Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Die bybel-gedeeltes wat onderaan gelys word, is bedoel om beide die Godheid en die menslikheid van die Verlosser te demonstreer. Toe Hy in Sy menslikheid aangekondig was, was dit aangemeld deur Hom dat Hy gestuur is. Wanneer daar van Hom gepraat word as van die Here God, word dit gelykertyd berig dat Hy self gekom het. Albei is korrek en het die taak, om die menslike én goddelike sye te regverdig.
Net ná die val het die Here die eerste belofte gegee van die Saad wat deur die vrou sou kom om die slang se kop te vermorsel. Aan die slang het Hy gesê: "En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt" (Gén. 3:15). Dat Christus, die Messias, die saad van die vrou is wat hier aangekondig word, weet elke bybelleser. Hy het derhalwe nooit na Maria verwys as Sy moeder nie, soos ander dit gedoen het nie, maar het haar altyd as "vrou" aangespreek (Joh. 2:4).
"Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok" (Gén. 49: 10-11). "Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin" (Sag. 9:9). In Matthéüs 21, Markus 11, Lukas 19, Johannes 12 word berig hoe Hy volgens hierdie belofte, op Palmsondag as koning in 'n triomfantlike optog Jerusalem ingery het, op die vul van 'n donkie. In Openbaring 5 vers 5 word Hy beskryf as die Leeu uit die stam van Juda.
"'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis" (Deut. 18: 18-19). In die vier evangelies word die Messias omvattend beskryf as 'n Profeet, as Seun van die mens. Petrus, in sy preek in Handelinge 3, verse 22-23, verwys na hierdie genoemde bybel-verwysing as volg: "Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word". Die Messias was die God-profeet, derhalwe is Sy Woord bindend vir almal wat voor God is, want deur Hom het God uiteindelik op aarde gepraat en het die Woord, wat deur die profete aangekondig was, tot vervulling gekom. "… wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel" —Psalm 8 verse 5-7. Die ooreenstemming van die ou-testamentiese profesieë en die nuwe-testamentiese vervulling is oorweldigend: "… Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is" (Fil. 2: 6-10).
"Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil! Ja, Ék sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde" (Ps. 89: 27-28). "Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders" (Rom. 8:29). Voorts sê Hy van die tyd waarin Hy die Eersgeborene weer die menslike wêreld sal laat intree: "En al die engele van God moet Hom aanbid" (Heb. 1:6). "in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naam-lik die vergifnis van die sondes. Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping" (Kol. 1: 14-15). "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword" (IIKor. 5:17). "… die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode …" (Openb. 1:5).
"Daarom sal die Here self aan julle 'n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar en hom Immánuel noem" (Jes. 7:14). "Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees; en sy sal 'n seun baar, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos. En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het" (Matt. 1: 20-22).
"Want 'n Kind is vir ons gebore, 'n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors — tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die leërskare sal dit doen" (Jes. 9: 5-6).
Die Kind wat aan ons gebore is, die Seun wat aan ons gegee is, word terselfdertyd "Sterke God en Ewige Vader" genoem. Beide sye van die Verlosser, die goddelike en die menslike, moes aangekondig word, sodat ons die onderskeie pligte wat Hy moes uitvoer, kon waarneem. Deur dieselfde profeet Jesaja spreek God: "Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. Sê aan die wat vervaard is van hart: Wees sterk, wees nie bevrees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy self sal kom en julle verlos" (Jes. 35: 3-4).
God het nog nooit gesê dat Hy 'n Seun in die hemel het, wie Hy sou stuur nie. Hy het Homself gekom en ons verlos in die Seun. Die erkenningsteken daarvan moet wees: "Dan sal die oë van die blindes geopen en die ore van die dowes ontsluit word. Dan sal die lamme spring soos 'n takbok, en die tong van die stomme sal jubel" (Isa 35: 5-6). Presies wat hier aangekondig is, is vervul in die bediening van Jesus Christus, ons Here: die blindes het gesien en die dowes het gehoor, die verlamdes het geloop en die stommes kon praat (Luk. 7:22)!
In Jesaja hoofstuk 40 word ons vertel: "'n Stem van een wat roep: Berei in die woestyn die weg van die Here (Jahweh), maak gelyk in die wildernis 'n grootpad vir onse God (Elohim)!". "… o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God! Kyk, die Here God (Jahweh – Elohim)sal kom as 'n Sterke, en sy arm sal heers". Jahweh van die Ou Testament is Jahshua (Jesus) van die Nuwe Testament. God het ons Vader oor ons geword, geopenbaar in die Seun onder ons en deur die Heilige Gees in ons. Op hierdie wyse het Hy Sy eie raadsbesluit as Verlosser met die verlostes bewerkstellig.
Die bybel-gedeeltes wat onderaan gelys word, is bedoel om beide die Godheid en die menslikheid van die Verlosser te demonstreer. Toe Hy in Sy menslikheid aangekondig was, was dit aangemeld deur Hom dat Hy gestuur is. Wanneer daar van Hom gepraat word as van die Here God, word dit gelykertyd berig dat Hy self gekom het. Albei is korrek en het die taak, om die menslike én goddelike sye te regverdig.
Net ná die val het die Here die eerste belofte gegee van die Saad wat deur die vrou sou kom om die slang se kop te vermorsel. Aan die slang het Hy gesê: "En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt" (Gén. 3:15). Dat Christus, die Messias, die saad van die vrou is wat hier aangekondig word, weet elke bybelleser. Hy het derhalwe nooit na Maria verwys as Sy moeder nie, soos ander dit gedoen het nie, maar het haar altyd as "vrou" aangespreek (Joh. 2:4).
"Die septer sal van Juda nie wyk nie, nòg die veldheerstaf tussen sy voete uit totdat Silo kom; en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees. Hy maak sy jong esel vas aan die wingerdstok en die vul van sy eselin aan die edelste wynstok" (Gén. 49: 10-11). "Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en 'n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op 'n esel — op 'n jong esel, die vul van 'n eselin" (Sag. 9:9). In Matthéüs 21, Markus 11, Lukas 19, Johannes 12 word berig hoe Hy volgens hierdie belofte, op Palmsondag as koning in 'n triomfantlike optog Jerusalem ingery het, op die vul van 'n donkie. In Openbaring 5 vers 5 word Hy beskryf as die Leeu uit die stam van Juda.
"'n Profeet sal Ek vir hulle verwek uit die midde van hulle broers, soos jy is, en Ek sal my woorde in sy mond lê, en Hy sal aan hulle sê alles wat Ek Hom beveel. En die man wat nie luister na my woorde wat Hy in my Naam spreek nie, van hom sal Ek self rekenskap afeis" (Deut. 18: 18-19). In die vier evangelies word die Messias omvattend beskryf as 'n Profeet, as Seun van die mens. Petrus, in sy preek in Handelinge 3, verse 22-23, verwys na hierdie genoemde bybel-verwysing as volg: "Want Moses het tot die vaders gespreek: Die Here julle God sal vir julle 'n Profeet verwek uit julle broeders net soos ek is; na Hom moet julle luister volgens alles wat Hy met julle sal spreek. En elke siel wat nie na dié Profeet luister nie, sal uit die volk uitgeroei word". Die Messias was die God-profeet, derhalwe is Sy Woord bindend vir almal wat voor God is, want deur Hom het God uiteindelik op aarde gepraat en het die Woord, wat deur die profete aangekondig was, tot vervulling gekom. "… wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel" —Psalm 8 verse 5-7. Die ooreenstemming van die ou-testamentiese profesieë en die nuwe-testamentiese vervulling is oorweldigend: "… Hy, wat in die gestalte van God was, het dit geen roof geag om aan God gelyk te wees nie, maar het Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis. Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is" (Fil. 2: 6-10).
"Hy is dit wat My sal noem: U is my Vader, my God en die rots van my heil! Ja, Ék sal hom 'n eersgeborene maak, die hoogste onder die konings van die aarde" (Ps. 89: 27-28). "Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy dieeersgeborene kan wees onder baie broeders" (Rom. 8:29). Voorts sê Hy van die tyd waarin Hy die Eersgeborene weer die menslike wêreld sal laat intree: "En al die engele van God moet Hom aanbid" (Heb. 1:6). "in wie ons die verlossing het deur sy bloed, naam-lik die vergifnis van die sondes. Hy isdie Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping" (Kol. 1: 14-15). "Daarom, as iemand in Christus is, is hy 'n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword" (IIKor. 5:17). "… die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode …" (Openb. 1:5).