Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?

Hoofstuk 26 - Een Dag by God — Eenduisend Jaar

« »

Die volgende stelling is bedoel om God se tydplan vir die mensdom werklik te verstaan. Psalm 90, vers 4 sê: "Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak". Dieselfde gedagte word uitgedruk deur Petrus in die Nuwe Testament: "Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag" (IIPet. 3:8). Wanneer daar in die Heilige Skrif gepraat word van die laaste dae moet dit in ag geneem word, of dit oor dae in die profetiese sin handel en of daar eintlik daarmee die laaste geslag bedoel word.

God het die wêreld in ses dae geskape en op die sewende dag gerus. As 'n mens die skeppingsverslag mooi lees, sal hy dit soos volg geskryf vind: "En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het" (Gén. 2:2). Dit is van groot belang vir die verloop van die seweduisend-jarige geskiedenis van die mensdom. Die nommer 7 is die getal van goddelike volmaaktheid. Die agtste dag sal weer die eerste wees.

Die bybelse verloop van tyd kan in die volgende tydvakke verdeel word: Ongeveer tweeduisend jaar — twee dae met God — was vanaf Adam tot by Abraham, die volgende twee vanaf Abraham tot Christus. Ons staan nou voor die voltooiing van nog 'n twee-duisend jaar tydvak. Die sewende dag is die dag van die rus van die Here — die duisend-jarige Vrederyk. Profete en apostels het gepraat en geskryf oor hierdie "Dag van die Here". Johannes vertel van 'n ervaring op die eiland Patmos: "Ek was in die Gees op die dag van die Here" (Openb. 1:10). Hierdie laaste dag begin met die groot slagting, bekend as die Slag van Armageddon (Openb. 16: 14-16), en die duisend jaar eindig met die groot geveg, die Gog en Magog, wanneer die Satan vrygelaat word en die volke weer verlei (Openb. 20: 7-10). Tussenin lê die duisend-jarige Vrederyk: "dan wei die wolf by die lam en die luiperd … by die bokkie … die kalf en die jong leeu en voerbeeste … bymekaar …" (Jes. 11: 6-8), "en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie" (Miga 4:3; Jes. 2:4).

"En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Ísai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees. En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly …" (Jes. 11: 10-11).

Uit die profetiese oogpunt leef ons sedert die begin van die Nuwe Verbond in die twee laaste dae, ook genoem "die einde van tyd". Van Christus sê dit: "wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil" (IPet. 1:20). Hierdie tydperk is nou voor sy einde. As gevolg van die verskillende berekeninge van die jare (bybels 360 dae ​​en volgens die sonjaar 365 dae) is dit nie moontlik om die tyd presies te bereken nie. Dank God hiervoor. Slegs leidrade en 'n beraming word rofweg gegee vir oriëntasie. Deur die vervulling van voorspelde gebeure — die tekens van die tye —kan ons sien dat ons nou aan die einde van die eindtyd leef. Duidelik herkenbaar is die van-God-komende, die grootste keerpunt in die geskiedenis van die mensdom, tasbaar naby.

Op Pinksterdag het Petrus die twee profetiese dae in gedagte gehad toe Hy die uitstorting van die Gees uit Joël 3 aangehaal het: "Maar dit is wat deur die profeet Joël (3: 1-5) gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees …" (Hand. 2: 16 + 17). Hy beskryf die dag van die Here met alle akkuraatheid, dit wat vooraf gaan gebeur, wanneer die dag van verlossing tot 'n einde gekom het, wat aan die einde van hierdie laaste dae, na die einde van die tweeduisend-jarige verloop van verlossing sal geskied: "Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom" (Hand. 2:20). Volgens Maleági (4:5) is die dag van die Here ook die groot en vreeslike dag.

Sekere gebeure sal aan die einde van hierdie tweeduisend-jaar tydperk plaasvind, ander aan die begin van die sewende dag, op die dag van die Here. Daar is geen bybel-gedeelte wat die sabbat of sondag beskryf as "die dag van die Here" nie. Hierdie dag sal heerlik wees vir die verlostes (Fil. 1:6; Fil. 2:16); maar verskriklik vir al die goddeloses (Jes. 13: 6-12). Soos God Sy skeppingswerk voltooi het op die sewende dag en toe gerus het, sal dit met die einde van Sy verlossingswerk wees.

Die genadetyd word ook as "dag van verlossing", 'n "aangename tyd" genoem, as "tyd van welbehae" (Jes. 49:8; IIKor. 6:2) en die "aangename jaar van die Here" (Jes. 61:2; Luk. 4:19). Dit is die jaar van genade, ook genoem die "Jubeljaar", waarna in die Ou Testament verwys word as die jaar na die sewe maal sewe jare, dws, die vyftigste jaar. Elke skuld-draer en slaaf, almal wat besittings verloor het, het in die jubeljaar teruggekeer na hul oorspronklike besittings (Levitikus 25). Op die groot versoeningsdag was die basuine geblaas; alle skuldiges was een enkele dag gedurende hierdie jubeljaar vrygelaat. Nadat die universele, groot "Versoeningsdag van God" met die mensdom plaasgevind het, sal die basuin van die evangelie geblaas word, en elkeen wat daarna luister en dit glo, gaan vry uit. Die ganse tyd van genade is vir almal dieselfde, maak nie saak waar en wanneer hy gelewe het in die goddelike wederkomsjaar wat onse Here na verwys het as die aangename jaar. Elkeen wat God in hierdie tyd glo en die volmaakte verlossing aanvaar, kan vry uitgaan. Onse Here het uitgeroep: "Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul" (Luk. 4:21). Hierdie "vandag" is die deur-God-geskenkte dag van genade (Heb. 4:7).

Oor die laaste twee dae gaan Petrus verder: "En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig" (Hand. 3:24). Die presiesheid waarmee die manne van God in die Nuwe Testament deur openbaring die heilsraad-besluite van God kon bring, is verbasend. "Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond tot stand sal bring". Hierdie verbond het God in Christus op Golgota gesluit en die belofte aan Israel gegee: "Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees" (Heb. 8: 8+10).

Met verwysing na die tydsduur van die Ou Testament, wat ook as dae genoem word in ‘n profetiese sin, sê dit in Hebreërs 1: "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun" (vers 1). Die einde van die dae van die vaders het uitgemond met die begin van die dae waarin God deur die Seun gespreek en vir ons die antwoord gegee het. Dit is die ongeveer tweeduisend jaar — die deurlopende tyd van die Gemeente — wat huidiglik voltooi word. Daarna kom die verwikkelinge van die Plan van God met Israel; dit val aan die begin van die sewende dag, direk voor die aanvang van die duisendjarige Konink ryk.

In Hosea 6 word daarvan vermeld. "Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe" (verse 1-2).

Sedert die jaar 70 nC, toe die tempel deur die Romeinse leër onder Titus verwoes was, was Israel, soos voorspel deur die profeet Moses, onder al die volke verstrooi. Moses het egter ook hul terugkeer aangekondig (Deut. 4: 27-28). Die Here het die profeet Jeremia laat sê: "Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde … En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel … en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer" (31: 10-13). In die profeet Esegiël, veral in die hoofstukke 36 tot 38, word baie gesê: "So spreek die Here Here: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land" (37:21). In die 38ste hoofstuk word die tyd waarin dit alles gebeur, in meer detail beskryf: "… aan die einde van die jare … Aan die einde van die dae sal dit wees" (verse 8+16).

In die genoemde teks vanuit Hosea word gesê dat dit na twee dae, dws, na tweeduisend jaar sal geskied, en op die derde dag sal die Here Israel help, en hulle sal God se lewe ontvang. Die hoop vir die Messias het tot vandag toe in die gelowige Jode lewend gebly. Oor die algemeen eindig 'n gebed by die klaagmuur met die versoek dat die Messias kom en dat die tempel herbou sal word. Dan word dít genoem: "En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën" (Hos. 6:3).

Soos deur 'n wonderwerk van God, is Israel weer 'n nasie sedert 1948. In die goddelike heilsverloop van verlossing, handel God met Israel as 'n geheel in hul eie land, terwyl Hy daarteenoor van die volkere en tale net enkelinge, hulle wie glo, uitroep. Wat die voltooiing van die Gemeente van die nasies en die verlossing van Israel betref, het Paulus geskryf: "… dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is …" (Rom. 11: 25-26).

Jakobus het dieselfde idee ook in die gemeente in Jerusalem so uitgedruk: "Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig …" (Hand. 15: 14-15). Die profeet Amos het dit so gestel: "In dié dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig …" (9:11). Met verwysing na die volk van Israel, skryf Sefanja: "Op dié dag hoef jy jou nie te skaam …" (3:11). "En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke … Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het …" (Sag. 12: 3+9).

Die feit van die terugkeer van die volk van Israel na hul vaderland, is die onfeilbare bewys dat die tyd van genade nou tot 'n einde kom en dat God Homself binnekort aan die Jode sal openbaar. Voordat die laaste dag begin, moet die werk van God met die Gemeente voltooi word. So sê die Here: "Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die Here aanbreek" (Mal. 4:5). Kan dit wees dat hierdie belofte reeds vervul is, en dit sonder dat die gevestigde geestelikes dit opgemerk het? Aan die begin van die genade tyd was dit sekerlik die geval met Johannes die Doper.

Omdat Johannes die Doper die eerste deel van die 6de vers vervul het, "… om die harte van die vaders terug te bring tot die kinders …" (Luk. 1:17), word Hy ook Elia genoem. Maar sedertdien het byna twee-duisend jaar verbygegaan, en die dag van die Here het nog nie gekom nie. Johannes was die boodskapper volgens Maleági 3 vers 1, wat die weg vir die Here voorberei het (Matt. 11:10; Mark. 1: 1-3).

Johannes was onder meer gevra: "Is u Elía? En hy sê: Ek is nie" (Joh. 1:21). Voor die dag van genade tot 'n einde kom en die dag van oordeel en toorn aanbreek, het God belowe om 'n man te stuur soos die profeet Elia. Hierdie man het die taak gehad om die harte van die kinders van God terug te bring na die harte van die apostoliese vaders (Mal. 4:6b). Soos Elía die volk Israel geroep het na die berg Karmel en die altaar van die Here herbou het met presies twaalf klippe — wat die twaalf stamme van Israel verteenwoordig het — sodat God uit die hemel 'n beslissing gelewer het, so moes die Elia van hierdie tyd die lering van die twaalf apostels, as grondslag, opnuut in die Gemeente daarstel, sodat die lewende God Sy Woord en krag aan Sy Gemeente kan openbaar. Hierdie man kon nie 'n verteenwoordiger van 'n denominasie wees nie; dit moes 'n man wees wat deur God gestuur word met die direkte goddelike boodskap aan die volk van God.

In Matthéüs 17 vers 11 bevestig Christus hierdie bediening, wat toe nog sou kom: "En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel". Dr. Scofield skryf daaroor in 'n voetnota van sy bybelvertaling, langs Matthéüs 17 verse 10-11, soos ander bybel-kenners ook te kenne gee: "Christus bevestig die spesiale en nog onvoltooide profesie in Maleági 4: 5-6: 'Elia sal eers kom en dinge regstel'. Hier, sowel as in Maleági, word die voorspelling wat in Johannes die Doper vervul is en dit wat nog in Elia moet vervul, uitmekaar gehou. Maar Johannes die Doper het alreeds gekom en sy bediening was so volmaak in die gees en krag van die toekomstige bediening van Elia (Luk. 1:17), dat dit in 'n tipiese sin gesê kon word: 'Elia het reeds gekom'."

Die voorloper van Christus se eerste koms het in die Gees en in die krag van Elia opgetree. Die man van God voor die Wederkoms van Christus moet alles weer bybels orden en terugbring na die oorspronklike stand, soos dit in die vroeë Christendom was. Dit moet volgens die Heilige Skrif gedoen word, voor die Wederkoms van Jesus Christus plaasvind, omdat dit van Jesus Christus gesê word: "Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete" (Hand. 3:21).

Paulus skryf aan die Thessalonisense wat die dag van die Here betref: "… julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos 'n dief in die nag". Daarmee is dit duidelik dat, sonder enige spesiale aankondiging, daar 'n groot verrassing sal wees. Paulus gaan voort met verwysing na hierdie dag: "Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid — dan oorval 'n skielike verderf hulle soos die barensnood 'n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie". Op geen ander tyd het die woorde "vrede" en "sekuriteit" so 'n groot rol gespeel soos nou nie. Dit gaan oor die politici, om vrede en sekuriteit aan die lydende volke te bring. Dit is veral in die tyd, waar die slagspreuke "vrede" en "sekuriteit" uitgelig word, dat dit verbreek word. Daardie tyd is nou. In beide die Ooste en Weste gaan die strewe na ontwapening en veiligheid in die hele Europa — en dus vir die hele wêreld — voort. Vir die kenners van die Heilige Skrifte gaan hierdie dag nie onverwags kom nie, omdat hulle sien hoe vêr die verwikkelinge gevorder het, wat gegrond is op die voorspelde tekens van die tye. "Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos 'n dief sou oorval nie" (IThess. 5: 2-4).

Die apostel Paulus neem die tema van die Wederkoms van die Here Jesus Christus op en ons vereniging met Hom, en vermaan in hierdie verband, om nie opgewonde te raak nie: "… asof die dag van Christus al daar is" (IIThess. 2:2b). In hierdie hoofstuk en elders word die geestelike kenmerke van hierdie laaste tydvak, wat ook die eindtyd genoem word, beskryf: "In die laaste tyd sal daar spotters wees wat volgens hul eie goddelose begeerlikhede wandel" (Judas 18).

Byna dieselfde woorde kan gevind word in IIPetrus 3 vers 3: "Dit moet julle veral weet, dat daar aan die einde van die dae spotters sal kom wat volgens hulle eie begeerlikhede wandel …".

In die volgende vers beskryf die apostel die kenmerke van hierdie spotters wat nie in 'n algemene manier spot nie, maar die beloofde Wederkoms van Christus bespot en sê: "Waar is die belofte van sy wederkoms?"

Die algemene toestand, soos dit in die laaste dae of in die eindtyd sal wees, word in IITimothéüs 3, verse 1-9 daargestel: "… dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. Want die mense sal liefhebbers van hulself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God …".

Oor die algemeen het die Here die morele en geestelike toestand wat die mensdom in hierdie tyd sou hê uitgedruk; soos in die dae van Noag en in die dae van Sodom en Gomorra (Lukas 17). In die tyd van Noag het die groot vermenging van die twee geslagte (Seth en Kain) plaasgevind, waarop God die einde van alle vlees bepaal het (Génesis 6). Daar vind nou die grootste godsdienstige vermenging ooit plaas.

In IITimothéüs 4 word 'n waarskuwing uitgereik, teen 'n afwyking vanaf die verkondiging van die Woord van waarheid: "want daar sal 'n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie … en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels" (verse 1-5). Dit is nie die apostel nie, maar die Gees van God wat die geestelike verval in ITimothéüs 4 vooruitgespreek het: "Maar die Gees sê uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang … wat verbied om te trou (d.w.s., verpligte selibaatskap) en gebied dat die mense hulle moet onthou van voedsel (bv. om geen vleis op Vrydae te eet nie) wat God geskape het om met danksegging gebruik te word deur die gelowiges en die wat die waarheid ken" (verse 1-3). Wat aan die mense as besonder wenslik voorgestel word, word in die Heilige Skrif "demoniese leer-stellings" genoem.

Die apostel Petrus het ook van die dag van die Here, wat hy ook die dag van God genoem het, geskrywe: "Maar die dag van die Here sal kom soos 'n dief in die nag, waarin die hemele met gedruis sal verbygaan en die elemente sal brand en vergaan, en die aarde en die werke wat daarop is, sal verbrand … julle wat die koms van die dag van God verwag" (IIPet. 3: 10-12).

Die profeet Daniël het herhaaldelik na die eindtyd verwys. In hoofstuk 2 vers 28 sê hy: "… Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur". In die 8ste hoofstuk, verse 17, 19 en 26, word hy vertel: "Let op, mensekind, want die gesig sien op die tyd van die einde … Kyk, ek maak jou bekend wat aan die einde van die strafgerig sal gebeur, want dit sien op die bepaalde tyd van die einde … en jý, hou die gesig geheim, want dit sien op 'n verre toekoms". Byna dieselfde woorde word in die laaste hoofstuk aan die profeet toege-roep: "En jy, Daniël, hou die woorde geheim en verseël die boek tot die tyd van die einde toe … Gaan heen, Daniël, want die woorde bly verborge en verseël tot die tyd van die einde toe" (12: 4+9).

Dit was tot onlangs nie moontlik om die profetiese gedeelte van die geskiedenis uit die Heilige Skrif te plaas soos dit nou as gevolg van die politieke ontwikkeling die geval is nie. Die huidiglik-opkomende godsdienstige en politieke Europa is die weder-opstanding van die "Romeinse Ryk" ingevolge die Verdrag van Rome van 25 Maart, 1957. Die onomkeerbare ontwikkeling in Sentraal-Europa en die algemene wêreldsituasie toon duidelik dat ons na aan die Wederkoms van Jesus Christus en die daaropvolgende dag van die Here lewe. Die tyd is nie net naby nie, dit is hier. Vandag het bybelse profesie nie meer nodig om geïnterpreteer te word nie, ons sien hoe dit voor ons ontvou. Die tyd van genade, die dag van heil, neig nou na 'n einde toe; die 'countdown' het reeds begin. Een tydvak eindig en die ander, die laaste dag, begin. Na die sewende dag, die laaste duisend jaar, sal tyd tot in die ewigheid inlei.

Die volgende stelling is bedoel om God se tydplan vir die mensdom werklik te verstaan. Psalm 90, vers 4 sê: "Want duisend jaar is in u oë soos die dag van gister as dit verbyskiet, en soos 'n nagwaak". Dieselfde gedagte word uitgedruk deur Petrus in die Nuwe Testament: "Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag" (IIPet. 3:8). Wanneer daar in die Heilige Skrif gepraat word van die laaste dae moet dit in ag geneem word, of dit oor dae in die profetiese sin handel en of daar eintlik daarmee die laaste geslag bedoel word.

God het die wêreld in ses dae geskape en op die sewende dag gerus. As 'n mens die skeppingsverslag mooi lees, sal hy dit soos volg geskryf vind: "En God het op die sewende dag sy werk voltooi wat Hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat Hy gemaak het" (Gén. 2:2). Dit is van groot belang vir die verloop van die seweduisend-jarige geskiedenis van die mensdom. Die nommer 7 is die getal van goddelike volmaaktheid. Die agtste dag sal weer die eerste wees.

Die bybelse verloop van tyd kan in die volgende tydvakke verdeel word: Ongeveer tweeduisend jaar — twee dae met God — was vanaf Adam tot by Abraham, die volgende twee vanaf Abraham tot Christus. Ons staan nou voor die voltooiing van nog 'n twee-duisend jaar tydvak. Die sewende dag is die dag van die rus van die Here — die duisend-jarige Vrederyk. Profete en apostels het gepraat en geskryf oor hierdie "Dag van die Here". Johannes vertel van 'n ervaring op die eiland Patmos: "Ek was in die Gees op die dag van die Here" (Openb. 1:10). Hierdie laaste dag begin met die groot slagting, bekend as die Slag van Armageddon (Openb. 16: 14-16), en die duisend jaar eindig met die groot geveg, die Gog en Magog, wanneer die Satan vrygelaat word en die volke weer verlei (Openb. 20: 7-10). Tussenin lê die duisend-jarige Vrederyk: "dan wei die wolf by die lam en die luiperd … by die bokkie … die kalf en die jong leeu en voerbeeste … bymekaar …" (Jes. 11: 6-8), "en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie" (Miga 4:3; Jes. 2:4).

"En in dié dag sal die nasies vra na die wortel van Ísai, wat daar staan as 'n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees. En in dié dag sal die Here weer vir die tweede keer sy hand uitstrek, om die oorblyfsel van sy volk los te koop wat sal oorbly …" (Jes. 11: 10-11).

Uit die profetiese oogpunt leef ons sedert die begin van die Nuwe Verbond in die twee laaste dae, ook genoem "die einde van tyd". Van Christus sê dit: "wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil" (IPet. 1:20). Hierdie tydperk is nou voor sy einde. As gevolg van die verskillende berekeninge van die jare (bybels 360 dae ​​en volgens die sonjaar 365 dae) is dit nie moontlik om die tyd presies te bereken nie. Dank God hiervoor. Slegs leidrade en 'n beraming word rofweg gegee vir oriëntasie. Deur die vervulling van voorspelde gebeure — die tekens van die tye —kan ons sien dat ons nou aan die einde van die eindtyd leef. Duidelik herkenbaar is die van-God-komende, die grootste keerpunt in die geskiedenis van die mensdom, tasbaar naby.

Op Pinksterdag het Petrus die twee profetiese dae in gedagte gehad toe Hy die uitstorting van die Gees uit Joël 3 aangehaal het: "Maar dit is wat deur die profeet Joël (3: 1-5) gespreek is: En in die laaste dae, spreek God, sal Ek van my Gees uitstort op alle vlees …" (Hand. 2: 16 + 17). Hy beskryf die dag van die Here met alle akkuraatheid, dit wat vooraf gaan gebeur, wanneer die dag van verlossing tot 'n einde gekom het, wat aan die einde van hierdie laaste dae, na die einde van die tweeduisend-jarige verloop van verlossing sal geskied: "Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here kom" (Hand. 2:20). Volgens Maleági (4:5) is die dag van die Here ook die groot en vreeslike dag.

Sekere gebeure sal aan die einde van hierdie tweeduisend-jaar tydperk plaasvind, ander aan die begin van die sewende dag, op die dag van die Here. Daar is geen bybel-gedeelte wat die sabbat of sondag beskryf as "die dag van die Here" nie. Hierdie dag sal heerlik wees vir die verlostes (Fil. 1:6; Fil. 2:16); maar verskriklik vir al die goddeloses (Jes. 13: 6-12). Soos God Sy skeppingswerk voltooi het op die sewende dag en toe gerus het, sal dit met die einde van Sy verlossingswerk wees. 

Die genadetyd word ook as "dag van verlossing", 'n "aangename tyd" genoem, as "tyd van welbehae" (Jes. 49:8; IIKor. 6:2) en die "aangename jaar van die Here" (Jes. 61:2; Luk. 4:19). Dit is die jaar van genade, ook genoem die "Jubeljaar", waarna in die Ou Testament verwys word as die jaar na die sewe maal sewe jare, dws, die vyftigste jaar. Elke skuld-draer en slaaf, almal wat besittings verloor het, het in die jubeljaar teruggekeer na hul oorspronklike besittings (Levitikus 25). Op die groot versoeningsdag was die basuine geblaas; alle skuldiges was een enkele dag gedurende hierdie jubeljaar vrygelaat. Nadat die universele, groot "Versoeningsdag van God" met die mensdom plaasgevind het, sal die basuin van die evangelie geblaas word, en elkeen wat daarna luister en dit glo, gaan vry uit. Die ganse tyd van genade is vir almal dieselfde, maak nie saak waar en wanneer hy gelewe het in die goddelike wederkomsjaar wat onse Here na verwys het as die aangename jaar. Elkeen wat God in hierdie tyd glo en die volmaakte verlossing aanvaar, kan vry uitgaan. Onse Here het uitgeroep: "Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul" (Luk. 4:21). Hierdie "vandag" is die deur-God-geskenkte dag van genade (Heb. 4:7).

Oor die laaste twee dae gaan Petrus verder: "En ook al die profete van Samuel af en die wat gevolg het, almal wat gespreek het, het ook hierdie dae aangekondig" (Hand. 3:24). Die presiesheid waarmee die manne van God in die Nuwe Testament deur openbaring die heilsraad-besluite van God kon bring, is verbasend. "Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda 'n nuwe verbond tot stand sal bring". Hierdie verbond het God in Christus op Golgota gesluit en die belofte aan Israel gegee: "Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle 'n God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees" (Heb. 8: 8+10).

Met verwysing na die tydsduur van die Ou Testament, wat ook as dae genoem word in ‘n profetiese sin, sê dit in Hebreërs 1: "Nadat God baiekeer en op baie maniere in die ou tyd gespreek het tot die vaders deur die profete, het Hy in hierdie laaste dae tot ons gespreek deur die Seun" (vers 1). Die einde van die dae van die vaders het uitgemond met die begin van die dae waarin God deur die Seun gespreek en vir ons die antwoord gegee het. Dit is die ongeveer tweeduisend jaar — die deurlopende tyd van die Gemeente — wat huidiglik voltooi word. Daarna kom die verwikkelinge van die Plan van God met Israel; dit val aan die begin van die sewende dag, direk voor die aanvang van die duisendjarige Konink ryk. 

In Hosea 6 word daarvan vermeld. "Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons ná twee daelewend maak, op die derde dag ons laat opstaan, sodat ons voor sy aangesig kan lewe" (verse 1-2).

Sedert die jaar 70 nC, toe die tempel deur die Romeinse leër onder Titus verwoes was, was Israel, soos voorspel deur die profeet Moses, onder al die volke verstrooi. Moses het egter ook hul terugkeer aangekondig (Deut. 4: 27-28). Die Here het die profeet Jeremia laat sê: "Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos 'n herder sy kudde … En hulle sal kom en op die hoogte van Sion jubel … en Ek sal hulle rou in vreugde verander en hulle troos en hulle tot blydskap bring uit hulle kommer" (31: 10-13). In die profeet Esegiël, veral in die hoofstukke 36 tot 38, word baie gesê: "So spreek die Here Here: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land" (37:21). In die 38ste hoofstuk word die tyd waarin dit alles gebeur, in meer detail beskryf: "… aan die einde van die jare … Aan die einde van die dae sal dit wees" (verse 8+16).

In die genoemde teks vanuit Hosea word gesê dat dit na twee dae, dws, na tweeduisend jaar sal geskied, en op die derde dag sal die Here Israel help, en hulle sal God se lewe ontvang. Die hoop vir die Messias het tot vandag toe in die gelowige Jode lewend gebly. Oor die algemeen eindig 'n gebed by die klaagmuur met die versoek dat die Messias kom en dat die tempel herbou sal word. Dan word dít genoem: "En laat ons ken — laat ons dit najaag om die Here te ken; sy opgang is so seker soos die dagbreek, en Hy sal tot ons kom soos die reën" (Hos. 6:3).

Soos deur 'n wonderwerk van God, is Israel weer 'n nasie sedert 1948. In die goddelike heilsverloop van verlossing, handel God met Israel as 'n geheel in hul eie land, terwyl Hy daarteenoor van die volkere en tale net enkelinge, hulle wie glo, uitroep. Wat die voltooiing van die Gemeente van die nasies en die verlossing van Israel betref, het Paulus geskryf: "… dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is …" (Rom. 11: 25-26).

Jakobus het dieselfde idee ook in die gemeente in Jerusalem so uitgedruk: "Símeon het vertel hoe God in die begin uitgesien het om 'n volk uit die heidene vir sy Naam aan te neem. En hiermee stem die woorde van die profete ooreen, soos geskrywe is: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig …" (Hand. 15: 14-15). Die profeet Amos het dit so gestel: "In dié dagsal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig …" (9:11). Met verwysing na die volk van Israel, skryf Sefanja: "Op dié daghoef jy jou nie te skaam …" (3:11). "En in dié dag maak Ek Jerusalem tot 'n baie swaar klip vir al die volke … Ook sal Ek in dié dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg. Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het …" (Sag. 12: 3+9).