Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Die apostel Johannes was vir die "Woord van God en vir die getuienis van Jesus" na die eiland Patmos verban. Daar was hy in die gees weggevoer deur die Gees van God. Hy het die belangrikste gebeure deur die loop van tyd vooraf gesien en selfs die Dag van die Here beleef. Die Dag van die Here word in die Ou- en Nuwe Testament omvangreikend beskryf. Die aanname, dat dit gaan oor Saterdag of Sondag, is as gevolg van 'n misverstand en is nie waar nie. Die Dag van die Here, is die tydperk wat ná die Dag van genade en verlossing volg (Jes. 49:8; IIKor. 6:2; Heb. 4:7) — die sewende dag in die goddelike tydsberekening. God bereken in dae, daar ons in jare bereken. By God is een dag soos 'n duisend jaar vir ons is. "Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag"(IIPet. 3:8; Ps. 90:4).
Sedert die begin van tyd het ons met sewe profetiese dae te doen, wat God aan die mensdom toegedeel het. Vanaf Adam tot Abraham het ongeveer twee dae verloop, dws, omtrent tweeduisend jaar; toe weer ongeveer tweeduisend jaar vanaf Abraham na Christus, en nou is ons nader aan die einde van die daaropvolgende twee dae, wat ook die laaste dae genoem word, die tweeduisend jaar waarin die Gees van God as die genade-tyd op aarde werksaam is (Hand 2:17). Die sewende dag is die duisendjarige periode wat die Vrederyk, die duisendjarige Koninkryk van Christus op aarde is (Openb. 20).
God het belowe om vóór die Dag van die Here die profeet Elia te stuur (Mal. 4:5). Tydens die Dag van die Here— die laaste een duisend jaar voor die ewigheid — word die oordele ingelei, wat uitloop in die Slag van Armageddon (Openb. 16: 12-16; 19: 11-21; Esé. 38: 20+23; Joël 4: 9-17; onder andere). So word dit vir die ‘goddelose’, wanneer dit vervul word, as 'n genadelose toorndag beskryf:
"Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige Dag van die Here kom" (Joël 2:31) Sien ook Jesaja 13; Esé. 30:3; Joël 2: 1-2; Joël 3:14; Sef. 1: 14-15; Hand. 2:20; IIPet. 3:10; Openb. 6: 12-17, onder andere.
Die sewende dag — die duisendjarige Koninkryk — is die rusdag van God. Aan die einde sal Satan nog ‘n maal bevry word, om met al die goddelose magte, onder die leiding van 'Gog en Magog', die finale stryd te voer waarin hulle eens en vir altyd vernietig sal word (Openb. 20: 7-10). Daarna vind die laaste oordeel plaas en, met die ontstaan van die nuwe hemel en die nuwe aarde, vloei tyd in die ewigheid in.
Voor die Dag van verlossing het die Here God "Sy engel" in die vorm van Johannes die Doper as 'n voorloper gestuur (Mal. 3:1; Matt. 11:10, o.a.). Hy het verskyn in die gees en krag van Elia om die harte van diegene wat in die ou-testamentiese vaders vertrou het, te lei tot die nuwe begin van die kinders van die nuwe verbond (Mal. 4:6a; Luk. 1:17). "Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo"(Joh. 1:7). Hy het die brug vanaf die Ou- na die Nuwe Testament oorgesteek (Luk. 16:16), die weg gebaan vir die Here en 'n pad vir onse God berei (Jes. 40:3; Mark. 1: 1-4; ens.).
Die beloofde profeet kom vóór die Dag van die Here, aan die einde van die Dag van Heil, hier in die laaste Gemeentelike tydperk, om die harte van die kinders van die Nuwe Verbond terug te bring na die geloof van die apostoliese vaders (Mal. 4:6b). Sy Bybel-gebaseerde boodskap sal die ware Gemeente weer in ooreenstemming met die Woord bring en haar, hier net voor die Wederkoms van Jesus Christus, weer terugplaas in die oorspronklike toestand wat sy gehad het aan die begin. Deur 'n magtige geesteswerking — die heilige Skrif noem dit die "laat reën" — sal die Bruid weer in die oorspronklike, goddelike orde wees (Jak. 5: 7-8). Jesus het in Matthéüs 17, vers 11, gepraat van hierdie bediening wat deur die profeet Maleági aangekondig is, dat dit nog steeds in die toekoms was: "Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel ...". Hy het ook bevestig dat die bediening van Johannes die Doper reeds plaasgevind het (verse 12-13). Toe Johannes verskyn het, was hy drie vrae gevra. Een daarvan was gewees: "Is u Elía? En hy sê: Ek is nie"(Joh. 1:21). In vers 23 verwys hy na die profetiese woord van die Ou Testament rakende hom en sy bediening.
Soos Elia met die twaalf klippe, wat ooreenstem met die twaalf stamme van Israel, die altaar van die Here weer opgebou het en die volk na God teruggeroep het (IKonings 18), so word deur die laaste boodskap aan die nuwe-testamentiese Gemeente, die lering van die twaalf apostels opnuut opgerig en die volk van God tot die Here en tot Sy Woord teruggeroep. Ons ervaar nou in werklikheid hierdie finale fase van die verlossingsplan.
In sy tweede preek ná Pinkster, het die apostel Petrus verwys na die belofte van die wederoprigting van die Gemeente van Christus toe hy, gelei deur die Gees, gesê het: "... en tye van verkwikking van die aangesig van die Here mag kom, en Hy Hom mag stuur wat vooraf aan julle verkondig is, naamlik Jesus Christus, Hom wat die hemel moet ontvang tot op die tye van die wederoprigting van alle dinge, waarvan God van ouds af gespreek het deur die mond van al sy heilige profete" (Hand. 3: 20-21). Reeds met die aanvang van die nuwe-testamentiese Gemeente het die Heilige Gees deur 'n geroepe mond vooruitgespreek, dit wat aan die einde sou gebeur, naamlik dat die ware Gemeente, vóór die Wederkoms van Christus, teruggeplaas word na dieselfde toestand waarin die vroeë Gemeente hul bevind het.
Die apostel Johannes was vir die "Woord van God en vir die getuienis van Jesus" na die eiland Patmos verban. Daar was hy in die gees weggevoer deur die Gees van God. Hy het die belangrikste gebeure deur die loop van tyd vooraf gesien en selfs die Dag van die Here beleef. Die Dag van die Here word in die Ou- en Nuwe Testament omvangreikend beskryf. Die aanname, dat dit gaan oor Saterdag of Sondag, is as gevolg van 'n misverstand en is nie waar nie. Die Dag van die Here, is die tydperk wat ná die Dag van genade en verlossing volg (Jes. 49:8; IIKor. 6:2; Heb. 4:7) — die sewende dag in die goddelike tydsberekening. God bereken in dae, daar ons in jare bereken. By God is een dag soos 'n duisend jaar vir ons is. "Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag" (IIPet. 3:8; Ps. 90:4).
Sedert die begin van tyd het ons met sewe profetiese dae te doen, wat God aan die mensdom toegedeel het. Vanaf Adam tot Abraham het ongeveer twee dae verloop, dws, omtrent tweeduisend jaar; toe weer ongeveer tweeduisend jaar vanaf Abraham na Christus, en nou is ons nader aan die einde van die daaropvolgende twee dae, wat ook die laaste dae genoem word, die tweeduisend jaar waarin die Gees van God as die genade-tyd op aarde werksaam is (Hand 2:17). Die sewende dag is die duisendjarige periode wat die Vrederyk, die duisendjarige Koninkryk van Christus op aarde is (Openb. 20).
God het belowe om vóór die Dag van die Here die profeet Elia te stuur (Mal. 4:5). Tydens die Dag van die Here — die laaste een duisend jaar voor die ewigheid — word die oordele ingelei, wat uitloop in die Slag van Armageddon (Openb. 16: 12-16; 19: 11-21; Esé. 38: 20+23; Joël 4: 9-17; onder andere). So word dit vir die ‘goddelose’, wanneer dit vervul word, as 'n genadelose toorndag beskryf:
"Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige Dag van die Here kom" (Joël 2:31) Sien ook Jesaja 13; Esé. 30:3; Joël 2: 1-2; Joël 3:14; Sef. 1: 14-15; Hand. 2:20; IIPet. 3:10; Openb. 6: 12-17, onder andere.
Die sewende dag — die duisendjarige Koninkryk — is die rusdag van God. Aan die einde sal Satan nog ‘n maal bevry word, om met al die goddelose magte, onder die leiding van 'Gog en Magog', die finale stryd te voer waarin hulle eens en vir altyd vernietig sal word (Openb. 20: 7-10). Daarna vind die laaste oordeel plaas en, met die ontstaan van die nuwe hemel en die nuwe aarde, vloei tyd in die ewigheid in.
Voor die Dag van verlossing het die Here God "Sy engel" in die vorm van Johannes die Doper as 'n voorloper gestuur (Mal. 3:1; Matt. 11:10, o.a.). Hy het verskyn in die gees en krag van Elia om die harte van diegene wat in die ou-testamentiese vaders vertrou het, te lei tot die nuwe begin van die kinders van die nuwe verbond (Mal. 4:6a; Luk. 1:17). "Hy het tot 'n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo" (Joh. 1:7). Hy het die brug vanaf die Ou- na die Nuwe Testament oorgesteek (Luk. 16:16), die weg gebaan vir die Here en 'n pad vir onse God berei (Jes. 40:3; Mark. 1: 1-4; ens.).
Die beloofde profeet kom vóór die Dag van die Here, aan die einde van die Dag van Heil, hier in die laaste Gemeentelike tydperk, om die harte van die kinders van die Nuwe Verbond terug te bring na die geloof van die apostoliese vaders (Mal. 4:6b). Sy Bybel-gebaseerde boodskap sal die ware Gemeente weer in ooreenstemming met die Woord bring en haar, hier net voor die Wederkoms van Jesus Christus, weer terugplaas in die oorspronklike toestand wat sy gehad het aan die begin. Deur 'n magtige geesteswerking — die heilige Skrif noem dit die "laat reën" — sal die Bruid weer in die oorspronklike, goddelike orde wees (Jak. 5: 7-8). Jesus het in Matthéüs 17, vers 11, gepraat van hierdie bediening wat deur die profeet Maleági aangekondig is, dat dit nog steeds in die toekoms was: "Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel ...". Hy het ook bevestig dat die bediening van Johannes die Doper reeds plaasgevind het (verse 12-13). Toe Johannes verskyn het, was hy drie vrae gevra. Een daarvan was gewees: "Is u Elía? En hy sê: Ek is nie" (Joh. 1:21). In vers 23 verwys hy na die profetiese woord van die Ou Testament rakende hom en sy bediening.