Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Die Skrif gee ook volledig uitsluitsel oor die bybelse doop. Die hele Christendom beoefen doping, maar daar het daarmee ongelukkig 'n ernstige afwyking plaasgevind. Daarom word die doop hier, soos dit aan die begin van die nuwe-testamentiese Gemeente beoefen was, volgens die Heilige Skrif uiteengesit. Dit sal moontlik skokkend wees vir lesers om te leer dat so baie mense wat uiterlik as diensknegte van God optree, hulself verkeerd handel. Maar dit is alom bekend dat formele- en onafhanklike kerke nie altyd erkenning gee aan die Bybel nie, maar aan dit wat geldig is in hul denominasies.
Onse Here sê: "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word …" (Mark. 16:16). Die eerste vereiste vir die doop word deur die Here self aangegee, naamlik, dat die dopeling moet glo. Soos in Romeine 10:17 gesê word, kom geloof uit die prediking, maar die prediking kom uit die Woord van God. Om hierdie rede was die sendingsopdrag gegee om die evangelie te verkondig en dat die gelowig-gewordenes dan gedoop moet word. Hierdie feit word in die eerste preek van Petrus en deur die gesamentlike apostoliese handelinge bevestig: "Die wat toe sy woord met blydskap aangeneem het, is gedoop" (Hand. 2:41). Eerstens is dit belangrik, dat mense die prediking van die Woord moet hoor en dan hul persoonlike besluit maak vir Christus.
Die volgende voorbeeld maak dit duidelik dat persoonlike geloof 'n onafwendbare vereiste is vir die bybelse doop. Die evangelis Filippus het, deur die Gees van God gestuur, 'n Ethiopiese hofbeampte ontmoet. Dit was met die hofdienaar se terugreis vanaf Jerusalem, terwyl hy die profeet Jesaja lees. Filippus het toe die evangelie aan hom verkondig. Daarop het die man spontaan geantwoord: "Daar is water; wat verhinder my om gedoop te word?". Die man van God het geweet van die noodsaaklikheid van geloof toe hy die hofdienaar antwoord: "As u glo met u hele hart, is dit geoorloof. En hy antwoord en sê: Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is. En hy het beveel dat die wa moes stilhou; en hulle het altwee in die water afgeklim, Filippus en die hofdienaar; en hy het hom gedoop" (Hand. 8: 36-38).
In die tyd van Johannes die Doper en van onse Here en die apostels was daar slegs deur onderdompeling gedoop. Beide die dopelinge en die een wat doop, het afgeklim in die water in. Dit was dieselfde met die doop van Jesus Christus: "En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim …" (Matt. 3:16a). 'n Dopeling, wat nie by die doop in die water ingaan nie, deur onderdompeling gedoop word en weer uit die water kom nie, is nie deur die doop van Christus óf die apostels — ook nie op die bybelse manier gedoop nie.
Die dissipels het hulle Here en dit wat Hy aan hulle gesê het, baie goed verstaan: "Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word …" (Mark. 16:16). In die Heilige Skrif en in die eerste eeue na Christus, is daar geen aanduiding dat 'n baba ooit gedoop was nie. Die Heilige Skrif ken geen peetouers nie en noem ook niks van 'n baba wat deur die doop, van die erfsonde bevry is en sonder dat hy bewus daarvan is, 'n kind van God gemaak is nie. Die woord 'erfsonde' is nie eens in die Bybel nie, en daar word ook nie vertel van 'n wedergeboorte wat deur die doop geskied nie. Diegene wat God se Woord as Waarheid aanvaar, is oortuig dat, aangaande sake van geloof, is die Heilige Skrif alleen gesaghebbend.
Soos gesien kan word uit Petrus se eerste preek en in al die ander gevalle gaan berou, (Rom. 2:4), wat tot bekering na Christus lei, die doop vooruit. 'n Baba weet nie waaroor dit gaan nie, het geen kennis van sonde nie en kan ook nie bekeer nie. Die besprinkeling of die watergieting op babas is — om korrek te wees — selfs geen doop nie. Die stelling: "In die plek van besnydenis, word die doop in die Nuwe Testament gebruik as die teken van die ou verbond", is nie van toepassing nie, want dit is glad nie ‘n skriftelike verklaring nie.
Daar is teoloë wat 'n "agterdeur" soek om die "kinderdoop" te regverdig. Hulle verwys na Handelinge 16, vers 33 en verklaar dat die tronkbewaarder van Philippi gedoop is met sy hele huis. Hipoteties beweer hulle dat daar waarskynlik kinders onder hulle was, wat egter glad nie in die berig bevestig word nie. Voordat die doop plaasgevind het, sê dit: "En hulle het aan hom die woord van die Here verkondig en aan almal wat in sy huis was". Dit handel hier natuurlik oor 'n huis waarin mense die Woord deur die prediking gehoor het, in God geglo het en gedoop is.
Ander regverdig die "kinderdoop" deur die woorde van die Here: "Laat die kinders na My toe kom …" (Mark. 10:14). Enigeen wat verder lees, sal oplet dat die Here nie die kinders besprinkel het nie, maar in sy arms geneem en geseën het.
Dan is daar diegene wat die doop nie belangrik ag nie. Hulle verwys na die woorde van Paulus: "Want Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig" (IKor. 1:17). Hierdie vers hef inderdaad nie die sendingsopdrag, om die evangelie te preek en te doop, op nie. Paulus wys net daarop dat hy self hoofsaaklik toegewy was aan die verkondiging en lering en het die doop aan die ander broeders oorgelaat.
Die kerkhistorici het ook opgemerk dat gelowiges in die vroeë Christendom en in die eerste eeue slegs in die naam van Jesus Christus gedoop was en nie, soos sedert die geboorte van die Romeinse Kerk, in die formule: "In die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees" nie —Dr. J. Herzog: Abriss der gesamten Kirchengeschichte ("Oorsig van die hele Kerkgeskiedenis"), vol 1, bl. 29; —K.D. Schmidt: Grundriss der Kirchengeschichte ("Grondplan van die Kerkgeskiedenis"), bl. 73 en andere). Die doopbevel van Matthéüs 28 vers 19: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees …", is korrek verstaan en uitgevoer deur die apostels, tot in die post-apostoliese era. Wie noukeurig lees, sal oplet dat dit nie 'n formule is nie, maar dat dit oor die Naam gaan. "Doop hulle in die Naam van …". Daarom het hulle, ooreenkomstig die opdrag, gedoop in die Naam van die Here Jesus Christus.
God het Homself as Vader, Seun en Heilige Gees geopenbaar. Dit het gebeur in die Nuwe Testament Verbondsnaam Jahshua (Jesus), waarin die kinders van die Nuwe Verbond gedoop moet word. God is ons Vader, dis hoekom ons bid: "Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word", maar dit gaan oor die naam waarin gedoop moet word.
Die enkele apostoliese getuienis is oorweldigend en duidelik. Na die uitstorting van die Heilige Gees het die apostel Petrus die eerste preek gelewer en aan die wat daardeur geraak was, gesê: "Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christus tot vergewing van sondes" (Hand. 2:38). Hier word die gelowiges, by die stigting van die vroeë Gemeente direk toegewys wat hulle moet doen: om te bekeer en dat hulle gedoop moet word. Petrus het deur openbaring geweet wat die Naam was, en het dit dus uitgespreek. Daarmee is die apostoliese dooppraktyk van die begin af vasgestel.
In Samaria het Filippus die evangelie verkondig en die gelowig-gewordenes gedoop, soos getuig word: "… hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus" (Hand. 8:16). Omdat elke saak op die getuies van twee of drie bevestig word, wil ons sien op watter manier die apostel Paulus gedoop het: "En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus" (Hand. 19:5). Of dit in Jerusalem, Samaria of Éfese was, of dit Petrus, Filippus of Paulus was, al die dopinge was in die Naam van die Here Jesus Christus. Die Heilige Gees kan net op dieselfde manier openbaar.
Vir 'n beter begrip moet die volgende voorbeeld genoem word: As 'n onderwyser 'n taak gee: "Hoeveel is drie maal drie", dan kan die studente nie antwoord "Drie maal drie is drie maal drie" nie. Hulle moet die antwoord gee, die resultaat, die uitwerking. Dit is onbegryplik, hoe byna die hele geestelikes die opdrag van Matthéüs 28:19 soos 'n magiese formule herhaal en toepas sonder om die resultaat, die uitwerking van die opdrag, te ken. Petrus, Paulus, al die apostels en manne van God het die resultaat in die eerste eeue, geken — die Naam.
Die dissipels het die sendingopdrag streng gevolg en dit honderd persent uitgevoer. In opdrag van hul Meester, het hulle in die Naam van die Here Jesus Christus gedoop. Hulle wie nie so gedoop is nie, is nie gedoop in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees nie. Die aanname dat Vader, Seun en Heilige Gees name is, wat byna alle teoloë verdedig, is verkeerd. Dit is die eienskappe van die spesiale goddelike openbaring in die Nuwe Testament. God heet nie "Vader" nie, Hy is Vader. God word nie "Seun" genoem nie, Hy is Seun. Hy is Gees, maar openbaar Homself in die verbondsnaam van Sy eie keuse.
Soos so dikwels, is die geheim verberg in die Naam. Dit moet bloot geopenbaar word. Die doop is glad nie onbelangrik nie, want dit word van onse Here vereis, soos dit voorheen deur Johannes op Hom voltrek is en bevestig was deur God. Dit moet net reg gedoen wees. Daar is nie een geval in die Skrif waarin iemand gedoop sou gewees het in 'n drie-ledige formule nie.
Waarom die katolieke dooppraktyk deur die groot protestantse kerke en deur die verskillende onafhanklike kerke oorgeneem was, is eweneens ook onbegryplik. Wat elke bybel-gelowige Christen in gedagte moet hou, is die feit dat almal wat in die formule "… in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees" gedoop is, eintlik daardeur volgens die Rooms-Katolieke Kerk gedoop is. Volgens die mening van die Jesuïet kardinaal, Augustinus Bea, moet ons die volle be-tekenis in gedagte hou: "Volgens Bea, is die pous die 'vader van alle gelowiges', selfs ook van die geldig-gedoopte protestantse Christene; hulle nodig net om 'n liefdevolle terugkeer te maak na die Moederkerk" —O. Markmann: Irrtümer der Katholischen Kirche ("Foute van die Katolieke Kerk"), bl. 22. Wat met die term "geldig gedoop", bedoel word, nodig glad nie verdere verduideliking nie. Die bybels-apostoliese doop in die Naam van die Here Jesus Christus word deur die Roomse Kerk as kettery verwerp.
In "geestelike onkunde", keer protestantse- en onafhanklike kerke met elke formulier, onder die toesig van die Wêreldraad van Kerke en die Ekumenisme, na die moederskoot terug. Sommige sprinkel, ander stort die water oor hulle, en sommige dompel hulself drie keer met die bekende formule. Van Paulus word by sy bekering gesê, "… en hy kon onmiddellik weer sien; en hy het opgestaan en is gedoop" (Hand. 9:18). In die brief aan die Romeine brei hy uit oor wat gebeur: "Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in 'n nuwe lewe kan wandel" (Rom. 6: 3-4).
As u die verbindings nader kyk, sal u vind dat dit nie net 'n eks-terne aksie is nie, maar die feit dat die mens vooraf 'n bekering deur boetedoening en berou ondervind, die vergifnis van sy sondes deur geloof in Jesus Christus en dan as gekruisigde gedood is met Christus, deur 'n enkele onderdompeling, simbolies saam met Hom begrawe word, om voortaan saam met Hom in 'n nuwe lewe te wandel. Die vernuwing en wedergeboorte gebeur nie deur die doop nie, maar soos geskrywe is: "… nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees" (Tit. 3:5). Die ware doop is net toepaslik op hernuwing en wedergebore.
Aan die Kolossense skryf die apostel in hoofstuk 2, die 12de vers: "… omdat julle saam met Hom begrawe is in die doop, waarin julle ook saam opgewek is deur die geloof in die werking van God wat Hom uit die dode opgewek het". In die volgende hoofstuk sê die apostel: "As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo. … Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God" (3: 1-3).
Die apostel Petrus beskryf die doop as "die bede van 'n goeie gewete met God" en skryf van die water, waarin die dopeling onder-dompel word in vergelyke met Noag se Ark: "waarvan die teëbeeld, die doop, ons nou ook red, nie as 'n aflegging van die vuilheid van die vlees nie, maar as 'n bede tot God om 'n goeie gewete — deur die opstanding van Jesus Christus" (IPet. 3:21).
Toe Petrus in die huis van Cornelius gepreek het, het hy met verwysing na Jesus gesê: "Aangaande Hom getuig al die profete dat elkeen wat in Hom glo, vergifnis van sondes deur sy Naam ontvang". Daarna word die vraag gestel: "Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie? En hy het beveel dat hulle gedoop moet word in die Naam van die Here" (Hand. 10: 43, 47-48). Die mens ontvang die vergifnis van sondes deur geloof in die volbragte werk van verlossing. As bewys daarvan dat ‘n mens Christus aanneem, moet hy hom dan in die Naam van die Here laat doop. "Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee" (Gal. 3: 26-27).
Aan die gemeente in Efése skryf die apostel Paulus: "… een Here, een geloof, een doop" (4:5). Vandag is daar baie geloofsrigtings met verskillende soorte doop en verskillende insigte oor die Here. Die eenvormige en harmonieuse getuienis van die Skrif oor die bybelse doop, moet egter nie geïgnoreer word nie. Die leringe wat in die begin, in die vroeë Christendom bevestig was, is die geldige patroon solank as die Gemeente van die lewende God op aarde is. Die trinitariese dooppraktyk, wat by die stigting van die 'Reichskirche' (staatskerk) bekend gestel is en ook in die dwangkerstening gebruik was, is inderdaad onbybels. Daar is slegs een oorspronklike. Al die ander is vervalsings, al word Matthéüs 28 vers 19 daarby betrek. Die apostels het die sendingsopdrag verstaan en dit uitgevoer.
Maar met die formule "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", word in die Christelike Weste baie booshede gedoen, byvoorbeeld: Spiritisme word beoefen op mense en diere, ens. Die inswerings-gelofte om die Vrymesselaars-Tempel te betree, word ook in die trinitariese formule gedoen. Elke geestelike leier weet van die ellende waardeur mense met okkultiese dade verlei word. Wanneer gevra word, antwoord die betrokkenes dikwels: "Dit gebeur in die naam van God!", sonder om te besef dat dit niks anders as 'hocus-pocus' in die mees vrome raamwerk is nie. Mense word dus geplaas onder die magiese verrukking van Satan, sonder om dit te besef. Hierdie vrome onkunde roep die hemel toe. Dit kom uit die verkeerde begrip van God — die 'drie-eenheid' idee — en dit uit die misverstand van die doopopdrag.
Hoe diep die tradisionele dooppraktyk ook in die hervormer Martin Luther gewortel was, is in sy eie vroeë bybelvertaling te lees. In plaas daarvan om die oorspronklike teks te weergee, skryf hy vryelik, soos dit huidiglik gebruik word: "… en doop hulle in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees". In die oorspronklike dialek staan dit soos volg: "en to Onomati Mou", oftewel: "… en doop hulle in My Naam …" — verwysing: Nestle-Aland se Novum Testamentum Graece ("Nuwe Testament in Grieks"). Daar is 'n wêreldse verskil vir hulle wat weet. Enigiemand kan in die naam van 'n maatskappy, 'n regering, ensovoorts, iets doen, maar met die doop gaan dit oor die bewuste doping van die verloste in die verlossingsnaam. Dit gaan oor 'n verbond met God alleen, wat gesluit word in die nuwe-testamentiese verbondsnaam, Jesus. Net soos 'n bruid die bruidegom se naam neem, so neem almal wat aan die Bruid van Christus behoort, die Naam van hul hemelse Bruidegom en bevestig op hul beurt die Verbond met Hom.
Petrus het gesê: "… En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie" (Hand. 4:12). Die belangrikheid van die Naam van die Here moet, in hierdie konteks, getoon word uit die feit dat Petrus, in sy heel eerste preek, op Pinksterdag, die belofte van die profeet Joël uit die Ou Testament geneem het: "… elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Joël 2:32; Hand. 2:21). Die profeet Joël het Jahweh bedoel. Elkeen wat die Jahweh aanroep, sal gered word. Petrus kon net dieselfde Here bedoel het, naamlik Jahweh wat Homself as die Jahshua–Verlosser geopenbaar het. Die doop in hierdie geldige Naam, vir die Nuwe Verbond, het groot betekenis en is vir ware gelowiges onvermydelik.
Dit sê nie "… die name" nie, wat grammaties korrek sou gewees het, indien "Vader", "Seun" en "Heilige Gees" behoorlike name was. Gelukkig is dit heeltemal duidelik in die enkelvoud geskryf: "… en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees", wat volgens die getuienis van die apostels, Here Jesus Christus is. Ongelukkig het die bybelse kennis daaroor verlore gegaan, sodat byna die hele geestelikes die onbybelse tradisie vereer en verdedig. Een van die oorsake was dat die naam "Jah-shua", wat duidelik sê wie Hy was, naamlik Jahweh-Redder, verander was na "Jesus". So was Hy later eenvoudig, deur tradisie, met die naamlose drie "hoë titels" vervang.
As mense vandag, soos op Pinksterdag, vra wat hulle moet doen om gered te word, dan moet hulle dieselfde antwoord gegee word: "Bekeer julle, en laat elkeen van julle gedoop word in die Naam van Jesus Christustot vergewing van sondes, en julle sal die gawe van die Heilige Gees ontvang" (Hand. 2:38). Niemand het die reg om die evangelie van Jesus Christus te verander nie. Bekende eksegete wys aan dat die bybelse doop, in die Naam van die Here Jesus Christus, kettery is. Hier moet ons vra: Wat is die dwaallering nou eintlik, dit wat reg is of dit wat verkeerd is? Dit word aan die volwasse leser oorgelaat om self te besluit of hy/sy die Here en die apostels wil glo en gehoorsaam, of hulle wie nie deur God ingestel is nie en daarom ook nie deur Hom gebruik word nie: "So spreek die Here: Staan op die weë, en kyk en vra na die ou paaie, waar tog die goeie weg is, en wandel daarin; en julle sal rus vind vir julle siel" (Jer. 6:16).