Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof

« »

Die vyfde sendbrief, die aan die gemeente in Sardis, begin met die woorde: "Dit sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterrehet: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, maar jy is dood.

Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.

Onthou dan hoe jy die heilsboodskap ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos 'n dief, en jy sal sekerlik nie weet in watter uur ek op jou afkom nie".

Hierdie gemeente-tydperk kom voor in die begin van die Reformasie. Wat 'n teregwysing word hier uitgespreek! 'n Gemeente kan 'n reputasie het dat hulle lewendig is en eintlik geestelik dood is. Dit is moontlik om 'n skynbaar geestelike lewe te hê, om selfs gawes te kan bewerk, maar slegs die Gees van God is by magte om ‘n goddelike lewe te bewerk. Die salwing met die Gees vind plaas in die geestelike sfeer, en die wedergeboorte deur die Gees vind plaas in die siel.

Dan kom die versoek om wakker te wees en om die wat oorbly, wat op die punt van sterfte is, te versterk omdat hul werke nie volkome voor God gevind is nie. "Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou". Maar selfs in dié dae was daar 'n klein groepie wat verskil het van die breë massa sogenaamde 'gelowiges'. "Maar jy het enkele persone ook in Sardis, wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is".

Die belofte aan haar word nog ‘n keer bevestig: "Wie oorwin sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en sal sy naam bely voor my Vader en voor Sy engele". Die moontlikheid bestaan ​​dat 'n naam wat reeds in die "Boek van die Lewe" is, daaruit geskrap sal word. Uit die "Boek van die Lewe van die Lam", kan 'n naam egter nie uitgewis word nie. Die een het betrekking op die geroepenes, die ander op die uitverkorenes.

Toe Israel afgodediens gedoen het, wou God hulle name van die Boek van die Lewe skrap, maar Moses het in die bresse getree vir die volk. Hy wou versoening doen vir diegene wat deelgeneem het aan die dans rondom die goue kalf; 'n kalf wat hulle as hul god beskryf het. "Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het! Toe het die Here Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek"(Ex. 32: 32-33). Vir alle gelowiges word nie die begin gekroon nie, maar die einde van die pelgrimsreis.

Die gemeente-tydperk van Sardis het gestrek tot ongeveer die jaar 1750.

Die sesde sendbrief:
Die Philadelphia-tydperk
— die tyd van broederliefde

In die sesde sendbrief lui dit as volg: "Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak daar waar niemand sluit nie, en daar sluit waar niemand kan oopmaak nie:

Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.

Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg — Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou (van jou kroon kan beroof) nie".

Hierdie tydperk ná die Reformasie is terselfdertyd die van die oop deur én van broederliefde. Soos die deure van die Babiloniese gevangenis oopgegaan het, het ook die deure vir die verkondiging van die evangelie nou oopgegaan, regoor die wêreld. Ten spyte van die aanvanklike geringe krag, het die getroues aan die Woord vasgehou en die naam van die Here nie ontken nie. Hy het dit so gestel: dat mense van die "Sinagoge van Satan" uitgekom het en hulself in die gemeente, deur die kragtige verkondiging van die evangelie, voor die Here neergewerp.

Soos die Here ook aandui, is hierdie periode direk voor die tyd van versoeking wat oor die hele wêreld sal kom. Hy kondig hier alreeds Sy naderende koms aan en vermaan syne: "Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie".

Die belofte lui soos volg: "Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam".

Die gemeentelike tydsduur van Philadelphia was ongeveer tot die jaar 1900.

Die sewende sendbrief:
Vermaning oor louheid en traagheid

Die laaste, die sewende sendbrief, begin sommer onmiddellik met 'n teregwysing: "Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:

Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie"

In hierdie laaste gemeente-tydperk, wat nie warm of koud nie, maar lou en traag is, dreig die Here, dat Hy diegene wat nie tot Hom bekeer nie, uit Sy mond sal spoeg, wat beteken dat hulle Sy oproep tot die eerste opstanding en die wegraping nie sal hoor nie.

Die misleidende aanname, dat geestelikes alles in oorvloed besit en aan niks gebrek het nie, word deur die Here self met hierdie woorde verwerp: "… en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie". As iemand in die natuurlike arm, blind en naak is, is dit sleg. As hy dit egter nie weet nie, dus nie bewus van sy eie toestand is nie, dan is daar verstandelik iets verkeerd. Geestelik-gesproke is dit presies dieselfde.

Die tragedie in hierdie laaste, misleidende tydperk bestaan daarin dat mense iets voorgee, hulself verbeel en daarvan oortuig, maar wat in wese en in die werklikheid hoegenaamd nie bestaan ​​nie. Volgens die vermaning van die Here aan die gelowiges, aan die einde van die tyd van genade, het hulle glad nie werklik die ware geestelike oordeel nie. Die mens leef in 'n denkbeeldige- en droom wêreld, sonder om te besef dat die Here  se teregwysing geregverdig is. Tog gee Hy nie Sy eie prys nie, Hy klop aan en gee aan hulle die raad "om van My te koop, goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou".

Slegs diegene wat hul eie toestand erken en na die Here kom, sal aanvaar wat Hy voorberei het, tot die salwing van die oë, sodat die goddelike en die koninkryk van God deur openbaring van die gees gesien kan word. Die Here self getuig dat Hy by die deur staan ​​en klop, hoewel daar van Hom gepreek, en gesing word en van daar die geesteswerking en die geestesgawes gepraat word. Die eredienste neem hul eie loop, maar Hy word nie in die gemeentes toegelaat, sodat die Woord aan hulle geopenbaar kan word nie. Sy lankmoedigheid kom egter tot 'n einde.

Daarom wend Hy hom dan, as die kloppende, tot die individue wanneer Hy sê: "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My". Dit is die huidige situasie. Nie hele gemeentes nie, maar die individue in die kerke hoor Sy oproep, aanvaar Sy raad en maak hul hartsdeure oop sodat Hy Sy voorbereide maaltyd saam met hulle kan hou. Die tafel van die Here was nie in een van die vorige tydperke so ryklik gedek soos nou nie.

Wat die belofte betref, is dit die kragtigste van almal: "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het". In Christus het God die begin van die nuwe skepping deur verwekking gemaak; Daarom het Hy Homself in hierdie gemeentelike tydperk voorgestel as die begin van die skepping van God. Almal wat deur God se Gees verwek en wedergebore is (Joh. 3: 3-7; Jak. 1:18; IPet. 1:23; IJoh. 5: 1-4), vorm die Gemeente van eersgeborenes (Heb. 12:23) en is terselfdertyd die nuwe skepping in Christus (IIKor. 5: 17-19) en het met Hom die oorwinning en sit op Sy troon en regeer saam met Hom.

Dit is opvallend dat die SO SPREEK DIE HERE aan die begin van elke sendbrief staan. Aan die einde van elkeen lees ons: "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê". Dit is presies waarop dit neerkom, naamlik om dit te hoor wat die Gees huidiglik sê deur die beloofde en geopenbaarde Woord vir hierdie tyd. Dit is die eintlike boodskap, dit wat nou, en ook in elke ander tydperk in werking was.In die eerste drie sendbriewe staan hierdie uitspraak voordie belofte, in die laaste vier daarinteen staan ​​dit nadie belofte.

In Matthéüs 13 is die Here breedvoerig in Sy uiteensetting oor die behoefte om te hoor en te sien. Hy het diegene se oë wie sien en die ore van die wat hoor, met saligheid geprys. Die oorwinnaars uit alle gemeentelike tydperke bestaan ​​uit diegene wat God se boodskap in hul tyd gehoor, geglo en gehoorsaam het. So bekom hulle dus 'n aandeel in wat God in hul tyd gedoen het. Net so moet ons ook hoor wat die Gees in ons dag deur die tydige boodskap te sê het, om deel te hê aan wat God belowe het en teenwoordiglik doen. Die ware kinders van God hoor nie net 'n boodskapper wat as 'n engel optree en die goddelike boodskap bring nie, maar hoor die SO SPREEK DIE HERE, glo die getuienis van die Woord en word dus so oorwinnaars, wat alles erf.

Die vyfde sendbrief, die aan die gemeente in Sardis, begin met die woorde: "Dit sê Hy wat die sewe Geeste van God en die sewe sterrehet: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef, maar jy is dood.

Wees wakker en versterk die wat oorbly, wat op die punt staan om te sterwe, want ek het jou werke nie volkome voor God gevind nie.

Onthou dan hoe jy die heilsboodskap ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou; as jy dan nie wakker word nie, sal Ek op jou afkom soos 'n dief, en jy sal sekerlik nie weet in watter uur ek op jou afkom nie".

Hierdie gemeente-tydperk kom voor in die begin van die Reformasie. Wat 'n teregwysing word hier uitgespreek! 'n Gemeente kan 'n reputasie het dat hulle lewendig is en eintlik geestelik dood is. Dit is moontlik om 'n skynbaar geestelike lewe te hê, om selfs gawes te kan bewerk, maar slegs die Gees van God is by magte om ‘n goddelike lewe te bewerk. Die salwing met die Gees vind plaas in die geestelike sfeer, en die wedergeboorte deur die Gees vind plaas in die siel.

Dan kom die versoek om wakker te wees en om die wat oorbly, wat op die punt van sterfte is, te versterk omdat hul werke nie volkome voor God gevind is nie. "Onthou dan hoe jy dit ontvang en gehoor het, en bewaar dit en bekeer jou". Maar selfs in dié dae was daar 'n klein groepie wat verskil het van die breë massa sogenaamde 'gelowiges'. "Maar jy het enkele persone ook in Sardis, wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is".

Die belofte aan haar word nog ‘n keer bevestig: "Wie oorwin sal beklee word met wit klere, en Ek sal sy naam nooit uitwis uit die boek van die lewe nie, en sal sy naam bely voor my Vader en voor Sy engele". Die moontlikheid bestaan ​​dat 'n naam wat reeds in die "Boek van die Lewe" is, daaruit geskrap sal word. Uit die "Boek van die Lewe van die Lam", kan 'n naam egter nie uitgewis word nie. Die een het betrekking op die geroepenes, die ander op die uitverkorenes. 

Toe Israel afgodediens gedoen het, wou God hulle name van die Boek van die Lewe skrap, maar Moses het in die bresse getree vir die volk. Hy wou versoening doen vir diegene wat deelgeneem het aan die dans rondom die goue kalf; 'n kalf wat hulle as hul god beskryf het. "Nou dan, as U tog maar hulle sonde wou vergewe! En so nie, delg my dan maar uit u boek wat U geskryf het! Toe het die Here Moses geantwoord: Wie teen My gesondig het, dié sal Ek uitdelg uit my boek" (Ex. 32: 32-33). Vir alle gelowiges word nie die begin gekroon nie, maar die einde van die pelgrimsreis. 

Die gemeente-tydperk van Sardis het gestrek tot ongeveer die jaar 1750.

Die sesde sendbrief:
Die Philadelphia-tydperk
— die tyd van broederliefde

In die sesde sendbrief lui dit as volg: "Dít sê die Heilige, die Waaragtige, wat die sleutel van Dawid het, wat oopmaak daar waar niemand sluit nie, en daar sluit waar niemand kan oopmaak nie:

Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou 'n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie, want jy het min krag en jy het my woord bewaar en my Naam nie verloën nie.

Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar lieg — Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

Omdat jy die woord van my lydsaamheid bewaar het, sal Ek jou ook bewaar in die uur van beproewing wat oor die hele wêreld kom om die bewoners van die aarde op die proef te stel.

Kyk, Ek kom gou! Hou vas wat jy het, sodat niemand jou (van jou kroon kan beroof) nie".

Hierdie tydperk ná die Reformasie is terselfdertyd die van die oop deur én van broederliefde. Soos die deure van die Babiloniese gevangenis oopgegaan het, het ook die deure vir die verkondiging van die evangelie nou oopgegaan, regoor die wêreld. Ten spyte van die aanvanklike geringe krag, het die getroues aan die Woord vasgehou en die naam van die Here nie ontken nie. Hy het dit so gestel: dat mense van die "Sinagoge van Satan" uitgekom het en hulself in die gemeente, deur die kragtige verkondiging van die evangelie, voor die Here neergewerp.

Soos die Here ook aandui, is hierdie periode direk voor die tyd van versoeking wat oor die hele wêreld sal kom. Hy kondig hier alreeds Sy naderende koms aan en vermaan syne: "Hou vas wat jy het, sodat niemand jou kroon kan neem nie".

Die belofte lui soos volg: "Wie oorwin, Ek sal hom 'n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam".

Die gemeentelike tydsduur van Philadelphia was ongeveer tot die jaar 1900.

Die sewende sendbrief:
Vermaning oor louheid en traagheid

Die laaste, die sewende sendbrief, begin sommer onmiddellik met 'n teregwysing: "Dít sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:

Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm!

Maar nou, omdat jy lou is en nie koud of warm nie, sal Ek jou uit my mond spuug.

Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie"

In hierdie laaste gemeente-tydperk, wat nie warm of koud nie, maar lou en traag is, dreig die Here, dat Hy diegene wat nie tot Hom bekeer nie, uit Sy mond sal spoeg, wat beteken dat hulle Sy oproep tot die eerste opstanding en die wegraping nie sal hoor nie.

Die misleidende aanname, dat geestelikes alles in oorvloed besit en aan niks gebrek het nie, word deur die Here self met hierdie woorde verwerp: "… en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie". As iemand in die natuurlike arm, blind en naak is, is dit sleg. As hy dit egter nie weet nie, dus nie bewus van sy eie toestand is nie, dan is daar verstandelik iets verkeerd. Geestelik-gesproke is dit presies dieselfde.

Die tragedie in hierdie laaste, misleidende tydperk bestaan daarin dat mense iets voorgee, hulself verbeel en daarvan oortuig, maar wat in wese en in die werklikheid hoegenaamd nie bestaan ​​nie. Volgens die vermaning van die Here aan die gelowiges, aan die einde van die tyd van genade, het hulle glad nie werklik die ware geestelike oordeel nie. Die mens leef in 'n denkbeeldige- en droom wêreld, sonder om te besef dat die Here  se teregwysing geregverdig is. Tog gee Hy nie Sy eie prys nie, Hy klop aan en gee aan hulle die raad "om van My te koop, goud wat deur vuur gelouter is, sodat jy kan ryk word; en wit klere dat jy jou kan aantrek en die skande van jou naaktheid nie openbaar word nie; en salf om jou oë te salf, sodat jy kan sien. Almal wat Ek liefhet, bestraf en tugtig Ek. Wees dan ywerig en bekeer jou".

Slegs diegene wat hul eie toestand erken en na die Here kom, sal aanvaar wat Hy voorberei het, tot die salwing van die oë, sodat die goddelike en die koninkryk van God deur openbaring van die gees gesien kan word. Die Here self getuig dat Hy by die deur staan ​​en klop, hoewel daar van Hom gepreek, en gesing word en van daar die geesteswerking en die geestesgawes gepraat word. Die eredienste neem hul eie loop, maar Hy word nie in die gemeentes toegelaat, sodat die Woord aan hulle geopenbaar kan word nie. Sy lankmoedigheid kom egter tot 'n einde.

Daarom wend Hy hom dan, as die kloppende, tot die individue wanneer Hy sê: "Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand My stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My". Dit is die huidige situasie. Nie hele gemeentes nie, maar die individue in die kerke hoor Sy oproep, aanvaar Sy raad en maak hul hartsdeure oop sodat Hy Sy voorbereide maaltyd saam met hulle kan hou. Die tafel van die Here was nie in een van die vorige tydperke so ryklik gedek soos nou nie.

Wat die belofte betref, is dit die kragtigste van almal: "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op My troon, soos Ek ook oorwin het en saam met My Vader op Sy troon gaan sit het". In Christus het God die begin van die nuwe skepping deur verwekking gemaak; Daarom het Hy Homself in hierdie gemeentelike tydperk voorgestel as die begin van die skepping van God. Almal wat deur God se Gees verwek en wedergebore is (Joh. 3: 3-7; Jak. 1:18; IPet. 1:23; IJoh. 5: 1-4), vorm die Gemeente van eersgeborenes (Heb. 12:23) en is terselfdertyd die nuwe skepping in Christus (IIKor. 5: 17-19) en het met Hom die oorwinning en sit op Sy troon en regeer saam met Hom.

Dit is opvallend dat die SO SPREEK DIE HERE aan die begin van elke sendbrief staan. Aan die einde van elkeen lees ons: "Wie 'n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê". Dit is presies waarop dit neerkom, naamlik om dit te hoor wat die Gees huidiglik sê deur die beloofde en geopenbaarde Woord vir hierdie tyd. Dit is die eintlike boodskap, dit wat nou, en ook in elke ander tydperk in werking was.  In die eerste drie sendbriewe staan hierdie uitspraak voor die belofte, in die laaste vier daarinteen staan ​​dit na die belofte. 