Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde!

« »

Ons hoef nie breedvoerig op die sewe sendbriewe in te gaan nie; dit was al behandel en almal is min of meer bekend. Eerstens gaan die boodskap altyd uit aan die gemeentelike engel, wat dit dan deurgee aan die hele gemeente. Daarin word lof vir die goeie en teregwysing vir valse leerstellings vervat, ens. Aan die einde van elke brief vind ons die spesiale beloftes vir die oorwinnaars. Dit het nie net betrekking op die plaaslike gemeentes wat by naam genoem word nie, maar is van toepassing op alle gelowiges van die algehele tydsduur van die nuwe-testamentiese Gemeente.

Hierdie sewe bepaalde tydperke is insiggewend bestudeer deur kerkhistorici. Die bekendste onder hulle is Dr. Clarence Larkin, wat in sy boek, "Dispensational Truth", op bladsye 130-132, die genoemde tydperke aangee. Die man van God, William Branham, het dit gebruik toe hy oor die sewe kerkeeue gepraat het en dieselfde tydverdeling word ook hier aangegee.

Die sendbriewe het voorspellende, profetiese karakter en is van heils-gerigte belang. Deurgans die verloop daarvan, is die Opgestane Here die Sprekende en Werkende. In elke sendbrief stel Hy Homself op 'n ander manier voor, maar altyd met 'n gemeentelik-gerigte benadering. Sy moet weet wie Hy is en luister na wat Hy sê. Ook die sewe beloftes wat aan die oorwinnaars gegee word, het onderskeid. By die Wederkoms van die Here is die volledig-geregverdigdes uit alle gemeentelike tydperke, wat aan die eerste opstanding deelneem, byeen om alles wat belowe was, te erf.

Die eerste sendbrief lees: "Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars:

Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

en dat verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.

Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.

Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat".

Daar word hier gepraat van die werk in die koninkryk van God, van die werke en die lydsaamheid van die getroues. Hulle ontvang die getuienis, dat hulle nie die bose, oneerlike werkers kon verduur nie. Dit gaan oor hulle wat voorgegee het dat hulle apostels is maar deur die woordgetroues as leuenaars ontmasker is in daardie eerste gemeente-tydperk.

Paulus het reeds in Handelinge 20, verse 28-32 en in ander plekke daarop gewys dat daar ná sy dood manne sou kom wat die dwaalleer sal bring om dissipels na hulle aan te trek. Hy het die ouderlinge van die Gemeente in hierdie verband vermaan tot waaksaamheid.

Die gelowiges het destyds nog die leringe en die praktyke van die ware apostels van die vroeë christendom in lewende herinnering gehad. Hulle het geweet: Hulle wie nie met die leringe en die praktyke saamgestem het nie, was nabootsers, sonder geregverdigde aansprake. Die afwykings vanaf die oorspronklike het begin met individue wat reeds al in die eerste christelike geslag daar was. Die oorspronklike van die vroeë christelike gemeente, moet egter die maatstaf en die enigste geldige patroon van die ware gelowiges vir alle tye wees en bly.

Verder word die standvastige uithouing en optrede van die gelowiges vir Sy Naam hoogdrawend geprys. Daarna volg die teregwysing omdat baie die brandende liefde opgegee het. Dan is daar 'n oproep tot bekering en om terug te keer na die eerste werke, anders sou die Here self die kandelaar van sy plek af verwyder. Wat beteken 'n kandelaar, as dit geen lig uitstraal nie!? Dan bly daar net die herinnering en 'n dooie vorm oor. Dit word gevolg deur lof vir hul haat van die werke van die Nicolaïete, wat die Here ook gehaat het. Hulle het onderskeid getref tussen die s.g. 'dienende broeders' en die gedienstige volgelinge.

Die belofte aan almal, wie gehoor gee aan wat die Gees aan die gemeentes sê, lui: "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is". Die eerste mense het hul toegang tot die boom van die lewe verloor en was uit die paradys verstoot. Na voltooide verlossing het die ware gelowiges nuwe toegang tot die boom van die lewe en na die paradys (Luk. 23:43).

Die gemeentelike tydsduur van Éfese het gestrek vanaf die begin van die nuwe-testamentiese Gemeente tot ongeveer 170 nC.

Die tweede sendbrief:
Wees getrou tot die dood toe!

In die tweede sendbrief het die Opgestane Homself op die volgende wyse voorgestel: "Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:

Ek ken jou werke en verdrukking en armoede — maar jy is ryk — en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan.

Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood en Ek sal jou die oorwinningskroon van die lewe gee"

Die ware gelowiges van hierdie tydperk het swaar verdrukkings beleef. Aardeliks gesien was hulle armes en is gelaster van diegene wat beweer het dat hulle opregte Jode was, dit wil sê waaragtige gelowiges, maar was inderdaad die 'sinagoge van Satan'. Die Here moedig Sy volgelinge aan met die woorde: "Vrees vir niks wat jy sal ly nie".Die vervolging kom altyd vanaf diegene wat dink dat hulle die enigste is wat reg is, maar dit nie is nie. Ware kinders van God vervolg nie, maar word vervolg (Gal. 4: 28-29).

Die teëstander het daarvan seker gemaak dat hulle in die gevangenis gegooi word en deur groot verdrukking gaan. Die "tien dae" van verdrukking wat in die profetiese woord genoem word, is in die kerkgeskiedenis vasgelê as die tien slegste jare van die christen-vervolging onder Diocletianus vanaf 300 tot 310 nC. Wie onder al hierdie omstandighede tot die dood toe moes verduur en getrou bly, sou die kroon van die lewe ontvang. Die belofte was: "Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie".Die eerste dood vind plaas wanneer die siel die liggaam verlaat, die tweede dood gebeur, wanneer die gees die siel verlaat, na die laaste oordeel.

Die tydsduur van Smyrna het gestrek tot ongeveer 312 nC.

Die derde sendbrief:
Waarskuwing van Bileamisme en Nikolaïtisme

In die derde sendbrief stel die Here Homself op die volgende wyse voor: "Dít sê Hy wat die skerp, tweesnydende swaard het:

Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas My getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.

Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

So het jy ook mense daar wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.

Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond".

Hy weet wie aan Hom behoort en ken ook hul werke, wat hulle doen en waar hulle woon. Teen dié tyd het Satan reeds al die afvallige christendom sy hoofsetel gemaak. In die jaar 325 nC het die Raad van Nicea plaasgevind, waaraan ongeveer 1,500 afgevaardigdes deelgeneem het. Die voorrang wat deur die geestelikes, bo die sogenaamde lekedom geniet was, was dáár veral beklemtoon. Die twee woordvoerders was Athanasius en Arius.

Die Here het dit bekla dat sommige van die gelowiges die "leer van Bíleam" verdra het en dat hulle ook ingestem het tot die "leer van die Nikolaïete". Alhoewel Bileam glad nie aan die volk Israel behoort het nie, kon hy nietemin die Israeliete in die Ou Testament mislei met afgodery en die deur hul vermenging met ander volke. Hierdie Nikolaitiese neiging was 'n gemengde groep en het 'n invloed gehad; die kloof tussen die gelowige luisteraars en die nuwe amptenare in die afvallige kerk het duidelik geword.

Wat in die eerste gemeentelike tydperk nog as "werke van die Nikolaïete" beskou was, was reeds in die derde tydperk aangewys as vasgelegte lering wat die Here gehaat het. Hy roep Sy eie tot bekering, want anders sou Hy die swaard van Sy mond gebruik, naamlik Sy Woord, teen diegene wat daarvandaan afgewyk het.

Die belofte is: "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang". Die Here voed Sy eie met die verborge manna van die geopenbaarde Woord en belowe aan die oorwinnaars 'n nuwe naam.

Die gemeenteperiode van Pergamon strek tot ongeveer 606

Die vierde sendbrief:
Waarskuwing van verleiding deur valse inspirasie

In die vierde sendbrief stel die Here Homself soos volg voor: "Dít sê die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en voete soos glinsterende gouderts:

Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.

Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.

En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.

Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom"

Die gemeente in Thyatira, wat verteenwoordigend was van die ooreenstemmende tydperk, word eerstens geloof vir hul werke, hul liefde, hul getrouheid, bereidwilligheid en geduld. Verder word hulle geestelike groei bevestig. Maar dan praat die Here van die dinge wat Hy nie hou nie en lê die blaam by 'n vrou wat Hy beskryf as "Isébel", wie optree as 'n profetes. Die mees geloofwaardige maar slegste bedrog op die geestelike gebied gebeur deur hulle wat profeteer. Mense glo hulle en kyk op na hulle sonder om te weet watter bedoelings agter hulle verskuild is.

In die nuwe-testamentiese Gemeente het God die vyf-voudige bediening uitsluitlik aan die broeders toevertrou. Daar is werklik dan glad geen God-aangestelde profetesse, apostelinne, leraresse, ens nie. As dit nietemin gebeur dat 'n vrou haarself voordoen as 'n profeet, apostel of leraar, ens, kan dit vasgestel word in die Heilige Skrif, dat Satan, deur haar te misbruik, die gemeente toets. Vroeër of later ondervind almal, in die geestelike ontwaking, net soos met Eva, die uur van versoeking. Paulus het die goddelike orde beklemtoon: "Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het daardeur in oortreding gekom"(ITim. 2: 11-14). Enige vrou wat dink sy is geestelik en haarself van die heerskappy van haar man, soos God dit self gebied het in Genesis 3, onttrek, kom outomaties onder die heerskappy van Satan en word sy werktuig. Soos in die Tuin van Eden, gebeur dit nie in 'n gesprek oor politiek of ander aardse probleme nie, maar altyd met betrekking tot wat God gesê het.

Waar 'n vrou altyd die grense van die Woord oorskry en ander leer oor bybelse onderwerpe, stel sy haarself bo die Skrif en bo haar man. Dit is 'n onmiskenbare teken dat sy op 'n vrome en verborge wyse deur vyandelike magte beheer word en onder valse inspirasie staan. Die apostel het beveel: "Julle vroue moet in die gemeente-samekomste swyg; want dit is hulle nie toegelaat om te spreek nie, maar om onderdanig te wees, soos die wet ook gebied. Maar as hulle iets wil leer — nie: om ander te leer nie — laat hulle tuis hul eggenoot-manne vra" (IKor. 14: 34-35). Aangesien ons te doen het met die ewig-geldige evangelie van Jesus Christus, geld die riglyne wat vanaf die begin tot die einde vasgelê is. Die apostel van God verwys na wat in die Tuin van Eden gebeur het, en wys vroue dan hul plek aan.

Dieselfde vermaninge kom al uit die Ou Testament jeens die volk Israel: "En jy, mensekind, rig jou aangesig teen die dogters van jou volk wat as profetesse optree uit hulle eie hart, en profeteer teen hulle en sê: So spreek die Here Here : Wee die vroue wat bande vaswerk aan al die gewrigte van die hande en sluiers maak oor die hoof van allerhande mense, groot en klein, om siele te vang. Wil julle siele vang van my volk en siele vir julle voordeel in die lewe hou?" (Esé. 13: 17-18). Dit is raadsaam om die hoofstuk tot by die einde te lees en daaruit 'n les vir die toekoms te neem. Vreemd genoeg het daar nog niks verander nie. Dit is die vrouens wat deesdae dink dat hulle geestelik is en andere lesse kan gee, maar hulle is eintlik onder valse inspirasie. Hul vals-geïnspireerde profesieë het die karakter van magiese betowering, wat die dodelike gif van die slang dra, en almal wat na hulle luister, is geestelik gebonde en moet onder die gesag van die naam van Jesus Christus verlos word.

Die dienaars van God, wat die Woord verkondig het, moes beter geweet het om hulle optrede te ken en openbaar te maak. Maar soos Eva destyds na die slang geluister het en Adam ook in die sondeval getrek het, so het hulle ook geval onder die invloed van die vrou Isebel, "wat … my diensknegte … verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet". Uit die konteks blyk dit dat dit nie natuurlike hoerery is nie, maar geestelike hoerery. Vroue wat hulle as profete gedra, sal hulself weerhou om hoerery te pleeg met die diensknegte van God; want hulle sal onmiddellik hul geestelike gesag en invloed oor hulle verloor. Daardie "Isébel" wat terselfdertyd 'n profetes was én as leraar gewerk het, is gevra om berou te hê, en ook diegene wat aan haar verloof geraak het. Die geestelike kinders wat uit hierdie vermenging gekom het, het 'n geestelike dood gesterf.

Maar diegene wat nie verlei was deur die self-verklaarde profetes nie, en dan ook nie haar leer gevolg het nie, was die belofte gegee: "En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf; soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het. En Ek sal hom die môrester gee". Die verlostes sal tesame met hul Verlosser alles erf en in die duisend-jarige Vrederyk oor al die nasies van die wêreld heers.

Die gemeentelike tydsduur van Thyatira het tot ongeveer 1520 gestrek.

Ons hoef nie breedvoerig op die sewe sendbriewe in te gaan nie; dit was al behandel en almal is min of meer bekend. Eerstens gaan die boodskap altyd uit aan die gemeentelike engel, wat dit dan deurgee aan die hele gemeente. Daarin word lof vir die goeie en teregwysing vir valse leerstellings vervat, ens. Aan die einde van elke brief vind ons die spesiale beloftes vir die oorwinnaars. Dit het nie net betrekking op die plaaslike gemeentes wat by naam genoem word nie, maar is van toepassing op alle gelowiges van die algehele tydsduur van die nuwe-testamentiese Gemeente.

Hierdie sewe bepaalde tydperke is insiggewend bestudeer deur kerkhistorici. Die bekendste onder hulle is Dr. Clarence Larkin, wat in sy boek, "Dispensational Truth", op bladsye 130-132, die genoemde tydperke aangee. Die man van God, William Branham, het dit gebruik toe hy oor die sewe kerkeeue gepraat het en dieselfde tydverdeling word ook hier aangegee. 

Die sendbriewe het voorspellende, profetiese karakter en is van heils-gerigte belang. Deurgans die verloop daarvan, is die Opgestane Here die Sprekende en Werkende. In elke sendbrief stel Hy Homself op 'n ander manier voor, maar altyd met 'n gemeentelik-gerigte benadering. Sy moet weet wie Hy is en luister na wat Hy sê. Ook die sewe beloftes wat aan die oorwinnaars gegee word, het onderskeid. By die Wederkoms van die Here is die volledig-geregverdigdes uit alle gemeentelike tydperke, wat aan die eerste opstanding deelneem, byeen om alles wat belowe was, te erf.

Die eerste sendbrief lees: "Dít sê Hy wat die sewe sterre in sy regterhand hou, wat wandel tussen die sewe goue kandelaars:

Ek ken jou werke en jou arbeid en jou lydsaamheid, en dat jy slegte mense nie kan verdra nie; en dat jy dié op die proef gestel het wat sê dat hulle apostels is en dit nie is nie, en hulle leuenaars bevind het;

en dat verdra het en lydsaamheid besit, en ter wille van my Naam gearbei en nie moeg geword het nie.

Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.

Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.

Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat".

Daar word hier gepraat van die werk in die koninkryk van God, van die werke en die lydsaamheid van die getroues. Hulle ontvang die getuienis, dat hulle nie die bose, oneerlike werkers kon verduur nie. Dit gaan oor hulle wat voorgegee het dat hulle apostels is maar deur die woordgetroues as leuenaars ontmasker is in daardie eerste gemeente-tydperk.

Paulus het reeds in Handelinge 20, verse 28-32 en in ander plekke daarop gewys dat daar ná sy dood manne sou kom wat die dwaalleer sal bring om dissipels na hulle aan te trek. Hy het die ouderlinge van die Gemeente in hierdie verband vermaan tot waaksaamheid.

Die gelowiges het destyds nog die leringe en die praktyke van die ware apostels van die vroeë christendom in lewende herinnering gehad. Hulle het geweet: Hulle wie nie met die leringe en die praktyke saamgestem het nie, was nabootsers, sonder geregverdigde aansprake. Die afwykings vanaf die oorspronklike het begin met individue wat reeds al in die eerste christelike geslag daar was. Die oorspronklike van die vroeë christelike gemeente, moet egter die maatstaf en die enigste geldige patroon van die ware gelowiges vir alle tye wees en bly.

Verder word die standvastige uithouing en optrede van die gelowiges vir Sy Naam hoogdrawend geprys. Daarna volg die teregwysing omdat baie die brandende liefde opgegee het. Dan is daar 'n oproep tot bekering en om terug te keer na die eerste werke, anders sou die Here self die kandelaar van sy plek af verwyder. Wat beteken 'n kandelaar, as dit geen lig uitstraal nie!? Dan bly daar net die herinnering en 'n dooie vorm oor. Dit word gevolg deur lof vir hul haat van die werke van die Nicolaïete, wat die Here ook gehaat het. Hulle het onderskeid getref tussen die s.g. 'dienende broeders' en die gedienstige volgelinge.

Die belofte aan almal, wie gehoor gee aan wat die Gees aan die gemeentes sê, lui: "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die boom van die lewe wat binne-in die paradys van God is". Die eerste mense het hul toegang tot die boom van die lewe verloor en was uit die paradys verstoot. Na voltooide verlossing het die ware gelowiges nuwe toegang tot die boom van die lewe en na die paradys (Luk. 23:43).

Die gemeentelike tydsduur van Éfese het gestrek vanaf die begin van die nuwe-testamentiese Gemeente tot ongeveer 170 nC.

Die tweede sendbrief:
Wees getrou tot die dood toe!

In die tweede sendbrief het die Opgestane Homself op die volgende wyse voorgestel: "Dít sê die eerste en die laaste, wat dood was en lewend geword het:

Ek ken jou werke en verdrukking en armoede — maar jy is ryk — en die lastering van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan.

Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood en Ek sal jou die oorwinningskroon van die lewe gee"

Die ware gelowiges van hierdie tydperk het swaar verdrukkings beleef. Aardeliks gesien was hulle armes en is gelaster van diegene wat beweer het dat hulle opregte Jode was, dit wil sê waaragtige gelowiges, maar was inderdaad die 'sinagoge van Satan'. Die Here moedig Sy volgelinge aan met die woorde: "Vrees vir niks wat jy sal ly nie". Die vervolging kom altyd vanaf diegene wat dink dat hulle die enigste is wat reg is, maar dit nie is nie. Ware kinders van God vervolg nie, maar word vervolg (Gal. 4: 28-29).

Die teëstander het daarvan seker gemaak dat hulle in die gevangenis gegooi word en deur groot verdrukking gaan. Die "tien dae" van verdrukking wat in die profetiese woord genoem word, is in die kerkgeskiedenis vasgelê as die tien slegste jare van die christen-vervolging onder Diocletianus vanaf 300 tot 310 nC. Wie onder al hierdie omstandighede tot die dood toe moes verduur en getrou bly, sou die kroon van die lewe ontvang. Die belofte was: "Die wat oorwin, sal deur die tweede dood geen skade ly nie". Die eerste dood vind plaas wanneer die siel die liggaam verlaat, die tweede dood gebeur, wanneer die gees die siel verlaat, na die laaste oordeel.

Die tydsduur van Smyrna het gestrek tot ongeveer 312 nC.

Die derde sendbrief:
Waarskuwing van Bileamisme en Nikolaïtisme

In die derde sendbrief stel die Here Homself op die volgende wyse voor: "Dít sê Hy wat die skerp, tweesnydende swaard het:

Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie, selfs in die dae waarin Ántipas My getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon.

Maar Ek het enkele dinge teen jou: dat jy daar mense het wat vashou aan die leer van Bíleam wat Balak geleer het om 'n struikelblok voor die kinders van Israel te werp, naamlik om afgodsoffers te eet en te hoereer.

So het jy ook mense daar wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat.

Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle oorlog voer met die swaard van my mond".

Hy weet wie aan Hom behoort en ken ook hul werke, wat hulle doen en waar hulle woon. Teen dié tyd het Satan reeds al die afvallige christendom sy hoofsetel gemaak. In die jaar 325 nC het die Raad van Nicea plaasgevind, waaraan ongeveer 1,500 afgevaardigdes deelgeneem het. Die voorrang wat deur die geestelikes, bo die sogenaamde lekedom geniet was, was dáár veral beklemtoon. Die twee woordvoerders was Athanasius en Arius.

Die Here het dit bekla dat sommige van die gelowiges die "leer van Bíleam" verdra het en dat hulle ook ingestem het tot die "leer van die Nikolaïete". Alhoewel Bileam glad nie aan die volk Israel behoort het nie, kon hy nietemin die Israeliete in die Ou Testament mislei met afgodery en die deur hul vermenging met ander volke. Hierdie Nikolaitiese neiging was 'n gemengde groep en het 'n invloed gehad; die kloof tussen die gelowige luisteraars en die nuwe amptenare in die afvallige kerk het duidelik geword.

Wat in die eerste gemeentelike tydperk nog as "werke van die Nikolaïete" beskou was, was reeds in die derde tydperk aangewys as vasgelegte lering wat die Here gehaat het. Hy roep Sy eie tot bekering, want anders sou Hy die swaard van Sy mond gebruik, naamlik Sy Woord, teen diegene wat daarvandaan afgewyk het.

Die belofte is: "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee 'n wit keursteen, en op dié steen 'n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang". Die Here voed Sy eie met die verborge manna van die geopenbaarde Woord en belowe aan die oorwinnaars 'n nuwe naam. 

Die gemeenteperiode van Pergamon strek tot ongeveer 606 

Die vierde sendbrief:
Waarskuwing van verleiding deur valse inspirasie

In die vierde sendbrief stel die Here Homself soos volg voor: "Dít sê die Seun van God wat oë het soos 'n vuurvlam, en voete soos glinsterende gouderts:

Ek ken jou werke en liefde en diens en geloof en jou lydsaamheid en jou werke, en dat die laaste meer is as die eerste.

Maar Ek het enkele dinge teen jou; dat jy die vrou Isébel, wat haarself 'n profetes noem, toelaat om te leer en my diensknegte te verlei om te hoereer en afgodsoffers te eet.

En Ek het haar tyd gegee om haar van haar hoerery te bekeer, en sy het haar nie bekeer nie.

Kyk, Ek werp haar neer op 'n siekbed, en die wat met haar owerspel bedryf, in 'n groot verdrukking, as hulle hul nie van hul werke bekeer nie.

En haar kinders sal Ek sekerlik doodmaak, en al die gemeentes sal weet dat dit Ek is wat niere en harte deursoek, en Ek sal aan elkeen van julle gee volgens sy werke.

En ek sê vir julle en die ander wat in Thiatíre is, almal wat hierdie leer nie het nie, en die wat die dieptes van die Satan, soos hulle dit noem, nie leer ken het nie: Ek sal op julle geen ander las lê nie.

Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom"

Die gemeente in Thyatira, wat verteenwoordigend was van die ooreenstemmende tydperk, word eerstens geloof vir hul werke, hul liefde, hul getrouheid, bereidwilligheid en geduld. Verder word hulle geestelike groei bevestig. Maar dan praat die Here van die dinge wat Hy nie hou nie en lê die blaam by 'n vrou wat Hy beskryf as "Isébel", wie optree as 'n profetes. Die mees geloofwaardige maar slegste bedrog op die geestelike gebied gebeur deur hulle wat profeteer. Mense glo hulle en kyk op na hulle sonder om te weet watter bedoelings agter hulle verskuild is.

In die nuwe-testamentiese Gemeente het God die vyf-voudige bediening uitsluitlik aan die broeders toevertrou. Daar is werklik dan glad geen God-aangestelde profetesse, apostelinne, leraresse, ens nie. As dit nietemin gebeur dat 'n vrou haarself voordoen as 'n profeet, apostel of leraar, ens, kan dit vasgestel word in die Heilige Skrif, dat Satan, deur haar te misbruik, die gemeente toets. Vroeër of later ondervind almal, in die geestelike ontwaking, net soos met Eva, die uur van versoeking. Paulus het die goddelike orde beklemtoon: "Die vrou moet haar in stilte laat leer in alle onderdanigheid. Ek laat die vrou egter nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie, maar sy moet haar stil hou. Want Adam is eerste gemaak, daarna Eva. En Adam is nie verlei nie, maar die vrou het haar laat verlei en het daardeur in oortreding gekom" (ITim. 2: 11-14). Enige vrou wat dink sy is geestelik en haarself van die heerskappy van haar man, soos God dit self gebied het in Genesis 3, onttrek, kom outomaties onder die heerskappy van Satan en word sy werktuig. Soos in die Tuin van Eden, gebeur dit nie in 'n gesprek oor politiek of ander aardse probleme nie, maar altyd met betrekking tot wat God gesê het.