Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Soos Paulus, sal elke ware dienskneg van Christus graag die evangelie op so 'n manier verkondig dat dit alles deurdring tot 'n lewe wat vir God welgevallig is: "om 'n dienaar van Jesus Christus onder die heidene te wees, 'n dienaar van die evangelie van God, sodat die offer van die heidene welgevallig kan wees, geheilig deur die Heilige Gees" (Rom. 15:16).
Ook hierdie tema behoort tot die verkondiging van die volle evan-gelie. In Hebreërs 12 vers 14 word onomwonde gestel: "Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie". Dit is 'n aangeleentheid wat ernstig opgeneem moet word. Aan die geregverdigde, die hernude en die wedergeborene, word hier gesê dat hulle nie na die Here moet kyk sonder heiligmaking nie, dus: dat hulle geen deel aan die eerste opstanding, transformasie, wegraping en die bruilofsmaal van die Lam sal hê nie. Dit is tog juis die doelwit wat bereik moet word. Hulle wil Hom aanskou, want dan word hulle in Sy beeld verander (IJoh. 3: 2-3). Op daardie tydstip sal vervul word wat onse Here in die bergrede gesê het: "Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien" (Matt. 5:8).
Die verlostes word tot 'n reiniging en heiligmaking deur die Woord en Gees van God uitgedaag, op grond van die beloftes wat God gemaak het en wie glo sien dat hulle dienooreenkomstig gerealiseer het. "Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring" (IIKor. 7:1). In die onmiddelike voorafgaande verse word gewys watter groep hier aangespreek word. Dit gaan oor mense wie onder God wandel, wie Hy Sy volk noem. Hulle is uitgeroep en van alles afgesonder wat nie van goddelike oorsprong is nie. Hulle luister na wat die Here gesê het: "… en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem; en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees" (IIKor. 6: 16-18).
In die voorlaaste vers word twee gebiede aangespreek: die bevlekking van die vlees, dit is sondige oortredings deur die liggaam en sondige oortredings wat gees en siel bevlek. Volledige heiligmaking sluit die hele persoon in. Van Christus, wie die Gemeente innig liefgehad en Homself daarvoor gegee het, word gesê tot watter doel dit geskied: "… om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord, sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees" (Efé. 5: 26-27).
Sonder blaam, vlekkeloos en heilig, sal die verlostes hulle Verlosser sien. Heiligmaking handel oor die "waterbad in die Woord". Ook in hierdie geval is 'n goed-verstaanbare voorbeeld nodig: nie 'n besprinkeling nie, maar 'n volle bad, 'n onderdompeling in die ganse volheid van die Woord, wat Gees en Lewe is. Die hele mens, siel, gees en liggaam word binne die grense van die Woord geplaas, wat beteken dat die wil van God vreugdevol geleef word, en nie deur dwang nie. Hierdie waterbad in die Woord was alle onbybelse oorlewerings, elke nutte-lose tradisie, alle gewoontes, vergrype en gebondenheid af. Onse Here het gesê: "Julle is alreeds rein deur die woord wat Ek tot julle gespreek het" (Joh. 15:3). Uit die woord herken die mens dit wat nie na God se wil is nie, en reël sy lewe ooreenkomstig.
Reiniging en heiliging deur Woord en Gees kan net daar gebeur waar die mens gereed is om te glo en die hele Woord te leef. Jesus, onse Here, is nie net vir verlossing nie, maar ook vir geregtigheid en heiliging (IKor. 1:30). Kort daarna is die bevestiging: "… Daarom, soos geskrywe is: Die wat roem, moet in die Here roem". Selfglorie is hier heeltemal uitgesluit, want dit is nie wat ons kan doen wat tel nie, maar slegs wat Hy in ons gedoen het. Hom alleen kom toe die heerlikheid en die eer. "Want ons is Sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel" (Efé. 2:10). God het vir alles gesorg. Hy het selfs wat ons moet doen, dit wat Hy wil hê dat ons moet doen, voorsien vir ons. Al wat ons moet doen, is lewe en wandel daarin.
Jesus wys wat ware heiligmaking beteken, hoe dit gebeur en dat Hy dit alreeds voorsien het: "Heilig hulle in u waarheid; u woord is die waarheid … En Ek heilig Myself vir hulle, sodat hulle ook in waarheid geheilig kan wees" (Joh. 17: 17-19). 'n Heiligmaking wat voor God geldig is, is net moontlik in die Woord van waarheid wat heilig is. Elke eie menslike poging lei tot skynheiligheid.
In die Skrif was die term "heilig" aanvanklik alleen aan God verwant, want net Hy is Heilig. Verder is alles wat uit Hom kom ook heilig. Ook dit wat Hy as die Heilige vir Homself aanspraak op maak, is Heilig. So is Sy volk dus ook 'n heilige volk (Ex. 19:6). Sy priesters is heilig deur hul roeping en toewyding (Lev. 21). Op die voorhoof van die Hoëpriester was gegraveer "Heilig aan die Here" (Ex. 28:36). Slegs in verbinding met Hom kan dinge en mense heilig wees, die wat Hy afgesonder het en vir Homself in diens gestel het.
Die profeet Jesaja het 'n magtige ervaring gehad. Hy het die Here op die Troon gesien en die hemelse wesens gehoor roep: "Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare. Die hele aarde is van Sy heerlikheid vol!" (6:3). Die apostel Johannes vertel soortgelyke dinge, toe hy die Here op die troon gesien het: "… en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!" (Openb. 4:8). Die heilige en volmaakte God maak heilig en volmaak. Hy sonder mense af, roep hulle uit en laat as Redder die gereddes deelneem aan Homself. "Want Hy wat heilig maak, sowel as hulle wat geheilig word, is almal uit Een; om hierdie rede skaam Hy Hom nie om hulle broeders te noem nie" (Heb. 2:11).
Jesus Christus, die Verlosser, word die Heilige van God genoem omdat Hy uit die Heilige God gekom het. Die nuwe lewe, wat die mens van God ontvang, is inderdaad die lewe van Jesus Christus met al Sy heilige deugde en eienskappe. So geskied heiligmaking dus volgens die Woord van die Skrif: "Wees heilig, want Ek is heilig" (IPet. 1:16).
Paulus het altyd die gelowiges as heiliges en geliefdes gegroet: "… aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges …" (IKor. 1:2).
"Paulus, 'n apostel van Jesus Christus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Éfese is" (Efé. 1:1).
"Paulus en Timótheüs, diensknegte van Jesus Christus, aan al die heiliges in Christus Jesus wat in Filíppi is, saam met die opsieners en diakens" (Fil. 1:1).
"Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedig-heid, lankmoedigheid" (Kol. 3:12).
God ken net volmaaktheid. God sien die verloste menigte as uitgeroep, geliefd, gereinig en geheilig deur Jesus Christus, as Sy heeltemal spesiale eiendom. Deur Sy Heilige Woord en deur Sy Heilige teenwoordigheid, is ons 'n aan-Hom-geheiligde volk. Die apostel Paulus praat van geestelik-bewerkte heiligmaking, in diegene wat vir die verlos-sing gekies is, deur in die waarheid te glo (IIThess. 2:13).
Diegene wat Jesus Christus nie ervaar het, soos Hy in die vroeë Christendom deur die gelowiges ervaar was nie, kan hulself onttrek en dink dat, deur hulle af te sonder kan hulle heilig word; sommige doen dit selfs met berou en selfontsegging, deur afstand te doen van wat die lewe bied, maar dit is alles nietig voor God! Net diegene wat Hy uitgeroep het, afgesonder en vergewe het en wat Hy deur die wedergeboorte Sy eiendom gemaak het, kan van Hom geheilig word. Slegs mense wat hulself volkome aan die Here gewy het, word in gehoorsaamheid aan Hom en Sy Woord, van die goddelike waarheid deurdring en geheilig. Die bekeerde mens, wat op grond van hierdie hoë goddelike roeping bestem is vir 'n spesiale goddelike doel, neem nie meer deel aan die wêreldse genot nie, want daar staan geskrywe: "… die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig" (IJoh. 2:17). Hier verwys dit na alles wat deur God gebied en verbied word: die tien gebooie en al die ander voorskrifte wat betrekking het op die persoonlike lewe (Levitikus 19 tot 21), die berg-predikasie, die evangelies en die briewe. Die deur God geheiligde mens, dra die Woord in homself, om dit deur die genade van God te vervul en nie te oortree nie.
Tot sulkes rig Paulus die woorde: "En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen" (IThess. 5: 23-24).
Die Heilige Skrifte ken glad nie die katolieke praktyk van salig- en heiligspreking nie. Dit ken ook van geen dooie mense wat heiliges of selfs beskermheiliges genoem word nie. Dit is maar net 'n stre lende misleiding. Miljoene mense draai na sogenaamde heiliges wat nie bestaan nie. Ons word beveel om ons direk tot God en nie tot mense te wend nie. Enigeen wat daaroor lees, sal sien dat in die verre-oosterse godsdienste, (by)geloof in die voorvaders 'n baie groot rol speel. Net die salige en heilige God maak salig en heilig. Wie nie in hierdie lewe salig en heilig geword het nie, dit sal nie na die dood word nie. Selfs die gebede van die mense wat nog lewe sal niks help nie.
Petrus vermaan die gelowig-gewordenes, in die lig van die groot dag wat verwag word: "Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? — julle wat die koms van die dag van God verwag en verhaas …" (IIPet. 3: 11-12).
Dit moet beklemtoon word dat dit nie die mens is wat iets bereik het om trots op te wees nie. Heiligmaking is aan ons ‘n van-God-geskenkte toestand, wat ons najaag, aanneem en uitleef. Heiligmaking het moontlik geword soos verlossing deur die offer van Jesus Christus, want dit is wat God wou hê: "Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal" (Heb. 10:10).

Paulus het altyd die gelowiges as heiliges en geliefdes gegroet: "… aan die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepeheiliges …" (IKor. 1:2).