Die Tradisionele Christendom - Waarheid of Misleiding?
Politieke en geestelike ontwikkelinge loop dikwels parallel. Die gees van optimisme in individueë en hele nasies in onlangse tye is merkwaardig. Mense wil vryheid hê, hulle wil vir hulself besluit en nie meer onderdruk en minagtend behandel word nie. Deursigtigheid en transformasie, vryheid van uitdrukking en deelname word oral geëis.
Daar moet gehoop word dat hierdie optimisme ook die geestelike gebied sal beïnvloed en dat 'n besinning en 'n oriëntering terug na die bybelse waardes en waarhede in individuele en alle denominasies sal plaasvind. Hopelik kan hierdie ongemaklike boek help om so 'n proses aan die gang te sit.
Met die besef van my verantwoordelikheid, het ek my bes gedoen om te help om die suiwer waarheid van die Woord van God aan my medemense te bring. Miskien is hierdie publikasie die laaste oproep van God hier aan die einde van die genade-tyd. Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Die res moet ons aan die Here oorlaat, wie deur Sy Gees in almal wat in Hom glo, alles kan vermag. Mag Hy Sy seën oor al die lesers laat kom. Amen.
"Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is. Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedag-tes; en laat hy tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie — spreek die Here. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes. Want soos die reën en die sneeu van die hemel neerdaal en daarheen nie terugkeer nie, maar die aarde deur-vogtig en maak dat dit voortbring en uitspruit en saad gee aan die saaier en brood aan die eter; so sal my woord wees wat uit my mond uitgaan: dit sal nie leeg na My terugkeer nie, maar doen wat My behaag en voor-spoedig wees in alles waartoe Ek dit stuur" (Jes. 55: 6-11).
* * * * * * *