Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee

« »

"En toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die bek van die afgrond gegee.

En hy het die bek van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het" (vv. 1-3).

Die aankondiging aan die einde van die 8ste hoofstuk is geregverdig, want met die vyfde basuin word die grusame angs uitgebeeld wat mense sal tref wat nie die seël van God dra nie. Soos reeds gesê, het die 144,000 op daardie oomblik reeds die seël van God en bly dus bewaar tydens die basuin-oordele. Volgens die onfeilbare getuienis van die Heilige Skrif, kan die basuin-oordele net plaasvind na die voltooiing van die drie-en-'n-half-jaar bediening van die twee profete. Nog meer: ​​die verseeldes is in Israel wanneer die vyfde basuin geblaas word, naamlik gedurende die vyf maande van helse angs, en bly ongeskonde. Jesaja 26, vers 20:

"Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan"

"En aan hulle is opdrag gegeedat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie" (Openb. 9:4 — vergelyk Openb. 7: 1-8).

Hierdie eienaardige wesens word die krag gegee wat die skerpioene gewoonlik besit. Dit is wesens wat direk uit die hel opstyg; die pyn wat hulle veroorsaak is ondenkbaar. Hierdie pyn is beperk tot vyf maande.

"En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek.

En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug" (verse 5-6).

Hierdie grusame wesens, wat uit die afgrond uit opstyg, word vanaf vers 7 tot 10 beskrywe:

"En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is,

en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.

En hulle borsharnasse was soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen".

"En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon. In Grieks het hy die naam van Apóllion" (v. 11).

Hierdie verskriklike beproewing wat op die goddelose mensdom val, word beskryf as die eerste "wee".

Soos die plae oor Egipte gekom het met Israel se uittog, so word ons in die eerste vier basuin-oordele die plae voor oë gewys wat in daardie tyd oor die natuursal kom.

In die vyfde en sesde basuine leer ons van die pyniging wat die goddelose mensdom dan sal verduur. In die vyfde sal mense die dood soek, maar nie sterf nie; hulle sal hierdie ondenkbare pyn verduur. In die sesde basuin begin die groot sterwing.

Die ses basuin-oordele val chronologies op mekaar en gebeur gedurende die sesde seël. Die enigste uitsondering is die sewende basuin, wat nie 'n oordeel bevat nie, maar die proklamasie van die Koninklike Heerskappy is.

Die sesde basuin — die tweede wee

"En die sesde engel het geblaas, en ek het 'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak" (verse 13-15).

Die Eufraat, waar die vier engele tot op die bestemde oomblik gebind word, vloei deur die hedendaagse Irak. Van daar af, die bakermat van die mensdom, waar die paradys en baie bekende stede geleë was soos Babilon, Haran, Ur in Chaldea, Ninevé, o.a., gaan hierdie groot onaardse leër vanuit die afgrond verrys, en 'n derde deel van die mensdom doodmaak. Aangesien dit 'n wêreldwye aksie is, word die vier engele in hoofstuk 7 aan die vier uithoeke van die aarde getoon. Hier word ons na die presiese geografies ligging heengewys, waarvandaan hierdie grusame verderf oor die mensdom sal begin. Op die groot dag van God sal die aardse leër ook daarvandaan optrek (Openb. 16: 12–16, o.a.).

Die vier engele word in hoofstuk 7 verbied om enige skade aan te rig, totdat die verseëling voltooi is. Hulle word gedurende die sesde basuin vrygelaat, en onder hulle bevel word 'n derde deel van die mensdom dood gemaak. God het die jaar, maand, dag en uur, ja, alles bestem, soos dit in die bybelteks gesê word.

"En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tienduisend maal tienduisend; en ek het hulle getal gehoor.

En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.

Deur hierdie drie plae is 'n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

want hulle mag is in hulle bekke en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle onheil aan"(verse 16-19).

Die taak van die demoniese wesens is om 'n derde van die voorheen-geteisterde mensdom dood te maak. Omdat daar op daardie tydstip geen genade meer is nie, kan die mensdom hulle nie meer bekeer tot God nie. Deur hulle eie vrye keuse moet hulle die noodlot verduur, selfs die dood.

"En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande …"(vers 20).

Soos in die eerste vier basuin-oordele, word daar elke keer 'n derde in die oordeel geraak — een derde van die aarde, die bome, die gras; 'n derde van die see en die geskape wesens daarin; een derde van die waters; 'n derde van die son, die maan en die sterre — dan word dit in die sesde basuin een derde van die mensdom.

Dit is nie toelaatbaar om hierdie bybelgedeelte as 'n vervolging van die Jode te interpreteer nie, en des te minder omdat die reeds verseëlde Jode, soos dit duidelik in die vyfde basuin-oordeel gesê word, glad nie kan aangeraak word nie. Elke woord van God moet so geglo en gelaat word soos dit is. In die teks oor die sesde basuin gaan dit regtig oor 'n derde van die mense op aarde; dit is op die huidige vlak van ses miljard, net twee miljard. Soos reeds gesê, val dit ook in die laaste oordeelstyd, ná die Wegraping van die Bruidgemeente en selfs nadat die 144,000 verseël is. So getuig die Woord van God.

"En toe die vyfde engel blaas, sien ek 'n ster wat uit die hemel op die aarde geval het, en aan hom is die sleutel van die bek van die afgrond gegee.

En hy het die bek van die afgrond oopgemaak, en daar het rook opgekom uit die put soos rook van 'n groot oond, en die son en die lug is deur die rook van die put verduister.

En uit die rook het daar sprinkane uitgekom op die aarde, en aan hulle is mag gegee soos die skerpioene van die aarde mag het"(vv. 1-3).

Die aankondiging aan die einde van die 8ste hoofstuk is geregverdig, want met die vyfde basuin word die grusame angs uitgebeeld wat mense sal tref wat nie die seël van God dra nie. Soos reeds gesê, het die 144,000 op daardie oomblik reeds die seël van God en bly dus bewaar tydens die basuin-oordele. Volgens die onfeilbare getuienis van die Heilige Skrif, kan die basuin-oordele net plaasvind na die voltooiing van die drie-en-'n-half-jaar bediening van die twee profete. Nog meer: ​​die verseeldes is in Israel wanneer die vyfde basuin geblaas word, naamlik gedurende die vyf maande van helse angs, en bly ongeskonde. Jesaja 26, vers 20:

"Kom, my volk, gaan in jou binnekamers en sluit jou deur agter jou toe, verberg jou vir 'n klein oomblik, totdat die grimmigheid verbygaan" 

"En aan hulle is opdrag gegeedat hulle nie die gras van die aarde of enige groenigheid of enige boom moet beskadig nie, maar net alleen die mense wat die seël van God nie op hulle voorhoofde het nie" (Openb. 9:4 — vergelyk Openb. 7: 1-8).

Hierdie eienaardige wesens word die krag gegee wat die skerpioene gewoonlik besit. Dit is wesens wat direk uit die hel opstyg; die pyn wat hulle veroorsaak is ondenkbaar. Hierdie pyn is beperk tot vyf maande.

"En dit is aan hulle gegee, nie om hulle dood te maak nie, maar dat hulle vyf maande lank gepynig sou word; en hulle pyniging was soos die pyniging van 'n skerpioen wanneer hy 'n mens steek.

En in dié dae sal die mense die dood soek en dit nie vind nie; en hulle sal verlang om te sterwe, en die dood sal vir hulle wegvlug"  (verse 5-6).

Hierdie grusame wesens, wat uit die afgrond uit opstyg, word vanaf vers 7 tot 10 beskrywe:

"En die voorkoms van die sprinkane was soos dié van perde wat vir die oorlog toegerus is,

en op hulle koppe was iets soos krone wat net soos goud gelyk het, en hulle gesigte was soos die gesigte van mense.

En hulle het hare gehad soos vrouehare, en hulle tande was soos dié van leeus.

En hulle borsharnasse was soos van yster, en die gedruis van hulle vlerke was soos die gedruis van baie strydwaens met perde wat opruk na die oorlog.

En hulle het sterte gehad soos dié van skerpioene, en daar was angels in hulle sterte, en hulle mag was om die mense vyf maande lank skade aan te doen".

"En hulle het as koning oor hulle die engel van die afgrond; sy naam in Hebreeus is Abáddon. In Grieks het hy die naam van Apóllion" (v. 11).

Hierdie verskriklike beproewing wat op die goddelose mensdom val, word beskryf as die eerste "wee". 

Soos die plae oor Egipte gekom het met Israel se uittog, so word ons in die eerste vier basuin-oordele die plae voor oë gewys wat in daardie tyd oor die natuur sal kom.

In die vyfde en sesde basuine leer ons van die pyniging wat die goddelose mensdom dan sal verduur. In die vyfde sal mense die dood soek, maar nie sterf nie; hulle sal hierdie ondenkbare pyn verduur. In die sesde basuin begin die groot sterwing.

Die ses basuin-oordele val chronologies op mekaar en gebeur gedurende die sesde seël. Die enigste uitsondering is die sewende basuin, wat nie 'n oordeel bevat nie, maar die proklamasie van die Koninklike Heerskappy is. 

Die sesde basuin — die tweede wee

"En die sesde engel het geblaas, en ek het 'n stem gehoor uit die vier horings van die goue altaar wat voor God is,

en dié het aan die sesde engel met die basuin gesê: Maak die vier engele los wat gebind is by die groot rivier, die Eufraat.

Toe is die vier engele losgemaak wat gereed gehou was vir die uur en dag en maand en jaar, om 'n derde van die mense dood te maak" (verse 13-15).

Die Eufraat, waar die vier engele tot op die bestemde oomblik gebind word, vloei deur die hedendaagse Irak. Van daar af, die bakermat van die mensdom, waar die paradys en baie bekende stede geleë was soos Babilon, Haran, Ur in Chaldea, Ninevé, o.a., gaan hierdie groot onaardse leër vanuit die afgrond verrys, en 'n derde deel van die mensdom doodmaak. Aangesien dit 'n wêreldwye aksie is, word die vier engele in hoofstuk 7 aan die vier uithoeke van die aarde getoon. Hier word ons na die presiese geografies ligging heengewys, waarvandaan hierdie grusame verderf oor die mensdom sal begin. Op die groot dag van God sal die aardse leër ook daarvandaan optrek (Openb. 16: 12–16, o.a.).

Die vier engele word in hoofstuk 7 verbied om enige skade aan te rig, totdat die verseëling voltooi is. Hulle word gedurende die sesde basuin vrygelaat, en onder hulle bevel word 'n derde deel van die mensdom dood gemaak. God het die jaar, maand, dag en uur, ja, alles bestem, soos dit in die bybelteks gesê word.

"En die getal van die leërs van perderuiters was twee maal tienduisend maal tienduisend; en ek het hulle getal gehoor.

En só het ek in hierdie gesig die perde gesien en die wat op hulle sit, met vuurrooi en blou en swawelgeel borsharnasse. En die koppe van die perde was soos leeukoppe, en uit hulle bekke het vuur en rook en swawel uitgegaan.

Deur hierdie drie plae is 'n derde van die mense gedood, deur die vuur en deur die rook en deur die swawel wat uit hulle bekke uitgegaan het;

want hulle mag is in hulle bekke en in hulle sterte; want hulle sterte is soos slange en het koppe, en daarmee rig hulle onheil aan" (verse 16-19).

Die taak van die demoniese wesens is om 'n derde van die voorheen-geteisterde mensdom dood te maak. Omdat daar op daardie tydstip geen genade meer is nie, kan die mensdom hulle nie meer bekeer tot God nie. Deur hulle eie vrye keuse moet hulle die noodlot verduur, selfs die dood.

"En die orige mense wat deur hierdie plae nie gedood is nie, het hulle nie bekeer van die werke van hul hande …" (vers 20).