Book

Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 26 calendar_month 18. 11. 1996

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Voorwoord 1 Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord 2 Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was 3 HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde! 4 Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof 5 HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel 6 HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls 7 HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig 8 HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode 9 HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine 10 HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee 11 HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond 12 HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies 13 HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang 14 HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring 15 HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes 16 HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas 17 HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God 18 HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry 19 HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon 20 HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam 21 HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk 22 HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes 23 HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk 24 AANHANGSEL - Die 70 jaarweke van Daniel en die huidige gebeurtenisse met Israel in die lig van bybelse profesie 25 Epiloog 26

Kapitola 6

HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel

6 / 26

In hoofstuk 4 sien Johannes 'n geopende deur in die hemel en hoor die magtige stem, wat soos ‘n basuingeklank na hom roep: "Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur".

Hy het toe alreeds die tydsverloop van die Gemeente op aarde gesien. Hiervandaan verder sien hy toe al die ander gebeure, naamlik die duisendjarige Koninkryk, die finale oordeel, die nuwe hemel en die nuwe aarde, vanuit 'n hemelse oogpunt.

Die siener getuig, "En dadelik was ek in die Gees, en kyk, daar staan 'n troon in die hemel en Een sit op die troon" (verse 1b-2). Hy was eintlik in die Gees in die hemel geplaas en kon die op-die-troon-sittende, wat omring was met 'n reënboog, presies beskryf (verse 3-4). So ook het hy die vier en twintig ouderlinge gesien sit op vier en twintig trone. Hulle was in wit geklee en het krone op hul hoofde gedra. Hy het verder ook blitse gesien en stemme en donderslae gehoor kom uit die troon, "... en sewe vuurfakkels wat die sewe Geeste van God is, het voor die troon gebrand" (vers 5b).

God is net een en het ook net een Heilige Gees, maar hierdie een Gees is werksaam in die sewe tydperke. So word dit in die simbool van die Lam met sewe horings en sewe oë daargestel. Die profeet Jesaja het die Seun van die mens beskryf selfs in hierdie sewevoudige gees-uitstraling: "en op Hom sal die Gees van die Here rus, die Gees van wysheid en verstand, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van die vrees van die Here.

En Hy het 'n welgevalle aan die vrees van die Here; en Hy sal nie regspreek na wat sy oë sien nie, en nie oordeel na wat sy ore hoor nie"(Jes. 11: 2-3).

Dit gaan oor die sewevoudige geestes-werking in die sewe onderskeie tydperke van die nuwe-testamentiese Gemeente. Ons vind die getal "sewe" verskeie kere in die boek Openbaring. Dit is nou inderdaad gekoppel aan bybelse profesie: sewe gemeentes, sewe engel-boodskappers, sewe beloftes vir die oorwinnaars, sewe seëls, sewe trompette, sewe donderslae, sewe skale, ens. Die getal "sewe" dui voltooiing aan. God het, ná Sy skeppingswerk, gerus op die sewende dag. Die sewende duisendjaar sal die Vrederyk van God op aarde wees (Jesaja 11; Jesaja 65; Openbaring 20, o.a.). Soos die eerste dag ná die sewende dag volg, so kan ook ná die sewende millennium nie 'n agtste volg nie — dit moet terugkeer na die begin, dit wil sê, tyd sal weer in die ewigheid invloei.

Johannes gaan in sy berig-gewing voort: "en voor die troon was daar 'n see van glas soos kristal, en in die middel van die troon en rondom die troon vier lewende wesens vol oë van voor en van agter.

En die eerste lewende wese was soos 'n leeu, en die tweede lewende wese was soos 'nbul, en die derde lewende wese het 'n gesig gehad soos 'n mens, en die vierde lewende wese was soos 'n arend wat vlieg".

Die profeet Eségiël, wie ook die Here op die troon, omring deur 'n reënboog gesien het, gee in hoofstuk 1 'n gedetailleerde beskrywing van Hom en die vier lewende wesens.

"... en hulle het sonder ophou dag en nag gesê: Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!"(Openb. 4:8b).

Die vier en twintig ouderlinge, wat al voorheen op hul trone gekroon gesien was, het met die hoogste eerbied voor Hom neergeval wat op die troon sit en wat alleen waardig is, en hulle krone voor die troon gewerp, en uitgeroep: "U is waardig, o Here, om te ontvang die heerlikheid en die eer en die krag, want U het alles geskape en deur u wil bestaan hulle en is hulle geskape".

Available translations