Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 17 - Die Mens Jesus Christus

« »

"Dáár is die mens!", het Pilatus gesê (Joh. 19:5). Regdeur die Heilige Skrif, vanaf Sy geboorte tot met Sy dood word die Here heel duidelik as 'n mens beskryf, sodat sommige dit nie kan hanteer nie. Hy was soos elke ander mens wat in hierdie wêreld gebore is, toegedraai in doeke en was in 'n krip geplaas (Luk. 2:7). Hy het geëet en gedrink, het moeg geraak en geslaap, geween en gebid. Toe Hy sterwe, het Hy hardop uitgeroep: "Vader, in u hande gee Ek my gees oor! En toe Hy dit gesê het, blaas Hy die laaste asem uit" (Luk. 23:46). Verteenwoordigend van ons almal — omdat Hy in ons plek en as gevolg van ons skeiding van God af, dit alles moes beleef — het Hy uitgeroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" (Matt. 27:46). Ons was diegene wat deur God verlaat was. Hy het ons plek ingeneem, ons skuld en sonde was op Hom gelê. God, die Gees, het Homself op daardie oomblik onttrek.

Die volgende oomblik egter, toe die spies in Sy sy gedruk word en die bloed vir ons vergifnis gevloei het, was die Woord vervul "… dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het …" (IIKor. 5:19). Beide is waar: eerste die skeiding, toe die versoening.

Al hierdie was nodig as gevolg van die sondige mens. "… Want God het — wat vir die wet onmoontlik was, omdat dit kragteloos was deur die vlees — deur sy eie Seun in die gelykheid van die sondige vlees te stuur … die sonde veroordeel in die vlees" (Rom. 8:3). Die manier wat hierdie sending gebeur het, word ook so berig: "Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit 'n vrou, gebore onder die wet, om die wat onder die wet was, los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang" (Gal. 4: 4-5).

Die Here het 'n dienskneg geword, "… Homself ontledig deur die gestalte van 'n dienskneg aan te neem en aan die mense gelyk geword; en in gedaante gevind as 'n mens, het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja, die dood van die kruis" (Fil. 2: 7-8). As dienskneg word Hy beskryf in verband met die doen van die wil van die Here.

In die profeet Jesaja is die plan van verlossing baie duidelik in sy besonderhede getoon. Ook die term "Kneg" word daar gevind: "Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het. Ek het my Gees op Hom gelê; Hy sal die reg na die nasies uitbring" (Jes. 42:1). In die Nuwe Testament, word dieselfde gedeelte in Matthéüs 12, verse 17-21 weergee. Dit sê: "sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur Jesaja, die profeet …". En dit het sy vervulling gevind.

In Matthéüs 3 word aangegee hoe God se welgevalligheid op die man Jesus Christus gekom het: "En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het" (verse 16-17). Die liggaam was sterflik, daarom moes die Gees oor Hom kom om die verandering van hierdie liggaam in onsterflikheid moontlik te maak. Terselfdertyd het die daarstelling van die bediening plaasgevind. So getuig Petrus in Handelinge 10, vers 38.

In Matthéüs 17, verse 2-5 word die transformasie van die mensdom in die godheid in gedagte gebring, en by die "welbehae" wat in hoofstuk 3, vers 17 uitgedruk word, word die "luister na Hom!" bygevoeg. Ware seuns en dogters van God luister na Hom, glo die evangelie van Jesus Christus, word bybels gedoop en ontvang dan die Heilige Gees op dieselfde manier as die Eersgeborene, waardeur hulle getuig dat God self daarin ‘n welbehae het.

Die in-die-beeld-van-God-geskape mens, het die vrye wil wat hy gehad het, gebruik om die verkeerde besluit te neem en sodoende verlore geraak. Aangesien God die mens 'faalbaar' geskape het, moes God self die verantwoordelikheid vir hul redding oorneem. In die deur-Christus-in-die-lewe-gebragte nuwe skepping, rus daar op alle seuns en dogters van God, op dieselfde wyse, God se welbehae, soos dit met die Eersgeborene was. Hulle word uit die sondeval opgehef en in die goddelike staat geplaas. By die voltooiing van al die seuns en dogters van God word dan geopenbaar dat hulle ook die vrye wil gehad het, maar vrywilliglik op die wil van God besluit het, volgens die voorbeeld van die Eersgeborene: "Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geskied!" (Luk. 22:42b) en: "Ek het lus, o my God, om u welbehae te doen, en u wet is binne-in my ingewande" (Ps. 40:9).

"Ook julle wat vroeër vervreemd was en vyandig gesind deur die bose werke, het Hy nou versoen in die liggaam van sy vlees deur die dood, om julle heilig en sonder gebrek en onberispelik voor Hom te stel" (Kol. 1: 21-22).

"Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword, sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel — en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was" (Heb. 2: 14-15). Dit is die heerlike boodskap van die evangelie van Jesus Christus, onse Here en Verlosser.

In die Ou Testament is die verlossingsplan in die verskillende brandoffers, in die aanbidding en in simboliese voorstellings uitgebeeld. Die mens kon nie Sy teenwoordigheid betree terwyl hy van God geskei was nie. Hy het ‘n versoeningsoffer nodig gehad, 'n bemiddelaar, 'n voorspraakmaker of 'n hoëpriester. Eers was daar individue, soos Abraham, wat deur die offer van sy seun Isak (Génesis 22), 'n verwysing was na die Messias, wie as die Seun van God, om ons ontwil moes sterf. Isak het die hout gedra, waarop hy later geoffer was. Christus het Sy kruis gedra, waarop die mense Hom toe gehang het. Tot met die uittog uit Egipte, het die Here God die afstammelinge van Abraham as die volk van Israel aangespreek. Sedert die tyd van hul verlossing en bevryding (Exodus 12), word Israel die gemeente genoem. Moses het in verskillende situasies as bemiddelaar en advokaat opgetree. Hy was die een, wat die Woord van God direk aan die volk van God oorgedra het. "… hom het God as owerste en verlosser gestuur deur die hand van die Engel wat aan hom verskyn het in die doringbos" (Hand. 7: 35-38).

Die Messias moes 'n profeet, bemiddelaar, advokaat, hoëpriester, ens., wees. Moses het opgetree in die Gees van Christus toe hy gebid het: "Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het!" (Ex. 32:32). Die volk van God het Hom na aan die hart gelê, daarom het Hy voorspraak vir hulle gemaak. Een keer per jaar het die hoëpriester die Allerheiligste ingegaan om vir homself en vir die volk versoening voor die aangesig van God te doen. Daar word van Christus gesê: "Maar Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en volmaakter tabernakel wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie … met sy eie bloed, eenmaal ingegaan in die heiligdom en 'n ewige verlossing teweeggebring, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien". Hierdie ewig-geldige verlossing het moontlik geword omdat Christus "… Homself deur die ewige Gees aan God sonder smet geoffer het …" (Heb. 9: 11-14).

Wat die voorspraakmaker betref, het Job Hom waarskynlik die beste beskryf. Alhoewel hy reeds uitgeroep het: "… ek weet my Verlosser leef" en hy oortuig was dat hy God sou sien (Job 19: 23-27), beklemtoon hy die behoefte aan 'n voorspraakmaker of bemiddelaar: "Is daar dan vir hom 'n gesant, 'n tolk, een uit duisend, om die mens sy plig te kenne te gee; en is Hy hom genadig en sê: Verlos hom, dat hy in die kuil nie afdaal nie: Ek het 'n losprys gevind — dan word sy vlees fris van jeugdige krag, hy keer terug na die dae van sy jonkheid" (Job 33:23). Dit gaan nie net oor 'n voorspraakmaker en die versoening nie, maar die verlossing van die ganse mens, in die siel, verstand en liggaam is ter sprake. By die eerste opstanding sal die verlostes eintlik teruggebring word na die bloei van hul jeug. Ons sal in ‘n absolute perfekte toestand wees. Daar sal geen onvolmaaktes meer wees nie; geen babas of ou mense nie, maar almal sal sonder 'n spoor van sonde, siekte of veroudering vir ewig wees.

Job gaan voort om te skryf van 'n man wat besef het dat hy homself tot God kan wend: "Hy bid tot God, en Hy het 'n welbehae in hom, sodat hy sy aangesig sien met gejuig: so vergeld Hy dan aan die mens sy geregtigheid". Dit is die perfekte geregtigheid wat aan ons van God in Christus geskenk is. Op so 'n persoon is die volgende belydenis van pas: "Hy sing voor die mense en sê: Ek het gesondig en verdraai wat reg is, maar dit is my nie na verdienste vergeld nie. Hy het my siel verlos, dat dit nie in die kuil ingegaan het nie, en my lewe mag hom verlustig in die lig" (Job 33. 26-28).

As Nuwe Testament gelowiges het ons ook ’n Hoëpriester nodig gehad: "Want ons het nie 'n hoëpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde" (Heb. 4:15).

Ons nodig ook 'n bemiddelaar: "Daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus, wat Homself gegee het as 'n losprys vir almal …" (ITim. 2: 5-6).

"… soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word" (IKor. 15:22). "Die eerste mens was uit die aarde aards, die tweede mens is die Here uit die hemel. Soos die aardse mens was, so is ook die aardse mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. En soos ons die beeld van die aardse gedra het, so sal ons ook die beeld van die hemelse dra" (IKor. 15: 47-49). Christus word hier vir ons aangebied as die hemelse mens. Hy word as die tweede Adam voor oë gestel in wie se beeld ons getransformeer word.

Oral daar, waar ons Jesus langs God sien, word Hy aan ons as mens getoon, in 'n taak wat nodig is om die verlossing van die mensdom te verwesenlik. Ons sien Hom as die Seun van God, as Seun van die mens, as Seun van Dawid, as Koning en Profeet, as Hoëpriester, as Bemiddelaar, as Advokaat, as die Lam van God, as die Woord van God, as die Weg van God, as die Brood van God, ens, ens. Die 'Jesus only'-lering was net so min van getuig deur die profete en apostels as die lering van die 'drie-eenheid'. Dit gaan eenvoudig daarom, dat God die mense-kinders gelykvormig met 'n goddelike bedeling gemaak het, naamlik om van hulle seuns en dogters van God te maak. Daarom was Jesus Christus die Eersgeborene onder baie broeders (Rom. 8:29). Na Sy opstanding het Jesus aan Maria Magdalena gesê: "Raak My nie aan nie, want Ek het nog nie opgevaar na my Vader nie; maar gaan na My broeders en sê vir hulle: Ek vaar op na My Vader en julle Vader, en My God en julle God" (Joh. 20:17).

Soos die Seun van God deur God uit die Gees verwek is, so moet ook ons deur geestelike verwekking die wedergeboorte ervaar, wat die Here Jesus as 'n moet vir toegang tot die koninkryk van God vereis: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie … wat uit die vlees gebore is, is vlees; en wat uit die Gees gebore is, is gees" (Joh. 3: 3+6). "… Want alles wat uit God gebore is, oorwin die wêreld; en dit is die oorwinning wat die wêreld oorwin het, naamlik ons geloof" (IJoh. 5:4).

Alle Godsdienstige handelinge is tevergeefs — dit is God se hande-ling wat geld, anders sal daar glad niks gebeur nie. Maar Hy kan net werk in diegene wat Sy optrede in die Seun vir hulle verlossing erken. "… dit het Hom betaam, ter wille van wie alle dinge en deur wie alle dinge is, as Hy baie kinders na die heerlikheid wou bring, om die bewerker van hulle saligheid deur lyde te volmaak.

Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie, wanneer Hy sê:

Ek sal u Naam aan my broeders verkondig, in die midde van die gemeente sal Ek U prys" (Heb. 2: 10-12; Ps. 22:23). Die opgestane Verlosser, wat die dissipels Sy broeders noem, word deur Thomas aangespreek as: "My Here en my God!" (Joh. 20:28).

Vir die seuns en dogters van God bly Jesus Christus as Voorspraak-maker by die Vader, tot aan die voleindiging: "My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle, dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het 'n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is 'n versoening vir ons sondes, en nie alleen vir ons s'n nie, maar ook vir dié van die hele wêreld" (IJoh. 2: 1-2). Dieselfde apostel skryf: "Kyk wat 'n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Om hierdie rede ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie geken het nie. Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees" (IJoh. 3: 1-2).

Die apostel Paulus praat van hierdie voleindiging: "Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het (Ps. 110:1). Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood. Want Hy het alles aan sy voete onderwerp, maar wanneer Hy sê dat alles onderwerp is, is dit duidelik dat Hy uitgesonder is wat alles aan Hom onderwerp het (Ps. 8:7). En wanneer alles aan Hom onderwerp is, dan sal ook die Seun self Hom onderwerp aan die Een wat alles aan Hom onderwerp het, sodat God alles in almal kan wees" (IKor. 15: 25-28). Dit kan nie duideliker gesê word nie. Met die vervulling van die taak van die Seun, word al die seuns en dogters van God verander in Sy beeld, ewig volmaak, wanneer alle vyande vernietig en die dood opgehef sal word. Dan sal God weer alles in almal wees. In die ewigheid sal daar nie sprake van die Vader, die Seun en die Heilige Gees wees nie, soos daar in die ewigheid nie daarvan gepraat was nie, maar dit sal weer so wees soos dit was voor die aanbreek van tyd: God alles in almal. Amen.