Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 10 - Die Gees-liggaamlikheid van God
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die oneindige ewigheid was God alleen. God is Gees. God is lig. God is lewe. In hierdie volheid van Gees en lig, was Hy aanvanklik alleen. Niemand het Hom ooit so gesien nie. Kom ons begin waar God se handelinge aan ons getuig word, aan die begin. "In die begin het God die hemel en die aarde geskape" (Gén. 1:1). Uit die nuwe-testamentiese oogpunt word terugblikkend getuig: "In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God" (Joh. 1:1). Met hierdie vers word die een beskryf wat begin het om Homself te openbaar buite die ewige volheid van lig, naamlik God as logos — Jahweh, die handelende en wandelende, wat later vlees geword het en die Seun-figuur aangeneem het. Soos Jahweh, was Hy langs Elohim, buite die volheid van Gees en lig. Daarom sê dit: "Hy was in die begin by God" (vers 2), nie in alle ewigheid nie, omdat ewigheid geen begin het nie. Daarmee weet almal dat dit gaan oor Jahweh, die Skepper. Daarom word dit verder in vers 3 gesê met verwysing na die Woord, die Logos: "Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie". In hierdie konteks moet dan ook Kolossense 1, vers 16 gesien kan word: "… want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte — alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape".
Aan die begin van die skeppingsproses was die aarde woes (tohu) en leeg (bohu). Dit het nog geen vorm gehad nie, geen lewe nie. Duisternis was oor die dieptes. Die oomblik toe God met die skepping begin het, het die Gees van God oor die dieptes gesweef. Die Woord (Logos) en die Gees van God het van die begin af harmonieus saamgewerk in die skeppings- en verlossingsproses. Die skepping het deur die gesproke woord tot stand gekom. Maar die lewe kon net deur die medewerking van die Gees geskied. God het gepreek, en dit was so. Hy het gesê: "Laat daar Lig wees!" (Gén. 1:3), en daar was lig. Alles wat God gesê het, het gebeur. In Sy Woord is skeppende krag.
In daardie aanvanklike begin het God, soos reeds genoem, uit Sy volheid gekom in ‘n gestalte as Jahweh: "En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape" (Gén. 1:27). Die sigbare vorm van God is die figuur van 'n man: "en op die troon-gestalte 'n gestalte wat soos 'n mens gelyk het …" (Esé. 1:26; Openb. 4:2).
God is 'n persoon; Hy het in hierdie vorm in die tuin van Eden gekom en met die eerste mense gepraat. In Génesis 18 besoek Hy Abraham: "Daarna het die Here aan hom verskyn by die terpentynbome van Mamre terwyl hy by die ingang van die tent sit op die warmste van die dag. Toe hy sy oë opslaan en kyk, staan daar drie manne voor hom …" (verse 1-2). Toe vind daar ‘n gesprek plaas tussen die Here en Abraham. Die twee engele wat die Here vergesel het, het later na Sodom gegaan (Génesis 19). Die feit dat God Homself manifesteer in die vorm van 'n geestelike liggaam word deurgans die Ou Testament bevestig. Jakob het met Hom geworstel, Hom omhels en het selfs 'n hou van Hom op die heup gekry, dat hy mank was (Gén. 32: 22-32, Hos. 12: 4-6). Die Here God was en is vir almal aan wie Hy Homself openbaar en met wie Hy praat, die grootste werklikheid wat daar bestaan.
Die tweede punt, wat ter sprake kom in die verslag oor die skeppingswerk, is dat ook engele die vorm van 'n man het, soos die Heilige Skrif baie kere getuig. Daniël berig: "en kyk, daar het iemand voor my gestaan wat soos 'n man gelyk het. En ek het 'n mensestem gehoor uit die Ulai wat geroep en gesê het: Gabriël, laat hierdie een die gesig verstaan!" (Hoofstuk 8, verse 15-16). In hoofstuk 9 vers 21 getuig hy: "… terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabriël wat ek, uitgeput van vermoeienis, 'n vorige keer in die gesig gesien het …".
Dat die Here self en die engele die vorm van 'n man het, is so vêr van groot beduidenis, en ons het daarmee 'n onfeilbare antwoord op Génesis 1 vers 26. Dit sê: "En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld …". Van die begin af was God omring deur engele wie in dieselfde vorm as Hy was. Vir Job het Hy gesê: "Waar was jy toe Ek die aarde gegrond het? … Waar is sy fondamentklippe op ingesink? …Toe die môre-sterre saam gejubel en al die seuns (of engele — Menge) van God gejuig het?" (Job 38: 4-7). Hier word bevestig deur die Woord van God dat die hemelse leërskare teenwoordig was toe God die aarde geskape het. Hy het met hulle gepraat: "Laat ons mense maak …". Die interpretasie dat daar met persone in die godheid gepraat was, is glad nie so nie. Geen profeet en geen apostel het dit ooit so uitgelê nie. Soos die profeet Jesaja die heerlikheid van God aanskou het, het Hy ook die Here op die troon gesien, omring van die hemelse leërskare. Toe het hy die stem van die Here gehoor sê: "Wie sal Ek stuur? En wie sal vir ons gaan?" (Hoofstuk 6 vers 8).
Die profeet Miga berig ook oor 'n soortgelyke ervaring. Hy getuig: "Ek het die Here sien sit op sy troon, terwyl al die hemelse leërskare aan sy regter- en sy linkerhand staan" (IIKron. 18:18). Toe die Here God 'n einde wou maak aan die toring van Babel, het Hy gesê: "Kom, laat ons neerdaal en hulle taal daar verwar" (Gén. 11:7). Hy het altyd met die engele om Hom gepraat. Die 'ons' is nie in die Ou Testament deur die profete óf in die Nuwe Testament deur die apostels, in verband met die Godheid, geïnterpreteer nie.
Die groot verborgenheid wat niemand kan verklaar nie, bestaan daarin, dat die Here God in die Nuwe Testament uit Sy geestelike liggaam in die vlees gekom het, Homself heeltemal geledig en mens geword het. Eerstens was Adam in die geestelike liggaam geskep, naamlik in die beeld van God (Gén. 1:27). In Hoofstuk 2 word vertel dat Adam toe daarna uit die aarde gevorm is. Dit is hoe hy 'n aardse lewende siels-wese geword het. In die geestelike liggaam was Eva alreeds in hom. Sy was eers uit hom gehaal nadat hy in die vlees-liggaam geskep is. Net so was die Gemeente reeds in God, toe Hy in die geestelike liggaam was. Dit was net uit Hom gehaal toe Hy in die vleesliggaam verskyn het.
Die mens was nie ongehoorsaam en geval in die geestelike liggaam nie, maar in die vleesliggaam. Hy moes verlos word uit hierdie gevalle toestand en na onsterflikheid terugkeer. Daarom moes die Here in vlees kom (Kol. 1:22), om net soos ons te word en die prys vir ons verlossing te betaal, sodat ons weer seuns en dogters van God kan word. Daar het 'n nuwe begin plaasgevind, 'n nuwe skepping.