Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Hoofstuk 28 - Slotsom en die Mysterieuse getal 666
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Dat die meerderheid van die "geestelikes" die beproefde historiese ontwikkeling kan ignoreer dws., alles daaroor verontagsaam, is moeilik om te verstaan — tensy sulkes hul oë doelbewus sluit, of nie geïnteresseerd is in die waarheid nie. Die ontwikkeling, spesifiek sedert Konstantyn en dus sedert die begin van die Romeinse staatskerk, word so omvangrykend beskryf dat daar werklik geen verskoning is nie. Die Keisers oorheers die pouse van die 5de tot die 11de eeu. Daarna het die sogenaamde "geestelikes" die saak in hul hande.
"Ten einde die invloed van die Romeins-Duitse keisers en die Romeinse adelstand op die verkiesing van die pous te verminder, reik pous Nicholas II toe 'n pouslike verkiesings-verordening by die Paas-Synode van 1059 uit, wat die verkiesing uitsluitlik in die hande van 'n kollege van kardinale plaas" —B. Harenberg: Chronik der Menschheit ("Kroniek van die Mensdom"), bladsy 287. Die pouse was gou beter as die wêreldse leiers gestel, want uit vrees vir die hel, was die massas aan hul kant. Maar dit was nog nie genoeg nie: kort voor lank was sake ten gunste van die kerk beslis. Dit was immers nie meer die keisers wat die pouse gebruik het nie, maar die pouse die keisers.
"Rome, Maart 1075. Pouslike diktaat: In die sogenaamde Diktatus Papae, gedurende die Romeinse Lente-sinode, verklaar pous Gregorius VII dat die biskop van Rome die onbeperkte heerser van die universele kerk moet wees. Die pous alleen is geregtig daarop om keiserlike kentekens te dra, kan keisers afsit en die onderdane van 'n onregverdige heersers van hul eed van getrouheid vrystel en moes nie deur enigiemand beoordeel word nie" —B. Harenberg: Chronik der Menschheit, bl. 288. Wat het al hierdie sekulêr-politieke dinge en godsdienstige magsposisies met die Gemeente van Jesus Christus of die verkondiging van die evangelie van Hom en die Koninkryk van God te doen? Die heersers, hetsy in burgerlike of geestelike gewaad, het elkeen maar net hul eie ryk gebou. Die pouse word verkies tot die hoë posisie wat hulle self geskep het. Hulle word dan op die 'Tragthron' (die 'Sedia gestatoria' of drag-stoel) gedra, en die hele wêreld kyk na hulle, soek hulle welwillendheid, hulle guns, hulle bemiddeling.
Nou dat ons dit eens is, dat dit onfeilbaar bevestig en bewys is dat daar in hierdie universele kerk hoegenaamd niks met die Heilige Skrif saamstem nie, kan ons dit dan nog van die publiek verberg en sodoende die skuld voor God plaas? Die blaam lê nie by die baie mense wat aan hierdie universele kerk behoort nie, ook nie by 'n bekoorlike pous as 'n mens nie, maar by die instelling, by die stelsel self. Die oorweging moet wees, om vas te stel of dit nie eintlik die grootste misleiding en — miskien onopset-like — vervalsing is, in die menseheugenis nie.
Volgens die bybelse tydloop, staan ons nou voor die grootste geestelike konflik. Daar was te alle tye manne in die kerkgeskiedenis wie hierdie onderwerp behandel het. Dr. Martin Luther was destyds baie uitgesproke teenoor die pousdom. Die manier hoe hy homself uitgedruk het, is nie van pas in ons tyd nie, dus vra ons byvoorbaat om verskoning daarvoor. In hom was beide die protestantse en die katolieke wêrelde behandel. Dit was nie maklik nie, hy was duidelik deur God geroep en het sy stem in die patroon van die ou-testamentiese profete geopper.
In sy voorwoord tot die profeet Daniël, in die tweede hersiene uitgawe van die Bybel skryf hy: "Hier is die duidelike gruwel van die pous, wat in sy vuilheid onbe-skaamd skree dat alle kerke en trone deur hom beoordeel word, maar hy kan deur niemand beoordeel word nie. En Kap. Solite: Soos die son oor die maan is, is die pous oor die keiser. Maar waar die gesag is, is daar mag om te beveel. Die ander is verplig tot gehoorsaamheid. … as die pous ontelbare siele lei na die hel, moet niemand vra: Wat doen jy nie? Dus, alles word nie net so geleer nie, maar ook beoefen en aan die werk gesit: want die keiser is nie keiser nie, maar die pous is, aan wie hy as 'n dienskneg moet onderwerp, selfs sy voete soen met al sy regte. Wat St. Petrus verkondig het in IIPet. 3:3 is dat daar sulkes sou kom wat volgens hul eie begeerlikhede of wil sou wandel. Daarin verduidelik hy die woord van Daniël 11 vers 36: "… en homself verhef … teen die God van al die gode sal hy (verskriklik) praat en sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is".
So verhef die pous ook homself, hy roem bewustelik om in sy drek bo die Heilige Skrif te wees, en dieselfde moet van sy stoel bevestig word, en hul waarde aanbeveel word. Maar veel meer doen hy dit met die daad. Almal wat ooit uit die Skrif teen hom gepraat het, het hy vervloek, verdoem, as ketters en duiwelskinders uit die weg geruim, daagliks nog. En sy mense skreeu nou en vir altyd dat die kerk (die pous) bo die Skrif is — die gruwels wat teen die God van alle gode gepraat word, soos Daniel gesien het. …
Ander tiranne, volgens God se Woord, het dinge gedoen uit onkunde. Hulle gebruik die Skrif en God se Woord, waarbo hy Here wil wees, en hy veroordeel as duiwelse leer, net soos en wat hy wil. Daarom noem hulle hom 'n aardse god, ja god van alle gode, Here van die Here, koning van alle konings, nie 'n suiwer mens nie, maar gemeng met God, of, 'n god-mens net soos Christus self God en mens is, in wie se plek hy wil wees, en nog hoër bo dit wil styg.
So het St. Paulus in IIThes. 2 verse 3-4 hierdie teks van Daniel gelei: dat die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die ver-derf, die teenstander wat hom verhef bo al wat God genoem word, … sodat hy in die Tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Want niks kan bo God se natuurlike wese en majesteit uitstyg nie, maar oor die genoemde, verkondigde, verëerde God, dit is oor God se Woord en aanbidding …
Want die mens van sonde en die seun van die verderf het nie net op homself as 'n private, persoonlike sondaar betrekking nie, maar is publiek, wat ook ander tot sonde en verderf lei. … Hierdie sonde-be-diening het die pous op twee maniere gedryf.
Eerstens het hy baie nuwe kultusse in die erediens ingebring, soos genoem in sy 'Mausim': aflate, heilige water, heilig-making, pelgrims-togte, broederskap, kloosters, vas, die mis-vieringe, ens. Daarbenewens het hy die ware aanbidding, geloof, sakramente, ens., volgens God se Woord, versteur en ontheilig.
Tweedens, dat hy die Christene gebuk laat gaan onder ontelbare wette, en sodoende sogenaamde oortreding veroorsaak, aangesien God geen sonde wil hê nie. Wat God vir Sy skepsels gemaak het, het hy met sonde gesmeer, naamlik, wat God vrylik aan ons gegee het om sondeloos te geniet, die eet van botter, eiers, kaas, melk, vleis, is na sy wil sonde gemaak. So het hy ook tyd en dae met sonde bevlek: na sy wil, moet mense vas en vier, en terselfdertyd is sekere kosse, ook die genot van brood eet, en om te drink, sonde.
So het hy ook die plekke en die instrumente met sonde besmeer: die kerke en gewyde plekke het hy 'geheilig', sodat dit nie aangeraak kan word nie, of dit nou van klip of hout is, veral die altare, en wat daartoe behoort. Dit was verskriklik wanneer 'n gewone mens die patene (die glans afwerking), of die beker met kaal hande aanraak. Selfs 'n heilige non was verbied om die beker te was, die priester moes dit eers was: so vol wette en sonde was die beker gestapel. … Ook die huwelik, ingestel deur God, word sonde as dit in 'n verbode tyd plaasvind. Die huweliksbed word in sonde vasgevang soos en wanneer hy wou.
… En sodat hy niks onaangeraak laat nie, het hy die derde hiërargie van God, naamlik die huwelik, ook uitmekaar geskeur. Hy het dit nie net verbied vir die geestelikes nie, maar dit ook gelaster, ontheilig en vernietig, en daardeur as onrein verklaar, vleeslik en vieslik, waarin 'n mens nie God kan dien nie. Daarmee neem hy nie in ag dat God die huwelik geseën het, dit Sy verbond noem met welgevallenheid, en deur die vergifnis van sonde, die huweliksbed suiwer en eerbaar verklaar het, en die bose begeerlikheid van die vlees nie daarin kan reken nie. Dus, die 'eind-Christus' vervloek wat God seën, verskeur wat God saambind, verontreinig wat God prys: kortliks, alles wat God doen, verwoes en vernietig hy. Hy sal nie sulke huweliksbepalinge uit liefde of beskeidenheid doen nie, of bloot vir die voorkoms nie, maar om vry en onbelemmerd te doen wat hy wil, en niemand moet aan iemand anders onderwerp wees nie" —M. Luther: Bybel, Uitgawe II, bl. 836. Wat Martin Luther hier gesê het, is niks nuut nie en kom nie net uit die tyd van die Hervorming nie, maar was nog altyd min of meer erken deur die ware bybelkenners:
"In Büchner se bybelse Handkonkordansie word die volgende gestel: 'Die interpretasie wat die ou protestantse kerke oorheers, en selfs in die geloofsbelydenis van die Gereformeerde Kerk in Frankryk aanvaar is, dat die Antichris die Pous is, … moet eintlik nie so hoog toegeskryf word aan die protestante nie, aangesien hierdie siening lank voor die Hervorming, reeds in die 9de eeu, bestaan het … en deur al die eeue totdat Luther dit herhaal het'." —O. Markmann: Endzeit, Entrückung, Antichrist, bl. 62.
In vergelyking met die Skrif is dit duidelik, dat alles eintlik verander is en die hele godsdiens uitgeruil is. Van die oorspronklike geloof, "wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is" (Judas 3), is daar geen spoor oor nie. Met die inleiding van elke dogma, is die Woord opsy gesit. Om 'n doktriene geloofwaardig voor te stel, moes die oorspronklike bybelse lering eers kragteloos gestel word. Daar is bewyse as die Skrif met die self-uitgevinde proklamasies vergelyk word, byvoorbeeld, soos reeds genoem: "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens …" (Joh. 3:13). Ten spyte van hierdie ondubbelsinnige en duidelike woord, is selfs in die onlangse verlede die dogma van die liggaamlike hemelvaart van Maria in teenstelling met die Woord van God verkondig. Moet mens nie met God en al die stellings saamstem nie en verordeninge wat deur pouse verkondig word as antichristelik beskou nie, omdat dit eintlik teen — anti — die leringe van Christus is?
Die stelling: "Wie nie die kerk as moeder het nie, het nie God as Vader nie", het mense vrees ingejaag, want die mens is geskape om gemeenskap met God te hê. Maar as egter geleer word, dat dié Kerk deur Christus self gestig is en dat almal katolieke was, selfs Maria, dan is dit net nie waar nie. Die hele kerkgeskiedenis bevestig self die verloop van dinge. In die eerste Christelike eeue was daar, soos in hierdie boek uitgelê, nie 'n Rooms-Katolieke Kerk, of enige ander nie. Die post-apostoliese era ken net die verskillende gelowe, maar nie 'n enkele kerk nie, dit was slegs gevorm ná die dae van Konstantyn. Daar was geen pouse nie, geen kardinale nie, ensovoorts. Protestantse navorsing oor die eerste eeue was ook nie konsekwent genoeg nie. Omdat 'n mens hierdie gedagte glad nie wou of kon nastreef nie, want die strewe na eenheid het die feit van die ware ontwikkeling verplaas. Die protestante, wat uit die Rooms-Katolieke Kerk gekom het, was grootliks ook van mening dat dit die Kerk van Jesus Christus was en het dus nie die eerste eeue verlig nie. Hulle praat slegs van afwykings en misbruike in die verlede.
Die selfregverdigde pouse stel hulself voor as opvolgers van Petrus, die biskoppe as opvolgers van die apostels, maar is hulle regtig? Daar was nooit 'n stoel van Petrus nie, nie in Jerusalem óf in Rome nie. Ook was daar nooit 'n primaatskap van Petrus nie. In die apostoliese raad in Jerusalem, het Jakobus duidelik waargeneem, want na Petrus, Barnabas en Paulus het Jakobus, onder leiding van die Heilige Gees, die profetiese woord saamgevat (Handelinge 15, vanaf vers 13). In vers 28 staan dit: "Want die Heilige Gees en ons het besluit …". God het nog altyd geneem wie Hy wou, nou dié een, volgende keer 'n ander. Daar was situasies waarin Petrus, Paulus of ander, soos nodig, deur die Here gebruik was. Wat nie bestaan het nie, was dat iemand 'n voorreg of voorrang bo ander gehad het. Daardie gedagte was net om eie idees te beklemtoon, maar het geen bybelse basis nie.
Die onderskeie pouse doen hulself voor as die verteenwoordigers van Christus, alhoewel dit nêrens in die Skrif aangedui word nie; Die pous verklaar homself as universele biskop —ook dit bestaan nie in die koninkryk van God nie. Die apostel Petrus het Christus bedoel, nie 'n pous nie, toe hy geskryf het: "Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener (Biskop) van julle siele" (IPet. 2:25). Die pous maak die aanspraak om die 'Hoof-herder' of 'Opperhoof' te wees. Hoe kan 'n mens dit voorstel? Ons weet dat Christus, as die goeie Herder, Sy lewe vir die skape neergelê het (Joh. 10), en dat Hy die Hoof geword het van die Gemeente (Efé. 1:22). Waar is daar dan nog plek vir 'n "Opperhoof"? Hulle mag dit miskien wees in hul eie kerk, maar beslis nie in die Gemeente van Jesus Christus nie!
Die pouse laat hulle vanoor die hele wêreld aangespreek word as "heilige vader", maar daar staan geskrywe: En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is" (Matt. 23:9). Miljoene mense laster teen God deurdat hulle 'n benaming wat Hom alleen toekom, aan 'n ander gee. Waar is die heilige Vader, is hy in die hemel of in Rome? Die Vader van al God se kinders is in die hemel, geheilig is Sy Naam. Die kerklike ampsdrars neem oral die ereplekke in en laat hulself ge-vier word. Dit word hulle vergun, omdat hulle volgens die skrif ook na die berge en rotse sal roep: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam" (Openb. 6:16).
Die Rooms-Katolieke Kerk het geslaag daarin om hulself wêreld-om as geloofwaardig te maak, dat dit 'n goddelike instelling op aarde is, naamlik die enigste saligmakende gemeente, wat 'Christus self ingestel het'. Dit is nie waar nie; dit weerlê die geskiedenis van die eerste drie honderd jaar van die Christelike tydsberekening. Geen ander kerk was van Hom gestig as 'n instelling en in staat gestel om te red nie. Die verskillende leringsopvattinge, wat in die eerste eeue reeds bestaan het, was in 'n 'dwang-eenheid' saamgevoeg. Maar na die Reformasie het die verskeie geestelike strome weer na vore gekom. Maar die klem was nie meer op die ooreenstemming van die onderrig en praktyke nie, maar net om almal wat geestelik was te verenig. Te midde van hierdie ontwikkeling bou Jesus Christus self Sy Gemeente, en, deur die verkondiging van Sy evangelie, roep Hy hulle uit alle volke, tale en nasies. Wie Sy stem hoor vanuit alle kerke, kom onder Sy Woord en sal Sy Gemeente voltooi op die dag van Sy glorieryke Wederkoms.
Die Gemeente van Jesus Christus is nie ryk aan aardse goedere nie, dit besit nie goud en silwer nie, soos Petrus destyds gesê het nie, maar is geestelik ryklik geseën. Satan het Jesus die rykdom van hierdie aarde aangebied. Hy het geweier, want Hy het geweet dat, volgens die belofte Hy in die voleinding die Heerser sal wees van al die koninkryke van die wêreld. Die pousdom maak hierdie eis, naamlik om die heerser tot aan die einde van die aarde te wees. Die teenstrydigheid met Christus word ook daardeur geopenbaar. Die geskiedenis van die mensdom sou sonder pouse verseker heeltemal anders verloop het. Dit sou nie die kruistogte hê nie, ook nie die baie oorloë, vervolgings en miljoene martelare nie. Selfs slawerny is op haar rekening, want die sogenaamde sendelinge het die eerste weg gebaan vir die handelaars. Selfs die finansiële kundiges kan nie die rykdom van die Vatikaan skat nie. Enigeen wat die tesourie in St. Peter's Basilica al die goud, die juwele, pêrels (Openb. 17:4) en ander valuta besoek, sal na hul asem snak. Ekstern is Rome 'n geestelike stad. As mens op die lughawe land, sien jy die "Banco di Santo Spirito" (die "Bank van die Heilige Gees"). Die onuitspreeklike rykdom is nie in die huise van die bevolking nie, maar onderskeidelik in die Vatikaan en in die bisdom.
Die Katolieke Kerk is 'n politiek-godsdienstige wêreldmag, aktief en invloedryk op alle vlakke, veral deur hul heeltemal toege-wyde Jesuïete Orde. Sy lede beset al die sleutelposisies. Hulle sit in regerings- en ander kantore, in universiteite, in die sosiale sfeer, in hospitale, kleuterskole, onderrigsinrigtings, ens. Hul grootste toewyding en ywer is om die Kato-lieke "staatsgodsdiens" te bevorder deur alle behoorlike kanale. Hulle is raadgewers en manuskripskrywers van al die belangrikste politici in Oos en Wes. "Opus Dei" (God se Werk) is oral; ook met protestante en kommuniste. En steeds hou hulle vol met hul leuse: die doel heilig die middele.
Alhoewel die Katolieke Kerk beweer dat sy alleen salig maak, beland hul lede — selfs al was hulle hul lewe lank in alle sakramente betrokke en 'gered' — vermoedelik ná die dood maar tog in die vagevuur. Hoe maak hierdie kerk salig, as hulle ook vir hul dode die Mis moet lees? Niks is daaroor in die Bybel geskryf nie. In die begraafplaas sê dit: "Dit het die Here behaag om ons broeder (of ons suster), die heerlikheid in te neem …", en dit word ook uitgedruk op die grafstene: "Rus in vrede …" of: "Hier rus in God …". Maar in die ter aard bestelling egter kom die teleurstellende: "… dit het die Here behaag dat (die oorledene) eers deur die vagevuur moet gaan …"! Enige regdenkende mens kan sien dat daar groot fout is hiermee.
Jesus Christus het destyds gevra: "… die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?" (Luk. 20:4). Vandag vra Hy: "Was die Hervorming en al die daaropvolgende herlewings uit die hemel of van mense?". Destyds kon die skrifgeleerdes nie die vraag beantwoord nie. Wat van die skrifgeleerdes in ons tyd? Watter antwoord gee hulle? Geen! Die bloed van al die martelare, wat hul lewens gegee het, sodat die Bybel vandag gelees mag word en die waarhede wat daarin vervat is, weer op die kandelaar geplaas kan word in dié laaste dag, sal op die oordeelsdag teen die geestelike leiers van hierdie geslag spreek, wat nou praat van die terugkeer van die protestante na die Romeinse moederskoot. Meesterlik is die protestantse kerke mislei, maar ook al die onafhanklike kerke. Daar was voorheen in die sogenaamde Niceaanse Belydenis gesê: "… heilige, algemene, apostoliese Kerk". Nou word ook onder hulle gesê: "… Heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk".
Wie, vanuit 'n bybelse oogpunt, is die man na wie die hele wêreld opkyk? Wie is hy wat in 'n sokkerstadion van Casablanca met tot 85,000 Moslems praat en in Abidjan sy seën gee aan afgods-mense; wie by die Verenigde Nasies Organisasie in New York, of by die Wêreld-raad van Kerke in Genève, of in die Europese Parlement in Strassburg, in die Skandinawiese lande en amper oral in die wêreld optree, selfs waar hy nie welkom is nie?
Hierdie amp, met die mag wat daaraan verbonde is, word in die Skrif, veral in Openbaring, onmiskenbaar en onfeilbaar beskryf. Volgens Openbaring (13: 17-18), word die verwysing na hom uitgedruk in die numeriese waarde '666'. Daar word aan ons duidelik vertel: "… dit is die getal van 'n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig". Dit kom eintlik uit die numeriese waarde van sy Latynse titel, wat op geen ander op aarde van toepassing is nie:
I N D I E P L E K V A N D I E S E U N V A N G O D
V IC ARI V S F I L I I D E I
5 + 1+100+ 1 + 5 + 1+50+1+1+500+1=666
Dit is nie toevallig dat die Romeinse heersers die naam "LATINVS REX SACERDOS" gehad het nie, wat beteken "Latynse Priester-Koning". Heidense Rome het pouslike Rome geword. Vreemd genoeg het hierdie benaming ook die numeriese waarde, 666:
L A T I N V SR E X S A C E R D O S
50+ 1 ++ 5+10 +100 + 500 = 666
In Openbaring 17 word hierdie wêreld-instelling in beeldspraak as 'n moeder beskryf. Omdat die hele mensdom deur haar op 'n vrome manier betower, bedrieg en mislei word, spreek die Here self die oordeel uit op haar setel. In Openbaring 18 word ons verskeie kere vertel dat die vernietiging van die sogenaamde "ewige stad", in 'n enkele uur sal kom. "Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie — daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel" (Openb. 18: 7-8). Tot dusver was elke Woord van God vervul in die vasgestelde tyd daarvoor.
Opgrond van die enigste geldige, gesaghebbende en bindende gesag van die Woord van God, word almal opreg en biddend gevra om hulle tot God te wend en volgens die Skrif te praat en te glo.
Dit is geensins 'n polemiese berekening nie. Die finale oordeel behoort aan God alleen, en Hy sal oordeel op grond van Sy Woord. Maar daar is amper 'n miljard katolieke wêreldwyd, almal wie glo, wat hulle geleer word om te glo, onbewus dat hierdie wêreldinstelling nie deur Christus ingestel was nie en dat dit op geen tydstip die kerk van Jesus Christus was nie. Byna net soveel protestante en ander bestaan, van wie baie regtig saligheid soek. Mense vertrou dat hulle gered word deur aan hulle kerke te behoort. Hulle weet nie dat hulle mislei word nie en gaan uit hierdie lewe, vir altyd bedrieg. As sulke bedrog in 'n godsdiens sonder verwysing na Christus is, dan is dit sleg. Maar as dit in die naam van Christus gedoen word, dan is dit onvergeeflik. Dit wat God, by monde van Sy geroepene, op die stigtingsdag van die nuwe-testamentiese Gemeente gesê het, sal vir altyd geldig bly: "En elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word" (Hand. 2:21; Joël 2:32). Dit is duidelik dat die saligheid van die Here wat dit gebring het, weggeneem is en oorgedra is na 'n instelling en sy godsdienstige dade. Waarskynlik is nie eens die geestelikes daarvan bewus nie.
Die protestantse nasionale en staatskerke beweer dat hulle alleen by die Heilige Skrif hou. Of dit waar is, is nogal 'n ander saak, want hulle het ook oor die algemeen 'n tradisionele beoefening langs die Bybel daargestel. Die katolieke word aangeraai om op beide staat te maak: op die skrif en tradisie. Maar by nadere ondersoek, moet gevra word: is dit nie net tradisie wat met bybel-verse versier is nie? Wat sulke tradisies betref, rig die Here vir die beoefenaars van sogenaamde "aanbidding" die energieke "tevergeefs" toe: "Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is … En Hy sê vir hulle: Julle verstaan dit goed om die gebod van God opsy te sit en so julle oorlewering te onderhou" (Mark. 7: 7+9). As gevolg van hierdie en ander Skrifte, is alle sulke godsdienstige handelinge tevergeefs as dit nie volgens die wil van God gedoen word nie. Tevergeefs is elke rose-kransgebed, tevergeefs enige Ave Maria, tevergeefs alle godsdienstige dade, alle pelgrimstogte! Alles tevergeefs! Die wil van God word nie arbitrêr bepaal deur pouse of ander nie, maar is reeds in die Heilige Skrif deur profete en apostels vir altyd opgeteken.
Wat nou? Kan iemand nog steeds neutraal en onverskillig bly nadat die waarheid na die oppervlak gebring is en die misleiding in die lig van die onthulde Woord in volle beskouing gebring is? Ten aanskouing van hierdie openbaring, het almal voor God 'n verantwoordelikheid verkry: "God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer" (Hand. 17:30). Niemand wat hierdie daarlegging gelees het, sal op die laaste dag 'n verskoning het nie. Ware aanbidding van God kan eintlik net kom deur diegene aan wie Hy Homself geopenbaar het, aan wie Hy Sy Woord, Sy Naam en Sy wil geopenbaar het, deur mense wat deur genade 'n persoonlike heilservaring ondervind
Die waarskynlikheid dat die pous en Kuria die moed sal versamel om ten minste in dialoog met die waarheid te tree, is baie laag maar nie een van die beamptes, selfs nie die dorpspastoor, wat hierdie uitsprake lees, sal van nou af met 'n goeie gewete so kan voortgaan nie. Die gods-dienstig onderdrukte, gepatroniseerde en verraaide mense, is geregtig daarop dat hul menswaardigheid aan hulle terugbesorg word en dat hulle hul persoonlike besluit vir Christus en dus vir die waarheid kan maak. Babas wat outomaties gedoop is in 'n denominasie kan nie gevra word of hulle by hierdie kerk wil aansluit of nie. Hulle word sonder hul kennis en toestemming verpligte lede gemaak. So lyk menseregte en menswaardigheid nog in die 20ste eeu! Dit staan in skrille kontras met godsdiensvryheid en is net 'n voortsetting van die "verchristening" wat meer as 1,500 jaar gelede begin was. Ook ander staats- en volkskerke het die onbybelse metode eie gemaak en is dus net so skuldig voor God. Dit is die uur van die besluit wat almal persoonlik voor God moet neem.
Die doel van hierdie daarlegging is om aan die leser die nodige inligting te verskaf. Niemand hoef die stellings net te glo nie, maar moet die Skrif en die geskiedenis deursoek en beoordeel.
"Dit is die wyses,
wat deur hul foute reis na die waarheid;
hulle wat in die foute bly,
hulle is die dwase"
Dat die meerderheid van die "geestelikes" die beproefde historiese ontwikkeling kan ignoreer dws., alles daaroor verontagsaam, is moeilik om te verstaan — tensy sulkes hul oë doelbewus sluit, of nie geïnteresseerd is in die waarheid nie. Die ontwikkeling, spesifiek sedert Konstantyn en dus sedert die begin van die Romeinse staatskerk, word so omvangrykend beskryf dat daar werklik geen verskoning is nie. Die Keisers oorheers die pouse van die 5de tot die 11de eeu. Daarna het die sogenaamde "geestelikes" die saak in hul hande.
"Ten einde die invloed van die Romeins-Duitse keisers en die Romeinse adelstand op die verkiesing van die pous te verminder, reik pous Nicholas II toe 'n pouslike verkiesings-verordening by die Paas-Synode van 1059 uit, wat die verkiesing uitsluitlik in die hande van 'n kollege van kardinale plaas" —B. Harenberg: Chronik der Menschheit ("Kroniek van die Mensdom"), bladsy 287. Die pouse was gou beter as die wêreldse leiers gestel, want uit vrees vir die hel, was die massas aan hul kant. Maar dit was nog nie genoeg nie: kort voor lank was sake ten gunste van die kerk beslis. Dit was immers nie meer die keisers wat die pouse gebruik het nie, maar die pouse die keisers.
"Rome, Maart 1075. Pouslike diktaat: In die sogenaamde Diktatus Papae, gedurende die Romeinse Lente-sinode, verklaar pous Gregorius VII dat die biskop van Rome die onbeperkte heerser van die universele kerk moet wees. Die pous alleen is geregtig daarop om keiserlike kentekens te dra, kan keisers afsit en die onderdane van 'n onregverdige heersers van hul eed van getrouheid vrystel en moes nie deur enigiemand beoordeel word nie" —B. Harenberg: Chronik der Menschheit, bl. 288. Wat het al hierdie sekulêr-politieke dinge en godsdienstige magsposisies met die Gemeente van Jesus Christus of die verkondiging van die evangelie van Hom en die Koninkryk van God te doen? Die heersers, hetsy in burgerlike of geestelike gewaad, het elkeen maar net hul eie ryk gebou. Die pouse word verkies tot die hoë posisie wat hulle self geskep het. Hulle word dan op die 'Tragthron' (die 'Sedia gestatoria' of drag-stoel) gedra, en die hele wêreld kyk na hulle, soek hulle welwillendheid, hulle guns, hulle bemiddeling.
Nou dat ons dit eens is, dat dit onfeilbaar bevestig en bewys is dat daar in hierdie universele kerk hoegenaamd niks met die Heilige Skrif saamstem nie, kan ons dit dan nog van die publiek verberg en sodoende die skuld voor God plaas? Die blaam lê nie by die baie mense wat aan hierdie universele kerk behoort nie, ook nie by 'n bekoorlike pous as 'n mens nie, maar by die instelling, by die stelsel self. Die oorweging moet wees, om vas te stel of dit nie eintlik die grootste misleiding en — miskien onopset-like — vervalsing is, in die menseheugenis nie.
Volgens die bybelse tydloop, staan ons nou voor die grootste geestelike konflik. Daar was te alle tye manne in die kerkgeskiedenis wie hierdie onderwerp behandel het. Dr. Martin Luther was destyds baie uitgesproke teenoor die pousdom. Die manier hoe hy homself uitgedruk het, is nie van pas in ons tyd nie, dus vra ons byvoorbaat om verskoning daarvoor. In hom was beide die protestantse en die katolieke wêrelde behandel. Dit was nie maklik nie, hy was duidelik deur God geroep en het sy stem in die patroon van die ou-testamentiese profete geopper.
In sy voorwoord tot die profeet Daniël, in die tweede hersiene uitgawe van die Bybel skryf hy: "Hier is die duidelike gruwel van die pous, wat in sy vuilheid onbe-skaamd skree dat alle kerke en trone deur hom beoordeel word, maar hy kan deur niemand beoordeel word nie. En Kap. Solite: Soos die son oor die maan is, is die pous oor die keiser. Maar waar die gesag is, is daar mag om te beveel. Die ander is verplig tot gehoorsaamheid. … as die pous ontelbare siele lei na die hel, moet niemand vra: Wat doen jy nie? Dus, alles word nie net so geleer nie, maar ook beoefen en aan die werk gesit: want die keiser is nie keiser nie, maar die pous is, aan wie hy as 'n dienskneg moet onderwerp, selfs sy voete soen met al sy regte. Wat St. Petrus verkondig het in IIPet. 3:3 is dat daar sulkes sou kom wat volgens hul eie begeerlikhede of wil sou wandel. Daarin verduidelik hy die woord van Daniël 11 vers 36: *"… en homself verhef … teen die God van al die gode sal hy (verskriklik) praat en sal voorspoedig wees, totdat die grimmigheid ten einde is".*
So verhef die pous ook homself, hy roem bewustelik om in sy drek bo die Heilige Skrif te wees, en dieselfde moet van sy stoel bevestig word, en hul waarde aanbeveel word. Maar veel meer doen hy dit met die daad. Almal wat ooit uit die Skrif teen hom gepraat het, het hy vervloek, verdoem, as ketters en duiwelskinders uit die weg geruim, daagliks nog. En sy mense skreeu nou en vir altyd dat die kerk (die pous) bo die Skrif is — die gruwels wat teen die God van alle gode gepraat word, soos Daniel gesien het. …
Ander tiranne, volgens God se Woord, het dinge gedoen uit onkunde. Hulle gebruik die Skrif en God se Woord, waarbo hy Here wil wees, en hy veroordeel as duiwelse leer, net soos en wat hy wil. Daarom noem hulle hom 'n aardse god, ja god van alle gode, Here van die Here, koning van alle konings, nie 'n suiwer mens nie, maar gemeng met God, of, 'n god-mens net soos Christus self God en mens is, in wie se plek hy wil wees, en nog hoër bo dit wil styg.
So het St. Paulus in IIThes. 2 verse 3-4 hierdie teks van Daniel gelei: dat die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die ver-derf, die teenstander wat hom verhef bo al wat God genoem word, … sodat hy in die Tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is. Want niks kan bo God se natuurlike wese en majesteit uitstyg nie, maar oor die genoemde, verkondigde, verëerde God, dit is oor God se Woord en aanbidding …
Want die mens van sonde en die seun van die verderf het nie net op homself as 'n private, persoonlike sondaar betrekking nie, maar is publiek, wat ook ander tot sonde en verderf lei. … Hierdie sonde-be-diening het die pous op twee maniere gedryf.
Eerstens het hy baie nuwe kultusse in die erediens ingebring, soos genoem in sy 'Mausim': aflate, heilige water, heilig-making, pelgrims-togte, broederskap, kloosters, vas, die mis-vieringe, ens. Daarbenewens het hy die ware aanbidding, geloof, sakramente, ens., volgens God se Woord, versteur en ontheilig.
Tweedens, dat hy die Christene gebuk laat gaan onder ontelbare wette, en sodoende sogenaamde oortreding veroorsaak, aangesien God geen sonde wil hê nie. Wat God vir Sy skepsels gemaak het, het hy met sonde gesmeer, naamlik, wat God vrylik aan ons gegee het om sondeloos te geniet, die eet van botter, eiers, kaas, melk, vleis, is na sy wil sonde gemaak. So het hy ook tyd en dae met sonde bevlek: na sy wil, moet mense vas en vier, en terselfdertyd is sekere kosse, ook die genot van brood eet, en om te drink, sonde.
So het hy ook die plekke en die instrumente met sonde besmeer: die kerke en gewyde plekke het hy 'geheilig', sodat dit nie aangeraak kan word nie, of dit nou van klip of hout is, veral die altare, en wat daartoe behoort. Dit was verskriklik wanneer 'n gewone mens die patene (die glans afwerking), of die beker met kaal hande aanraak. Selfs 'n heilige non was verbied om die beker te was, die priester moes dit eers was: so vol wette en sonde was die beker gestapel. … Ook die huwelik, ingestel deur God, word sonde as dit in 'n verbode tyd plaasvind. Die huweliksbed word in sonde vasgevang soos en wanneer hy wou.
… En sodat hy niks onaangeraak laat nie, het hy die derde hiërargie van God, naamlik die huwelik, ook uitmekaar geskeur. Hy het dit nie net verbied vir die geestelikes nie, maar dit ook gelaster, ontheilig en vernietig, en daardeur as onrein verklaar, vleeslik en vieslik, waarin 'n mens nie God kan dien nie. Daarmee neem hy nie in ag dat God die huwelik geseën het, dit Sy verbond noem met welgevallenheid, en deur die vergifnis van sonde, die huweliksbed suiwer en eerbaar verklaar het, en die bose begeerlikheid van die vlees nie daarin kan reken nie. Dus, die 'eind-Christus' vervloek wat God seën, verskeur wat God saambind, verontreinig wat God prys: kortliks, alles wat God doen, verwoes en vernietig hy. Hy sal nie sulke huweliksbepalinge uit liefde of beskeidenheid doen nie, of bloot vir die voorkoms nie, maar om vry en onbelemmerd te doen wat hy wil, en niemand moet aan iemand anders onderwerp wees nie" —M. Luther: Bybel, Uitgawe II, bl. 836. Wat Martin Luther hier gesê het, is niks nuut nie en kom nie net uit die tyd van die Hervorming nie, maar was nog altyd min of meer erken deur die ware bybelkenners:
"In Büchner se bybelse Handkonkordansie word die volgende gestel: 'Die interpretasie wat die ou protestantse kerke oorheers, en selfs in die geloofsbelydenis van die Gereformeerde Kerk in Frankryk aanvaar is, dat die Antichris die Pous is, … moet eintlik nie so hoog toegeskryf word aan die protestante nie, aangesien hierdie siening lank voor die Hervorming, reeds in die 9de eeu, bestaan het … en deur al die eeue totdat Luther dit herhaal het'." —O. Markmann: Endzeit, Entrückung, Antichrist, bl. 62.
In vergelyking met die Skrif is dit duidelik, dat alles eintlik verander is en die hele godsdiens uitgeruil is. Van die oorspronklike geloof, "wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is" (Judas 3), is daar geen spoor oor nie. Met die inleiding van elke dogma, is die Woord opsy gesit. Om 'n doktriene geloofwaardig voor te stel, moes die oorspronklike bybelse lering eers kragteloos gestel word. Daar is bewyse as die Skrif met die self-uitgevinde proklamasies vergelyk word, byvoorbeeld, soos reeds genoem: "En niemand het opgevaar in die hemel nie, behalwe Hy wat uit die hemel neergedaal het, naamlik die Seun van die mens …" (Joh. 3:13). Ten spyte van hierdie ondubbelsinnige en duidelike woord, is selfs in die onlangse verlede die dogma van die liggaamlike hemelvaart van Maria in teenstelling met die Woord van God verkondig. Moet mens nie met God en al die stellings saamstem nie en verordeninge wat deur pouse verkondig word as antichristelik beskou nie, omdat dit eintlik teen — anti — die leringe van Christus is?
Die stelling: "Wie nie die kerk as moeder het nie, het nie God as Vader nie", het mense vrees ingejaag, want die mens is geskape om gemeenskap met God te hê. Maar as egter geleer word, dat dié Kerk deur Christus self gestig is en dat almal katolieke was, selfs Maria, dan is dit net nie waar nie. Die hele kerkgeskiedenis bevestig self die verloop van dinge. In die eerste Christelike eeue was daar, soos in hierdie boek uitgelê, nie 'n Rooms-Katolieke Kerk, of enige ander nie. Die post-apostoliese era ken net die verskillende gelowe, maar nie 'n enkele kerk nie, dit was slegs gevorm ná die dae van Konstantyn. Daar was geen pouse nie, geen kardinale nie, ensovoorts. Protestantse navorsing oor die eerste eeue was ook nie konsekwent genoeg nie. Omdat 'n mens hierdie gedagte glad nie wou of kon nastreef nie, want die strewe na eenheid het die feit van die ware ontwikkeling verplaas. Die protestante, wat uit die Rooms-Katolieke Kerk gekom het, was grootliks ook van mening dat dit die Kerk van Jesus Christus was en het dus nie die eerste eeue verlig nie. Hulle praat slegs van afwykings en misbruike in die verlede.
Die selfregverdigde pouse stel hulself voor as opvolgers van Petrus, die biskoppe as opvolgers van die apostels, maar is hulle regtig? Daar was nooit 'n stoel van Petrus nie, nie in Jerusalem óf in Rome nie. Ook was daar nooit 'n primaatskap van Petrus nie. In die apostoliese raad in Jerusalem, het Jakobus duidelik waargeneem, want na Petrus, Barnabas en Paulus het Jakobus, onder leiding van die Heilige Gees, die profetiese woord saamgevat (Handelinge 15, vanaf vers 13). In vers 28 staan dit: "Want die Heilige Gees en ons het besluit …". God het nog altyd geneem wie Hy wou, nou dié een, volgende keer 'n ander. Daar was situasies waarin Petrus, Paulus of ander, soos nodig, deur die Here gebruik was. Wat nie bestaan het nie, was dat iemand 'n voorreg of voorrang bo ander gehad het. Daardie gedagte was net om eie idees te beklemtoon, maar het geen bybelse basis nie.
Die onderskeie pouse doen hulself voor as die verteenwoordigers van Christus, alhoewel dit nêrens in die Skrif aangedui word nie; Die pous verklaar homself as universele biskop —ook dit bestaan nie in die koninkryk van God nie. Die apostel Petrus het Christus bedoel, nie 'n pous nie, toe hy geskryf het: "Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en Opsiener (Biskop) van julle siele" (IPet. 2:25). Die pous maak die aanspraak om die 'Hoof-herder' of 'Opperhoof' te wees. Hoe kan 'n mens dit voorstel? Ons weet dat Christus, as die goeie Herder, Sy lewe vir die skape neergelê het (Joh. 10), en dat Hy die Hoof geword het van die Gemeente (Efé. 1:22). Waar is daar dan nog plek vir 'n "Opperhoof"? Hulle mag dit miskien wees in hul eie kerk, maar beslis nie in die Gemeente van Jesus Christus nie!
Die pouse laat hulle vanoor die hele wêreld aangespreek word as "heilige vader", maar daar staan geskrywe: En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie, want een is julle Vader, Hy wat in die hemele is" (Matt. 23:9). Miljoene mense laster teen God deurdat hulle 'n benaming wat Hom alleen toekom, aan 'n ander gee. Waar is die heilige Vader, is hy in die hemel of in Rome? Die Vader van al God se kinders is in die hemel, geheilig is Sy Naam. Die kerklike ampsdrars neem oral die ereplekke in en laat hulself ge-vier word. Dit word hulle vergun, omdat hulle volgens die skrif ook na die berge en rotse sal roep: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam" (Openb. 6:16).
Die Rooms-Katolieke Kerk het geslaag daarin om hulself wêreld-om as geloofwaardig te maak, dat dit 'n goddelike instelling op aarde is, naamlik die enigste saligmakende gemeente, wat 'Christus self ingestel het'. Dit is nie waar nie; dit weerlê die geskiedenis van die eerste drie honderd jaar van die Christelike tydsberekening. Geen ander kerk was van Hom gestig as 'n instelling en in staat gestel om te red nie. Die verskillende leringsopvattinge, wat in die eerste eeue reeds bestaan het, was in 'n 'dwang-eenheid' saamgevoeg. Maar na die Reformasie het die verskeie geestelike strome weer na vore gekom. Maar die klem was nie meer op die ooreenstemming van die onderrig en praktyke nie, maar net om almal wat geestelik was te verenig. Te midde van hierdie ontwikkeling bou Jesus Christus self Sy Gemeente, en, deur die verkondiging van Sy evangelie, roep Hy hulle uit alle volke, tale en nasies. Wie Sy stem hoor vanuit alle kerke, kom onder Sy Woord en sal Sy Gemeente voltooi op die dag van Sy glorieryke Wederkoms.
Die Gemeente van Jesus Christus is nie ryk aan aardse goedere nie, dit besit nie goud en silwer nie, soos Petrus destyds gesê het nie, maar is geestelik ryklik geseën. Satan het Jesus die rykdom van hierdie aarde aangebied. Hy het geweier, want Hy het geweet dat, volgens die belofte Hy in die voleinding die Heerser sal wees van al die koninkryke van die wêreld. Die pousdom maak hierdie eis, naamlik om die heerser tot aan die einde van die aarde te wees. Die teenstrydigheid met Christus word ook daardeur geopenbaar. Die geskiedenis van die mensdom sou sonder pouse verseker heeltemal anders verloop het. Dit sou nie die kruistogte hê nie, ook nie die baie oorloë, vervolgings en miljoene martelare nie. Selfs slawerny is op haar rekening, want die sogenaamde sendelinge het die eerste weg gebaan vir die handelaars. Selfs die finansiële kundiges kan nie die rykdom van die Vatikaan skat nie. Enigeen wat die tesourie in St. Peter's Basilica al die goud, die juwele, pêrels (Openb. 17:4) en ander valuta besoek, sal na hul asem snak. Ekstern is Rome 'n geestelike stad. As mens op die lughawe land, sien jy die "Banco di Santo Spirito" (die "Bank van die Heilige Gees"). Die onuitspreeklike rykdom is nie in die huise van die bevolking nie, maar onderskeidelik in die Vatikaan en in die bisdom.
Die Katolieke Kerk is 'n politiek-godsdienstige wêreldmag, aktief en invloedryk op alle vlakke, veral deur hul heeltemal toege-wyde Jesuïete Orde. Sy lede beset al die sleutelposisies. Hulle sit in regerings- en ander kantore, in universiteite, in die sosiale sfeer, in hospitale, kleuterskole, onderrigsinrigtings, ens. Hul grootste toewyding en ywer is om die Kato-lieke "staatsgodsdiens" te bevorder deur alle behoorlike kanale. Hulle is raadgewers en manuskripskrywers van al die belangrikste politici in Oos en Wes. "Opus Dei" (God se Werk) is oral; ook met protestante en kommuniste. En steeds hou hulle vol met hul leuse: die doel heilig die middele.
Alhoewel die Katolieke Kerk beweer dat sy alleen salig maak, beland hul lede — selfs al was hulle hul lewe lank in alle sakramente betrokke en 'gered' — vermoedelik ná die dood maar tog in die vagevuur. Hoe maak hierdie kerk salig, as hulle ook vir hul dode die Mis moet lees? Niks is daaroor in die Bybel geskryf nie. In die begraafplaas sê dit: "Dit het die Here behaag om ons broeder (of ons suster), die heerlikheid in te neem …", en dit word ook uitgedruk op die grafstene: "Rus in vrede …" of: "Hier rus in God …". Maar in die ter aard bestelling egter kom die teleurstellende: "… dit het die Here behaag dat (die oorledene) eers deur die vagevuur moet gaan …"! Enige regdenkende mens kan sien dat daar groot fout is hiermee.
Jesus Christus het destyds gevra: "… die doop van Johannes, was dit uit die hemel of uit mense?" (Luk. 20:4). Vandag vra Hy: "Was die Hervorming en al die daaropvolgende herlewings uit die hemel of van mense?". Destyds kon die skrifgeleerdes nie die vraag beantwoord nie. Wat van die skrifgeleerdes in ons tyd? Watter antwoord gee hulle? Geen! Die bloed van al die martelare, wat hul lewens gegee het, sodat die Bybel vandag gelees mag word en die waarhede wat daarin vervat is, weer op die kandelaar geplaas kan word in dié laaste dag, sal op die oordeelsdag teen die geestelike leiers van hierdie geslag spreek, wat nou praat van die terugkeer van die protestante na die Romeinse moederskoot. Meesterlik is die protestantse kerke mislei, maar ook al die onafhanklike kerke. Daar was voorheen in die sogenaamde Niceaanse Belydenis gesê: "… heilige, algemene, apostoliese Kerk". Nou word ook onder hulle gesê: "… Heilige, Katolieke en Apostoliese Kerk".
Wie, vanuit 'n bybelse oogpunt, is die man na wie die hele wêreld opkyk? Wie is hy wat in 'n sokkerstadion van Casablanca met tot 85,000 Moslems praat en in Abidjan sy seën gee aan afgods-mense; wie by die Verenigde Nasies Organisasie in New York, of by die Wêreld-raad van Kerke in Genève, of in die Europese Parlement in Strassburg, in die Skandinawiese lande en amper oral in die wêreld optree, selfs waar hy nie welkom is nie?
Hierdie amp, met die mag wat daaraan verbonde is, word in die Skrif, veral in Openbaring, onmiskenbaar en onfeilbaar beskryf. Volgens Openbaring (13: 17-18), word die verwysing na hom uitgedruk in die numeriese waarde '666'. Daar word aan ons duidelik vertel: "… dit is die getal van 'n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig". Dit kom eintlik uit die numeriese waarde van sy Latynse titel, wat op geen ander op aarde van toepassing is nie:
I N D I E P L E K V A N D I E S E U N V A N G O D
V I C A R I V S F I L I I D E I
5 + 1+100 + 1 + 5 + 1+50+1+1+500 + 1 = 666
Dit is nie toevallig dat die Romeinse heersers die naam "LATINVS REX SACERDOS" gehad het nie, wat beteken "Latynse Priester-Koning". Heidense Rome het pouslike Rome geword. Vreemd genoeg het hierdie benaming ook die numeriese waarde, 666:
L A T I N V S R E X S A C E R D O S
50 + 1 + + 5 + 10 + 100 + 500 = 666