Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Volgens die getuienis van die Heilige Skrif kan slegs God die onderwerp van geloof, eerbetoon, huldiging en aanbidding wees. Sou iemand iets anders bo dit verhef, is bygeloof en afgodery aan die werk. Protestantse Teoloë het reeds omvattend en oortuigend daaroor geskryf. Vir beter begrip daaroor word sommige gedeeltes weergegee. Daar is absoluut geen regverdiging vir die kultus van 'die Maagd' of van die 'Mariologie' nie. Mariologiese verskynings is glad nie in die Heilige Skrif belowe nie. Meer as 'n duisend jaar het verby gegaan sonder sulke verskynsels. En vreemd genoeg, is hierdie verskynsels altyd net in die katolieke lande soos Pole, Portugal, Spanje en Frankryk. In Protestantse, Moslem, Boeddhistiese en ander lande, waar verlossing noodsaaklik sou wees, het dit glad nie verskyn nie. Aan alle siele moet gerusstellend gesê word, dat dit glad nie kan verskyn nie, net so min soos Petrus, Josef of enigiemand anders kan verskyn. Dit gebeur net in die verbeelding, want dit is wensdenkery. Hier mag gevra word, wie word by al die sogenaamde 'heiligdomme' vereer en verheerlik? Jesus of Maria? Watter soort gees is dit wat nie Jesus verheerlik nie, maar Maria? Dit is beslis nie die Heilige Gees nie! Dit is die gees van misleiding. Pastoor O. Markmann skryf die volgende onder die opskrif: Die Dämonie im Marien kult (—"Die duiwel in die kultus van Maria"): "Die mistieke kultus oor Maria word ook gekenmerk deur demoniese invloede. Die aanbidding van Maria word reeds vanaf die eerste eeue aangemeld. Die antieke heidense kultus van die moeder-godinne in die eerste eeue word in die ontwikkeling van die Mariologie veral beklemtoon" —O. Markmann, Irrtümer der katholischen Kirche ("Flaters van die Katolieke Kerk"), bl. 47.
Van wanneer af het God 'n moeder? Selfs hierdie bewoording is heeltemal onbybels. Sy was nie die moeder van God nie, maar het aan Jesus Christus, onse Here en Verlosser, geboorte gegee. In die stad Éfese het die skare eenparig uitgeroep: "Groot is die Diana van die Efésiërs!" (Hand. 19:28). Nou sing hulle by Maria-kongresse: "Groot is Maria!" Hoe naby het dit gelê om een af te bring en die ander op te hef!
Eers sedert die 5de eeu het die alreeds uitgebreide kultus van die maagd Maria toe sy loop geneem. Arthur Drews het geskryf: "Vanuit 'n historiese oogpunt gesien, bied die verering van Maria ons 'n blik op die ellendigheid van die mensdom. Dit is 'n verhaal van die mees kinderlike bygeloof, die mees vermetelste vervalsings, vervormings, interpretasies, verbeelding en gekonkel, saam geweef vanuit menslike ellende en behoeftigheid en Jesuïtiese slinkse en kerklike mag; ‘n skouspel ewe slu om te laat huil asook om te laat lag: die ware goddelike komedie" —K. Deschner: Und abermals Krähte der Hahn ("En weer Kraai die Haan"), bl. 401.
Vanaf die 'Ave Maria' tot by die dogma van haar 'liggaamlike hemelvaart', is alles onbybels en dus verkeerd. Dit is uitvindings wat oor die ongeveer 1,600 jaar deur die Rooms-Katolieke Kerk ingestel is. Vandag word gesê dat dit alles 'Christelike Geloofsmateriaal' is, en tog is dit inderdaad ‘n antichristelike sameswering, die werk van die vyand, om die mensdom absoluut weg te beweeg van die geloof in Jesus Christus, en tot die nie-reddende bygeloof van Maria te wil herlei. Bekende teoloë het sedert die Hervorming, tot in ons tyd, hulself openlik en duidelik daarteen uitgespreek.
Die bygeloof van die Mariaanse verskynings by verskeie 'heilig-domme', is 'n skynheilige ding in die oë van God, wat opregte mense mislei. Pastoor Markmann skryf oor die huidige Pous: "Is dit nie lastering as die Pous met sy Poolse besoek, 'n goue roos lê by die voete van die swart Madonna van Jasna Góra in Czestochowa, en in stille ekstase voor hierdie afgod bely: 'Totus tuum', ('Alles joune')? Hierdie gebed van lof aan Maria: 'Totus tuus', het hy ook die leuse van sy pontifikaat en van sy hele lewe as priester gekies. Hy het sy gebed vir die Swart Madonna geëindig met die woorde: 'Ek wy jou aan die hele Kerk, tot in die uiterste van die aarde! Ek wy die mensdom aan jou en alle mense — my broers, alle volke en nasies. Ek wy jou aan Rome en Poland, wat verenig is deur u dienskneg met 'n nuwe band van liefde. Moeder, aanvaar ons! Moeder, verlaat ons nie! Moeder, lei ons!'" —O. Markmann: Endzeit, Entrückung, Antichrist ("Eindtyd, Wegraping, Antichris"), bladsy 32-33. Hierdie Maria is die moeder van die Rooms-Katolieke Kerk gemaak. Sy is nie die koningin van die koninkryk van die hemele nie, maar die koningin van die Rooms-Katolieke wêreldryk.
Volgens die boek Fatima, deur Joaquin Maria Alonso, het Maria op Mei 13, 1917, aan drie herderkinders glansend verskyn. Die nommer 13 word keer op keer gevind: op Julie 13, 1917, het die "heilige maagd" die drie kinders gevra om die volgende maand terug te kom. Op September 13, in 1917, by die vyfde verskyning, het sy na bewering gesê: "Ek wil hê julle moet hier kom op Oktober 13 en herhaaldelik die rosekrans bid …". By die sesde verskyning, op Oktober 13, 1917, was die daarheen-hasende pilgrims toe alreeds op vyftigduisend geraam. Oor die jare is miljoene daarheen om hul sorge aan Maria oor te dra, sonder om te weet dat Maria self afhanklik van die hulp van God was en tot vandag toe nie ‘n enkele mens kan help nie.
In Fatima word Maria uitgebeeld op baie standbeelde en prente ter verering. Die huidige Pous Johannes Paulus II het in die kapel gekniel voor so 'n portret. Hierdie hele kultus is in direkte teenstrydigheid met die gebod: "Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat" (Ex. 20: 4-5).
Mense wat beelde maak, moet hulself as diegene klassifiseer wat God haat. Eintlik is dit niks anders nie as die godsdienstige dans om die goue kalf. Een mens het sy heilige Christopher, die volgende het ander portrette. Daar is selfs ‘n Christus wat die mense gemaak het om rond te dra.
Dit herinner my aan 'n gesprek met verskeie gaste by ‘n spa, waar die gesprek ook oor geloof gegaan het. Ek het gevra of iemand 'n persoonlike verhouding met Jesus Christus het. Spontaan beantwoord 'n vrou: "Ek het my Jesus verkoop". Ons was eers verbaas totdat sy verduidelik het dat sy, as ‘n antieke beeld-versamelaar, 'n 1.25 meter hoë Jesus-beeld van hoë waarde aan 'n kerk verkoop het.
Oor die hele wêreld is daar miljoene verskillende beelde, alles gruwels voor God. In Sy heiligheid het Hy ‘n oordeel oor die beeld-aanbidders gespreek: "Vervloek is die man wat 'n gesnede of gegote beeld maak, 'n gruwel vir die Here, werk van 'n ambagsman se hande, en dit in die geheim opstel; en die hele volk moet antwoord en sê: Amen!" (Deut. 27:15).
Mense soek nie hul toevlug tot Hom, wat alleen kan help nie, maar probeer om deurbrake met die help van allerhande hulpmiddels te bereik. Word God nie daardeur veroordeel en tot die uiterste beledig nie? Op die vraag, wat die eerste gebod van almal is, het Jesus geantwoord: "Die eerste van al die gebooie is: Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here; en jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele verstand en uit jou hele krag" (Mark. 12: 29-30). Daar is werklik geen plek vir Maria hier nie, nie vir heiliges, beskermheiliges, standbeelde, ikone, ens nie.
Kan Maria, as 'n persoon, van oor die hele wêreld miljoene gebede beantwoord sonder om alwetend te wees? Kan Maria in die hemel, op aarde en in die vagevuur hoor, sonder om alomteenwoordig te wees? Net God is alwetend en alomteenwoordig. Is nie alle pelgrimstog plekke, maak nie saak in watter land, 'n gruwel vir God en daarom verwerplik nie? So spreek die Here: "Soek My, dan sal julle lewe! Maar soek Bet-el nie, en kom nie na Gilgal nie en trek nie deur na Berséba nie. Want Gilgal sal gewis in ballingskap gaan, en Bet-el sal tot niks word nie. Soek die Here, dan sal julle lewe" (Amos 5: 4-6).
Vandag moet dit lees: "Soek My," sê die Here, "en julle sal lewe. Moenie na Lourdes toe gaan nie en nie na Fatima nie, nie na Czestochowa nie en ook nie na Altötting, ens, ens nie, maar kom na My toe, sodat julle die ewige lewe kan ontvang". As ons God soek, kan ons elkeen Hom daar vind waar u nou is, want God is alomteenwoordig.
Vittorio Messori haal die Duitse kardinaal Joseph Ratzinger aan: "Dieselfde Johannes Paulus II, wat op die 13de Mei in ‘n sluipmoord-aanval gewond is, het met die herdenking van die eerste verskyning in die Portugese dorpie, op 'n pelgrimstog na Fatima gegaan om Maria te bedank, "wie se hand die projektiel wonderbaarlik gelei het" —V. Messori: Zur Lage des Glaubens, bl. 112 ("Tot die Standpunt van Geloof"). Dieselfde Ratzinger het aangekondig dat die Katolieke Kerk die Mariaanse dogmas in die volgende volgorde geproklameer het: "… eers die ewige maagdelikheid en goddelike moederskap en dan, na 'n lang tyd van rypwording en nadenke, die sondeloosheid en die liggaamlike ontvangs van Maria in die hemelse heerlikheid". Daarna kom die verregaande frase: "Hierdie dogmas beskerm die oorspronklike geloof in Christus as ware God en ware mens" —V. Messori: Zur Lage des Glaubes, bladsy 108.
Dit kan glad nie aanvaar word nie. Die vier dogmas het ook soos alle ander, geen bybelse grondslag nie. Bybelse waarhede word nie in 'n raad beraadslaag of by wyse van ‘n stemming besluit nie, maar die wat deur God uitgeroep is, het in die naam van die Here verkondig wat om te doen, te glo en te onderrig. Mnr Ratzinger se eie woorde hier, stel dit resoluut: "terloops, dit is vanselfsprekend, trouens, die waarheid kom nie deur middel van ‘n stemming nie. 'n Stelling is óf waar, óf dit is nie waar nie. Die waarheid kan 'n mens net uitvind, nie skep nie" (bl. 62).
Wat is al die ingevoerde dogmas, gebruike en tradisies? Is dit waar of nie waar nie? Het dit, soos kardinaal Ratzinger self sê, na 'n lang tydperk van rypwording en nadenke ontstaan, ook dat dit nie die oorspronklike waarheid is nie, maar geskep op grond van hul aannemings? Waar is die waarheid, waar is dit te vinde? Sekerlik alleen in die Woord van God en nêrens anders nie! 'n Bybelgelowige Christen wat tot die Gemeente van die lewende God behoort, is "… gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is …" (Efé. 2:20). Alles wat pouse oor die jare bekendgestel het, stem nie met die Bybel ooreen nie en is daarom nie apostolies nie. Waarom het Petrus, Jakobus, Johannes en Paulus niks met Maria te doen gehad nie? In daardie tyd was alles nog vars en in lewendige herinnering.
Die teologie was verander vanaf Christologie na Mariologie. Daar is reeds openlik mariologiese kongresse gehou waarin alles feitlik draai om Maria. Christus word net, wanneer dit pas, terloops genoem. "Die Pous het gevra vir 'n hernuwing van Maria se verering, wat, bybels georiënteerd, trinitaries en Christelik van aard moet wees, sonder om ander gelowe en uitdrukkings van die onderskeie tye en kulture in gedrang te bring" —Katholischer Erwachsenen Katechismus ("Kategismus vir Katolieke Volwassenes"), bl. 173. Wat moet 'n bybelgelowige Christen sê van sulke onbybelse, misleidende, godslasterlike uitnodigings tot Maria-aanbidding?
Vir die ware gelowiges het die apostel Johannes 'n baie belangrike woord gerig wat vir altyd geldig is: "Ek het nie aan julle geskrywe omdat julle die waarheid nie ken nie, maar omdat julle dit ken en omdat geen leuen uit die waarheid is nie" (IJoh. 2:21). Geeneen van die geproklameerde dogmas kom uit die Woord van die waarheid nie. Die oorsprong daarvan kom vanaf ander bronne. Wie nie toegang tot die waarheid en die Woord het nie, moet 'n plaasvervanger skep! En wie nie vertrou in God nie, moet net soos die pous, in ‘n koeëlvaste ‘Papamobil’ deur die skare van sy volgelinge ry!
Die volgende is die jaar-gewyse opsomming (wat hier en daar mag verskil) van hoe sekere dinge ingestel was, wat nie in die vroeë Christendom bestaan het nie, soos aangedui deur L.J. King, in sy skrywe: House of Death, bl. 117-122:
310 nC Individue begin met die 'Teken van die Kruis’ ('Sign of the Cross')
320 nC Was-kerse by die eredienste
375 nC Die verering van engele en afgestorwe heiliges begin
394 nC Die daaglikse erediens word bekendgestel
431 nC Begin van die Maria-verheerliking
500 nC Die priesterdom begin met eenvormige kleredrag
600 nC Gregory I stel Latyns voor as aanbiddingstaal in eredienste;
Die aanbidding van Maria en gestorwe heiliges begin.
650 nC Begin van die fees ter ere van die Maagd Maria
709 nC Die begin van die soen van die pous se voete
750 nC Begin van die wêreldmag van die pous
788 nC Huldiging van Maria en die gestorwe heiliges; Aanbidding van die kruis, standbeelde, oorblyfsels, ens.
850 nC Voorstelling van water met sout en priesterlike seën ('Heilige water')
890 nC Aanbidding van Josef, die man van Maria
965 nC Inleiding van die Klokkelui
995 nC Die heiligspreking van die gestorwenes word bekendgestel
998 nC Vas op die Vrydag van die 'Lydingsweek' word ingestel
1079 Begin van priesterlike selibaatskap (huweliksonthouing)
1090 Inleiding van die Rosekrans (‘Rosary’)
1100 Die Misoffer word bekendgestel met verpligte bywoning
1184 Die Inkwisisie vir Ketters word gevestig
1190 Inleiding van die praktyk van die verkoop van Aflate (‘Sale of Indulgences’)
1200 Die wafel vervang die brood by die nagmaal
1215 Die Dogma van Verandering en
Die belydenis van sonde, ten minste een keer per jaar voor die priester (‘Confessional’).
1220 Die aanbidding van die offerbrood word bekendgestel
1227 Die klokkielui, om aan te dui dat die offerbrood-transformasie plaasvind
1229 Die leek (gewone mense) word verbied om die Bybel te lees
1245 Die kardinale begin 'n rooi hoed dra
1264 Inleiding van die 'Corpus Christi'-fees
1410 Verbod op die wynkelkie vir die gemeente
1439 Proklamasie van die leer van die vagevuur (‘Purgatory’)
1478 Die Inkwisisie in Spanje
1545 Die gelykstelling van die tradisies en die Heilige Skrif
1546 Inlywing van die Apokriewe in die Bybel
1854 Die ‘Onbevlekte Ontvangenis’ van Maria (‘Immaculate Conception’)
1870 Proklamasie van die onfeilbaarheid van die pous
1925 Die liggaamlike teenwoordigheid van die Maagd Maria in die hemel
1950 Die Dogma van die ligaamlike hemelvaart van Maria
Elke nadenkende persoon moet homself vra, watter sin al hierdie neergelegde leerstellings het, wat so lank na die apostels geproklameer was. Die Nuwe Testament is volledig. Niks mag by hierdie testament bygevoeg word nie: "Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs 'n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie" (Gal. 3:15). Wat nooit eens met 'n aardse testament gedoen mag word nie, is met die goddelike Testament gedoen, met al die byvoegings. Waar is die respek vir die finale vermaning: "As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is"? (Openb. 22:18). Sien ook Spreuke 30, verse 5-6.