Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 22 - Vernuwing en Wedergeboorte

« »

Die ervaring van God se regverdiging maak 'n einde aan die ou lewe, wat sonder God gelei was en begin dan die innerlike vernuwing. Alhoewel dit oor 'n enkele verlossingsdaad en een verlossing handel, vind die goddelike genadewerk plaas in die verskillende aspekte van ons lewens en word derhalwe deur verskillende begrippe uitgedruk.

Dit begin met die ontwaking: die God-geskeide man, wat geestelik dood was, word wakker geskud. Dit word deur die Gees van God onder die prediking van die evangelie gedoen. Tot dan toe is die mens eintlik geestelik dood sonder om dit te weet. Vir hom is die wêreld goed, hy sien nie dat iets verkeerd is nie.

Godsdienstig of nie, die mens verplaas elke gedagte van die hiernamaals, van 'n persoonlike verantwoording voor God en by die Laaste Oordeel. Diesulkes, wie daardie moontlikheid nie heeltemal uitsluit nie, oortuig tog hulself en andere: "Ek het niemand doodgemaak nie, het nie dit of dat gedoen nie, so dit sal nie so erg wees as daar iets opkom nie". Iets gaan eintlik opkom. Almal moet weet dat God nie 'n ou oupa, of 'n liewe oom is nie, by wie 'n mens met 'n paar mooi woorde guns kan wen nie. God is dan nie meer die liefdevolle Verlosser nie, maar die streng Regter. Hy is gebind aan Sy eie Woord en moet daarvolgens oordeel.

Net soos Hy nou gebind is aan Sy Woord en almal wat in Hom glo, vergewe en begenadig, verlos en geregverdig word, sal Hy ook almal wat Hom teëstaan, wat Hom weerspreek, en Sy verlossingsraad verwerp, regverdig oordeel. Selfs diegene wat op hul eie manier probeer, sonder om God regtig te vertrou, sal teleurgesteld wees. Eintlik is dit nie net om te glo nie, maar om God te glo — om dit te glo wat Hy in Sy verlossingsraad vir die mensdom vasgelê het. Wie God nie glo nie, maak Hom 'n leuenaar (IJoh. 5:10).

Allereers sien die natuurlike mens nie die geestelike dinge nie, ongeag van hoe godsdienstig hy mag wees. Dit begin met 'n herlewing, met die opwekking van die gewete vanuit 'n geestelike doodslaap. Met Petrus se vurige preek was die mense so innerlik geroer en ontnugter, dat hulle uitgeroep het: "Wat moet ons doen, broeders?" (Hand. 2:37b).

Die gelowige luisteraars ervaar die verkondiging van die evangelie verskillend. Toe Petrus in die huis van Cornelius preek, het hy aan die byeenkoms binne 'n enkele preek vanaf bekering tot die doop van die Gees, alles op een tyd meegedeel (Hand. 10: 34-48). Die Gees van God kan net die verkondigde Woord laat werk volgens die innerlike ingesteldheid van die luisteraar en volgens hul geloofsverwagting in die gevolmagtigde prediking. Dit is goed dat daar geen patroon is wat uitgelê moet word nie. Die geloof wat regtig geldig en effektief is voor God kom uit die prediking — uit die boodskap van die volle evangelie. Alle ervarings, wat nodig is vir redding, kan ervaar word deur te luister. Die Gees van God begin om te werk deur selfondersoek, wat lei tot berou. Die mens voel pyn oor dinge wat hy nie reg gedoen het nie en vra God om vergifnis.

Die bewustheid van die sonde dring so diep in, dat 'n mens van die teenwoordigheid van die Heilige God bewus word: "O Here, ek het teen die hemel en voor U gesondig!". Dan volg die restitusie. Diegene wie gesteel het, steel nie meer nie; wie gelieg het, lieg nie meer nie, ens. Dit is 'n werklike bekering tot Christus en 'n vernuwing vind plaas, wat uitvloei in die wedergeboorte. Die een wat dit so begryp, vra die Here om hom alles te vergewe en bely dit wat hom belas en wat hom bedruk maak. Gedurende gebed gebeur iets buitengewoon, naamlik, die bonatuurlike werk van genade: skielik kom die sekerheid van saligheid en die vrede van God in die hart. 'n Man wat berou ondervind, weet op daardie oomblik dat dit geloof verg, wat in Jesus Christus is, wat salig maak. Dit is 'n ware belewenis, 'n innerlik-waarneembare proses, 'n direkte aksie van die Gees van God in gelowig-wordenes. Die Gees van God getuig dan aan sy gees dat hy 'n kind van God geword het (Rom. 8:16). Redding in Christus word vandag nog beleef; dit is tasbaar.

Wie homself waarlik in geloof tot God wend en sy hart vertroulik na Hom open, wie nie net sê: "Ek gaan maar net na die saak luister" nie, maar met die regte gesindheid kom en met die Here begin praat, nadat hy deur die preek aangespreek voel, ervaar God vandag net soos dit in die vroeë Christendom was. Hy is geloofwaardig; Hom kan 'n mens werklik vertrou.

Dit is jammer dat, as gevolg van die baie geestelike strome, die een, smalle weg van die Here en die gepaardgaande belewenis van Jesus, in 'n heeltemal verwronge beeld daargestel word.

Die gesprek met God moet kinderlik-gelowig wees, asof 'n brief beantwoord word. Ons wend onsself na wat Hy aan ons geskryf het, want God praat met ons deur Sy Woord en in gebed praat ons met God. Hy maak aan ons Sy aanbod om Sy wil te weet. In gebed verwys ons na dit en sê dankie vir alles. So bereik die mens persoonlike gemeenskap met God.

In geloof en vertroue laat ons onsself deur die Woord aanspreek en ondervind dat dit skielik heel persoonlik bedoel word soos met Nikodemus: "Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie" (Joh. 3:3). Die ervaring van die wedergeboorte is 'n goddelike moet om die koninkryk van God te betree. "Moenie jou verwonder dat Ek vir jou gesê het, julle moet weer gebore word nie" (Joh. 3:7). Die ervaring van wedergeboorte het met die filosofie van reïnkarnasie — wat dikwels misleidend as wedergeboorte beskou word — absoluut niks te doen nie. By wedergeboorte, soos die Skrif leer, kom die mens nie in 'n ander vorm of gestalte terug nie, maar soos hy lewe in sy liggaam, word hy 'n gelowige. Hy neem God se Woord in en die Heilige Gees laat dan die verwekking geskied en in die siel van die mens word nuwe, goddelike lewe voortgebring.

"Maar toe die goedertierenheid van God, ons Verlosser, en sy liefde tot die mens verskyn het — nie op grond van die werke van geregtigheid wat ons gedoen het nie, maar na sy barmhartigheid het Hy ons gered deur die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees wat Hy ryklik uitgestort het op ons deur Jesus Christus, ons Verlosser; sodat ons, geregverdig deur sy genade, erfgename kan word ooreenkomstig die hoop van die ewige lewe" (Tit. 3: 4-7).

In Titus 2, vers 11, skryf die apostel: "Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn". Die begenadigde mens erken dit wat tot sy verlossing strek en nodig is. In die briewe word die wedervaringe van diegene beskryf wat Christus vir die grootste deel gesien en ervaar het. Aangesien Hy gister, vandag en in ewigheid dieselfde is (Heb. 13:8), doen Hy ook so met almal wat na Hom toe kom. Wie die Woord van waarheid opneem, beleef dit wat daarin belowe word. "Volgens Sy wil het Hy ons voortgebring deur die woord van die waar-heid, sodat ons as eerstelinge van sy skepsele kan wees" (Jak. 1:18).

Dieselfde gedagte druk die apostel Petrus uit, wat skryf: "As julle in gehoorsaamheid aan die waarheid julle siele deur die Gees tot onge-veinsde broederliefde gereinig het, moet julle mekaar vurig liefhê uit 'n rein hart; want julle is wedergebore nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike, deur die lewende woord van God wat tot in ewigheid bly" (IPet. 1: 22-23). Wie persoonlike ervarings met God het, soos dit in die Skrif beskryf word, word deel van Sy Woord, Sy wil, en Sy verlossingsplan. Op hul beurt kan sulke mense alles wat geskryf staan, behoorlik plaas. Dit verg hierdie eenheid van die verlostes met die Verlosser, sodat ons kan sien, soos Hy sien en wil hê, wat Hy wil hê.

Met die ervaring van bekering, vernuwing en wedergeboorte, begin die navolging van Jesus Christus. Daartoe word die ganse mensdom uitgedaag. Wat die navolging behels, kan in baie bybelgedeeltes gevind word. Die Here kom skielik eerste. Indien nodig, moet huis en erf, vrou of man, broers en susters, ouers of kinders, vriende ens., om die ontwil van God se koninkryk, agtergelaat word (Luk. 18: 29-30), dit is, indien slegs hierdie persoon en nie die res van die familie gelowig word, kan hy homself nie terug laat hou nie. Met die navolging word nie bedoel om by 'n klooster of by een of ander orde aan te sluit nie, maar om tuis te bly en jou professionele, daaglikse lewe na die wil van God en dienooreenkomstig Sy Woord in te rig. Om die breë weg te verlaat en die smal weg te volg, bring nagevolge vir elke persoon. Niemand kan twee meesters dien nie, niemand kan op twee weë gelyktydig wandel nie. Die besluit moet geneem word, en die lewe van 'n mens lê self getuienis af, van die weg waarop hy gaan.

Volgens die getuienis van die Skrif het die ervaring van vernuwing betrekking op die hart van die mens: "Ek sal julle 'n nuwe hart gee" (Esé. 36:26). Die innerlik-hernuwe man staan ​​voor die groot taak om alles af te lê wat verbonde is aan die ou mens. Basies gesproke, lei alle ongelowige mense 'n dubbel lewe. Die mens is nie wat hy voorgee en hoe ander hom aanskou nie. Elke persoon het twee gesigte: aan een wys hy hoe hy homself wil wees en met die ander, soos hy werklik is. Ook op hierdie punt word ons op die duidelikste moontlike manier geleer: "dat julle, wat die vorige lewenswandel betref, die oue mens moet aflê wat deur die begeerlikhede van die verleiding te gronde gaan … en dat julle vernuwe moet word in die gees van julle gemoed en julle met die nuwe mens moet beklee wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid" (Efé. 4: 22-24). In die daaropvolgende verse word 'n hele paar dinge gelys wat nie in die nuwe lewe behoort nie.

Nadat die gewete van die mens wakker word vanuit die geestelike dood, vermaan God se Gees hom van dinge wat nie reg is voor God nie. Dit is deel van die heiligmaking van die gelowige. "En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is" (Rom. 12:2). Hy wat die voetspore van Jesus volg, dra nie die kruis op 'n halssnoer of op sy skouer nie, maar neem die skande van Christus, die gekruisigde, op homself en gaan op die smal weg wat lei tot die lewe (Matt. 16:24).

Paulus sluit sy brief aan die Galásiërs af: "Maar wat my betref, mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wêreld vir my gekruisig is en ek vir die wêreld" (6:14). Slegs diegene wat aan hulself en van hierdie wêreld gesterf het, kan in hierdie wêreld met Christus leef. Al die ander bly in vrome begeertes en pogings, altyd met nuwe en goeie bedoelings, maar tot mislukking gedoem. Die verlostes vorm 'n ware God-welgevalle eerstelingskare.

Ongelukkig is daar ook in hierdie area 'n afwyking, wat met die bybelse begrip: "om alle dinge te verloën en die Here te volg", niks te doen het nie. In die vroeë Christendom en in die eerste eeue en by die ware gelowige te alle tye, selfs nou in die 20ste eeu, het diegene wat Christus ervaar het, gewoon net waar hulle was, soos van die gelowiges verwag word. Niemand het hulle onttrek en na 'n klooster gekeer nie, of hulself verdiep in vrome meditasies, wat op eie geregtigheid gegrond is nie. Die apostels en die gelowiges in die vroeë Christendom het 'n normale lewe gelei in alle opsigte, maar met Christus! Elkeen was by hul werkplek, in die familie, in die dorp of in die stad met Christus en was dus 'n lewende getuienis van die ervare genade. Die gelowig-gewordene, het die vermoë om deur die krag van God die wêreld te betree, en binne die perke van die Woord van God 'n normale lewe te lei. Dit sluit in die huwelik, beroep en alles wat die aardse reiking insluit. Dit gaan nie oor mense wat uit hierdie wêreld geneem word nie, maar die wêreldse wat uit mense geneem word.