Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Met die grootste respek en in heilige eerbied nader ons die onder-werp oor die Godheid. Net soos daar verskillende godsdienste is, vind ons ook die verskillende idees en leringe oor God. In hierdie daarlegging wil ons God self laat getuig oor Homself en Sy self-openbaring beklemtoon.
Ons sal ons weerhou van formulerings, want 'n mens kan nie dit begryp wat ondenkbaar is nie, ook nie dit verklaar wat onverklaarbaar is nie, en nie verstaan wat ons verstand te bowe gaan en vir ons onbegryplik sal bly tot die oorgang na die ewigheid nie. "Die hemel, ja, die hoogste hemel kan U nie bevat nie" (IIKron. 6:18). Eers wanneer ons self by God in glorie is, sal ons meer oor die verborgenheid van die Almagtige ervaar.
Byna alle apologete het hul eie denkwyse oor die Godheid, soos dit sedert die 4de eeu na Christus bespreek en later geleer was. Waarom die Ou of die Nuwe Testament nie oorweeg en geraad-pleeg was nie, is onbegryplik. Geen profeet en geen apostel het 'n 'drie-eenheid' geformuleer nie. In die heidendom was daar baie drie-eenheidsgelowe. Die bekendste hiervan is in Hindoeïsme: Brahma, die Skepper — Vishnu, die onderhouer — Mahesh, die vernietiger. Daar word nie in die ou en ook nie in die Nuwe Testament gepraat van verskeie persone van God nie. Nie 'n enkele keer stel die Here Homself voor in Sy Woord as 'n 'drie-persoon God' nie, maar as die persoonlike God. Elkeen wat God probeer verdeel, het nie meer die een ware God nie, maar 'n selfgemaakte god met twee of drie gesigte, of verskeie gode.
In onlangse jare, veral op konferensies van evangelistiese kerke, het feministiese teoloë neerhalend oor God en Sy Woord gepraat, wat inderdaad godslastering is, bv. dat God nie vroulik is nie. Daar word van die "manlike God van die Bybel" gepraat en van die Tien Gebooie wat "slegs vir mans geskryf is". Dan verklaar hulle: "Aangesien vroue nie die manlike orgaan het, wat besny kan word nie, kan hulle nie 'n lid van die Joodse kultusgemeenskap wees nie" (Idea Spektrum, Julie 1, 1987, bl. 17). Dis net skrikwekkend om te sien hoe vêr mense kan gaan en selfs God kan kritiseer.
Ongeveer 4,000 jaar gelede het God 'n verbond gesluit met Abraham en aan hom die belofte gegee: "… en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word" (Gén. 12:3). Vir die Jode, Christene én Moslems, is Abraham ‘n sentrale figuur. In die tyd van Moses, ongeveer 3,600 jaar gelede, het die Here God op die berg Sinai gekom en die tien gebooie gegee. Ook hierdie gebeurtenis is by die drie godsdienste onbetwisbaar. Van daardie tyd af was Israel daartoe bestem om aan alle heidense volke te getuig van die een ware God.
Ongeveer tweeduisend jaar gelede het die Messias verskyn, verwek deur die Heilige Gees en gebore uit die maagd Maria. Die Christene is daarvan oortuig. Die Moslems beskou Hom as die grootste profeet, glo in die wonderwerke, maar sien Hom nie as die Verlosser nie. Dieselfde geld vir die Jode; maar hulle tyd om in Hom te glo, is op hande. Want soos Josef homself eers die tweede keer aan sy broers bekend gemaak het, sal Israel net so die Messias herken, wanneer Hy vir die tweede keer na hulle kom (Gén. 45, Hand. 7:13).
Ongeveer 1,400 jaar gelede het Mohammed na vore gekom om sy volksgenote uit die afgodskultuur te bring, om te glo in die een ware God, die Almagtige, wat hy Allah genoem het. Mohammed het geglo dat hy die laaste profeet was, volgens die belofte in Maleági 4 verse 5 en 6. Volgens hom moes die oordele oor die Aarde volg en Allah uitspraak oor die mensdom spreek, waarvolgens een in die paradys, en die ander na die verdoemenis sou gaan. Alhoewel 1,400 jare al verloop het, het hierdie geleentheid nog nie aangebreek nie. Die resultaat is egter 'n godsdiensleer wat grootliks teen die Christendom en Judaïsme gemik was. Dit was nie die oorspronklike bedoeling nie. Oor en oor word in die Koran gemaan, dat die Heilige Skrifte — waarmee Mohammed die Bybel bedoel het! — gelees en geglo moet word, wat egter vandag deur geen Moslem gevolg word nie.
Die beslissende faktor is om die regte kennis van God en die regte begrip van Sy selfopenbaring te het. Slegs op hierdie manier kan ons in God se plan ingesluit word. Wat die persoonlike openbaring van God betref, het die meerderheid van die Jode dit nie herken nie, die Christene het dit oorwegend misverstaan en die Moslems het dit beslis ook nie verstaan nie. Dit kan oortuigend bewys word. As dieselfde God, wie met Abraham, met Moses en deur Christus gepraat het, ook met Mohammed gepraat het, dan sou alles wat gesê, geskryf en geglo was, van A tot Z, heeltemal ooreengestem het. As mense van die twintigste eeu, moet ons tog vra wie God se Woord en verlossingsplan verstaan het en wie hom misverstaan het. Die oorspronklike doelstelling van God met die mensdom is eenvoudig nie meer bekend in vandag se godsdienste nie. So ook is die sin en doel van die verskillende goddelike openbarings tot by Sy selfopenbaring in Christus ook nie deur die oorweldigende meerderheid erken nie en nog minder verstaan.
Vir die woord "God" in ons taal, staan in die oorspronklike teks die woord "Elohim". "In die begin het Elohim hemel en aarde geskape …". Die woord "God" stel aan ons die Almagtige as "voorwerp van aanbidding" voor. In die eerste hoofstuk van die Bybel word dit net gepraat van Elohim. Vanaf Génesis 2 vers 4 lees ons van "die Here God" (Elohim-Jahweh). Die individuele terme gee uitdrukking aan die natuur en betekenis van die openbaring van God. Dit gaan oor die veelsydigheid van Sy eienskappe. Die woord Elohim self is in die enkelvoud, maar druk die meervoud uit, want God is baie dinge: Skepper, Onder-houer, Regter, Koning, ens.
Wanneer die woord "Elohim", "Elah" of "El" in die hoofteks is, bedoel dit God. Dit hang net af van watter eienskap Hy praat en Homself openbaar. Die terme "El Elyon", Allerhoogste God (Gén. 14:18); "El Shaddai", God die Versorger, Almagtige, Voldoende (Gén. 17:1); "El Olam", Ewige God (Gén. 21:33) en "El Gibbor", Die Sterke God (Jes. 9:5). Dit is baie jammer dat die bybelvertalers nie die Hebreeuse begrippe oorgedra het nie. Die ware kennis van God het daardeur net moeiliker geword, terwyl die betekenis wat in die naam self lê, nie meer uitgedruk word nie.
Tot by die aanneming van die wetgewing deur die patriarge, is die term "Elohim" vir "God" gebruik. Dit was eers vir Moses dat God gesê het: "Ek is Jahweh. En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as El Shaddai, maar met my naam Elohim-Jahweh het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie" (Ex. 6: 1-3 —Menge Bybel). Dit was die tyd net voor die verbond gesluit was met al die kinders van Israel, toe die Here God Sy verbondsnaam, "Jahweh" — wat in Hebreeus "JHWH" geskryf word — geopenbaar het. Oral in die hele Ou Testament, waar ons "die Here God" lees, staan dit in die oorspronklike teks as "Elohim-Jahweh". "Jahweh" is die sigbare manifestasie van "Elohim".
Op dieselfde manier soos wat "Elohim" elke keer in die ooreenstemmende konteks in Sy veelvoudigheid uitgedruk word, gebeur dit ook met die naam "Jahweh": "Jahweh-Jireh", die Here wat voorsien (Gén. 22: 7-14), "Jahweh-Rapha", Die Here wat genees (Ex. 15:26), "Jahweh-Nissi", die Here, my banier (Ex. 17: 8-15), "Jahweh-Shalom", die Here, my vrede (Rig. 6:23), "Jahweh-Ra-ah", die Here: my Herder (Ps. 23), "Jahweh-Zidkenu", die Here, ons geregtigheid (Jer. 23:6), "Jahweh-Shammah”, die Here is teenwoordig (Esé. 48:35) en "Jahweh-Sabaoth", Here van die leërskare (ISam. 1:3). God het Homself van die begin af geopenbaar as die Here, volgens Sy plan en Sy wil.
Voordat die Here God Sy Naam bekend gemaak het, het Hy Moses laat weet wie Hy is: "En God sê vir Moses: Ek is wat Ek is". Toe het Hy voortgegaan, "So moet jy die kinders van Israel antwoord: Ek is het my na julle gestuur … Dit is my Naam vir ewig, en dit is my gedenknaam van geslag tot geslag" (Ex. 3: 14-15). Die term "Ek is" is deel van die naam "Jahweh", as die ewige wese, wat self-bestaande is. Hy is altyd die Ek is, maak nie saak hoe, waar en wanneer Hy Homself bekend maak nie. Ook toe Hy uit die gees-liggaam in die vlees-liggaam gekom het, toe Hy die nuwe-testamentiese naam "Jahshua" (Jesus), wat "Jahweh-Verlosser" beteken, gedra het, bly Hy steeds altyd die Ek is. So kry ons dit tot met die laaste hoofstuk van die Nuwe Testament: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste" (vers 13).
Slegs vir diegene wie die wyse van God se openbaring in die Ou Testament erken, is dit moontlik om Hom in die nuwe Testament te sien. Dit is basies-gesproke tog altyd dieselfde God en Here, maar met die onderskeid dat Hy in die Ou Testament in ‘n gees-liggaam was en in die Nuwe Testament in ‘n vlees-liggaam sigbaar verskyn het.
In Sy wese is God Gees (Joh. 4:24). Niemand het Hom as Gees gesien nie (Joh. 1:18; IJoh. 4:2). Hy word dus die "onsigbare God" genoem (ITim. 1:17; ITim. 6:16). Wie God in die Ou Testament gesien het, het Hom gesien as die Here, as Jahweh, en wie God in die Nuwe Testament wil sien, moet Hom as Here, as Immanuel —God met ons— sien. So het die Vader Homself in die Seun geopenbaar — God, die Gees, as die Here in ‘n menslike liggaam. Al die beskrywings wat na God verwys, die vind ons ook met verwysing na die Here.
In die Ou Testament het die Vader-Seun verhouding nog nie bestaan nie. Dit was slegs in profesie voorspel. Geen profeet het God aangespreek as "Hemelse Vader" nie; niemand het hulle tot die Seun van God gewend gedurende die 4,000 jare van die Ou Testament nie. Daar was ook nie ‘n enkele gesprek tussen Vader en Seun nie, omdat so ‘n verhouding feitlik nog nie bestaan het nie. Dit was God die Here met wie die volk van Israel 'n verhouding gehad het en na wie hulle hulself gewend het.
Maar reeds in Génesis 1 vers 27 kom ons agter dat die onsigbare God op twee maniere na vore gekom het. Die een ware God het Homself reg in die begin, in die skepping, sigbaar gemaak in die vorm van ‘n mens, daarom is daar geskrywe: "God het die mens geskape na sy beeld"; en tweedens het die Gees van God op die waters gesweef. Niemand het dit toegeskryf daaraan dat van verskeie persone gepraat word nie. As ‘n mens wil, kan jy van die begin af die manier sien hoe God Homself op verskillende maniere geopenbaar het. Die menigte manifestasies van God in die Ou Testament word in geskoolde taal "teofanies" of godsverskynings genoem; in die nuwe het Hy menslike vorm aangeneem.