Book

Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 26 calendar_month 18. 11. 1996

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Voorwoord 1 Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord 2 Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was 3 HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde! 4 Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof 5 HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel 6 HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls 7 HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig 8 HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode 9 HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine 10 HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee 11 HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond 12 HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies 13 HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang 14 HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring 15 HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes 16 HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas 17 HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God 18 HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry 19 HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon 20 HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam 21 HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk 22 HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes 23 HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk 24 AANHANGSEL - Die 70 jaarweke van Daniel en die huidige gebeurtenisse met Israel in die lig van bybelse profesie 25 Epiloog 26

Kapitola 10

HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine

10 / 26

"En toe die Lamdie sewende seël oopgemaak het, kom daar stilte in die hemel omtrent 'n halfuur lank"(vers 1).

Die eerste ses verse gee 'n presiese weergawe van wat in die sewende seël vervat is en gebeur. In die eerste vers word, deur die skielike stilte in die lug, die oorweldiging oor die ongekende, asemrowende gebeure uitgespreek.

Jesaja getuig van die hemelse leërskare, wat onophoudelik uitroep: "Heilig, heilig, heilig is die Here van die leërskare" (hoofstuk 6, vers 3). Johannes berig dat ook die vier lewende wesens, sonder om op te hou, dag en nag uitgeroep het: "Heilig, heilig, heilig is die Here God, die Almagtige, wat was en wat is en wat kom!" (Openb. 4:8).

By die oopmaak van die sewende seël, is dit plotselings heeltemal stil in die Hemel. Dit is die oomblik van grootste verrassing; die hele hemelse leërskare swyg vir 'n halfuur lank. Dit gebeur op die tydstip wanneer die genadetroon die oordeelstroon word en die toorn van God losbreek. Vir die ganse Hemel is die voleinding van God se in-ewigheid-verwerkte verlossingsplan, 'n groot verrassing.

Soos dit met die vorige seëls was, dat die hele teks van wat daartoe behoort, in dieselfde beskouiing gelees en ingesluit moet word, moet dit dieselfde wees met die laaste seël. Eers vanaf vers 2 word ons vertel wat die sewende behels en wat dan gebeur: "En ek het die sewe engele gesien wat voor God staan, en sewe basuine is aan hulle gegee.

En 'n ander engel het gekom en met 'n goue wierookbak by die altaar gaan staan, en baie reukwerk is aan hom gegee, virdie gebede van al die heiliges op die goue altaar voor die troon van God;

en die rook van die wierook het vir die gebede van die heiliges uit die hand van die engel opgegaan voor God.

En die engel het die wierookbak geneem en dit met vuur van die altaar volgemaak en dit op die aarde gegooi; en daar het stemme gekom en donderslae en weerligte en aardbewing"

Dit is duidelik dat dit op daardie tydstip eintlik oor Israel gaan. Gedurende die tyd van die nuwe-testamentiese Gemeente is Jesus Christus die Middelaar en Voorspraakmaker voor die troon, waarop Hy sy bloed as Hoëpriester aangebied het (Heb. 9: 11-14). Sy hoëpriesterlike bediening word met die Wegraping voltooi, sodra Hy die begenadigdes, vir wie Hy ingetree het, opneem na Homself. Nadat die Bruidgemeente weggeneem is, gaan dit oor Israel. Die gebede van die gelowig-gewordenes uit die twaalf stamme van Israel word ​​nie deur Christus as Middelaar en Hoëpriester, voor die genadetroon van barmhartigheid gebring nie; op daardie stadium vier Hy, as Bruidegom, die bruilofsmaal saam met Sy geliefde Bruid in die Hemel. Die gebede van die wat dan verseël sal word styg op en word deur die engel as wierookwerk versamel en op die goue altaar aangebied.

Sodra die sewe engele wat voor God staan, hul basuine ontvang, word die laaste gebede van gelowig-gewordene Jode in die wierookbak op die goue altaar voor die troon van God gebring. Daarna word die genadetroon verander in die troon van oordeel: die toorn van God breek deur. Dit gaan aangedui word deur die vurige kole wat op die aarde neergewerp word. Op daardie oomblik doen God afstand van aanbidding, want Hy kan nie lofprysing aanvaar en terselfdertyd uiting gee aan Sy uiteindelike toorn nie. Daarom is daar stilte in die hemel.

Wanneer die wierookbak sy goddelike bestemming bereik het, word dit met gloeiende kole vanaf die altaar gevul, wat dan op die aarde neergewerp sal word om aan te dui dat die toorn van God losgebreek het en oor die aarde kom. "En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas" (vers 6). Die genadewerk met die nasies en met Israel is dan voltooi.

Van al die seëls, word dit wat in die sewende bevat is, die duidelikste beskryf; ook bevat dit geen verborge simbole soos die ander nie. 'n 'Spesiale' openbaring oor die sewende seël is dus glad nie 'n nodig nie. Die verbindinge is vollig duidelik en omvattend. Nadat die genade-troon die oordeelstroon geword het, begin die engele op die basuine blaas. So word dit duidelik in die bybelteks uitgedruk. Ons moet onthou dat die basuin-oordele eers kan kom, nadat die verseëling van die 144,000 plaasgevind het (hoofstuk 7).

"En die eerste engel het geblaas, en daar het hael en vuur gekom met bloed gemeng, en dit is op die aarde gegooi. En 'n derde van die bome het verbrand, en al die groen gras het verbrand.

En die tweede engel het geblaas, en iets soos 'n groot berg wat brand met vuur, is in die see gegooi. En 'n derde van die see het bloed geword,

en 'n derde van die lewende skepsele in die see het gesterwe, en 'n derde van die skepe het vergaan.

En die derde engel het geblaas, en 'n groot ster wat soos 'n fakkel brand, het uit die hemel geval, en dit het geval op 'n derde van die riviere en op die waterfonteine.

En die naam van die ster word genoem Alsem; en 'n derde van die waters het als geword, en baie mense wat die water geniet het, het gesterwe, omdat dit bitter geword het.

En die vierde engel het geblaas, en 'n derde van die son is getref en 'n derde van die maan en 'n derde van die sterre, sodat 'n derde van hulle donker sou word en die dag vir sy derde deel nie lig sou gee nie, en die nag net so".

Die eerste vier trompette is teen die natuur gerig. Dit gaan oor gebeure wat presies beskryf word. Nadat die vier engele hul basuine geblaas het, skryf Johannes: "En ek het gesien en gehoor 'n arend wat in die middel van die hemel vlieg, wat met 'n groot stem sê: Wee, wee, wee hulle wat op die aarde woon, vanweë die orige geluide van die basuin van die drie engele wat nog sal blaas!"(vers 13).

Available translations