Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
In hoofstuk 4 sien Johannes 'n geopende deur in die hemel en hoor die magtige stem, wat soos ‘n basuingeklank na hom roep: "Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur".
Hy het toe alreeds die tydsverloop van die Gemeente op aarde gesien. Hiervandaan verder sien hy toe al die ander gebeure, naamlik die duisendjarige Koninkryk, die finale oordeel, die nuwe hemel en die nuwe aarde, vanuit 'n hemelse oogpunt.
Die siener getuig, "En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon" (verse 1b-2). Hy was eintlik in die Gees in die hemel geplaas en kon die op-die-troon-sittende, wat omring was met 'n reënboog, presies beskryf (verse 3-4). So ook het hy die vier en twintig ouderlinge gesien sit op vier en twintig trone. Hulle was in wit geklee en het krone op hul hoofde gedra. Hy het verder ook blitse gesien en stemme en donderslae gehoor kom uit die troon, "... en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand" (vers 5b).
God is net een en het ook net een Heilige Gees, maar hierdie een Gees is werksaam in die sewe tydperke. So word dit in die simbool van die Lam met sewe horings en sewe oë daargestel. Die profeet Jesaja het die Seun van die mens beskryf selfs in hierdie sewevoudige gees-uitstraling: "en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.
En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie"(Jes. 11: 2-3).
Dit gaan oor die sewevoudige geestes-werking in die sewe onderskeie tydperke van die nuwe-testamentiese Gemeente. Ons vind die getal "sewe" verskeie kere in die boek Openbaring. Dit is nou inderdaad gekoppel aan bybelse profesie: sewe gemeentes, sewe engel-boodskappers, sewe beloftes vir die oorwinnaars, sewe seëls, sewe trompette, sewe donderslae, sewe skale, ens. Die getal "sewe" dui voltooiing aan. God het, ná Sy skeppingswerk, gerus op die sewende dag. Die sewende duisendjaar sal die Vrederyk van God op aarde wees (Jesaja 11; Jesaja 65; Openbaring 20, o.a.). Soos die eerste dag ná die sewende dag volg, so kan ook ná die sewende millennium nie 'n agtste volg nie — dit moet terugkeer na die begin, dit wil sê, tyd sal weer in die ewigheid invloei.
Johannes gaan in sy berig-gewing voort: "en voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.
En die eerste lewende wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende wese was soos 'nbul, en die derde lewende wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese was soos 'n arend wat vlieg".
Die profeet Eségiël, wie ook die Here op die troon, omring deur 'n reënboog gesien het, gee in hoofstuk 1 'n gedetailleerde beskrywing van Hom en die vier lewende wesens.
"... en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!"(Openb. 4:8b).
Die vier en twintig ouderlinge, wat al voorheen op hul trone gekroon gesien was, het met die hoogste eerbied voor Hom neergeval wat op die troon sit en wat alleen waardig is, en hulle krone voor die troon gewerp, en uitgeroep: "U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape".
In hoofstuk 4 sien Johannes 'n geopende deur in die hemel en hoor die magtige stem, wat soos ‘n basuingeklank na hom roep: "Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur".
Hy het toe alreeds die tydsverloop van die Gemeente op aarde gesien. Hiervandaan verder sien hy toe al die ander gebeure, naamlik die duisendjarige Koninkryk, die finale oordeel, die nuwe hemel en die nuwe aarde, vanuit 'n hemelse oogpunt.
Die siener getuig, "En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon" (verse 1b-2). Hy was eintlik in die Gees in die hemel geplaas en kon die op-die-troon-sittende, wat omring was met 'n reënboog, presies beskryf (verse 3-4). So ook het hy die vier en twintig ouderlinge gesien sit op vier en twintig trone. Hulle was in wit geklee en het krone op hul hoofde gedra. Hy het verder ook blitse gesien en stemme en donderslae gehoor kom uit die troon, "... en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand"(vers 5b).
God is net een en het ook net een Heilige Gees, maar hierdie een Gees is werksaam in die sewe tydperke. So word dit in die simbool van die Lam met sewe horings en sewe oë daargestel. Die profeet Jesaja het die Seun van die mens beskryf selfs in hierdie sewevoudige gees-uitstraling: "en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.
En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie" (Jes. 11: 2-3).
Dit gaan oor die sewevoudige geestes-werking in die sewe onderskeie tydperke van die nuwe-testamentiese Gemeente. Ons vind die getal "sewe" verskeie kere in die boek Openbaring. Dit is nou inderdaad gekoppel aan bybelse profesie: sewe gemeentes, sewe engel-boodskappers, sewe beloftes vir die oorwinnaars, sewe seëls, sewe trompette, sewe donderslae, sewe skale, ens. Die getal "sewe" dui voltooiing aan. God het, ná Sy skeppingswerk, gerus op die sewende dag. Die sewende duisendjaar sal die Vrederyk van God op aarde wees (Jesaja 11; Jesaja 65; Openbaring 20, o.a.). Soos die eerste dag ná die sewende dag volg, so kan ook ná die sewende millennium nie 'n agtste volg nie — dit moet terugkeer na die begin, dit wil sê, tyd sal weer in die ewigheid invloei.
Johannes gaan in sy berig-gewing voort: "en voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.
En die eerste lewende wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende wese was soos 'n bul, en die derde lewende wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese was soos 'n arend wat vlieg".
Die profeet Eségiël, wie ook die Here op die troon, omring deur 'n reënboog gesien het, gee in hoofstuk 1 'n gedetailleerde beskrywing van Hom en die vier lewende wesens.
"... en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!" (Openb. 4:8b).