Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Die sewende hoofstuk is maklik om te verstaan. In die eerste deel word die verseëling van die 144,000 uit die twaalf stamme van Israel aan ons beskryf en in die tweede helfte, die ontelbare skare uit die nasies wat deur die groot verdrukking sal gaan. In die eerste vers word die vier oordeelsengele getoon wat die vier winde hou, maar wat eers met die sesde basuin losgelaat word (hfst. 9: 14+15).
"En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie"(vers 1). Winde of storms praat van verwoesting en vernietiging. So word dit ook bevestig in die profetiese woord (Sag. 6:5).
Dit gaan eerstens oor die verseëling van die 144,000 vanuit Israel se 12 stamme. Hulle sal aan die voorkop verseël word met die seël van God. Diegene wat aan die Gemeente behoort, dra die Seël van die Gees, wat die Seël van God is, die Heilige Gees (Efé. 1:13; 4:30, o.a.). So het die Gees van God oor die Seun van God, ná Sy doping gekom (Matt. 3:16; ens.), "... want Hom het God, die Vader, verseël" (Joh. 6:27b), dieselfde Gees kom oor al die seuns en dogters van God, wie Hom welgevallig is (Hand. 2: 38-39; IIKor. 1: 21-22; o.a.).
Hierdie gebeurtenis aangaande die 144,000 is simbolies voorgestel deur 'n engel, wat vanaf die sonsopkoms gestuur word en die Seël van God het. Die profeet Eségiël het gesien dat diegene wat gruweldade ly in Jerusalem, op die voorkop gemerk was (Esé. 9: 1-6). Die beskrywing in beide Eségiël én Openbaring toon duidelik dat die verseëling eers moet gebeur. Slegs dan kan die oordeelsengele hul opdrag uitvoer.
"En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie die opdrag gegee was om die aarde en die see aan te rig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie"(Openb. 7: 2+3).
Soos die profetiese woord aan die een kant aandui dat die mense die merk van die dier figuurlik gesproke op die voorkop en op die regterhand sal dra, sal die diensknegte van God, aan die ander kant, die Seël van God op hul voorhoofde dra. Die merk van die dier en die seël van God is nie sigbaar met die natuurlike oog nie. Ook die berekende nommer 666 (hoofstuk 13, vers 18), en ook die vrou met die goue beker met al die godslasterlike name en die opskrif "… die groot Babilon ..." op haar voorkop, kan nie met natuurlike oë in die een of ander woestyn gesien word ry op 'n dier nie. Hier betree ons openbaringsgrond; Dit moet in die grootste mate met geestelike begrip en geestelike taal verbind word (IKor. 2: 13-15). Die Here ken Sy eie (IITim. 2:19), en diegene wat Syne is, ken Hom (Joh. 10:14).
Hierdie teks aangaande die 144,000, moenie geïnterpreteer word dat hulle 'n elite-groep uit die Gemeente, óf dat dit 'n godsdienstige organisasie is nie — dit moet geglo en gelaat word soos dit geskrywe staan: "En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd-vier-en-veertigduisend verseëld uit al die stamme van die kinders van Israel:
uit die stam van Juda twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Gad twaalfduisend verseëldes;
uit die stam van Aser twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Manasse twaalf-duisend verseëldes;
uit die stam van Símeon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Íssaskar twaalfduisend verseëldes;
uit die stam van Sébulon twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalfduisend verseëldes; uit die stam van Benjamin twaalfduisend verseëldes".
In die teks word die twaalf stamme by naam gelys. Daarom moet 'n fout en 'n verkeerde interpretasie uitgesluit word omdat dit nie duideliker gesê kan word nie. Die lering, bekend onder die term "British Israel", dat die tien stamme onder die volkere verlore gegaan het, is heeltemal onbybels, want die heilige Skrif getuig dat al twaalf stamme ten tyde van die verseëling in hul vaderland sal wees.
Die ontelbare skare uit die Groot Verdrukking
Vanaf vers 9 sien Johannes 'n groot menigte van alle volke en tale, "hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;
en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Redding is van onse God wat op die troon sit, en van die Lam!
En al die engele het rondom die troon en die ouderlinge en die vier lewende wesens gestaan, en hulle het voor die troon op hulle aangesig neergeval en God aanbid
en gesê: Amen! Die lof en die heerlikheid en die wysheid en die danksegging en die eer en die krag en die sterkte aan onse God tot in alle ewigheid! Amen" (verse 9-12).
Teenoor hierdie groep wat voor die troon verskyn, ervaar die oorwinnaarsskare, wat weggeraap word, die verwerkliking van die belofte om op die troon te wees. "Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om saam met My te sit op my troon, soos Ek ook oorwin het en saam met my Vader op sy troon gaan sit het" (hoofstuk 3, vers 21). Hulle wie in die verdrukking terugbly, verskyn voor die troon by die oprigting van die duisendjarige Koninkryk.
Hierdie ontelbare menigte sal die Here God in Sy tempel dien; hulle sal nie mét Hom regeer nie:
"Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom?
En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.
Daarom is hulle voor die troon van God en dien Hom dag en nag in sy tempel; en Hy wat op die troon sit, sal bo hulle woon.
Hulle sal nie meer honger en nie meer dors hê nie, en nooit sal die son of enige hitte op hulle val nie;
want die Lam wat in die (midde) van die troon is, sal hulle laat wei en hulle na lewende waterfonteine lei, en God sal alle trane van hulle oë afvee" (verse 13-17).
Die gebruik van die woorde "dag en nag" dui aan dat dit in die tydperk van die duisendjarige Koninkryk is en nie in die ewigheid is nie, wanneer die tydelike begrippe soos 'dag en nag', 'gister en môre', glad nie meer sal bestaan nie. Hierdie ontelbare skare, wat die Here God in Sy tempel bedien, is die verlostes, hulle wie uit die groot verdrukking kom. Die Bruidgemeente is identies met die Nuwe Jerusalem (Openbaring 21, vanaf vers 9) en sal daarin woon. In die Nuwe Jerusalem, as die stad van God, sal daar geen tempel wees nie.
"En 'n tempel het ek nie daarin gesien nie, want die Here God, die Almagtige, is Sy tempel, en die Lam.
En die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp" (Openb. 21: 22+23).
Die groot skare, wat niemand kon tel nie, bestaan uit verloste gelowiges, wie wel gered is deur die bloed van die Lam en wie deur genade wit klere gegee word, maar hulle behoort egter nie tot die weggeraapte eerstelingskare nie. Die verdrukking het hulle nie rein gemaak of saligheid gebring nie — hulle was reeds voorheen gered, maar was egter nie gereed vir die Wegraping nie. Die Verlossing is vir almal wat met God versoen word, ongeag aan watter groepering hulle behoort, en is slegs moontlik deur die bloed van die Lam van God. Goeie werke en verdrukkinge het nog niemand salig gemaak of die ewige lewe gegee nie. In Jesus Christus alleen het God die nuwe verbond geskenk, deur die bloed wat aan die kruis op Gólgota gestort is. Wie daarin glo, ervaar die versoening met God persoonlik en ontvang die ewige lewe.
Die sewende hoofstuk is maklik om te verstaan. In die eerste deel word die verseëling van die 144,000 uit die twaalf stamme van Israel aan ons beskryf en in die tweede helfte, die ontelbare skare uit die nasies wat deur die groot verdrukking sal gaan. In die eerste vers word die vier oordeelsengele getoon wat die vier winde hou, maar wat eers met die sesde basuin losgelaat word (hfst. 9: 14+15).
"En ná hierdie dinge het ek vier engele op die vier hoeke van die aarde sien staan, en hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat geen wind sou waai op die aarde of op die see of teen enige boom nie" (vers 1). Winde of storms praat van verwoesting en vernietiging. So word dit ook bevestig in die profetiese woord (Sag. 6:5).
Dit gaan eerstens oor die verseëling van die 144,000 vanuit Israel se 12 stamme. Hulle sal aan die voorkop verseël word met die seël van God. Diegene wat aan die Gemeente behoort, dra die Seël van die Gees, wat die Seël van God is, die Heilige Gees (Efé. 1:13; 4:30, o.a.). So het die Gees van God oor die Seun van God, ná Sy doping gekom (Matt. 3:16; ens.), "... want Hom het God, die Vader, verseël" (Joh. 6:27b), dieselfde Gees kom oor al die seuns en dogters van God, wie Hom welgevallig is (Hand. 2: 38-39; IIKor. 1: 21-22; o.a.).
Hierdie gebeurtenis aangaande die 144,000 is simbolies voorgestel deur 'n engel, wat vanaf die sonsopkoms gestuur word en die Seël van God het. Die profeet Eségiël het gesien dat diegene wat gruweldade ly in Jerusalem, op die voorkop gemerk was (Esé. 9: 1-6). Die beskrywing in beide Eségiël én Openbaring toon duidelik dat die verseëling eers moet gebeur. Slegs dan kan die oordeelsengele hul opdrag uitvoer.
"En ek het 'n ander engel sien opkom van die opgang van die son, met die seël van die lewende God; en hy het met 'n groot stem geroep na die vier engele aan wie die opdrag gegee was om die aarde en die see aan te rig en gesê: Moenie die aarde of die see of die bome beskadig voordat ons die diensknegte van onse God op hulle voorhoofde verseël het nie" (Openb. 7: 2+3).