Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
In die 11de hoofstuk word ons eerstens 'n baie belangrike idee gegee van wat die laaste drie-en-'n-half jaar sal gebeur wanneer die tempel herbou sal word. Geldige internasionale reg beskerm plekke van aanbidding in die algemeen maar nie die omliggende terrein nie. Daarom sal slegs die voorhof gedurende die drie-en-'n-half jaar van verdrukking aan die heidene prysgegee word.
"En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stad twee-en-veertig maande vertrap"(verse 1-2).
Dit is die tyd van die groot verdrukking en vervolging ná die eerste drie-en-'n-half jaar waarin die twee profete hul bediening verrig en die tempel herbou word. Dit is 'n perfekte tydsberekening en beskrywing van die saak. Die brandoffer-altaar is selfs gemeet. Dit herinner ons aan Daniël 9, vers 27, waar die brand- en spysoffers in die middel van die laaste jaarweek afgeskaf word.
Die profeet Eségiël het in die hoofstukke 40-47 die tempel en al die besonderhede daarin gesien. Die beskrywing maak dit duidelik dat ook die toekomstige tempel soos die eerste gebou sal word. Die derde tempel, die Huis van God in Jerusalem, sal weer herstel word na sy oorspronklike staat en in die duisendjarige Koninkryk wees. Dit getuig verskeie skrifdele (Jes. 2: 2-3; 56:7; Esé. 47; Hag. 2:9; Sag. 14: 20-21; Openb. 7:15, o.a.). Die Tempelberg is deel van Sion, daarom sal die 144,000 op die berg Sion gewys word.
Die tydsindeling en die beskrywing van die samehangende omstandighede rondom die verskillende gebeurtenisse is so duidelik, dat dit vir almal ook duidelik en maklik moet wees. Wat die bediening van die twee getuies betref, hulle tyd word ook as drie-en-'n-half jaar aangegee: "En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer" (vers 3).
Of die konsep van tyd in die Heilige Skrif twee-en-veertig maande of een-duisend-twee-honderd-en-sestig dae of 'n tyd, tye en 'n halwe tyd is, en of 'n jaar en twee jaar en 'n half jaar gebruik word — dit bly altyd die helfte van Daniel se sewentigste jaarweek. 'n Mens moet net aandag gee aan die voorspelde gebeure, dat hulle in die regte helfte geplaas word.
As geesgesalfdes, word die twee profete ook 'olyfbome' genoem. Die profeet Sagaria het hulle in hoofstuk 4, verse 11-14, regs en links van die kandelaar gesien. Die feit dat hulle langs die kandelaar staan, beteken dat hulle bediening nie binne die tyd van die Gemeente val nie. Hulle tree op ná die wegraping van die nuwe-testamentiese Bruid-gemeente, want dan eers sal Israel gered word (Hand. 15: 14+16; Rom. 11:25, en andere).
Enigiemand wie na hulle bediening kyk, sal onvermydelik dink aan Moses en Elia wie op die volmagtigde Woord van God gehandel het, sodat deur Moses se bediening verskriklike plae (Exodus 7-12) oor Egipte gekom het, met water wat in bloed verander het. In die bediening van Elia was die hemele gesluit vir drie-en-'n-half jaar en vuur het uit die hemel geval (IIKon. 1). Albei se bediening word herhaal deur die twee getuies. Die lewe van Henog dui niks aan van wat in die bediening van die twee getuies sal gebeur nie. Hy was die sewende na Adam (Gen. 5: 19-24; Jud. 14; Heb. 11: 5-6) en 'n perfekte beeld van die sewende, die laaste gemeentelike era van ware gelowiges, wat nie sal doodgaan nie, maar verander en opgeneem word (IKor. 15: 51-57; IThes. 4: 13-17, en andere).
Ook het Moses en Elia op die Berg van Verheerliking afgekom en met die Here gepraat (Matthéüs 17, o.a.). Hulle word albei in die laaste drie verse van die Ou Testament, in die profeet Maleagi genoem. Moses, wat die vyf boeke van die Torah geskryf het, is vir die Jode die grootste profeet, en Elia die belangrikste profeet vir hulle, wie beide volgens die skriftelike Joodse geloof, voor die verskyning van die Messias sal kom.
Die profeet Jesaja beskryf hulle as helde, as boodskappers wat vra vir vrede. Reg in die volgende vers is die verbreking van die verbond: "Kyk, die helde van God skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie"(Jes. 33: 7-8).
"Nou sal Ek opstaan, sê die Here; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig … Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed? …
Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal 'n wyd uitgestrekte land sien" (Jes. 33: 10+14+17).
"… oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge en sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind" (Sag. 12:10).
Die godgesalfdes is die "leeus van God"; hulle het absolute goddelike volmag. Wat hulle sê in die naam van Here, dit gebeur. Hul taak is nie net om die 144,000 uit te wys nie, maar ook om oordele uit te spreek oor die nasies en om te profeteer, soos aangedui aan die einde van die 10de hoofstuk.
Nadat hulle hul sending uitgevoer het, word hulle doodgemaak. "Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het" (vers 10).
Mense uit alle nasies en tale sal hulle liggame sien. Tot nog onlangs het bybelkritici spesifiek oor hierdie vers die kop geskud en gewonder hoe dit moontlik sal wees. Vandag is dit eintlik deur televisie-uitsending moontlik dat die hele wêreld hul lyke sal sien, en so is die Bybel ook op hierdie punt reg, tot aan die einde, ja, tot in die ewigheid.
"En ná die drie en 'n halwe dag het 'n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en 'n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
En hulle het 'n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
En in dié uur het daar 'n groot aardbewing gekom, en 'n tiende van die stad het geval, en seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring"(verse 11-13).
Die sewende basuin – oorwinningsgejuig in die Hemel
Proklamasie van die Koninklike Heerskappy op aarde
Nadat Johannes gewys word wat alles in die bediening van die twee getuies sal geskied, sien hy die einde van die tydvak en weergee hy dit wat gebeur ten tye van die basuin van die sewende engel:
"En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
En die vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê:
Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het"(verse 15-17).
Soos aangekondig in Openbaring 10, sal die verborgenheid van God in Christus voltooi word en Hy sal Sy Koninklike Heerskappy inneem. Hy sal dan 'n voorlopige oordeel oor die nasies spreek en ook die dode oordeel wat voor die Millenium opgewek sal word. Hy sal Sy diensknegte, die profete, en al die heiliges beloon, diegene wat Sy Naam vrees en deur die verdrukking tot die dood getrou gebly het.
"En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf" (vers 18). Daar is bybeltekste oor die onderwerp van die verskillende oordele vóór die begin van die Koninklike Heerskappy: Jesaja 2: 2-4; Miga 4: 1-5; Matthéüs 25, vanaf vers 31; Daniël 7: 9-14; Openbaring 20: 4-6, en andere.
Die oordele voor en ná die Koninklike Heerskappy, word in detail aan ons beskryf. In die eerste plek sal almal wat die Wegraping mee maak, voor die regterstoel van Christus verskyn. Selfs al is hulle bestem om die bruilofsmaal te vier en dan saam met die Here die wêreld te oordeel en te regeer, moet Hulle geoordeel word. Paulus skryf: "... ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word … so sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee" (Rom. 14: 10-12).
Voorts sê hy: "… ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad" (IIKor. 5:10).
"En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom aan wie ons rekenskap moet gee"(Heb. 4:13).
Paulus was seker van sy saak by God, maar hy het ook die Here as sy Regter gesien, wat by elke gerig 'n oordeel sal uitspreek. Hy getuig so, voor sy heengaan: "Verder is vir my weggelê die oorwinnaarskroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het"(IITim. 4:8).
Voordat 'n koning die troon bestyg om te regeer, word hy gekroon. Wanneer die Here vanaf die Bruilofsmaal afkom om die finale stryd te beslis en die Koninklike Heerskappy in te neem, het Hy baie koninklike krone op Sy hoof (Openb. 19:12). Almal wie saam met Hom sal regeer en tot Sy koninkryk bestem is, word ook gekroon voordat hulle met Hom op Sy troon sit.
As alle gelowiges daarvan bewus was dat hulle voor die Regterstoel van Christus moet verskyn, sou dit heel anders daaruit gesien het in die Bruid-gemeente. Daar sou vrees vir God en ordentlikheid in hul gesprekke en in hul lewe wees. "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word" (Matt. 12: 36-37). "Die Here sal Sy volk oordeel"(Heb. 10:30). In die voorafgaande verse word ons vertel wie hierdie gelowiges is en wat hulle gedoen het.
Niks bly onverklaard, geen vraag onbeantwoord en geen probleem onopgelos gelaat nie. "Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang wat hom toekom" (IKor. 4:5).
Die apostel het hierdie verskillende oordele heeltemal korrek en tydig, apart van mekaar, geklassifiseer. Aan sy mede-arbeider, Timótheüs, skryf Paulus: "Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel, by Sy verskyning en Sy koninkryk" (IITim. 4:1).
Paulus het verwys na die verskyning van Christus toe hy gesê het dat die regverdige Regter hom die kroon van oorwinning sal toeken, nie net vir hom nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning lief het. Daarby is die hele Bruidgemeente ingesluit. Hy verwys ook na die beoordeling van die lewendes en dooies met Sy Koninklike Heerskappy, ook vóór die begin van die duisend-jarige Koninkryk.
Op daardie dag sal ook die werk van elke gelowige en die werk binne die Koninkryk van God op die proef gestel word. "... elkeen se werk sal aan die lig kom, want die oordeelsdag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is" (IKor. 3:13).
Op daardie tydstip — ná die bruilofsmaal en vóór die begin die Koninklike Heerskappy — sal die Here die twee dele van II Thessalonicense 1, verse 7-10 vervul, dit wat betrekking het op beide die ongelowiges en die gelowiges: "... en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewondering te vind by almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind".
Deur valse leringe, met verwysing na Johannes 5, vers 24 en soortgelyke stellings, lewe baie gelowiges onder die indruk dat hulle nie voor 'n oordeelstroon hoef te verskyn nie en daarom kan doen en maak net wat en soos hulle wil. Die uitspraak van ons Here verwys hier duidelik na die finale oordeel, waarin diegene wat aan die eerste opstanding deel neem, nie sal verskyn nie. Vers 24: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe ...", moet ook gesien word saam met vers 29. Met hierdie oordeel word die Laaste en finale Oordeel bedoel".
"Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte rus, sy stem sal hoor
en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling" (5: 28-29). Die eerste opstanding word deur onse Here beskryf as die "Opstanding van die lewendes", die tweede, die "Opstanding tot die oordeel". Die eerstelingskare verskyn natuurlik nie voor die Laaste Oordeelstroon nie.
Die profeet Jesaja het ook in die Gees gesien, wat voor die begin die heerlikheid van die Koning, met die leërskare in die lug, wat saam met Satan neergewerp is, sal gebeur. "In dié dag sal die Here besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;
en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in 'n kuil en bewaar word in 'n kerker; maar eers ná 'n lang tyd sal hulle beoordeel word.
En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die Here van die leërskare sal as koninklike regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en in die aangesig van Sy oudstes sal daar heerlikheid wees"(Jes. 24: 21-23).
God se gevalle engele en diegene wat van God afvallig geword het, mense wat op 'n besondere manier teen Hom gerebelleer het, word skuldig bevind en saam in hierdie voorlopige strafgerig gebind, soos geskrywe is, en sal "eers na 'n lang tyd beoordeel word", naamlik ná die duisend jaar, met die laaste Oordeel aan die einde. Satan sal ook vir hierdie periode van 'n duisend jaar lank in die afgrond vasgeketting wees (Openb. 20: 1-2).
Die profeet het met verwysing na die martelaars gevra, wie ook deelneem aan die eerste opstanding: "Sal U dode herlewe, my lyke opstaan? Waak op en jubel, julle wat in die stof rus! (sien ook Daniël 12:2) ... Want kyk, die Here sal uit Sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie"(Jes. 26: 19 en 21). Daar moet ag geslaan word daarop dat dit selfs hier gaan oor die wat in die verlede en so ook in die toekoms deur vervolging die dood ly (Openb. 6: 9-11; 13:15; 18:24; 20:4).
Dit gaan nie oor mense wat natuurlik dood en begrawe is nie — hier is geen grafte nie. Dit is nie die algemene opstanding van die dode nie, maar soos gesien kan word in die konteks, is dit die martelaars wat hul geloof met hul lewens verseël het en hulle is dikwels net êrens begrawe. Enigiemand wat daaraan deelgeneem het en daaraan skuldig is, sal voor die Here rekenskap moet doen. Uit die vraag: "Sal U dode herlewe, my lyke opstaan?, kom die duidelike antwoord dat hierdie mense God se eiendom is. Daar word aan siele in die vyfde seël gesê dat hulle nog geduldig moet wag totdat hulle broeders en medediensknegte ook soos hulle gemartel is.
Ook het die profeet Eségiël in hoofstuk 37, verse 1-10, daarvan geprofeteer: "... sodat julle weer lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die Here is ... Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie gesneuweldes, dat hulle weer lewendig kan word"(vv. 6b+9b). Dit is nog steeds in die toekoms en gaan oor diegene wat gedurende vervolging in die laagte uitgemoor word.
Die tweede deel (verse 11-14) is alreeds in die verlede. Daar word telkens gepraat van die opening van die grafte. "So spreek die Here Here: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle terugbring in die land van Israel ...
En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle weer vestig in jul land (Israel); en julle sal weet dat Ek, die Here, belowe het en dit ook tot uitvoering bring! — so spreek die Here"(verse 12+14).
Dit het by die Opstanding van onse Here plaasgevind, volgens Matthéüs 27, verse 51-56, en het alle uitverkore heiliges uit die tydvak van die Ou Testament geraak: "... die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn"
Volgens Openbaring 20, vers 4, is die martelaars van die groot verdrukking die onthoofdes wat nie uit die grafte kom nie, maar herleef en dan aan die duisendjarige koninkryk deelneem.
Aan die einde van hierdie hoofstuk vind ons weereens die beklemtoning van die verbondsluiting met Israel. In die 10de hoofstuk daal die Engel van die Verbond neer en hier is die Ark van die Verbond sigbaar uit die Hemel:
"En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en Sy verbondsark is in Sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael"(11:19).
In die 11de hoofstuk word ons eerstens 'n baie belangrike idee gegee van wat die laaste drie-en-'n-half jaar sal gebeur wanneer die tempel herbou sal word. Geldige internasionale reg beskerm plekke van aanbidding in die algemeen maar nie die omliggende terrein nie. Daarom sal slegs die voorhof gedurende die drie-en-'n-half jaar van verdrukking aan die heidene prysgegee word.
"En 'n riet soos 'n stok is aan my gegee, en die engel het gestaan en gesê: Staan op en meet die tempel van God en die altaar en die wat daarin aanbid.
Maar die voorhof buitekant die tempel moet jy uitlaat en dit nie meet nie, want dit is aan die heidene gegee; en hulle sal die heilige stadtwee-en-veertig maande vertrap" (verse 1-2).
Dit is die tyd van die groot verdrukking en vervolging ná die eerste drie-en-'n-half jaar waarin die twee profete hul bediening verrig en die tempel herbou word. Dit is 'n perfekte tydsberekening en beskrywing van die saak. Die brandoffer-altaar is selfs gemeet. Dit herinner ons aan Daniël 9, vers 27, waar die brand- en spysoffers in die middel van die laaste jaarweek afgeskaf word.
Die profeet Eségiël het in die hoofstukke 40-47 die tempel en al die besonderhede daarin gesien. Die beskrywing maak dit duidelik dat ook die toekomstige tempel soos die eerste gebou sal word. Die derde tempel, die Huis van God in Jerusalem, sal weer herstel word na sy oorspronklike staat en in die duisendjarige Koninkryk wees. Dit getuig verskeie skrifdele (Jes. 2: 2-3; 56:7; Esé. 47; Hag. 2:9; Sag. 14: 20-21; Openb. 7:15, o.a.). Die Tempelberg is deel van Sion, daarom sal die 144,000 op die berg Sion gewys word.
Die tydsindeling en die beskrywing van die samehangende omstandighede rondom die verskillende gebeurtenisse is so duidelik, dat dit vir almal ook duidelik en maklik moet wees. Wat die bediening van die twee getuies betref, hulle tyd word ook as drie-en-'n-half jaar aangegee: "En Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank sal profeteer" (vers 3).
Of die konsep van tyd in die Heilige Skrif twee-en-veertig maande of een-duisend-twee-honderd-en-sestig dae of 'n tyd, tye en 'n halwe tyd is, en of 'n jaar en twee jaar en 'n half jaar gebruik word — dit bly altyd die helfte van Daniel se sewentigste jaarweek. 'n Mens moet net aandag gee aan die voorspelde gebeure, dat hulle in die regte helfte geplaas word.
As geesgesalfdes, word die twee profete ook 'olyfbome' genoem. Die profeet Sagaria het hulle in hoofstuk 4, verse 11-14, regs en links van die kandelaar gesien. Die feit dat hulle langs die kandelaar staan, beteken dat hulle bediening nie binne die tyd van die Gemeente val nie. Hulle tree op ná die wegraping van die nuwe-testamentiese Bruid-gemeente, want dan eers sal Israel gered word (Hand. 15: 14+16; Rom. 11:25, en andere).
Enigiemand wie na hulle bediening kyk, sal onvermydelik dink aan Moses en Elia wie op die volmagtigde Woord van God gehandel het, sodat deur Moses se bediening verskriklike plae (Exodus 7-12) oor Egipte gekom het, met water wat in bloed verander het. In die bediening van Elia was die hemele gesluit vir drie-en-'n-half jaar en vuur het uit die hemel geval (IIKon. 1). Albei se bediening word herhaal deur die twee getuies. Die lewe van Henog dui niks aan van wat in die bediening van die twee getuies sal gebeur nie. Hy was die sewende na Adam (Gen. 5: 19-24; Jud. 14; Heb. 11: 5-6) en 'n perfekte beeld van die sewende, die laaste gemeentelike era van ware gelowiges, wat nie sal doodgaan nie, maar verander en opgeneem word (IKor. 15: 51-57; IThes. 4: 13-17, en andere).
Ook het Moses en Elia op die Berg van Verheerliking afgekom en met die Here gepraat (Matthéüs 17, o.a.). Hulle word albei in die laaste drie verse van die Ou Testament, in die profeet Maleagi genoem. Moses, wat die vyf boeke van die Torah geskryf het, is vir die Jode die grootste profeet, en Elia die belangrikste profeet vir hulle, wie beide volgens die skriftelike Joodse geloof, voor die verskyning van die Messias sal kom.
Die profeet Jesaja beskryf hulle as helde, as boodskappers wat vra vir vrede. Reg in die volgende vers is die verbreking van die verbond: "Kyk, die helde van God skreeu daarbuite, die boodskappers van vrede ween bitterlik.
Die grootpaaie is verlate; die wat padlangs trek, bly weg. Hy het die verbond verbreek, die stede gering geag, mense nie gereken nie" (Jes. 33: 7-8).
"Nou sal Ek opstaan, sê die Here; nou sal Ek My verhef, nou sal Ek My oprig … Die sondaars in Sion bewe, siddering het die roekelose aangegryp. Hulle sê: Wie van ons kan woon by 'n verterende vuur, wie van ons kan woon by 'n ewige gloed? …
Jou oë sal die Koning in sy skoonheid aanskou, dit sal 'n wyd uitgestrekte land sien" (Jes. 33: 10+14+17).
"… oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge en sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos 'n mens rouklaag oor 'n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos 'n mens bitterlik ween oor 'n eersgebore kind" (Sag. 12:10).
Die godgesalfdes is die "leeus van God"; hulle het absolute goddelike volmag. Wat hulle sê in die naam van Here, dit gebeur. Hul taak is nie net om die 144,000 uit te wys nie, maar ook om oordele uit te spreek oor die nasies en om te profeteer, soos aangedui aan die einde van die 10de hoofstuk.
Nadat hulle hul sending uitgevoer het, word hulle doodgemaak. "Die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en sal vir mekaar geskenke stuur omdat dié twee profete die bewoners van die aarde gepynig het" (vers 10).
Mense uit alle nasies en tale sal hulle liggame sien. Tot nog onlangs het bybelkritici spesifiek oor hierdie vers die kop geskud en gewonder hoe dit moontlik sal wees. Vandag is dit eintlik deur televisie-uitsending moontlik dat die hele wêreld hul lyke sal sien, en so is die Bybel ook op hierdie punt reg, tot aan die einde, ja, tot in die ewigheid.
"En ná die drie en 'n halwe dag het 'n gees van die lewe uit God in hulle ingegaan, en hulle het op hul voete gaan staan, en 'n groot vrees het geval op die wat hulle aanskou het.
En hulle het 'n groot stem uit die hemel vir hulle hoor sê: Kom op hierheen! En hulle het opgevaar na die hemel in die wolk, en hul vyande het hulle aanskou.
En in dié uur het daar 'n groot aardbewing gekom, en 'n tiende van die stad het geval, en seweduisend mense het in die aardbewing omgekom, en die ander het bevrees geword en aan die God van die hemel heerlikheid toegebring" (verse 11-13).
Die sewende basuin – oorwinningsgejuig in die Hemel
Proklamasie van die Koninklike Heerskappy op aarde
Nadat Johannes gewys word wat alles in die bediening van die twee getuies sal geskied, sien hy die einde van die tydvak en weergee hy dit wat gebeur ten tye van die basuin van die sewende engel:
"En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sê: Die koninkryke van die wêreld het die eiendom van onse Here geword en van Sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.
En die vier-en-twintig ouderlinge wat voor God op hulle trone sit, het op hulle aangesig geval en God aanbid en gesê:
Ons dank U, Here God, Almagtige, wat is en wat was en wat kom, dat U u groot mag aangeneem en as koning geheers het" (verse 15-17).
Soos aangekondig in Openbaring 10, sal die verborgenheid van God in Christus voltooi word en Hy sal Sy Koninklike Heerskappy inneem. Hy sal dan 'n voorlopige oordeel oor die nasies spreek en ook die dode oordeel wat voor die Millenium opgewek sal word. Hy sal Sy diensknegte, die profete, en al die heiliges beloon, diegene wat Sy Naam vrees en deur die verdrukking tot die dood getrou gebly het.
"En die nasies was vertoornd, en u toorn het gekom en die tyd van die dode om geoordeel te word en om die loon te gee aan u diensknegte, die profete, en aan die heiliges en aan die wat u Naam vrees, klein en groot, en om die verderwers van die aarde te verderf" (vers 18). Daar is bybeltekste oor die onderwerp van die verskillende oordele vóór die begin van die Koninklike Heerskappy: Jesaja 2: 2-4; Miga 4: 1-5; Matthéüs 25, vanaf vers 31; Daniël 7: 9-14; Openbaring 20: 4-6, en andere.
Die oordele voor en ná die Koninklike Heerskappy, word in detail aan ons beskryf. In die eerste plek sal almal wat die Wegraping mee maak, voor die regterstoel van Christus verskyn. Selfs al is hulle bestem om die bruilofsmaal te vier en dan saam met die Here die wêreld te oordeel en te regeer, moet Hulle geoordeel word. Paulus skryf: "... ons sal almal voor die regterstoel van Christus gestel word … so sal elkeen van ons dan vir homself aan God rekenskap gee" (Rom. 14: 10-12).
Voorts sê hy: "… ons moet almal voor die regterstoel van Christus verskyn, sodat elkeen kan ontvang wat hy deur die liggaam verrig het, volgens wat hy gedoen het, of dit goed is of kwaad" (IIKor. 5:10).
"En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom aan wie ons rekenskap moet gee" (Heb. 4:13).
Paulus was seker van sy saak by God, maar hy het ook die Here as sy Regter gesien, wat by elke gerig 'n oordeel sal uitspreek. Hy getuig so, voor sy heengaan: "Verder is vir my weggelê die oorwinnaarskroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het" (IITim. 4:8).
Voordat 'n koning die troon bestyg om te regeer, word hy gekroon. Wanneer die Here vanaf die Bruilofsmaal afkom om die finale stryd te beslis en die Koninklike Heerskappy in te neem, het Hy baie koninklike krone op Sy hoof (Openb. 19:12). Almal wie saam met Hom sal regeer en tot Sy koninkryk bestem is, word ook gekroon voordat hulle met Hom op Sy troon sit.
As alle gelowiges daarvan bewus was dat hulle voor die Regterstoel van Christus moet verskyn, sou dit heel anders daaruit gesien het in die Bruid-gemeente. Daar sou vrees vir God en ordentlikheid in hul gesprekke en in hul lewe wees. "Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
Want uit jou woorde sal jy geregverdig word, en uit jou woorde sal jy veroordeel word" (Matt. 12: 36-37). "Die Here sal Sy volk oordeel" (Heb. 10:30). In die voorafgaande verse word ons vertel wie hierdie gelowiges is en wat hulle gedoen het.
Niks bly onverklaard, geen vraag onbeantwoord en geen probleem onopgelos gelaat nie. "Daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die Here kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak; en dan sal elkeen lof van God ontvang wat hom toekom" (IKor. 4:5).
Die apostel het hierdie verskillende oordele heeltemal korrek en tydig, apart van mekaar, geklassifiseer. Aan sy mede-arbeider, Timótheüs, skryf Paulus: "Ek besweer jou dan voor God en die Here Jesus Christus, wat die lewende en die dode sal oordeel, by Sy verskyning en Sy koninkryk" (IITim. 4:1).
Paulus het verwys na die verskyning van Christus toe hy gesê het dat die regverdige Regter hom die kroon van oorwinning sal toeken, nie net vir hom nie, maar ook aan almal wat Sy verskyning lief het. Daarby is die hele Bruidgemeente ingesluit. Hy verwys ook na die beoordeling van die lewendes en dooies met Sy Koninklike Heerskappy, ook vóór die begin van die duisend-jarige Koninkryk.
Op daardie dag sal ook die werk van elke gelowige en die werk binne die Koninkryk van God op die proef gestel word. "... elkeen se werk sal aan die lig kom, want die oordeelsdag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur openbaar gemaak word; en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel, hoedanig dit is" (IKor. 3:13).
Op daardie tydstip — ná die bruilofsmaal en vóór die begin die Koninklike Heerskappy — sal die Here die twee dele van II Thessalonicense 1, verse 7-10 vervul, dit wat betrekking het op beide die ongelowiges en die gelowiges: "... en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele
in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam is nie.
Hulle sal as straf ondergaan 'n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte,
wanneer Hy kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewondering te vind by almal wat glo, in daardie dag; want ons getuienis het by julle geloof gevind".
Deur valse leringe, met verwysing na Johannes 5, vers 24 en soortgelyke stellings, lewe baie gelowiges onder die indruk dat hulle nie voor 'n oordeelstroon hoef te verskyn nie en daarom kan doen en maak net wat en soos hulle wil. Die uitspraak van ons Here verwys hier duidelik na die finale oordeel, waarin diegene wat aan die eerste opstanding deel neem, nie sal verskyn nie. Vers 24: "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie My woord hoor en Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe en kom nie in die oordeel nie, maar het oorgegaan uit die dood in die lewe ...", moet ook gesien word saam met vers 29. Met hierdie oordeel word die Laaste en finale Oordeel bedoel".
"Moenie julle hieroor verwonder nie. Want daar kom 'n uur wanneer almal wat in die grafte rus, sy stem sal hoor
en sal uitgaan, die wat goed gedoen het, tot die opstanding van die lewe, en die wat kwaad gedoen het, tot die opstanding van die veroordeling" (5: 28-29). Die eerste opstanding word deur onse Here beskryf as die "Opstanding van die lewendes", die tweede, die "Opstanding tot die oordeel". Die eerstelingskare verskyn natuurlik nie voor die Laaste Oordeelstroon nie.
Die profeet Jesaja het ook in die Gees gesien, wat voor die begin die heerlikheid van die Koning, met die leërskare in die lug, wat saam met Satan neergewerp is, sal gebeur. "In dié dag sal die Here besoeking doen oor die leërskare van die hoogte in die hoogte en oor die konings van die aarde op die aarde;
en hulle sal opgesluit word soos gevangenes opgesluit word in 'n kuil en bewaar word in 'n kerker; maar eers ná 'n lang tyd sal hulle beoordeel word.
En die maan sal rooi word van skaamte, en die son sal skaam wees; want die Here van die leërskare sal as koninklike regeer op die berg Sion en in Jerusalem, en in die aangesig van Sy oudstes sal daar heerlikheid wees" (Jes. 24: 21-23).
God se gevalle engele en diegene wat van God afvallig geword het, mense wat op 'n besondere manier teen Hom gerebelleer het, word skuldig bevind en saam in hierdie voorlopige strafgerig gebind, soos geskrywe is, en sal "eers na 'n lang tyd beoordeel word", naamlik ná die duisend jaar, met die laaste Oordeel aan die einde. Satan sal ook vir hierdie periode van 'n duisend jaar lank in die afgrond vasgeketting wees (Openb. 20: 1-2).
Die profeet het met verwysing na die martelaars gevra, wie ook deelneem aan die eerste opstanding: "Sal U dode herlewe, my lyke opstaan? Waak op en jubel, julle wat in die stof rus! (sien ook Daniël 12:2) ... Want kyk, die Here sal uit Sy plek uitgaan om die ongeregtigheid van die bewoners van die aarde oor hulle te besoek; en die aarde sal die bloed openbaar maak wat deur hom gedrink is, en die wat op hom gedood is, nie langer toedek nie" (Jes. 26: 19 en 21). Daar moet ag geslaan word daarop dat dit selfs hier gaan oor die wat in die verlede en so ook in die toekoms deur vervolging die dood ly (Openb. 6: 9-11; 13:15; 18:24; 20:4).
Dit gaan nie oor mense wat natuurlik dood en begrawe is nie — hier is geen grafte nie. Dit is nie die algemene opstanding van die dode nie, maar soos gesien kan word in die konteks, is dit die martelaars wat hul geloof met hul lewens verseël het en hulle is dikwels net êrens begrawe. Enigiemand wat daaraan deelgeneem het en daaraan skuldig is, sal voor die Here rekenskap moet doen. Uit die vraag: "Sal U dode herlewe, my lyke opstaan?, kom die duidelike antwoord dat hierdie mense God se eiendom is. Daar word aan siele in die vyfde seël gesê dat hulle nog geduldig moet wag totdat hulle broeders en medediensknegte ook soos hulle gemartel is.
Ook het die profeet Eségiël in hoofstuk 37, verse 1-10, daarvan geprofeteer: "... sodat julle weer lewendig kan word; en julle sal weet dat Ek die Here is ... Kom aan uit die vier windstreke, o gees, en blaas in hierdie gesneuweldes, dat hulle weer lewendig kan word" (vv. 6b+9b). Dit is nog steeds in die toekoms en gaan oor diegene wat gedurende vervolging in die laagte uitgemoor word.
Die tweede deel (verse 11-14) is alreeds in die verlede. Daar word telkens gepraat van die opening van die grafte. "So spreek die Here Here: Kyk, Ek sal julle grafte oopmaak en julle uit jul grafte laat opkom, o my volk! En Ek sal julle terugbring in die land van Israel ...
En Ek sal my Gees in julle gee, dat julle lewendig kan word; en Ek sal julle weer vestig in jul land (Israel); en julle sal weet dat Ek, die Here, belowe het en dit ook tot uitvoering bring! — so spreek die Here" (verse 12+14).
Dit het by die Opstanding van onse Here plaasgevind, volgens Matthéüs 27, verse 51-56, en het alle uitverkore heiliges uit die tydvak van die Ou Testament geraak: "... die grafte het oopgegaan en baie liggame van die ontslape heiliges het opgestaan.
En ná sy opstanding het hulle uit die grafte uitgegaan en in die heilige stad ingekom en aan baie verskyn"
Volgens Openbaring 20, vers 4, is die martelaars van die groot verdrukking die onthoofdes wat nie uit die grafte kom nie, maar herleef en dan aan die duisendjarige koninkryk deelneem.
Aan die einde van hierdie hoofstuk vind ons weereens die beklemtoning van die verbondsluiting met Israel. In die 10de hoofstuk daal die Engel van die Verbond neer en hier is die Ark van die Verbond sigbaar uit die Hemel:
"En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en Sy verbondsark is in Sy tempel gesien, en daar was weerligte en stemme en donderslae en aardbewing en groot hael" (11:19).