Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Veral in charismatiese en in evangeliese byeenkomste, daar waar emosies hoog loop, word daar herhaaldelik beklemtoon: "Jesus is Here". Maar dit sê nie met sekerheid of Hy werklik in die sin van die Heilige Skrif die Here vir hierdie mense is nie. Hulle wie sê, "Jesus is die Here" sonder dat hulle God daarmee bedoel, het die Here in der daad nog nie op hierdie manier erken nie. Wanneer Jesus in Sy menslikheid beskryf word, dan sien ons Hom eintlik as mens langs God; naamlik, as die Seun van die mens en as profeet, wie uit Homself niks kan doen nie. "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie … Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig, omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het" (Joh. 5: 19 + 30). So dit is dus nie 'n wetende en onwetende, 'n almagtige en hulplose persoon in die Godheid nie, maar die man Jesus Christus, wie nie Sy eie nie, maar die wil van God doen.
Net so beskryf die Heilige Skrif Hom herhaaldelik as die Here, heeltemal tot op Sy majestueuse uitspraak: "Aan My is gegee alle mag in die hemel en op aarde" (Matt. 28:18). In Sy menslikheid word Jesus eintlik as mens, as profeet, as advokaat, as bemiddelaar, as Seun van die mens langs God getoon. So het Stéfanus Hom ook gesien: "Maar hy was vol van die Heilige Gees en het die oë na die hemel gehou en die heerlikheid van God gesien en Jesus wat staan aan die regterhand van God. En hy het gesê: Kyk, ek sien die hemele geopend en die Seun van die mens aan die regterhand van God staan" (Hand. 7: 55-56). Stéfanus het die bonatuurlike glorie gesien, die "Shekinah". In hierdie heerlikheid sal die Seun van die mens terugkom. "En wanneer die Seun van die mens in Sy heerlikheid kom en al die heilige engele saam met Hom, dan sal Hy op Sy heerlike troon sit" (Matt. 25:31).
In hierdie oorweging gaan dit weer oor die presiese kennis en ooreenstemmende formulering. Jesus is nie net 'n Here nie, Hy is die Here. By Sy geboorte is aan die herders gesê: "… dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is" (Luk. 2:11). Dit is presies wat Paulus bedoel as hy skryf: "… en niemand kan sê dat Jesus die Here is nie, behalwe deur die Heilige Gees" (IKor. 12:3b). Dit is altyd dieselfde Gees (vers 4), dieselfde Here (vers 5), dieselfde God (vers 6), tot met die laaste boek van die Bybel.
"Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!" (Openb. 4:8).
"U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag" (Openb. 4:11).
Ongeag van die veelvuldigheid en onderskeidelikheid van die benoem-ings en formulerings, is dit altyd dieselfde handelende God en Here. "… en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid" (Openb. 11:15).
Die 12de hoofstuk van Openbaring spreek in dieselfde konteks van God en sy Gesalfde: "Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus" (Openb. 12:10).
Uiteindelik leer ons presies wie dit is wat die koninkryk aanneem: "Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het" (Openb. 11:17).
Die oorwinnaars-skare het die loflied van die Lam by die see van glas besing, met die woorde: "Groot en wonderlik is U werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is U weë, o Koning van die heiliges!" (Openb. 15:3b).
In die 16de hoofstuk klink 'n stem van die altaar: "Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is U oordele" (vers 7b).
Hierdie grootste van al die geheimenisse is vir die verstand eenvoudig onbegryplik. So sal dit ook bly, want dit is God se wil dat ons Hom nie kan deursoek, nog minder deurgrond nie, nie verklaar of begryp nie. Hy wil hê dat ons Hom met hoogagting sal respekteer en eerbiediging sal gee, wat vir ewig behoue bly.
Jesus Christus was gebore as 'n mens en as kind tot Here-Jahweh, in die tempel te Jerusalem gewy (Luk. 2: 22-24).
Simeon het Hom in sy arms geneem "en God geloof en gesê: Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens U woord" (Luk.2: 28-29).
Volgens Jesaja 9, verse 5-6 is die kind — die Seun — "Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors". As die Seun as 'n mens praat, dan is die Vader groter as Hy (Joh. 14:28). Wanneer Hy as die Here praat, is Hy en die Vader een (Joh. 10:30). Die Vader is in die hemel, die Seun op aarde, maar almal moet kom tot die besef "… dat die Vader in My is, en Ek in Hom" (Joh. 10:38b). Of Hy langs, onder of in die Vader is – alles stem ooreen, regs tot by die verklaring "Hy wat My gesien het, het die Vader gesien …" (Joh. 14:9).
Toe Petrus die bediening van Jesus Christus beskryf het, het hy die volgende formulering gebruik: "… Jesus, die Nasaréner, 'n man deur God vir julle aangewys met kragte en wonders en tekens wat God deur Hom onder julle gedoen het, soos julle ook self weet — Hom, wat deur die bepaalde raad en voorkennis van God oorgelewer is, het julle deur die hande van goddelose manne geneem en gekruisig en omgebring; Hom het God opgewek, nadat Hy die smarte van die dood ontbind het, omdat dit onmoontlik was dat Hy daardeur vasgehou sou word" (Hand. 2: 22-24). Hy was 'n mens; As mens het Hy in die vleesliggaam gesterwe en het die dood oorwin deur die opstanding — sodat ons ook verlos kan word van die liggaam van hierdie dood en in die opstandingsliggaam getransformeer kan word.
Petrus brei verder uit: "Die Here (Jahweh) het gespreek tot my Here (Jahshua): Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God Hom Here en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het" (Hand. 2: 34-36).
Die apostel Paulus het gesê: "Maar ons spreek die wysheid van God, wat bestaan in verborgenheid wat bedek was en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid, wat niemand van die heersers van hierdie wêreld geken het nie … want as hulle dit geken het, sou hulle die Here van die heerlikheid nie gekruisig het nie …" (IKor. 2: 7-8).
In die sesde hoofstuk aan die Korinthiërs, brei hy verder uit: "God het ook die Here opgewek en sal ons opwek deur sy krag" (vers 14).
Enigiemand wat hom tot Christus bekeer, spreek nie die kind aan in die krip of die baba wat in die arms van Maria lê nie, maar die gekruisigde, gestorwe en opgestane Here. Hierdie Here word selfs na Sy opstanding as 'die Gees' aan ons voorgestel. Tot dan, in Johannes 4, vers 24, het ons gelees dat net God Gees is, en diegene wat Hom wil aanbid, moet Hom in Gees en waarheid aanbid. Hier word die Here aan ons voorgestel: "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid" (IIKor. 3:17). Die apostel sê verder: "En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in 'n spieël die heerlikheid (Shekinah) van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is" (IIKor. 3:18).
Wat sommige sien as 'n onsamehangende beeld, sien andere weer as 'n harmonieuse geheel, wat nie méér perfek kan wees nie. In IIKorinthiërs 4 praat Paulus van die heerlikheid van Christus, wie in God se beeld is en skryf: "Want ons verkondig nie onsself nie, maar Christus Jesus as Here". Die hoogtepunt kom dan in die volgende vers: "Want God wat gesê het dat daar uit duisternis lig moet skyn — dit is Hy wat in ons harte geskyn het om die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus" (vv 5-6).

Petrus brei verder uit: "Die Here (Jahweh) het gespreek tot my Here (Jahshua): Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het 'n voetbank van u voete. Laat dan die hele huis van Israel sekerlik weet dat God HomHere en Christus gemaak het, hierdie Jesus wat julle gekruisig het" (Hand. 2: 34-36).