Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 12 - … Van God Uitgegaan

« »

Christus word ook die begin van die skepping van God genoem (Openb. 3:14). Adam was 'n geskape seun van God, Christus 'n gebore Seun. Adam was in die beeld van God as 'n geskapene; Christus was die beeld van God, uit die wese van God. Adam het dieselfde vorm as die Here God (Elohim-Jahweh) gehad, maar het nie Sy wese gehad nie, nie die natuur van God nie: Hy het nie van God uitgegaan nie. Maar God wou seuns en dogters uit Homself voortbring, wie Sy wese het, Sy natuur dra. Die eniggebore Seun het uit God uitgegaan, en met Hom — die eerste-geborene — het die goddelike geslag begin.

Jahweh was God self; Hy was die Ek Is, die Ewige, die Logos, wat werkstellig mens geword het. Dit wat byna alle teoloë geïgnoreer het, is eintlik die kern, naamlik dat soos Jahweh uit die volheid van God gekom het, het die Seun, wie Jahweh self is, uit die Vader uitgegaan:

"As God julle Vader was, sou julle My liefhê, want Ek het uit God uitgegaan …". (Joh. 8:42)

"… want die Vader self het julle lief, omdat julle My liefgehad en geglo het dat Ek van God uitgegaan het". (Joh. 16:27)

"Want die woorde wat U My gegee het, het Ek aan hulle gegee; en hulle het dit ontvang en waarlik erken dat Ek van U uitgegaan het, en hulle het geglo dat U My gestuur het" (Joh. 17:8)

Met die openbaarmaking van hierdie verborgenheid aan die dissipels, het hulle gesê: "Nou weet ons dat U alles weet en nie nodig het dat iemand U iets vra nie. Daarom glo ons dat U van God uitgegaan het" (Joh. 16:30).

Of dit nou in die Ou of Nuwe Testament is, is dit altyd dieselfde Here: daar in ‘n geestelike liggaam, hier in ‘n vleeslike liggaam. Dit was nie 'n seun van God wat langs God bestaan het, en wat die Seun van God geword het nie. Dit sou 'n paradoks wees. Jesus het van God gekom, is die Seun wat deur die Gees verwek is, en dus in gelyke wese met God is. Hy het God se lewe in Hom gehad, want Hy was God self. Net God alleen kan uit God na vore kom, na Sy soort. Deur Hom het alle seuns en dogters van God ‘n aandeel in die goddelike natuur ontvang (IIPet. 1:4).

In die teologie word die verhouding tussen Vader en Seun en tussen die Seun en die Heilige Gees, ens., sterk beklemtoon, dat dit elkeen gelyk teenoor mekaar gestel word. Watter sin dit moet het, is nie verstaanbaar nie. As filosofie by die teologie aansluit, word dit 'n magiese siklus waaruit diegene wat daarin val, nie maklik kan ontsnap nie. Die bybelse "teologie" bestaan in die besef van die verwesenliking van God se ewige raadsbesluit vir die redding van die mensdom, deur Jesus Christus, onse Here. Dit gaan nie oor die verduideliking van die goddelike openbaring wat noodwendig vir ons redding is nie — Dit gaan oor die noodsaaklike verklaring van die verhouding van God met ons: hoe staan Hy met ons en hoe staan ons teenoor Hom. Dit is die kernpunt. God het Sy verhouding met die mensdom verklaar!

Die lering in die sogenaamde "Geloofsbelydenis van Nicea" is eenvoudig onbybels. Daarin word verklaar: "… God se enige Seun, wat uit die Vader gebore is voor die hele wêreld, God vanaf God, lig van die lig, ware God van die ware God, gebore, nie geskep nie …" —F. Hauss, Väter der Christenheit ("Vaders van die Christendom"), bl. 40. So sou die Vader die Seun in die hemel gebore het. Hoe kan ‘n mens homself dit voorstel? Waar word so 'n gedagte selfs net terloops van getuig in die heilige skrif?

Die Vader het die Seun op aarde gegenereer deur die Gees (Matthéüs 1), wat die begin van 'n nuwe goddelike geslag bewerk het. Volgens die Gees was die Seun God, volgens die vlees was Hy mens, om die mensdom in die goddelike staat te kon plaas. Hy moes menslik wees om te kan sterf; Hy moes God wees om die dood, die hel en die duiwel te verslaan. "God is geopenbaar in die vlees, is geregverdig in die Gees, het verskyn aan engele, is verkondig onder die heidene, is geglo in die wêreld, is opgeneem in heerlikheid" (ITim. 3:16). Paulus het dit nie nodig geag, selfs in die geringste, om hierdie groot verborgenheid te verduidelik nie. Vir hom was die volgende stelling genoeg: "En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot …".

Die verwekking van die Seun het nie in die ewigheid plaasgevind nie en so het dit ook nie gebeur gedurende die duur van die Ou Testament nie, maar soos dit vir ons baie duidelik beskryf word, naamlik in die Nuwe Testament. In die belofte was die term "vandag" gebruik. Alles wat in die Ou Testament in die profesie ingesluit is, was nog in die toekoms. Net die Nuwe Testament bevat die vervulling.

Dit is nie toevallig dat die term "God se besluit" in die volgende vers gebruik word nie: "Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer" (Ps. 2:7). Hebreërs 1 vers 5 lui: "Want aan wie van die engele het Hy ooit gesê: U is My Seun, vandag het Ek U gegenereer?".

Die brief aan die Hebreërs gee hierdie aangekondigde "vandag" as 'n bepaalde dag aan: "… bepaal Hy weer 'n sekere dag, naamlik vandag …" (hoofstuk 4 vers 7). Hierdie "vandag" is die "dag van Heil". "Want Hy sê: "In die tyd van die welbehae het Ek jou verhoor, en in die dag van heil het Ek jou gehelp. Kyk, nou is dit die tyd van die welbehae; kyk, nou is die dag van heil" (IIKor. 6:2; Jes. 49:8). Die skrywer van die boek Hebreërs gee die waarskuwing in vergelyking met die outydse gelowiges, wat nie geglo het nie: "Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie" (Heb. 3:13). Gedurende die volle tyd van genade, wat strek vanaf Sy eerste koms, die "Epifanie" van Christus, tot Sy Wederkoms, die "Parousia" van Christus, leef ons in die "Dag van Heil", die "Vandag" in die Nuwe Testament.

In Romeine 1 verse 3-4 lees ons van die Seun: "… aangaande Sy Seun wat gebore is na die vlees uit die geslag van Dawid en na die Gees van heiligheid met krag verklaar is as die Seun van God deur die opstanding uit die dode". Die opstanding van Christus is die triomfantlike bewys dat Hy die beloofde Seun was en dat Hy Psalm 2 so vervul het. "En ons bring julle die goeie tyding van die belofte wat aan die vaders gedoen is, dat God dit aan ons, hulle kinders, vervul het deur Jesus op te wek, soos daar ook in die tweede Psalm geskrywe is: U is my Seun, vandag het Ek U gegenereer" (Hand. 13: 32-33).

Maria het aan die engel Gabriël, wat aan haar die goddelike boodskap van die beloofde Messias gebring het, gesê: "Hoe kan dit wees aangesien ek geen man het nie? En die engel antwoord en sê vir haar: Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom ook sal die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word" (Luk. 1: 34-35). Volgens die getuienis van die Heilige Skrif is dit nie God nie, maar Maria wat die seun gebore het.

Maria word nie vir hulde en bewondering in die Bybel aangebied nie. Deur haar voorbeeld — van geloof en gehoorsaamheid — word aangetoon dat die mens absoluut niks te doen het met die goddelike skepping nie. Die Seun van die mens, Jesus, was deur en deur van goddelike afkoms; Maria was net die natuurlike draer van 'n goddelike stof, waarvan die verwekking geheel en al 'n bonatuurlike proses was.

Daar is geen godsdienstige handeling wat God se werking kan vervang nie. In Matthéüs 1 vers 20 lees ons: "… wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees". Alhoewel Hy verwek was deur die Gees, was Jesus nooit die Seun van die Heilige Gees genoem nie, maar wel die Seun van God omdat die Heilige Gees self nie 'n persoon is nie, maar wel die Gees van God. In vers 22 word gesê dat dit die vervulling was van wat God deur die profeet Jesaja aangekondig het: "Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem" (Jes. 7:14).

Met verwysing na die Seun word gesê: "Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting" (Ps. 2:8). Slegs deurdat die Vader Homself in die Seun geopenbaar het en dus ons Verlosser geword het, kan ons gered word. Daarom is die geloof in die Seun van God die absolute en enigste vereiste om gered te word. Slegs daar, waar God versoen is met die mensdom, in Christus, hou die toorn van God op. Geloof in die Seun is tegelyk en alleen geloof in die Vader. "Wie nie die Seun erken nie, verwerp ook die Vader; wie die Seun erken, erken ook die Vader" (IJoh. 2:23 —Menge Bybel). Wie die Godheid van die Seun ontken, het nie God as 'n Vader nie.

Die psalmis praat terselfdertyd van Jahweh en die Seun. "Dien die Here (Jahweh) met vrees en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!" (Ps. 2: 11-12). Geloof in die Seun van God is nodig vir redding, want God het ons verlossing gebring, nie as die Vader nie, maar in die Seun. Daarom is dit geskryf: "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom" (Joh. 3:36).

God leer ons nie oor Homself nie. Hy openbaar Homself aan ons op verskeie maniere. Die dogmatiese formulerings oor die Seun van God vanaf die 4de eeu, is fantasieë. Vir sommige was Hy 'n 'verwekte' God, vir ander 'n 'geskape', en vir ‘n derde groep, 'n 'uit God geborene' God, en dit alles sou voor tyd geskied het, in ewigheid. Wat kan 'n verwekte, 'n geskape, of 'n gebore God ons bevoordeel? Daar is nie so 'n god nie. Die verwekking hou verband met die Seun, dit is die duidelike getuienis van die Skrif, en dit is die eniggebore Seun, wat heeltemal van God af stam. Hy is nie God en Maria se seun nie, Hy is die eniggebore Seun van God. Baie teoloë meen, met die oog op moderne genetika, dat 'n eiersel van Maria 'n goddelike bevrugting ontvang het deur die Heilige Gees! — Maar dan sou die sondige uit die chromosome van die eier in die goddelike geenstruktuur ingevoer word, en dit sou weer gemeng gewees het. Dit is totaal uitgesluit! Eniggeborene beteken dat alles, insluitend die eiersel, van God af kom.

In die profetiese karakter van die Ou Testament, in woord, beeld en in gelykenis-spraak, vind ons die voorspelde openbaring waarvan die realisering nog hangende is. Die getuienis van die Ou Testament was aan die kern van wat as "openbarings" verkondig was (Heb. 3:5). Die profete, deur wie die Gees van God gepraat het, het na die toekoms gekyk; "aan hulle is geopenbaar dat hulle nie vir hulleself nie, maar vir ons die dinge bedien het" (IPet. 1:12). Sedert die een na wie verwys was self mens geword het, het ons met 'n gerealiseerde, vervulde, persoonlike, goddelik-openbaarde Christus te doen. Profete het voorspel wat sou gebeur. Apostels het getuig dat dit gebeur het. Die een wat Homself aangekondig het deur die openbaring van die Woord, het verskyn, en "… in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik" (Kol. 2:9).

Hoe menslike leerstellings kan voortspruit uit goddelike openbarings-woorde en hoe die so majestueuse goddelike openbaring in Christus filosofies-trinitaries geïnterpreteer kon word, is heeltemal onbegryplik. Professor Emil Brunner skryf in Kirchliche Dogmatik ("Kerklike Dogmatiek"): "Net so is die konsep van die drie persone egter meer as twyfel-agtig. Augustinus het dit reeds al aangevoer", volgens De Trinitate (The Trinity), Vol. 5, bl. 9. Dit lyk of hierdie kommer ook deur K. Barth gedeel was (Vol. 1.1, bl. 703 van Kirchliche Dogmatik): "Jy moet jou gedagtes beveel om te dink: 'Jy moet hierdie drie persone as een beskou' — maar dit help niks: daar bly nog 'n twyfeling tussen trinitarisme en monoteïsme. Nie net die konsep van die stoflikheid nie, maar ook die konsep van die 'persoon' as sulks, moet die verborgenheid van die eenheid aandui en die openbaring ontsluit van hoe Hy Homself openbaar. Maar die samestelling van die drie persone is as gevolg van die feit dat die historiese denke nie die verlossingsplan in ag geneem het ​​nie. Dit het gegaan oor die voortreflike agtergrond van hul openbaring; die innerlike trinitêre lewe was die hoofdoel van die besinning; dit is die diepe onbybelse 'drie-eenheid' leerstelling van die Kerk" —E. Brunner: Kirchliche Dogmatik, Vol. 1, bl. 243-244.

Die profete en apostels het nie 'n 'drie-eenheid' geken nie, daarom staan ​​die formulering "drie-enige God", nie een keer in die Bybel nie. Hoe kan drie persone, wat ooreenstemmend is, dan 'n god wees? Dit kan regtig net as ‘n bybels-vreemde en heidense leer beskou word. Die een, ware, ewige God het Homself op drie maniere geopenbaar: in die hemel as Vader, op aarde in die Seun en deur die Heilige Gees. Dit is die getuienis van die Heilige Skrif. God word gehoor van profete en apostels wat Hom ervaar en gesien het, en Hom bekend is en dus verkondig soos Hy Homself geopenbaar het. Teoloë het God onderstebo gedraai en uit een, drie gemaak. Die oorweldigende meerderheid van hulle gee toe dat die Bybel die 'drie-eenheidsleer' glad nie ken nie, en tog verdedig hulle dit. Hoe is dit dan moontlik?

Dit bly vir ewig waar wat die Here gesê het: "… en niemand ken die Seun nie, behalwe die Vader; ook ken niemand die Vader nie, behalwe die Seun en elkeen aan wie die Seun dit wil openbaar" (Matt. 11:27).