: "Gaan heen, want Ek sal jou ver wegstuur na die heidene" (Hand. 22:21). Toe die Here Sy sendingsopdrag gegee het aan Sy dissipels, het Hy reeds hierdie duidelike aanwysing gegee: "Gaan dan heen, maak dissi-pels van al die nasies …" (Matt 28:19). Die Gemeente van die lewende God bestaan ​​uit alle volke, tale en nasies!

Omdat die Romeinse Ryk oral teenwoordig was, het die Kerk van die Ryk al die wêreldse middele tot hul beskikking gehad om hul doel te bereik. In werklikheid was daar nie 'n "Christendom" wêreld-om nie, maar 'n "katolisisme". Die volkere van die wêreld het nie deur Chris-tene gelowiges van die evangelie van Christus geword nie, maar was inderdaad gedwing om die katolieke “staatsgodsdiens" te aanvaar. Gedurende die ongeveer duisend jaar van die monargie van die Rooms-Katolieke Kerk, was die hele aarde deurweek met die bloed van martelare. Hul getal word uiteenlopend bereken, maar dit word beraam dat die aantal martelare sowat 68 miljoen beloop. Almal wat anders geglo het, was gejag soos wildediere. Selfs die "Teen-reformasie" was 'n geleentheid om bloed te vergiet, wat met behulp van wêreldsmiddele, niks met die proklamasie van die evangelie van verlossing te doen gehad het nie — inteendeel, nuwe rampe was veroorsaak deurdat die kerklike mag verenig het met wêreldmag. Wie is daar wat nog nie gehoor het van die Spaanse Inkwisisie nie, van die heksejagte en die verassings, die uitsetting van die Waldense en Mennoniete, die vervolging in die hele Europa van diegene wat 'n ander geloof gehad het? In die nag van St. Bartholomeus (Augustus 23 tot 24, 1572), tydens die sogenaamde "Bluthochzeit" (Bloed-Bruilof), is 3,000 Hugenote slegs in Parys vermoor, en in die hele Frankryk, meer as 20,000. "Pous Gregory XIII het die moord op Franse Protestante met die 'Te Deum' jubelsang gevier" —B. Harenberg: Chronik der Menschheit ("Tydsloop van die Mensdom"), Bl. 437.

Hierdie kerk het die leerstellinge op so 'n manier verander dat niks van wat deel was van die oorspronklike geloof, gevind kon word nie. Die lees van die Heilige Skrif is onder straf verbied. Dit is regtig ontstellend om daarop te let dat veral Jode en bybel-gelowige Christene, deur hierdie Kerk van Rome verbrand was, saam met die Bybel wat hulle gelees het. Waarom het sy die Bybel so baie gevrees?

2Om die term "anti-semitisme" slegs teenoor die Jode te gebruik is nie korrek nie, want al die Arabiese volke is ook Semiete.