Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Hoofstuk 10 lê tussen die sesde en die sewende basuine, soos hoofstuk 7 voorheen tussen die sesde en sewende seëls getoon was. Ons sal die tiende hoofstuk indringend bespreek. Dit is belangrik dat die tydsberekening van die verloop van gebeure korrek georden word. Die 'sleutelwoord-begrippe', waarvandaan die eintlike feite, naamlik die geskrewe gebeurtenis na vore kom, is altyd van belang.
"En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, met 'n reënboog oor sy hoof; sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur" (vers 1).
In die oorspronklike teks is daar net een stamwoord vir 'n engel sowel as vir 'n boodskapper (ΑΓΓΕΛΩ). Wanneer die Here as 'n Engel verskyn of getoon word, dan is dit altyd in verband met 'n boodskap — 'n aankondiging, 'n kennisgewing. So word ook die diensknegte wat deur Hom gestuur word, wat 'n spesiale boodskap moet bring, net soos na Hom, in die Heilige Skrif verwys as 'n engel of boodskapper (Hag. 1:13; Mal. 3:1; Luk. 7:27; Heb. 13:2; Openbaring 2 + 3, en andere). In die tweede deel van vers 1 van Maleági 3, word die koms van die Here van die leërskare aangekondig as Engel van die verbond wat na Sy tempel kom. Net so word Sy wegbereider 'Sy engel' genoem. Wanneer Hy omring word deur die reënboog, dan is dit in verband met die Verbond. Die reënboog is die teken van die verbond van God met die mensdom (Gen. 9: 8-17).
Die sigbare vorm van die Here God is sedert die Tuin van Eden bekend. Op die berg Sinai het Hy in hierdie vorm gekom om die verbond te sluit met Israel. Sedertdien word Hy ook beskou as Engel van Verbond of Engel van Sy aangesig (Jes. 63:9). Van Moses word berig:
"En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.
En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:
Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob …" (Hand. 7: 30-32).
"Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee" (vers 38).
In die laaste boek van die Ou Testament, in Maleági 3, vers 1, word ons vertel: "Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare". Die eerste deel van hierdie bybelgedeelte word vervul deur die bediening van Johannes die Doper; dit is hoe dit bevestig word in die Nuwe Testament (Matt. 11:10; Mark. 1:2; 7:27). Die tweede deel, met die Engel van die verbond, sal vervul word met Israel, soos duidelik blyk uit die betragting.
Dit is bemerkenswaardig dat die Here op geen stadium in verband met die nuwe-testamentiese Gemeente as 'n Engel van die verbond aangewys word nie, maar slegs met die volk Israel, met die verbondsluiting wat op Sinai plaasgevind het.
Die Here God het nie die opriging van die verbond met die Nuwe Testament Gemeente laat plaasvind in die vorm van 'n engel nie, maar in die mensgewordene Godsopenbaring as Seun. Toe Hy die Nuwe Verbond in Sy bloed met Sy volk sluit (Matt 26: 26-28, o.a.), het Sy gesig nie soos die son geskyn nie. Toe Hy die sondes van die wêreld gedra het, was Hy die man van smarte en het Hy nie 'n gestalte of skoonheid gehad dat 'n mens dit sou begeer nie (Jes. 53). Die reënboog was nie oor Hom op Golgota nie; maar op Sy hoof was 'n doringkroon.
Die korrekte kennis oor hoofstuk 10 is van groot belang. Die Here word hier, nie as Seun van God of Seun van Dawid nie, maar as 'n sterk Engel, verhul in 'n wolk en omring deur 'n reënboog, die verbondboog wat uit die hemel neerdaal. Sy gesig skyn soos die son (Matt.17:2; Openb. 1:16). Dit is opvallend dat die Here hier nie vergesel word van engele of van die verloste menigte nie. Hy verskyn in hierdie geval heeltemal alleen, en laat Sy alles-deurdringende leeu-geroep weerklink. Soos Josef sy broers hom die tweede keer laat herken, toe niemand anders teenwoordig was nie (Gen. 45; Hand. 7:13), sal die Here Sy Bruid op hierdie oomblik by die Bruilofsmaal in die Hemel teruglaat, alleen neerdaal en by die tweede keer aan Sy broers, die Jode, openbaar.
Op daardie tydstip is die geheimenisvolle boek, verseël bly tot die eindtye (Dan. 12:4; Openb. 5), reeds geopen in Sy hand. Dit beteken dat hierdie gebeurtenis in hoofstuk 10 eers kan plaasvind nadat die seëls en die geheimenisvolle boek geopen is.
"... en in Sy hand het hy 'n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land". Die Here is die oorspronklike eienaar van alles wat Hy geskep het. Daar word ook na Hom verwys as die Erfheer oor die nasies (Ps. 82:8). Hier kom Hy en proklameer die oprigting van die koninkryk wat aan Hom behoort. Ons kan alreeds met Joshua die simboliese betekenis nalees: "Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het" (Jos. 1:3).
Die oorspronklike wil van God was om die heerskappy op aarde aan die mensdom te gee. Deur die bose bedrieëry van Satan, bemiddeld deur die slang, is die eerste mense van hierdie hoogste waardigheid beroof en het hulle met die aarde geval en onder die heerskappy van Satan beland. Toe Christus op aarde was, het Satan Hom geneem en al die koninkryke van die wêreld aangebied. Hy het dit egter geweier, want die mens en die ganse skepping moes eers deur Hom teruggekoop word. Daarom was die bloed ter verlossing en versoening op hierdie aarde vergiet. So word ons as erfgename van God en mede-erfgename met Jesus Christus tot ons oorspronklike bestemming teruggeplaas.
Die Here, aan wie land en see behoort, plaas dus Sy voete daarop om te wys dat Hy die heerskappy daarvan oorneem.
"... en Hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul, en toe Hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor"(v. 3).
Die sewe donderslae weerklink nie soos sommige dink nie maar slegs in die konteks, soos dit hier beskryf word. Nóg hul openbaring nóg hul uitinge het iets met die Bruidgemeente te doen. Dit wat die sewe donderslae uiter, sal nie openbaar gemaak word nie, maar sal deur God verwesenlik word. Dit kan onmoontlik na een van die komste, óf die Wederkoms van Jesus Christus verwys. Niemand sal die presiese tydstip, uur en dag weet nie, maar die wat tot die Bruidgemeente behoort, word opgeneem om die Bruidegom te ontmoet. Alle prediking en besprekinge oor die sewe donderslae is nie van God af nie.
Die term "leeu" wat hier op die Here aangewend word, word ook nie één keer gebruik met betrekking tot die nuwe-testamentiese Gemeente nie. Eers by die opening van die geheimenisvolle boek verskyn Hy as die Leeu van die stam van Juda, wat alles oorwin het (Openb. 5:5). Die verskillende dele van die profetiese woord met die sleutelwoord "brul", soos hier in Openbaring 10, werp 'n helder lig op hierdie gebeurtenis wat in verbinding met Israel staan:
"Die Here sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor Sy weiveld; soos druiwetrappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde ..."(Jer. 25:30b).
"Hulle sal agter die Here aan trek; Hy sal brul soos 'n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders van Israel sal met siddering van die seekant aankom"(Hos. 11:10).
"... En die Here brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy Sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die Here sal 'n toevlug wees vir Sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel"(Joël 3:16).
"Die Here brul uit Sion en verhef Sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor"(Amos 1:2).
Wanneer die Here na voltooiing van die bediening van die twee profete, Sy voete op land en see plaas en Sy stem laat weerklink, dan is die 144,000 verseëldes op die Berg van Sion (Openb. 14:1).
Eers sodra die Here soos 'n leeu gebrul het, sal die sewe donderslae — nie sewe predikers nie — hulle stemme laat weerklink.
"En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê: Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie …"(Openb. 10:4).
Wat die sewe donderslae gesê het, was nie in die Boek van profesie opgeneem nie — nie neergeskryf nie, dus is dit nie deel van die Heilige Skrif, die Woord van God, dit wat gelees, gepreek, gehoor en geglo moet word nie (Openb. 1:3). Amen. Die verkondigers is net verplig tot die Woord van God (IITim. 4: 1-5). Ook hou die openbaring van alle verborgenhede slegs verband met die geskrewe Woord. Die 'ongeskrewe' bly 'n verborgenheid van God, wie op die bestemde tyd dit sal doen wat Hy besluit en gepraat het (Deut. 29:29). In die wetgewing in Exodus 20, sowel as in Job, in die Psalms, in Johannes 12 en in Openbaring, word die stem van God soos die slag van donder beskryf.
Diegene wat enigiets by die voltooide getuienis van die Skrif, selfs by die boek van Openbaring toevoeg, staan in bedreiging om die groot Verdrukking deur te gaan en die plae wat daarmee gepaard gaan te verduur (Openb. 22: 18-19). Enige spekulasie — ook oor die sewe donderslae — bly net dit, naamlik 'n vergissing. Alles wat daaroor gepreek en geskryf word, is nutteloos en kom uit diegene wat dit doen se eie verbeelding. In werklikheid weet niemand wat die sewe donderslae behels nie. In Sy alwetendheid het die Here God dit so beskik en hierdie geleentheid gereserveer. Ook in hierdie geval, sal God Sy eie uitlegger wees: Hy sal alles doen dienooreenkomstig dit wat Hy georden het.
Die afgelegde eed is nog 'n sleutelwoord in hierdie groot gebeurtenis.
"En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,
en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen vertraging meer sal wees nie;
maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete"
Die eerste ses engele blaas hul basuine al in hoofstukke 8 en 9. Die uitstaande basuin, die van die sewende engel, word op 'n spesiale manier aangekondig, want dan gebeur daar iets buitengewoons. Die ou-testamentiese formulering "soos Hy aan Sy diensknegte, die profete verkondig het …", wys aan ons eweneens ook daarop dat dit oor Israel gaan en nie oor die nuwe-testamentiese Gemeente nie, die bewoording sou dan anders lui: "Sy apostels en profete"(Efé. 3:5, en andere).
Die profeet Daniël kon ook die einde van die eindtye sien en die engel wat die eed aflê, en het gevra: "Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die vernietiger van die heilige volk geheel beindig het, sal al hierdie dinge vervul word"(Dan. 12: 6+7).
Die ooreenkomste van hierdie twee skrifdele kan nie oor die hoof gesien word nie en moet nie geïgnoreer word nie. In Daniël se tyd het die engel albei hande opgehef — omdat die geopende boekie nog nie in Sy hand was nie — en gesweer by die Ewig-lewende. In Openbaring word berig dat Hy net Sy regter hand na die hemel gelig het, omdat die geheimenisvolle boek in Sy ander hand sal wees, en dan sal sweer by die Ewig-lewende. Dit is aan die profeet Daniël geopenbaar dat dit vanaf die tyd van genoemde swering tot met die direkte einde, waartydens die mag van die vernietiger van die heilige volk dan tot 'n einde sal kom, nog drie-en-'n-half jaar sal wees. Aan Johannes was daar gesê "dat daar geen vertraging meer sal wees nie". Albei is korrek. Van daardie oomblik af begin die 'countdown' — na die einde van hierdie beskawing toe.
Die Here daal neer as die Engel van die Verbond en brul soos 'n leeu, maar daarna openbaar Hy Homself aan die 144,000 as die Lam, wat hulle verlossing aandui. Ook by die opening van die Boek sien ons Hom as Leeu en ook as Lam (hoofstuk 5: 5+6). Die uitverkorenes uit Israel sal Hom dan sien vir wie hulle deurboor het (Sag. 12:10). Na die voltooiing van die bediening van die twee profete sal hulle voltallig op die berg Sion wees. Op dieselfde tyd wanneer Israel die Messias herken, sien hulle deur die oënskynlike mag van die antichris, en die verbond tussen hom en Israel sal verbreek word (Dan. 9:27).
Daarna is daar nog die laaste drie-en-'n-half jaar van die groot verdrukking, tot aan die einde van ons huidige tydsbestek. Volgens Openbaring 11, vers 15, bevat die basuin van die sewende engel, wat in hoofstuk 10 uitgewys word, die aankondiging van die Koninklike Heerskappy, daarom word daar in die konteks van dié sewende engel van die "stem" gepraat. Die eerste ses bevat net oordele — daar is nie 'n aankondiging nie, ook geen stem nie.
So seker soos al die verborgenhede deur 'die stem' van die sewende Gemeente-engel aan die Bruid bekend gemaak en dan tot voleinding gebring word, ná die middernagtelike oproep: "Kyk, die Bruidegom kom, gaan uit, Hom tegemoet!", so seker volg die aankondiging van die koninklike Heerskappy met die geklank van die sewende basuin.
Die sewende Gemeente-engel bring volgens Openbaring 3, verse 11-22, die laaste boodskap van die wederoprigting. Deur sy bediening was al die verborgenhede van die Ou en Nuwe Testamente, vanaf die boeke van Moses, tot met die boek Openbaring, geopenbaar. In Openbaring 10 is daar egter niks van die baie verborgenhede van die Woord, wat aan die einde geopenbaar moet word "... wanneer hy met die basuin sal blaas ..." nie, maar die een "verborgenheid van God", wat dan tot 'n voleinde kom, wat Christus is (Kol. 2: 2b-3), waarin die volledige verwesenliking van die Verlossingsraadsbesluite van God dan voltrekking vind. So het Hy dit vertroulik aan Sy diensknegte, die profete van die Ou Verbond, en ook aan Sy apostels en diensknegte in die Nuwe Testament meegedeel.
Hierdie verborgenheid van God is van die begin af bekend gemaak aan die Gemeente, soos Paulus daarop wys: "En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees ..."(ITim. 3:16, onder andere). Net Israel kon dit nie sien nie. Maar dan sal dit gebeur dat hulle die ondeurgrondelike verborgenheid van God in Christus, hulle Messias, erken. Slegs op daardie oomblik sal dit aan hulle geopenbaar word, en die sluier wat oor hulle harte lê (IIKor. 3: 15-16), sal weggeneem word. Wanneer die sewende engel, soos aangekondig in hoofstuk 10, sy basuin in hoofstuk 11 blaas, sal dit gebeur. Dan word die koninklike Heerskappy uitgeroep, en die verborgenheid van God word voleindig.
Johannes verteer die bittersoet boek
"En die stem wat ek uit die hemel gehoor het, het ‘n tweede keer tot my gespreek en gesê: Gaan, neem die geopende boekie in die hand van die engel wat op die see en op die land staan.
En ek het na die engel gegaan en aan hom gesê: Gee my die boekie. Toe sê hy vir my: Neem en eet dit op, en dit sal jou maag bitter maak, maar in jou mond sal dit soet wees soos heuning.
Toe neem ek die boekie uit die hand van die engel en eet dit op, en in my mond was dit soet soos heuning; maar toe ek dit ingesluk het, het my maag bitter geword.
En hy het vir my gesê: Jy moet weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings" (verse 8-11).
Uit die konteks is dit duidelik wat die relevansie van die eet van die boek is. 'n Soortgelyke ervaring word deur die profeet Eségiël gerapporteer (hfst. 2:8, tot hfst. 3:3). Albei kere word daar simbolies getoon dat manne van God die boekrol, die Woord, moet eet en absorbeer, om dit dan deur te kan gee. Daarna, in opdrag van God, profeteer die siener dan oor die nasies en konings. Let op: hier is nie sprake van die verkondiging van die evangelie nie, maar van profesieë oor die nasies. Daar is 'n groot verskil. Die twee profete in Openbaring 11 sal nie vir die nasies preek nie — hulle sal vir Israel preek, maar profeteer oor die nasies. Die ewige Evangelie word nóú tot 'n getuienis verkondig aan die nasies (Matt. 24:14). Tydens hulle bediening, gaan die SO SPREEK DIE HERE uit aan die nasies van die aarde, wat met swaar plae geteister word.
Hoofstuk 10 lê tussen die sesde en die sewende basuine, soos hoofstuk 7 voorheen tussen die sesde en sewende seëls getoon was. Ons sal die tiende hoofstuk indringend bespreek. Dit is belangrik dat die tydsberekening van die verloop van gebeure korrek georden word. Die 'sleutelwoord-begrippe', waarvandaan die eintlike feite, naamlik die geskrewe gebeurtenis na vore kom, is altyd van belang.
"En ek het 'n ander sterk engel uit die hemel sien neerdaal, bekleed met 'n wolk, met 'n reënboog oor sy hoof; sy aangesig was soos die son, en sy voete soos pilare van vuur" (vers 1).
In die oorspronklike teks is daar net een stamwoord vir 'n engel sowel as vir 'n boodskapper (ΑΓΓΕΛΩ). Wanneer die Here as 'n Engel verskyn of getoon word, dan is dit altyd in verband met 'n boodskap — 'n aankondiging, 'n kennisgewing. So word ook die diensknegte wat deur Hom gestuur word, wat 'n spesiale boodskap moet bring, net soos na Hom, in die Heilige Skrif verwys as 'n engel of boodskapper (Hag. 1:13; Mal. 3:1; Luk. 7:27; Heb. 13:2; Openbaring 2 + 3, en andere). In die tweede deel van vers 1 van Maleági 3, word die koms van die Here van die leërskare aangekondig as Engel van die verbond wat na Sy tempel kom. Net so word Sy wegbereider 'Sy engel' genoem. Wanneer Hy omring word deur die reënboog, dan is dit in verband met die Verbond. Die reënboog is die teken van die verbond van God met die mensdom (Gen. 9: 8-17).
Die sigbare vorm van die Here God is sedert die Tuin van Eden bekend. Op die berg Sinai het Hy in hierdie vorm gekom om die verbond te sluit met Israel. Sedertdien word Hy ook beskou as Engel van Verbond of Engel van Sy aangesig (Jes. 63:9). Van Moses word berig:
"En toe veertig jaar verby was, het 'n Engel van die Here aan hom verskyn in die woestyn van die berg Sinai, in die vuurvlam van 'n doringbos.
En Moses het dit gesien en hom oor die gesig verwonder; en toe hy daarheen gaan om dit te besien, het die stem van die Here tot hom gekom:
Ek is die God van jou vaders, die God van Abraham en die God van Isak en die God van Jakob …" (Hand. 7: 30-32).
"Dit is hy wat in die vergadering in die woestyn was saam met die Engel wat met hom op die berg Sinai gespreek het, en saam met ons vaders; hy het die lewende woorde ontvang om aan ons te gee" (vers 38).
In die laaste boek van die Ou Testament, in Maleági 3, vers 1, word ons vertel: "Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle 'n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die Here van die leërskare". Die eerste deel van hierdie bybelgedeelte word vervul deur die bediening van Johannes die Doper; dit is hoe dit bevestig word in die Nuwe Testament (Matt. 11:10; Mark. 1:2; 7:27). Die tweede deel, met die Engel van die verbond, sal vervul word met Israel, soos duidelik blyk uit die betragting.
Dit is bemerkenswaardig dat die Here op geen stadium in verband met die nuwe-testamentiese Gemeente as 'n Engel van die verbond aangewys word nie, maar slegs met die volk Israel, met die verbondsluiting wat op Sinai plaasgevind het.
Die Here God het nie die opriging van die verbond met die Nuwe Testament Gemeente laat plaasvind in die vorm van 'n engel nie, maar in die mensgewordene Godsopenbaring as Seun. Toe Hy die Nuwe Verbond in Sy bloed met Sy volk sluit (Matt 26: 26-28, o.a.), het Sy gesig nie soos die son geskyn nie. Toe Hy die sondes van die wêreld gedra het, was Hy die man van smarte en het Hy nie 'n gestalte of skoonheid gehad dat 'n mens dit sou begeer nie (Jes. 53). Die reënboog was nie oor Hom op Golgota nie; maar op Sy hoof was 'n doringkroon.
Die korrekte kennis oor hoofstuk 10 is van groot belang. Die Here word hier, nie as Seun van God of Seun van Dawid nie, maar as 'n sterk Engel, verhul in 'n wolk en omring deur 'n reënboog, die verbondboog wat uit die hemel neerdaal. Sy gesig skyn soos die son (Matt.17:2; Openb. 1:16). Dit is opvallend dat die Here hier nie vergesel word van engele of van die verloste menigte nie. Hy verskyn in hierdie geval heeltemal alleen, en laat Sy alles-deurdringende leeu-geroep weerklink. Soos Josef sy broers hom die tweede keer laat herken, toe niemand anders teenwoordig was nie (Gen. 45; Hand. 7:13), sal die Here Sy Bruid op hierdie oomblik by die Bruilofsmaal in die Hemel teruglaat, alleen neerdaal en by die tweede keer aan Sy broers, die Jode, openbaar.
Op daardie tydstip is die geheimenisvolle boek, verseël bly tot die eindtye (Dan. 12:4; Openb. 5), reeds geopen in Sy hand. Dit beteken dat hierdie gebeurtenis in hoofstuk 10 eers kan plaasvind nadat die seëls en die geheimenisvolle boek geopen is.
"... en in Sy hand het hy 'n geopende boekie gehad, en hy het sy regtervoet op die see gesit en sy linkervoet op die land". Die Here is die oorspronklike eienaar van alles wat Hy geskep het. Daar word ook na Hom verwys as die Erfheer oor die nasies (Ps. 82:8). Hier kom Hy en proklameer die oprigting van die koninkryk wat aan Hom behoort. Ons kan alreeds met Joshua die simboliese betekenis nalees: "Elke plek waar julle voetsool op sal trap, dit gee Ek aan julle, soos Ek met Moses gespreek het" (Jos. 1:3).
Die oorspronklike wil van God was om die heerskappy op aarde aan die mensdom te gee. Deur die bose bedrieëry van Satan, bemiddeld deur die slang, is die eerste mense van hierdie hoogste waardigheid beroof en het hulle met die aarde geval en onder die heerskappy van Satan beland. Toe Christus op aarde was, het Satan Hom geneem en al die koninkryke van die wêreld aangebied. Hy het dit egter geweier, want die mens en die ganse skepping moes eers deur Hom teruggekoop word. Daarom was die bloed ter verlossing en versoening op hierdie aarde vergiet. So word ons as erfgename van God en mede-erfgename met Jesus Christus tot ons oorspronklike bestemming teruggeplaas.
Die Here, aan wie land en see behoort, plaas dus Sy voete daarop om te wys dat Hy die heerskappy daarvan oorneem.
"... en Hy het met 'n groot stem uitgeroep soos 'n leeu wat brul, en toe Hy uitgeroep het, het die sewe donderslae hulle stemme laat hoor" (v. 3).
Die sewe donderslae weerklink nie soos sommige dink nie maar slegs in die konteks, soos dit hier beskryf word. Nóg hul openbaring nóg hul uitinge het iets met die Bruidgemeente te doen. Dit wat die sewe donderslae uiter, sal nie openbaar gemaak word nie, maar sal deur God verwesenlik word. Dit kan onmoontlik na een van die komste, óf die Wederkoms van Jesus Christus verwys. Niemand sal die presiese tydstip, uur en dag weet nie, maar die wat tot die Bruidgemeente behoort, word opgeneem om die Bruidegom te ontmoet. Alle prediking en besprekinge oor die sewe donderslae is nie van God af nie.
Die term "leeu" wat hier op die Here aangewend word, word ook nie één keer gebruik met betrekking tot die nuwe-testamentiese Gemeente nie. Eers by die opening van die geheimenisvolle boek verskyn Hy as die Leeu van die stam van Juda, wat alles oorwin het (Openb. 5:5). Die verskillende dele van die profetiese woord met die sleutelwoord "brul", soos hier in Openbaring 10, werp 'n helder lig op hierdie gebeurtenis wat in verbinding met Israel staan:
"Die Here sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor Sy weiveld; soos druiwetrappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde ..." (Jer. 25:30b).
"Hulle sal agter die Here aan trek; Hy sal brul soos 'n leeu. Want Hy sal brul, en die kinders van Israel sal met siddering van die seekant aankom" (Hos. 11:10).
"... En die Here brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy Sy stem, sodat hemel en aarde bewe. Maar die Here sal 'n toevlug wees vir Sy volk en 'n skuilplek vir die kinders van Israel" (Joël 3:16).
"Die Here brul uit Sion en verhef Sy stem uit Jerusalem, sodat die weivelde van die herders treur en die top van Karmel verdor" (Amos 1:2).
Wanneer die Here na voltooiing van die bediening van die twee profete, Sy voete op land en see plaas en Sy stem laat weerklink, dan is die 144,000 verseëldes op die Berg van Sion (Openb. 14:1).
Eers sodra die Here soos 'n leeu gebrul het, sal die sewe donderslae — nie sewe predikers nie — hulle stemme laat weerklink.
"En toe die sewe donderslae hulle stemme laat hoor het, wou ek skrywe; maar ek het 'n stem uit die hemel vir my hoor sê:Verseël wat die sewe donderslae gespreek het, en skryf dit nie …" (Openb. 10:4).
Wat die sewe donderslae gesê het, was nie in die Boek van profesie opgeneem nie — nie neergeskryf nie, dus is dit nie deel van die Heilige Skrif, die Woord van God, dit wat gelees, gepreek, gehoor en geglo moet word nie (Openb. 1:3). Amen. Die verkondigers is net verplig tot die Woord van God (IITim. 4: 1-5). Ook hou die openbaring van alle verborgenhede slegs verband met die geskrewe Woord. Die 'ongeskrewe' bly 'n verborgenheid van God, wie op die bestemde tyd dit sal doen wat Hy besluit en gepraat het (Deut. 29:29). In die wetgewing in Exodus 20, sowel as in Job, in die Psalms, in Johannes 12 en in Openbaring, word die stem van God soos die slag van donder beskryf.
Diegene wat enigiets by die voltooide getuienis van die Skrif, selfs by die boek van Openbaring toevoeg, staan in bedreiging om die groot Verdrukking deur te gaan en die plae wat daarmee gepaard gaan te verduur (Openb. 22: 18-19). Enige spekulasie — ook oor die sewe donderslae — bly net dit, naamlik 'n vergissing. Alles wat daaroor gepreek en geskryf word, is nutteloos en kom uit diegene wat dit doen se eie verbeelding. In werklikheid weet niemand wat die sewe donderslae behels nie. In Sy alwetendheid het die Here God dit so beskik en hierdie geleentheid gereserveer. Ook in hierdie geval, sal God Sy eie uitlegger wees: Hy sal alles doen dienooreenkomstig dit wat Hy georden het.
Die afgelegde eed is nog 'n sleutelwoord in hierdie groot gebeurtenis.
"En die engel wat ek op die see en op die land sien staan het, het sy hand na die hemel opgehef,
en hy het gesweer by Hom wat tot in alle ewigheid lewe, wat die hemel geskape het en wat daarin is, en die aarde en wat daarin is, en die see en wat daarin is, dat daar geen vertraging meer sal wees nie;
maar in die dae van die stem van die sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die verborgenheid van God volbring, soos Hy die blye tyding verkondig het aan sy diensknegte, die profete"
Die eerste ses engele blaas hul basuine al in hoofstukke 8 en 9. Die uitstaande basuin, die van die sewende engel, word op 'n spesiale manier aangekondig, want dan gebeur daar iets buitengewoons. Die ou-testamentiese formulering "soos Hy aan Sy diensknegte, die profete verkondig het …", wys aan ons eweneens ook daarop dat dit oor Israel gaan en nie oor die nuwe-testamentiese Gemeente nie, die bewoording sou dan anders lui: "Sy apostels en profete" (Efé. 3:5, en andere).
Die profeet Daniël kon ook die einde van die eindtye sien en die engel wat die eed aflê, en het gevra: "Hoe lank sal die einde van die wonderbaarlike dinge uitbly?
Toe hoor ek die man, met linne bekleed, wat bo-oor die water van die rivier was, en hy het sy regterhand en sy linkerhand na die hemel opgehef en gesweer by die Ewig-Lewende: 'n Tyd, tye en 'n halwe tyd, en as hulle die mag van die vernietiger van die heilige volk geheel beindig het, sal al hierdie dinge vervul word" (Dan. 12: 6+7).
Die ooreenkomste van hierdie twee skrifdele kan nie oor die hoof gesien word nie en moet nie geïgnoreer word nie. In Daniël se tyd het die engel albei hande opgehef — omdat die geopende boekie nog nie in Sy hand was nie — en gesweer by die Ewig-lewende. In Openbaring word berig dat Hy net Sy regter hand na die hemel gelig het, omdat die geheimenisvolle boek in Sy ander hand sal wees, en dan sal sweer by die Ewig-lewende. Dit is aan die profeet Daniël geopenbaar dat dit vanaf die tyd van genoemde swering tot met die direkte einde, waartydens die mag van die vernietiger van die heilige volk dan tot 'n einde sal kom, nog drie-en-'n-half jaar sal wees. Aan Johannes was daar gesê "dat daar geen vertraging meer sal wees nie". Albei is korrek. Van daardie oomblik af begin die 'countdown' — na die einde van hierdie beskawing toe.
Die Here daal neer as die Engel van die Verbond en brul soos 'n leeu, maar daarna openbaar Hy Homself aan die 144,000 as die Lam, wat hulle verlossing aandui. Ook by die opening van die Boek sien ons Hom as Leeu en ook as Lam (hoofstuk 5: 5+6). Die uitverkorenes uit Israel sal Hom dan sien vir wie hulle deurboor het (Sag. 12:10). Na die voltooiing van die bediening van die twee profete sal hulle voltallig op die berg Sion wees. Op dieselfde tyd wanneer Israel die Messias herken, sien hulle deur die oënskynlike mag van die antichris, en die verbond tussen hom en Israel sal verbreek word (Dan. 9:27).
Daarna is daar nog die laaste drie-en-'n-half jaar van die groot verdrukking, tot aan die einde van ons huidige tydsbestek. Volgens Openbaring 11, vers 15, bevat die basuin van die sewende engel, wat in hoofstuk 10 uitgewys word, die aankondiging van die Koninklike Heerskappy, daarom word daar in die konteks van dié sewende engel van die "stem" gepraat. Die eerste ses bevat net oordele — daar is nie 'n aankondiging nie, ook geen stem nie.
So seker soos al die verborgenhede deur 'die stem' van die sewende Gemeente-engel aan die Bruid bekend gemaak en dan tot voleinding gebring word, ná die middernagtelike oproep: "Kyk, die Bruidegom kom, gaan uit, Hom tegemoet!", so seker volg die aankondiging van die koninklike Heerskappy met die geklank van die sewende basuin.
Die sewende Gemeente-engel bring volgens Openbaring 3, verse 11-22, die laaste boodskap van die wederoprigting. Deur sy bediening was al die verborgenhede van die Ou en Nuwe Testamente, vanaf die boeke van Moses, tot met die boek Openbaring, geopenbaar. In Openbaring 10 is daar egter niks van die baie verborgenhede van die Woord, wat aan die einde geopenbaar moet word "... wanneer hy met die basuin sal blaas ..." nie, maar die een "verborgenheid van God", wat dan tot 'n voleinde kom, wat Christus is (Kol. 2: 2b-3), waarin die volledige verwesenliking van die Verlossingsraadsbesluite van God dan voltrekking vind. So het Hy dit vertroulik aan Sy diensknegte, die profete van die Ou Verbond, en ook aan Sy apostels en diensknegte in die Nuwe Testament meegedeel.
Hierdie verborgenheid van God is van die begin af bekend gemaak aan die Gemeente, soos Paulus daarop wys: "En, onteenseglik, die verborgenheid van die godsaligheid is groot: God is geopenbaar in die vlees ..." (ITim. 3:16, onder andere). Net Israel kon dit nie sien nie. Maar dan sal dit gebeur dat hulle die ondeurgrondelike verborgenheid van God in Christus, hulle Messias, erken. Slegs op daardie oomblik sal dit aan hulle geopenbaar word, en die sluier wat oor hulle harte lê (IIKor. 3: 15-16), sal weggeneem word. Wanneer die sewende engel, soos aangekondig in hoofstuk 10, sy basuin in hoofstuk 11 blaas, sal dit gebeur. Dan word die koninklike Heerskappy uitgeroep, en die verborgenheid van God word voleindig.