Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 9 - Die Getuienis van God Self
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die Skrif word ons eerstens God se getuienis oor Homself gegee, tweedens, die getuienis van die profete wat deur Hom gestuur is en derdens die getuienis van die apostels. In die Ou Testament het God homself geopenbaar in geesvorm en het Sy selfopenbaring in die vleeslikheid aangekondig. In die Nuwe Testament word die vervulling en realisering van hierdie belofte betuig.
Dit is nodig om onsself in die Joodse denkwyse en geloof te plaas en vanuit die oorspronklike oogpunt na God te kyk. Dit is slegs die volk Israel aangewys om van die een ware God te getuig. Die Here het Homself aan Abraham, Isak en Jakob geopenbaar as die Almagtige God. Met Moses het die Here van aangesig tot aangesig gepraat (Ex. 33:11). Dwarsdeur die Ou Testament was dit Hebreeuse profete deur wie God gepraat het.
Aangesien God eerste kom, sal Hy Homself eerstens persoonlik met Sy eie woorde voorstel:
"Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê: Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie" (Ex. 20: 1-3).
"Jy self het dit te sien gekry, dat jy kan weet dat die Here God is; daar is geen ander buiten Hom nie" (Deut. 4:35)
"… Daarom moet jy vandag weet en ter harte neem dat die Here God is, bo in die hemel en onder op die aarde; daar is geen ander nie" (Deut. 4:39).
"Aanskou nou dat dit Ek is en dat daar geen god naas My is nie" (Deut. 32:39).
"… sodat julle kan weet en My kan glo en insien dat dit Ek is — voor My is geen God geformeer nie, en ná My sal daar geeneen wees nie" (Jes. 43:10).
"… sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die Here, en daar is geen ander nie" (Jes. 45:6).
"Tog was Ek, die Here, jou God … buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie
Maar ek is die Here jou God … jy ken nie 'n god behalwe ek nie, en daar is geen helper behalwe My nie" (Hos. 13:4)
Hier volg 'n paar Skrifte uit die Nuwe Testament om aanhalings uit die Ou Testament te bevestig:
"Hoor, Israel, die Here, onse God, is 'n enige Here … Meester, U het met waarheid gesê dat God een is en daar geen ander is as Hy nie" (Mark. 12: 29+32).
"… aangesien dit inderdaad een God is …" (Rom. 3:30)
"tog is daar vir ons maar een God" (IKor. 8:6)
"En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een" (Gal. 3:20)
"… die onverderflike, onsienlike, alleenwyse God, kom toe die eer en die heerlikheid tot in alle ewigheid. Amen" (ITim. 1:17)
"Want daar is een God" (ITim. 2:5)
"Jy glo dat God één is. Jy doen goed …" (Jak. 2:19)
"… aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majes-teit, krag en mag, nou en tot in alle ewigheid! Amen" (Jud. 25)
Die profetiese woord van die Ou Testament, en die apostoliese woord van die Nuwe Testament, getuig dieselfde. Daar is op geen stadium enige sprake van 'n "drie-enige" of ‘n "twee-enige" god, of van ‘n "Ewige Seun" nie. As die bybelse leer en kennis oor God opgeneem was, sou dit ons die baie volumes oor die tema "Die Heilige Drie-Eenheid" gespaar het. Die sogenaamde "Heilige Drie-eenheid" of "Heilige Drie-voudigheid", het, volgens die getuienis van die heilige Skrif, nooit bestaan nie, selfs nie vandag nie, en sal ook in ewigheid nooit bestaan nie.
Daar is net een God wat Homself as Vader, Seun en Heilige Gees geopenbaar het. God is en bly altyd die finale, en wat van Hom af uitgegaan het, is verwant aan Hom: Seun van God, Woord van God, Gees van God, ensovoorts. Seun, Woord, Gees, ens., het God as uitgangspunt. Maar God het nie een nie, omdat Hy die enigste is, die Ewige — Hy is die oorsprong, die uitgangspunt en die verwysingspunt, die alles in alles.
Die Nuwe Testament gaan verder: "… tog is daar vir ons maar een God, die Vader uit wie alles is, en ons tot Hom, en een Here Jesus Christus deur wie alles is, en ons deur Hom" (IKor. 8:6). In hierdie bybel-gedeelte word getoon, dat daar net een Skepper en een skepping is, alhoewel Hy eenmaal as God en andermaal as Here aangespreek word.
So word die 'drie-persoon' God, soos hy sedert die 4de eeu in die verbeelding van die mens bestaan, in talle publikasies voorgestel. Wat sien jy in hierdie foto's? Een of drie mense? Die een foto wys die vader met die septer, die seun met die kruis en die heilige gees as 'n duif, die ander stel die Godheid voor as drie gelyke persone. Beide konsepte is vreemd aan beide die Ou en die Nuwe Testament.