Book

Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 26 calendar_month 18. 11. 1996

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Voorwoord 1 Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord 2 Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was 3 HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde! 4 Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof 5 HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel 6 HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls 7 HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig 8 HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode 9 HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine 10 HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee 11 HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond 12 HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies 13 HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang 14 HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring 15 HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes 16 HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas 17 HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God 18 HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry 19 HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon 20 HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam 21 HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk 22 HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes 23 HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk 24 AANHANGSEL - Die 70 jaarweke van Daniel en die huidige gebeurtenisse met Israel in die lig van bybelse profesie 25 Epiloog 26

Kapitola 7

HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls

7 / 26

Hoofstuk 5 begin met die geheimenisvolle boek wat met sewe seëls verseël is, in die hand van die op-die-troon-sittende: "En ek het 'n sterk engel gesien wat met 'n groot stem uitroep: Wie is waardig om die boek oop te maak en sy seëls te breek? En niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde kon die boek oopmaak of daarin kyk nie".

Hierdie proses sal voor ons oë wees soos 'n drama, met verskillende rolle om die gebeurtenis verstaanbaar te maak. Johannes het geween, omdat niemand, of dit nou in die hemel of op aarde, of onder die aarde was, die boek kon oopmaak nie. Toe verneem hy dat daar een is: "… kyk, die Leeuwat uit die stam van Juda is, die wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek".

"En ek het gesien, en kyk, in die middel van die troon en die vier lewende wesens en in die midde van die ouderlinge staan daar 'n Lam asof Hy geslag is, met sewe horings en sewe oë, wat die sewe Geeste van God is wat uitgestuur is oor die hele aarde.

Hy het gekom en die boek geneem uit die regterhand van Hom wat op die troon sit". Die Lam, nie die Leeu nie, het die boek geneem, want hierdie proses is nog in die genade-tyd van die nuwe-testamentiese Gemeente. Enersyds word die Seun van God hier aangedui as 'n Leeu uit die stam van Juda, wat Hom as Koning illustreer. Aan die ander kant het Johannes Hom gesien as 'n Lam, waardeur Hy gesimboliseer word as Verlosser, met betrekking tot die verlostes. Slegs die Lam van God, wie ons verlos het, is waardig om die boek te neem en die seëls te breek, en die geheim-gehoudene in hierdie boek, te openbaar.

"en toe Hy die boek neem, val die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge voor die Lam neer, elkeen met siters en goue skale vol reukwerk, wat die gebede van die heiliges is.

Toe sing hulle 'n nuwe lied en sê: U is waardig, om die boek te neem en sy seëls oop te maak, want u is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie,

en het ons konings en priesters vir onse God gemaak, en ons sal as konings op die aarde heers"

Dit is nie waar dat slegs enkelinge tot die priestersberoep bestem is nie, soos dit in sommige amptelike kerke die geval is. Dit is eerder dat al die verlostes deur God georden is, soos daar geskrywe staan: "... en ons gemaak het konings en priesters vir sy God en Vader ..." (hoofstuk 1, vers 6). "Maar julle is 'n uitverkore geslag, 'n koninklike priesterdom, 'n heilige volk, 'n volk as eiendom verkry ..."(IPet. 2:9a).

Die vier lewende wesens voor die troon het 'n spesiale opdrag wat in verband staan met die verloste Gemeente. Daarom sal hulle, soos ons sal sien, slegs met die oopmaak van die eerste vier seëls genoem word, maar nie in die laaste drie nie. Ook die vier ruiters word slegs in die eerste vier seëls getoon en nie in die laaste drie nie. Bybel-leraars sien die vier-en-twintig ouderlinge ooreenstemmend met die twaalf aartsvaders verteenwoordigend van die Ou Verbond, en die twaalf apostels, as verteenwoordigers van die nuwe-testamentiese Gemeente. Hier word aangedui dat dit handel oor die volledige voltooiing van die gelowiges uit die nasies en oor die twaalf stamme van Israel, met die oog op die Koninklike Heerskappy. Daarom is daar in hierdie konteks geen sprake van die Wegraping en die Bruilofsmaal in die hemelnie, maar eerder van die heerskappy op aarde.

Die hemelse leërskare stem tienduisend keer tienduisend in met die lofsang, soos hy tot dan toe nog nie bekend was nie. Hulle roep uit: "Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof.

En elke skepsel wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde en wat op die see is, en alles wat in hulle is, het ek hoor sê: Aan Hom wat op die troon sit, en aan die Lam kom toe die lof en die eer en die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid!"

Hieruit is dit opsigtelik dat by die verwerkliking en voleinding van die goddelike heilsraadsbesluite, die hele skepping betrokke is en by die lofprysing instem. Dan sal alle skeppinge vanaf die verganklikheid, waaraan sy onderwerp is en waaronder sy sug, verlos en bevry word (Rom. 8: 19-25). Ons kan ons amper nie voorstel, watter sug van verligting die ganse heelal op daardie tydstip sal uitasem nie, die oomblik dat alles van God tot die oorspronklike doel kom en Hy dan universeel lofprysing toegedeel word.

Available translations