Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 4 - Die Ongegronde Aansprake van die Pous

« »

Soos ons reeds oortuigend gesê het, was die Katolieke Kerk se inwerkingtreding ongeveer 1600 jaar gelede, nie 2000 jaar gelede nie. Dit is dus nie verstommend dat nie 'n enkele leer en praktyk van hierdie kerk in ooreenstemming is nie met die vroeë Gemeente nie. Doktrinale begrippe soos dié van "doop", van "nagmaal", van "bekering", ens., het gebly, maar hulle betekenis is iets anders, en in die praktyk word dit heeltemal anders toegepas as wat dit in die vroeë Christendom was.

In die Heilige Skrif word daar nêrens enigiets van 'n pous gesê nie. Daar is ook geen melding van 'n "opvolger van Petrus" nie, van ‘n "In die plek van Christus" ('Vicar of Christ') of 'n "apostoliese opvolging" nie. Hulle het die waarheid van sekere bybel-gedeeltes geweld aangedoen om eiematige aansprake daarop te regverdig, inbesonder die woorde van Jesus in Mattheus 16 vers 18: "En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus (petros), en op hierdie rots (petra) sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie". Die Here het nie vir Petrus gesê: "Ek sal op jou my gemeente bou" nie, maar wel: "… op hierdie rots …" Die woord "petros" beteken klip; maar die Gemeente moes gebou word op die rots— "petra".

Enigeen wat graag die moeite wil doen, kan in die Griekse teks van die Ou- en Nuwe Testamente al die plekke naslaan, waar daar van 'n rots (petra) gepraat word. Dat die Here van die Hemel Sy Gemeente op 'n man sou gestig het — al was hy die grootste van die profete en apostels — is eenvoudig absurd. Petrus was 'n maklik beweegbare steen (petros), en nie 'n onwrikbaar rots (petra) nie. Net vyf verse verder staan geskryf dat die Here na hom toe gedraai het met hierdie woorde: "Gaan weg agter My, Satan! Jy is vir My 'n struikelblok, omdat jy nie die dinge van God bedink nie, maar die dinge van die mense" (Matt. 16:23).

Trouens, Petrus het pas die openbaring ontvang dat Jesus die Christus was en dit is op hierdie openbaring van Jesus Christus dat die Gemeente gebou word. Voordat jy vers 18 lees, is dit noodsaaklik om eers vers 17 te lees: "Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is". Uit die konteks is dit duidelik uit wat hy in vers 16 verklaar, dat Petrus 'n hemelse openbaring aangaande Jesus Christus ontvang het: "En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God". Die Here Jesus het die vraag in vers 15 gevra: "Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek?". Die antwoord was 'n goddelike openbaring aan Petrus deur die Vader en op hierdie openbaring van Jesus Christus word die Gemeente gebou.

Vers 19: "En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee …" word ook selfsugtig geïnterpreteer. Dit gaan oor die sleutels van die koninkryk van die hemele. Johannes die Doper het gepreek en gesê: "Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom" (Matt. 3:2). Ons kan ook lees oor onse Here, dit wat staan ​​in Matthéüs 4, vers 17: "Van toe af het Jesus begin om te preek en te sê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom". In Lukas 16, vers 16 word die konteks van hierdie benadering tot die koninkryk van die Hemel aan ons gegee: "Die wet en die profete was tot op Johannes; van toe af word die evangelie van die koninkryk van God verkondig, en elkeen dring met geweld daarin".

Op Pinksterdag het die eerste siele die koninkryk van God binne gedring, en hulle was bevoorreg in vergelyking met Johannes die Doper, wat dit net kon aangekondig het: "Voorwaar Ek sê vir julle, onder die wat uit vroue gebore is, het daar nie een opgestaan wat groter is as Johannes die Doper nie; maar die kleinste in die koninkryk van die hemele is groter as hy. Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld" (Matt. 11: 11-12). Op die Pinksterdag het Petrus, toegerus met die goddelike gesag, tereg die sleutels van die Koninkryk van die hemel gebruik op ‘n regte manier. Hy het van die begin af aan die nuwe-testamentiese Gemeente die verordeninge gegee wat vir ewig geldig is.

Die simbool van die sleutels is baie maklik om te verstaan. Wie die sleutel van 'n huis het, kan binnegaan; wie die sleutel van 'n motor het, kan dit ry. Wie ookal die sleutels tot die Koninkryk van die hemel het, het toegang tot die Koninkryk van God; daarmee ontsluit hy dinge wat tot dan toe geslote was en openbaar dit wat verborge was. Uit hoofde van 'n goddelike roeping en van 'n bevestiging in die bediening, is alle voorskrifte verpligtend en kan dit nie, vir die hele tydsduur van die nuwe-testimentiese Gemeente, verander word nie.

Aangaande die sleutels het die Here die geestelike leiers van daardie tyd ernstig beskuldig: "Wee julle, wetgeleerdes, want julle het die sleutel van die kennis weggeneem; self het julle nie ingegaan nie, en vir die wat wou ingaan, het julle verhinder" (Luk. 11:52). Vind ons nie vandag dieselfde situasie nie?

Wat Jesus in hierdie konteks aan Petrus gesê het, was ook heeltemal misverstaan ​​en valslik toegepas: "… en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees" (Matt. 16:19). Wat die apostel Petrus regmatig verklaar het met die stigting van die Gemeente, oor bekering, die water-doop en die doping met die Heilige Gees, is onder die leiding van die Heilige Gees verklaar en dit is geldig beide in die hemel en op aarde. Dit is die eintlike betekenis van die sleutels.

Hierdie goddelike gesag was egter nie beperk tot Petrus nie, wie die eerste was om te praat by die geboorte van die Nuwe Testament Gemeente en die verordeninge leerstellig verkondig het. Hierdie goddelike gesag is egter aan die hele Gemeente oorgedra. Dit is duidelik aangedui in Matthéüs 18 vers 18 waar dieselfde woorde in die meervoud aangegee word: "Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees". So sien ons dat dieselfde volle gesag wat die man van die eerste uur ontvang het as verpligte leerstellings, oorgedra was aan die hele Gemeente, omdat sy verantwoordelik is vir die daarstelling van dieselfde leerstellings. Soos ons duidelik sien in hierdie konteks, geld dit ook vir die beoordeling van aangeleenthede wat 'n gelowige persoonlik betref. In geval die betrokke persoon nie gehoor gee aan dit wat volgens die Woord deur die gemeente gesê word nie, dan word hy as ‘n ongelowige beskou. Hierdie goddelike gesag is dus nie net aan een man verbind nie, maar aan die hele Gemeente. Daarom moet dit nie willekeurig toegepas word nie, maar eerder in ooreenstemming met die Woord van God. Dan word bereik wat presies in die volgende vers geskryf staan: "Weer sê Ek vir julle: As twee van julle saamstem op die aarde oor enige saak wat hulle mag vra, dit sal hulle ten deel val van my Vader wat in die hemele is" (Matt. 18:19).

Ons moet ook 'n woord van klaarheid oor Johannes 20 verse 21-22 skryf. Dit is daar dat die Here vir die apostels sê: "Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit gesê het, blaas Hy op hulle en sê vir hulle: Ontvang die Heilige Gees. As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe; as julle die mense hulle sondes hou, dan is dit gehou". Hierdie skrifgedeelte was ook heeltemal verkeerd verstaan ​​deur die Roomse Kerk en is heeltemal onbybels geïnterpreteer. Niemand het enigiets te doen met die vergifnis van sondes nie — net God kan sondes vergewe (Mark. 2:7). Mense ontvang onder die prediking, deur die geloof in Christus en deur die deur-Hom-volbragte verlossing, die versekering dat God hulle vergewe het. Dit is duidelik dat geen mens homself of van 'n ander van sy sondes vergewe kan word nie. Die teendeel is duidelik in die Skrif: "… en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder" (Luk. 24:47). "En julle, wat dood was deur die misdade en die onbesnedenheid van julle vlees, het Hy saam met Hom lewend gemaak deurdat Hy julle al die misdade vergeef het …" (Kol. 2:13).

Wat beteken dan hierdie stelling wat in die meervoud gestel word in Johannes 20 vers 23: "As julle die mense hulle sondes vergewe, dan word dit hulle vergewe …"? Aan wie word dit gerig en in watter konteks word dit gemaak? Hierdie woord is ongetwyfeld gerig aan die apostels ná die opstanding van onse Here en dit is in verband met hul sending. Dit gaan hier om die sonde wat gepleeg word teen 'n prediker van die evangelie in opdrag van die Here. Terwyl onse Here Jesus Sy bediening gedoen het, het baie gesondig teen Hom en gesê dat Hy Beëlsebul was en Hom allerhande dinge genoem. Maar Hy het geantwoord: "Daarom sê Ek vir julle: Elke sonde en lastering sal die mense vergewe word, maar die lastering teen die Gees sal die mense nie vergewe word nie. En elkeen wat 'n woord spreek teen die Seun van die mens, sal hom vergewe word; maar elkeen wat spreek teen die Heilige Gees, sal hom nie vergewe word nie, in hierdie eeu nie en ook in die toekomende nie" (Matt. 12: 31-32). Dit hou dus verband met die sonde wat gepleeg word teen manne wat sedert die uitstorting van die Gees op Pinksterdag, hul bediening deur ‘n goddelike roeping uitvoer.

Wanneer 'n mens laster teen 'n dienskneg wat deur God gestuur is, hom vervolg en stenig, dan kan dieselfde dienskneg daardie sondes vergewe. Jesus self het vir ons 'n voorbeeld gegee toe Hy gesê het: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie" (Luk. 23:34). Toe Stefanus gestenig was, het hy in sy gebed uitgeroep: "Here Jesus, ontvang my gees! … Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!" (Hand. 7: 59-60). Maar as iemand sondig teen die handelinge van die Heilige Gees, teen die gawes van die Gees wat homself manifesteer deur 'n gesant van God, dit is godslastering, 'n sonde wat nie vergewe kan word nie, 'n sonde wat teen hom gehou word. 'n Man van God kan net een wat persoonlik teen hom gesondig het, vergewe. Dit word in die "Onse Vader" uitgedruk: "… en vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe" (Matt. 6:12). "En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is, ook julle jul oortredinge mag vergewe" (Mark. 11:25). Wanneer iemand sondig teenoor 'n ander persoon, selfs al het dit sewentig maal sewe keer gebeur, moet hulle die een die ander vergewe (Matt. 18: 21-35).

So, as iemand teen 'n ware dienskneg van God laster, kan so ‘n persoon vergewe word. Maar as die Heilige Gees deur hierdie man werk en dat iemand laster teen die optrede van die Gees in hom, dan gaan dit nie oor die man wat God gebruik nie, want hierdie aksie word direk teen die Heilige Gees gerig. Daarom is die lasteraar skuldig voor God, dat hy sondig teen die Heilige Gees, 'n sonde wat nie vergewe kan word nie en teen so een gehou word. Dit is die "sonde tot die dood", wat lei tot skeiding van God (IJoh. 5:16). Verder, elkeen is 'n sondaar voor God en ontvang die vergifnis van sy sondes en sy skuld van Hom, wie alleen sondes kan vergewe: "Wat al jou ongeregtigheid vergewe …" (Ps. 103:3). "Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is" (Rom. 4:7).

Die praktyke van die Rooms-Katolieke Kerk is — matig uitgedruk — onbybels. Daar word van geboorte af tot die dood salig gemaak en hulle hele lewe lank word hulle 'hul sondes vergewe'. Ná 'n persoon sterwe, word daar plegtig aan diegene wat agter gebly het oorgedra dat, ten spyte van al die sakramente, insluitend die laaste of 'deurgangsrites', die een wat gesterf het, in die vagevuur beland het. Dit is sodat hy 'van sy sondes gereinig moet word', waarvan hy egter sy lewe lank vergewe is deur die Kerk. Wat ‘n paradoks! Soos al die ander leerstellings en dogmas van hierdie organisasie, is die vagevuur ook net 'n eie uitvinding.

Die Switserse hervormer Zwingli het gesê: "Aangesien die 'vaag-vuur', soos 'n mens die bedrieglike vuurseën kan noem, nêrens in die Woord van God gevind kan word nie, hoe is dit dat ons so dwaas is om so ‘n verdagte en vaag storie te glo? Ons sien dat dieselfde mense wat die vagevuur verdedig en ons leer hoe om dit te blus, hulself as brandblussers op dieselfde tyd aanbied. Hulle sê: jy moet geld gee; Dit is die vinnigste manier om die vuur te blus wanneer die een wat die geld neem, die Mis lees, bid en psalms sing. Hulle lees dus die Mis en terselfdertyd reik hulle die hand uit vir die geld …" —Huldrych Zwingli: Der Theologe, II.Teil, ("Die Teoloog, Deel II"), bladsye 193-194.

Sedert die stigting van hierdie universele kerk, is soveel dinge ingevoer, geleer en selfs verklaar as dogmas, wat absoluut niks met die vroeë Christendom te doen het nie. Gelowiges van daardie tyd het niks geweet van waskerse, van wierook en van heilige water nie. Dieselfde ook met betrekking tot die salig- en heilig verklaring van die dooies en hul verering. In die vroeë Gemeente was daar geen opoffering van die daaglikse Mis, van die aanroeping tot die "Moeder van God" en van enige kloosters nie. Ek het voor my 'n lys — wat verder aan verskyn — van verskillende proklamasies wat bestaan ​​uit die pous se verklaring van onfeilbaarheid in die jaar 1870. Laasgenoemde is aanvaar, ten spyte van sterk opposisie, selfs in hul eie geledere (in Duitsland alleen was 79 teoloë gekant slegs 25 van hulle was ten gunste daarvan!); en in 1950 is die dogma geïmplementeer waarvolgens Maria na die hemel in haar liggaam en siel sou opgevaar het. Al hierdie dinge is sonder enige bybelse fondasie, want daar staan inderdaad geskryf: "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is …" (Joh. 3:13).

Hierdie proklamasie van Pous Pius XII moet dus as antichristelik geklassifiseer word, want dit is in flagrante teenstrydigheid met die verklaring van Christus. Dit was eers by die Raad van Éfese, in 431 nC, dat Maria as ‘Godsgeborene’ verklaar was. Daarna was sy verskillende titels gegee soos: ‘Moeder van God’, ‘Koningin van die Hemel’, ‘Middelares’, ‘Helperin’, ‘Voorspreekster’, ‘Moeder van alle Genade’, ‘Moeder van die Kerk’, ook ‘slangvermorselares’ (of ‘Sy wat die slang vermorsel het’), ens, ens. Baie van hierdie benamings, wat verband hou met Christus, is na Maria oorgedra, en dit is die rede waarom hulle in hulself ook antichristelik is. Jesus, Hy is die Koning, Hy is die Middelaar, Hy is die Voorbidder, en Hy alleen het die slang se kop vermorsel. As Maria al hierdie dinge gedoen het en alles net deur haar gedoen was, wat is dit dan wat Christus Homself gedoen het, en wie is Hy dan eintlik?

Wat van die besluite wat deur die rade geneem is, sowel as wat van die pouslike proklamasies behou is, word op 'n treffende manier uitgedruk deur die hervormer Martin Luther. Die woorde wat hy by die Worms-Ryksdag uitgespreek het op April 18, 1521, is in die geskiedenis opgeneem: "Omdat ek oortuig is deur die getuienis van die Skrif of deur duidelike rede (want ek vertrou nie, hetsy in die pous of in rade alleen nie, aangesien dit bekend is dat hulle dikwels fouteer en hulself weerspreek), is ek gebind deur die Skrif wat ek aangehaal het en my gewete is geboei aan die Woord van God. Ek kan nie en sal niks herroep nie, want dit is nie veilig en nie reg om teen jou gewete te gaan nie. So help my God. Amen!" —F. Hauss: Väter der Christenheit ("Vader van die Christendom"), bladsy 147. Geskiedenis getuig van die feilbaarheid van die pouse: "Tot die einde van die Dertigjarige Oorlog was daar 245 pouse. Hiervan was 24 'anti-pouse' en — volgens die fabel wat lank as 'n historiese waarheid gehou was — was daar een vroulike pous. 19 pouse het Rome verlaat, 35 het van buite Italië geregeer; 8 pouse het vir nie meer as 'n maand geregeer en 40 het een jaar geregeer, 22 tot 2 jaar, 54 tot 5 jaar, 57 tot 10 jaar, 51 tot 15 jaar, 18 tot 20 jaar en slegs 10 pouse het oor 20 jaar geregeer. Van die 245 Pouse, was 31 as troonrowers of ketters verklaar, terwyl tussen die wettige pouse 64 gewelddadige dode gesterf het. 18 pouse was vergiftig, 4 was verwurg en nog 13 het op ander maniere gesterf" —E. Rosenow: Wider die Pfaffenherrschaft, Bd. I, ("Teen die Pouslike Heerskappy, Vol. I"), bladsy 42.

Rome, of eerder die Vatikaan (om dit meer akkuraat te stel), het hulself universele gesag toegewys, wat op geen manier deur die Woord gelegi-timeer word nie. Dit is net 'n suiwer wêreldse mag onder ‘n vrome dekmantel. Die legende dat Petrus in Rome sou gewees het en selfs dat hy in daardie stad die bediening sou uitgeoefen het van biskop vir amper 20 jaar, is 'n desperate poging om 'n bewering van uiterse belang vir hierdie kerk, te regverdig. Die historici praat slegs van 'n sekere Simon Magus, wat 'n groot indruk gemaak het op die Romeinse senaat deur sy toorkuns. Paulus se sendingreise, sowel as dié van Petrus, word duidelik aan ons uit die Skrif beskryf. So, daar kan geen twyfel daaroor wees nie. As Petrus regtig 'n reis na Rome meegemaak het, sou dit 'n uitsonderlike ding gewees het, inderdaad ‘n sensasie, en ons sou sekerlik ‘n verslag daaroor gevind het.

Volgens Galasiërs 2, vers 9, het Petrus, Jakobus en Johannes die hand van gemeenskap gegee aan Paulus en Barnabas, en het ingestem dat Paulus en Barnabas onder die heidene sal werk, terwyl Petrus, Jakobus en Johannes die Jode sou versorg. Paulus, wat die brief aan die gelowiges van Rome geskrywe het, groet aan die einde sewe en twintig mense by naam, maar die van Petrus is glad nie daar nie. Net so het hy in die baie briewe wat hy van Rome af aan gemeentes en individue geskryf het, nie een keer Petrus se naam genoem nie.

By nadere ondersoek van die Woord van God en die godsdienstige ontwikkelinge, word dit duidelik dat geen van die leerstellinge wat deur die Roomse Kerk ingestel is, die toets van die Heilige Skrif gestand doen ​​nie. Die aanvaarding van die pouslike gesag is heeltemal onbegryplik. Deurgans die geskiedenis van die Kerk word dit nie een keer genoem dat 'n pous ooit 'n goddelike roeping gehad het nie. Inteendeel, dit is bekend aan almal dat die pouse verkies word deur die kollege van kardinale (die konklaaf).