Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die eerste hoofstuk van Openbaring vind ons die volledige onthulling van Jesus Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis van God verborge is (Kol. 2:3), waardeur Hy ook aan ons openbaar word. Aan die begin is die allesomvattende woorde: "Die openbaring van Jesus Christus".
"Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van Sy engel aan Sy dienskneg Johannes deur tekens te kenne gegee het,
wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het.
Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby" (Opbr. 1:1-3).
Deur die sending van "Sy engel", het Johannes hierdie goddelike openbaring op 'n bonatuurlike wyse ontvang. In die algemeen is engele dienende geeste (Heb. 1:14), wat by spesiale aangeleenthede in menslike gestalte sigbaar verskyn. In hoofstuk 22, verse 8-9, praat Johannes van die oorweldigende effek van hierdie bonatuurlike ervaring. Toe hy egter voor die engel neerval om hom te aanbid, het dié vir hom gesê: "Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!"
Volgens Lukas 1, verse 11-20, het die engel Gabriël aan Sagaría die vreugdevolle boodskap oor die komende geboorte van Johannes die Doper gebring. Soos in verse 26-38 gemeld, vind ons later dieselfde engel by Maria om die geboorte van Jesus Christus aan te kondig. In Lukas 2 het 'n engel aan die herders op die vlaktes van Betlehem, die groot gebeurtenis bekendgemaak en die hemelse leërskare in koorgesang hier op aarde hoorbaar was: "Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!" (vv. 8-14).
Die voorkoms van engele word in die Ou- en Nuwe Testamente baie kere van getuig. Dit het altyd met 'n baie spesifieke doel gebeur, wat verbind word met 'n bediening en boodskap. Op die eiland Patmos het dit gebeur met die doel "om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur … want die tyd is naby". Die woordkonsep 'openbaring' kan beter verstaan word as 'onthulling', volgens die Griekse woord 'ΑΠΟΚΑΛΥΨΙΣ' (Apokalips) in die basiese teks.
In hierdie laaste boek van die Bybel word baie belangrike vooruitsprekinge en gebeurenisse onthul wat veral in die eindtyd van besondere betekenis is. Die saligsprekinge is van toepassing op die lesers, die luisteraars en die wat die woorde van hierdie profetiese boek van Openbaring bewaar. So vind ons dit aan die begin in hoofstuk 1, vers 3, en aan die einde in hoofstuk 22, vers 7. God het daarin Sy hele tot-voleinding-bringende raadsbesluite bekend gemaak. Daarin word die getuienis van God volledig tot 'n slotsom gebring. Die Here het aan alles gedink, Hy het niks vergeet nie, dus hoef niemand daarby iets te voeg of daarvan weg te neem nie, nog minder nuwe openbarings te voorsien. Wat ookal vanaf self-verklaarde 'profete' of 'profetesse' kom, het niks met God te doen nie, want dit spruit nie uit God uit nie.
Elke openbaring wat van God kom, sal altyd ooreenstem met die getuienis van die Heilige Skrif. So het ons, as feilbare mense, toegang tot die onfeilbare Woord. Die Heilige Gees, wat die skrywers gelei en geïnspireer het, lei ook vandag nog in die Waarheid van die Woord.
Die seëngroete aan die sewe gemeentes
Johannes het die sewe gemeentes gegroet, wat God onder die vele gemeentes vir die karakterisering van die sewe sendbriewe gekies, hulle wie Jesus Christus verhef het tot die getroue Getuie, as die Eersgeborene van die dode en as Heerser oor die konings van die aarde: "Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor Sy troon is,
en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen" (verse 4-6).
Dan kondig die siener die sigbare koms van die Here en die begin van Sy koninklike heerskappy aan: "Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!"
Hierdie koms beskryf nie Sy Wederkoms as 'n Bruidegom nie (Matt. 25: 1-13), wanneer Hy Sy eie heimlik sal wegvoer voor die aanbreek van die vreeslike Dag van die Here (IThes. 4: 13-18), maar wel Sy koms wanneer Hy op die troon van Sy heerlikheid sal sit, om eerstens te oordeel (Matt. 25:31) en om ook daarna duisend jaar te heers (Openb. 20:6). Die Komende stel homself só voor: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige". Dit is die getuienis van Jesus.
Die siener staan bekend as die geliefde dissipel van Jesus. Hy noem sy eie verdrukking en die toekomstige Koninklike Heerskappy en die standvastige volharding in Jesus. Hy het die magtige stem van die opgestane Here hoor sê: "… en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is"(vers 11).
Die onvergeetlike ervaring
Daarna sien hy toe die opgestane en verhewe Here as Seun van die mens, in Sy goddelike majesteit tussen die sewe goue kandelaars wandel. "Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.
Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en Sy oë soos 'n vuurvlam,
en Sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en Sy stem soos die stem van baie waters"(verse 12-15). Die sewe goue kandelaars dui aan dat die een nuwe-testamentiese Gemeente deur sewe besondere tydperke gaan.
Die Here het die profeet Moses beveel om 'n goue kandelaar te maak en het aan hom die presiese instruksies gegee, hoe dit gemaak moes word (Ex. 25: 31-40). Die profeet Sagaria getuig: "Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is" (Sag. 4:2). Die oliekan met sy sewe aanvoerpype en die sewe lampe dui simbolies daarop dat die volheid van die Heilige Gees regdeur die sewe periodes van die nuwe-testamentiese Gemeente, altyd nuut toestroom.
"En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou". Die Here het die sewe sterre, wat die sewe engele van die sewe gemeentes is, in Sy hand vasgehou. Hierdie boodskappers van God staan elkeen in 'n direkte, bonatuurlike sending. Mense beoefen geen druk uit op hulle nie; geen raad het enige invloed op hulle nie. Hulle het die SO SPREEK DIE HERE van die Woord vir die Gemeente. Johannes het gesien vanuit die mond van die Seun van die mens "'n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan, en Sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag". Die tweesnydende swaard is die Woord van God, wat uit die mond van die Here uitgaan.
Wie die beskrywing van die Seun van die mensnoukeurig lees, sal aanvoel hoe oorweldig die siener moes gewees het. Verder berig hy: "En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan Sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood".As die Here getoon word as Seun van die mens, dan gebeur dit in Sy verbinding as Profeet; word Hy na verwys as Seun van God, word dit in Sy verbinding as Verlosser gewys; word Hy beskryf as Seun van Dawid, staan dit in verbinding met Hom as Koning.
In die eerste hoofstuk van Openbaring vind ons die volledige onthulling van Jesus Christus, in wie al die skatte van wysheid en kennis van God verborge is (Kol. 2:3), waardeur Hy ook aan ons openbaar word. Aan die begin is die allesomvattende woorde: "Die openbaring van Jesus Christus".
"Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van Sy engel aan Sy dienskneg Johannes deur tekens te kenne gegee het,
wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus — alles wat hy gesien het.
Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby" (Opbr. 1:1-3).
Deur die sending van "Sy engel", het Johannes hierdie goddelike openbaring op 'n bonatuurlike wyse ontvang. In die algemeen is engele dienende geeste (Heb. 1:14), wat by spesiale aangeleenthede in menslike gestalte sigbaar verskyn. In hoofstuk 22, verse 8-9, praat Johannes van die oorweldigende effek van hierdie bonatuurlike ervaring. Toe hy egter voor die engel neerval om hom te aanbid, het dié vir hom gesê: "Moenie! want ek is 'n mededienskneg van jou en van jou broeders, die profete, en van hulle wat die woorde van hierdie boek bewaar. Aanbid God!"
Volgens Lukas 1, verse 11-20, het die engel Gabriël aan Sagaría die vreugdevolle boodskap oor die komende geboorte van Johannes die Doper gebring. Soos in verse 26-38 gemeld, vind ons later dieselfde engel by Maria om die geboorte van Jesus Christus aan te kondig. In Lukas 2 het 'n engel aan die herders op die vlaktes van Betlehem, die groot gebeurtenis bekendgemaak en die hemelse leërskare in koorgesang hier op aarde hoorbaar was: "Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense 'n welbehae!" (vv. 8-14).
Die voorkoms van engele word in die Ou- en Nuwe Testamente baie kere van getuig. Dit het altyd met 'n baie spesifieke doel gebeur, wat verbind word met 'n bediening en boodskap. Op die eiland Patmos het dit gebeur met die doel "om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur … want die tyd is naby". Die woordkonsep 'openbaring' kan beter verstaan word as 'onthulling', volgens die Griekse woord 'ΑΠΟΚΑΛΥΨΙΣ' (Apokalips) in die basiese teks.
In hierdie laaste boek van die Bybel word baie belangrike vooruitsprekinge en gebeurenisse onthul wat veral in die eindtyd van besondere betekenis is. Die saligsprekinge is van toepassing op die lesers, die luisteraars en die wat die woorde van hierdie profetiese boek van Openbaring bewaar. So vind ons dit aan die begin in hoofstuk 1, vers 3, en aan die einde in hoofstuk 22, vers 7. God het daarin Sy hele tot-voleinding-bringende raadsbesluite bekend gemaak. Daarin word die getuienis van God volledig tot 'n slotsom gebring. Die Here het aan alles gedink, Hy het niks vergeet nie, dus hoef niemand daarby iets te voeg of daarvan weg te neem nie, nog minder nuwe openbarings te voorsien. Wat ookal vanaf self-verklaarde 'profete' of 'profetesse' kom, het niks met God te doen nie, want dit spruit nie uit God uit nie.
Elke openbaring wat van God kom, sal altyd ooreenstem met die getuienis van die Heilige Skrif. So het ons, as feilbare mense, toegang tot die onfeilbare Woord. Die Heilige Gees, wat die skrywers gelei en geïnspireer het, lei ook vandag nog in die Waarheid van die Woord.
Die seëngroete aan die sewe gemeentes
Johannes het die sewe gemeentes gegroet, wat God onder die vele gemeentes vir die karakterisering van die sewe sendbriewe gekies, hulle wie Jesus Christus verhef het tot die getroue Getuie, as die Eersgeborene van die dode en as Heerser oor die konings van die aarde: "Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, en van die sewe Geeste wat voor Sy troon is,
en van Jesus Christus, die getroue getuie, die eersgeborene uit die dode en die Owerste oor die konings van die aarde! Aan Hom wat ons liefgehad het en ons van ons sondes gewas het in Sy bloed en ons gemaak het konings en priesters vir Sy God en Vader, aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid! Amen" (verse 4-6).
Dan kondig die siener die sigbare koms van die Here en die begin van Sy koninklike heerskappy aan: "Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!"
Hierdie koms beskryf nie Sy Wederkoms as 'n Bruidegom nie (Matt. 25: 1-13), wanneer Hy Sy eie heimlik sal wegvoer voor die aanbreek van die vreeslike Dag van die Here (IThes. 4: 13-18), maar wel Sy koms wanneer Hy op die troon van Sy heerlikheid sal sit, om eerstens te oordeel (Matt. 25:31) en om ook daarna duisend jaar te heers (Openb. 20:6). Die Komende stel homself só voor: "Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige". Dit is die getuienis van Jesus.
Die siener staan bekend as die geliefde dissipel van Jesus. Hy noem sy eie verdrukking en die toekomstige Koninklike Heerskappy en die standvastige volharding in Jesus. Hy het die magtige stem van die opgestane Here hoor sê: "… en skryf wat jy sien in 'n boek en stuur dit na die sewe gemeentes wat in Asië is" (vers 11).
Die onvergeetlike ervaring
Daarna sien hy toe die opgestane en verhewe Here as Seun van die mens, in Sy goddelike majesteit tussen die sewe goue kandelaars wandel. "Toe draai ek my om, om te sien watter stem met my gespreek het; en toe ek my omgedraai het, sien ek sewe goue kandelaars,
en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met 'n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met 'n goue gordel.
Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en Sy oë soos 'n vuurvlam,
en Sy voete soos blink koper wat gloei soos in 'n oond, en Sy stem soos die stem van baie waters" (verse 12-15). Die sewe goue kandelaars dui aan dat die een nuwe-testamentiese Gemeente deur sewe besondere tydperke gaan.
Die Here het die profeet Moses beveel om 'n goue kandelaar te maak en het aan hom die presiese instruksies gegee, hoe dit gemaak moes word (Ex. 25: 31-40). Die profeet Sagaria getuig: "Ek sien daar 'n kandelaar, heeltemal van goud, en sy oliekan bo-oor hom en sy sewe lampe op hom; telkens sewe aanvoerpype loop na die lampe wat bo-oor hom is" (Sag. 4:2). Die oliekan met sy sewe aanvoerpype en die sewe lampe dui simbolies daarop dat die volheid van die Heilige Gees regdeur die sewe periodes van die nuwe-testamentiese Gemeente, altyd nuut toestroom.
"En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou". Die Here het die sewe sterre, wat die sewe engele van die sewe gemeentes is, in Sy hand vasgehou. Hierdie boodskappers van God staan elkeen in 'n direkte, bonatuurlike sending. Mense beoefen geen druk uit op hulle nie; geen raad het enige invloed op hulle nie. Hulle het die SO SPREEK DIE HERE van die Woord vir die Gemeente. Johannes het gesien vanuit die mond van die Seun van die mens "'n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan, en Sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag". Die tweesnydende swaard is die Woord van God, wat uit die mond van die Here uitgaan.
Wie die beskrywing van die Seun van die mens noukeurig lees, sal aanvoel hoe oorweldig die siener moes gewees het. Verder berig hy: "En toe ek Hom sien, val ek soos 'n dooie aan Sy voete; en Hy het sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste en die lewende; en Ek was dood en kyk, Ek leef tot in alle ewigheid. Amen. En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood". As die Here getoon word as Seun van die mens, dan gebeur dit in Sy verbinding as Profeet; word Hy na verwys as Seun van God, word dit in Sy verbinding as Verlosser gewys; word Hy beskryf as Seun van Dawid , staan dit in verbinding met Hom as Koning.