Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 11 - Die Heerlikheid van Die Here
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Op ‘n dag het die Here God aan Moses verskyn as 'n vurige vlam in ‘n doringbos. Op die berg Sinai het Hy in vuur neergedaal, begelei van donderslae, blitse en trompet geklank. Die hele volk het Sy magtige stem gehoor (Exodus 19 en 20). "Daarop het Moses opgeklim met Aäron, Nadab en Abíhu en sewentig van die oudstes van Israel. En hulle het die God van Israel gesien, en onder sy voete net soos 'n vloerwerk van saffierstene en so helder soos die hemel self. Maar Hy het sy hand nie na die uitgesoektes van die kinders van Israel uitgestrek nie, en hulle het God aanskou; daarop het hulle geëet en gedrink" (Ex. 24: 9-11). 'n Hele volk het ervaar hoe die lewende God Homself op aarde manifesteer. Net enkele individue was egter toegelaat om in Sy direkte teenwoor-digheid te kom, en die Here God te sien in 'n gestalte wat hulle kon beskryf.
Kort daarna het Moses die berg opgeklim om die Here God te ontmoet. "Toe Moses die berg opklim, het 'n wolk die berg oordek. En die heerlikheid van die Here het op die berg Sinai gebly, en die wolk het dit ses dae lank oordek. En op die sewende dag het Hy na Moses geroep uit die wolk. En die verskyning van die Here se heerlikheid was in die oë van die kinders van Israel soos 'n verterende vuur op die top van die berg" (Ex. 24: 15-17). Wanneer daar altyd van die "Heerlikheid van die Here" gepraat word, bedoel dit die "Shekinah", die Hebreeuse woord vir die sigbare, wolkagtige lig, deurdring met prag, en ‘n majestieuse vorm. Die "Shekinah" self is die teenwoordigheid van die Here op ‘n bonatuurlike sigbare wyse. Dis op hierdie manier wat die Here sigbaar was vir die hele Israel, gedurende die veertigjaar-lange wandeling, toe Hy neergedaal het op die tent van samekoms om met Moses te praat. Bedags was dit ‘n wolkkolom, en snags 'n enorme vuurkolom.
Ander manne van God het ook hierdie "Shekinah" heerlikheid gesien. "En toe die priesters uit die heiligdom uitgaan, het die wolk die huis van die Here vervul. En die priesters kon vanweë die wolk nie staan om diens te doen nie, want die heerlikheid van die Here het die huis van die Here vervul" (IKon. 8: 10-11).
Die profeet Jesaja het die Here op die troon gesien en die serafs gehoor uitroep: "Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van sy heerlikheid vol!" (Jes. 6:3).
Die profeet Eségiël kon ook die Here sien. Hy rapporteer: "… het ek iets gesien soos vuur met 'n glans daaromheen. Soos die gedaante van die boog wat in die wolk is op 'n reëndag, so het die glans rondom gelyk. So het die verskyning van die heerlikheid van die Here gelyk …" (Esé. 1: 27b-28).
Die oorgang vanaf die Ou na die Nuwe Testament is so perfek soos net God dit kan uitwerk. Toe die Here mens geword het, het dieselfde "Shekinah" gekom: "En meteens staan daar 'n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig" (Luk. 2:9). Op die Berg van Verheerliking het dieselfde gebeur: "Terwyl hy nog spreek, oordek 'n helderligte wolk hulle meteens en daar sê 'n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het. Luister na Hom! En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie" (Matt. 17: 5+9).
In die hoëpriesterlike gebed sê dit: "En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was" (Joh. 17:5). Voordat die wêreld gevorm was, het Hy uit God gekom as die Logos-Jahweh, en met daardie glorie is Jahshua verheerlik. Dieselfde ervaring word belowe aan die verlostes! "Ek het hulle die heerlikheid gegee wat U My gegee het, sodat hulle een kan wees net soos Ons een is" (vers 22). Die voleinding word soos volg aan ons beskrywe: "Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle my heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld" (vers 24). Hy het ons ook liefgehad en gekies alreeds voor die grondlegging van die wêreld (Efé. 1: 4-5).