Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Die veroordeling van die mens het sy regverdiging nodig gemaak. Regverdiging is nie 'n vryspraak weens 'n gebrek aan bewyse nie. Dit beteken dat die beskuldigde hoegenaamd nie skuldig is nie en dat die aanklagte in onreg teen hom gehef is. Soos 'n persoon wat in die hof staan wat niks verkeerd gedoen het nie, net 'n aanklaer het verskyn wat niks kon doen nie, want niks het plaasgevind wat sy skuld kon bewys nie. Die klagte is teruggetrek, die aanklaer moes die lêers sluit — die saak in afgehandel.
Aan die een kant het die mens skuldig geword voor God, en daarom nodig Hy vergifnis. Regverdiging in die goddelike sin is die ander kant: God sien die man wie se sondes Hy in Christus vergewe het, asof Hy nooit gesondig het nie. Die gesegde lui: "Vergewe — maar nie vergeet nie!". Selfs as ons mekaar volkome in die hart vergewe, sal ons maar altyd herinner word aan die dinge wat gebeur het. By God is dit anders: Hy het die sondes vergewe en onthou dit nie meer nie. As God jou geregverdig het, het niemand die reg om dinge uit jou lewe op te bring nie. Hy wat dit doen, maak homself skuldig en stel die goddelike vergifnis en regverdiging vir homself kragteloos.
Omdat die mens sonder sy toedoen in hierdie sondige toestand gebore word, het God die verdoemingsoordeel, wat Hy regverdigheids-halwe deur Sy wet moes uitspreek, in die Seun op Homself geneem en deur Sy versoening, 'n volledige regverdiging van die mens gebring. "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede bring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom" (Jes. 53:5).
In die brief aan die gemeente in Rome het Paulus die bybelse regverdiging in detail geleer en gewys hoe dit toegedeel en ervaar kan word. Met verwysing na die evangelie van Jesus Christus en die regverdiging wat daardeur volg, skryf Hy: "WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe" (Rom. 1: 16-17).
God het ons nie net gered van die dood en van die vernietiging nie, Hy het die mens ten volle geregverdig en het aan hom sy goddelike geregtigheid teruggegee. Selfregverdiging deur werke, wat voortvloei uit selfgeregtigheid is nie meer nodig nie, want die geregtigheid van God het na ons gekom. 'n Mens se eie geregtigheid tel nie voor God nie en kan ons grootste hindernis wees. Dit is geskryf: "… aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie" (Rom. 3:20).
Deur die soewereine handeling van God word die mens uit die verlore staat, waarin hy veroordeel is, uitgehaal en in sy oorspronklike posisie voor God teruggeplaas. Dit is die kern van Jesus Christus se evangelie. God het ons nie net vergewe nie, Hy het ons geregverdig, selfs Sy eie geregtigheid gegee: "… die geregtigheid naamlik van Goddeur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo … want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is" (Rom. 3: 22-24).
Hier is daar geen plek vir jou eie werke wat tot selfgeregtigheid lei nie, hier moet ons plek maak vir die goddelike boodskap, die evangelie van Jesus Christus. Dit is inderdaad die blye en vrymakende boodskap van verlossing, wat oor die hele wêreld uitgebasuin moet word. Die mensdom word met God versoen. "… om sy geregtigheid te toon in die teenwoordige tyd, sodat Hy self regverdig kan wees en regverdig maak wie uit die geloof in Jesus is" (Rom. 3:26). Nie die geloof in 'n stigter van 'n godsdiens of 'n denominasie nie, maar in Jesus; in Hom het God en die mensdom mekaar ontmoet en versoen geword en hierdie goddelike regverdiging bewerk. Vrome, godsdienstige werke tel nie: "Ons neem dus aan dat die mens geregverdig word deur die geloof sonder die werke van die wet" (Rom. 3:28).
Dit was duidelik dat Paulus so verontrus was deur die idee van regverdiging, dat hy hierdie onderwerp van alle kante deeglik ondersoek het. Vanaf hoofstuk 3 tot by hoofstuk 8 in Romeine, gee hy 'n uitgebreide inleiding tot God se plan van verlossing. Elkeen moet net in geloof aanvaar wat God gegee het, en Hom daarvoor dank. Enigeen wat dit deur sy eie werke probeer doen, sal nooit die voltooide werk van God in die ware en volle betekenis daarvan kan sien nie. Ons eie optrede verhoed dat ons sien wat God werklik gedoen het. "… aan hom egter wat nie werk nie, maar glo in Hom wat die goddelose regverdig, word sy geloof tot geregtigheid gereken" (Rom. 4:5).
Van Abraham word die belangrike les aangegee, dat die een wat deur God aangespreek word en die Woord van die belofte ontvang, glad nie kyk na homself en na die omstandighede rondom hom nie, maar uit die hart dit glo wat God gesê het. Hy sien dit reeds, alhoewel dit nog nie daar is nie en gee aan God die eer en leef in geloofsekerheid, in die vaste oortuiging dat God dit wat Hy belowe het, eintlik sal verwerklik.
In Romeine 5 gaan die apostel voort: "Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus" (vers 1). Hy wys dat ons deur geloof toegang tot ons huidige genade-toestand verkry het, dat ons kan roem in die hoop op die heerlikheid van God, selfs in nood en verdrukking. Dan kom hy terug na die kern van regverdiging: "Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn" (vers 9). Daar word keer op keer beklemtoon waarom dit gaan: dat dit is nie 'n geloof in net enigiets is nie, maar geloof in die gekruisigde Jesus Christus en in die deur-Sy-kosbare-en-heilige-bloed-verwerkte verlossing.
Samevattend skryf die apostel: "Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe. Want soos deur die ongehoorsaamheid van die een mens baie tot sondaars gestel is, so sal ook deur die gehoorsaamheid van die Één baie tot regverdiges gestel word" (Rom. 5: 18-19). So seker soos ons aan die een kant besef dat die verdoemingsoordeel alle mense geraak het sedert Adam, so kan ons aan die ander kant glo, dat hierdie oordeel afgeskaf is, dat ons voor God volkome vergewe en ten volle geregverdig is.
Hoofstuk 6 wys dat ons saam met Christus tot die gelykheid van die dood en dus met hom gekruisig, begrawe en opgewek is met Hom tot 'n nuwe, goddelike lewe.
Romeine 7 toon die mens in al sy hulpeloosheid. Hy sien homself bedrieg deur die sonde en voel die hardheid van die goddelike wet. Slegs waar daar 'n wet is, kan daar oortreding wees. Sonder die wetgewing op Sinai, met al die voor- en nadele, sou die mensdom nie geweet het wat reg is nie. Die wet is gegee sodat die mens bewus van die oortreding daarvan kon word. Die regverdige regter het deur Sy wet veroordeel en, as Verlosser, genade en barmhartigheid gegee. "… die barmhartigheid roem teen die oordeel" (Jak. 2:13).
Die mens word bewus van sy gebondenheid, dat hy verslaafd is deur gewoontes, hartstogte, ens., bewus van die sielekreet: "Want wat ek doen, weet ek nie; want wat ek wil, dit doen ek nie, maar wat ek haat, dit doen ek … in my, dit wil sê in my vlees, niks goeds woon nie; want om te wil, is by my aanwesig, maar om goed te doen, dit vind ek nie … Ek, ellendige mens! Wie sal my verlos van die liggaam van hierdie dood?" (Rom. 7: 15-24). Elke mens, wanneer hy tot die Here bekeer, moet deur hierdie innerlike proses gaan, want daarsonder is geen bekering moontlik nie.
Eers dan volg wat in hoofstuk 8 beskryf word as 'n beleefde, goddelike realiteit. Die mense wat deur hul geloof in Christus en in Sy volbragte verlossingswerk geregverdig is, kan uitroep: "Daar is dan nou geen veroordeling vir die wat in Christus Jesus is nie" (vers 1), omdat hulle vrede by God gevind en Sy rus ingegaan het.
Satan, die aanklaer van die broeders (Openb. 12:10), en diegene wat hulself aan hom beskikbaar stel, maak voortdurend nuwe aantuigings teen die gelowiges en die geregverdigdes. Paulus wys ook hier die feit: "Wie sal beskuldiging bring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. Wie is dit wat veroordeel?" (vv. 33-34).
Die ware regverdiging moet beslis nie net gesien word as 'n behandelde leerstelling nie, dit moet ‘n ervaarde ondervinding wees. Die regverdiging is die tweede deel van die vergewing. God moes die mens veroordeel omdat hy skuldig geword het. Die krag van verlossing, deur die bloed van die Lam, het die skuld gedelg. 'n Verdere aanklag kan nie gemaak word nie, al sou Satan ook aanhoudend probeer. Hy het dit met Martin Luther probeer, wie deur die sekerheid van geloof uitgeroep het: "Die regverdige sal deur die geloof lewe!". Goddelike regverdiging kom alleen deur geloof in die volmaakte verlossing deur Jesus Christus.
Dit is met vergifnis, wat gekoppel is aan die lyding, sterfte en opstanding van Christus, met die regverdiging, en verbind met die lewe van God, dat die mens homself, deur bekering, na God heen wend. Dit is die einde van die eie lewe, en deur wedergeboorte die begin van die nuwe, goddelik ervaarde lewe. "Hom … wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking …" (Rom. 4:25). So seker as wat Jesus gesterf het, word sonde vergewe, so sekerlik soos Hy opgestaan het, is ons eens en vir altyd geregverdig.
Die apostel Jakobus wys hoe die geloof van diegene wie in God geregverdig is, deur ooreenkomstige gehoorsaamheid en bypassende werke voltooiing vind: "Sien jy dat die geloof saamgewerk het met sy werke en dat die geloof volkome geword het uit die werke? En die Skrif is vervul wat sê: En Abraham het God geglo, en dit is hom tot geregtigheid gereken, en hy is 'n vriend van God genoem" (Jak. 2: 22-23).
Werke regverdig nie die mens nie. Dit is slegs 'n bestanddeel van die regverdiging deur geloof. Hy wat God glo, tree op volgens wat God beveel het. Abraham het geglo dat God sy seun Isak uit die dode sou opwek en was dus bereid om hom as 'n offerhande te offer soos hy beveel was. Uit hierdie geloofssig was gehoorsaamheid nie vir hom moeilik nie. Jakobus verwys nie na werke wat mense willekeurig doen in die sin om daarmee na God uit te reik nie, maar slegs na werke wat op die bevel en die Woord van God gedoen word. Wie regtig glo, doen wat God gesê het. "Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel" (Joh. 15:14). So haal die geloof asem en is dit lewendig.
Die persoon wat geregverdig is deur geloof in Jesus Christus, staan voor God asof hy nooit gesondig het nie. Hy word in die oorspronklike stand en in die ewige bestemming teruggeplaas en wag net vir die verandering van die liggaam en volmaaktheid. Wie werklik glo, sal deur hul lewe en dade, ook deur hul gehoorsaamheid, met blydskap bewys hoe Abraham dit gedoen het. In Hebreërs 12 word die verlostes as die volmaakte regverdiges getoon: "Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tienduisende engele, by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges" (vers 22-23).
Die veroordeling van die mens het sy regverdiging nodig gemaak. Regverdiging is nie 'n vryspraak weens 'n gebrek aan bewyse nie. Dit beteken dat die beskuldigde hoegenaamd nie skuldig is nie en dat die aanklagte in onreg teen hom gehef is. Soos 'n persoon wat in die hof staan wat niks verkeerd gedoen het nie, net 'n aanklaer het verskyn wat niks kon doen nie, want niks het plaasgevind wat sy skuld kon bewys nie. Die klagte is teruggetrek, die aanklaer moes die lêers sluit — die saak in afgehandel.
Aan die een kant het die mens skuldig geword voor God, en daarom nodig Hy vergifnis. Regverdiging in die goddelike sin is die ander kant: God sien die man wie se sondes Hy in Christus vergewe het, asof Hy nooit gesondig het nie. Die gesegde lui: "Vergewe — maar nie vergeet nie!". Selfs as ons mekaar volkome in die hart vergewe, sal ons maar altyd herinner word aan die dinge wat gebeur het. By God is dit anders: Hy het die sondes vergewe en onthou dit nie meer nie. As God jou geregverdig het, het niemand die reg om dinge uit jou lewe op te bring nie. Hy wat dit doen, maak homself skuldig en stel die goddelike vergifnis en regverdiging vir homself kragteloos.
Omdat die mens sonder sy toedoen in hierdie sondige toestand gebore word, het God die verdoemingsoordeel, wat Hy regverdigheids-halwe deur Sy wet moes uitspreek, in die Seun op Homself geneem en deur Sy versoening, 'n volledige regverdiging van die mens gebring. "Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede bring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom" (Jes. 53:5).
In die brief aan die gemeente in Rome het Paulus die bybelse regverdiging in detail geleer en gewys hoe dit toegedeel en ervaar kan word. Met verwysing na die evangelie van Jesus Christus en die regverdiging wat daardeur volg, skryf Hy: "WANT ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. Want diegeregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe" (Rom. 1: 16-17).
God het ons nie net gered van die dood en van die vernietiging nie, Hy het die mens ten volle geregverdig en het aan hom sy goddelike geregtigheid teruggegee. Selfregverdiging deur werke, wat voortvloei uit selfgeregtigheid is nie meer nodig nie, want die geregtigheid van God het na ons gekom. 'n Mens se eie geregtigheid tel nie voor God nie en kan ons grootste hindernis wees. Dit is geskryf: "… aangesien uit die werke van die wet geen vlees voor Hom geregverdig sal word nie" (Rom. 3:20).
Deur die soewereine handeling van God word die mens uit die verlore staat, waarin hy veroordeel is, uitgehaal en in sy oorspronklike posisie voor God teruggeplaas. Dit is die kern van Jesus Christus se evangelie. God het ons nie net vergewe nie, Hy het ons geregverdig, selfs Sy eie geregtigheid gegee: "… die geregtigheid naamlik van Goddeur die geloof in Jesus Christus vir almal en oor almal wat glo … want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdigdeur die verlossing wat in Christus Jesus is" (Rom. 3: 22-24).