Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 13 - Die Naam van die Here

« »

Nadat die Here God die Tien Gebooie gegee het, het Hy in dieselfde hoofstuk die baie belangrike uitspraak gemaak: "Op elke plek waar Ek My Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën" (Ex. 20:24b). Net daar, waar die Here God Sy naam bekend maak, kan daar in Gees en in waarheid in Sy Naam aanbid word. Van die begin af was daar mense aan wie die Here geopenbaar was en aan wie Sy naam bekend was. "En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die Herebegin aanroep" (Gén. 4:26).

Exodus 33 verse 11-23 werp lig op die belangrikheid van God se openbaring en die van Sy Naam. Waar die Here ookal praat en genade gee, openbaar Hy ook Sy naam. Met Moses het die Here van aangesig tot aangesig gepraat. Hy het die begeerte gehad om die heerlikheid van God te sien, en die Here het geantwoord: "Ek sal al My majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die Here uitroep" (Ex. 33: 18-19). God bly nie die Onbekende, Verborgene nie. Hy verskyn as die Een wat Homself bekend maak, om Sy naam te openbaar.

Die openbaring van die naam van die Here God, kan nie oorbeklemtoon word nie. Die Here het Moses beveel: "Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet hulle dan My Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën" (Num. 6: 23-27).

Deur die eeue heen was God nie met titels aangespreek nie, maar met Sy naam. Of mense Hom aangeroep het, of vir hom opgetree het, was dit in Sy naam. Dit geld gelyk vir die Ou en die Nuwe Testament.

Dit is die "fundamentele wet" van God dat Hy slegs gesoek, gevind en aanbid mag word in die plek waar Hy Homself en Sy Naam openbaar: "… maar die plek wat die Here julle God uit al julle stamme sal uitkies om Sy naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom" (Deut. 12:5).

In die toewydingsgebed vir die tempel het Salomo uitdrukkking gegee: "… sodat al die volke van die aarde U Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat U Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het" (IKon. 8:43).

"Daarom sal my volk My Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!" (Jes. 52:6).

Dieselfde Een wat aan Moses gesê het, "Ek is het my na julle gestuur" (Ex. 3:14), maak dieselfde stelling aan die volk van Israel by die berg Sinai: "Ek is die Here (Jahweh), jou God (Elohim), wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het" (Ex. 20: 1-2). Die profeet Jesaja beklemtoon hierdie naam: "Ek, die Here (Jahweh), die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde" (Jes. 41:4). "Ek is die Here, dit is My Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie" (Jes. 42:8). "Ek, Ek is die Here (Jahweh), en daar is geen Heiland buiten My nie" (Jes. 43: 11-12). "So sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser, die Here van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie" (Jes. 44:6). "Ek is die Here wat alles volbring" (v.24). Hoofstuk 45 sê: "Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; … Ek is die Here, en daar is geen ander nie" (vv. 5-6). "… dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste. Ook het My hand die aarde gegrond, en My regterhand die hemele uitgesprei" (Jes. 48: 12-13).

Regdeur die Ou Testament het mense die naam van die Here geken en God in daardie naam aangeroep en geprys. Met die oorgang na die Nuwe Testament word dit ook baie duidelik beskryf: "… en jy moet Hom Jesus (Jahshua) noem" (Matt. 1:21). Hy was gebore as die Redder, wat Christus is, die Messias, die Here (Luk. 2:11). Maar Sy naam het Hy eers ontvang by die besnyding, wat soos dit die gewoonte was, op die agtste dag plaasgevind het (Luk. 2:21).

Ook in die Nuwe Testament gaan dit nie net oor die manier waarop God Homself openbaar as Vader in die hemel, in die Seun op aarde en in die Gemeente deur die Heilige Gees nie; dit gaan oor een naam, waarin alleen redding en verlossing is, waarin alleen ons God kan aanspreek. God het net een plek op aarde geopenbaar vir ons verlossing, dit is in Jesus Christus, onse Here. Wie God wil vind, moet Hom soek waar Hy Homself laat vind, en sien waar Hy te siene is en luister daar waar Hy gehoor kan word, naamlik daar waar Hy Sy naam geplaas en geopenbaar het. Die enigste persoonlike ontmoetings-plek van God met die mensdom, en dus dan ook van die mensdom met God, is in Jesus Christus, onse Here.

Waarom die geleerdes van Jahweh 'Jehovah' en van Jahshua 'Jesus' gemaak het, en ook ander soortgelyke begrippe, bly onbegryplik. Die Hebreeuse letters vir die naam van die Here — JHWH — moet in die Ou- en in die Nuwe Testament dieselfde wees. Hulle laat geen arbitrêre formulering toe nie. "Jah" is die verkorte vorm van Jahweh-Here, soos "El" die verkorte vorm van Elohim-God is. Die woord Hallelu-Jah beteken: Loof Jahweh. Jesaja beteken: Jahweh is verlossing. "Jah-shua" beteken Jahweh-Verlosser, ensovoorts. Die Here openbaar Homself as die God van Israel. Die woord Isra-El beteken God se vegter; Isma-El beteken: God hoor; Immanu-El beteken: God met ons, ens. Waar die Here God Homself openbaar, kondig Hy Homself en Sy naam aan. Slegs in daardie naam kan ons Hom aanbid.

Die "Ek is" wat in die Ou Testament na God verwys, is op 'n baie spesiale manier deur onse Here in die Nuwe Testament beklemtoon. "Ek is die brood van die lewe" (Joh. 6:48). "Ek is die lig van die wêreld" (Joh. 8:12). "Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe" (v.24). Hierdie twee verse uit hoofstuk 8 is van die uiterste belang. "Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek" (vv. 57-58). "Ek is die goeie Herder …" (Joh. 10:14). "Ek is die opstanding en die lewe …" (Joh. 11:25). "Ek is die ware wynstok" (Joh. 15:1), ens, ens.

Onse Here is alles in alles. Daarom kon Hy met die "Ek Is", alles wat Hy was is en sal wees, fondamenteel verbind. Vergelyk veral die gedeeltes van die profeet Jesaja, waarin dit duidelik van die Here, van Jahweh gepraat word, wat Homself bekend stel as die Eerste en die Laaste, en steek dan die brug oor na die Nuwe Testament, waar die Opgestane en die terugkerende Verlosser spreek: "Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste …" (Openb. 1:17). "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:8). Niemand is voor Hom nie en niemand sal na Hom wees nie. Daar is net een Almagtige.

Die Seun sê: "Ek het gekom in die Naam van my Vader" (Joh. 5:43). Hy het gevra: "Vader, verheerlik U Naam!" (Joh. 12:28). Aangaande Sy volk het Hy gesê: "Ek het U Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het" (Joh. 17:6). Dit is duidelik dat die Here, soos dit ook aards is, Homself by naam voorgestel het, slegs aan diegene wie 'n persoonlike ontmoeting, dws, 'n ware ervaring met Hom gehad het. Ons sien dit veral in Paulus se verhaal van bekering: "En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg" (Hand. 9:5).

Hy het ook gevra: "Heilige Vader, bewaar in U Naam die wat U My gegee het" (Joh. 17:11). Die naam van die Vader is ook die naam van die Seun. Hy beklemtoon weer: "En Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak …" (v.26). Hy doen dit tot vandag nog. Hy openbaar die naam Jesus. Waar hierdie naam nie in Sy goddelike betekenis bekend is nie, is mense net in 'n vroom, onbybelse tradisie.

"Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word …" (Matt. 6:9). Soos ons kan sien, is die Naam van die Vader, die Naam van die Seun, "… namate Hy 'n voortrefliker naam geërf het as hulle" (Heb. 1:4).

Ewige lewe is net in Sy Naam (Joh. 20:31). Ook is vergifnis van sondes alleen in Sy Naam (Hand. 10:43). Basies alles wat God gee en doen, geskied in die naam van Jesus, waarin Hy Homself openbaar. Net so gebruik geen dienskneg God se titel of ‘n formule nie, maar altyd die naam. Volgens Kolossense 3 vers 17, geld dit vir alle gelowiges: "En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom".

Daar kom die dag wanneer in die naam van Jesus – Jahshua, elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Hy die Here – Jahweh is (Fil. 2: 10-11). In Openbaring 21 word gesê: "Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie … want die eerste dinge het verbygegaan. En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees" (verse 3-7).

Nadat die Here God die Tien Gebooie gegee het, het Hy in dieselfde hoofstuk die baie belangrike uitspraak gemaak: "Op elke plek waar Ek My Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën" (Ex. 20:24b). Net daar, waar die Here God Sy naam bekend maak, kan daar in Gees en in waarheid in Sy Naam aanbid word. Van die begin af was daar mense aan wie die Here geopenbaar was en aan wie Sy naam bekend was. "En ook vir Set is 'n seun gebore, wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die Herebegin aanroep" (Gén. 4:26).

Exodus 33 verse 11-23 werp lig op die belangrikheid van God se openbaring en die van Sy Naam. Waar die Here ookal praat en genade gee, openbaar Hy ook Sy naam. Met Moses het die Here van aangesig tot aangesig gepraat. Hy het die begeerte gehad om die heerlikheid van God te sien, en die Here het geantwoord: "Ek sal al My majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die Here uitroep" (Ex. 33: 18-19). God bly nie die Onbekende, Verborgene nie. Hy verskyn as die Een wat Homself bekend maak, om Sy naam te openbaar. 

Die openbaring van die naam van die Here God, kan nie oorbeklemtoon word nie. Die Here het Moses beveel: "Spreek met Aäron en sy seuns en sê: So moet julle die kinders van Israel seën deur vir hulle te sê: Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee. So moet hulle dan My Naam op die kinders van Israel lê; en Ék sal hulle seën" (Num. 6: 23-27).

Deur die eeue heen was God nie met titels aangespreek nie, maar met Sy naam. Of mense Hom aangeroep het, of vir hom opgetree het, was dit in Sy naam. Dit geld gelyk vir die Ou en die Nuwe Testament.

Dit is die "fundamentele wet" van God dat Hy slegs gesoek, gevind en aanbid mag word in die plek waar Hy Homself en Sy Naam openbaar: "… maar die plek wat die Here julle God uit al julle stamme sal uitkies om Sy naam daar te vestig om daar te woon, moet julle opsoek en daarheen moet jy kom" (Deut. 12:5).

In die toewydingsgebed vir die tempel het Salomo uitdrukkking gegee: "… sodat al die volke van die aarde U Naam mag ken, om U te vrees soos u volk Israel, en mag gewaar word dat U Naam uitgeroep is oor hierdie huis wat ek gebou het" (IKon. 8:43).

"Daarom sal my volk My Naam leer ken; daarom sal hulle weet op dié dag dat dit Ek is wat spreek: Hier is Ek!" (Jes. 52:6).

Dieselfde Een wat aan Moses gesê het, "Ek is het my na julle gestuur" (Ex. 3:14), maak dieselfde stelling aan die volk van Israel by die berg Sinai: "Ek is die Here(Jahweh), jou God (Elohim), wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het" (Ex. 20: 1-2). Die profeet Jesaja beklemtoon hierdie naam: "Ek, die Here(Jahweh), die Eerste, en by die laaste is Ek dieselfde" (Jes. 41:4). "Ek is die Here, dit is My Naam; en my eer sal Ek aan geen ander gee, of ook my lof aan die gesnede beelde nie" (Jes. 42:8). "Ek, Ek is die Here(Jahweh), en daar is geen Heiland buiten My nie" (Jes. 43: 11-12). "So sê die Here, die Koning van Israel en sy Losser, die Here van die leërskare: Ek is die Eerste, en Ek is die Laaste, en buiten My is daar geen God nie" (Jes. 44:6). "Ek is die Here wat alles volbring" (v.24). Hoofstuk 45 sê: "Ek is die Here, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; … Ek is die Here, en daar is geen ander nie" (vv. 5-6). "… dit is Ek; Ek is die Eerste, ook is Ek die Laaste. Ook het My hand die aarde gegrond, en My regterhand die hemele uitgesprei" (Jes. 48: 12-13).

Regdeur die Ou Testament het mense die naam van die Here geken en God in daardie naam aangeroep en geprys. Met die oorgang na die Nuwe Testament word dit ook baie duidelik beskryf: "… en jy moet Hom Jesus (Jahshua) noem" (Matt. 1:21). Hy was gebore as die Redder, wat Christus is, die Messias, die Here (Luk. 2:11). Maar Sy naam het Hy eers ontvang by die besnyding, wat soos dit die gewoonte was, op die agtste dag plaasgevind het (Luk. 2:21).

Ook in die Nuwe Testament gaan dit nie net oor die manier waarop God Homself openbaar as Vader in die hemel, in die Seun op aarde en in die Gemeente deur die Heilige Gees nie; dit gaan oor een naam, waarin alleen redding en verlossing is, waarin alleen ons God kan aanspreek. God het net een plek op aarde geopenbaar vir ons verlossing, dit is in Jesus Christus, onse Here. Wie God wil vind, moet Hom soek waar Hy Homself laat vind, en sien waar Hy te siene is en luister daar waar Hy gehoor kan word, naamlik daar waar Hy Sy naam geplaas en geopenbaar het. Die enigste persoonlike ontmoetings-plek van God met die mensdom, en dus dan ook van die mensdom met God, is in Jesus Christus, onse Here.

Waarom die geleerdes van Jahweh 'Jehovah' en van Jahshua 'Jesus' gemaak het, en ook ander soortgelyke begrippe, bly onbegryplik. Die Hebreeuse letters vir die naam van die Here — JHWH — moet in die Ou- en in die Nuwe Testament dieselfde wees. Hulle laat geen arbitrêre formulering toe nie. "Jah" is die verkorte vorm van Jahweh-Here, soos "El" die verkorte vorm van Elohim-God is. Die woord Hallelu-Jah beteken: Loof Jahweh. Jesaja beteken: Jahweh is verlossing. "Jah-shua" beteken Jahweh-Verlosser, ensovoorts. Die Here openbaar Homself as die God van Israel. Die woord Isra-El beteken God se vegter; Isma-El beteken: God hoor; Immanu-El beteken: God met ons, ens. Waar die Here God Homself openbaar, kondig Hy Homself en Sy naam aan. Slegs in daardie naam kan ons Hom aanbid.

Die "Ek is" wat in die Ou Testament na God verwys, is op 'n baie spesiale manier deur onse Here in die Nuwe Testament beklemtoon. "Ek is die brood van die lewe" (Joh. 6:48). "Ek is die lig van die wêreld" (Joh. 8:12). "Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe" (v.24). Hierdie twee verse uit hoofstuk 8 is van die uiterste belang. "Toe sê die Jode vir Hom: U is nog nie vyftig jaar oud nie, en het U Abraham gesien? Jesus sê vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, voordat Abraham was, is Ek" (vv. 57-58). "Ek is die goeie Herder …" (Joh. 10:14). "Ek is die opstanding en die lewe …" (Joh. 11:25). "Ek is die ware wynstok" (Joh. 15:1), ens, ens.

Onse Here is alles in alles. Daarom kon Hy met die "Ek Is", alles wat Hy was is en sal wees, fondamenteel verbind. Vergelyk veral die gedeeltes van die profeet Jesaja, waarin dit duidelik van die Here, van Jahweh gepraat word, wat Homself bekend stel as die Eerste en die Laaste, en steek dan die brug oor na die Nuwe Testament, waar die Opgestane en die terugkerende Verlosser spreek: "Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste …" (Openb. 1:17). "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige" (Openb. 1:8). Niemand is voor Hom nie en niemand sal na Hom wees nie. Daar is net een Almagtige.

Die Seun sê: "Ek het gekom in die Naam van my Vader" (Joh. 5:43). Hy het gevra: "Vader, verheerlik U Naam!" (Joh. 12:28). Aangaande Sy volk het Hy gesê: "Ek het U Naam geopenbaar aan die mense wat U My uit die wêreld gegee het" (Joh. 17:6). Dit is duidelik dat die Here, soos dit ook aards is, Homself by naam voorgestel het, slegs aan diegene wie 'n persoonlike ontmoeting, dws, 'n ware ervaring met Hom gehad het. Ons sien dit veral in Paulus se verhaal van bekering: "En hy sê: Wie is U, Here? En die Here antwoord: Ek is Jesus wat jy vervolg" (Hand. 9:5).

Hy het ook gevra: "Heilige Vader, bewaar in U Naam die wat U My gegee het" (Joh. 17:11). Die naam van die Vader is ook die naam van die Seun. Hy beklemtoon weer: "En Ek het U Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak …" (v.26). Hy doen dit tot vandag nog. Hy openbaar die naam Jesus. Waar hierdie naam nie in Sy goddelike betekenis bekend is nie, is mense net in 'n vroom, onbybelse tradisie.

"Só moet julle dan bid: Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word …" (Matt. 6:9). Soos ons kan sien, is die Naam van die Vader, die Naam van die Seun, "… namate Hy'n voortrefliker naam geërf het as hulle" (Heb. 1:4).

Ewige lewe is net in Sy Naam (Joh. 20:31). Ook is vergifnis van sondes alleen in Sy Naam (Hand. 10:43). Basies alles wat God gee en doen, geskied in die naam van Jesus, waarin Hy Homself openbaar. Net so gebruik geen dienskneg God se titel of ‘n formule nie, maar altyd die naam. Volgens Kolossense 3 vers 17, geld dit vir alle gelowiges: "En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom".

Daar kom die dag wanneer in die naam van Jesus – Jahshua, elke knie sal buig en elke tong sal bely dat Hy die Here – Jahweh is (Fil. 2: 10-11). In Openbaring 21 word gesê: "Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God. God sal al die trane van hulle oë afvee, en daar sal geen dood meer wees nie … want die eerste dinge het verbygegaan. En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar. En Hy het vir my gesê: Dit is verby!Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet. Hy wat oorwin, sal alles beërwe; en Ek sal vir hom 'n God wees, en hy sal vir My 'n seun wees" (verse 3-7).