Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 25 - Die Uitverkiesing — Vooruitbestemming
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
"Uitverkies deur God" beteken eerstens: om vir 'n diens of vir 'n opdrag bestem en georden te wees. Die uitverkiesing was duidelik aan Abraham en aan die volk van Israel getoon: "Maar jy, Israel, my kneg, Jakob, wat Ek uitverkies het, nageslag van Abraham, my vriend, jy, wat Ek gegryp het van die eindes van die aarde en van sy uithoeke geroep het, en Ek het aan jou gesê: Jy is my kneg; jou het Ek uitverkies en jou nie verwerp nie. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand" (Jes. 41: 8-10).
Soos dit gewoonweg met profete is, kon Jeremia ook van sy opdrag getuig: "Die woord van die Here het dan tot my gekom en gesê: Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken; en voordat jy uit die liggaam voortgekom het, het Ek jou geheilig; Ek het jou tot 'n profeet vir die nasies bestem" (Hoofstuk 1: 4-5).
Uit die twaalf stamme, het God die stam van Levi tot priesterlike diens verkies: "Want die Here jou God het hom uit al jou stamme uitverkies, dat hy altyd kan staan om te dien in die Naam van die Here, hy en sy seuns" (Deut. 18:5).
Van al die seuns van Ísai het God Dawid gekies en vir hom koning gemaak oor sy mense (ISam. 16: 6-14).
Jesus het ook die apostels vir 'n spesiale bediening gekies: "Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra" (Joh. 15:16).
Met Ananias het die Here gepraat in verband met die bekering van Saul: "Gaan, want hy is vir My 'n uitverkore werktuig om my Naam te dra voor nasies en konings en die kinders van Israel" (Hand. 9:15). Alhoewel sy bekering wesenlik eers baie later plaasgevind het, was Paulus reeds vanaf sy moederskoot afgesonder, soos dit met die profete die geval was: "Maar toe dit God behaag het, wat my afgesonder het van die skoot van my moeder af en deur sy genade geroep het, om sy Seun in my te openbaar …" (Gal. 1:15).
In die algemeen is van toepassing wat Paulus aan die gemeente in Korinthe geskryf het: "wat dwaas is by die wêreld, het God uitverkies … en wat swak is by die wêreld, het God uitverkies … en wat onedel is by die wêreld en wat verag is, het God uitverkies … sodat geen vlees voor Hom sou roem nie" (IKor. 1: 26-29).
Vir 'n beter begrip, moet ander skrifgedeeltes ook geraadpleeg word, omdat die roeping en uitverkiesing, op twee verskillende groepe gelowiges betrekking het. Die uitverkorenes is ook geroep, maar die geroepenes is nie almal uitverkies nie. In die gelykenis van die bruilofsfees sê onse Here in Matthéüs 22, vers 14: "Want baie is geroep, maar min uitverkies". In elke kerkeeu, vorm die uitverkorenes die oorwinnaars-skare wat alles geërf het volgens die beloftes in die sewe sendingsopdragte in Openbaring 2 en 3. Die geroepenes glo in Jesus Christus as hulle persoonlike Verlosser, maar laat hulself nie in die hele waarheid lei nie en dus ook nie in volmaakte ooreenstemming met die Woord van God nie. Hul name is in die boek van die lewe, en hulle sal by die Laaste Oordeel ewige lewe ontvang (Openb. 20: 11-15).
In Openbaring 17 word ons vertel van die Lam wat sal veg en wen, en van die oorwinnaarsskare wat die hoogste doel bereik, op wie al drie begrippe "geroep", "gekies" en "getrou" van toepassing is: "… want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings — en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou" (vers 14).
Beide, die Verlosser en die verloste eerstelingskare, word die uit-verkorenes van God genoem: "Daar is my Kneg wat Ek ondersteun, my Uitverkorene in wie my siel 'n welbehae het" (Jes. 42:1). "My kneg wat Ek uitverkies het …" (Jes. 43:10; Matt. 12:18). God se welbehae kom eers op die Uitverkorene, om dan deur Hom, op die uitverkorenes te kom (Matt. 3:17; Matt. 17:5). So was dit vervul wat by die geboorte van ons Verlosser aangekondig is: "Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!" (Luk. 2:14). Daar is mense op aarde op wie God se welbehae uit genade rus.
Die uitverkiesing gaan hand in hand met die vooruitbestemming. Net soos daar net een uitverkiesing is, naamlik dit wat tot saligheid lei, is daar ook net een vooruitbestemming, dié tot saligheid. Die Seun,, wat ongeveer 2,000 jaar gelede gebore was, is uitverkies voor die grondlegging van die wêreld en dus verwys Hy terug na die heerlikheid van God wat Hy voor die grondlegging van die wêreld gehad het:
"En nou, Vader, verheerlik My by Uself met die heerlikheid wat Ek by U gehad het voordat die wêreld was" (Joh. 17:5).
Die frase "voor die grondlegging van die wêreld" word baie dikwels geassosieer met die verlossingsplan. Die "voor die grondlegging van die wêreld" praat van die begin, toe die Logos uit die volheid van God gekom het en was dus "by God" (Joh. 1:1). In daardie tyd was al die seuns en dogters van God reeds volgens Sy ewige verlossingsplan in Christus uitverkies. Die verlostes sal met dieselfde heerlikheid, waarmee Hy verheerlik is, in Sy beeld verander word: "Vader, Ek wil dat waar Ek is, hulle wat U My gegee het, ook saam met My sal wees, sodat hulle My heerlikheid kan aanskou wat U My gegee het, omdat U My liefgehad het voor die grondlegging van die wêreld" (Joh. 17:24).
Van die verlostes word dieselfde gesê. Dit geld ook vir hulle om voor die grondlegging van die wêreld uitverkies te wees: "… soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil" (Efé. 1: 4-5). God, wat ewig is, het Sy doeleinde voor die grondlegging van die wêreld bepaal en deur die loop van die tyd verwerklik Hy dit, tot dit in die ewigheid inloop.
Petrus wys na die onbevlekte Lam van God "wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil" (IPet. 1:20). Selfs die verlostes, wat in Hom verordineer was, se name was reeds voor die grondlegging van die wêreld geskryf in die boek van die lewe van die geslagte Lam. "En al die bewoners van die aarde sal hom (die antichris) aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie" (Openb. 13:8).
In die Ou Testament het God Israel uitverkies as 'n volk tot Sy spesiale eiendom: "… want jy is 'n volk heilig aan die Here jou God, en jou het die Here uitverkies om Sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is" (Deut. 14:2). Vanuit die standpunt van die Nuwe Testament, ten opsigte van die Gemeente uit die nasies, skryf Paulus: "Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders" (Rom. 11:28).
Uitverkiesing en vooruitbestemming lei tot toewyding en die geestelik-verwerkte heiligmaking van diegene wat uitverkies en vooruitbestem is. Israel was nie van self afgesonder en in hulself heilig nie, maar het deur goddelike afsondering 'n toegewyde en heilige volk geword. "… sal julle my eiendom uit al die volke wees, want die hele aarde is myne. En júlle sal vir My 'n koninkryk van priesters en 'n heilige nasie wees" (Ex. 19: 5b-6). Aan die gelowiges in die Nuwe Testament skryf die apostel Petrus: "Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry" (IPet. 2:9).
Die apostel Paulus hou die uitverkiesing en vooruitbestemming in die volgende verse voor oë: "En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na Sy voorneme geroep is. Want die wat Hy vantevore geken het, dié het Hy ook vantevore verordineer om gelykvormig te wees aan die beeld van sy Seun, sodat Hy die eersgeborene kan wees onder baie broeders; en die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook verheerlik" (Rom. 8: 28-30).
God het waarlik niks in die mense gesien waaraan Hy geheg kon word nie, want daar was niks in hulle wat Hy kon gesien het nie. Heil en die redding kom net van God af. Hy het die mensdom in Christus gesien; in Hom het die verlostes op Sy "Ja" gevolg — hul aanneming, en in Hom het ook die "Amen" gebeur — die plasing in die seunskap. Die skriftelike getuienis is duidelik en oorweldigend. Hy het Sy eie vooraf gesien en bestem tot die ewige lewe. Die Alwetende kan albei terselfdertyd doen: uitverkiesing en vooruitbestemming. "En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe" (Hand. 13:48).
Uitverkiesing is nie na willekeur nie. God maak Sy wil onmiskenbaar bekend, maar dwing dit nie af op enigiemand nie. Sy verklaarde voorneme is: "… wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom" (ITim. 2:4). Maar omdat God alwetend was, het Hy geweet wie verlossing sal aanvaar en wie dit sal verwerp. Wie nie uit God kom nie, bly ver van Hom af weg. Wie nie hulself deur Hom laat red nie, bly verlore. Daarom kon Hy diegene wat Hom sou glo, vooraf ken, voor die grondlegging van die wêreld, en tot verlossing bestem.
Baie dikwels word dit misverstaan, wat uit die Ou Testament deur Paulus aangehaal word in Romeine 9: "Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm … So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil" (verse 15+18). Diegene wat na Hom kom, is hulle wat genade by Hom vind. Slegs wie na Hom toe kom, kan Sy barmhartigheid en liefde ervaar. Die volgende vers betrek hulle: "So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is" (Rom. 9:16). Maar elkeen wat nie na God kom nie, kan Hy nie begenadig nie. Wie nie na Hom kom nie en eerder hulle harte verhard, sal God halsstarrig maak en hul harte heeltemal verhard. God het nie Sy oorspronklike voornemens laat vaar nie, inteendeel: Hy verwerklik dit aan diegene wat na Hom kom en Hom glo. Wat verder geskryf is van die toorn van God en van die voorwerpe van grimmigheid, wat tot vernietiging bestem is, het betrekking op die ongelowiges wat niks met God te doen wil wees nie, op wie die toorn van God bly, alhoewel dit eintlik in Christus van ons weggeneem is. Daar is mense wat die goddelike vryspraak weier en dus onder die veroordeling bly. Die toorn van God bly op hulle wie nie tot Christus kom nie, omdat hulle nie die volbragte werk van verlossing aanvaar nie.
Lucifer het uit sy vrye wil in opstand teen God gekom en sal, met hulle wat hom aanhang, nooit homself aan God se plan onderwerp nie. Net so is daar mense wie hulself nooit in die plan van God sal laat insluit nie. Vergifnis en genade, sowel as totale verlossing, kan alleenlik deur God verwesenlik word, waar mense, in die geloof, die volbragte versoening aanvaar as 'n geskenk wat in Christus, in ons plek, bewerk is.
Ons word daarop gewys dat "… die reddende genade van God het aan alle mense verskyn" (Tit. 2:11). Die Here roep almal toe: "Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is" (Matt. 11:28). Maar nie almal kom na Hom toe nie. Hulle luister nie na Sy oproep nie. Selfs onder die vromes, hulle wie die Woord deursoek, is daar diegene wat hul eie motiewe najaag en nie die persoonlike gemeenskap met hulle Here en Verlosser binnedring nie. "Julle ondersoek die Skrifte, omdat julle meen dat julle daarin die ewige lewe het; en dit is dié wat van My getuig. En julle wil nie na My kom om die lewe te hê nie" (Joh. 5: 39-40). Alle navorsing in die Skrif, die hele studie van teologie, is van geen nut nie, tensy elkeen werklik na die Here kom en die ewige lewe ontvang. Die Here sê: "As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink!" (Joh. 7:37). Die meeste kom nie, want hulle is nie dors nie.
Die "verhard wie Hy wil" in Romeine 9:18 is uit verpligting bestem omdat God nie kan optree teen die wil van 'n mens nie. God kan nie wil dat mense verlore gaan nie want Hy wil hê dat almal gehelp en gered moet word, omdat Hy die Redder is. Maar as die mens nie wil dat God se wil geskied nie, dan wil God dat die mens se wil geskied. God het die volk met hierdie vrye wil toegerus aan die begin. Hy het hulle nie gedwing nie, en nie as masjiene of as poppe geskep nie; dit is hulle reg om te kies tussen lewe en dood, tussen gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid.
Die God-geskeide mens dring aan op sy selfbeskikking, totdat Hy die goddelike beskikking erken en aanvaar. Hy dring ook aan op sy selfverwesenliking totdat hy deel word van die verwesenlikte plan van God. Hy wil onafhanklik wees en nie ondergeskik wees nie. In sy soeke na sy eie vryheid is hy in die selfverkose verderf gedompel. In die losmaking vanaf God het hy gebonde geword aan die teëstanders van God. Daarom is die bevryding nodig. Ons Verlosser is gestuur om aan die gevangenes hul vrylating te verkondig (Luk. 4:18).
Soos dit met die geloofsvader Abraham was, wat ons as voorbeeld gegee word, is dit met almal wat die Woord van God hoor, dit glo en doen. Hulle gee God die reg, staan aan Sy kant en bevestig die Verbond wat Hy met ons gesluit het. Die uitverkorenes glo God in alles — wat Hy sê, doen hulle; hulle doen wat Hy beveel het en gehoorsaam Sy opdragte. In hulle stem die Woord, die geloof en die werke ooreen. Die uitverkorenes stel hulle eie wil onder die wil van God, hulle bid opreg: "… laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde" (Matt. 6:10). Hulle het nie hul eie wil nie, hulle wil eenvoudig hê wat God wil hê. Hulle is soos die Seun van God 'n direkte verwesenliking van die vlees-gewordene Woord omdat hulle deur wedergeboorte deel van God geword het. Aan sulke mense rig Petrus die vermaning: "Daarom, broeders, moet julle jul des te meer beywer om julle roeping en verkiesing vas te maak; want as julle dit doen, sal julle nooit struikel nie" (IIPet. 1:10).
Soos die apostel Petrus daarop wys, word Christus ook aan ons voorgehou as die uitverkore Steen, wat vir sommige die hoeksteen is en vir andere, 'n steen-des-aanstoots en 'n rots van struikeling is. Wie tot die uitverkore geslag en die koninklike priesterdom behoort, sal Christus in geloof sien as die Hoeksteen en die Hoofsteen. Wie aan Hom aanstoot neem en kwaad word vir Hom, is in ongehoorsaamheid teenoor die Woord (IPet. 2: 3-10).
Geestelike ervaring leer, dat elkeen hul bestemde plek inneem en dit glo wat vir hul beskik is. Wie byvoorbeeld, nie in die uitverkiesing glo nie, kan nie uitverkies word nie. Dieselfde geld vir bekering, vernuwing, wedergeboorte, met elke ervaring wat ons met God kan het. Elke mens ervaar net dit wat hy glo. "Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid" (IIThess. 2:13).
"… deurdat Hy aan ons die verborgenheid van sy wil bekend gemaak het na sy welbehae wat Hy in Homself voorgeneem het, om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig — in Hom in wie ons ook 'n erfdeel ontvang het nadat ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil" (Efé. 1: 9-11).

In die Ou Testament het God Israel uitverkies as 'n volk tot Sy spesiale eiendom: "… want jy is 'n volk heilig aan die Here jou God, en jou het die Hereuitverkies om Sy eiendomsvolk te wees uit al die volke wat op die aarde is" (Deut. 14:2). Vanuit die standpunt van die Nuwe Testament, ten opsigte van die Gemeente uit die nasies, skryf Paulus: "Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders" (Rom. 11:28).