Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 27 - Die Romeinse Wêreldryk en die besondere Betekenis daarvan
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Die Romeinse Ryk is onafskeidbaar van die Roomse Kerk. In die tyd van Konstantyn het dit begin as 'n nasionale kerk, en toe 'n volkskerk geword en uiteindelik word dit toe 'n staatskerk. Die godsdienstige ontwikkeling het uitgemond in die staatlike, en uit die godsdienstige instelling het 'n staatsstruktuur ontstaan, naamlik, die "Pouslike Staat" wat vir eeue lank reeds bestaan. Geen ander kerk, vanaf die "Oostelike-Kerk" tot die groot wêreldwye Anglikaanse Kerk het as 'n godsdienstige instelling 'n staatskarakter nie. Die Roomse Kerk is amptelik 'n onafhanklike staat, binne 'n ander staat. Dit is die belangrikste politieke mag op aarde. Die Vatikaan handhaaf diplomatieke betrekkinge met meer as 100 lande, dit wil sê, die uitruil van ambassadeurs, wat deur die Vatikaan 'nuncius' (pouslike gesante) genoem word. Hoekom het nie een van die ander nasionale of staatskerke sodanige diplomatieke betrekkinge nie? Hoekom net die Kerk van Rome? Omdat sy 'n politieke entiteit is en geestelik oor almal is wat aan haar behoort in alle state.
Die pous se besoeke is die besoek van 'n staatshoof, wat met alle eer ontvang moet word. Het Christus die "Romeinse Ryk" bedoel, dat die pouse in die oë van die wêreld opgerig sal word, toe Hy gepraat het van die koninkryk van God? Kan hierdie politieke, ekonomiese en godsdienstige wêreldmag die Gemeente van Christus wees? Was dit die wil van God? Was dit die doel van Jesus Christus, toe Hy verlossing op Golgota volbring het?
Volgens wat die profeet Daniël se visioene getoon het, word vier wêreldryke tot aan die einde van die huidige beskawing vooruitgesien. Die laaste is die Romeinse Ryk (Daniël 2 en 7). Die verloop van hierdie wêreldryk is histories goed gedokumenteer: die Babiloniese Ryk het vir die periode 606-538 vC geduur. Die koninkryk van die Mede en die Perse, 538-330 vC. Dit is gevolg deur die Griekse Ryk onder Alexander die Grote, wat gestrek het vir die periode 330-30 vC.
Vanaf die Jaar 30 vC, het die Romeinse wêreldryk oorgeneem, wat tot aan die einde van hierdie tydvak sal heers, as oppergesag. Hierdie vier ryke was deur vier gediertes in Daniël 7 gesimboliseer. In bybelse profesie is 'n gedierte altyd 'n simbool van mag, van 'n koninkryk of van 'n heerser wat mag uitoefen (Dan. 7: 17+23).
Dit het begin met die welbekende man, genaamd Nebukadnésar, wat skielik, beïnvloed deur fanatici en megalomanie, die bevel gegee het dat almal wat 'n ander god kies bo die gode wat in sy koninkryk erken word, gedood moes word. Wie het nie van die drie manne in die oond gehoor nie, wie in die vuur gegooi was, net omdat hulle die een ware God aan-geroep en gedien het? Dieselfde beskuldiging was teen die profeet Daniël gemaak, waarvoor hy vir die leeus gegooi was. Maar skielik was die handskrif aan die muur, die "Menetekel", en die heerser het dit skriftelik direk uit die hemel ontvang, dat sy koninkryk geweeg is en sy dae getel was. So sal dit ook aan die einde van hierdie gene-rasie wees.
In die afgelope tweeduisend jaar het Rome mag in alle opsigte uitgeoefen. Eers politiek-heidense, toe politiek-heidens-"Christelike". Óf deur keisers óf later deur pouse — dit het altyd gegaan oor die uitbreiding, konsolidering en verdediging van hierdie koninkryk, dws, oor magsvertoning. Dit het ten alle koste gebeur. Alle ander ryke, selfs die Britse Ryk, het ineengestort en moes hulself by hierdie algehele ontwikkeling voeg. Die Sowjet-ryk het ook geval, en die hele Oosblok word huidiglik hersaamgestel om in die "wêreldryk" te pas. Dié ontwikkeling het die Kerk geïdentifiseer as oorwinnaar oor kommunisme, soos by die Europese Sinode in Rome, November-Desember 1991, aangekondig was. Die skielike omverwerping van wêreldkommunisme beteken die verreising van die wêreldkatolisisme, ter vervulling van die Skrifte.
In hierdie Romeinse Ryk is die Rooms-Katolieke trinitariese geloof uit die 4de eeu as alleen-geldig verklaar. Keisers, pouse, prinse en almal wat 'n invloed gehad het, het hulself verplig gevoel om hul uiterste bes te doen om hierdie doelwit te verseker. Diegene wie hulself net na die een ware God gewend het, soos die Jode en andere geglo het, is meedoënloos vervolg. Die doel het keer op keer die middele geheilig. Daar was kruistogte en baie sg. "heilige en regverdige" oorloë omdat die "heilige en regverdige" Kerk dit voorgestaan het.
Daar is geen manier om vandag te bepaal wat werklik alles gepleeg was nie. Elke mens wat die martelingsgereedskap sien wat in die "heilige" Inkwisisie gebruik was, word siek. Die onverdraagsaamheid teenoor ander gelowe en die blinde, godsdienstige fanatisme wat ontaard het in dodelike haat, het elke mate oorskry. Skrywers het net ligtelik probeer om hierdie donker hoofstuk te verlig. Duideliker kan nie gesê word, dat al hierdie gruweldade uitgevoer en geregverdig was op grond van die noodlottige houding dat in hierdie Romeinse Ryk net 'n enkele geloof geldig was, dit wat die Roomse Kerk verteenwoordig het.
Pouse en keisers het mag gedeel. Vandag sou dit "Joint-venture" of "power-sharing" genoem word. Hulle het deels in hul ryk geregeer met onuitspreeklike brutaliteit. Hierdie sogenaamde "Heilige Romeinse Ryk" is inderdaad nie heilig nie, dit is nie die koninkryk van God nie. Dit is vals en word, opsetlik of uit onkunde, slegs deur die benaming as sodanig beskou. Op geen tydstip het 'n apostel of 'n man van God, aangestel deur die Here, ooit in die politiek ingemeng, of enige wêreldse mag uitgeoefen nie. Ware diensknegte van God het die koninkryk van God te alle tye verkondig en die politiek oorgelaat aan die politici. Die Romeinse Ryk, bestaande uit politieke, ekonomiese en godsdienstige mag, staan nou weer voor ons oë op en brei weer uit. 'n Verenigde Europa was nog altyd die droom van die pouse en speel die grootste rol in dié eindtydse profesie.
Ongeag die vorm van regering in die individuele lande wat tot hierdie Romeinse Ryk behoort het of steeds behoort — die staats- en regeringsvorme het gekom en gegaan — maar die steeds-bestaande "Reichskirche" (staatskerk), bly bestaan uit yster. Om die wêreldpubliek te beïndruk, sluit die Vatikaan ook alle ander godsdienste in en tree op as beskermheer daarvan. Vandag word nie meer vervloek of onder die banvloek geplaas nie; die arms nou word uitgestrek na almal. Die Pous ontvang in dieselfde week 'n politikus vanaf Israel én die hoof van die Palesteinse Bevrydings Organisasie (PBO); die politieke en godsdienstige leiers van alle lande, ongeag hul wêreldbeskouing en ideologie, kom na hom toe. Almal het reeds besef dat hulle, sonder 'n besoek aan die pous, nie die nodige agting in hul eie lande sal geniet nie. Die nuut-verkose president van die Verenigde State van Amerika, George Bush, het seker gemaak dat hy luister na sy raadgewers op sy reis na Europa in Mei, 1989, om eerste 'n besoek aan die pous te bring. Mikhail Gorbatsjov en baie ander het dit ook gedoen. Dit was ook so polities besluit met die Duitse hereniging. Na aanleiding daarvan het die Kanselier Helmut Kohl vanaf Berlyn, in November 1989, die Pous in die openbaar bedank vir sy daadwerklike bystand. So word dit in die wêreldpolitiek gemaak (Openb. 17: 2+18).
Volgens bybelse profesie, sal daar na al die oorloë wat plaas sal vind, 'n skyn-vrede geproklameer word, waarin historiese vyande vriende word, sodat dit vervul sal word wat geskrywe is: "Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid …" (IThess. 5:3). Die hele Europa is in 'n oorgang vasgegryp. In Oos en Wes gaan dit net oor vrede, wat onder die mense met slagspreuke soos "swaarde tot ploeë" of "maak vrede sonder wapens" gedemonstreer word. Daar is onlangs groot vordering gemaak met ontwapeningsonderhandelinge. Dié politieke vrede kan nie deur 'n politikus aangebring word nie, maar slegs deur die heersende Antichris, wat homself as vredemaker en bemiddelaar voorhou. Die ware en blywende vrede sal daarna deur Christus, die ware Vredevors, gebring word.
Met verwysing na die eindtyd, weergee Eerw. Markmann die voorspelling van a Russiese siener soos volg: "Net voor sy dood in 1900 het die visioenêre Rus, Vladimir Solowjow, sy beroemde “Kortverhaal van die Antichris” gepubliseer. Namens die ‘mense van die toekoms’ laat hy hierdie woorde uitspreek voor die Wêreldkongres van die volke: "Volkere van die aarde! Ek gee u my vrede!" En so eindig dit: "Volkere van die aarde, die beloftes is vervul. Die ewige vrede van die wêreld is verseker … Want van nou af is daar op die Aarde 'n sentrale mag wat sterker is as al die ander magte op hul eie of in hul geheel … En van nou af, sal geen ander mag wat julle ken, "oorlog" sê nie, wanneer ek sê: "vrede". Volke van die aarde! Vrede vir julle!" —O. Markmann: Endzeit, Entrückung, Antichrist ("Eindtyd, Wegraping, Antichris"), bl. 67.
Sulke woorde kom uit die mond van die godsdienstige leier, wat die politieke beleid beslissend bepaal. Wanneer Christen apologete praat van 'n "Superman" van die eindtyd en hom soek in die Judaïsme en Islam, getuig dit duidelik van onkunde. Hierdie man sal nie 'n ateïs, 'n Jood, 'n Moslem en 'n Boeddhis of Hindoe wees nie. Hy is die gekroonde man wat homself as die heerser van die hele wêreld beskou. Dieselfde man wat homself voorheen vredeliewend voorgedoen het, sal in die uur van X, sodra Satan hom in besit geneem het, soos met Judas, die beker van sonde en wetteloosheid volbring.
Die verwesenliking van die bybelse profesie gaan nie in die eerste plek oor China en die Verenigde State van Amerika nie, maar oor die "Verenigde Europa". Eerw. Markmann sê verder: "Na die laaste oorlog het die Vatikaan hom sterk beywer vir 'n nuwe verenigde Europa. Pous Paulus VI veral, het die Europese eenheidsgedagtes deurgans onderstreep. Selfs sy voorgangers Pius XII en Johannes XXIII het reeds die skepping van 'n Europese Unie met 'n supernasionale karakter aangevoer. Paulus VI het beklemtoon dat dit die katolieke geloof is wat Europa voorheen een 'gemaak' het; dit kan nou weer onvergelykbaar daartoe bydra, om geestelike vitaliteit te blaas in die fundamentele gemeenskaplike kultuur wat 'n sosiaal- en polities verenigde Europa nodig. ‘Die noodwendigheid van 'n verenigde Europa, word van dag tot dag al hoe meer dringend’, het hy in 1963 gesê" (bl. 70).
Die Vatikaan was die dryfkrag agter die totstandkoming van die Verdrag van Rome. So vroeg as 1970 het dit diplomatieke betrekkinge met die EG Kommissie in Brussels opgeneem. Dit sou later tot 'n verenigde Europa in sy geheel kom. Die hoog aangeskrewe Michail Gorbatsjof, wat deur baie regoor die wêreld gerespekteer was, het die konsep van "die bou van die Europese huis", wat reeds aan die einde van die 1957 Verdrag van Rome uitgedruk was, nuut uitgelig. Bekende politici en geestelikes het dit ook opgeneem in hul woordeskat. Al die belangrike stemme het verenigingsgedagtes vir die hele Europa in die jongste tyd met vasberadenheid uitgespreek.
"Die Pous vra vir 'n ‘Europa sonder grense’. Die opbou, van 'n ‘Europa sonder grense’, wat nie sy Christelike wortels ontken nie, het die Pous beroep. Vir hierdie projek van 'n ‘Europa sonder grense’ vertrou hy die voorbidding van die maagd Maria, het hy Maandag gesê voor 6,000 mense in Covadonga, Asturia, die laaste stop van sy drie-dag besoek aan Spanje" —Frankfurter Allgemeine Zeitung, Augustus 22, 1989 ('n Duitse dagblad).
Weereens is dit die pous, wat tot die regte idee gekom het om die skeiding tussen Oos en Wes te oorbrug. Die onderstaande aanhaling gee selfs nóg meer insig daaroor: "Die dringende belang van die Pous om 'n verenigde Europa op 'n katolieke basis daar te stel, word ook weerspieël in die proklamasie van beskermheiliges van Europa. Pous Paulus VI het toe alreeds vir Benedictus van Norcia as ‘beskermheer van Europa’ verklaar. Onlangs het Pous Johannes Paulus II aan die katolieke wêreld-kerk die heilige broeders ‘Kyrillos’ en ‘Methodius’, wie in die 9de eeu as apostels en leraars onder die Slawiërs gewerk het, as verdere beskermheiliges van Europa verklaar".
"‘Johannes Paulus II wou met die plegtige proklamasie van ‘Sint Kyrillos’ en ‘Sint Methodius’ as beskermhere van Europa enersyds op die deurslaggewende bydrae met die ontstaan van Europa uitwys. In die tweede plek wou hy graag beklemtoon dat die geestelike en kulturele profiel van Europa nie net deur die Latyns-Romeinse beskawing en die geestelike tradisies van die Weste bepaal word nie, maar net soveel deur klassieke Griekse kultuur en die Bisantynse en Bisantyns-Slawiese tradisies’.
Die voorsitter van die Duitse Biskopskonferensie, kardinaal Josef Hoffner het in Keulen verklaar dat die werk van die nuwe beskermheiliges as ‘apostels van die Slawiërs’, vergelyk kan word met wat St. Benedictus in Wes- en Sentraal-Europa gedoen het. So, al drie heiliges is die ‘geestelike bouers van Europa … inderdaad die hele Europa’.
Die besluit van die pous was 'n uitnodiging aan almal, om in voorbidding tot hierdie drie groot heiliges, die gesamentlike Europa ook aan die Rooms-Katolieke, wie met die reeds onderneemde beslissende stappe, op weg na volle eenheid met die Ortodokse Kerke was, toe te vertrou …" (Endzeit, Entrückung, Antichrist, bl. 72-73).
Deur middel van sy organisasies, speel die Vatikaan op politieke en op godsdienstige gebied, die hoofrol in die eenwording van Europa. Die eindtyd profesie is daarsonder ondenkbaar. Sy strategie het na die Tweede Wêreldoorlog fundamenteel verander om so ver moontlik sonder geweld op te tree, tog met dieselfde doel. Die Tweede Wêreld-oorlog was deur ingevalde lande beskou as 'n poging om 'n verenigde katolieke Europa op 'n gewelddadige manier te skep.
Die atheïstiese bolsjewisme was deur die Vatikaan, en inderdaad deur die hele Kuria en Westerse regerings, beskou as die groot gevaar vir die hele Christelike Weste. Mussolini het homself in diens van die Kerk gestel toe hy in 1929, onder pous Pius XI, die Vatikaan as 'n onafhanklike staat erken het. Die Vatikaan het sedertdien weer 'n ‘de facto’ soewereine staat geword.
Historici het die verhouding van die kerk teenoor fascisme en Nazïsme tot in 1945 nagevors. Hier volg 'n paar aanhalings uit hoofstukke 67 en 68 van Dr. Karlheinz Deschner se boek: Abermals Krähte der Hahn ("En weer kraai die Haan"), wat die historiese feite sonder voorbehoud uiteensit:
"Die eerste hulp wat deur die ex-sosialis (Mussolini) aan die Heilige Stoel gelewer was, was finansiëel. Hy het die Bank van Rome gered van bankrotskap, aan wie die Kuria en verskeie van haar hoogwaardigheidsbekleërs groot bedrae geld toevertrou het. Ten koste van die Italiaanse staat, het hy die bank met ongeveer 1,5 miljard Lire gehelp … Kardinaal Vannutelli, dekaan van die sogenaamde Heilige Kollege het reeds op daardie tydstip gesê dat hy ‘gekies is om die nasie te red en om hul geluk te herstel’".
"Pous Pius XI het homself weer op 13 Februarie, 1929, gedwing om Mussolini ‘die man wie die voorsienigheid aan ons gestuur het’ te noem. In hakies moet daar kennis geneem word dat na die ondertekening van die Lateraan-verdrag ook die destydse onder-burgemeester van Keulen, Konrad Adenauer, aan Mussolini in 'n gelukwensingstelegram verseker het dat 'sy naam in goue letters in die annale van die Katolieke Kerk sal verskyn'".
"Maar terwyl bykans die hele wêreld die fascistiese aggressie (in Abessinië) veroordeel het, het die Katolieke Kerk, veral die vooraanstaande Italiaanse geestelikes, hulself aan Mussolini se kant geskaar. Op 27 Augustus, 1935, toe die oorlog voorbereidings in volle gang was in Italië, het die pous aangekondig: ‘'n Verdedigende oorlog (!) met die doel om 'n groeiende bevolking uit te brei (!), kan geregverdig word en reg wees’. Slegs dae later, vier weke voor die aanval, het 19 aartsbiskoppe en 57 biskoppe aan Mussolini, 'n telegram gestuur, wat in 'Osservatore Romano' gepubliseer was soos volg: "Katolieke Italië bid vir die uitbreiding van sy groeiende geliefde vaderland, wat deur u regering verenig is soos nooit voorheen"
"… Die aartsbiskop van Taranto het, nadat hy op weg op 'n duikboot 'n diens gely het, dit "'n aggressie genoem, 'n heilige oorlog, 'n kruistog" … Die aartsbiskop van Milaan, Kardinaal Schuster, wat in die herfs van 1935 die troepe wat teruggekeer het na die slagveld, gesëen het, het Mussolini vergelyk met keisers Augustus en Konstantyn en het die Italiaanse skooljeug geleer dat, 'deur die werk van Ducé, antwoord God uit die hemel'.
… Verder op 12 Januarie, 1938, het Mussolini 72 biskoppe en 2,340 pastore in die Palazzo Venezia ontvang, waar die aartsbiskop Nogara in 'n toespraak, God gevra het om die Ducé in alle gevegte by te staan sodat Christelike Italië kan seëvier … 'Met vrome begeestering, met die stem en met die harte van die volk roep ons uit: Heil Ducé!'."
"Reeds in 1933 het die Spaanse biskoppe in 'n pastorale brief en die Pous in 'n 3 Junie ensiklika, 'n 'heilige kruistog vir die volledige herstelling van die kerklike regte' aangevra.
… Franco se swaer, Serrano Suñer, sekretaris van die Katolieke Jeugorganisasie, later Spaanse Minister van Binne- en Buitelandse Sake, was 'n vriend van Mussolini en Hitler. Aan die einde van Junie, 1942, was hy die Groot Kruis van die Orde van Pius IX deur die pous toegeken. Twee maande vroeër het Suñer aan 'n Deense koerant-korrespondent gesê dat 15,000 Spanjaarde reeds op die oostelike front veg en hulle getalle kan verhoog word tot een miljoen, as Duitsland dit nodig sou vind.
… Die Duitse biskoppe het reeds op 30 Augustus, 1936, in direkte opdrag van die kardinaalsekretaris van die staat Pacelli, 'n pastorale brief gepubliseer met betrekking tot Spanje: "Watter taak ookal op ons mense en vaderland val, word goed verstaan. Mag ons leier met God se hulp, hierdie baie swaar, verdedigingswerk (!), in onwrikbare fermheid en mees getroue deelname, al die mense van ons land bereik". Op 3 Januarie, 1937, het die Duitse bisdom, weer met verwysing na Spanje, hul getroues aangepor: Geliefde Diocesane! Die leier en Rykskanselier, Adolf Hitler, het die opmars van die Bolsjewiste van ver af gesien en sy sintuie en kommer gemik op hierdie geweldige gevaar van onse Duitse mense en die westerse lande".
"In dieselfde jaar (1933) het die katoliek, von Papen, die Konkordaat gesluit tussen Nazi-Duitsland en die Vatikaan. … In die jare vanaf 1934 tot 1938 het von Papen, as Duitse ambassadeur in Wene, die Nazi magsgryping in Oostenryk voorberei".
"Die Duitse biskoppe het nooit teen die vele duisende regterlike moorde van hul teenstanders, teen die vervolging van liberales, demokrate en kommuniste gedraai nie, wat hulle eintlik wou hê. … Hulle het nooit geprotesteer teen die verskriklike Joodse pogroms, teen die vernietiging van meer as tweehonderd Sinagoges, teen die vernedering, ontvoering en vergassing van die Jode nie. Hulle het duisend-en-'n-half jaar lank hul eie kerke oor en oor vervolg en hul lede doodgemaak. Hulle het nooit teen die stelsel van nasionale sosialisme as sodanig geprotesteer nie. Daarinteen het hoë geestelikes soos kardinaal Faulhaber van München, kardinaal Schulte van Keulen, biskop Matthias Ehrenfried van Würzburg, ens., (in 1935), eerder hul volle bereidheid verklaar om met die Nazi’s saam te werk en die weerstand teen hulle betreur".
"Op 11 Maart, 1938, het Hitler se troepe Oostenryk beset. Kardinaal Innitzer von Wien, wat met die toestemming van die Vatikaan aan Schuschnigg hul oorgawe aanbeveel het, en verklaar het: 'Die unie is onvermydelik', het die inval gevier deur die ‘Wehrmacht’ met klokkelui en swastika vlae op die kerke te verwelkom en het sy geestelikes opdrag gegee om dieselfde te doen. Op 12 Maart het hy hulle genooi om 'n dankseggingsdiens te hou. Toe Hitler op 15 Maart die kardinaal ontvang, het hy aan hom die bewaring van kerklike regte verseker. Alle Oostenrykse biskoppe, met die uitsondering van die biskop Van Linz, het die mense oorgehaal om vir Hitler te stem, en hul versoek afgesluit met die groet: 'Heil Hitler'."
Aangesien die politieke doelstelling van die wêreldkerk dieselfde gebly het, moes die gebeure van die verlede as 'n waarskuwing gesien word vir die toekoms. Die sogenaamde "Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie" bestaan uit godsdienstige en politieke mag. Hierdie formulering is regverdig in soverre die Vatikaan die Duitsers op 'n baie doelgerigte manier gebruik het, om hulle doelstellings te bereik. Duitsland speel ook die hoofrol in die eenwordingsproses van Europa, dit was die "lokomotief van die hele trein", die middelpunt van Oos en Wes. Baie historici het uit versigtigheid, of vrees vir die kerk, in gebreke gebly om hierdie delikate godsdienstige hoofstuk, óf nie beskryf nie of net bloot op papier gesinspeel.
Voor die begin van die Tweede Wêreldoorlog het die Vatikaan gefokus op Duitsland, wat al hoe meer kragtig geword het. Dit het in katolieke Beiere begin, veral in München, waar Hitler in 1923 in sy staatsgreep misluk het. In 1924 het die Vatikaan 'n konkordaat onderteken met die staat Beiere. Merkwaardig is dat die latere Pous Pius XII in daardie jare nuncius in München was en later ook in Berlyn.
Reeds in 1938 was ongeveer 40,000 politieke teenstanders in die Duitse konsentrasiekampe gevange geneem sonder die beswaar van een. Franz von Papen het as 'n toegewyde katoliek verklaar: "… Nasionale sosialisme is die Christelike reaksie teen die gees van 1789" —E. Paris: The Secret History of the Jesuits ("Die Geheime Geskiedenis van die Jesuïete"), bl. 130. Hy het daarmee duidelik verwys na die Franse Revolusie, wat gelei het tot 'n verdeelde staat en kerk, en die einde van die "Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie". Soos die stemme in die buiteland hard was teen die gebeure in Duitsland, het die redakteur van die "Stürmer" (Aanvaller), Julius Streicher, dit afgeweer met die woorde: "… dit is die Anglo-Saksiese propaganda van die Protestante teen ons". Die wat ondersteun was deur die pous, het hulself eenvoudig uitermatig sterk gevoel.
In die binnekringe van die Vatikaan het hulle ook geweet dat hulle nie net Bolsjewisme as 'n politieke teenstander gehad het nie, maar ook die afgestigte Oos-Kerk as 'n godsdienstige teenstander wou verslaan. Slegs diegene wat weet dat Hitler se SS spesiaal georganiseer en gelei is deur Jesuïete in uniform, onder wie Goebbels en andere was, verstaan ook waarom daar onder die inval van die Duitse troepe in Rusland geen godsdienste geboue in die Rooms-Katolieke Oekraïne beskadig was nie, terwyl dit in die res van Rusland roekeloos verwoes was. Vervolgens weer 'n paar aanhalings uit hoofstukke 67 en 68 van Dr. Karlheinz Deschner se boek, "Abermals Krähte der Hahn":
"Na die Duitse inval in die Sowjetunie in 1941, het die katolieke veld biskop (Franz Justus Rarkowski) — van wie selfs die katolieke kant erken het dat sy pastorale briewe die Nazi 'Kriegsunterstützung' (oorlogsondersteuning) geniet het — 'n pastorale woord aan die katolieke weermag-lede soos volg gerig: 'soos so dikwels in die geskiedenis, het Duitsland die redder en kampioen van Europa geword. Baie Europese state … weet dat die oorlog teen Rusland 'n Europese kruistog is … met hierdie sterk en verpligte ervaring van jou sending in die Ooste sal jy besef hoe onuitspreeklik groot die geluk is dat ons Duitsers mag wees'".
"En in 'n memorandum van alle katolieke biskoppe van Duitsland van 10 Desember, 1941, bely die kerklike hoogwaardiges: 'Met tevredenheid kan ons streef na die stryd teen die mag van die bolsjewisme, waarvoor ons Duitse biskoppe in talle pastorale briewe vanaf 1921 tot 1936 die Duitse katolieke gewaarsku en gevra het vir waaksaamheid, soos die Reich-regering bekend is'."
"Die groot vredespous het geswyg. Hy het ook geswyg oor die vernietiging van byna tweeduisend kerke, meer as vyfhonderd sinagoges en die moord van talle geestelikes tydens die oorlog in die Ooste. Die Vatikaan wou soos in die ander gebiede wat deur Hitler se leërs beset was, ook in die ortodokse Rusland nou katolisisme versprei. … Oor 'n samewerking van die Jesuïete met die SS en Gestapo, het die generaal van die Jesuïete, Graaf Ledochowski (1866-1942), generaal van die orde sedert 1915, reeds in 1940 vergaderings met verteenwoordigers van Hitler se intelligensiediens gelei. … Sedert 1919, sê dit in die dokument, het die Vatikaan probeer om die kommunistiese regime omver te werp. … Die Vatikaan was van plan om soveel priesters as moontlik na die besette gebiede van Rusland te bring, om die grond voor te berei vir die groter planne van die Vatikaan se beleid teenoor Rusland'. Op November 8, 1941, het die opper-bevel van die Wehrmacht alle bevelvoerders van die Duitse leërs in die ooste beveel ingevolge die ooreenkoms met die Vatikaan … om die sendingsaktiwiteite van die katolieke priesters in die besette gebiede te vergemaklik". … En een hoof van die Duitse geheime diens, SS-Oberführer Schellenberg, skryf in 'n vyf bladsy verslag aan die buitelandse kantoor oor 'n gesprek met die pous: 'Die pous sal sy uiterste bes doen om 'n Duitse oorwinning te verseker. Sy doel is die vernietiging van Rusland'."
"… Dr. Adenauer het 20 jaar later gesê: 'Daarom staan ons in hierdie (oostelike) wêreld, wie basies ons dodelike vyand is, met die uiterste waaksaamheid'. … Maar dit gaan nie net oor die Sowjet-sone nie, dit gaan oor die bevryding van die hele Oos-Europa agter die Ystergordyn. '… Duitsland sal nie die prooi van ateïstiese kommunisme wees nie, maar dit eerder omvêr werp'.''
By die inval van die Duitse troepe in Yugoslavia in April, 1941, was die Rooms-Katolieke Kroasiërs gespaar, terwyl die ortodokse Serwiërs in hul massas vermoor was. Die fascistiese-katolieke beweging van Kroasië, die Ustasies, het met die oorwegend katolieke weermag-opperbevel van die besettingsmag saamgewerk. Dit is welbekend dat aartsbiskop Stepinac die koördineerder daarvan was. Hy self het die pous vertel dat 250,000 Serwiërs met geweld Rooms-Katoliek gemaak was. Van die destydse ongeveer 2 miljoen ortodokse bevolking van Kroasië, is 600,000 – 800,000 vermoor. Nie net Jode en ander etniese groepe was geslag nie, maar ook minderhede wat aan dieselfde etnisiteit behoort, omdat hulle 'n ander geloof gehad het.
Toe die Duitse troepe Poland binnegeval het, het 'n bloedbad van die Duitse protestante plaasgevind. Die "bloedbad van Bromberg" het 'n huishoudelike naam geword. In daardie tyd was daar meer as 40,000 vermoor — hoofsaaklik mans — in gebiede onder Poolse administrasie. Volgens berigte het die oproep daartoe vanaf die kansels gekom. Die getal is egter onlangs wesenlik laer aangegee.
Dit is nie moeilik om te raai wat Hitler bedoel het toe hy sê: "Ek het die katolieke van Beiere asook die Protestante van Pruise nodig om 'n groot politieke beweging te bou. Die ander kom later" —K. Deschner: Eine Jahrhundert der Heilsgeschichte ("'n Eeu van Heilsgeskiedenis"), Vol. I, bl. 360. Ook leidende protestantse teoloë het deelgeneem, in teenstelling met die belydende Kerk. In plaas van met die ewige seën van God, het hulle so die tydige vloek opgeneem. Wat later sou gekom het, sou ons in 'n oorwinning deur Hitler ervaar het. Die suiwering van Jode, etniese minderhede en politieke teenstanders, sou gevolg word deur dié van die protestante.
Op 9 April, 1945, 'n maand voor die einde van die oorlog, was die Lutherse Pastoor, Dietrich Bonhoeffer, na twee jaar in gevangenis, op persoonlike bevel van die katolieke Himmler, terreggestel in Flössenberg. Die protestantse jeuggroepe is verban in die Derde Ryk. Eerstens was hulle op die spore van die woordvoerders van die belydende Kerk, wat teen die Nazi-diktatuur gekant en openlik uitgesproke was, en toe op al die gelowiges in onafhanklike kerke en gemeenskappe. Die self-begrip van die Romeinse Kerk en sy toegewyde heerser, naamlik die oortuiging dat geen ander geloof die reg het om te bestaan nie, is vir alle anders dodelik. Daar moet met respek genoem word dat selfs aan die katolieke kant die gewete sommige gewaarsku het en het hulle hul stemme teen die onreg verhoog.
Op grond van die feite kan mens maklik vra of daar vandag nog protestantse kerke en al die onafhanklike kerke sou bestaan het in 'n Hitler-regeerde Europa. Sedert die Hervorming wou veral die toegewyde Jesuïete en hulle organisasies, soos dit in die Katolieke Geloofsbelydenis geformuleer is, die pous die verteenwoordiger van die "een, Heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk" maak. "Pous Benedictus XV het in 1915 (!), in die middel van die skietstilstand, na die volgelinge van die 'evangeliese sekte' verwys as 'sendelinge van Satan', wat 'plaagpreekstoele' gebou het, met 'rowers en diewe' as geestelike ampsdraers". —O. Markmann: Irrtümer der katholischen Kirche ("Foute van die Katolieke Kerk"), bl. 22. Die volgende aanhaling is vir almal onbegryplik: "Die Jesuïet Mayrhofer van Ingolstadt het in sy 'predikerspieël' geleer: 'Ons sal nie geoordeel word as ons die doodmaak van protestante eis nie; net so min soos die doodmaak van diewe, moordenaars, vervalsers en revolusionêres geoordeel sal word nie" —E. Paris: The secret history of the Jesuits, bl. 35.
Die houding en gedrag van die Katolieke Kerk in die Tweede Wêreldoorlog kry ons in baie dokumentasie. Selfs die volgende pers-verklaring spreek boekdele (toe die Vatikaan by geleentheid van Hitler se dood vir Generaal Franco op 3 Mei, 1945 versoek het om dit via die Spaanse pers te publiseer): "Adolf Hitler, seun van die Katolieke Kerk, het gesterf ter verdediging van die Christendom. Dit is dus verstaanbaar dat daar nie een was met woorde ter beklaagting van sy dood nie, want so baie het in sy lewe geroem. Sy seëvierende morele vorm oorskadu sy oorblyfsels. Met die palm van die martelare gee God Hitler die louere van sy oorwinning" —E. Paris: The secret history of the Jesuits, bl.163.
Baie wat geskree het, "Heil Hitler!", het regtig nie geweet wat hulle doen nie. Kon die hooggeplaasdes dit dan nie weet nie? En tog het hulle hul arms uitgestrek en met die groet, "Heil Hitler", getuig dat die saligheid nou uit Hitler kom, i.p.v. God. As 'n 1933-geborene, lewe ek dit nog gedurig mee. Dikwels het ek na die weermag-parade gekyk! Dit het tog so kragtig geklink as daar met soveel stemme "Sieg Heil! Sieg Heil!" ("Salige Oorwinning!, Salige Oorwinning!") uitgeroep was.
Uiteindelik, met die ineenstorting van Hitler se diktatorskap, het baie bewus geword dat hulle tot 'n bedrieglike, misleide, en kwaad-willige oorloggenerasie behoort het. Die openbaarmaking van die gruweldade en die onthulling van die Holocaust het talle sprakeloos gelaat. Selfs vandag nog is daar mense wat dit ontken, bloot omdat hulle die gruwels, veral die vergassing van onskuldige mans, vroue en kinders nie kan verwerk nie. In die naam van God en die Duitse volk, is die mees gruwelike misdade van die 20ste eeu gepleeg. Selfs vandag nog weerklink die propaganda-woorde uit die Nazi-era in die ore van baie. Sommige onthou ook hoe daar met entoesiasme verkondig was: "… en een geloof in die hele wêreld …". Op die gordels van die soldate was die slagspreuk: "God met ons!". Wat 'n godslastering!
Meer as 55 miljoen mense was tydens die Tweede Wêreldoorlog "verbrand", maar die werklike aanhitsers was ongedeerd. "Kardinaal Frings van Keulen, wat reeds in 'n uitsaaibespreking op 16 De-sember, 1945, 'n eksklusiewe Westerse Christendom begeer het — wat natuurlik Rooms-Katolisisme was — het op 23 Junie, 1950, op die Katoliekedag in Bonn, die herbewapening van Duitsland vanaf die Weste geëis, en 'n vrede wat gebaseer is op 'n 'goddelike orde'! … Biskop Muench het dus, soos Pius XII, in 1945 in 'n pastorale brief, vir 'toegeeflikheid' teenoor die Duitse oorlogs-misdadigers gepleit. In 1951 het hy van die Duitse Federale President die Groot Federale Kruis van Verdienste ontvang en was deur pous Johannes XXIII as kardinaal aangestel" —K. Deschner: Und abermals Krähte der Hahn, bl. 647-650.
Veral onthullend is die volgende aanhaling: "Na die ineenstorting van die katolieke regiment, het die buitelandse Franciscaanse kloosters betekenisvol die toevlugsoorde van massamoordenaars geword, Klagenfurt in Oostenryk, Modena in Italië, ook Frankryk" (Und abermals Krähte der Hahn, bl. 625). Dit was duidelik dat hulle hul weg presies geken het en geweet het waarheen, om nie net oop deure te vind nie, maar ook ope arms. Selfs die Franse helper van die massamoordenaar Klaus Barbie, die slagter van Lyon, genaamd Paul Touvier, was in Mei, 1989, in hegtenis geneem in 'n katolieke klooster in die suide van Frankryk, waar hy vir baie jare welvarend was.
Na die nederlaag van die Duitse leër by Stalingrad het die pous probeer om die Verenigde State na hul kant te trek, om teen die Bolsjewiste te veg. Die enigste voorwaarde van president Roosevelt was: Hitler moes bedank, waarop die pous Hitler gevra het om ter wille van die saak bes te gee. Maar hierdie keer het dit op die dowe ore van 'n magsbehepte diktator geval. Die katolieke biskoppe, wat tydens die Fulda-konferensie in Maart, 1933, hul solidariteit met Adolf Hitler uitgespreek het, het in 1945 iets heeltemal anders gesê en het 'n nuwe strategie vir die vasgestelde doelwit van 'n godsdienstig-polities verenigde Europa uitgereik.
Wat nie met militêre mag moontlik was nie, sal binnekort langs diplomatieke weë 'n werklikheid wees. Terwyl daar nog steeds miljoene mense, vlugtelinge, krygsgevangenes en ontneemdes, gedwing was om die gevolge van die oorlog te verduur, het dit die geestelikes nie gepla om van plan te verander nie en om die vlag weer in die nuwe wind te plaas nie. Die onskuldiges het gely en die wat werklik skuldig was, was in veiligheid en na hulle hul rol met groot verhewenheid gespeel het, gaan hulle net weer voort.
Sedert die Tweede Vatikaanse Raad (1962-1965) was die koers weer nuut daargestel. Die protestantse kerke is nie meer vervloek en na verwys as afvalliges nie, maar was, inteendeel, as 'afgesonderde' broeders, met ope arms verwelkom. Die teen-Reformasie was verby. Dis net vreemd dat nie een van die vele vloeke wat hoofsaaklik teen die Protestante geformuleer was, veral in die Raad van Trent, onttrek was nie. Tot vandag toe het nie 'n enkele woord van verskoning teenoor die Jode, Protestante en ander gelowe vanaf die pous en die Kerk uitgegaan nie.
die lewens van ander was nooit tevore deur die heersers van Rome in ag geneem nie. Wie in die weg van hul eise gestaan het, hetsy volwassenes of kinders, hetsy in politiek of godsdiens, was eenvoudig uitgeskakel. Nero, Diocletianus, Konstantyn en ander het hierdie tendens begin en dit was later voortgesit deur die Roomse pouse. Diegene wat nie onderdanig was nie, was vervolg en vermoor, of dit nou heidene, Jode, Moslems of andersdenkendes was, wie se enigste misdaad was dat hulle nie die Rooms-Katolieke Kerk bely het nie.
Konstantyn is die eintlike stigter van hierdie Romeinse "Reichs-kirche" (staatskerk) en hul brutale magsuitoefening. Hy wou 'n vurige kruis in die lug sien, met die skrif: "In hierdie teken sal jy oorwin". Hierdie moordenaar, wat in die familie sy twee swaers, Licinius en Bassaius, sy neef, die seun van Licinius, sy skoonpa Maximilian, sy seun, Crispus en sy vrou, Fausta, laat vermoor het, was terselfdertyd 'n bekwame politikus. Vir hom was die kerk 'n mags-faktor wat hy gebruik het. Hy het aanvanklik die heidene toegelaat. Maar later, was die heidens-Christelike staatskerk geskep wat verbind was met vervolging en moord. Die kerkprins Augustinus, het die kerk 70 jaar later as 'n "teokrasie" geprys. Satan was nou vir hom gebind. Dit was egter die teenoorgestelde: hy was eintlik losgelaat!
Die verjaarsdag van die songod was as die verjaarsdag van die Seun van God verklaar. Jupiter, Diana en die ander gode en godinne is verwyder en Petrus, Maria en ander was verklaar en verhef tot heiliges. In die destydse ontluikende "Christendom" het 'n volledige oorname van die Grieks-Romeinse godkultus en die voortsetting daarvan plaasgevind. Die heidense gode is deur heiliges en beskerm-heiliges verruil. Met geweld was die hele bevolking onder hierdie politieke-godsdienstige mag gedwing. Wie nie wou of kon nie, ter wille van die gewete, was uitgeskakel. Die samewerking van kerk en staat het geeneen toegelaat om ander gelowe te glo nie. Of dit in besigheid, in beroepe, of ambagte was — oral was boikotte en vervolging aan die orde van die dag.
Eers wanneer die pous en die Roomse Kerk om verskoning vra vir die dood van die miljoene mense wat hul lewens verloor het deur hulle handelinge, het hulle die reg om van die "beskerming van die ongebore lewe" te praat. Ongebore lewens moes beskerm word bleikbaar, maar die lewe van diegene wat alreeds gebore was, het niks beteken nie! Was dit nie die pouse wat die kruistogte versoek het nie en soldate geseën het, wie se lewens vir hulle niks was nie? Was swanger vroue en kinders wat hul lewens ontneem was, ooit in hierdie kruistogte of godsdienstige oorloë in ag geneem? Hoe fataal, wanneer kinders se geraamtes keer op keer naby die kloosters aan die lig gebring word!
In die "Katolieke Katigimus vir Volwassenes", bladsy 256, word die kerk verklaar as 'n sakrament. Dit is welbekend dat daar sewe sakramente in die Roomse Kerk is, maar dat die kerk self 'n sakrament is, moet nuut wees. Aanhaling: "Die kerk as die sakrament van die Gees. Moeilikhede met die kerk. Wanneer dit gevra word oor die plek van die Heilige Gees, antwoord die geloofsbelydenis van die kerk met die stelling: 'Ek glo (in) die een, heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk'. Die kerk bely dus dat die Gees van Jesus Christus deur die geskiedenis in háár en deur háár verder werk. Sy glo dat sy die plek, ja die sakrament, dws., die teken en die gereedskap van die werk van die Heilige Gees is". Tussen lippediens en werklikheid is daar 'n hemele-breë verskil. Dit was nie die Gees van Christus wat so wreed in die geskiedenis van die Kerk gewerk het nie. Omdat dit ook bekend is in hierdie kerk, wat alles namens haar gebeur het, moes daar, op dieselfde bladsy in die "Katolieke Katigimus vir Volwassenes", soos volg kommentaar op gelewer word: "Daar is skaars enige ander geloofsbelydenis wat soveel onbegrip, teenstrydigheid, ja, selfs vyandigheid, soos hierdie ontlok nie. Ook baie katolieke Christene is ongemaklik met die kerk. Daar ís van hulle wat sê: 'Jesus, ja — kerk, nee!' Die primêre beswaar teen die kerk is dat dit deurgans die geskiedenis die eintlike boodskap van Jesus verraai het. Omdat Jesus — dit is die beswaar — arm was en gekom het vir die armes; die kerk, aan die ander kant, is ryk, en gaan om met die rykes en maghebbendes, en het voor die sosiale vraagstuk misluk. Jesus het liefde gepreek, selfs liefde vir die vyand; Die kerk, daarteenoor, is onverdraagsaam en vervolg — soos veral die Inkwisisies wys — hul teenstanders met wrede grusaamheid. Wat moet 'n katolieke Christen sê oor hierdie 'sonderegister'? Hy het nie nodig om enigiets te verdoesel of te bedek nie. Die Kerk — wat veral die vergifnis van sondes verkondig — kan sy eie skuld bely, vertrou op God se vergifnis, soos pous Hadrianus VI by die Diet van Neurenberg (1522-1523), of pous Paulus VI tydens die Tweede Vatikaanse Raad (1962-1965) verklaar het. Die Christen hoef nie die donkerkant van die kerkgeskiedenis te ontken nie".
Dit is sekerlik nie met God soos in die katolieke Kategismus gesê, word nie. Net deur vergifnis kan daar egte berou wees. Hy sal hierdie gruweldade nie vergewe nie, maar die onskuldig vergiete bloed wreek (Openb. 6: 9-10; 18: 7-8), want dit was doelbewus gedoen. As dit nie vir die vervolging van bybelgelowige Christene was nie, kon die hoofstuk as afgehandel beskou word. Maar volgens bybelse profesie kom daar 'n boikot en vervolging ná die vereniging van godsdiens en politiek: "… sodat niemand kan koop of verkoop nie" (Openb. 13:17). Soos die Jode in die Derde Ryk en op verskillende tye vervolg was, sal daar 'n kort vervolgingstydperk wees teen die Bybel-gelowige Christene. Hulle misdaad sal wees dat hulle nie aan 'n erkende Christelike denominasie behoort nie en dus ook nie aan die Wêreldraad van Kerke of die Roomse Kerk nie. Hulle sal as ketters en as ondraaglik vir die samelewing beskou word. Wanneer jy werk soek, moet jou godsdiens gespesifiseer word, wat onmiddelik sal bevestig of jy die pos kry of nie. Sal die politici steeds die waardigheid en lewe, veral van anders-denkende en anders-gelowige mense kan beskerm?
Die Bybel bevestig dat hierdie koninkryk, wat bybels 'n 'dier' genoem word, 'n slag, 'n swaardwond toegedien word (Openb. 13:14). Die swaard van die Gees is die Woord van God en met die Woord van God het die Hervormers hierdie mag 'n dodelike wond toegedien. Dis hoekom hulle almal as slawe van satan beskou moes word omdat hulle 'n ontwrigting, selfs 'n bedreiging vir hierdie wêreldmag beteken. Soos in bybelse profesie aangekondig word, genees die doodswond egter weer, waaroor die hele wêreld verbaas sal wees (Openb. 13:12). Hierdie genesingsproses is reeds vêr gevorderd.
Alle Protestantse- en onafhanklike kerke het met hul aanvang, die prediking van die evangelie as middelpunt gestel. Vandag gaan dit egter by die meeste van hulle net om die oorgedragte tradisies. Die leiers van die individuele denominasies is eintlik geestelik kortsigtig en let nie op waarheen hul gekose pad hulle na neem nie. Selfs self-erkende fundamentaliste, het nie 'n duidelike beeld van die bybelse profeseë wat nou, in die lig van die geopenbaarde Woord, voor hulle is nie. Sommige het die prooi van die teorie van "ont-mitologisering" geword, ander het geval vir die "liberale bevrydingsteorie". Ook is daar aan die protestantse kant diegene wat, veral as gevolg van hul doop- en troue-seremonies, in naam as deel van die Christendom beskou word. Net 'n krimpende klein getal het 'n ware ervaring met Christus gehad en kan as bybel-gelowiges geklassifiseer word.
In die aanloop tot die Tweede Vatikaanse Raad, gestig deur pous Johannes XXIII, 1960, was die Sekretariaat vir Ekumeniese Vrae, gelei deur kardinaal Augustinus Bea, gestig. Daar was baie vermag; Op elkeen van die afsonderlike kerke was formulerings ingestel, sodat hulle maklik na hul eie taal kon luister en onoorbrugbare verskille oor die hoof kon sien. In die Lexikon für Theologie und Kirche ("Ensiklopedie van Theologie en Kerk"), Vol. 13, bl. 12-26, skryf Herder aangaande die Tweede Vatikaanse Raad, baie onthullend oor die onderwerp "Ekumenisme en Eenheid", vir almal wat daarvan kennis wil neem:
"Die sekretariaat is 'n kommunikasie kanaal wat kragtens pouslike gesag geskep is en 'n middel om in alle denkbare vorms die samewerking en volle eenheid te verwesenlik. Hierdie begrip was ook Paulus VI se toenadering toe hy nog, as kardinaal by die begrafnisdiens van Johannes XXIII, in die kathedraal van Milaan op 7 Junie, 1963, van die 'universaliteit van die katolieke geloof' en 'ekumenisme van die Roomse Kerk' gepraat het. Vir hom beteken 'innerlike ekumenisme van die katoliekheid' eenheid in die veelheid met groot moontlikhede om in 'n nuwe tydvak van die geskiedenis van die Kerk te ontvou".
"Wat die ander Christelike gemeenskappe betref, gaan dit oor die ware erkenning van die Christelike erfenis van die 'afgesonderde' broeders. Dit beteken die ware oorweging van alle 'spore' of 'elemente' van die Kerk, wat deur die genade van God in die 'afgesonderde' broeders bestaan en is lewendig daardeur. Dit gebeur dat hulle — al is dit in wisselende mate — reeds werklik, alhoewel onvoltooid en onvolmaak, behoort aan die Kerk".
"In die volgende, (§7), sal ons nou van skeidings en verdeeldheid praat. Van 'menslike swakheid' het geskille en wedersydse onkunde en vervreemding binne die kudde van Jesus Christus gekom, sodat dele van die Kerk van mekaar geskei het, en as onafhanklike groepe gevestig was. As gevolg daarvan was die Kerk van Christus wreed vermink. Omdat die Kerk slegs een is, kan daar geen ander wees, soos die kerk wat deur die opvolger van Petrus geregeer word nie, wat Hom waarlik kan bely nie". Geen kerk wat van die stoel van Petrus afkom, kan op dieselfde wyse, op dieselfde tyd, aan die sigbare, hemelse Kerk behoort nie. — In paragraaf 8 word beklemtoon dat die nodige eenheid met die hoof nie die menigvuldigheid binne die liggaam uitsluit nie. Groter eenvormigheid sal die skoonheid van die liggaam beïnvloed. Vandaar die belangrikheid van hul eie tradisie, veral onder die eerbiedwaardige kerke van die Ooste. Maar hoe meer ruimte gegee word aan diversiteit, hoe meer is 'n enkele gesag nodig".
"Wie in goeie trou in 'n aparte kerk leef, word nie as 'n vreemdeling in die ware Kerk beskou nie (§9). Maar hy het nie baie heilsmiddels nie, veral die leiding van die leringsbediening, wat help om geloof te bou en die oorlewerings ten volle te bewaar. Die skeiding is tot nadeel van die innerlike en eksterne groei van die familie van Christus. Daarom is dit die wens van die Raad dat alle 'andersdenkendes' besorgd is oor die perfekte eenheid van die kudde van Christus (§10)."
"Dit is tog altyd die gemeenskaplike erfenis en die oorblywende geestelike verbinding: 'Ons het broeders gebly'." … "As gevolg van foute van die verlede wat deur albei kante begaan is, het die broeders van die een Christelike volk na verskillende kante afgewyk, hul weë het geskei. In die gees van berou en versoening van alle Christene sal dit gebeur dat almal in die een Vaderhuis verenig word (§31)".
"Christene moet 'n gemeenskaplike front vorm teen die indringende ateïsme en kommunisme (§35)".
"Alle gelyke dele van die Kerk moet onder een hoof saam groei, wat nie van oos of wes is nie, maar almal se Vader (§47)".
"In die volgende sal konkrete voorvereistes vir hereniging genoem word en die weg daartoe beskryf word. Die Oosterlinge moet weet: As hulle herenig en weer hul plek wou inneem, word niks meer benodig, as wat nodig is om 'n lid van die Kerk te word, vir hulle wat terrugkeer nie (§48). Hulle belydenis opsê het vereis dat die belydenis van die eenheid van die Kerk op 'n eenvoudige manier, ingesluit moes word, sonder om die valse lering af te sweer. Die Oosterlinge sal die reg het om hul eie dissipline te bewaar (§50). Hul ordinansies was geldig en hulle kon voortgaan om dit verder uit te oefen (§51)".
"Kom ons praat dus met ons broeders in hierdie evangeliese taal wat hulle verstaan en aanraak. Kom ons vertel hulle dat die voorrang van Petrus eerstens 'n diakonie is, 'n pastorale taak, 'n bediening wat die leier van die apostels vanaf Christus ontvang het, om nie mag uit te oefen of te heers nie, maar om die kudde van Christus te voed, want immers, die geregtelike outoriteit van Petrus het sy pastorale taak beheer. … dit is die ware beeld van die soewereine herder in die Kerk, wat op 'n vreemde manier sy aantrekkingskrag op die geskeide broeders uitgeoefen het, wie net deur liefde en met 'n sterk hand gelei kon word na die enigste toevlug van Christus wat die Katolieke Kerk is" … "Oral in die geskeide Christen gemeenskappe van God vandag is die begeerte van almal vir eenheid, om die ware doelwit te wys: dat die Kerk die enigste helings-instansie vir almal is".
"In die volgende afdeling (§50) word 'n beroep op elke Chris-ten gedoen, om die uitnodiging van die Moederkerk te aanvaar. Die teenwoordigheid van elemente van die Kerk met hulle word slegs gesien as 'n oproep om by die eenheid van die Katolieke Kerk aan te sluit. Dit is veral toepaslik vir die Heilige Skrifte en die sakramente, wat behoort aan die Kerk van Christus en is eintlik 'n middel tot eenheid. Die Christene word nie net as individueë nie, maar ook as 'verenig in hul gemeenskappe'
"Maar wie egter die wil van Christus hartelik wil gehoorsaam en tot die punt van ekumeniese groei wil kom, onder leiding van die Gees van Christus, moet meer en meer na daardie kerk, wat die een huis van God met die baie wonings is, in die eenheid van geloof kom, onder die leiding en gemeenskap van die goewerneur van Christus, die Roomse pous".
"Al die gedooptes het reeds 'n gemeenskap in Christus gevorm. Ook die katolieke moet hul skuld aan die skeidings bely en God daarvoor vra dat Hy op Sy eie manier Sy verdeelde mense terugbring na volmaakte eenheid"… "Die noodsaaklikheid om aan die ware en enigste Kerk te behoort, word in hoofstuk 1 van die katolieke ekumenisme, as 'n basiese beginsel aangegee en op so 'n wyse gestel dat dit die probleme en besorgdheid van die geskeide broeders sal oorkom".
"Die ekumeniese beweging het slegs te doen met die 'voorbereiding' van maniere wat uiteindelik sal lei tot die herstel van die Christelike eenheid van die kudde van Christus".
Dit is baie interessant om die dokumente en die verduidelikings van die hele Tweede Vatikaanse Raad in die voorheen genoemde werk van Herder te lees. Op bladsy 747 staan daar ten slotte: "Rome, naby St. Peter, op 7 Desember, 1965. Ek, Paulus, biskop van die Katolieke Kerk". Alles is so perfek aangepas dat die afgesonderde kerke deure en hekke oopmaak en die arms wyd uit strek na die moederkerk. Almal met die trinitariese doopformule, word deur die kerk as geldige erken. Dit was nie die geval 'n paar jaar gelede nie.
Die uur van besluit is hier, die oomblik is naby, waarvandaan daar geen terugkeer meer is nie. Die laaste waarskuwing uit die hemel is: "… Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie" (Openb. 18:4). Wie ten tye van die volledige godsdienstige vereniging aan die groot "eenheidskerk" behoort, kan nie tot die Kerk van Jesus Christus behoort nie. Dit raak ook almal wat lede in onafhanklike kerke en protestantse gelowe is, wie se denominasies deur die Wêreldraad van Kerke na die boesem van die Roomse Kerk terug besorg word. Elke denominasionele benaming, dra outomaties die merk — die kenteken van die "Moederkerk". Wie die Rooms-Katolieke trinitariese leerstelling erken en gedoop is in die onbybelse formule, is volgens die begrip van die kerk deel daarvan sonder dat hulle dit fisies betree het.
Die moderne idee van eenheid is gebaseer op 'n misverstand: in die hoëpriesterlike gebed, het die Verlosser gebid vir die eenheid van die verlostes. Hy het daarmee Sy eie bedoel, nie 'n eenheid van verskillende geloofsrigtings in die Kerk van Rome onder die pous nie. Dit is die woorde van Sy Gebed: "… sodat hulle een kan wees, net soos Ons een is. Ek in hulle en U in My, sodat hulle volkome een kan wees; en dat die wêreld kan weet dat U My gestuur het, en hulle liefgehad het net soos U My liefgehad het" (Joh. 17: 22-23). Net diegene wat werklik wedergebore is, kan egter by hierdie goddelike eenheid ingesluit word. Aan die een kant gaan dit oor die bybelse eenheid met Christus en Sy Gemeente, aan die ander kant, die onbybelse eenheid in die Kerk van Rome. Almal besluit vir hulleself waar hulle wil behoort.