Book

Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Ewald Frank

library_books Chapitres: 26 calendar_month 18. 11. 1996

Navigate

Chapitres

expand_more

Navigate

Chapitres

Jump to any chapter without leaving the reader.

Voorwoord 1 Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord 2 Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was 3 HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde! 4 Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof 5 HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel 6 HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls 7 HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig 8 HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode 9 HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine 10 HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee 11 HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond 12 HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies 13 HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang 14 HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring 15 HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes 16 HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas 17 HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God 18 HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry 19 HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon 20 HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam 21 HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk 22 HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes 23 HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk 24 AANHANGSEL - Die 70 jaarweke van Daniel en die huidige gebeurtenisse met Israel in die lig van bybelse profesie 25 Epiloog 26

Chapitre 1

Voorwoord

1 / 26

In hierdie aanbieding sal ons hoofsaaklik die era van die nuwe-testamentiese Gemeente betrag en skrifte gebruik om die tydsverloop daarvan aan te dui. Die fokus val op die laaste profetiese boek van die Bybel, die 'Openbaring' (Apokalips). Die profetiese Woord bevat simbole wat moeilik is om te verstaan. Baie bybelkundiges en leraars het dit dus opsy gesit. Ander weer het hul eie gedagtes daaroor uitgespreek. Tot dusver het daar nog nie akkuraat-gebalanseerde, uitsluitsel-gewende, "up-to-date" literatuur in werklikheid bestaan, wat die huidige stand van die vinnig-ontplooiende verwikkelinge weerspieël nie.

In werklikheid was dit glad nie moontlik nie, want slegs deur die vervulling van gebeure wat in die Skrif voorspel is, kan sekere prosesse geken, gesien, verstaan ​​en gerangskik word. Die eerste en laaste geslagte van die Christelike era word in besonder in bybelse profesie oorweeg. Dit vereer die alwetende God bo alle mate, dat hy die verwikkelinge vooraf laat neerskryf het. Ter wille van duidelikheid sal ons die onderskeie hoofstukke van die boek Openbaring een na die ander behandel en ander gedeeltes vanuit die hele Heilige Skrif byhaal, wat verband hou met die betrokke konteks.

Die opmerkings is kort gehou, maar dit is voldoende om die werklik-belangstellende leser toegang tot die Raad van God te gee. Die Here God gee elke opregte soeker ware begrip en openbaring om die openbaringsteks reg te verstaan. Salig en geloofwaardig is hulle wat die Gees-geïnspireerde Woord in die Gees lees en verstaan, want die Gees van God ondersoek alle dinge (IKor. 2: 10-16).

Available translations