Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
In die Skrif word gebeurtenisse dikwels in beelde en gelykenisse beskryf, sonder dat die gebeurtenisse self die oppervlak bereik. God het dit so gedoen, dat die dieper verborgenhede van Sy Woord en Sy Verlossings-raadsbesluite deur die Gees alleen geopenbaar en aan die lig gebring kan word. Eers wanneer ons verstaan waarin die sondeval eintlik bestaan, word die betekenis en belangrikheid daarvan duidelik deur die gevolglike verlossing. Net aan die begrip om "in sonde te val", kan reeds geraai word wat gebeur het.
Die goddelike bestemming van die mens was om oor die hele aarde te regeer. Met die val het hy egter hierdie hoë posisie verloor. Deur die val van die mens, het die eerste mense ook onder die mag van satan gekom, wat verduidelik hoekom die prins van hierdie wêreld sedert daardie tyd die heerskappy oor die mense en die hele aarde uitoefen. Die vyand het die mensdom binne gekom deur die slang. Niemand kan sê hoe lank Adam en Eva in 'n ongesteurde gemeenskap met God gewoon het nie. Hulle het geen smarte, geen pyn, geen lyding en geen trane geken nie; daar was geen siekte nie, geen dood nie. Hulle het die veiligheid in die paradys geniet en saam met die Here God geleef, in salige harmonie. Hy het hulle in die koelte van die aand besoek; dit was hemel op aarde. So sal dit weer in die voleinding wees: "Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God" (Openb. 21:3b).
Die engelprins Lucifer, wat homself in die hemel opgehef het en toe uitgewerp was, het homself as vyand van God verklaar en sy werk van verwoesting op aarde voortgesit. Sy doel was om ook die God-geskapene mense van hul gemeenskap met die Here te skei en hulle in die verderf en in die dood om te bring. Volgens Eségiël 28 verse 12-17, was hy reeds in die Tuin van Eden voor die sondeval. In genoemde teks het God deur die profeet direk met satan in die koning van Tirus gepraat. Die Skrifte getuig dat Satan beide mense sowel as diere in besit kan neem. Onse Here het die bose geeste uitgedryf uit baie mense wat van duiwels besete was (Matt. 4:24). In Markus 5 vers 9 word berig dat die bose een persoonlik deur die besetene gepraat het: "En Hy vra hom: Wat is jou naam? En hy antwoord en sê: Legio is my naam, want ons is baie". Hierdie man was nie net beset van Satan nie, maar oorheers deur baie bose geeste.
In die tuin van Eden was daar baie bome, insluitende die Boom van die Lewe en die boom van kennis, maar die sondeval was werklik meer as oor die eet van 'n natuurlike vrug. Terloops, oor die eet van 'n appel is daar niks geskryf in Génesis 3 nie, maar net van die genieting van 'n vrug van die boom van kennis. Génesis 3 vers 7 sê: "Toe gaan altwee se oë oop, en hulle word gewaar dat hulle naak is; en hulle het vyeblare aanmekaargewerk en vir hulle skorte gemaak". Daar het iets verskrikliks gebeur, wat gemaak het dat hulle die skaamte van hul naaktheid verberg het. Hulle het nie hul oë bedek nie en ook nie hul monde nie, maar hulle het hul onderlywe met tuisgemaakte voorskote bedek.
Die verslag uit die Tuin van Eden gaan oor "lus vir die oë", om "verlei te word", ens. Elke man en vrou sal weet wat se versoeking bestaan uit sensuele-, oog- en vleeslike begeertes. Ook die woorde: "die slang het my bedrieg", moet opgemerk word. Die vrou van Pótifar, ‘n hofdienaar van Farao, het gesien dat Josef "skoon van gestalte en mooi van aansien" was. "Ná hierdie dinge het die vrou van sy heer haar oë na Josef opgeslaan en gesê: Kom hou gemeenskap met my". Later het sy gesê om hom te laster: "hy het na my gekom om met my gemeenskap te hê" —Génesis 39 verse 7 en 14. As 'n jongmeisie of 'n jongman verlei was, het dit so gegaan. Dit gaan beslis nie om "roomys eet", of om "milkshake" drink nie.
In Exodus 22 vers 16 word die term "verlei" aan ons in meer besonderhede uitgelê: "As iemand 'n jongmeisie wat nie verloof is nie, verlei en met haar gemeenskap het …". Paulus het geweet wat in die tuin van Eden gebeur het, anders sou hy nie die volgende aangaande die gemeente bekommerd geskryf het nie: "Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus" (IIKor. 11:3). Die apostel skryf met verwysing na die sondeval: "… En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het in oortreding gekom" (ITim. 2:14).
Na die sondeval, direk na die daad gepleeg was, het die Here God met Eva gepraat: "Ek sal grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders baar …" (Gén. 3:16). Dit verklaar wat eintlik gebeur het. Daar was nie gesê dat Eva met pyn sou eet nie, wat logies sou wees as sy met die mond gesondig het. Tot op datum het nog geen vrou kinders gekry deur vrugte te eet nie. Die Here God het presies geweet wat gebeur het en hoe Hy moes straf. Daarom gee vroue regoor die wêreld, onder normale omstandighede, geboorte aan hul kinders met pyn en smarte, as herinnering aan die sondeval, soos die Here gesê het.
Wie verdere opklaring soek oor die woorde: "Die slang het my verlei*, en ek het geëet" (Gén. 3:13 — *Nestle-Aland), moet in Spreuke 30, vers 20 lees: "So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie".
Die Here God het die slang veroordeel: "Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die vee en al die diere van die veld. Op jou buik moet jy seil, en stof moet jy eet al die dae van jou lewe" (Gén. 3:14). In daardie tyd was die slang regop, anders sou die uitspraak "… op jou buik moet jy seil …" geen betekenis gehad het nie. Baie belangrik is die volgende vers: "En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad en haar saad. Hý sal jou die kop vermorsel, en jý sal hom in die hakskeen byt". Volgens die getuienis van die Here God is hier van twee sade ter sprake: eerstens, die saad van die slang en tweedens, die saad van die vrou. In die hele Heilige Skrif beteken "saad" afstammelinge.
Die duiwel self kan nie voortbring of skep nie, hy is 'n geslaglose, gevalle, geestes-wese. Daarom het hy die dier gebruik wat naaste aan die mens was en kon praat. Soos ons in Génesis 3 lees, het die slang met Eva 'n behoorlike gesprek gelei. Beide praat en antwoord; die hele redenasie word daar weergegee. Eers ná die vloek het die slang 'n reptiel geword en daardeur sy oorspronklike gestalte verloor.
Die gesprek in die Tuin van Eden het begin met die bekende vraag: "Is dit ook so dat God gesê het …?". Selfs vandag gebruik die duiwel dieselfde metode: Om twyfel te saai oor die Woord van God in mense se gedagtes. Daarna het hy haar verstrik in argumente oor die Woord van God en het dit meesterlik verdraai. Uiteindelik het die groot leuen gevolg: "Julle sal gewis nie sterwe nie; maar … julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees". Dit het goed geklink, en Eva het daarvoor geval. Wat is die nut daarvan dat die oë later "oopgaan", en, om "te weet wat goed en wat kwaad is", wanneer jy alreeds van God afgeskei is en aan die dood blootgestel is? Sedertdien kan elke persoon hul eie handelinge beoordeel en weet wat goed is, en wat uit die bose is, ook dit wat leuns is en dit wat waar is, ens. Daarom word alle mense verantwoordelik gehou en sal by die laaste oordeel volgens hul werke geoordeel word.
In die Griekse Bybel word daar, in Génesis 3 vers 1, na die slang verwys in die manlike: "… ho Ophis", in Duits: "der Schlang". "En hy sê vir die vrou …". In die Engelse vertaling: "… and he said unto the woman", ook in Frans: "il dit à la femme", asook in die Russies: "i skasal smej shene", en in Duits: "… er sprach zu dem Weibe …". In ander tale word die slang ook as manlik beskryf. Die akkurate vertalers gee dit almal as manlik aan. Volgens die antieke Hebreeuse tradisie word die sondeval slegs aan 'n seksuele daad verbind. 'n Kommentator skryf: "… die engel, die ruiter wat op die slang ry, het Eva ingegaan, en sy het swanger geword en het Kain gebaar" —F. Braun: Blick in die Wort ("'n Kyk in die Woord"), bl. 67.
Dit is bekend dat die menslike natuur, karakter en eienskappe, oorerflik is, wat lê in die chromosome. Die oorerwing gebeur by bevrugting, met die sel-samesmelting. So het die teen-God-opstandige, sondige natuur, die mensdom binnegedring deur Satan en die slang. Satan self, wat die mens, deur ongehoorsaamheid en oortreding tot die dood toe verdoem het, het die mag van die dood gehad, daarom moes die Verlosser in die vlees kom, "sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag oor die dood het — dit is die duiwel — en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was" (Heb. 2: 14b-15). Deur die dood te oorwin, het die opgestane Here beide die sleutels van die dood en die hel verower (Openb. 1:18).
Die opdrag van God was: "Wees vrugbaar en vermeerder" (Gén. 1:28). Hy het die huwelik begin en die eerste paartjie saamgevoeg. Die tragedie lê in die breek van die eerste huwelik en in die katastrofiese, noodnottige vermenging. Alles moet opgepaar word, en volgens hul soort moet elke spesies vermeerder. Maar hier het 'n wese, 'n kruis-ing, waarvoor Satan, deur die slang, verantwoordelik was — nie God nie — wat dus glad nie in die oorspronklike skepping gewees het nie. Hy bedrieg en verlei Eva, en sy het haar later aan Adam gegee. God kon dit nie aanvaar nie omdat dit nie ooreenstem met Sy oorspronklike wil nie. Wat nie uit daardie oorspronklike wil van God voortspruit nie, kan ook nie aan Sy wil onderdanig wees nie.
Adam het skielik voor die feit gestaan dat sy geliefde Eva, wie uit hom geneem en aan hom in die eg toevertrou was, nie meer maagdelik was nie. Sy het haarself eers aan die slang gegee en daarna haar eerste verhouding met Adam gehad. Dit is hoe die val vanaf genade plaasgevind het. Van beide dade, wat in vinnige opvolging gebeur het, het daar een kind elk voortgekom: Kain en Abel.
Tot vandag toe word "tweelinge" gebore, wat vanaf twee verskil-lende vaders kom. Die twee bekendste gevalle was in Swede en Frankryk. In Stockholm het mev. Bjoerlen gelyktydig geboorte gegee aan 'n neger seuntjie en 'n blonde blouoog baba. Haar man het natuurlik geweier om vir die onderhoud van die neger seuntjie te betaal. By die verhoor het mev. Bjoerlen haar verhouding met 'n donkerkleurige man bely. Sy het op dieselfde dag seksuele omgang met haar man en haar minnaar gehad. In Marseille, Frankryk, het mev. Duvalle ook op dieselfde manier 'n wit en 'n swart kind in die wêreld gebring.
Diegene wat Génesis 3 vers 15 opmerksaam lees, sal vind dat die Here God net na die sondeval praat van die saad van die slang en van die saad van die vrou, dit is, van hul nageslagte. Van die begin af was daar twee natuurlike en twee geestelike linies.
Wat Kain betref, word hy nie in die geslagsregister van die Ou- óf van die Nuwe Testament, as die seun van Adam gelys nie. So word Adam ook nooit na verwys as Kain se vader nie. Hierin lê die rede waarom Eva "stammoeder van alle lewendes" genoem word (Gén. 3:20 —Nestle-Aland), maar Adam word nie die stamvader van "al die lewendes" genoem nie. As Kain werklik Adam se eersgeborene was, dan sou hy besondere aandag geniet het.
Wanneer Génesis 4 vers 1 verklaar dat Eva na die geboorte gesê het, "Ek het 'n man verkry met die hulp van die Here", moet die feit voor oë gehou word dat daar destyds geen vroedvrou en geen dokters was nie. Die pyn was sterk; Adam het nie geweet hoe hy haar kon help nie. So, sy het in haar barensnood aan die Here uitgeskree. Reg in die tweede vers staan: "… Daarna het sy ook sy broer Abel gebaar".
Vir die apostel Johannes was dit wat in die tuin van Eden gebeur het, ook duidelik bekend, omdat hy skryf: "… nie soos Kain wat uit die Bose was …" (IJoh. 3:12). Met die woord "Bose", wie se kind hierdie Kain duidelik was, kan dit tog onmoontlik Adam bedoel word. Johannes skryf aan die gelowiges: "… omdat julle die Bose oorwin het" (IJoh. 2: 13b+14b). Dit is ook weer Satan wat bedoel word in Openbaring 20 vers 2, as 'n draak, die ou slang en die duiwel. In die Heilige Skrif kan daar gelees word wie die bose is, naamlik die teenoorgestelde van God, wie alleen "goed" is. Die Here se gebed sê: "en lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die Bose" (Matt. 6:13). Satan, die teëstander van God, is die Bose een, die oorsprong van alle anti-goddelike dinge.
Kain was vol afguns en jaloesie; Hy was die eerste menseslagter en moordenaar. Satan is van die begin af 'n moordenaar (Joh. 8:44). Hy het nie in die hemel vermoor nie, maar op die aarde. Dit is onmoontlik dat Kain van Adam afkomstig is, wie geskape was in die beeld van die heilige God; niks sleg kan uit God kom nie. Omdat Satan, deur die medewerking van die slang, direk in die mensegeslag gekom het en hulle in die verderf en die dood meegesleur het, was dit nodig dat God in die vlees moes kom om ons van die mag van Satan te verlos. Wanneer die verlostes hulle erfdeel ontvang soos oorspronklik beoog was, sal hulle die aarde weer besit en teruggekeer na hul vooraf-bestemde posisie.
Henog was die sewende afstammeling van Adam (Judas, vers 14). Kain tel nie; Abel was vermoor en het dus geen nageslag gehad nie. Daarom gaan die geslagsregister oor na Set, en so is die Woord ook op hierdie punt volmaak: Adam, Set, Enos, Kenan, Mahaláleel, Jered, Henog (Gén. 5: 5-18; Luk. 3:37-38).
Soos met vroue se geboortepyne, so moes die besnydenis van die manne hulle aan die oorspronklike breuk en sondeval herinner. Toe God met Abraham en sy nageslag 'n verbond sluit, het Hy die besnydenis geëis en gesê: "Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word" (Gén. 17:10). Die besnydenis was as 'n ewige verbonds-teken verklaar. Diegene wat hulle nie laat besny het nie, moes uitgeroei word, omdat hulle die verbond verbreek het (verse 13-14). Toe Moses versuim om sy seun te besny wou die Here hom doodmaak: "Toe neem Sippóra 'n skerp klip en sny die voorhuid van haar seun af en gooi dit voor sy voete en sê: Waarlik, jy is vir my 'n bloedbruidegom!" (Ex. 4:25).
In Matthéüs 13 het die Here duidelik en onmiskenbaar van die twee geestelike sade gepraat. "En Hy het geantwoord en vir hulle gesê: Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens, en die saailand is die wêreld. Die goeie saad — dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose …" (Matt. 13: 37-38). Vir die koppige mense, wat deur die Bose oorheers word, het Jesus gesê: "Julle het die duiwel as vader, en die begeertes van julle vader wil julle doen. Hy was 'n mensemoordenaar van die begin af en staan nie in die waarheid nie, omdat daar in hom geen waarheid is nie" (Joh. 8:44).
Die slang se saad was so werklik soos die saad van die vrou. Die saad van die slang was Kain, die saad van die vrou was Christus. Paulus neem hierdie idee op en skryf in Galásiërs 3 van die beloofde saad: "… En aan jou saad, dit is Christus" (vers 16). Hy is die saad, van wie die belofte gemaak is (vers 19). In die Ou Testament lees ons: "… as sy siel 'n versoeningsoffer aangebied het, sal hy 'n nakroos sien" (Jes. 53:10*). Elke saad bring voort volgens sy soort. Dit is God se wet. Die woord vyandskap word ook hier verklaar: "En Ek sal vyandskap stel … tussen jou saad en haar saad …" (Gén. 3:15). Satan het met die hulp van die slang in die mensdom gekom om die goddelike verordening te vernietig. Daarom moes God, deur regenerasie, in die mensdom kom om die vyandskap, deur die dood, af te skaf (Efé. 2: 13-16). In Sy vleesliggaam het die Here die verlossing volbring om 'n nuwe woning in die verlostes te kon inneem. Hy het hulle onder die invloed van Satan uitgepluk en hulle in die koninkryk van God geplaas. God het die hele magte van die teëstander verslaan en in Christus oor hulle getriomfeer (Kol. 2:15).
Omdat Satan menslike vlees en bloed ingedring het, moes God in menslike gestalte in die Seun vlees en bloed aanneem. Dit gaan oor onse lewe; vir die redding van ons siele is versoening en redding slegs moontlik deur die bloed van die lam van God. Daar was geen Joodse, maar goddelike, suiwer en heilige bloed in ons Verlosser, waarin die goddelike lewe was.
Die verskillende skedel- en skeletvorme is glad nie bewys van evolusie, soos die wetenskap ons daarvan wil oortuig nie, maar daar was verskeie spesies wat ook uiterlik van mekaar verskil het. Selfs die vlees was 'n "… vreemde vlees …" (Jud. 7). In IKorinthiërs 15, vers 39 skryf Paulus: "Alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die vlees van mense is anders as die vlees van vee …".
Hier is die ontbrekende skakel in die geskiedenis van die mensdom, alom bekend met die term: "the missing link", wat die wetenskap vandag nog soek. Weens die verskillende skedel- en skeletvorme weet ons dat ‘n vreemde spesie bestaan het. Omdat die navorsers nog geen antwoord het nie, soek hulle dit nog steeds. Sulke geheimenisse is wel te vinde, maar slegs in die geheimenisvolle boek — die Bybel.
Die een spesie het van die vermenging van die slang en Eva gekom: dit was die linie van Kain, wat met 'n dogter van Adam getrou het. Die ander was die nageslag van Adam en Eva — deur Set, wat met sy eie suster getrou het, want Adam en Eva het baie seuns en dogters gehad: "En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agthonderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad" (Gén. 5: 4-5). Later het nog 'n verdere spesie ontstaan, naamlik toe die twee linies self vermeng het. Die afstammelinge van Kain — genaamd "mensekinders" in die Bybel — het nog 'n bietjie van Lucifer se aantreklikheid gehad. En die manne van die linie van Set, die "… seuns van God", het gesien "… dat die dogters van die mense mooi was, en hulle het vir hulle as vroue geneem almal wat hulle verkies het" (Gén. 6:2). As gevolg van hierdie kruising het God besluit om 'n einde te maak aan die menslike geslag, want die Messias moes, na die vlees, uit die suiwer linie voortkom. Sedert die sondvloed was daar net een linie wat teruggaan na Adam. Die huidige menslike ras op die ganse aarde, kom dus almal van die drie seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet (Gén. 9: 18-19; Hand. 17:26).
Maar die twee geestelike linies sal egter daar wees tot aan die einde en in alle volke (Matt. 13:38). Die beoordeling daarvan word slegs aan die Here God toegeken, omdat Hy alleen weet wie, hoe en wat almal is. Een ding kan egter vir die individue aanbeveel word vir selfondersoek: Wie die Woord van God uit die mond van die Here gehoor het, dit glo en doen, kan verwek word uit die woordsaad en uit die Gees van God. Hulle wie innerlik vyandig is en ook daarteen spreek, het waarskynlik niks in gemeen met die Here nie. Dit is in elk geval afhangend van jou eie gedrag. Daar is nog genadetyd, en wie wil, kan tot die Here bekeer, Hom glo en volg.
Satan het vanaf 'n baie hoë berg al die koninkryke van die wêreld, tesame met hul heerlikheid, aan onse Here getoon, en vir Hom gesê: "Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid" (Matt. 4: 8-9). Ons Verlosser het geweet dat Hy Sy bloed vir onse verlossing hier op aarde sal vergiet, en almal diegene wie bestem is vir die ewige lewe sal koop daarmee. Daarom het Hy, as die oorspronklike eienaar, Satan afgemaak. Die psalmis het reeds gesê: "Staan op, o God, oordeel die aarde! Want Ú het erfbesit van al die nasies" (Ps. 82:8). Die apostel Paulus stel dit so: "en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede-erfgename van Christus, as ons naamlik saam met Hom ly, sodat ons ook saam met Hom verheerlik kan word" (Rom. 8:17). Dit sal vervul word teen die einde van hierdie tydvak. Ons het die voorreg om in die tyd te leef waarin al die verborgenhede van die Skrif geopenbaar word. Daarby behoort ook dit wat in die tuin van Eden gebeur het.