Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 24 - Die Doping met die Gees

« »

Diegene wat gelowig word, laat hulle bybels doop in water, deur onderdompeling, in die Naam van die Here Jesus Christus. So bevestig die mens homself teenoor God, en aanvaar die Nuwe Verbond wat deur Hom ingestel is. Die antwoord wat God aan die gelowige gee, is dat hy met die Heilige Gees gedoop word. Dit is 'n bonatuurlike ervaring, wat die ware gelowiges ondergaan sedert daardie eerste Pinksterdag. Volumes kan oor hierdie onderwerp geskryf word. In hierdie daarlegging sal ons egter slegs in telegramstyl die belangrikste aspekte oor die werking van die Gees uiteen sit. In die eerste plek sal ons betragting doen oor die beloftes wat vooraf met betrekking tot die ontvangs van die Heilige Gees gegee was. Die profeet Joël het die Pinkster gebeurtenis in hoofstuk 2 beskryf.

Niemand het enige invloed op hierdie ervaring nie, dit is 'n bo-natuurlike gebeurtenis, wat deur God aan die mens geskenk word. Daarom het Petrus gesê: "… Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom" (Hand. 2: 16-17). Met die term die "laaste dae" word die laaste tweeduisend jaar bedoel, want 'n dag is by God soos 'n duisend jaar (IIPet. 3:8).

Hierdie ervaring is bonatuurlik en dus glad nie beïnvloed deur menslike vaardighede, toegewings en talente nie. Deur die uitstorting van die Heilige Gees, aan die een kant, word die nege geestelike gawes, soos beskryf in IKorinthiërs 12 verse 4-11, in die gemeente werksaam, en aan die ander kant bewerk dieselfde Heilige Gees die nege-voudige vrugte in die lewe van die individue, soos in Galásiërs 5, verse 22-23 gelys is. Waar die Gees van God werklik is, is daar geestelike gawes en geestelike vrugte. Daardeur word die lewe en aard van Jesus in die gelowiges geopenbaar. Ons kan nie hier ingaan op die besonderhede van die gebruik van die geestelike gawes nie; hulle dien egter presies soos die vyf bedieninge (Efé. 4:11; IKor. 12:28), vir die opbou van die Gemeente (IKorinthiërs 12 en 14).

In die Ou Testament het God belowe om Sy Gees op alle vlees uit te stort. In die Nuwe Testament was dit gesê dat dit Jesus Christus, die Seun van God is, wat sal doop met die Heilige Gees en met vuur (Matt. 3:11). Lukas lewer so verslag oor die aankondiging wat Johannes die Doper gemaak het: "Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur" (Luk. 3:16). Uit die kombinasie van die konsepte: "Doop met die Heilige Gees en met vuur", het die woord "geestesdoop" ontstaan, want dit gaan ook in die geestelike oor 'n "dompeling". Soos Johannes gedoop het in die water, so moet die gelowiges volkome gedoop word in die volheid van die Gees.

Die hele proses van verlossing is sentraal op Christus gebasseer; Hy is die middelpunt van die heilsgeskiedenis. In Hom het God die nuwe begin gemaak as die Eersgeborene, oor wie die Gees gekom het, sodat dieselfde Gees deur Hom op alle eersgeborenes uitgestort kan word: "En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal …" (Luk. 3: 21-22). Toe Jesus, die Seun van die mens, gebid het, het die hemele oopgegaan, en die Heilige Gees sigbaar geword, soos die Gees van God in Génesis 1 sigbaar op die waters gesweef het — nou in die gestalte van 'n duif. Die Gees van God het nie 'n gestalte nie, maar kan Homself in 'n gestalte openbaar.

In die simbool van die duif word iets geïllustreer, sowel as met die van die lam. Die Seun van God het nie die gestalte van 'n lam nie, Hy loop regop soos ons mense. Deur hierdie simbool word die goddelike betekenis van verlossing geïllustreer: die lam as 'n offerdier met die sagmoedigste wese onder die diere; die duif, wat Noag die ark uit laat gaan het, as die voël van die hemel, wat geen gal het nie en rein is. Daarom word die Gees van God gesimboliseer in 'n duif wat op die Lam van God neergedaal het. God kan Homself op verskillende maniere openbaar maar bly nog altyd dieselfde.

God is nie 'n ou man met 'n lang baard nie, selfs al sou Daniël Hom gesien het as 'n eerbare ou man wat in die oordeel sit (Dan. 7: 9-14). Omdat Hy nie onderhewig is aan die tydelike toestande nie, kan Hy nie verouder nie. Maar as dit daarom gaan dat Hy Homself as Regter wys, wat Sy gesag en waardigheid bekend maak, dan openbaar Hy Homself soos Daniël Hom gesien het. In parallel kan 'n mens lees in Openbaring 1 en met groot verbasing vind dat die Seun van die mens, wat na die profeet Daniël as die Eerwaardige gryse gekom het, om die mag oor alle volkere en tale te ontvang (Daniël 7), in Openbaring beskryf word as hierdie gryse: "… Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam" (Openb. 1:14).

Die mate van veelvoudigheid waarin God Homself openbaar, is oorweldigend. Die Gees van God het gekom as 'n salwing en inspirasie oor die profete van die Ou Testament. Van Johannes die Doper word berig dat hy vanaf sy geboorte met die Heilige Gees gevul was (Luk. 1:15). Daar word van Símeon gesê dat die Heilige Gees op hom was (Luk. 2: 25-26). Van Sagaría word geskryf dat hy met die Heilige Gees vervul was (Luk. 1:67). Selfs voor die uitstorting van die Heilige Gees het die Here Jesus aan die apostels wie Hy gekies het, Sy bevele deur die Heilige Gees gegee (Hand. 1:2).

Die Heilige Gees werk op baie maniere. Dit praat, openbaar, kondig aan, ens. Die deur-die-Gees-verwekte Seun van God, wie gelyktydig Seun van die mens was, het hier op aarde aan die begin van Sy bediening, die Heilige Gees ontvang, en toe aan almal wat uit God gebore is, wie van Hom verlos word, dieselfde Heilige Gees gegee, ook genoem die Gees van Seunskap (Rom. 8:15). Dáár was die aanstelling van die Seun van God in Sy bediening en hier die aanstelling van die seuns en dogters van God.

Die profete is gesalf, verlig, geïnspireer; maar hulle was soos al die ander mense deur natuurlike voortplanting in hierdie wêreld gebore. Die nuwe goddelike geslag wat met Jesus Christus begin het, is van hemelse oorsprong (IKor. 15:47). Ons is slegs gaste en vreemdelinge op aarde, ons huis is "daar in die hoogte". Op baie plekke het die profete geprofeteer van die koms van die Heilige Gees en die Here Jesus het die koms van die Trooster, die Helper en Bystand, belowe: "Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan …" (Joh. 15:26).

Die Niceaanse Geloofsbelydenis sê: "… wat uit die Vader en die Seun uitgegaan het" —F. Hauss: Väter der Christenheit ("Vaders van die Christendom"), bladsy 40. Maar die Woord van God getuig baie duidelik: Soos die Seun, as die sigbare openbaring van God, soos Immanuel, uit God uitgegaan het, so gaan die Heilige Gees uit God uit. Vandaar is in beide gevalle dieselfde uitgangspunt: naamlik God as die Finale, as die Oorsprong. Die gebedsformule: "Ere aan God die Vader en die Seun en die Heilige Gees …", is 'n onbybelse fabrikasie.

Daar is geen plek waar die Gees van God ooit aanbid was nie. Ook het die Seun geen eer aangeneem nie, maar het gesê: "Eer neem Ek van die mense nie aan nie" (Joh. 5:41). Op die versoek van 'n owerste: "Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?", het Jesus as Seun van die mens, geantwoord: "Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God" (Luk. 18: 18-19). In die laaste vers van die laaste hoofstuk van Romeine, bring Paulus die regte soort aanbidding in een sin tot die punt: "aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen".

Wanneer die Gees van God begin werk in 'n mens, gebeur daar hoofsaaklik drie dinge. Dit word in Johannes 16, verse 7-11 genoem: "Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel".

Ook hierdie drie konsepte is nie aan menslike willekeur oorgelaat nie! So, wanneer die Gees kom, sal Hy die oë van die sondaar oopmaak "van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; en van geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is". Dit was die ongeloof van die eerste mense wat, deur ongehoorsaamheid, tot oortreding gelei het. Dit was die sonde van ongeloof — nie die baie sondes wat die gevolg van ongeloof is nie, maar die een sonde van ongeloof, wat die mens van God en van die ewige lewe weerhou. Twee skrifgedeeltes sal dit duidelik maak. Die Here het gesê: "Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe" (Joh. 8:24). En, "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie maar het oorgegaan uit die dood in die lewe" (Joh. 5:24).

Wanneer die Gees van God op 'n man kom, begin Hy by die wortel: die ongeloof in God en Sy Woord. Die apostel Johannes het geskryf: "Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak" (IJoh. 5:10). Die oomblik wanneer 'n mens God nie glo en wat Hy in Jesus Christus doen, nie aanvaar nie, verander hy God in 'n leuenaar en word die rolle omgekeer: Hy plaas homself aan die kant van die teëstander, gee hom reg en stel hom dus as die waarheid oor God, wie hy dan verkeerdelik in die posisie van 'n leuenaar plaas. God kan dit nie aanvaar nie.

Daarom oortuig die Heilige Gees eers die sondaar van die sonde van ongeloof en lei hom dan tot bekering en daarmee tot by die tweede stap, tot geregtigheid en regverdiging. Derdens kom hy tot die besef van die oordeel, dat die prins van hierdie wêreld geoordeel word. God het die oordeel oor Satan self gespreek. Volgens Johannes 12 was die stem van God gehoor soos 'n magtige donderslag met die oordeel oor Satan: "En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek. Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil. Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word" (verse 29-31). Satan, die oorsprong van alle sonde is reeds veroordeel; Dit is die slang wat se kop vermorsel is.

Op Pinksterdag is die gelowiges, wat voorheen deur die Woord van die waarheid geroep is, gesuiwer en geheilig, en gevul met die Heilige Gees. Almal kan self lees wat daar gebeur het. Dit was die hoogtepunt van die verloop van die Goddelike verlossing, dat die kruisiging, opstanding en hemelvaart, tot die uitstorting van die Gees gelei het. So het hierdie gebeurtenis werklik oor hulle wie daar was gekom: "En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het" (Hand. 2:2). Maar dit is nie hierdie hoorbare en waarneembare nie, maar dit wat op elkeen herhaal het, wat die belangrikste is: "Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit" (v.3). Daar word nie een keer berig, dat daar nog 'n gebrul en 'n magtige wind gewees het nie, maar elke keer as gelowiges gedoop word met die Gees en met vuur, daar was 'n soortgelyke uitwerking soos op Pinksterdag: "… En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek" (v.4).

Op Pinksterdag het 'n tweeledige bonatuurlike wonder geskied. Die een was dat die gelowiges in ander tale deur die Gees gepraat het, en die tweede, dat die veeltalige skare wat hulle daarheen gehaas het, hulle elk in hul eie taal gehoor het: "en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galiléërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?" (Hand. 2: 7+8). Op die Pinksterdag was die gawe van interpretasie nog nie nodig nie. Die Gees van God het dit direk van die spreker aan die hoorder oorgedra. Die gawe van interpretasie word later genoem onder die nege geestelike gawes. Normaalweg is dit so gehandhaaf dat daar twee, hoogstens drie, een na die ander, in 'n gees-geïnspireerde taal praat, en 'n ander dan die interpretasie gegee (IKor. 14:27).

Die Here het dit deur die profeet Jesaja al aangekondig: "Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk spreek, Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, (wat rus gee) aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie" (28: 11-12). Selfs wanneer die Heilige Gees direk op 'n bonatuurlike wyse deur mense met mense praat, word dikwels nie aanvaar nie. Op Pinksterdag was daar twee groepe onder die skare: "En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees? Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn" (Hand. 2: 12-13).

Petrus het hom nie laat ontmoedig daardeur nie. Hy het uitgevoer wat hy beveel was, en verduidelik dat wat daar gebeur het, volgens God se verlossingsplan was. In sy toespraak kom hy tot die hoogtepunt van hierdie ervaring deur te getuig: "Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor" (Hand. 2: 32-33). Dieselfde Gees van God, wat op die Seun van God gekom het, het nou op Pinksterdag op die eerste verloste seuns en dogters van God gekom, en sedertdien aan al die seuns en dogters van God, totdat die Bruid-gemeente die voleinding daarvan vind en die tyd van genade tot 'n einde gekom het. Só het God dit in Sy verlossingsplan voorsien.

Van die ontelbare beloftes van die Skrif word slegs een as die "belofte van die Vader" uitgespreek. Aan die einde van die veertig dae, waarin die opgestane Here Sy apostels lering oor die koninkryk van God gegee het, het Hy hulle ook beveel, nie net goeie raad gegee nie: "En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie". Selfs die apostels het nog nie ten volle verstaan, ​​dat dit nie meer net oor Israel nie, maar oor al die tale, volkere en nasies gaan, waaruit die Here die mense uitroep, want: "Die wat bymekaar gekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie". In aanvulling tot Sy sendingsbevel het die opgestane Here na hierdie woorde gesê: "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde" (Hand. 1: 1-8).

Die ontvangs van die Heilige Gees is terselfdertyd die toerusting van 'n bevolmagtigde bediening — vir die proklamasie van die evangelie van Jesus Christus, wat oor die hele wêreld plaasvind. Ware getuies van Jesus Christus het Hom as die opgestane Een ervaar en word met die krag van die Heilige Gees vervul. Gelowiges het apostels geword en het daarna die ervaring van die geestesdoop gemaak. Dit was deel van die gelowig-wording. Toe Paulus 'n groep dissipels in Éfese vir die eerste keer ontmoet, het hy hulle direk gevra: "Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?" (Hand. 19:2).

Die fundamentaliste leer dat 'n mens outomaties die Heilige Gees ontvang deur in Jesus Christus te glo sonder om 'n ooreenstemmende ervaring te hê. Paulus vra egter hier baie duidelik of hierdie dissipels die Heilige Gees ontvang het, nadat hulle gelowig geword het. "Hulle het hom geantwoord: "Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer" (Hand. 19: 1-6). So was die gelowiges gedoop in die water en met die Heilige Gees vervul.

Filippus het 'n kragtige herlewing in Samaria beleef. Toe kom die apostels Petrus en Johannes daarheen. "Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang" (Hand. 8:15). Evangeliste van die twintigste eeu hou gereeld groot veldtogte, inspireer die massas, versamel die groot gelde en dan is hulle weer weg. Hulle preek nie van die doop nie en skep self 'n emosionele atmosfeer, wat hulle die werking van die Gees noem.

Met Cornelius en Petrus het God op bo-natuurlike wyse op dieselfde tyd gewerk, toe die apostel na die huis van die God-vresende hoofman gebring was. Net toe Petrus die hoogtepunt van sy preek bereik, het die Heilige Gees op almal geval wat dit gehoor het. "En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?" (Hand. 10:45). Dit bewys dat met die gelowig-gewordenes, die geestes- en waterdoop saam hoort, en dat die orde daarvan kan verskil.

Dit is die moeite werd om die hoogtepunt wat Petrus met die gemeente te Jerusalem aangaande hierdie gebeurtenis gedeel het, te beklemtoon: "En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin" (Hand. 11:15). In alles wat die geloofslewe betref, moet ons teruggaan na die aanvang. Vandag word alle begrippe vaag en verskillend geïnterpreteer. Mense beroep hul op dieselfde stellings maar uiter dan iets heeltemal anders.

Daar is besondere kenmerke wat die werking van die Heilige Gees beskrywe. Hy is 'n Trooster, Hy is 'n Leraar, Hy lei in alle Waarheid. Die Here het gesê: "Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toe-komstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig" (Joh. 16: 12-15).

Alles wat aan God behoort, is gekoop en betaal deur Christus en behoort aan Hom en alles wat aan Hom behoort, ontvang Sy Gees. Daarom staan ​​dit geskryf: "… Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie" (Rom. 8:9). Die Gees van die Waarheid leer ons alles, wat in die Woord van God geskryf staan, openbaar hoe dit saamhang en gee insig in die direkte wil en verlossingsplan van God. Ware kinders van God word onder die direkte leiding van die Gees geplaas. "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God" (Rom. 8:14). Die Gees van God lei altyd volgens die woord van God.

Ook met betrekking tot die eerste opstanding en verandering van die sterflike liggaam, is die krag van die Heilige Gees noodwendig. Daarsonder is daar geen verandering nie. "En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon" (Rom. 8:11). In die (duitse) volksmond word gesê: "As die woord 'as' nie was nie …". Hier word die betekenis van hierdie woord vir ons duidelik: As die gees in ons woon, sal dit gebeur, soos geskrywe is. As Hy egter nie in ons woon nie, dan sal die sterflike liggame nie verander en lewend gemaak word nie. Die apostel Paulus brei hierdie gedagte verder uit in dieselfde hoofstuk: "Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God … in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam" (Rom. 8: 19-23).

Vir die eerstelingskare is die Gees van God die eersteling-gawe, die seël — die versekering dat nie net die siel verlos word nie, maar dat die sterflike liggame by die Wederkoms van Jesus Christus verander word. Die Gees van God word ook as 'n seël of verseëling beskryf, ook genoem salwing. "Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het" (IIKor. 1: 21-22). Jesus is die "Christus". Hy is die "Gesalfde van God" (Hand. 3: 19-21; Hand. 10:38). Die woord "Christus" beteken op sigself "gesalfde". Dis hoekom die-gene, wat die Heilige Gees ontvang het, "Christene" genoem word. Wie nie op 'n bybelse manier gesalf is met die Heilige Gees nie, moet daarom volgens die getuienis van die Skrif, nie hulself "Christene" noem nie.

Op alle gebiede is daar twee onderskeidelike sade, die oorspronklike en die namaaksels. Die Here het nie teen valse Jesusse wat in die eindtyd sal verskyn gewaarsku nie, maar van "valse christusse", "vals-gesalfdes" en van "valse profete". Hy verwys daarmee na die antichristelike ontwikkeling — aan die een kant gesalf, aan die ander kant teen Christus, teen Sy Woord. "Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei" (Matt. 24:24). God giet Sy Gees uit soos 'n reën op alle vlees. Maar dit gaan nie net oor die reën nie, maar op die saad wat in die menslike hart is. "… want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges" (Matt. 5:45). Daar is gesalfdes nou in die eindtye, wat nie in ooreenstemming met die Woord van God handel nie, net soos dit voorheen die geval was, in die eerste tydperk toe daar gesalfdes was, maar waarvan sommige vals was. "Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie" (IJoh. 2:19).

In Matthéüs 7, verse 21-23, beskryf die Here hierdie groep wat in Sy naam groot dinge doen, maar nie hulself laat opneem in die verlossingsplan van God nie, Hom nie herken nie en dus ook nie deur Hom erken word nie. Verwys hierdie woorde miskien na vandag se tele-vangeliste, die karismatiese bewegings, die wonderwerkende evangeliste, wie almal in hul eie rigtings gaan, sonder om hulself aan die Woord van God te onderwerp en aan Christus as die hoof, onderdanig te stel, maar Sy naam na willekeur vir hul gewildheid gebruik?

"Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding" (Heb. 6: 7+8).

Om jouself te beroep op 'n Pinkster-ervaring as sulks, is nog lank nie genoeg nie. Dit moet, wanneer dit gaan om die ware saad, dieselfde geestelike vrugte voortbring soos in die ware gelowiges in die begin. Jesus, ons Here, het nie gesê dat hulle aan hul gawes herken sal word nie, maar: "aan hulle vrugte sal julle hulle ken!" Gawes word in albei groepe gevind; die ware vrugte van die Gees sal slegs gevind word in die ware, goddelike saad wat verseël word. Baie het 'n salwing; maar die verseëling het net die eersgeborenes, diegene wie deur die Gees in ooreenstemming met die Woord van God gebring word.

In die brief van die Efésiërs spreek Paulus die woord aan die ware gelowiges: "in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het, verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid" (Efé. 1: 13-14). Dit is regtig nie 'n godsdienstige daad, wat 'n predikant kan verrig nie, maar 'n bonatuurlike, direk van God afkomstige ervaring. Die apostel waarsku: "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing" (Efé. 4:30).

Diegene wat gelowig word, laat hulle bybels doop in water, deur onderdompeling, in die Naam van die Here Jesus Christus. So bevestig die mens homself teenoor God, en aanvaar die Nuwe Verbond wat deur Hom ingestel is. Die antwoord wat God aan die gelowige gee, is dat hy met die Heilige Gees gedoop word. Dit is 'n bonatuurlike ervaring, wat die ware gelowiges ondergaan sedert daardie eerste Pinksterdag. Volumes kan oor hierdie onderwerp geskryf word. In hierdie daarlegging sal ons egter slegs in telegramstyl die belangrikste aspekte oor die werking van die Gees uiteen sit. In die eerste plek sal ons betragting doen oor die beloftes wat vooraf met betrekking tot die ontvangs van die Heilige Gees gegee was. Die profeet Joël het die Pinkster gebeurtenis in hoofstuk 2 beskryf.

Niemand het enige invloed op hierdie ervaring nie, dit is 'n bo-natuurlike gebeurtenis, wat deur God aan die mens geskenk word. Daarom het Petrus gesê: "… Maar dit is wat deur die profeet Joël gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees, en julle seuns en julle dogters sal profeteer, en julle jongelinge sal gesigte sien, en julle ou mense sal drome droom" (Hand. 2: 16-17). Met die term die "laaste dae" word die laaste tweeduisend jaar bedoel, want 'n dag is by God soos 'n duisend jaar (IIPet. 3:8).

Hierdie ervaring is bonatuurlik en dus glad nie beïnvloed deur menslike vaardighede, toegewings en talente nie. Deur die uitstorting van die Heilige Gees, aan die een kant, word die nege geestelike gawes, soos beskryf in IKorinthiërs 12 verse 4-11, in die gemeente werksaam, en aan die ander kant bewerk dieselfde Heilige Gees die nege-voudige vrugte in die lewe van die individue, soos in Galásiërs 5, verse 22-23 gelys is. Waar die Gees van God werklik is, is daar geestelike gawes en geestelike vrugte. Daardeur word die lewe en aard van Jesus in die gelowiges geopenbaar. Ons kan nie hier ingaan op die besonderhede van die gebruik van die geestelike gawes nie; hulle dien egter presies soos die vyf bedieninge (Efé. 4:11; IKor. 12:28), vir die opbou van die Gemeente (IKorinthiërs 12 en 14).

In die Ou Testament het God belowe om Sy Gees op alle vlees uit te stort. In die Nuwe Testament was dit gesê dat dit Jesus Christus, die Seun van God is, wat sal doop met die Heilige Gees en met vuur (Matt. 3:11). Lukas lewer so verslag oor die aankondiging wat Johannes die Doper gemaak het: "Ek doop julle wel met water, maar Hy kom wat sterker is as ek, wie se skoenriem ek nie waardig is om los te maak nie — Hy sal julle doop met die Heilige Gees en met vuur" (Luk. 3:16). Uit die kombinasie van die konsepte: "Doop met die Heilige Gees en met vuur", het die woord "geestesdoop" ontstaan, want dit gaan ook in die geestelike oor 'n "dompeling". Soos Johannes gedoop het in die water, so moet die gelowiges volkome gedoop word in die volheid van die Gees.

Die hele proses van verlossing is sentraal op Christus gebasseer; Hy is die middelpunt van die heilsgeskiedenis. In Hom het God die nuwe begin gemaak as die Eersgeborene, oor wie die Gees gekom het, sodat dieselfde Gees deur Hom op alle eersgeborenes uitgestort kan word: "En toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal …" (Luk. 3: 21-22). Toe Jesus, die Seun van die mens, gebid het, het die hemele oopgegaan, en die Heilige Gees sigbaar geword, soos die Gees van God in Génesis 1 sigbaar op die waters gesweef het — nou in die gestalte van 'n duif. Die Gees van God het nie 'n gestalte nie, maar kan Homself in 'n gestalte openbaar.

In die simbool van die duif word iets geïllustreer, sowel as met die van die lam. Die Seun van God het nie die gestalte van 'n lam nie, Hy loop regop soos ons mense. Deur hierdie simbool word die goddelike betekenis van verlossing geïllustreer: die lam as 'n offerdier met die sagmoedigste wese onder die diere; die duif, wat Noag die ark uit laat gaan het, as die voël van die hemel, wat geen gal het nie en rein is. Daarom word die Gees van God gesimboliseer in 'n duif wat op die Lam van God neergedaal het. God kan Homself op verskillende maniere openbaar maar bly nog altyd dieselfde.

God is nie 'n ou man met 'n lang baard nie, selfs al sou Daniël Hom gesien het as 'n eerbare ou man wat in die oordeel sit (Dan. 7: 9-14). Omdat Hy nie onderhewig is aan die tydelike toestande nie, kan Hy nie verouder nie. Maar as dit daarom gaan dat Hy Homself as Regter wys, wat Sy gesag en waardigheid bekend maak, dan openbaar Hy Homself soos Daniël Hom gesien het. In parallel kan 'n mens lees in Openbaring 1 en met groot verbasing vind dat die Seun van die mens, wat na die profeet Daniël as die Eerwaardige gryse gekom het, om die mag oor alle volkere en tale te ontvang (Daniël 7), in Openbaring beskryf word as hierdie gryse: "… Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos 'n vuurvlam" (Openb. 1:14).

Die mate van veelvoudigheid waarin God Homself openbaar, is oorweldigend. Die Gees van God het gekom as 'n salwing en inspirasie oor die profete van die Ou Testament. Van Johannes die Doper word berig dat hy vanaf sy geboorte met die Heilige Gees gevul was (Luk. 1:15). Daar word van Símeon gesê dat die Heilige Gees op hom was (Luk. 2: 25-26). Van Sagaría word geskryf dat hy met die Heilige Gees vervul was (Luk. 1:67). Selfs voor die uitstorting van die Heilige Gees het die Here Jesus aan die apostels wie Hy gekies het, Sy bevele deur die Heilige Gees gegee (Hand. 1:2).

Die Heilige Gees werk op baie maniere. Dit praat, openbaar, kondig aan, ens. Die deur-die-Gees-verwekte Seun van God, wie gelyktydig Seun van die mens was, het hier op aarde aan die begin van Sy bediening, die Heilige Gees ontvang, en toe aan almal wat uit God gebore is, wie van Hom verlos word, dieselfde Heilige Gees gegee, ook genoem die Gees van Seunskap (Rom. 8:15). Dáár was die aanstelling van die Seun van God in Sy bediening en hier die aanstelling van die seuns en dogters van God. 

Die profete is gesalf, verlig, geïnspireer; maar hulle was soos al die ander mense deur natuurlike voortplanting in hierdie wêreld gebore. Die nuwe goddelike geslag wat met Jesus Christus begin het, is van hemelse oorsprong (IKor. 15:47). Ons is slegs gaste en vreemdelinge op aarde, ons huis is "daar in die hoogte". Op baie plekke het die profete geprofeteer van die koms van die Heilige Gees en die Here Jesus het die koms van die Trooster, die Helper en Bystand, belowe: "Maar as die Trooster gekom het wat Ek vir julle van die Vader sal stuur, die Gees van die waarheid wat van die Vader uitgaan …" (Joh. 15:26).

Die Niceaanse Geloofsbelydenis sê: "… wat uit die Vader en die Seun uitgegaan het" —F. Hauss: Väter der Christenheit ("Vaders van die Christendom"), bladsy 40. Maar die Woord van God getuig baie duidelik: Soos die Seun, as die sigbare openbaring van God, soos Immanuel, uit God uitgegaan het, so gaan die Heilige Gees uit God uit. Vandaar is in beide gevalle dieselfde uitgangspunt: naamlik God as die Finale, as die Oorsprong. Die gebedsformule: "Ere aan God die Vader en die Seun en die Heilige Gees …", is 'n onbybelse fabrikasie. 

Daar is geen plek waar die Gees van God ooit aanbid was nie. Ook het die Seun geen eer aangeneem nie, maar het gesê: "Eer neem Ek van die mense nie aan nie" (Joh. 5:41). Op die versoek van 'n owerste: "Goeie Meester, wat moet ek doen om die ewige lewe te beërwe?", het Jesus as Seun van die mens, geantwoord: "Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie behalwe een, naamlik God" (Luk. 18: 18-19). In die laaste vers van die laaste hoofstuk van Romeine, bring Paulus die regte soort aanbidding in een sin tot die punt: "aan die alleenwyse God, aan Hom die heerlikheid deur Jesus Christus tot in ewigheid! Amen".

Wanneer die Gees van God begin werk in 'n mens, gebeur daar hoofsaaklik drie dinge. Dit word in Johannes 16, verse 7-11 genoem: "Maar Ek sê julle die waarheid: Dit is vir julle voordelig dat Ek weggaan; want as Ek nie weggaan nie, sal die Trooster nie na julle kom nie; maar as Ek weggaan, sal Ek Hom na julle stuur; en as Hy kom, sal Hy die wêreld oortuig van sonde en van geregtigheid en van oordeel".

Ook hierdie drie konsepte is nie aan menslike willekeur oorgelaat nie! So, wanneer die Gees kom, sal Hy die oë van die sondaar oopmaak "van sonde, omdat hulle in My nie glo nie; envan geregtigheid, omdat Ek na my Vader gaan en julle My nie meer sal sien nie; en van oordeel, omdat die owerste van hierdie wêreld geoordeel is". Dit was die ongeloof van die eerste mense wat, deur ongehoorsaamheid, tot oortreding gelei het. Dit was die sonde van ongeloof — nie die baie sondes wat die gevolg van ongeloof is nie, maar die een sonde van ongeloof, wat die mens van God en van die ewige lewe weerhou. Twee skrifgedeeltes sal dit duidelik maak. Die Here het gesê: "Ek het dan vir julle gesê dat julle in jul sondes sal sterwe; want as julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe" (Joh. 8:24). En, "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie maar het oorgegaan uit die dood in die lewe" (Joh. 5:24).

Wanneer die Gees van God op 'n man kom, begin Hy by die wortel: die ongeloof in God en Sy Woord. Die apostel Johannes het geskryf: "Hy wat God nie glo nie, het Hom tot leuenaar gemaak" (IJoh. 5:10). Die oomblik wanneer 'n mens God nie glo en wat Hy in Jesus Christus doen, nie aanvaar nie, verander hy God in 'n leuenaar en word die rolle omgekeer: Hy plaas homself aan die kant van die teëstander, gee hom reg en stel hom dus as die waarheid oor God, wie hy dan verkeerdelik in die posisie van 'n leuenaar plaas. God kan dit nie aanvaar nie. 

Daarom oortuig die Heilige Gees eers die sondaar van die sonde van ongeloof en lei hom dan tot bekering en daarmee tot by die tweede stap, tot geregtigheid en regverdiging. Derdens kom hy tot die besef van die oordeel, dat die prins van hierdie wêreld geoordeel word. God het die oordeel oor Satan self gespreek. Volgens Johannes 12 was die stem van God gehoor soos 'n magtige donderslag met die oordeel oor Satan: "En die skare wat daar gestaan en dit gehoor het, het gesê dat daar 'n donderslag gewees het. Ander het gesê: 'n Engel het met Hom gespreek. Jesus antwoord en sê: Hierdie stem het nie om My ontwil gekom nie, maar om julle ontwil. Nou is dit die oordeel van hierdie wêreld, nou sal die owerste van hierdie wêreld buitentoe gedryf word" (verse 29-31). Satan, die oorsprong van alle sonde is reeds veroordeel; Dit is die slang wat se kop vermorsel is.

Op Pinksterdag is die gelowiges, wat voorheen deur die Woord van die waarheid geroep is, gesuiwer en geheilig, en gevul met die Heilige Gees. Almal kan self lees wat daar gebeur het. Dit was die hoogtepunt van die verloop van die Goddelike verlossing, dat die kruisiging, opstanding en hemelvaart, tot die uitstorting van die Gees gelei het. So het hierdie gebeurtenis werklik oor hulle wie daar was gekom: "En daar kom skielik uit die hemel 'n geluid soos van 'n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het" (Hand. 2:2). Maar dit is nie hierdie hoorbare en waarneembare nie, maar dit wat op elkeen herhaal het, wat die belangrikste is: "Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulleself verdeel en op elkeen van hulle gaan sit" (v.3). Daar word nie een keer berig, dat daar nog 'n gebrul en 'n magtige wind gewees het nie, maar elke keer as gelowiges gedoop word met die Gees en met vuur, daar was 'n soortgelyke uitwerking soos op Pinksterdag: "… En hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om uit te spreek" (v.4). 

Op Pinksterdag het 'n tweeledige bonatuurlike wonder geskied. Die een was dat die gelowiges in ander tale deur die Gees gepraat het, en die tweede, dat die veeltalige skare wat hulle daarheen gehaas het, hulle elk in hul eie taal gehoor het: "en hulle was almal verbaas en verwonderd en sê vir mekaar: Is almal wat daar spreek, dan nie Galiléërs nie? En hoe hoor ons hulle, elkeen in ons eie taal waarin ons gebore is?" (Hand. 2: 7+8). Op die Pinksterdag was die gawe van interpretasie nog nie nodig nie. Die Gees van God het dit direk van die spreker aan die hoorder oorgedra. Die gawe van interpretasie word later genoem onder die nege geestelike gawes. Normaalweg is dit so gehandhaaf dat daar twee, hoogstens drie, een na die ander, in 'n gees-geïnspireerde taal praat, en 'n ander dan die interpretasie gegee (IKor. 14:27).

Die Here het dit deur die profeet Jesaja al aangekondig: "Ja, Hy sal deur lippe wat hakkel, en deur 'n vreemde tong met hierdie volk spreek, Hy wat aan hulle gesê het: Dit is die rus, (wat rus gee) aan die vermoeides, en dit is die verkwikking. Maar hulle wou nie luister nie" (28: 11-12). Selfs wanneer die Heilige Gees direk op 'n bonatuurlike wyse deur mense met mense praat, word dikwels nie aanvaar nie. Op Pinksterdag was daar twee groepe onder die skare: "En hulle was almal verbaas en radeloos en sê die een vir die ander: Wat kan dit tog wees? Maar ander het gespot en gesê: Hulle is vol soetwyn" (Hand. 2: 12-13).

Petrus het hom nie laat ontmoedig daardeur nie. Hy het uitgevoer wat hy beveel was, en verduidelik dat wat daar gebeur het, volgens God se verlossingsplan was. In sy toespraak kom hy tot die hoogtepunt van hierdie ervaring deur te getuig: "Hierdie Jesus het God opgewek, waarvan ons almal getuies is. Nadat Hy dan deur die regterhand van God verhoog is en van die Vader die belofte van die Heilige Gees ontvang het, het Hy dít uitgestort, wat julle nou sien en hoor" (Hand. 2: 32-33). Dieselfde Gees van God, wat op die Seun van God gekom het, het nou op Pinksterdag op die eerste verloste seuns en dogters van God gekom, en sedertdien aan al die seuns en dogters van God, totdat die Bruid-gemeente die voleinding daarvan vind en die tyd van genade tot 'n einde gekom het. Só het God dit in Sy verlossingsplan voorsien. 

Van die ontelbare beloftes van die Skrif word slegs een as die "belofte van die Vader" uitgespreek. Aan die einde van die veertig dae, waarin die opgestane Here Sy apostels lering oor die koninkryk van God gegee het, het Hy hulle ook beveel, nie net goeie raad gegee nie: "En toe Hy nog met hulle saam was, het Hy hulle bevel gegee om nie van Jerusalem weg te gaan nie, maar om te wag op die belofte van die Vader, wat julle, het Hy gesê, van My gehoor het. Want Johannes het wel met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word nie lank ná hierdie dae nie". Selfs die apostels het nog nie ten volle verstaan, ​​dat dit nie meer net oor Israel nie, maar oor al die tale, volkere en nasies gaan, waaruit die Here die mense uitroep, want: "Die wat bymekaar gekom het, vra Hom toe en sê: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk vir Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie". In aanvulling tot Sy sendingsbevel het die opgestane Here na hierdie woorde gesê: "Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde" (Hand. 1: 1-8).

Die ontvangs van die Heilige Gees is terselfdertyd die toerusting van 'n bevolmagtigde bediening — vir die proklamasie van die evangelie van Jesus Christus, wat oor die hele wêreld plaasvind. Ware getuies van Jesus Christus het Hom as die opgestane Een ervaar en word met die krag van die Heilige Gees vervul. Gelowiges het apostels geword en het daarna die ervaring van die geestesdoop gemaak. Dit was deel van die gelowig-wording. Toe Paulus 'n groep dissipels in Éfese vir die eerste keer ontmoet, het hy hulle direk gevra: "Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het?" (Hand. 19:2).

Die fundamentaliste leer dat 'n mens outomaties die Heilige Gees ontvang deur in Jesus Christus te glo sonder om 'n ooreenstemmende ervaring te hê. Paulus vra egter hier baie duidelik of hierdie dissipels die Heilige Gees ontvang het, nadat hulle gelowig geword het. "Hulle het hom geantwoord: "Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie. En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes. Daarop sê Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesê dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus. En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer" (Hand. 19: 1-6). So was die gelowiges gedoop in die water en met die Heilige Gees vervul.

Filippus het 'n kragtige herlewing in Samaria beleef. Toe kom die apostels Petrus en Johannes daarheen. "Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang" (Hand. 8:15). Evangeliste van die twintigste eeu hou gereeld groot veldtogte, inspireer die massas, versamel die groot gelde en dan is hulle weer weg. Hulle preek nie van die doop nie en skep self 'n emosionele atmosfeer, wat hulle die werking van die Gees noem.

Met Cornelius en Petrus het God op bo-natuurlike wyse op dieselfde tyd gewerk, toe die apostel na die huis van die God-vresende hoofman gebring was. Net toe Petrus die hoogtepunt van sy preek bereik, het die Heilige Gees op almal geval wat dit gehoor het. "En die gelowiges uit die besnydenis, almal wat saam met Petrus gekom het, was verbaas dat die gawe van die Heilige Gees ook op die heidene uitgestort is. Want hulle het gehoor hoe hulle in tale spreek en God groot maak. Toe het Petrus begin spreek: Niemand kan tog die water weer, dat hierdie mense, wat net soos ons die Heilige Gees ontvang het, nie gedoop word nie?" (Hand. 10:45). Dit bewys dat met die gelowig-gewordenes, die geestes- en waterdoop saam hoort, en dat die orde daarvan kan verskil.

Dit is die moeite werd om die hoogtepunt wat Petrus met die gemeente te Jerusalem aangaande hierdie gebeurtenis gedeel het, te beklemtoon: "En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin" (Hand. 11:15). In alles wat die geloofslewe betref, moet ons teruggaan na die aanvang. Vandag word alle begrippe vaag en verskillend geïnterpreteer. Mense beroep hul op dieselfde stellings maar uiter dan iets heeltemal anders.

Daar is besondere kenmerke wat die werking van die Heilige Gees beskrywe. Hy is 'n Trooster, Hy is 'n Leraar, Hy lei in alle Waarheid. Die Here het gesê: "Nog baie dinge het Ek om aan julle te sê, maar julle kan dit nou nie dra nie. Maar wanneer Hy gekom het, die Gees van die waarheid, sal Hy julle in die hele waarheid lei; want Hy sal nie uit Homself spreek nie, maar alles wat Hy hoor, sal Hy spreek en die toe-komstige dinge aan julle verkondig. Hy sal My verheerlik, omdat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig. Alles wat die Vader het, is myne; daarom het Ek gesê dat Hy dit sal neem uit wat aan My behoort, en aan julle verkondig" (Joh. 16: 12-15).

Alles wat aan God behoort, is gekoop en betaal deur Christus en behoort aan Hom en alles wat aan Hom behoort, ontvang Sy Gees. Daarom staan ​​dit geskryf: "… Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie" (Rom. 8:9). Die Gees van die Waarheid leer ons alles, wat in die Woord van God geskryf staan, openbaar hoe dit saamhang en gee insig in die direkte wil en verlossingsplan van God. Ware kinders van God word onder die direkte leiding van die Gees geplaas. "Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God" (Rom. 8:14). Die Gees van God lei altyd volgens die woord van God.

Ook met betrekking tot die eerste opstanding en verandering van die sterflike liggaam, is die krag van die Heilige Gees noodwendig. Daarsonder is daar geen verandering nie. "En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon" (Rom. 8:11). In die (duitse) volksmond word gesê: "As die woord 'as' nie was nie …". Hier word die betekenis van hierdie woord vir ons duidelik: As die gees in ons woon, sal dit gebeur, soos geskrywe is. As Hy egter nie in ons woon nie, dan sal die sterflike liggame nie verander en lewend gemaak word nie. Die apostel Paulus brei hierdie gedagte verder uit in dieselfde hoofstuk: "Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God … in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe. En nie alleen dit nie, maar ons self ook wat die eerstelinge van die Gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, naamlik die verlossing van ons liggaam" (Rom. 8: 19-23).

Vir die eerstelingskare is die Gees van God die eersteling-gawe, die seël — die versekering dat nie net die siel verlos word nie, maar dat die sterflike liggame by die Wederkoms van Jesus Christus verander word. Die Gees van God word ook as 'n seël of verseëling beskryf, ook genoem salwing. "Maar Hy wat ons saam met julle bevestig in Christus en ons gesalf het, is God, wat ons ook verseël het en die Gees as onderpand in ons harte gegee het" (IIKor. 1: 21-22). Jesus is die "Christus". Hy is die "Gesalfde van God" (Hand. 3: 19-21; Hand. 10:38). Die woord "Christus" beteken op sigself "gesalfde". Dis hoekom die-gene, wat die Heilige Gees ontvang het, "Christene" genoem word. Wie nie op 'n bybelse manier gesalf is met die Heilige Gees nie, moet daarom volgens die getuienis van die Skrif, nie hulself "Christene" noem nie.

Op alle gebiede is daar twee onderskeidelike sade, die oorspronklike en die namaaksels. Die Here het nie teen valse Jesusse wat in die eindtyd sal verskyn gewaarsku nie, maar van "valse christusse", "vals-gesalfdes" en van "valse profete". Hy verwys daarmee na die antichristelike ontwikkeling — aan die een kant gesalf, aan die ander kant teen Christus, teen Sy Woord. "Want daar sal valse christusse en valse profete opstaan, en hulle sal groot tekens en wonders doen om, as dit moontlik was, ook die uitverkorenes te mislei" (Matt. 24:24). God giet Sy Gees uit soos 'n reën op alle vlees. Maar dit gaan nie net oor die reën nie, maar op die saad wat in die menslike hart is. "… want Hy laat Sy son opgaan oor slegtes en goeies, en Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges" (Matt. 5:45). Daar is gesalfdes nou in die eindtye, wat nie in ooreenstemming met die Woord van God handel nie, net soos dit voorheen die geval was, in die eerste tydperk toe daar gesalfdes was, maar waarvan sommige vals was. "Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie; want as hulle van ons was, sou hulle by ons gebly het; maar dit moes aan die lig kom dat hulle nie almal van ons is nie" (IJoh. 2:19).

In Matthéüs 7, verse 21-23, beskryf die Here hierdie groep wat in Sy naam groot dinge doen, maar nie hulself laat opneem in die verlossingsplan van God nie, Hom nie herken nie en dus ook nie deur Hom erken word nie. Verwys hierdie woorde miskien na vandag se tele-vangeliste, die karismatiese bewegings, die wonderwerkende evangeliste, wie almal in hul eie rigtings gaan, sonder om hulself aan die Woord van God te onderwerp en aan Christus as die hoof, onderdanig te stel, maar Sy naam na willekeur vir hul gewildheid gebruik?

"Want die grond wat die reën indrink wat dikwels daarop val, en nuttige plante voortbring ter wille van hulle vir wie dit ook bewerk word, het deel aan die seën van God. Maar as dit dorings en distels oplewer, deug dit nie en is naby die vervloeking — die einde daarvan is verbranding" (Heb. 6: 7+8).

Om jouself te beroep op 'n Pinkster-ervaring as sulks, is nog lank nie genoeg nie. Dit moet, wanneer dit gaan om die ware saad, dieselfde geestelike vrugte voortbring soos in die ware gelowiges in die begin. Jesus, ons Here, het nie gesê dat hulle aan hul gawes herken sal word nie, maar: "aan hulle vrugte sal julle hulle ken!" Gawes word in albei groepe gevind; die ware vrugte van die Gees sal slegs gevind word in die ware, goddelike saad wat verseël word. Baie het 'n salwing; maar die verseëling het net die eersgeborenes, diegene wie deur die Gees in ooreenstemming met die Woord van God gebring word.

In die brief van die Efésiërs spreek Paulus die woord aan die ware gelowiges: "in wie julle ook, nadat julle die woord van die waarheid, die evangelie van julle redding, gehoor het, in wie julle, nadat julle ook geglo het,verseël is met die Heilige Gees van die belofte, wat die onderpand is van ons erfdeel om sy eiendom te verlos tot lof van sy heerlikheid" (Efé. 1: 13-14). Dit is regtig nie 'n godsdienstige daad, wat 'n predikant kan verrig nie, maar 'n bonatuurlike, direk van God afkomstige ervaring. Die apostel waarsku: "En bedroef nie die Heilige Gees van God nie, deur wie julle verseël is tot die dag van verlossing" (Efé. 4:30).