Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang

« »

Hoofstuk 12 word baie anders deur bybelleraars vertolk. Die menings oor die 'vrou' wat daarin beskryf word, wissel vanaf Israel na Maria, tot die Gemeente.

Ook hier is dit noodsaaklik dat ons alle besonderhede sorgvuldig betraag. As ons nie elke detail moeiteloos in die geheelbeeld saamvoeg nie, gaan alles nie ooreenstem nie. Al die interpretasies het tot dusvêr nie die saak geregverdig nie. In die inleiding word vertel:

En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;

en sy was swanger en het uitgeroep in haar geboortepyn en barensnood (verse 1-2).

Enigiemand wat dink dat dit hier oor Maria en Jesus gaan, moet besef dat Johannes op die eiland Patmos in die toekoms gesien het en nie in die verlede nie. Ook die ander genoemde gebeure was ook nie vervul in die tyd van Maria en Jesus nie. Maria het na geen woestyn gevlug nie, en Jesus is nie weggeraap ná Sy geboorte nie, maar het eers na die hemel opgevaar ná die volbringing van die verlossing en Sy opstanding. Nie 'n enkele keer is daar by Hom gepraat van "weggeraap" of "weggeneem", soos met Henog en Elia nie, maar van 'n "hemelvaart"; vandaar die term "Christus se hemelvaart".

In die Ou Testament word Israel, as die verbondsvolk, herhaaldelik na verwys in die vroulike (Jer. 3: 6+11; Hos. 2:4, o.a.). Ook hier is God se voorbeelde natuurlik en verstaanbaar.Hy praat van verlowing en van getrouheid (Hos. 2:19), van die getroudes en die vrou (Jes. 62:4). In Jesaja 54, verse 5-10, sê die Here met verwysing na Israel:

"Want jou Maker is jou Man; Here van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal 'die God van die hele aarde' genoem word.

Want soos 'n verlate vrou en 'n diep besorgde van hart het die Here jou teruggeroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God ..."

Die Nuwe Testament praat van die Bruid en Bruidegom (Joh. 3:29, o.a.) en die bruilofsfees (Matthéüs 25, o.a.). Die vrou, wat Johannes hier gesien het, kan net die nuwe-testamentiese Gemeente wees, wat natuurlik met Israel in Jerusalem op Joodse bodem begin het. Die verhouding van God tot Sy volk wat 'vrou' genoem word, dui Sy liefde aan in die vereniging met Sy Gemeente (Efé. 5: 29-32). Jesus plaas die saad van Sy Woord in die baarmoeder van Sy Gemeente, om sodoende, deur die wedergeboorte, seuns en dogters van God voort te bring.

Die son, waarmee die Gemeente bekleed is, dui op die Verlosser self, wat die Son van Geregtigheid is en haar omhul in lig en warmte gedurende die tyd van die Nuwe Verbond.

Die maan onder hulle voete is 'n simbool dat die Gemeente rotsvas op die goddelike Woord van die Ou Verbond gestig is. Soos die maan die lig van die son weerkaats, so weerspieël die Ou Testament die profetiese Woord waarop die Gemeente staan in die sonlig van die nuwe-testamentiese vervulling (Efé. 2: 20-22).

Die kroon met die twaalf sterre beteken dat die nuwe-testamentiese Gemeente bekroon word met die leringe van die Twaalf Apostels. Die sewe sterre in die hand van die opgestane Here was die sewe engele van die sewe Gemeentes (Openb. 1:20). Die twaalf sterre in haar kroon toon dat die Gemeente waardig is om die koninklik-goddelike opdrag, deur die leer van die twaalf apostels, uit te dra (Hand. 2:42). Volgens die skriftelike getuienis, sal die Gemeente van Christus uiteindelik terugkeer na die oorspronklike leringe en praktyke van die apostels en sal dit daarin gevind word by Sy Wederkoms.

Daar word van die vrou gesê dat sy in goeie hoop was en dat sy geboortepyne ervaar het. Ook hierdie heel natuurlike prentjie van 'n vrou wat die saad opgeneem het om nuwe lewe te gee, het 'n geestelike betekenis. Maria was as maagd gekies om die goddelike saad te ontvang en die vlees-geworde Woord, die Seun van God, te baar. In Genesis 3, vers 15 en in Johannes 2, vers 4, word sy ook "vrou" genoem. Net so het die Gemeente, as 'n suiwer maagd (IIKor. 11:2), 'n vrou geword deur die goddelike saad van die Woord in haar. Uit haar word die manlike kind — die oorwinningsskare — gebore. Manlik beteken om geestelik volwasse te wees, groot te wees. Die plan van God met die Gemeente kom tot voleinding, maar loop in die laaste fase parallel met Israel. Toe Israel (uit Egipte) geroep was, het God hulle "eersgebore seun" genoem: "So spreek die Here: My eersgebore seun is Israel. Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien"(Ex. 4: 22-23a).

In Jesaja 66, verse 7-9, vind ons die beskrywing van 'n tweeledige proses: "Voordat sy geboortepyn gekry het, het sy moeder geword; voordat smart oor haar gekom het, is sy van 'n seuntjie verlos".

In hierdie vers handel dit oor die manlike seun en in die volgende vers oor die geestelike geboorte van Israel: "Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar".

In hierdie teks gaan die geboortepyn en smart oor beide die geboorte van die manlike kind én dat 'n land in een dag gebore sal word (verse 7-8). Die versameling van die Jode strek oor dekades, die uitroeping van die 144,000 vind plaas oor jare, die openbaar-making van Messias op 'n enkele dag. Op dieselfde plek en terselfdertyd, sal hulle kyk na die een vir wie hulle deurboor het en sodoende die lewe van God ontvang (Hos. 6: 1-3).

Sodra die manlike seun, vóór die Wegraping, "tot die mate van die volle grootte van Christus"(Efé. 4:13) herbore word, sal die draak met sewe koppe voor die Gemeente wees, "sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het"(Openb. 12:4). Satan, die ou draak, is uit die hemel verdryf (Joh. 12:31; Luk. 10:18) en het sy troon, sy hoofkwartier, hier op aarde gevestig (Openb. 13: 1-2). Dit gaan hier oor die 'stoel' van die teëstander van God, die aardsvyand van Israel en van die Gemeente van Jesus Christus.

Met verwysing na die vrou, word daar gesê: "En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon" (hoofstuk 12, vers 5). Israel sal nie weggevoer word nie, haar bekering tot Christus, die Messias, gebeur eers ná die Wegraping.

Dit is oorweldigend om te sien met watter akkuraatheid die Heilige Gees die Woord bepaal het. Eerstens word die manlike kind, wat bestem is daartoe om die nasies te regeer, weggeraap. Die presiese volgorde is: eers kom die Wegraping en die Bruilofsfees in die hemel en dan die regering saam met Christus op aarde. Daar moet onthou word dat die belofte om die nasies te regeer, aan die oorwinnaars gegee word. Dit is nie net van toepassing op die Verlosser nie, maar ook op die verlostes wat bestem is om saam met Hom te regeer.

"En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf"(Openb. 2: 26-27).

Die sleutel tot die regte begrip van die belofte in hoofstuk 12, lê in die pas-aangehaalde woord. Ná die Wegraping van die manlike kind, vlug die vrou — die Gemeente — die woestyn in, en vir die periode van presies drie-en-'n-halfjaar:

"En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank" (Openb. 12:6).

Soos die gelykenisse van die Here in die Evangelies gegee word, in Sy profetiese bediening as 'Seun van die mens', vind ons deur die hele boek van Openbaring die betekenis, die uitlegging, van dit wat in die gelykenisse verborge is. Volgens die wens van die Meester word dit nie aan almal nie, maar slegs aan diegene toegedeel vir wie dit bestem is. Die Here het na Sy dissipels gedraai en gesê: "Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie"(Matt. 13:11).

"Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;

sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af"(Matt. 13: 34-35).

Die uiteindelike neerwerping van die draak
uit die hemel na die aarde
Sy stryd teen Mígael en sy nederlaag

Die oomblik wanneer die Wegraping plaasvind, neem Christus as Verlosser die eerstelingskare, Sy verlostes wat die voleinding ervaar, die hemelse heerlikheid in. Satan, die aanklaer van die broeders, wat tot op daardie oomblik nog toegang tot die hemelse reik het, sal dan uiteindelik met sy hele volgelinge op die aarde neergewerp word:

"En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is op die aarde neergewerp, en sy engele is saam met hom neergewerp" (verse 7-9).

Dit is opmerklik hier dat die engelprins Mígael, verenig met die engele van God, teen Satan en sy volgelinge veg. Jesus Christus het hom eens en vir altyd op Golgota ​​verslaan (Kol. 2:15) en sal hom nie 'n tweede keer weer hanteer nie. Hy tel Sy eerstelingskare op, hulle wat in Sy beeld verander word, ontmoet hulle in die lug en neem hulle na die bruilofsmaal van die Lam. As hulle dan opgaan, kom die laaste opstand van Satan, die aanklaer van die broeders. Dan gryp Mígael, die engelprins, die verslane vyand en werp hom neer met al sy volgelinge.

Daar is geen ander plek in die heilige geskrifte, waarin dié aansluitings op so 'n duidelike, omvattende en presiese manier beskryf word nie. Alhoewel die koninklike Heerskappy op hierdie oomblik nog nie begin het nie, en soos in ander kontekste eers ná die maaltyd begin, word dit met groot vreugde aangekondig:

"Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag" (vers 9)

Van die oorwinnaarsskare was eers in die enkelvoud, as die "manlike kind" gepraat, daarna staan ​​dit in die meervoud: "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie" (vers 11). Die lewende geloof wat in Christus geanker is, is op sigself die volledige oorwinning vir diegene wat dit regtig besit, selfs tot die dood (IJohannes 5). Daar sal mense op aarde wees wat die Woord van onse Here reg sal verstaan en ervaar. Die ware gelowiges het saam met Christus gesterwe; hulle lewe is saam met Hom in God verborge (Kol. 3:3). Wie sy lewe wil bewaar, sal dit verloor; maar wie dit verloor ter wille van Hom, sal dit vind. Daarom is een van die beloftes wat aan die oorwinnaars gegee is: "Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee"(Openb. 2:10).

Die oomblik wanneer die oorwinningsskare opgaan en hul wonings in die hemel in neem, sal die Heilige Gees in die manlike kind, wat die 'wettelose' nou terughou, uit die weg geneem word. Eers dan kan die 'seun van die verderf' openlik optree (IIThes. 2). "Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het"(Openb. 12:12).

In daardie fase, wat in tyd beperk is, word die woede van Satan, deur sy anti-christelike wêreldinstelling, teen die vrou gerig, nadat die manlike kind gebore is en "aan God en aan Sy troon" opgeneem is. Die term "manlike" wys daarop dat hierdie groep die volheid van die omvang van Christus ingegroei het (Efé. 4:13). Die oorwinningsskare word as die Bruid uit die hele Gemeente, wat as vrou die goddelike saad opgeneem het, weergebore en daarna weggeraap na die hemelse Bruilofsmaal. Daar is slegs een Wegraping van die voltooide regverdiges, wat as Bruid die Bruidegom ontmoet en saam met Hom aan die Bruilofsmaal gaan deelneem. Net soos "die Bruid" nie verwys na 'n enkele persoon nie, so ook nie "die manlike kind" nie; hulle bestaan uit al die uitverkorenes. Hulle vorm "die liggaam van die Here", wat uit baie lede bestaan ​​(IKor. 12: 12-30).

Die woede van Satan ná sy finale neerwerping uit die hemelse plekke, sal geweldig wees, "omdat hy weet dat hy min tyd het". Dit praat van die vasgestelde tydsduur tussen die Wegraping en die oprigting van die duisendjarige Koninkryk. Die eerste aanval was op die manlike kind, die tweede nou teen die vrou: "En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het".

"… maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang gevoed word, 'n tyd en tye en 'n halwe tyd"(vers 14). Die geheelbeeld is betekenisvol: die Gemeente, waaruit die Bruid gebore is, word bewaar en gevoed in die eerste drie-en-'n-half jaar ná die Wegraping.

Die term "woestyn" en die fisiese "voorsiening" in verband daarmee uit die dae van Moses, met Israel se uittog uit Egipte, is aan alle bybellesers bekend. In Nehemía 9, vers 21, lees ons: "…veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie".

Van Israel het die Here verder gesê: "Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei ..."(Hos. 9:10; Jer. 2: 1-3). "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis ..."(Matt. 24:32). Hy het ook gepraat met verwysing na Israel, wat toe in die woestynsituasie geroep word: "Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek" (Hos. 2:13).

By God is alle dinge moontlik. Hy wat 'n hele volk, 600,000 mans, uitgesluit die vroue en kinders (Ex. 12:37), uit Egipte gelei het en veertig jaar lank versorg het, is steeds dieselfde en sal, soos dit geskrywe is, die agterblywende Gemeente vir drie-en-'n-half jaar voed. Die vleuels van die groot arend wys op God self, wie hulle dra. Met verwysing na Israel word daar van Hom geskryf: "Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels — die Here alleen het Sy volk gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.

Hy het hulle laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hulleheuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;

dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme ..."(Deut. 32: 11-14).

Die psalmis noem ook die vlerke: "... want by U soek my siel toevlug, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het" (Ps. 57:2). "Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil ..." (Ps. 91:4). Die Here roep self tot Sy eie: "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees…"(Mal. 4:2).

Natuurlik woed Satan steeds teen die vrou en haar saad: "En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.

En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het" (Openb. 12: 15-16). Die aardse regering sal volgens hierdie woord ingryp en aan die stroom van vervolginge teen die Gemeente, wat van die godsdienstige kant af kom, 'n einde maak. 

Daarna draai die ou draak woedend teen die volk Israel, wat deur die bediening van die twee getuies in die drie-en-'n-half jaar gelowig en verseël word. Hulle hoort aan dieselfde goddelike saad en bekom dan ook die getuienis van Jesus. "En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar orige nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou"(v. 17).

Dat hierdie derde groep, "haar orige nakomelinge", nie uit die nasies is nie, is duidelik uit die beskrywing, "... wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou". Slegs die volk van Israel staan in verbinding met die gebooie en die wet van God. Die Gemeente uit die nasies is in Christus en kom deur die geloof tot geregtigheid (Rom. 10:4). Die wetgewer het nie gekom om die wet weg te neem nie, maar het die geldige vereiste in die gesig gestaar, het alle wetsoortredinge op Hom geneem en die dood gely, wat die loon van die sonde is (Rom. 6:23). Soos reeds gesê, is daar in die Verlossingsplan slegs hierdie drie groepe: die manlike kind, die vrou en Israel, teen wie Satan een vir een woed. 

Hoofstuk 12 word baie anders deur bybelleraars vertolk. Die menings oor die 'vrou' wat daarin beskryf word, wissel vanaf Israel na Maria, tot die Gemeente. 

Ook hier is dit noodsaaklik dat ons alle besonderhede sorgvuldig betraag. As ons nie elke detail moeiteloos in die geheelbeeld saamvoeg nie, gaan alles nie ooreenstem nie. Al die interpretasies het tot dusvêr nie die saak geregverdig nie. In die inleiding word vertel:

En 'n groot teken het in die hemel verskyn: 'n vrou wat met die son bekleed was, en die maan was onder haar voete, en op haar hoof 'n kroon van twaalf sterre;

en sy was swanger en het uitgeroep in haar geboortepyn en barensnood (verse 1-2).

Enigiemand wat dink dat dit hier oor Maria en Jesus gaan, moet besef dat Johannes op die eiland Patmos in die toekoms gesien het en nie in die verlede nie. Ook die ander genoemde gebeure was ook nie vervul in die tyd van Maria en Jesus nie. Maria het na geen woestyn gevlug nie, en Jesus is nie weggeraap ná Sy geboorte nie, maar het eers na die hemel opgevaar ná die volbringing van die verlossing en Sy opstanding. Nie 'n enkele keer is daar by Hom gepraat van "weggeraap" of "weggeneem", soos met Henog en Elia nie, maar van 'n "hemelvaart"; vandaar die term "Christus se hemelvaart".

In die Ou Testament word Israel, as die verbondsvolk, herhaaldelik na verwys in die vroulike (Jer. 3: 6+11; Hos. 2:4, o.a.). Ook hier is God se voorbeelde natuurlik en verstaanbaar.  Hy praat van verlowing en van getrouheid (Hos. 2:19), van die getroudes en die vrou (Jes. 62:4). In Jesaja 54, verse 5-10, sê die Here met verwysing na Israel:

"Want jou Maker is jou Man; Here van die leërskare is sy Naam; en die Heilige van Israel is jou Verlosser. Hy sal 'die God van die hele aarde' genoem word.

Want soos 'n verlate vrou en 'n diep besorgde van hart het die Here jou teruggeroep, en soos 'n vrou uit die jeugtyd as sy versmaad was, sê jou God ..."

Die Nuwe Testament praat van die Bruid en Bruidegom (Joh. 3:29, o.a.) en die bruilofsfees (Matthéüs 25, o.a.). Die vrou, wat Johannes hier gesien het, kan net die nuwe-testamentiese Gemeente wees, wat natuurlik met Israel in Jerusalem op Joodse bodem begin het. Die verhouding van God tot Sy volk wat 'vrou' genoem word, dui Sy liefde aan in die vereniging met Sy Gemeente (Efé. 5: 29-32). Jesus plaas die saad van Sy Woord in die baarmoeder van Sy Gemeente, om sodoende, deur die wedergeboorte, seuns en dogters van God voort te bring.

Die son, waarmee die Gemeente bekleed is, dui op die Verlosser self, wat die Son van Geregtigheid is en haar omhul in lig en warmte gedurende die tyd van die Nuwe Verbond.

Die maan onder hulle voete is 'n simbool dat die Gemeente rotsvas op die goddelike Woord van die Ou Verbond gestig is. Soos die maan die lig van die son weerkaats, so weerspieël die Ou Testament die profetiese Woord waarop die Gemeente staan in die sonlig van die nuwe-testamentiese vervulling (Efé. 2: 20-22).

Die kroon met die twaalf sterre beteken dat die nuwe-testamentiese Gemeente bekroon word met die leringe van die Twaalf Apostels. Die sewe sterre in die hand van die opgestane Here was die sewe engele van die sewe Gemeentes (Openb. 1:20). Die twaalf sterre in haar kroon toon dat die Gemeente waardig is om die koninklik-goddelike opdrag, deur die leer van die twaalf apostels, uit te dra (Hand. 2:42). Volgens die skriftelike getuienis, sal die Gemeente van Christus uiteindelik terugkeer na die oorspronklike leringe en praktyke van die apostels en sal dit daarin gevind word by Sy Wederkoms.

Daar word van die vrou gesê dat sy in goeie hoop was en dat sy geboortepyne ervaar het. Ook hierdie heel natuurlike prentjie van 'n vrou wat die saad opgeneem het om nuwe lewe te gee, het 'n geestelike betekenis. Maria was as maagd gekies om die goddelike saad te ontvang en die vlees-geworde Woord, die Seun van God, te baar. In Genesis 3, vers 15 en in Johannes 2, vers 4, word sy ook "vrou" genoem. Net so het die Gemeente, as 'n suiwer maagd (IIKor. 11:2), 'n vrou geword deur die goddelike saad van die Woord in haar. Uit haar word die manlike kind — die oorwinningsskare — gebore. Manlik beteken om geestelik volwasse te wees, groot te wees. Die plan van God met die Gemeente kom tot voleinding, maar loop in die laaste fase parallel met Israel. Toe Israel (uit Egipte) geroep was, het God hulle "eersgebore seun" genoem: "So spreek die Here: My eersgebore seun is Israel. Daarom beveel Ek jou: Laat my seun trek, dat hy My kan dien" (Ex. 4: 22-23a).

In Jesaja 66, verse 7-9, vind ons die beskrywing van 'n tweeledige proses: "Voordat sy geboortepyn gekry het, het sy moeder geword; voordat smart oor haar gekom het, is sy van 'n seuntjie verlos".

In hierdie vers handel dit oor die manlike seun en in die volgende vers oor die geestelike geboorte van Israel: "Wie het so iets gehoor? Wie het sulke dinge gesien? Word 'n land op een enkele dag gebore? Of word 'n nasie met een slag gebaar? Want Sion het weë gekry, meteens haar kinders gebaar".

In hierdie teks gaan die geboortepyn en smart oor beide die geboorte van die manlike kind én dat 'n land in een dag gebore sal word (verse 7-8). Die versameling van die Jode strek oor dekades, die uitroeping van die 144,000 vind plaas oor jare, die openbaar-making van Messias op 'n enkele dag. Op dieselfde plek en terselfdertyd, sal hulle kyk na die een vir wie hulle deurboor het en sodoende die lewe van God ontvang (Hos. 6: 1-3).

Sodra die manlike seun, vóór die Wegraping, "tot die mate van die volle grootte van Christus" (Efé. 4:13) herbore word, sal die draak met sewe koppe voor die Gemeente wees, "sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het" (Openb. 12:4). Satan, die ou draak, is uit die hemel verdryf (Joh. 12:31; Luk. 10:18) en het sy troon, sy hoofkwartier, hier op aarde gevestig (Openb. 13: 1-2). Dit gaan hier oor die 'stoel' van die teëstander van God, die aardsvyand van Israel en van die Gemeente van Jesus Christus.

Met verwysing na die vrou, word daar gesê: "En sy het 'n manlike kind gebaar, wat al die nasies met 'n ystersepter sou regeer; en haar kind is weggeruk na God en sy troon" (hoofstuk 12, vers 5). Israel sal nie weggevoer word nie, haar bekering tot Christus, die Messias, gebeur eers ná die Wegraping.

Dit is oorweldigend om te sien met watter akkuraatheid die Heilige Gees die Woord bepaal het. Eerstens word die manlike kind, wat bestem is daartoe om die nasies te regeer, weggeraap. Die presiese volgorde is: eers kom die Wegraping en die Bruilofsfees in die hemel en dan die regering saam met Christus op aarde. Daar moet onthou word dat die belofte om die nasies te regeer, aan die oorwinnaars gegee word. Dit is nie net van toepassing op die Verlosser nie, maar ook op die verlostes wat bestem is om saam met Hom te regeer.

"En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met 'n ysterstaf" (Openb. 2: 26-27).

Die sleutel tot die regte begrip van die belofte in hoofstuk 12, lê in die pas-aangehaalde woord. Ná die Wegraping van die manlike kind, vlug die vrou — die Gemeente — die woestyn in, en vir die periode van presies drie-en-'n-half  jaar:

"En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar daar sou onderhou duisend-tweehonderd-en-sestig dae lank" (Openb. 12:6).

Soos die gelykenisse van die Here in die Evangelies gegee word, in Sy profetiese bediening as 'Seun van die mens', vind ons deur die hele boek van Openbaring die betekenis, die uitlegging, van dit wat in die gelykenisse verborge is. Volgens die wens van die Meester word dit nie aan almal nie, maar slegs aan diegene toegedeel vir wie dit bestem is. Die Here het na Sy dissipels gedraai en gesê: "Omdat dit aan julle gegee is om die verborgenhede van die koninkryk van die hemele te ken, maar aan hulle is dit nie gegee nie" (Matt. 13:11).

"Al hierdie dinge het Jesus deur gelykenisse vir die skare gesê, en sonder gelykenis het Hy vir hulle niks gesê nie;

sodat vervul sou word die woord wat gespreek is deur die profeet: Ek sal my mond open deur gelykenisse; Ek sal uitspreek dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af" (Matt. 13: 34-35).

Die uiteindelike neerwerping van die draak
uit die hemel na die aarde
Sy stryd teen Mígael en sy nederlaag

Die oomblik wanneer die Wegraping plaasvind, neem Christus as Verlosser die eerstelingskare, Sy verlostes wat die voleinding ervaar, die hemelse heerlikheid in. Satan, die aanklaer van die broeders, wat tot op daardie oomblik nog toegang tot die hemelse reik het, sal dan uiteindelik met sy hele volgelinge op die aarde neergewerp word:

"En daar het oorlog in die hemel gekom: Mígael en sy engele het oorlog gevoer teen die draak, en die draak en sy engele het oorlog gevoer; en hulle kon nie oorwin nie, en hulle plek was in die hemel nie meer te vinde nie.

En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is op die aarde neergewerp, en sy engele is saam met hom neergewerp" (verse 7-9).

Dit is opmerklik hier dat die engelprins Mígael, verenig met die engele van God, teen Satan en sy volgelinge veg. Jesus Christus het hom eens en vir altyd op Golgota ​​verslaan (Kol. 2:15) en sal hom nie 'n tweede keer weer hanteer nie. Hy tel Sy eerstelingskare op, hulle wat in Sy beeld verander word, ontmoet hulle in die lug en neem hulle na die bruilofsmaal van die Lam. As hulle dan opgaan, kom die laaste opstand van Satan, die aanklaer van die broeders. Dan gryp Mígael, die engelprins, die verslane vyand en werp hom neer met al sy volgelinge.

Daar is geen ander plek in die heilige geskrifte, waarin dié aansluitings op so 'n duidelike, omvattende en presiese manier beskryf word nie. Alhoewel die koninklike Heerskappy op hierdie oomblik nog nie begin het nie, en soos in ander kontekste eers ná die maaltyd begin, word dit met groot vreugde aangekondig:

"Toe hoor ek 'n groot stem in die hemel sê: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag" (vers 9)

Van die oorwinnaarsskare was eers in die enkelvoud, as die "manlike kind" gepraat, daarna staan ​​dit in die meervoud: "En hulle het hom oorwin deur die bloed van die Lam en deur die woord van hulle getuienis, en hulle het tot die dood toe hulle lewe nie liefgehad nie" (vers 11). Die lewende geloof wat in Christus geanker is, is op sigself die volledige oorwinning vir diegene wat dit regtig besit, selfs tot die dood (IJohannes 5). Daar sal mense op aarde wees wat die Woord van onse Here reg sal verstaan en ervaar. Die ware gelowiges het saam met Christus gesterwe; hulle lewe is saam met Hom in God verborge (Kol. 3:3). Wie sy lewe wil bewaar, sal dit verloor; maar wie dit verloor ter wille van Hom, sal dit vind. Daarom is een van die beloftes wat aan die oorwinnaars gegee is: "Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die lewe gee" (Openb. 2:10).

Die oomblik wanneer die oorwinningsskare opgaan en hul wonings in die hemel in neem, sal die Heilige Gees in die manlike kind, wat die 'wettelose' nou terughou, uit die weg geneem word. Eers dan kan die 'seun van die verderf' openlik optree (IIThes. 2). "Daarom, wees verheug, o hemele en die wat daarin woon; wee die bewoners van die aarde en die see, want die duiwel het na julle neergedaal met groot woede, omdat hy weet dat hy min tyd het" (Openb. 12:12).

In daardie fase, wat in tyd beperk is, word die woede van Satan, deur sy anti-christelike wêreldinstelling, teen die vrou gerig, nadat die manlike kind gebore is en "aan God en aan Sy troon" opgeneem is. Die term "manlike" wys daarop dat hierdie groep die volheid van die omvang van Christus ingegroei het (Efé. 4:13). Die oorwinningsskare word as die Bruid uit die hele Gemeente, wat as vrou die goddelike saad opgeneem het, weergebore en daarna weggeraap na die hemelse Bruilofsmaal. Daar is slegs een Wegraping van die voltooide regverdiges, wat as Bruid die Bruidegom ontmoet en saam met Hom aan die Bruilofsmaal gaan deelneem. Net soos "die Bruid" nie verwys na 'n enkele persoon nie, so ook nie "die manlike kind" nie; hulle bestaan uit al die uitverkorenes. Hulle vorm "die liggaam van die Here", wat uit baie lede bestaan ​​(IKor. 12: 12-30).

Die woede van Satan ná sy finale neerwerping uit die hemelse plekke, sal geweldig wees, "omdat hy weet dat hy min tyd het". Dit praat van die vasgestelde tydsduur tussen die Wegraping en die oprigting van die duisendjarige Koninkryk. Die eerste aanval was op die manlike kind, die tweede nou teen die vrou: "En toe die draak sien dat hy neergewerp is op die aarde, het hy die vrou vervolg wat die seuntjie gebaar het".

"… maar die twee vlerke van die groot arend is aan die vrou gegee, sodat sy na die woestyn, na haar plek, kon vlieg, waar sy uit die gesig van die slang gevoed word,'n tyd en tye en 'n halwe tyd" (vers 14). Die geheelbeeld is betekenisvol: die Gemeente, waaruit die Bruid gebore is, word bewaar en gevoed in die eerste drie-en-'n-half jaar ná die Wegraping. 

Die term "woestyn" en die fisiese "voorsiening" in verband daarmee uit die dae van Moses, met Israel se uittog uit Egipte, is aan alle bybellesers bekend. In Nehemía 9, vers 21, lees ons: "…veertig jaar lank het U hulle onderhou in die woestyn; hulle het nie gebrek gehad nie; hulle klere het nie verslyt en hulle voete nie geswel nie".

Van Israel het die Here verder gesê: "Ek het Israel gevind soos druiwe in die woestyn; Ek het julle vaders gesien soos voorvye aan die vyeboom in sy eerste groei ..." (Hos. 9:10; Jer. 2: 1-3). "En leer van die vyeboom hierdie gelykenis ..." (Matt. 24:32). Hy het ook gepraat met verwysing na Israel, wat toe in die woestynsituasie geroep word: "Daarom, kyk, Ek sal haar lok en haar in die woestyn lei en na haar hart spreek" (Hos. 2:13).

By God is alle dinge moontlik. Hy wat 'n hele volk, 600,000 mans, uitgesluit die vroue en kinders (Ex. 12:37), uit Egipte gelei het en veertig jaar lank versorg het, is steeds dieselfde en sal, soos dit geskrywe is, die agterblywende Gemeente vir drie-en-'n-half jaar voed. Die vleuels van die groot arend wys op God self, wie hulle dra. Met verwysing na Israel word daar van Hom geskryf: "Soos 'n arend sy nes opwek, oor sy kleintjies sweef, sy vlerke uitsprei, hulle opneem, hulle dra op sy vleuels — die Here alleen het Sy volk gelei, en daar was geen vreemde god by hom nie.

Hy het hulle laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hulleheuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots;

dikmelk van beeste en melk van kleinvee, met die vet van lammers en ramme ..." (Deut. 32: 11-14).

Die psalmis noem ook die vlerke: "... want by U soek my siel toevlug, en in die skaduwee van u vleuels sal ek skuil totdat die onheil verbygegaan het" (Ps. 57:2). "Hy sal jou dek met sy vlerke, en onder sy vleuels sal jy skuil ..." (Ps. 91:4). Die Here roep self tot Sy eie: "Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees…" (Mal. 4:2).

Natuurlik woed Satan steeds teen die vrou en haar saad: "En die slang het uit sy bek water soos 'n rivier agter die vrou aan uitgegooi, om haar te laat wegvoer deur die rivier.

En die aarde het die vrou te hulp gekom, en die aarde het sy mond oopgemaak en die rivier opgesluk, wat die draak uit sy bek uitgegooi het" (Openb. 12: 15-16). Die aardse regering sal volgens hierdie woord ingryp en aan die stroom van vervolginge teen die Gemeente, wat van die godsdienstige kant af kom, 'n einde maak.

Daarna draai die ou draak woedend teen die volk Israel, wat deur die bediening van die twee getuies in die drie-en-'n-half jaar gelowig en verseël word. Hulle hoort aan dieselfde goddelike saad en bekom dan ook die getuienis van Jesus. "En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar orige nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou" (v. 17).