Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 16 - Wie Jesus Christus Bely … Is dit 'n Regte of Verkeerde Belydenis?
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die herlewingsbewegings en by die protestantse evangelisasie groeperings en in onafhanklike kerklike gemeenskappe, word groot waarde aan die belydenis van Jesus Christus geheg. In hul veldtogte laat die evangeliste diegene wat tot bekering kom, na vore kom en 'n belydenis aan Christus resiteer. Die spreker verseker hulle dan dat hulle nou die eiendom van Jesus Christus geword het. Soos met alle ander onderwerpe en getuienisse, is dit ook hier belangrik om die saak bybels te bekyk, want nie almal wat Jesus as die Seun van God bely, is geregverdig voor God nie.
Die persoonlike belydenis van Jesus Christus, die Seun van God, is van die hoogste belangrikheid vir ons saligheid! Dit is die vyand en die teëstander van God, weereens, wat totale misleidings met halwe waarhede skep, want hy gebruik dieselfde formulerings. Hier sal ons slegs drie skrifte noem waaruit die teenoorgestelde kant vanuit die Woord gebring word.
Die geeste het uit die besetenes geskree en 'n belydenis gemaak: "En meteens skreeu hulle en sê: Wat het ons met U te doen, Jesus, Seun van God?" (Matt. 8:29). Die evangelis Markus rapporteer: "En elke keer as die onreine geeste Hom sien, het hulle voor Hom neergeval en geskreeu en gesê: U is die Seun van God!" (Mark. 3:11). En Lukas skryf: "… en hy het met 'n groot stem uitgeskreeu en gesê: Ha! wat het ons met U te doen, Jesus, Nasaréner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God! … En duiwels het ook uit baie uitgegaan en geskreeu en gesê: U is die Christus, die Seun van God!" (Luk. 4: 34+41).
'n Man van God sê vir 'n siek persoon: "In die Naam van Jesus Christus, die Nasaréner, staan op en loop!" (Hand. 3:6), dan word berig dat bose geeste ook die Naam van Jesus in die mond opneem en selfs die regte benoeming "Jesus van Nasaret" of "Seun van God" gebruik.
Maar sonder 'n persoonlike ervaring met Jesus Christus en sonder om 'n verhouding met Hom te het, is selfs 'n behoorlik geformuleerde belydenis van geen nut nie. Eerste van alles moet daar 'n openbaring vanuit die hemel ontvang word. Belydenis en dan die navolg van Christus, behoort noodwendig saam. Dieselfde geld vir gehoorsaam-heid: "Hy wat in die Seun glo, het die ewige lewe; maar hy wat die Seun ongehoorsaam is, sal die lewe nie sien nie, maar die toorn van God bly op hom" (Joh. 3:36).
Die hartlike geloof moet die belydenis vooruitgaan: "Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word" (Rom. 10: 8-9). Paulus stel dit ook so: "Ek het geglo, daarom het ek gespreek" (IIKor. 4:13b). 'n Belydenis, sonder om te glo in Christus, die Here en sonder dat die Woord van God uitgespreek word, is betekenisloos.
Die apostel Johannes sê: "Wie anders is dit wat die wêreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?" (IJoh. 5:5).
Aan die einde van die versoeking het die duiwel gesê, soos hy langs die Here, op die tempeldak staan: "As U die Seun van God is, werp Uself hiervandaan neer" (Luk. 4:9).
Die belydenis van Jesus Christus, die Seun van God, word deur almal gebruik: die kinders van God én duiwelskinders, deur almal wat hulself Christene noem, tot die antichris. 'n Belydenis is slegs geldig indien dit eintlik met die volle getuienis van die Skrif en persoonlike geloof en met gehoorsaamheid aan God verbind is. Die mens moet 'n direkte openbaring oor Jesus ontvang.
In IJohannes 4 vind ons dit wat vir baie sogenaamde skrifuitlêers groot verwarring bring: "Hieraan ken julle die Gees van God: elke gees wat bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het, is uit God; en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie, is nie uit God nie; en dit is die gees van die Antichris …" (verse 2-3). Weer gaan dit oor meer as wat met die eerste oogopslag uiterlik waargeneem word. Dit gaan oor die ware kennis, dat Jahweh gekom het as Jahshua — Jahweh-Verlosser, as die Godgesalfde, as die Christus, wat die Here is wat in die vlees gekom het.
'n Oppervlakkige lippediens, 'n aangeleerde geloofsbelydenis, wat woord-vir-woord opgesê word, gaan verby die kern. Elke gees wat nie Jesus bely nie, soos Johannes verduidelik, is nie van God nie. Dit is die gees van die Antichris. Hy wat 'n ander Jesus verkondig, verklaar dat hy geen kennis van God het nie, en ontken daardeur dat Jahweh van die Ou Testament, Jesus van die Nuwe Testament is. Wie dit ontken, sê God se Woord met goddelike outoriteit, het ‘n slagoffer van die antichris se gees geword.
Wat Sy koms in die vlees betref, Sy menswording, het Paulus hierdie onderwerp selfs nog duideliker gemaak: "God het … deur Sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur, en dit ter wille van die sonde, die sonde veroordeel in die vlees, sodat die reg van die wet vervul kon word in ons wat nie na die vlees wandel nie, maar na die Gees" (Rom. 8: 3b-4).
Aangesien die mens in hierdie liggaam in sonde geval het en sodoende aan die dood blootgestel is, moes die Verlosser natuurlik in die vorm van die sondige vlees kom. Die leerstelling dat Maria sonder sonde was, is dus antichristelik. Christus was heilig — sondeloos, vlekkeloos (IPet. 1:19). Hy moes egter in sondige vlees kom, om die gevalle skepping uit die sondige toestand te lig. Hy moes die vereiste van die wet wettiglik bevredig en die vloek wat ons getref het, op Hom neem (Gal. 3:13).
Daar is geen 'onbevlekte ontvangenis' ("immaculate conception") van 'n geseënde Maria nie, want sy was deel van die gevalle skepping; Maria was net gebruik om die sondelose in die sondige te ontvang. Dit gaan dus oor die heilige, goddelike inhoud in 'n onheilige houer. Net so neem die mense wat in sonde gebore is, Christus aan. Hulle dra ook, as deel van die gevalle skepping, hierdie hemelse skat in aardse houers. Dit gaan nie oor die houer nie, maar oor die waardevolle inhoud. "Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van(af) God mag wees en nie uit ons nie" (IIKor. 4:7).
Wanneer ‘n mens dus oppervlakkig sê, "Jesus is die Seun van God", en in die proses dink en glo wat hy wil, het hy nie die saak wat hier ter sprake is, verstaan nie. Selfs diegene wat ligsinnig sê: "Ek glo dat Jesus in die vlees gekom het", het geensins dit uitgespreek wat volgens die getuienis van die Heilige Skrif aan ons gelaat is nie. Hy self was sonder skuld, ja, sonder sonde; Satan het geen houvas op Hom gehad nie. Maar Hy moes vir ons almal tot sonde gemaak word en die loon, naamlik die straf, die geregtigheid wat God vir die sonde vereis het, betaal. Daarom moes Hy na ons toe kom en in ons plek sterf, om ons te verlos en ons te bevry van die dood. "… want die loon van die sonde is die dood, maar die genade-gawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here" (Rom. 6:23).
Daar is ook 'n tweede belangrike punt waarop die anti-Christelike leerstellings en rigtings erken word. In die tweede brief van Johannes, in vers 7, brei die apostel uit: "Want baie verleiers het in die wêreld ingekom, die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris". Dit is beduidend dat in die sogenaamde 'apostoliese geloofsbelydenis' niks van die liggaamlike terugkeer van Jesus Christus gevind word nie. Daarin is net te lees: "… waarvandaan Hy sal kom om te oordeel, die lewendes en die dooies". Die laaste oordeel het egter absoluut niks te doen met die Wederkoms van Jesus Christus nie.
Onmiddellik na die hemelvaart was aan die dissipels gesê: "Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het" (Hand. 1:11). Die opgestane Jesus Christus het 'n opstandingsliggaam gehad en kon eet en drink en volgens Johannes 20 vers 27 kon Thomas sy hand in die wonde sit. In hoofstuk 21 lees ons: "En Jesus sê vir hulle: My kinders, het julle nie iets om te eet nie? … En Jesus het gekom en die brood geneem en dit aan hulle gegee, en so ook die vis" (verse 5 en 13).
Elkeen wat die Wederkoms van Jesus Christus vergeestelik, openbaar die antichris gees en propageer daarmee die anti-Christelike leerstellings. Volgens Johannes 14 het die Here gegaan om vir diegene wat aan Hom behoort, plek voor te berei, en kom Hy weer terug om ons na Hom te neem. Dit sal dan vervul wat in IKorinthiërs 15, vanaf die 51ste vers, en in IThessalonisense 4, vanaf vers 13, sowel as elders geskryf is. Om God se plan van verlossing te verstaan, soos die profete en apostels dit gehad het, het verlore gegaan omdat daar deur die loop van die kerkgeskiedenis nie ware apostels, nog minder profete was, wat op ‘n apostolies-profetiese manier en wyse die proklamasie kon voortsit nie. Die antichristelike onderrig bestaan daarin dat daar nie geglo word in die liggaamlike terugkeer van Jesus Christus, wat as die Bruidegom terugkom om Sy bruid te kom haal nie (Matthéüs 25). Daar word ook nie in die genoemde geloofsbelydenis gesê, dat by die eerste opstanding diegene wat in Christus ontslaap het, opgewek sal word tot onsterflikheid nie. Ook nie van diegene wat in Christus in die lewe oorbly, wat saam met hulle verander en weggevoer sal word, om die Here in die lug te ontmoet nie (IKorinthiërs 15; IThessalonisense 4); selfs ook nie van die bruilofsmaal van die Lam (Openbaring 19) of van die duisendjarige heerskappy nie (Openbaring 20).
Dieselfde Jesus Christus wat na die hemel toe gegaan het, sal weer terugkom om Sy eie te kom haal, voor die groot verdrukking en voor die oordele op hierdie aarde uitgestort word. In elk geval gaan dit nie net om vrome lippediens nie, maar dit gaan om die werklike openbaring van Jesus Christus, onse Here. Albei moet bybels wees: ons getuienis van Jesus Christus, die Seun van God en ook dat Hy die Here is. Net so moet ons getuienis van Sy Eerste koms (IJohannes 4), ook met die van Sy Wederkoms (IIJohannes 7 — oorspronklike teks), ooreenstem.