Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 7 - Die Reformasie — ‘n Nuwe Begin

« »

Die goddelike ingryping deur die Hervorming was laat, en ook, vanuit ‘n bybelse oogpunt, by verre nie genoeg nie. Hier word ons gekonfronteer met die vraag of die Hervormers, wat almal seuns van die Roomse Kerk was, regtig verstaan ​​het dat dit 'n nuwe begin moes wees, aangesien dit ‘n heeltemal wêreldse en onbybelse stelsel geword het, waarvan niks oorgebly het om te hervorm nie. Enersyds is die destydse woord van die profeet Jeremia van toegepassing: "Ploeg vir julle 'n braakland en saai nie onder die dorings nie!" (hoofstuk 4, vers 3), maar andersyds ook die profesie: "Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy het nie gesond geword nie; verlaat hom en laat ons trek (hoofstuk 51, vers 9). Dit was ‘n uittog, 'n wegbreek, asof ‘n mens die oproep vanuit die hemel kon hoor: "Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie!" (Openb. 18:4).

Luther het ​​byvoorbeeld die woorde wat die apostel Johannes in die naam van die Here gerig het, goed verstaan: "want jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei. En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is" (Openb. 18: 23-24). So ook die woorde van die profeet Jeremia: "Babel was in die hand van die Here 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword" (Jer. 51:7). Nietemin kon die hervormers nie ‘n deurbraak maak na die vroeë Christendom nie. Daar was inderdaad slegs die een en die ander gereformeer, afgeskaf en verander.

Die Reformasie het in die eerste plek gegaan om die 'aflaat' handel, die rol van die pous en oor die misbruike in die algemeen. Die deurdringing na die magtige getuienis dat ‘n mens alleen uit genade deur geloof in die Verlosser geregverdig word, het die Skriftelike hoogtepunt gevorm. Dit was die eintlike deurbraak, die oopbreek van die Babiloniese gevangenis. Maar, aan die ander kant was leerstellings oorgedra, wat heeltemal onbybels en eenvoudig tipies katoliek was. Die sogenaamde sakramente, byvoorbeeld, was net verminder en dinge soos die kinderdoop, onder andere, eenvoudig net oorgedra.

Ongelukkig het die Protestante gedeeltelik in dieselfde voetspore gevolg, met hul aanneming van die 'drie-eenheid' geloof. Jode en mense van ander gelowe (bv. die Anabaptiste) was ook deur Luther, Schwenkfeld en ander veroordeel. Op Oktober 27, 1553, moes die Spaanse dokter, Michel Servet in Genève, met die toestemming van Calvyn, die brandstapel bestyg omdat hy die 'drie-eenheid' teologie verwerp het —M. Rang / O. Schlißke: "Die Geschichte der Kirche" (Die Geskiedenis van die Kerk), bl. 132. Die opmerkings van Luther en Melanchthon en spesifiek oor die Anabaptiste is in die kerkgeskiedenis vervat. Die katolieke eis van die Roomse Kerk as die "enigste heilige", was klaarblyklik nie heeltemal afgeskaf deur die hervormers nie. Dit verklaar ook hul onverdraagsaamheid teenoor mense van ander gelowe, selfs vandag nog! Vir eeue word bestaande onafhanklike kerke nog steeds as 'sektes' geklassifiseer, alhoewel hierdie term, volgens Webster, eintlik van "seksie" afkomstig is en verwys dit na 'n gedeelte van die geheel — dit sê ook niks daarvan as ‘n "georganiseerde, godsdienstige gemeenskap" nie. In dié sin dan is alle georganiseerde denominasies sektes, naamlik dele van die geheel. Deur die verskillende kultus-godsdienste van die afgelope tyd word die sektariese konsep herleef en laat dit dus 'n slegte nasmaak.

As die goddelike doelstelling van 'n bybelse nuwe-testamentiese Gemeente, ten tye van die Reformasie, nog ver van bereik af was, was die eerste stappe na die bybelse geloof gedoen: daar was ‘n terugkeer na die prediking van die Woord van God. In dié sin is ons die voorlopers wat op brandstapels verbrand was, en dán die eintlike hervormers, dank en erkenning verskuldig.

Van toe af het die koninkryk van God met kragdadigheid ‘n nuwe weg gebaan. Daar het een herlewing na die ander gevolg, en meer en meer het die lig van die evangelie na vore gekom. Uit regverdiging deur geloof het dit na die volgende gegaan, die ervaring van verlossing, naamlik die heiligmaking van die hart deur die Woord en die Gees van God. Vurige herlewingspredikers wat die kerkgeskiedenis betree het, het die bybelse waarhede verkondig wat dan deur die luisteraars gehoor en ook ervaar was. Soos die diensknegte van God te alle tye, was hulle ook nie amptenare, ook nie hoogwaardigheidsbekleërs nie, maar diensknegte van die Woord en het die mense in verbinding met Christus gebring deur die prediking van die evangelie. Ongelukkig het hierdie God-gebruikte manne ook elkeen gestop by veral die belangrike leringe. Sommige was tevrede met die regverdig-making, ander met heiligmaking, ander weer met bekering en geloofs-doping, ens. God het egter voortgegaan om deur Sy Gees te werk.

Aan die begin van dié eeu het daar in die verskillende Protestantse en onafhanklike kerke, 'n spontane geestelike herlewing uitgebreek onder bekeerde gelowiges wat gesmag het daarna, soortgelyk aan dié in die vroeë Christendom. Hulle het God ook op bonatuurlike wyse ervaar. So kry die pinkster-beweging van die 20ste eeu sy aanvang.

Uit die toenemende hervormings- en hernuwingsbewegings het die mees uiteenlopende onafhanklike kerke ontstaan. Deur menslike foute was daar ontsporings en vermengings; maar dit maak ons nie geregtig daarop om die onfeilbare optrede van God te verwerp nie. Die doel van elke herlewing was om die kerk nader aan die vroeë Christelike staat te bring. Sou die Gees van God reeds in elke herlewing werksaam was, dan het die sogenaamde "Pinkster-herlewing" weereens gelei tot die uitstorting en werk van die Gees, wat die geregverdigde, hernude en wedergebore mense kon ervaar het.

Johannes die Doper het verklaar: "Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur" (Luk. 3:16). Hierdie aankondiging het waar geword die eerste keer op Pinksterdag. Die ervaring van die geestesdoop gee aan gelowiges in Christus die sekerheid dat God hulle aangeneem het; vir die ware kinders van God is dit die seël met die Heilige Gees (Efé. 1:13; Efé. 4:30).

Vandag het ons die mees uiteenlopende charismatiese bewegings, asook die Rooms-Katolieke pinkster-beweging. Dit skep 'n atmosfeer waarin mense 'n emosionele ervaring het, maar in die ou tradisionele manier vassteek. Hulle ontvang 'n gewisse salwing met die Gees. Maar die vraag is: het hulle 'n ware ervaring met God in hulle siel gehad, waardeur hulle hernu en wedergebore word? Hierdie vraag kan net elkeen vir homself persoonlik beantwoord. God se kinders wat werklik gevul word met die Heilige Gees, sal die ewige redding erken en die ewige Woord van God hul eksklusiewe getuienis maak.

Hulle het die vrugte van die Gees, die eienskap waardeur hulle erken word. Baie kan gawes het, maar die vrugte van die Gees het net diegene wat deelneem aan Sy goddelike natuur. Die woord is steeds van toepassing: "So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken. Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!" (Matt. 7: 20-23).

Net na die Tweede Wêreldoorlog, in Mei 1946, het 'n magtige her-lewingsbeweging in die VSA begin, deur 'n eenvoudige en nederige prediker, William Branham (†1965). Eerwaarde Gordon Lindsay het, as jarelange ooggetuie, daaroor geskryf in sy boek: William Branham, a Man Sent from God ("… 'n Man van God Gestuur"), dat God in sy bediening dieselfde wonderwerke en tekens gewerk het, soos dit was in die dae van Jesus Christus en die apostels — blindes het gesien, verlamde mense kon weer loop, selfs terminale kankerpasiënte was genees. Op bladsy 4 van die tweede uitgawe van die boek wat op daardie tydstip deur die Mehr-Licht-Verlag ("Meer-Lig-Publikasie") gepubliseer was in Hamburg, is die brief van die Duitse Streekbiskop van die Evangelies-Lutherse Kerk, Dr. Dibelius, aan die vertaler, Eerw. M. Gensichen: "Vriendelike dank vir die stuur van die interessante boekie oor die evangelis William Branham, wat jy so vloeiend vertaal het. Vir ons is hierdie metode wat deur die Amerikaners gebruik word nog iets vreemds. Maar dit mag goed wees dat daar soms 'n ander gees in ons evangelisasiepraktyk gebring word. In dié sin verwelkom ek jou plan om Branham ook na Duitsland te nooi".

Hierdie bevolmagtigde en bonatuurlik-gelegitimeerde bediening was die stimulus vir 'n groot aantal evangeliste, wat later met soortgelyke bedienings te voorskyn gekom het. Baie bekende evangelisasie verenigings het daaruit ontstaan, ingesluit die internasionale "Full Gospel Businessmen's Association"; ook die charismatiese beweging en verskeie ander rigtings het begin. Maar, by nadere ondersoek is die godsdienstige mengelmoes vandag egter groter as ooit tevore. Hulle sê: "Hier is Christus! Daar is Christus!". Maar daar is nog steeds geen gemeente, wat heeltemal vergelykbaar is met die vroeë Christelike Gemeente, met die ooreenstemmende bybelse onderrig en praktyke en skriftelike bevestiging nie. Ons benodig nou hier aan die einde van die nuwe-testamentiese tydperk, 'n finale, kragtige geesteswerking, waardeur die Gemeente volkome voltooi word. Want die goddelike doel is om die einde gelykstaande te maak soos met die aanvang. Soos Christus in die begin gedoen het, sal Hy dit ook aan die einde doen.

Eintlik moet alles wat die Gemeente van die lewende God raak, teruggekeer word na die oorspronklike stand. Dit is nou die tyd van die beloofde verkwikking en wederoprigting van alles, hier voor die Wederkoms van Christus (Hand. 3: 19-21, en andere). Wie nou aan die Gemeente van die Here behoort, laat hulself nie weggevoer word deur godsdienstige entoesiasme en misleidings nie, maar hulle deursoek die Skrif, en vind, glo en ervaar daardeur die beloftes vir hierdie tyd. Alles wat God doen, doen Hy volgens Sy Woord. Voordat ons kan bid: "… laat U wil geskied …", moet die wil van God uit die Woord aan ons geopenbaar wees. Dit is nie nou die tyd vir spesiale manne nie, maar die uur van God, die uur van die Woord — die waarheid. Aan die hand van hierdie stellings moet dit vir almal moontlik gemaak word om te ondersoek of hulle regtig glo volgens die Skrif of net die geloof van 'n formele- of onafhanklike kerk het. Dit is nou belangrik om die verbinding met die laaste beweging van God te vind, voor die Wederkoms van Jesus Christus.