Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Ons wil sien wat God aan die een kant en mens aan die ander kant gemaak het van die deugsame Mirriam, want dit was hoe Maria as jong meisie geheet het. Sy was die maagd in wie die belofte van die Here God vervul is, soos dit deur die profeet Jesaja gespreek was: "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem" (Jes. 7:14).
Wanneer in die nuwe vertalings van die Bybel die woord "maagd" vertaal word as "jong vrou", is dit 'n ernstige wanvoorstelling van die betekenis van die woord. Ten tyde van die goddelike gebeurtenis, was Maria nie 'n "jong vrou" nie, sy het dit later geword. Sy was ‘n "maagd" toe die Heilige Gees haar oorskadu het. Die eienskappe van 'n maagd is suiwerheid en maagdelikheid.
"Die geboorte van Jesus Christus was dan só: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees" (Matt. 1:18).
Josef was so teleurgesteld dat hy haar wou laat vaar het. Ons kan onsself baie goed plaas in sy situasie, om te voel wat in hom moes omgegaan het. "En Josef, haar man, omdat hy regverdig was en onwillig om haar openbaar te maak, het hom voorgeneem om in die geheim van haar te skei" (Matt. 1:19). Hy wou nie ‘n skandaal hê nie, maar hy was so gekrenk en benoud dat hy van haar wou skei. "Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees" (Matt. 1:20).
Ons vind hier in die Heilige Skrif die eerste aanduiding, dat Maria uiteindelik Josef se vrou geword het. Wie verder lees, sal vasstel dat Josef toe presies gehandel het volgens die riglyn wat aan hom gegee is. "En toe Josef uit die slaap wakker word, het hy gedoen soos die engel van die Here hom beveel het en sy vrou by hom geneem; en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en hy het Hom Jesus genoem" (Matt. 1: 24-25). Dit is duidelik genoeg. Eers na die geboorte van Jesus dat Josef egtelik met Maria verkeer. Uit hierdie huwelik is daar vier seuns gebore en ook verskeie dogters waarvan die getal nie bekend is nie. "Is Hy nie die seun van die timmerman nie? Is die naam van sy moeder nie Maria en dié van sy broers Jakobus en Joses en Simon en Judas nie? En sy susters, is hulle nie almal by ons nie?" (Matt. 13: 55-56). Dit is die bybelse waarheid; enige ander stories is slegs uitvindsels wat geformuleer is om eer aan Maria te bring.
In Matthéüs 1 vers 16 word Joseph reeds al in die geslagsregister aan-gebied as Maria se man. Ons sal bewys, deur ander getuigskrifte van die Bybel, die feit dat 'n huwelik bestaan het waaruit kinders voortgekom het. Die evangelis Markus praat daaroor in hoofstuk 6, vers 3, en Lukas vertel ons dat Sy ma en Sy broers het eendag gekom om Hom te soek. Daarvan word vermeld: "U moeder en u broers staan buite en wil U sien. Maar Hy antwoord en sê vir hulle: My moeder en my broers is die wat die woord van God hoor en dit doen" (Luk. 8: 19-21).
Jesus het nie gekom om 'n verhouding van aardse verwantskap te vestig nie, dit is hoekom hy geen spesiale sorg gedra het van Sy natuurlik ma nie, en ook nie van die ander kinders wat uit haar gebore is nie. Hy het die nodige regstelling gemaak deur uit te wys wie die ware kinders van God is, naamlik, diegene wat volgens die Woord van God handel.
Die valse inspirasie het sonder twyfel al in daardie dae bestaan. Die Skrif steek dit nie van ons af weg nie: "En terwyl Hy dit spreek, het 'n vrou uit die skare haar stem verhef en vir Hom gesê: Salig is die skoot wat U gedra het, en die borste wat U gesoog het. En Hy sê: Ja, maar salig is hulle wat die woord van God hoor en dit bewaar" (Luk. 11: 27-28). Was dit nou nie ‘n tipiese vererings-georienteerde stem wat hier uitgestyg het nie! Die Here het dit egter op die plek reggestel.
Om die aanbidding van Maria te bevorder, was selfs die volgende teksgedeelte in Lukas 1 vervals of verkeerdelik geïnterpreteer: "En die engel het by haar binnegekom en gesê: Wees gegroet, begenadigde! Die Here is met jou" (vers 28). In die katolieke kategismus lees dit as volg: "Wees gegroet, Maria, vol genade, die Here is met jou". Daar is 'n groot verskil tussen 'n persoon wat die genade van God geniet en die wie vol genade is.
Maria het dieselfde pad gevolg as enige ander meisie. Voor die engel Gabriel met haar gepraat het, was sy Josef se verloofde en sy bedoeling was om haar te trou. Dit is vir hierdie reeds-verloofde Maria dat die engel sê: "Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind" (v.30). Natuurlik was sy verbaas om die hemelse boodskapper te sien en om die boodskap wat hy gebring het, te hoor. Vers 38 bevestig weer dat Maria nie vol genade was nie maar, soos dit geskryf is, dat sy "genade by God gevind" het. Daarom sê sy: "Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord" (Luk. 1:38).
Daar is geen Skrifgedeelte wat verklaar dat ons afhanklik is van die genade van Maria of selfs van Josef se guns nie. Inteendeel: Die genade van God was aan ons bekend gemaak deur die vlees-geworde Woord, wat in ons midde gekom het (Johannes 1), en hierdie genade is tot vandag nog slegs in die Verlosser. "En uit sy volheid het ons almal ontvang, ja, genade op genade. Want die wet is deur Moses gegee; die genade en die waarheid het deur Jesus Christus gekom" (Joh. 1: 16-17). Ook in hierdie verband is 'n duidelike getuienis aan ons oorgelaat vanuit die Heilige Skrif.
Die Seun lê nie meer aan Maria se bors of in haar arms, soos aangedui word in talle vrome beelde nie, maar wel soos dit geskryf is, in die boesem van die Vader: "Niemand het ooit God gesien nie; die eniggebore Seun wat in die boesem van die Vader is, dié het Hom verklaar" (Joh. 1:18). Al hierdie sogenaamde wonderbaarlike beelde, en al hierdie simboliese voorstellings van 'moeder en kind' is vanaf die heidense kultusse van vrugbaarheid geneem, en van hul godinne en gode. Hierdie misleiding lei die gelowige weg van die ware Gods-aanbidding en lei tot die aanbidding van afgode. Jesus is nie, soos valslik geleer word, die vrug van die 'geseënde gawe' van Maria nie. Maria was net die draer van die goddelike stof.
In die volgende verse word Maria se menslike feilbaarheid aan ons beskryf. Na die Pasga in Jerusalem, toe almal begin huiswaarts keer, het die twaalfjarige Jesus alleen agtergebly in die tempel, sonder dat sy familie dit opgemerk het: "En ná drie dae het hulle Hom in die tempel gevind, terwyl Hy in die midde van die leraars sit …" (Luk. 2:46). Dit is verstaanbaar dat Maria bekommerd was, en nie bewus was van wat sy gesê het nie, toe sy die kind met hierdie woorde aanspreek: "Kind, waarom het jy so met ons gemaak? Kyk, jou vader en ek het jou met angs gesoek" (Luk. 2:48).
Die reaksie van die kind was natuurlik 'n duidelike regstelling hiervan toe Hy gesê het: "Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader moet wees nie?" (Luk. 2:49). Jesus het nie verwys na die timmer-werk van Josef nie, maar na Sy hemelse Vader, en daarmee het Hy dadelik die foutiewe verklaring, wat Maria pas gemaak het, reggestel, wat Josef valslik as Sy vader op daardie oomblik aangewys het.
Dat Maria self genade en redding nodig gehad het, kan gesien word van die feit dat sy ook, ná die hemelvaart van Jesus Christus, deel van die groep van 120 persone in die boonste vertrek was, wat daar die Heilige Gees ontvang het: "Hulle almal het eendragtig volhard in gebed en smeking, saam met 'n aantal vroue en Maria, die moeder van Jesus, en met sy broers" (Hand. 1:14). Daar word gesê van die broers van Jesus wat ook in die bovertrek was, dat hulle aanvanklik nie in Hom geglo het nie (Joh. 7: 3-5).
Op daardie tyd het niemand aan Maria hulde gebring nie; maar Maria was deel van diegene wat gebid het om die uitstorting van die Heilige Gees te ontvang. Die persoonlike ontvangs van die Heilige Gees is nodig vir die redding van elke kind van God, en daarom ook vir die heil van Maria.
Daar word gesê: "Die Seun sal al Maria se begeertes beantwoord". Waar is dit geskryf? Deur hierdie afleiding word 'n valse hoop in die hart van die mense wakker gemaak. Deur hierdie gedagte word dit aangeneem dat Jesus die Seun van God en van Maria was. Maar hierdie formulering word nêrens uitgedruk in die heilige Skrifte nie. Jesus is die Seun van God; Maria was net die houer wie Hom gedra het.
Toe die wyn uitloop op die troue van Kana in Galilea, het Maria aan Jesus gesê: "Hulle het geen wyn nie. Jesus sê vir haar: Vrou, wat het Ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie" (Joh. 2: 3-4). Dit was 'n skerp antwoord vir 'n opmerking wat liggies gemaak is, maar hierdie antwoord het duidelik getoon dat niemand hom kon beïnvloed nie, ook nie Maria nie.
Ons moet sonder twyfel die goeie raad wat sy aan die diensknegte gegee het, ter harte neem: "Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen" (vers 5). Dit is 'n groot les vir die hele mensdom.
Die broers van die Here, volgens die vlees, word nie net in die evangelies genoem nie. Paulus praat ook van hulle: "Het ons dan geen reg om 'n suster as vrou met ons rond te neem net soos die ander apostels en die broers van die Here en Céfas nie?" (IKor. 9:5).
Die apostel skryf in Galasiërs: "en ek het niemand anders van die apostels gesien nie, behalwe Jakobus, die broer van die Here" (Gal. 1:19).
Wat merkwaardig is, is die feit dat sedert die stigting van die Gemeente van die Nuwe Testament op Pinksterdag, word Maria nie meer genoem in die Bybel nie, dit is vanaf Handelinge 2 tot en met die einde van die Bybel. Dit alleen is genoeg om 'n bybelse Christen te verlig. Sy het haar taak verrig. Die vroeë Christene het nie in die gees van afgodediens geleef nie, maar die Heilige Gees. Hulle het nie 'n skepsel aanbid nie, maar die Skepper.
"… Na die 7de eeu was ‘n heeltemal onbybelse praktyk begin om Maria te vereer en te vergoddelik. Sedert die 12de eeu het hulle begin met die 'Ave Maria' gebed. Vanaf ongeveer 1140, is die feesvieringe ter ere van Maria vermenigvuldig, soos die fees van die 'Onbevlekte Ontvangenis'. Gedurende die 12de eeu verskyn ook die 'Gebed van die Rosekrans' … Onder die teken van Maria, wou die Katolieke Kerk die hele wêreld oorwin. Dis hoekom die aanbidding wat aan Maria gegee is, ná die Tweede Wêreld-oorlog versterk is …" —O. Markmann: Irrtümer der Katholischen Kirche ("Flaters van die Katolieke Kerk"), bl. 48-50.
Om alles te sien wat aangaan, is maklik om te onderskei, of dit die Heilige Gees is wat aan die werk is, en of dit die antichris gees is. Ons moet dit sê met die grootste fermheid: hierdie Maria, soos aangebied in die Bybel en aan wie dit gesê was: "… En salig is sy wat geglo het, want die dinge wat deur die Here aan haar gesê is, sal vervul word" (Luk. 1:45) en wie in volkome oorgawe gesê het: "Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord" (Luk. 1:38), is heeltemal anders as die vergoddelikde Maria van 431 nC, toe die Raad van Efése, haar aangestel het as 'Moeder van God'.