Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Die 6de hoofstuk beskryf simbolies die opening en inhoud van die eerste ses seëls. Die sewe seëls is ook alreeds voorheen omvangreiklik behandel. Daarom sal ons dit net kortliks raak, soos ons ook met die sewe sendbriewe gedoen het.
In die eerste vier seëls word ons in elkeen 'n ruiter op 'n perd gewys, maar wat elke keer 'n ander kleur het. Dit is opmerklik in hierdie verband, dat die vier lewende wesens aan die goddelike kant voor die troon staan, maar die vier perderuiters daarinteen, is egter vir die teëstander. 'n Perd het nog altyd konflik in oorlogvoering gesimboliseer. Dit is die teëstander van Christus, wat daarop ingestel is en sy godsdiensveldtog langs die triomfantelike Jesus Christus hier op aarde mededingend ingespan het.
In die profeet Sagaría word die vier perde, wat later voor vier waens ingespan word, beskryf in dieselfde kleure as die vier perde in die vier seëls (Sagaría 2 + 6). Daar het dit gegaan oor die vervolging en verstrooiing van Israel, hier gaan dit oor die vervolging en die vernietiging van die Gemeente. Dieselfde demoniese magte, wat die Romeinse Ryk teen die volk Israel gebruik het, het ook die Gemeente vervolg sedert die begin daarvan. Die nabootser van Christus ry onderskeidelik op die vier verskillende perde, waarvan die kleur die verwikkeling in die betrokke tydperk aandui.
Die profeet Joël beskryf hierdie vernietigende, antichristelike mag as afknyper, treksprinkaan, voetganger en kaalvreter (1:4). Die nuwe-testamentiese Gemeente is die liggaam van Christus in al sy volheid. Hy is die vrug-draende Boom van die Lewe, en ons is in Hom. Hy is die Wynstok, ons is die lote. Die teëstander het, deur die vier ontwikkelingsfases, probeer om die goddelike boom te vernietig, maar God het deur dieselfde profeet belowe om al die jare te vergoed (2:25).
Die eerste 3 seëls is al geskiedenis; die 4de seël strek tot aan die einde van die nuwe-testamentiese Gemeente. Die 5de seël gaan oor die Jode. Die 6de seël dek die oordeelstyd tot aan die einde. Die 7de seël bevat die sewe basuinoordele, wat binne die tyd van die 6de seël val.
Die 1ste seël
Die antichris in sy eerste stadium:
Die onopvallende begin
Toe die Lam die eerste seël oopmaak, het een van die vier lewende wesens soos met 'n donderslag gesê: "Kom kyk!". Johannes berig toe: "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit perd. En hy wat daarop sit, het 'n boog; en aan hom is 'n kroon gegee, en hy het uitgegaan as 'n oorwinnaar en om te oorwin".
Wat agter hierdie prentjie is, sou niemand sonder meer iets in die geringste vermoed nie, totdat dit deur die Heilige Gees geopenbaar word. So is dit met die versluierde antichristelike mag in sy begin stadium. Die wit kleur van die perd dui aan, hoe onskuldig hy homself eers voorgee, en dat dit nog nie bloedbevlek was nie. Hy kon dit nie doen nie, want hy het nog geen wêreldmag besit nie. Aanvanklik het alles baie godsdienstig en 'Christelik' gelyk. Die ruiter word egter ontmasker as 'n bedrieër. Hy het 'n boog gehad, maar geen pyl nie. Dit was dus net iets bedriegliks. In teenstelling met Christus, wie se naam "die Woord van God" is (Openb. 19:13), het die teenstander verder geen naam nie, maar slegs 'n titel.
Die manne wie Paulus aangekondig het, wat vreemde leringe onderrig het, het hulself afgeskei mét die dissipels wat hulle gevolg het (Hand. 20: 29-31). Hierdie rigting het spoedig 'n ander Jesus verkondig, 'n ander evangelie gepreek, en was daarom onder die invloed van 'n ander gees (IIKor. 11: 3-4). Hulle staan buite die Woord van God en die evangelie van Jesus Christus en dus onder die vloek (Gal. 1: 6-9). Daar is ook geen nut om verklarings van apostelskap te maak, of te eis om in Christus se plek op te tree nie (IIKor. 11: 13-15). Die Woord-gebaseerde Gemeente het hierdie verkeerde rigting teenoor die boodskap en praktyke van die vroeë apostels op die proef gestel en bevind dat hulle leuenaars was (Openb. 2:2 o.a.).
Eers toe hierdie verwikkelinge gevorder het tot die onbybelse leerstellinge van die Nicolaïete en hul praktyke in 'n voorsittende hoof van die eerste georganiseerde Christelike godsdiens saamgevat is en deur hom verteenwoordig was, kon 'n kroon op hom geplaas word. Leerstellinge en handelinge kan nie gekroon word nie, net 'n persoon deur wie dit verteenwoordig word. Hy was daarop uit om die ware gelowiges te beveg en te verslaan.
Die verwikkelinge wat ooreenstem met die eerste seël strek tot die eerste paar eeue. Hierdie Woord-afwykende verwikkelinge het op alle vlakke die oorhand gekry, totdat die staatlike en kerklike uiteindelik in die tyd van Konstantyn met geweld verenig is. Van toe af was die Kerk in diens van die staat en die staat in diens van die Kerk. Die eerste seël strek tot in die tydperk van die derde kerk-eeu.
Van die begin af het hierdie anti-christelike mag, wat parallel met die ware Gemeente van Jesus Christus ontwikkel het, homself bevestig. Dit het onopvallend begin met die geloofsbeweging van die Nikolaïete (hfst. 2, vers 6). Johannes het na hierdie anti-christelike verdeeldheid verwys toe hy skryf: "Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie …" (IJoh. 2:19). Afgesonder van die bybelse Gemeente en betower deur die vyand, het hierdie oënskynlike gelowiges aanvanklik rondgedwaal. Later het hulle die geestelik-dooie leer van Bileam (Openb. 2:14) vergekondig, en uiteindelik het die vrou Isébel, wat 'n valse profetes was, hulle geestelike outoriteit geword (Openb. 2:20).
2de seël
Die antichris in die tweede stadium:
Die magsuitoefening en die bloedvergieting
Toe die tweede seël oopgemaak word, het die tweede lewende wese.uitgeroep "Kom kyk!".."En 'n ander perd, 'n vuurrooie het uitgekom en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en 'n groot swaard is aan hom gegee".
Johannes het nie soos in die begin, 'n wit perd gesien nie, maar 'n vuurrooie. Die tyd van vreedsame naasbestaan was uiteindelik verby, nou het hierdie geestelik-godsdienstige rigting sy wêreldse mag ontvang en het die vervolging van die andersgelowes begin. Dit word aangedui met die swaard wat aan hom oorhandig is. Almal wat die verloop van die geskiedenis ken, weet dat daar baie bloed vergiet was deur die blinde fanatisme aan die kant van die georganiseerde godsdiens.
Die ruiter het nie die Woord van God gehad as 'n swaard van die Gees nie, maar as 'n aardse swaard en het aardse mag uitgeoefen. Vrede is van die aarde geneem, nasies en stamme is teen mekaar opgerui in die naam van godsdiens, sodat hulle teen mekaar geveg het. In die tweede fase van hierdie godsdienstige, tog anti-christelike bose mag — gesimboliseer deur die tweede perderuiter — is baie aan vervolging blootgestel. Die rooi kleur van die perd illustreer die bloed van al die martelaars wat hul lewens moes verloor. Die tweede seël val binne die tyd van dwang-kerstening en strek tot in die Middeleeue.
3de seël
Die antichris in die derde stadium:
Die donker tydperk
By die opening van die derde seël roep die derde lewende wese: "Kom kyk!". "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd; en hy wat daarop sit, het 'n skaal in sy hand.
En ek het 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie".
Na die tyd van die groot onderdanigheid en die vervolging van andersgelowiges, het 'n tydperk aangebreek van nog groter ellende. Die dood het sy prooi op die een of ander manier, in oorvloedige mate bereik. Dié donker tydperk word deur die swart perd versinnebeeld. Die ruiter, wie aan homself die mag toegeëien het, het die skaal in sy hand gehou. Die mense was toe heeltemal van hom en van sy welwillendheid afhanklik gemaak. Hy het bepaal wie is wie en wie kry wat en hoeveel. Diegene wat hulle nie aan sy wil onderwerp het nie, moes daarvoor boet — van hulle was daar baie. So het die dood dus 'n oorvloedige buit gemaak.
Uit die beskrywing: "'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning",word aangedui hoe die pryse gestyg het. Die olie en die wyn moes nie beskadig word nie. In 'n figuurlike sin is die olie 'n simbool van die Heilige Gees waardeur elke openbaring van die Woord van God kom. Wyn praat van die stimulasie, die oorweldiging wat 'n ware openbaring by 'n mens veroorsaak. In elk geval moes die bybelse gelowiges baie ontberinge ervaar.
Die derde seël het gestrek oor die tyd van die Reformasie, tot in die agtiende eeu, in die tyd van die verligting toe daar skeiding van kerk en staat gekom het, met die gevolglike beperking van die godsdienstige mag.
4de seël
Die antichris in sy vierde stadium:
Die dood-bringende mengsel
By die opening van die vierde seël het die vierde lewende wese met 'n harde stem geroep: "Kom kyk!". "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde".
Die vierde fase van hierdie uiterlik-christelike, maar eintlik in werklikheid wêreldse supermag, duur tot aan die einde van die laaste kerkeeu.
In hierdie laaste ontwikkelingsfase, wat tot vandag nog bestaan, is die eerste drie verenig. Voeg die eerste drie kleure saam, dan kry jy die vierde. Van die onopvallende begin van die eerste wit perd, van die bloedrooi van die tweede perd, óf van die beduidende swart perd, is daar niks meer te sien nie: aan die einde is alles gemeng en kom hy in hierdie tyd in die laaste perd voor as ondefiniëerbaar, bleek en vaal. Die ruiter self word 'dood' genoem. Geen wonder dat dit geskryf staan: "... en die doderyk het hom gevolg". So gewis soos die goddelike lewe deur Christus kom, so sekerlik kom die geestelike dood deur die antichris en sy godsdienstige stelsel.
In hierdie vierde ruiter word die konstellasie van die eindtyd aan ons beskryf, soos dit nou voor ons oë verskyn. Die mensdom besef nie dat, in die wêreldwye instellinge wat in die seëls beskryf word, alles verenig is: met sy lam-voorkoms word ander vervolg en word die massas oorheers — dominansie op alle terreine. Daar is dan slegs een godsdienstige vorm oor, met geen spoor van die krag van God daarin nie. Die eintlike doel is die uitoefening van wêreldmag onder 'n vrome kleed. Dit word alles duidelik gemaak deur die verhewe ruiter op die perd.
Die eerste vier seëls dek die antichristelike ontwikkelinge vanaf die begin van die Nuwe Testament. Hierdie vier ontwikkelingsfases, was reeds al deur die profeet Joël aangedui, deur die vier kewers wat die vrugteboom van God probeer vernietig het (hoofstuk 1:4), sowel as in die profeet Sagaria, deur die vier perde (hoofstuk 1:8 en 6: 2-5) en met die vier horings (hoofstuk 1: 18-21). Die antichris self, die voorloper van hierdie wêreldinstelling, word illustrerend voorgestel deur die onderskeie ruiters wat die leisels in die hande hou en sodoende die godsdienstige en wêreldlike gebeure aanvoer.
5de seël
Die Joodse martelaars in die verlede
en in die toekoms
By die opening van die vyfde seël word geen oproep van 'n lewende wese meer gehoor nie, omdat hierdie seël nie verband hou met die nuwe-testamentiese Gemeente nie. Die vyfde seël val half in die tydsbestek van die Gemeente, naamlik, betreffende die reeds doodgemaakte Joodse martelaars en aan die ander kant, in die tyd ná die wegraping van die Bruid, wanneer die getal Joodse martelaars in die groot verdrukking voltallig word. Diegene wat tot die nuwe-testamentiese Gemeente behoort, gaan na die paradys as hulle van hier af weggeneem word; die siele van die Joodse martelaars, aan die ander kant, is onder die brandofferaltaar. Hulle kan nog nie in die heerlikheid van God ingaan nie, omdat hulle die versoening in Christus nog nie aangeneem het nie.
"En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die Woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog 'n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees"
Die Jode wat in die verlede doodgemaak was — dink aan almal wat die afgelope 1,500 jaar gedood was, waarvan ses miljoen in ons tyd alleen vermoor was — het nog nie die getuienis van Jesus Christus gehad nie. Hulle het gesterf as draers van die getuienis van die Woord van God, soos Israel dit gekry het. Daarom roep hulle om wraak en vra: "Hoe lank, heilige en waaragtige Here, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?".
Diegene wat waarlik in Christus glo en met God versoen is, moenie wraak neem nie; hulle bid vir hul vervolgers soos hul Verlosser dit gedoen het: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie" (Luk. 23:34), of soos Stéfanus, wie uitgeroep het in gebed, terwyl hy gestenig was deur sy vyande: "Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!"(Hand. 7:60)
Die siele onder die altaar was vermoor weens die Woord van God en ter wille van die getuienis wat hulle as Jode gehad het. Hulle het op die Messias gewag, maar, soos reeds genoem, het hulle nog nie die openbaring gehad dat Jesus Christus van Nasaret, hul Messias was nie. Daarom is hulle nie onder die verlostes van die nuwe-testamentiese Gemeente nie. God stap met die volk Israel 'n spesiale pad, volgens Sy raadsbesluit wat voor die grondlegging van die wêreld ooreengekom is. Op grond van die verbondsluiting, is die volk Israel deur die Here daartoe bestem om getuienis af te lê van Hom, die alleen-ware God, en van Sy Woord.
Bekende kerk-leraars het aangevoer dat God Israel verwerp het en die Gemeente in hul plek geplaas het. Dit is nie bybels nie. God het Israel net tydelik verhard en oë gegee wat nie sien nie, ter wille van ons, sodat ons oë kon oopgaan en ons kon deel aan Sy verlossing. Die God-gegewe roeping en verkiesing van Israel is onherroeplik en waarvoor Hy nie berou kan hê nie (Romeine 11). Die martelaars onder die Jode verkry saligheid, al het hulle nie bekering tot Christus ervaar nie, omdat hulle in die koms van die Messias oortuigend geglo het en daarvoor gewag het.
In die tweede deel van die teks oor die vyfde seël, word aan ons duidelik gesê dat hierdie martelaars 'n wit kleed kry, maar hulle moet 'n kort rukkie geduldig wees, totdat hul mede-diensknegte en broeders voltallig sou wees, wie net soos hulle, ook doodgemaak moet word. Diegene wie aan die nuwe-testamentiese Gemeente behoort, word altyd na verwys as "seuns en dogters"; die Israeliete, daarteenoor, word "diensknegte en diensmaagde" genoem. Hierdie onderskeidelike terminologie vind ons in Handelinge 2, verse 17-18, in verband met die uitstorting van die Heilige Gees op beide groepe, eers op die "seuns en dogters", daarna op die "diensknegte en diensmaagde".
6de seël
'n Blik op die begin van die Dag van die Here
Wêreldwye natuurrampe
Die sesde seël dek die end-fase van die groot verdrukking en lei die Dag van die Here in. Vir 'n beter begrip, 'n algehele oorsig van die aangekondigde gebeurtenisse: Eerstens vind die Wegraping plaas wat die Bruidgemeente die Heerlikheid inneem. Byna terselfdertyd sal die verdragsooreenkoms gesluit word tussen die Vatikaan, Israel, die Palesteinse Bevrydings Organisasie (die PBO) en die Arabiese buurstate, en begin die drie-en-'n-half jaar bediening van die twee profete in Jerusalem. Na die voleinding van hul opdrag, verskyn die 144,000 gelowige Jode op die berg Sion. Die ooreenkoms word dan verbreek, en die twee profete word vermoor. Dit word gevolg deur die drie-en-'n-half-jaar van die groot verdrukking van die Jode (Dan. 7:25), asook die mags-uitoefening van die antichris oor alle volkere (Openb. 13: 5-7).
"En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word" (Matt. 24:29). Omvattende wêreldrampe en veranderinge vind plaas tydens hierdie kort tydsverloop. Die basuin- en toornoordele met die skale, val ook in hierdie heel laaste tydperk. Tydens die sesde seël word hemel én aarde geskud en betrek by die oordeels- en reinigingsproses. Dan sal gebeur, wat die mens nou alreeds vrees: meteoriete val op die aarde, en selfs die hele heelal word geskud.
"En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sakkleed, en die maan het geword soos bloed;
en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos 'n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit".
Op aarde heers daar dan groot verwarring, radeloosheid en wanhoop. Wat die mense nie verwag het nie, kom dan skielik oor die hele aardse sirkel, naamlik dan, dat die tyd van die heidene wat Jerusalem vertrap het, verstryk sal wees (Luk. 21:24).
"En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word" (verse 25-26).
Wanhoop word in die volgende bybelteks uitgedruk: "en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?" (Openb. 6: 15-17).
Die lering dat die Wegraping ná die groot verdrukking is, is onbybels. Ons word vertel dat Jesus kom en "… ons van die toekomstige toorn verlos" (IThes. 1:10b). "... Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus" (IThes. 5:9, ens.).
Die genade van God wat aan die mensdom gegee is tydens die versoening deur die Lam van God, eindig vir ewig en vir altyd wanneer die genadetroon die Regter se troon word. Dan word die stille Lam die Regter. Goddelike woede breek uit in die oorgang na die Dag van die Here, dit sluit in die voorlopige oordeel en die suiwering vóór die duisendjarige Koninkryk. "… die groot dag van Sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?" (Openb. 6:17). Baie bybelgedeeltes vertel ons wat in hierdie konteks sal gebeur. Die sal aarde dan heen en weer swaai soos 'n hangmat, soos Jesaja vooruitgespreek het:
"Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.
Die aarde waggel geheel en al soos 'n dronkaard en swaai heen en weer soos 'n hangmat; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie"(24: 19-20).
In hierdie teks word ons die einde op aarde gewys — die einde met afgryse. Maar soos ander bybelgedeeltes duidelik getuig, sal die hele skepping daarna deel hê van die glorieryke toestand van die duisendjarige koninklike Heerskappy. Wat nie voor God kan bestaan nie, kom tot 'n einde, en wat voor Hom kan bestaan, neem sy plek in. Alles sal weer goed gaan.
Die 6de hoofstuk beskryf simbolies die opening en inhoud van die eerste ses seëls. Die sewe seëls is ook alreeds voorheen omvangreiklik behandel. Daarom sal ons dit net kortliks raak, soos ons ook met die sewe sendbriewe gedoen het.
In die eerste vier seëls word ons in elkeen 'n ruiter op 'n perd gewys, maar wat elke keer 'n ander kleur het. Dit is opmerklik in hierdie verband, dat die vier lewende wesens aan die goddelike kant voor die troon staan, maar die vier perderuiters daarinteen, is egter vir die teëstander. 'n Perd het nog altyd konflik in oorlogvoering gesimboliseer. Dit is die teëstander van Christus, wat daarop ingestel is en sy godsdiensveldtog langs die triomfantelike Jesus Christus hier op aarde mededingend ingespan het.
In die profeet Sagaría word die vier perde, wat later voor vier waens ingespan word, beskryf in dieselfde kleure as die vier perde in die vier seëls (Sagaría 2 + 6). Daar het dit gegaan oor die vervolging en verstrooiing van Israel, hier gaan dit oor die vervolging en die vernietiging van die Gemeente. Dieselfde demoniese magte, wat die Romeinse Ryk teen die volk Israel gebruik het, het ook die Gemeente vervolg sedert die begin daarvan. Die nabootser van Christus ry onderskeidelik op die vier verskillende perde, waarvan die kleur die verwikkeling in die betrokke tydperk aandui.
Die profeet Joël beskryf hierdie vernietigende, antichristelike mag as afknyper, treksprinkaan, voetganger en kaalvreter (1:4). Die nuwe-testamentiese Gemeente is die liggaam van Christus in al sy volheid. Hy is die vrug-draende Boom van die Lewe, en ons is in Hom. Hy is die Wynstok, ons is die lote. Die teëstander het, deur die vier ontwikkelingsfases, probeer om die goddelike boom te vernietig, maar God het deur dieselfde profeet belowe om al die jare te vergoed (2:25).
Die eerste 3 seëls is al geskiedenis; die 4de seël strek tot aan die einde van die nuwe-testamentiese Gemeente. Die 5de seël gaan oor die Jode. Die 6de seël dek die oordeelstyd tot aan die einde. Die 7de seël bevat die sewe basuinoordele, wat binne die tyd van die 6de seël val.
Die 1ste seël
Die antichris in sy eerste stadium:
Die onopvallende begin
Toe die Lam die eerste seël oopmaak, het een van die vier lewende wesens soos met 'n donderslag gesê: "Kom kyk!". Johannes berig toe: "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit perd. En hy wat daarop sit, het 'n boog; en aan hom is 'n kroon gegee, en hy het uitgegaan as 'n oorwinnaar en om te oorwin".
Wat agter hierdie prentjie is, sou niemand sonder meer iets in die geringste vermoed nie, totdat dit deur die Heilige Gees geopenbaar word. So is dit met die versluierde antichristelike mag in sy begin stadium. Die wit kleur van die perd dui aan, hoe onskuldig hy homself eers voorgee, en dat dit nog nie bloedbevlek was nie. Hy kon dit nie doen nie, want hy het nog geen wêreldmag besit nie. Aanvanklik het alles baie godsdienstig en 'Christelik' gelyk. Die ruiter word egter ontmasker as 'n bedrieër. Hy het 'n boog gehad, maar geen pyl nie. Dit was dus net iets bedriegliks. In teenstelling met Christus, wie se naam "die Woord van God" is (Openb. 19:13), het die teenstander verder geen naam nie, maar slegs 'n titel.
Die manne wie Paulus aangekondig het, wat vreemde leringe onderrig het, het hulself afgeskei mét die dissipels wat hulle gevolg het (Hand. 20: 29-31). Hierdie rigting het spoedig 'n ander Jesus verkondig, 'n ander evangelie gepreek, en was daarom onder die invloed van 'n ander gees (IIKor. 11: 3-4). Hulle staan buite die Woord van God en die evangelie van Jesus Christus en dus onder die vloek (Gal. 1: 6-9). Daar is ook geen nut om verklarings van apostelskap te maak, of te eis om in Christus se plek op te tree nie (IIKor. 11: 13-15). Die Woord-gebaseerde Gemeente het hierdie verkeerde rigting teenoor die boodskap en praktyke van die vroeë apostels op die proef gestel en bevind dat hulle leuenaars was (Openb. 2:2 o.a.).
Eers toe hierdie verwikkelinge gevorder het tot die onbybelse leerstellinge van die Nicolaïete en hul praktyke in 'n voorsittende hoof van die eerste georganiseerde Christelike godsdiens saamgevat is en deur hom verteenwoordig was, kon 'n kroon op hom geplaas word. Leerstellinge en handelinge kan nie gekroon word nie, net 'n persoon deur wie dit verteenwoordig word. Hy was daarop uit om die ware gelowiges te beveg en te verslaan.
Die verwikkelinge wat ooreenstem met die eerste seël strek tot die eerste paar eeue. Hierdie Woord-afwykende verwikkelinge het op alle vlakke die oorhand gekry, totdat die staatlike en kerklike uiteindelik in die tyd van Konstantyn met geweld verenig is. Van toe af was die Kerk in diens van die staat en die staat in diens van die Kerk. Die eerste seël strek tot in die tydperk van die derde kerk-eeu.
Van die begin af het hierdie anti-christelike mag, wat parallel met die ware Gemeente van Jesus Christus ontwikkel het, homself bevestig. Dit het onopvallend begin met die geloofsbeweging van die Nikolaïete (hfst. 2, vers 6). Johannes het na hierdie anti-christelike verdeeldheid verwys toe hy skryf: "Hulle het van ons uitgegaan, maar hulle was nie van ons nie …" (IJoh. 2:19). Afgesonder van die bybelse Gemeente en betower deur die vyand, het hierdie oënskynlike gelowiges aanvanklik rondgedwaal. Later het hulle die geestelik-dooie leer van Bileam (Openb. 2:14) vergekondig, en uiteindelik het die vrou Isébel, wat 'n valse profetes was, hulle geestelike outoriteit geword (Openb. 2:20).
2de seël
Die antichris in die tweede stadium:
Die magsuitoefening en die bloedvergieting
Toe die tweede seël oopgemaak word, het die tweede lewende wese.uitgeroep "Kom kyk!".."En 'n ander perd, 'n vuurrooie het uitgekom en aan hom wat daarop sit, is dit gegee om die vrede van die aarde af weg te neem en dat hulle mekaar sou doodmaak; en 'n groot swaard is aan hom gegee".
Johannes het nie soos in die begin, 'n wit perd gesien nie, maar 'n vuurrooie. Die tyd van vreedsame naasbestaan was uiteindelik verby, nou het hierdie geestelik-godsdienstige rigting sy wêreldse mag ontvang en het die vervolging van die andersgelowes begin. Dit word aangedui met die swaard wat aan hom oorhandig is. Almal wat die verloop van die geskiedenis ken, weet dat daar baie bloed vergiet was deur die blinde fanatisme aan die kant van die georganiseerde godsdiens.
Die ruiter het nie die Woord van God gehad as 'n swaard van die Gees nie, maar as 'n aardse swaard en het aardse mag uitgeoefen. Vrede is van die aarde geneem, nasies en stamme is teen mekaar opgerui in die naam van godsdiens, sodat hulle teen mekaar geveg het. In die tweede fase van hierdie godsdienstige, tog anti-christelike bose mag — gesimboliseer deur die tweede perderuiter — is baie aan vervolging blootgestel. Die rooi kleur van die perd illustreer die bloed van al die martelaars wat hul lewens moes verloor. Die tweede seël val binne die tyd van dwang-kerstening en strek tot in die Middeleeue.
3de seël
Die antichris in die derde stadium:
Die donker tydperk
By die opening van die derde seël roep die derde lewende wese: "Kom kyk!". "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n swart perd; en hy wat daarop sit, het 'n skaal in sy hand.
En ek het 'n stem tussen die vier lewende wesens hoor sê: 'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning; en moenie die olie en die wyn beskadig nie".
Na die tyd van die groot onderdanigheid en die vervolging van andersgelowiges, het 'n tydperk aangebreek van nog groter ellende. Die dood het sy prooi op die een of ander manier, in oorvloedige mate bereik. Dié donker tydperk word deur die swart perd versinnebeeld. Die ruiter, wie aan homself die mag toegeëien het, het die skaal in sy hand gehou. Die mense was toe heeltemal van hom en van sy welwillendheid afhanklik gemaak. Hy het bepaal wie is wie en wie kry wat en hoeveel. Diegene wat hulle nie aan sy wil onderwerp het nie, moes daarvoor boet — van hulle was daar baie. So het die dood dus 'n oorvloedige buit gemaak.
Uit die beskrywing: "'n Rantsoen koring vir 'n penning en drie rantsoene gars vir 'n penning", word aangedui hoe die pryse gestyg het. Die olie en die wyn moes nie beskadig word nie. In 'n figuurlike sin is die olie 'n simbool van die Heilige Gees waardeur elke openbaring van die Woord van God kom. Wyn praat van die stimulasie, die oorweldiging wat 'n ware openbaring by 'n mens veroorsaak. In elk geval moes die bybelse gelowiges baie ontberinge ervaar.
Die derde seël het gestrek oor die tyd van die Reformasie, tot in die agtiende eeu, in die tyd van die verligting toe daar skeiding van kerk en staat gekom het, met die gevolglike beperking van die godsdienstige mag.
4de seël
Die antichris in sy vierde stadium:
Die dood-bringende mengsel
By die opening van die vierde seël het die vierde lewende wese met 'n harde stem geroep: "Kom kyk!". "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n vaal perd. En hy wat daarop sit, sy naam is die dood, en die doderyk het hom gevolg. En aan hulle is mag gegee oor die vierde deel van die aarde om dood te maak met swaard en hongersnood en pes en deur die wilde diere van die aarde".
Die vierde fase van hierdie uiterlik-christelike, maar eintlik in werklikheid wêreldse supermag, duur tot aan die einde van die laaste kerkeeu.
In hierdie laaste ontwikkelingsfase, wat tot vandag nog bestaan, is die eerste drie verenig. Voeg die eerste drie kleure saam, dan kry jy die vierde. Van die onopvallende begin van die eerste wit perd, van die bloedrooi van die tweede perd, óf van die beduidende swart perd, is daar niks meer te sien nie: aan die einde is alles gemeng en kom hy in hierdie tyd in die laaste perd voor as ondefiniëerbaar, bleek en vaal. Die ruiter self word 'dood' genoem. Geen wonder dat dit geskryf staan: "... en die doderyk het hom gevolg". So gewis soos die goddelike lewe deur Christus kom, so sekerlik kom die geestelike dood deur die antichris en sy godsdienstige stelsel.
In hierdie vierde ruiter word die konstellasie van die eindtyd aan ons beskryf, soos dit nou voor ons oë verskyn. Die mensdom besef nie dat, in die wêreldwye instellinge wat in die seëls beskryf word, alles verenig is: met sy lam-voorkoms word ander vervolg en word die massas oorheers — dominansie op alle terreine. Daar is dan slegs een godsdienstige vorm oor, met geen spoor van die krag van God daarin nie. Die eintlike doel is die uitoefening van wêreldmag onder 'n vrome kleed. Dit word alles duidelik gemaak deur die verhewe ruiter op die perd.
Die eerste vier seëls dek die antichristelike ontwikkelinge vanaf die begin van die Nuwe Testament. Hierdie vier ontwikkelingsfases, was reeds al deur die profeet Joël aangedui, deur die vier kewers wat die vrugteboom van God probeer vernietig het (hoofstuk 1:4), sowel as in die profeet Sagaria, deur die vier perde (hoofstuk 1:8 en 6: 2-5) en met die vier horings (hoofstuk 1: 18-21). Die antichris self, die voorloper van hierdie wêreldinstelling, word illustrerend voorgestel deur die onderskeie ruiters wat die leisels in die hande hou en sodoende die godsdienstige en wêreldlike gebeure aanvoer.
5de seël
Die Joodse martelaars in die verlede
en in die toekoms
By die opening van die vyfde seël word geen oproep van 'n lewende wese meer gehoor nie, omdat hierdie seël nie verband hou met die nuwe-testamentiese Gemeente nie. Die vyfde seël val half in die tydsbestek van die Gemeente, naamlik, betreffende die reeds doodgemaakte Joodse martelaars en aan die ander kant, in die tyd ná die wegraping van die Bruid, wanneer die getal Joodse martelaars in die groot verdrukking voltallig word. Diegene wat tot die nuwe-testamentiese Gemeente behoort, gaan na die paradys as hulle van hier af weggeneem word; die siele van die Joodse martelaars, aan die ander kant, is onder die brandofferaltaar. Hulle kan nog nie in die heerlikheid van God ingaan nie, omdat hulle die versoening in Christus nog nie aangeneem het nie.
"En toe Hy die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die Woord van God en die getuienis wat hulle gehad het.
En hulle het met 'n groot stem uitgeroep en gesê: Hoe lank, heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?
En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesê dat hulle nog 'n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees"
Die Jode wat in die verlede doodgemaak was — dink aan almal wat die afgelope 1,500 jaar gedood was, waarvan ses miljoen in ons tyd alleen vermoor was — het nog nie die getuienis van Jesus Christus gehad nie. Hulle het gesterf as draers van die getuienis van die Woord van God, soos Israel dit gekry het. Daarom roep hulle om wraak en vra: "Hoe lank, heilige en waaragtige Here, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie?".
Diegene wat waarlik in Christus glo en met God versoen is, moenie wraak neem nie; hulle bid vir hul vervolgers soos hul Verlosser dit gedoen het: "Vader, vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie" (Luk. 23:34), of soos Stéfanus, wie uitgeroep het in gebed, terwyl hy gestenig was deur sy vyande: "Here, reken hulle hierdie sonde nie toe nie!" (Hand. 7:60)
Die siele onder die altaar was vermoor weens die Woord van God en ter wille van die getuienis wat hulle as Jode gehad het. Hulle het op die Messias gewag, maar, soos reeds genoem, het hulle nog nie die openbaring gehad dat Jesus Christus van Nasaret, hul Messias was nie. Daarom is hulle nie onder die verlostes van die nuwe-testamentiese Gemeente nie. God stap met die volk Israel 'n spesiale pad, volgens Sy raadsbesluit wat voor die grondlegging van die wêreld ooreengekom is. Op grond van die verbondsluiting, is die volk Israel deur die Here daartoe bestem om getuienis af te lê van Hom, die alleen-ware God, en van Sy Woord.
Bekende kerk-leraars het aangevoer dat God Israel verwerp het en die Gemeente in hul plek geplaas het. Dit is nie bybels nie. God het Israel net tydelik verhard en oë gegee wat nie sien nie, ter wille van ons, sodat ons oë kon oopgaan en ons kon deel aan Sy verlossing. Die God-gegewe roeping en verkiesing van Israel is onherroeplik en waarvoor Hy nie berou kan hê nie (Romeine 11). Die martelaars onder die Jode verkry saligheid, al het hulle nie bekering tot Christus ervaar nie, omdat hulle in die koms van die Messias oortuigend geglo het en daarvoor gewag het.
In die tweede deel van die teks oor die vyfde seël, word aan ons duidelik gesê dat hierdie martelaars 'n wit kleed kry, maar hulle moet 'n kort rukkie geduldig wees, totdat hul mede-diensknegte en broeders voltallig sou wees, wie net soos hulle, ook doodgemaak moet word. Diegene wie aan die nuwe-testamentiese Gemeente behoort, word altyd na verwys as "seuns en dogters"; die Israeliete, daarteenoor, word "diensknegte en diensmaagde" genoem. Hierdie onderskeidelike terminologie vind ons in Handelinge 2, verse 17-18, in verband met die uitstorting van die Heilige Gees op beide groepe, eers op die "seuns en dogters", daarna op die "diensknegte en diensmaagde".
6de seël
'n Blik op die begin van die Dag van die Here
Wêreldwye natuurrampe
Die sesde seël dek die end-fase van die groot verdrukking en lei die Dag van die Here in. Vir 'n beter begrip, 'n algehele oorsig van die aangekondigde gebeurtenisse: Eerstens vind die Wegraping plaas wat die Bruidgemeente die Heerlikheid inneem. Byna terselfdertyd sal die verdragsooreenkoms gesluit word tussen die Vatikaan, Israel, die Palesteinse Bevrydings Organisasie (die PBO) en die Arabiese buurstate, en begin die drie-en-'n-half jaar bediening van die twee profete in Jerusalem. Na die voleinding van hul opdrag, verskyn die 144,000 gelowige Jode op die berg Sion. Die ooreenkoms word dan verbreek, en die twee profete word vermoor. Dit word gevolg deur die drie-en-'n-half-jaar van die groot verdrukking van die Jode (Dan. 7:25), asook die mags-uitoefening van die antichris oor alle volkere (Openb. 13: 5-7).
"En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word" (Matt. 24:29). Omvattende wêreldrampe en veranderinge vind plaas tydens hierdie kort tydsverloop. Die basuin- en toornoordele met die skale, val ook in hierdie heel laaste tydperk. Tydens die sesde seël word hemel én aarde geskud en betrek by die oordeels- en reinigingsproses. Dan sal gebeur, wat die mens nou alreeds vrees: meteoriete val op die aarde, en selfs die hele heelal word geskud.
"En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son het swart geword soos 'n harige sakkleed, en die maan het geword soos bloed;
en die sterre van die hemel het op die aarde geval, soos 'n vyeboom wat deur 'n groot wind geskud word, sy navye laat afval; en die hemel het weggewyk soos 'n boek wat toegerol word, en al die berge en eilande is uit hulle plekke versit".
Op aarde heers daar dan groot verwarring, radeloosheid en wanhoop. Wat die mense nie verwag het nie, kom dan skielik oor die hele aardse sirkel, naamlik dan, dat die tyd van die heidene wat Jerusalem vertrap het, verstryk sal wees (Luk. 21:24).
"En daar sal tekens wees aan son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun,
en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word" (verse 25-26).
Wanhoop word in die volgende bybelteks uitgedruk: "en die konings van die aarde en die grotes en die rykes en die owerstes oor duisend en die magtiges en al die slawe en al die vrymense het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge,
en vir die berge en die rotse gesê: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?" (Openb. 6: 15-17).
Die lering dat die Wegraping ná die groot verdrukking is, is onbybels. Ons word vertel dat Jesus kom en "… ons van die toekomstige toorn verlos" (IThes. 1:10b). "... Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus" (IThes. 5:9, ens.).
Die genade van God wat aan die mensdom gegee is tydens die versoening deur die Lam van God, eindig vir ewig en vir altyd wanneer die genadetroon die Regter se troon word. Dan word die stille Lam die Regter. Goddelike woede breek uit in die oorgang na die Dag van die Here, dit sluit in die voorlopige oordeel en die suiwering vóór die duisendjarige Koninkryk. "… die groot dag van Sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?" (Openb. 6:17). Baie bybelgedeeltes vertel ons wat in hierdie konteks sal gebeur. Die sal aarde dan heen en weer swaai soos 'n hangmat, soos Jesaja vooruitgespreek het:
"Die aarde word geheel en al verbreek, die aarde is geheel en al aan wankel, die aarde word geheel en al geskud.
Die aarde waggel geheel en al soos 'n dronkaard en swaai heen en weer soos 'n hangmat; en sy oortreding is swaar op hom; en hy sal val en nie weer opstaan nie" (24: 19-20).