Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring

« »

Vanaf die 13de tot die 19de hoofstuk vind ons simbole wat reeds in die boek van Daniel genoem word en op die profetiese tydsverloop van toepassing is. Om 'n beter begrip te kry van wat hy getoon het, sal ons eers kortliks daaroor gaan.

Hy het vier opeenvolgende wêreldryke gesien, wat deur vier verskillende metale verteenwoordig was, in die vorm van 'n groot standbeeld (Daniël 2). Hy het ook die interpretasie van die beeld wat hy gesien het, gekry. Selfs vandag is dit so dat die alwetende God die geheimenisse aan Sy diensknegte en profete openbaar. "Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.

Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar …" (Dan. 2: 27-28).

In hoofstuk 7 het die profeet Daniël die ontwikkeling van die wêreldryke tot aan die einde van die huidige beskawing gesien, geïllustreer deur simbole van diere. Hy het gesien hoe die vier winde van die hemele die groot see onstuimig maak, waaruit die vier diere opgestyg ​​het. Die profetiese simboolspraak gaan oor die seë van volkere en nasies, wat vanuit alle hemel-rigtings beweeg sal word en waaruit hierdie vier verskillende opeenvolgende wêreldryke sal verskyn. Lande gebruik tekens van verskillende diere as wapenskild, soos dit aan die profeet gewys was.

"Hierdie groot diere wat vier is — vier konings sal uit die aarde opstaan ​​...

… Die vierde dier — die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke ..."(Dan. 7: 17+23).

Die wêreldryke soos beskryf word in hoofstuk 2, verse 31-43 en ook in hoofstuk 7, verse 1-7, van die boek Daniél, is identies. Die historiese verwikkelinge wat op daardie tydstip vooruitge-spreek was, word daaruit duidelik getoon. Die eerste wêreldryk word, vreemd genoeg, deur 'n leeu geïllustreer met twee vlerke soos 'n arend. Die betekenis daarvan: die geweldige krag van hierdie ryk het van die aarde af verrys ​​en alle ander ryke verslaan. Die twee vleuels stel die verenigde koninkryke Assirië-Babilonië voor: elke ryk word deur sy leier beheer daarom staan ​​hierdie dier op twee voete soos 'n mens. Daardie eerste 'diereryk' uit hoofstuk 7, vers 4, stem ooreen met die hoof van goud uit hoofstuk 2, vers 38.

Die tweede ryk word versinnebeeld deur 'n kragtige bytende beer (Dan. 7:5). Dit was die Medo-Persiese Ryk, wat die Assiries-Babiloniërs vernietig het. Die destydse heerser is met drie ribbes tussen sy tande gewys: hy het drie van die belangrikste lande van daardie tyd, Babilon, Lydia en Egipte oorwin. Hierdie tweede ryk stem ooreen met die silwer bors van die standbeeld van hoofstuk 2, vers 39a.

Die derde dier, 'n luiperd met vier vlerke en vier koppe, het Alexander die Grote simbolies voorgestel en dit het die Medo-Persiese Ryk vernietig en sy heerskappy versprei in al vier rigtings onder die hemele. Die vier koppe dui daarop dat uit hierdie Griekse ryk, vier ryke daaruit na vore sou kom. Die derde Ryk van Daniël 7, vers 6, is in ooreenstemming met die koper van die standbeeld van hoofstuk 2, vers 39b.

Ons sal die vierde ryk, wat tot die einde toe sal duur, van nader bekyk.

"Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was 'n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en buitengewoon sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad"(Dan. 7:7).

Hierdie teks stem ooreen met die yster en die klei van die standbeeld uit hoofstuk 2, verse 40-43. In hoofstuk 7, vers 8, skiet daar eers 'n onopvallende horinkie uit wat drie horings laat afbreek uit die kop: dit het die oë van 'n mens en het groot gepraat. Hierdie horing sal God laster, en die heiliges van die Allerhoogste mishandel totdat die Here oordeel oor hom bring (hfst. 7: 20-25).

Die vier opeenvolgende wêreldryke word simbolies in die standbeeld aangedui deur die metale goud, silwer, koper en yster.Die twee bene is deel van die hele liggaam en dui in die eindfase na Oos en Wes. Die tien tone is deel van albei voete, dus sal Oos- en Wes-Europa uiteindelik saamgevoeg wees onder 'n verenigde Europa. Die "laaste fase", die voete en tone, bestaan ​​uit 'n ongelyke mengsel, naamlik gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. Aan die einde van hierdie tydvak vind die eenwording van heeltemal verskillende stelsels plaas.

Die profeet het die yster-krag van die westerse industriële lande getoon en het ook die klei-verkrummeling van die Oos-Europese state getoon. Nietemin word hulle in vervolgens die eindtydvisioen bymekaar gehou, maar sonder dat hulle met mekaar meng, en vorm so dan die noodlottige eenheid wat in profesie voorspel word. Die laaste politieke konstellasie is nie een soliede stuk nie, maar 'n vermenging wat uit verskillend-saamgestelde agtergronde tot stand kom deur ooreenkomste.

Hierdie laaste wêreldmag sal volgens die goddelike raadsbesluit uit die bloute sy einde vind omdat dit in die groot stryd teen Israel betrokke sal wees. Daniel beskryf dit so: "U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het … maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het"(2: 34-35).

Daardie klip is Christus; So is daar in baie bybelgedeeltes van Hom gesê (Jes. 8:14; Sag. 3:9; Ps. 118:22; Matt. 21:42; IPet. 2:4, onder andere).

"Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie" (IPet. 2:6).

"Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel"(Luk. 20:18).

Volgens Sagaría 3, vers 9, word sewe oë op hierdie lewende Steen gerig. Die nommer sewe betuig Sy volkome godheid. In die profeet Daniël sien ons Hom glad nie as die Hoeksteen van die Gemeente nie, maar as die Steen wat losraak om die laaste wêreldryk en die vyande van Israel te vernietig.

Die berg waaruit die klip gebreek het, toon aan die onbereikbareGodheid, waaruit die Seun uitgekom het en waarna Hy sal terugkeer, ná die voltooiing van die werk van verlossing, sodat die heerlikheid van die Here die hele aarde sal vul en God weer alles in almal sal wees. Die psalmis het uitgeroep: "Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?" (Ps. 121:1). Dit is Hy wat in die laaste geveg as Oorwinnaar teen almal sal veg wat teen Israel ​​en dus teen God, en sal opstaan.

Soos in die profetiese woord aangekondig, begin die koninkryk van God teen daardie tyd op aarde. "Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel 'n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar 'n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan"(Dan. 2:44).

Die dier met sewe koppe uit die see van nasies

In die 13de hoofstuk van Openbaring word die eerste drie koninkryke, wat Daniel gesien het, nie genoem nie, omdat hulle toe alreeds aan die verlede behoort. Aan die einde van die dag gaan dit oor die laaste wêreldmag, die Romeinse Ryk, wat as 'n dier met sewe koppe en tien horings beskryf word. Dit is opmerklik dat hierdie dier soos Satan lyk, die vurige draak met die sewe koppe en die tien horings in hoofstuk 12, vers 3. Die prins van hierdie wêreld oefen sy 'supermag' op aarde uit, deur die persoon van die antichris. "... en die draak het hom sy krag gegee en sy 'stoel' en groot mag" (Openb. 13:2). Dit gaan dus om die wêreldwye mag wat voortspruit uit 'n bepaalde "stoel", soos vooruitgespreek.

As daar sewe koppe en tien horings is, dan meen baie bybelleraars dat dit net gaan om sewe of tien state.  Hulle dink nie verder nie, naamlik dat 'n dier nie net uit 'n kop of horings bestaan nie. Of dit nou sewe, tien, twaalf, twintig of vyf-en-dertig state is, maak nie saak nie; belangrik is dat daar binne die "Verenigde State van Europa" sewe leidende koppe en tien deurborende horings sal wees.

Dit is opmerklik dat die ander ses koppe in verband met die besondere magsuitoefening van daardie "stoel", nie genoem word oor die wond toediening of die genesing daarvan nie. Dit gaan dus daarom dat die een wat 'n doodswond toegedien word, 'n toonaangewende land is, die uitstaande kop, en aan die Romeinse Ryk behoort. "... En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees" (vers 3). Daar word van slegs een kop gepraat, wat gewond word, maar waarvan die doodswond weer genees was. Dit moet in gedagte gehou word dat daar net een nasie in die geskiedenis is, wat die eretitel (soos vertaal), "Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie" gehad het. Uit die geskiedenis word dit bevestig dat daar Duits-Romeinse keisers en Duits-Romeinse pouse was. Duitsland se leidende rol in die Verenigde Europa, was so vooruitbestem. Dit is die ekonomies sterkste en bevolkingsrykste land in die hele Europese Unie. Dit verduidelik waarom die ontwikkeling, tot implemetering van die Romeinse verdrae, ná die Duitse eenwording, wat 'n baie spesiale rol speel, terug na die hart van Europa, gekonsentreerd was. Die huidige wêreldmag, die Verenigde State van Amerika beklemtoon veral hierdie voorkeur, wat in ooreenstemming is met profetiese vereistes. Duitsland het die meeste bure, is die mees sentraalste, grens aan die Oos-Europese lande en is geografies en polities daartoe bestem om as 'n koppellaar vir die hele Europa te dien.

Die term "Swaardwond" (vers 14), is baie onthullend in hierdie konteks. Dit het met die swaard van die Gees gebeur, naamlik met God se Woord (Efé. 6:17), wat skerper is as enige twee-snydende swaard (Heb. 4:12). Ons word vertel dat die hele wêreld verbaas sal wees oor die genesing van die doodswond. In die dae van die Reformasie, was die swaard van die Gees geswaai, naamlik die Woord van God wat gepreek was. As gevolg hiervan, kry die dominante staatskerk van die land toe byna 'n doodslag. Die godsdienstige verdeling het as gevolg van die Reformasie gebeur. Met die Tweede Wêreldoorlog het dieselfde land 'n tweede, naamlik 'n politieke verdeling beleef. Soos dit vroeër in Protestante en Katolieke verdeel was, was die Europese vasteland toe in Oos en Wes verdeel.

Wie sou dit gewaag het om te glo of ernstig te verwag wat die Amerikaanse president, Ronald Reagan, sou gesê het met sy besoek aan Berlyn in Junie 1987? Voor die toegemesselde Brandenburgspoort, wat toe die werklike verdeling van Oos- en Wes verteenwoordig het, het hy gestaan en gesê: "Meneer Gorbatsjof, maak hierdie poort oop! Meneer Gorbatsjof, breek hierdie muur af!". 'n Goeie twee jaar later het die val van die muur en die opening van die Brandenburgpoort as historiese gebeure plaasgevind. Dit is ook waar, wat Willy Brandt gesê het: "Dit wat saam groei, hoort saam" en dit het betrekking op sowel Duitsland asook die hele Europa.

Die hereniging van Duitsland en in verband daarmee ook die eenwording van Europa, is die vervulling van bybelse profesieë in die eindtyd. Die verdeling is verby, die dodelike wond is genees, polities en godsdienstig groei alles weer saam. Wat aan die Romeinse Ryk behoort, word bymekaar gevoeg, en so verrys dus 'n nuwe wêreldmag voor ons oë, as die 'Europese Unie'. Die hele aarde kon sien hoe verbasend vinnig, so te sê "oornag", alles verander het en hoe vinnig die politieke en godsdienstige eenwording aan die gang gekom het. Met die oorwinning van die eeu, van 'wêreldkatolisisme' oor die 'wêreldkommunisme' in 1989, was bybelse profesieë voor ons oë vervul. Dit alles het gebeur sodat Rome haar geestelike wêreldmag kon inneem om die laaste politieke wêreldmag te oorheers.

Met hierdie besondere dieremag gaan dit nie net om 'n algemene mag nie, maar ook om die persoon wat daardie mag beliggaam en verteenwoordig (Dan. 7:17, ens.). Die onderskeie presidente van die verenigde Europa het beperkte mag, soos ander presidente, kanseliers, eerste ministers en staatshoofde — hulle is vervangbaar, soos bv in 'n verkiesing. Die godsdienstige leier, daarenteen, is terselfdetyd staatshoof en kan hoegenaamd nie afgehaal of in 'n verkiesing vervang word nie; hy besit wêreld-wye mag. In bybelse profesieë word ons duidelik vertel dat beide — godsdiens en politiek — met mekaar verenig sal word waarvan die godsdienstige mag die oorhand sal kry (sien Openbaring 17). Van al die kerke het slegs die Rooms-Katolieke Kerk 'n staatskarakter. Die wêreldstate het die gebruiklike uitruil van ambassadeurs met die Vatikaan — 'n onafhanklike staat binne 'n ander staat. Dit behoort dus aan die sewe, maar is die agtste (Openb. 17:11).

Die politieke Europa sal heeltemal onder die invloed van die godsdienstige leierskap staan, en die oorblywende Christendom onderdanig maak deur die ekumenisme en wat ook deur alle ander godsdienste erken sal word. Die veelbesproke nuwe wêreldorde, is meer gevorderd as wat algemeen bekend is. Europese reg het alreeds voorrang oor dié van individuele state. Strasburg se besluite, word deur Brussels aan alle lidlande van die EU deurgegee. Sommige van die protestantse lande was huiwerig om aan te sluit, omdat hulle geweet het wat aangaan en wie agter die politiek sit. Maar soos geskrywe is, voeg hulle hulself ook daarby. Wie nie wil nie, sal dit voel, want "Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En 'n bek is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is volmag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen"(verse 4b-5).

Wie is hierdie 'hom', aan wie volmag gegee sal word en as 'n dier beskryf word, wat sy bek wyd oopmaak? "En hy het sy bek oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster" (vers 6). Uit hierdie teks is dit duidelik waaroor dit gaan. Die Here het in Johannes 14 die belofte aan Sy eie gegee om ‘n woning voor te gaan berei en terug te keer om hulle daarheen te neem. Vanaf die oomblik van die Wegraping tot aan die begin van die duisendjarige Ryk, sal die oorwinnaars in die hemel woon.

Hierdie eintlike "wêrelddiktator", wat godsdienstige en wêreldmag verenig, ken in sy magsbeheptheid geen perke nie. Mense sal na hom opkyk as 'n god in menslike vorm, en alle godsdienstige en politieke magte sal onder hom geskik wees. Die profeet Daniël sê van hom: "En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd" (hfst. 7:25). Soos Johannes, gee ook die profeet Daniël die tyd van die Groot Verdrukking en vervolging as presies drie-en-'n-half jaar aan. Vir die druk wat egter op die bybelse gelowiges uitgeoefen sal word net voor die Wegraping, word daar nie 'n vasgestelde tyd aangegee nie.

Wanneer daar van so 'n vervolging gepraat word, dan skud die meeste van ons tydgenote net hul koppe in ongeloof. Daar is selfs diegene wat dit nie kan glo dat die Roomse Kerk in ongeveer 'n duisend jaar van alleenheerskappy deurgans die middeleeue, miljoene mense na 'n marteldood gestuur het nie. Dink net aan die sogenaamde ketterprosesse en aan die brandstapels, die Inkwisisies, tot by die Bartholomeusnag. Vir baie is dit ook onbegryplik, hoe ses miljoen Jode en honderd-duisende ander, met die wete en soms selfs in samewerking met die Kerk, gedurende die Derde Ryk in ons eeu, op wrede maniere om die lewe gebring was.

"Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie" (Openb. 13:7). In hierdie verband word daar 'n ernstige vermaning in vers 10 gerig: "As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word". Maar dan: "Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges".

Hierdie godsdienstige hoof van die eindtyd word erken deur die feit dat hy die mense toelaat om eer aan hom te betoon en hom te aanbid as God:

"En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie"(Openb. 13:8).

'n Ander kenmerk van "hom" is selibaatskap; dit is hoe ons dit genoem vind deur die profeet Daniël: "... en op vroueliefde en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou. Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer ..." (Dan. 11: 37-38a), naamlik, hy sal sy kruistogte en algemene oorloë deurvoer. Selibaatskap is teen die aanvanklike goddelike orde wat van die begin af neergelê is en word deur Paulus as 'n demoniese leer beskryf (ITim. 4: 1-4). Dit is slegs die ware kinders van God ​​wat hierdie grootste godsdienstige bedrog en die bedriëer sal weerstaan — beide die groep vóór die Wegraping, asook die een daarna.

Die hele wêreld — alle politici van reputasie, rang en naam, alle godsdienstige persoonlikhede, alle denominasies — soos geskrywe is, al die inwoners van die aarde sal hom aanbid, behalwe diegene wie se name in die Boek van die Lewe van die geslagte Lam geskrywe staan. Bybelleraars, veral Dr. Martin Luther, het selfs voor maar veral sedert die dae van die Reformasie, altyd daarop gewys dat dié persoonlikheid in die pousdom gesoek en gevind moet word (sien Luther se voorwoord aangaande die profeet Daniël).

In die teenreformasie, het die Jesuïete hierdie gedagte verwerp en toe die misleidende bewering gemaak dat die antichris 'n Jood moet wees. Dit word in ons tyd selfs geglo deur die Protestantse vriende van Israel, sedert radio evangeliste en predikers oorgeneem het. Anders soek na hom in Islam. Dit is 'n geweldige leuen van die gees van misleiding, wat die wyses geloofwaardig probeer maak het. Waar staan ​​dit in die Bybel? Volgens IIThessalonicense2, waar hierdie man beskryf word, het God sulke mense oorgegee om nie die waarheid van die Woord te glo nie, om liewer die leuen te glo en so dan in die goddelike oordeel te val.

Soos Christus baie benaminge het met betrekking tot Sy onderskeie take, so het Sy teenstander ook baie benaminge. In teenstelling met Christus, wie die Seun van God is, is hy die seun van die verderf. Christus word die ware vooraf-beloofde profeet genoem, maar hy die vooraf-aangekondigde valse profeet, ens. Die apostel Paulus het hom getitel as die man van wetteloosheid, as teëstanderwat homself verhef bo alles wat God of goddelik is, wat selfs in die tempel van God sit en homself laat eien as God. Omdat hy homself as plaasvervanger van die Seun van God stel, is die logiese gevolg dan hoe hy vereer word. Hy laat ook homself genoem word met die naam wat slegs aan God toegestaan is, "Heilige Vader" — en dit teen die Heilige Skrif: "En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie ..." (Matt. 23:9). Ten opsigte van die proklamasie, maak hy aanspraak op die onfeilbaarheid van 'sy stoel', soos God self op Sy troon. Hy stel Homself voor as Christus se verteenwoordiger, alhoewel Christus Sy eie verteenwoordig, maar self egter deur niemand anders verteenwoordig word nie.

Die apostel Johannes beskryf hierdie misterieuse man herhaaldelik as "antichrist" of as "teenchristus", wat beteken dat hierdie man, wat homself op God en Christus beroep, in werklikheid eenvoudig teen God en Christus is. Hy bou sy eie kerk met wêreldse mag, langs die Gemeente van Christus en het geen deel in die God-bewerkte verlossing in Christus nie. Hy hou homself selfs voor as die vergewer van sondes. Hy het sy eie leerstellinge en praktyke, in die vorm van dogmas en tradisies, langs en teenoor die Woord van Christus geplaas. In Openbaring word hierdie man, wat in teenstelling met alle ware profete staan, beskryf as 'n 'leuen-profeet' (hfst. 19:20).

Die dier vanuit die aarde

Die tweede deel van die 13de hoofstuk van Openbaring is nog meer geheimenisvol as die eerste. "En uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak.

En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is"(verse 11-12).

Hierdie tweede mag kom vanuit die aarde, nie vanuit die see van nasies nie. In bybelse profesieë word die talle nasies van Europa vergelyk met die waters van die see (hoofstuk 17, vers 15). Met hierdie tweede dier handel dit om 'n mag op 'n kontinent waarop daar nie oorspronklik baie nasies en tale was nie. Die Lam simboliseer hier die christelike land, wat volledige godsdiensvryheid geniet het, wat uniek op aarde was. Die twee horings wys op wêreldse en godsdienstige mag. Dit is die tweede wêreldmag, die Verenigde State van Amerika, teenoor die "Verenigde State van Europa". Soos ons vertel word, kom die tyd wanneer dié tweede, protestants-georiënteerde dieremag, die taal van die Romeinse draak sal praat en die mag van die eerste dier sal uitoefen.

Die tweede dieremag sorg daarvoor dat die eerste dier, waarvan die doodswond genees het, hulde en erkenning van die inwoners van die aarde ontvang. Dit word veral gekenmerk deur die ontwikkeling van tegniese vooruitgang. "Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.

En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het"(verse 13-14).

Wat die godsdienstige sfeer betref, skryf Paulus van die "mag van die wettelose" — in teenstelling met die ware wonders en tekens soos dit in die bedieninge van onse Here en die apostels gebeur het en vandag nog ter bevestiging van die Woord gebeur — dat dit gepaard gaan met bedrieglike wonders en tekens: "... hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie". (IIThes. 2: 9-10).

Hierdie tweede wêreldmag was oorspronklik suiwer protestants. Mense het uit die lande van Europa voor godsdienstige onderdrukking en vervolging gevlug en daar 'n nuwe tuiste gevind. Die protestantse samesmelting in die Wêreldraad van Kerke is die ewebeeld van die Romeinse wêreldkerk. Hy ontvang lewe (vers 15), dit wil sê, hy kry die bestaansreg en 'n volledige sê. Die Wêreldraad van Kerke het 'n geruime tyd reeds sy stem verhef, byvoorbeeld tydens die vergadering in Februarie, 1991 in Canberra, Australië, met betrekking tot die Golfoorlog. Dit word min of meer van die pous en sy biskoppe verwag, maar nou het die Wêreldraad van Kerke ook 'n sê: "En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie".

Die vervolging sal dienooreenkomstig teen die waarlik gelowiges, die wat uit oortuiging nie aan die Rooms-Katolieke wêreldkerk of aan die protestantse Wêreldraad van Kerke behoort nie, gerig word.

In die profeet Daniël is dit duidelik wat bedoel word met die aanbidding van die beeld van die dier, soos Openbaring 13 dit beskryf. Die standbeeld ten tye van Daniel was die beeld van 'n man (hoofstuk 2: 32-33). Daardie standbeeld was in die provinsie Babel opgestel net soos die profeet dit gesien en beskryf het, nl sestig el hoog (hoofstuk 3:1). Destyds was dit Babilon in Mesopotamië, aan die Eufraat, vandag se Irak. Met die laaste Babilon kyk ons na die wêreldsentrum op die rivier Tiber. So word dit duidelik getoon in die profetiese Woord.

Destyds was 'n sigbare beeld van die presies beskryfde dieremag opgerig en alle volke, stamme en tale van hoogste aansien, was gevra om die feestelik toegewyde standbeeld te huldig en dit in aanbidding te eerbiedig. "En 'n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale, sodra julle die geluid hoor … moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word!"(Dan. 3: 4-6).

Die geskiedenis van die drie manne in die brandende vuuroond, is welbekend. Hulle kon nie die bevel om voor hierdie opgerigte beeld te buig, eerbiedig nie. Die vervolging was gebring teen diegene wat nie voor die beeld op hul knieë wou​​ val nie, maar hulle aanbidding aan die alleen-enige God gebied het, wie dit toekom.

Die getroue aanbidders het die moed gehad om aan die heerser te sê: "As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie!" (Dan. 3: 17-18).

Hierdie geskiedenis was in die algemeen neergeskryf tot bemoediging van all die gelowiges, wat direk hier aan die einde, in 'n soortgelyke posisie geplaas word. Die Here is met Sy mense en verlaat hulle nie en hulle bly getrou tot die dood toe.

Die sesvoudige beskrywing wat volgende vervat word, onthul die geheimsinnige en die misterieuse nommer 666. Wie aandui dat die beeld soos in die Bybel beskryf word — wat kan praat — die televisie is, het geen begrip daarvan ​​nie. Die televisie is 'n dooie voorwerp wat nie vanself kan praat nie, maar is slegs beeld en klank, wat op een plek opgeneem word en op 'n ander plek weergee word:

  1. Dit is baie belangrik om te weet dat dit nie oor 'n beeld of 'n foto in die algemeen gaan nie, maar om die beeld van die dier (Openb. 13:15).
  2. Dit is ook nie net 'n getal wat deur sommige mense willekeurig as 'n gekodeerde formule en as die totale oorheersing deur die 'wêreldrekenaar' geïnterpreteer word nie, maar dit is die getal van die dier(13:18).
  3. Dit is ook nie net enige naam nie, maar die naam van die dier (13:17)
  4. en ook nie net die getal van enige naam nie, maar die getal van sy naam (15:2)
  5. Eweneens is dit ook nie net enige merk nie, maar die merk van die dier(16:2)
  6. en die merk van sy naam(14:11).

Uit hierdie sesvoudige kombinasie, wat telkens "die dier" as verwysingspunt het, word die toepaslike individuele– en korrekte betekenis verkry. Slegs diegene wat kan begryp ​​dat dit altyd oor dieselfde verwysingspunt gaan, sal dwarsdeur die selfgemaakte en verkeerdelike interpretasies sien.

Die woordkonsep 'beeld' kom ons tee in die verskillende kontekste uit die eerste hoofstuk van die Bybel, bv.: "En God het die mens geskape na Sy beeld ...". Die beeld van God was die gestalte waarin die onsigbare op sigbare wyse tot verskyning gekom het. Christus is die beeld van God — die afdruksel van God (IIKor. 4:4; Heb. 1:3). Aan die ander kant is die antichris, as 'seun van die verderf' (IIThes. 2:3), die aardse beeld van die gevalle seun van die dageraad — Jesaja 14, vers 12. Lucifer, die teëstander, het as die seun van die dageraad in die hemel in opstand ​​gekom en wou gelyk aan God wees; hierdie man op aarde doen dieselfde. Die 'beeld van die dier' is nie net 'n illustrasie nie, maar moet as 'n werklik-bestaande lewende wese gesien word.

Die geheimsinnige merk van die dier

Ons wil nou die merk van die dier behandel: "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word" (vers 16).

Dit is beslis nie 'n uiterlike kenteken nie, soos dit wat die Jode op verskillende tye sigbaar moes dra nie. Die seël van God, waarmee die Here Sy eie identifiseer, is nie sigbaar nie. Ook die 144,000 wat uit die twaalf stamme van Israel kom, sal die seël van God op hul voorhoofde dra, wat onsigbaar is. Net so is die seël van God ook nie 'n spesifieke dag wat waargeneem en gevier moet word, soos sommige dit leer nie. In Exodus 31 het God Israel tot die sewende dag verplig, nie as 'n seël nie, maar as teken van die verbond (verse 12-17). Diegene wat tot die Gemeente behoort, ontvang, net soos Abraham, die seël van God deur die Christus-geregverdige geloof (Rom. 4:11, IIKor. 1:22). Hulle word met die Heilige Gees verseël tot die dag van hul liggaamlike verlossing (Efé. 4:30), nie tot 'n sekere dag van die week nie.

In die verdrukking sal mense gedwing word om die godsdiens-stelsels aan te neem en daaronder te buig, anders sal hulle nie kan koop of verkoop nie. Die voorkop wys dat die besluit met die kop, dws, met die verstand te doen het. Die hand praat van die daad — die 'daad' wat volg na die besluit geneem is. Lidmaatskap word gewoonweg bevestig deur ‘n vrywillige inskrywings-handtekening. Die bybelse gelowiges sal egter blootgestel en onderwerp word aan ernstige diskriminasie en vervolging, van godsdienstige kant af. As iemand byvoorbeeld by 'n werkaansoek hul godsdiens moet vermeld, kan daar onmiddellik besluit word of so ‘n persoon die werk kry of nie.

Die merk is geestelik en hou verband met die 'lering'. Soos die ware leer van God enersyds deur Sy eie ontvang, gedra en gedoen word, gebeur dit andersyds met diegene wat die valse leerstelling van die teëstander volg. Lering, geloof en oortuiging is nie sigbaar op die voorkop óf op die hand nie, maar word in die hart gedra en dadelik beoefen. Die verseëling met die Gees gebeur ná ontvangs van die Woord van die waarheid (Efé. 1:13); die merk van die dier, ná aanvaarding van die vervalste woord.

Die volgende teks gee definitiewe uitsluitsel daaroor, dat dit nie oor 'n eksterne merk gaan nie, maar onthul die belangrike feit dat hierdie merk die naam van die dier en die getal van sy naam bevat: "... sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig" (verse 17-18). Dit is die volledige onthulling van die raaiselagtige merk, waarin die drie-voudige kombinasie gevind word, wat die dier elke keer as verwysingspunt het. Dit word saamgevat in die numeriese waarde 666, wat ooreenstem met die betiteling van hierdie een persoon:

'n Kenteken kan 'n aardse, maar ook 'n geestelike teken wees, 'n kenmerk. Niemand verwag om iemand te sien met die naam en nommer van die dier, om as 'n sigbare merk te dra nie. Paulus het gesê: "… ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam" (Gal. 6:17). Met sekerheid het hy nie die littekens van die Gekruisigde uiterlik gedra nie, dit sou beslis 'n bespotting gewees het, maar tog wel die geestelike tekens. Wat is dan die kenmerk, die eintlike identiteit van hierdie godsdienstige instelling? Om dit te ervaar, sal ons na die begin teruggaan, na die skepping daarvan terug gaan.

As ons weet wat die vervolging destyds veroorsaak het, ná die ontstaan ​​van die Romeinse staatskerk in die 4de eeu, sal ons ook weet wat dit nou sal veroorsaak.

Die geloof in die drie-eenheid is die deur-haar-uitgevonde kenmerk van die moederkerk, wat veronderstel dat God vanaf ewigheid drie onafhanklike, ewige, alwetende en gelyke almagtiges is. So het hierdie drie-eenheidsgeloof 'n staats-geborgde en –afgedwonge middel van druk geword en die grusame, duisendjarige vervolging van die Jode, Christene en Moslems veroorsaak, van almal wie anders geglo het. Die volgende aanhalings spreek boekdele:

"Oos-Rome 28.2.380. Drie-eenheidsgeloof Staats-godsdiens. Theodosius I, die Grote, wie die Wes-Romeinse keiser, Gratianus, ná die dood van Valens, in die jaar 379, verhef het tot keiser van die Ooste, skryf aan al sy onderdanige nasies die 'christelike drie-eenheidsgeloof' voor, in die formaat soos deur die Raad van Nicaea in 325 goedgekeur was".

"Konstantinopel 1.5.381. Drie-eenheidsgeloof vir die Christene verpligtend. By die Tweede Ekumeniese Raad het die biskoppe die edik wat deur keiser Theodosius I in Februarie, 380, uitgereik was, goedgekeur, waarin hy al die Romeinse onderdane aangespoor het tot die aanvaarding van die 'christelike drie-eenheidsgeloof', soos dit in die jaar 325 op die Raad van Nicaea geformuleer was. Daarmee was die drie-eenheidsgeloof, wat die 'drie-enigheid van God die Vader, Seun en Heilige Gees' bevat, vir alle christene die geldige geloofsbelydenis en tot staats-geborgde godsdiens bevorder" —B. Harenberg, Chronik der Menschheitsgeschichte (Kroniek van die Geskiedenis van die Mensdom), bl. 212. 

Met die merkteken gaan dit eintlik hoofsaaklik oor die lering van die drie-eenheid. Ook die tradisionele protestantse kerke het dit, soos geen ander aspek, in hulle geloofbelydenis opgeneem en veg selfs vir die behoud daarvan. In die Katolieke Kerk — en nou ook met protestante — het dit daartoe gekom dat die regterhand gebruik word om die 'teken van die kruis' te maak. Dit was die veeltallige moordenaar, Keiser Konstantyn, wat beweer het dat hy 'n kruis in die lug gesien het. Later het sy staatskerk die teken van die kruis vir almal verpligtend gemaak. Onder hierdie trinitariese kruisteken, waaronder ​​ uitgespreek moes word: "In die naam van die Vader, en van die Seun en die heilige Gees", het die Roomse Kerk al sy wrede kruistogte en pogromme deurgevoer. Die Jode en anders-gelowiges was gedwing om die kruisbeeldjie te soen of om te sterf.

Volgens die kerkgeskiedenisskrywes, was daar blykbaar voor Konstantyn geen christelike drie-eenheidsleer nie, slegs die heidense drie-eenheid; ook geen kruisteken-makery nie. Daar was net die christologiese debatte. Ook het die bybelse gelowiges geen kruis-beeldjies gedra nie, nog minder het hulle tekens van die kruis gemaak. Hulle glo in die goddelike daad van verlossing wat in Christus aan die kruis op Golgota ​​gebeur het. Hulle was oortuig daarvan dat, deur die versoeningsdood aan die kruis, het God in Christus die wêreld met Homself versoen. Hulle getuig nes Paulus en die oorspronklike Christene: "Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my"(Gal. 2:20).

Dit is ook uit die kerkgeskiedenis bekend dat daar in die eerste eeue nC, glad nie 'n Rooms-Katolieke, ook nie 'n Grieks-Ortodokse, of enige ander kerk as organisasie bestaan het nie. Daar was net die verskillende christelike rigtings wat dan sedert Konstantyn, in sy "Imperium Romanum", tot 'n verenigde kerk gekom het. By die Raad van Nicaea (325) was daar geen pouse, ook geen kardinale nie, ens. Ook was hulle nie op die rade in Konstantinopel (381), of in Éfese (431) nie. Die geskiedenis van die pouse het begin met Leo I in 441 nC. In Nicaea het die verteenwoordigers van die verskillende christelike rigtings vergader en daar het heftigte besprekings gevolg. Met die staat se hulp het die eerste formele christelike denominasie in die 4de–5de eeu as staatskerk tot stand gekom. Dit is inderdaad nie deur Christus gestig nie en het daarom niks met Hom in gemeen nie, ook nie in die onderrig of in praktyke nie.

Die kenmerk van hierdie wêreldinstelling, waaruit al die vervolging spruit, was verteenwoordig in sy hoof as die hoogste leringsoutoriteit van die instelling. Dus as iemand teen die allerheiligste dogma van die Roomse Kerk, naamlik, teen die drie-eenheid, oortree, was dit 'n belediging tot die dood en was so iemand in hul oë 'n ketter, 'n kind des doods. Kyk na die volgende aanhaling uit die moderne tyd: "As die Tweede Vatikaanse Raad in die edik oor die ekumenisme (Nr. 20) slegs gedink het aan die Christene wat in die drie-eenheid van God glo, moet daar ondersoek gemaak word in watter mate ander gemeenskappe, wat die verwerping van die drie-eenheid-oortuiging voorstaan, steeds christelik is" —Herder-Verlag, Lexikon der Sekten ('Ensiklopedie van Sektes'), bl. 151. Vir dialoog was hier geen ruimte nie. Die besluit was dus finaal.

Soos met die oorsprong daarvan, sal hierdie uitgevinde drie-eenheid dogma ook nou by die eenwording van Katolieke en Protestantse denominasies 'n absolute verpligting vir alle Christene wees. Terselfdertyd sal die verenigde protestante alle evangeliese groepe dwing om die merk te aanvaar, waardeur die staat die kerk sal help: "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het ..."(verse 16-17).

Die Wêreldraad van Kerke gaan baie ontevrede wees oor die feit dat daar nog steeds protestantse groepe gaan wees wat weier om by die samesmelting aan te sluit. Dit is diegene wat glo aan die een, ware, ewige God wat Homself geopenbaar het tot ons redding en tot ons verlossing in Jesus Christus. Hulle sal die antichris verwerp omdat hulle Christus as hul enigste hoof erken. 

Hierdie dogma identifiseer die struktuur met die valse kennis van God en van Christus. Daarom het hierdie instelling, soos geen ander instansie in die verlede, alreeds bloed vergiet met die vervolging van gelowiges en andersdenkendes. Net so, sal diegene wat die merkteken van die moederkerk nie aanvaar nie, blootgestel wees aan vervolging. Wie aan die ander kant, die drie-eenheid dogma glo en trinitaries gedoop word, dra die merkteken outomaties. Soos bekend is, dring die Roomse Kerk aan met die bewering dat in haar alleen verlossing is en dat redding slegs deur haar en haar sakramente kan geskied. Die predikante in die amptelike kerk lei mense in godsdienstige handelinge vanaf geboorte tot die dood — met die gevolg dat hul toegewyde lede, met al hul sakramente, in 'n fiktiewe 'vagevuur' beland. Is dit verlossing? Die Heilige Skrif sê anders (Hand. 4: 10-12).

Die pouslike kerk stel haar denkbeeldige offer teenoor die eenmalige, voor-God-alleen-geldige offer van Christus. Na bewering word 'n baksel brood in die ware Christus verander, rondgedra, aanbid en geëet. Almal diegene wat so 'n teen-Christus-en-God-gerigte lering nie kon aanvaar nie, was deur raadsbesluite vervloek. SO SPREEK DIE HERE in Sy Woord van die Verlosser en van die reddingsdaad wat deur Hom volbring is: "... Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, eens en vir altyd … maar Hy het, nadat Hy 'n enkele offer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God … Want deur een offer het Hy vir altyd die wat geheilig word tot hul doel gebring"(Heb. 10: 10+12+14).

In die geskiedenis van verlossing is God die alleen-werkende deur Jesus Christus, onse Here. Die Heilige Gees werk volgens die heilsverkondiging die Woord van waarheid. Daarteenoor tree die kerk op in sy eie naam in die formule "In die naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees" — die Gemeente van Christus daarinteen tree namens God op in die nuwe-testamentiese verbondsnaam van die Here Jesus Christus, waarin alleen die verlossing van God vir die mensdom is.

Met die oog op alle formele en onafhanklike kerke wat verenig is met die moederkerk, word in die uitdrukking in die 17de hoofstuk gebruik: "… die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde". Dit is ook so geskryf gevind op haar voorhoof: "En op haar voorhoof was 'n naam geskrywe, 'n verborgenheid: die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde"

"Ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus; en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien" (verse 5-6).

Die protestantse dogterkerke, wat gekenmerk word deur dieselfde drie-eenheid, keer terug na hulle moederskoot. So sal dit weer die 'Groot-Babilon' wees wat dronk is van die bloed van die martelaars. Johannes het dit gesien soos dit is en was verbaas. Almal wat die leerstelling van die drie-eenheid glo, en lede in die ooreenstemmende denominasies is, dra alreeds die merk. Diegene wat nie onderdanig kan wees aan hierdie dogma nie, as gevolg van bybelse oortuiging, sal blootgestel word aan die vervolging. Op dieselfde wyse en met dieselfde eienskappe waarmee hierdie kerk haar eerste vervolging afgedwing het, sal sy ook haar laaste doen.

Die dodelike ding is dat dit wat verkeerd is, verwarrend aangesien word as die regte, sodat, sou dit moontlik wees, selfs die uitverkorenes verlei kon word (Matt. 24:24). In Matthéüs 7, verse 21-23, verwys die Here na sulke mense wat praat van magtige dinge, soos dit vandag deur trinitariese televisie-evangeliste en charismatiese byeenkomste gedoen word. Alhoewel hierdie mense probeer het om hulself te regverdig, het die Here hulle verwerp  en hulle werkers van ongeregtigheid genoem, wie Hy nooit geken het nie. Waaragtige geesteswerkinge stem altyd ooreen met die ware leringe van die Woord van God. 

Daar moet gevra kan word:

Waarom het God Homself nog nooit van 'drie-enigheid' of 'drie-voudigheid' gepraat nie"?

Waarom het geen profeet ooit 'n 'drie-enige God' genoem nie?

Waarom was daar nooit 'n apostel wat van "drie persone binne die Godheid" gepraat het nie?

Waarom is die terme "God die Seun" en "God die Heilige Gees" nêrens in die Bybel nie?

Waarom was daar in die Judaïsme en die apostoliese era nie 'n enkele een wat gedebatteer het oor die Godheid nie?

Waarom was daar in die apostels se tyd en in die post-apostoliese era nie 'n enkele keer gedoop in 'n trinitariese formule nie?

Waarom het al die apostels — wetende van Matthéüs 28, vers 19 — uitsluitlik deur onderdompeling in die naam van die Here Jesus Christus gedoop (Hand. 2:38; 8:16; 10:48; 19:5; Rom. 6:3)? Omdat dit deur direkte instruksie was van die Opgestane Een en hulle deur die openbaring van die Gees geweet het dat Jesus van Nasaret "Immanuel, God met ons" is. Hulle het geweet dat die verbondsnaam in die Nuwe Testament, 'Jahshua' is wat 'Jahweh-Redder' beteken, net soos "Immanuel", God met ons beteken. Hulle het ook geweet dat die enigste ware God Homself openbaar het as Vader, Seun en Heilige Gees. En dit gebeur tot ons saligheid in die nuwe-testamentiese verbondsnaam waarin al die seuns en dogters van God in die tyd van die nuwe verbond gedoop word.

Of dit nou in woorde, dade of doop is — alles wat van God af kom, gebeur en geskied volgens Sy wil in Sy Gemeente en sal nie plaasvind in 'n naamlose, magiese formule nie en nie in die herhaling van titels of benamings nie, maar in die naam van Here Jesus Christus(Kol. 3:17). Nie in titels en formules sal alle knieë buig nie, maar in die heilige verbondsnaamvan die Here Jesus Christus(Fil. 2: 9-11).

Reeds in die Ou Testament het God met betrekking tot Sy naam op die berg Sinai belowe: "Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën"(Ex. 20:24).

In die aankondiging van die geboorte van die Verlosser was dit duidelik gestel: "... en jy moet Hom Jesus noem (Hebreeus: Jahshua), want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos.

En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is …: God met ons" (Matt. 1: 21-23).

Al die bedieninge wat van God in die nuwe-testamentiese Gemeente van Christus geplaas is, is onder leiding van die Heilige Gees, en op grond van die gesag van die Woord van God, in die naam van Here Jesus Christus. Maar alle kerksampsdraers voer egter elke handeling uit met die formule: "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", sonder om die eintlike naam te noem waaroor die doopopdrag gaan. Nie een keer het 'n profeet of apostel enige sodanige formule blindelings herhaal nie. Dit is dus nie verbasend dat hierdie formule ook deur die hele okkultisme en spiritisme in die 'Christelike' beskawing beoefen word nie.

Luister tog, u wat uself as deel van die volk van God reken, maar in trinitariese kerke en ander kerke is: Dit is die uur van Waarheid, die uur van besluit, die openbaring van Christus en die ontmaskering van die antichris, die skeiding van lig en duisternis! Die boodskap van God word aan sy verstrooide mense gestuur met hierdie laaste oproep:

"Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige"(IIKor. 6: 17-18; Openb. 18:4).

Die SO SPREEK DIE HERE in hierdie skrifgedeeltes is duidelik. Slegs diegene wat uit die babilonies-trinitariese bereik uitkom, kan die liggaam van Christus waarlik ingaan, en deur die Heilige Gees gedoop en verseël word (IKorinthiërs 12). Christus en die antichris kanselleer mekaar uit. 'n Vermenging tussen hierdie twee kampe kan glad nie gebeur nie. Niemand kan neutraal bly nie. Die een kant word verseël met die Heilige Gees, en ander word gemerk met die valse godsdienstige stelsel.

Wie die basuin van die ewige evangelie hoor, moet die goddelike oproep gehoorsaam. Die besluit moet nou gemaak word, of ons aan Christus óf aan die antichris wil behoort, of ons nou saam met die Heilige Gees verseël wil word in die goddelike waarheid van die Woord, óf wil ons die merk van die dier aanvaar en in fout bly. Die verkeerde lering oor 'n 'drie-enige' God was onbekend aan die profete en die apostels het nie die verkeerde 'drie-enige' doop geken nie. Hierdie vollig-verkeerde godsdiensstelsel word heeltemal deur God verwerp.

Die hele aangeleentheid word opgesom in 'n man deur wie dit beliggaam word. Die beskrywing en die numeriese waarde van die naam van hierdie man het ons alreeds in die Heilige Skrif aangebied. Sedert die Reformasie het alle bekende bybelleraars dit so gesien. Daar is geen ander manier waarop al die besonderhede korrek uitgelê kan word nie.

Vanaf die 13de tot die 19de hoofstuk vind ons simbole wat reeds in die boek van Daniel genoem word en op die profetiese tydsverloop van toepassing is. Om 'n beter begrip te kry van wat hy getoon het, sal ons eers kortliks daaroor gaan. 

Hy het vier opeenvolgende wêreldryke gesien, wat deur vier verskillende metale verteenwoordig was, in die vorm van 'n groot standbeeld (Daniël 2). Hy het ook die interpretasie van die beeld wat hy gesien het, gekry. Selfs vandag is dit so dat die alwetende God die geheimenisse aan Sy diensknegte en profete openbaar. "Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsêers nie aan die koning te kenne gee nie.

Maar daar is 'n God in die hemel wat geheime openbaar …" (Dan. 2: 27-28).

In hoofstuk 7 het die profeet Daniël die ontwikkeling van die wêreldryke tot aan die einde van die huidige beskawing gesien, geïllustreer deur simbole van diere. Hy het gesien hoe die vier winde van die hemele die groot see onstuimig maak, waaruit die vier diere opgestyg ​​het. Die profetiese simboolspraak gaan oor die seë van volkere en nasies, wat vanuit alle hemel-rigtings beweeg sal word en waaruit hierdie vier verskillende opeenvolgende wêreldryke sal verskyn. Lande gebruik tekens van verskillende diere as wapenskild, soos dit aan die profeet gewys was. 

"Hierdie groot diere wat vier is — vier konings sal uit die aarde opstaan ​​...

… Die vierde dier — die vierde koninkryk sal op die aarde wees, wat verskil van al die koninkryke ..." (Dan. 7: 17+23).

Die wêreldryke soos beskryf word in hoofstuk 2, verse 31-43 en ook in hoofstuk 7, verse 1-7, van die boek Daniél, is identies. Die historiese verwikkelinge wat op daardie tydstip vooruitge-spreek was, word daaruit duidelik getoon. Die eerste wêreldryk word, vreemd genoeg, deur 'n leeu geïllustreer met twee vlerke soos 'n arend. Die betekenis daarvan: die geweldige krag van hierdie ryk het van die aarde af verrys ​​en alle ander ryke verslaan. Die twee vleuels stel die verenigde koninkryke Assirië-Babilonië voor: elke ryk word deur sy leier beheer daarom staan ​​hierdie dier op twee voete soos 'n mens. Daardie eerste 'diereryk' uit hoofstuk 7, vers 4, stem ooreen met die hoof van goud uit hoofstuk 2, vers 38.

Die tweede ryk word versinnebeeld deur 'n kragtige bytende beer (Dan. 7:5). Dit was die Medo-Persiese Ryk, wat die Assiries-Babiloniërs vernietig het. Die destydse heerser is met drie ribbes tussen sy tande gewys: hy het drie van die belangrikste lande van daardie tyd, Babilon, Lydia en Egipte oorwin. Hierdie tweede ryk stem ooreen met die silwer bors van die standbeeld van hoofstuk 2, vers 39a.

Die derde dier, 'n luiperd met vier vlerke en vier koppe, het Alexander die Grote simbolies voorgestel en dit het die Medo-Persiese Ryk vernietig en sy heerskappy versprei in al vier rigtings onder die hemele. Die vier koppe dui daarop dat uit hierdie Griekse ryk, vier ryke daaruit na vore sou kom. Die derde Ryk van Daniël 7, vers 6, is in ooreenstemming met die koper van die standbeeld van hoofstuk 2, vers 39b.

Ons sal die vierde ryk, wat tot die einde toe sal duur, van nader bekyk.

"Daarna het ek in die naggesigte gesien, en kyk, daar was 'n vierde dier, vreeslik en skrikwekkend en buitengewoon sterk, en dit het groot ystertande gehad; dit het verslind en vermorsel en die oorskot met sy pote vertrap; en dit was verskillend van al die diere wat voor hom gewees het, en dit het tien horings gehad" (Dan. 7:7).

Hierdie teks stem ooreen met die yster en die klei van die standbeeld uit hoofstuk 2, verse 40-43. In hoofstuk 7, vers 8, skiet daar eers 'n onopvallende horinkie uit wat drie horings laat afbreek uit die kop: dit het die oë van 'n mens en het groot gepraat. Hierdie horing sal God laster, en die heiliges van die Allerhoogste mishandel totdat die Here oordeel oor hom bring (hfst. 7: 20-25).

Die vier opeenvolgende wêreldryke word simbolies in die standbeeld aangedui deur die metale goud, silwer, koper en yster.    Die twee bene is deel van die hele liggaam en dui in die eindfase na Oos en Wes. Die tien tone is deel van albei voete, dus sal Oos- en Wes-Europa uiteindelik saamgevoeg wees onder 'n verenigde Europa. Die "laaste fase", die voete en tone, bestaan ​​uit 'n ongelyke mengsel, naamlik gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. Aan die einde van hierdie tydvak vind die eenwording van heeltemal verskillende stelsels plaas.

Die profeet het die yster-krag van die westerse industriële lande getoon en het ook die klei-verkrummeling van die Oos-Europese state getoon. Nietemin word hulle in vervolgens die eindtydvisioen bymekaar gehou, maar sonder dat hulle met mekaar meng, en vorm so dan die noodlottige eenheid wat in profesie voorspel word. Die laaste politieke konstellasie is nie een soliede stuk nie, maar 'n vermenging wat uit verskillend-saamgestelde agtergronde tot stand kom deur ooreenkomste. 

Hierdie laaste wêreldmag sal volgens die goddelike raadsbesluit uit die bloute sy einde vind omdat dit in die groot stryd teen Israel betrokke sal wees. Daniel beskryf dit so: "U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande 'n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het … maar die klip wat die beeld getref het, het 'n groot rots geword wat die hele aarde gevul het" (2: 34-35).

Daardie klip is Christus; So is daar in baie bybelgedeeltes van Hom gesê (Jes. 8:14; Sag. 3:9; Ps. 118:22; Matt. 21:42; IPet. 2:4, onder andere).

"Daarom staan dit ook in die Skrif: Kyk, Ek lê in Sion 'n uitverkore en kosbare hoeksteen, en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie" (IPet. 2:6). 

"Elkeen wat op dié steen val, sal verpletter word; maar elkeen op wie hy val, dié sal hy vermorsel" (Luk. 20:18).

Volgens Sagaría 3, vers 9, word sewe oë op hierdie lewende Steen gerig. Die nommer sewe betuig Sy volkome godheid. In die profeet Daniël sien ons Hom glad nie as die Hoeksteen van die Gemeente nie, maar as die Steen wat losraak om die laaste wêreldryk en die vyande van Israel te vernietig.

Die berg waaruit die klip gebreek het, toon aan die onbereikbare  Godheid, waaruit die Seun uitgekom het en waarna Hy sal terugkeer, ná die voltooiing van die werk van verlossing, sodat die heerlikheid van die Here die hele aarde sal vul en God weer alles in almal sal wees. Die psalmis het uitgeroep: "Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom?" (Ps. 121:1). Dit is Hy wat in die laaste geveg as Oorwinnaar teen almal sal veg wat teen Israel ​​en dus teen God, en sal opstaan.

Soos in die profetiese woord aangekondig, begin die koninkryk van God teen daardie tyd op aarde. "Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel 'n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar 'n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan" (Dan. 2:44).

Die dier met sewe koppe uit die see van nasies

In die 13de hoofstuk van Openbaring word die eerste drie koninkryke, wat Daniel gesien het, nie genoem nie, omdat hulle toe alreeds aan die verlede behoort. Aan die einde van die dag gaan dit oor die laaste wêreldmag, die Romeinse Ryk, wat as 'n dier met sewe koppe en tien horings beskryf word. Dit is opmerklik dat hierdie dier soos Satan lyk, die vurige draak met die sewe koppe en die tien horings in hoofstuk 12, vers 3. Die prins van hierdie wêreld oefen sy 'supermag' op aarde uit, deur die persoon van die antichris. "... en die draak het hom sy krag gegee en sy 'stoel' en groot mag" (Openb. 13:2). Dit gaan dus om die wêreldwye mag wat voortspruit uit 'n bepaalde "stoel", soos vooruitgespreek.

As daar sewe koppe en tien horings is, dan meen baie bybelleraars dat dit net gaan om sewe of tien state.  Hulle dink nie verder nie, naamlik dat 'n dier nie net uit 'n kop of horings bestaan nie. Of dit nou sewe, tien, twaalf, twintig of vyf-en-dertig state is, maak nie saak nie; belangrik is dat daar binne die "Verenigde State van Europa" sewe leidende koppe en tien deurborende horings sal wees.

Dit is opmerklik dat die ander ses koppe in verband met die besondere magsuitoefening van daardie "stoel", nie genoem word oor die wond toediening of die genesing daarvan nie. Dit gaan dus daarom dat die een wat 'n doodswond toegedien word, 'n toonaangewende land is, die uitstaande kop, en aan die Romeinse Ryk behoort. "... En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees" (vers 3). Daar word van slegs een kop gepraat, wat gewond word, maar waarvan die doodswond weer genees was. Dit moet in gedagte gehou word dat daar net een nasie in die geskiedenis is, wat die eretitel (soos vertaal), "Heilige Romeinse Ryk van die Duitse Nasie" gehad het. Uit die geskiedenis word dit bevestig dat daar Duits-Romeinse keisers en Duits-Romeinse pouse was. Duitsland se leidende rol in die Verenigde Europa, was so vooruitbestem. Dit is die ekonomies sterkste en bevolkingsrykste land in die hele Europese Unie. Dit verduidelik waarom die ontwikkeling, tot implemetering van die Romeinse verdrae, ná die Duitse eenwording, wat 'n baie spesiale rol speel, terug na die hart van Europa, gekonsentreerd was. Die huidige wêreldmag, die Verenigde State van Amerika beklemtoon veral hierdie voorkeur, wat in ooreenstemming is met profetiese vereistes. Duitsland het die meeste bure, is die mees sentraalste, grens aan die Oos-Europese lande en is geografies en polities daartoe bestem om as 'n koppellaar vir die hele Europa te dien.

Die term "Swaardwond" (vers 14), is baie onthullend in hierdie konteks. Dit het met die swaard van die Gees gebeur, naamlik met God se Woord (Efé. 6:17), wat skerper is as enige twee-snydende swaard (Heb. 4:12). Ons word vertel dat die hele wêreld verbaas sal wees oor die genesing van die doodswond. In die dae van die Reformasie, was die swaard van die Gees geswaai, naamlik die Woord van God wat gepreek was. As gevolg hiervan, kry die dominante staatskerk van die land toe byna 'n doodslag. Die godsdienstige verdeling het as gevolg van die Reformasie gebeur. Met die Tweede Wêreldoorlog het dieselfde land 'n tweede, naamlik 'n politieke verdeling beleef. Soos dit vroeër in Protestante en Katolieke verdeel was, was die Europese vasteland toe in Oos en Wes verdeel.

Wie sou dit gewaag het om te glo of ernstig te verwag wat die Amerikaanse president, Ronald Reagan, sou gesê het met sy besoek aan Berlyn in Junie 1987? Voor die toegemesselde Brandenburgspoort, wat toe die werklike verdeling van Oos- en Wes verteenwoordig het, het hy gestaan en gesê: "Meneer Gorbatsjof, maak hierdie poort oop! Meneer Gorbatsjof, breek hierdie muur af!". 'n Goeie twee jaar later het die val van die muur en die opening van die Brandenburgpoort as historiese gebeure plaasgevind. Dit is ook waar, wat Willy Brandt gesê het: "Dit wat saam groei, hoort saam" en dit het betrekking op sowel Duitsland asook die hele Europa.

Die hereniging van Duitsland en in verband daarmee ook die eenwording van Europa, is die vervulling van bybelse profesieë in die eindtyd. Die verdeling is verby, die dodelike wond is genees, polities en godsdienstig groei alles weer saam. Wat aan die Romeinse Ryk behoort, word bymekaar gevoeg, en so verrys dus 'n nuwe wêreldmag voor ons oë, as die 'Europese Unie'. Die hele aarde kon sien hoe verbasend vinnig, so te sê "oornag", alles verander het en hoe vinnig die politieke en godsdienstige eenwording aan die gang gekom het. Met die oorwinning van die eeu, van 'wêreldkatolisisme' oor die 'wêreldkommunisme' in 1989, was bybelse profesieë voor ons oë vervul. Dit alles het gebeur sodat Rome haar geestelike wêreldmag kon inneem om die laaste politieke wêreldmag te oorheers.

Met hierdie besondere dieremag gaan dit nie net om 'n algemene mag nie, maar ook om die persoon wat daardie mag beliggaam en verteenwoordig (Dan. 7:17, ens.). Die onderskeie presidente van die verenigde Europa het beperkte mag, soos ander presidente, kanseliers, eerste ministers en staatshoofde — hulle is vervangbaar, soos bv in 'n verkiesing. Die godsdienstige leier, daarenteen, is terselfdetyd staatshoof en kan hoegenaamd nie afgehaal of in 'n verkiesing vervang word nie; hy besit wêreld-wye mag. In bybelse profesieë word ons duidelik vertel dat beide — godsdiens en politiek — met mekaar verenig sal word waarvan die godsdienstige mag die oorhand sal kry (sien Openbaring 17). Van al die kerke het slegs die Rooms-Katolieke Kerk 'n staatskarakter. Die wêreldstate het die gebruiklike uitruil van ambassadeurs met die Vatikaan — 'n onafhanklike staat binne 'n ander staat. Dit behoort dus aan die sewe, maar is die agtste (Openb. 17:11).

Die politieke Europa sal heeltemal onder die invloed van die godsdienstige leierskap staan, en die oorblywende Christendom onderdanig maak deur die ekumenisme en wat ook deur alle ander godsdienste erken sal word. Die veelbesproke nuwe wêreldorde, is meer gevorderd as wat algemeen bekend is. Europese reg het alreeds voorrang oor dié van individuele state. Strasburg se besluite, word deur Brussels aan alle lidlande van die EU deurgegee. Sommige van die protestantse lande was huiwerig om aan te sluit, omdat hulle geweet het wat aangaan en wie agter die politiek sit. Maar soos geskrywe is, voeg hulle hulself ook daarby. Wie nie wil nie, sal dit voel, want "Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En 'n bek is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is volmag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen" (verse 4b-5).

Wie is hierdie 'hom', aan wie volmag gegee sal word en as 'n dier beskryf word, wat sy bek wyd oopmaak? "En hy het sy bek oopgemaak om te laster teen God, om sy Naam en sy tabernakel en die wat in die hemel woon, te laster" (vers 6). Uit hierdie teks is dit duidelik waaroor dit gaan. Die Here het in Johannes 14 die belofte aan Sy eie gegee om ‘n woning voor te gaan berei en terug te keer om hulle daarheen te neem. Vanaf die oomblik van die Wegraping tot aan die begin van die duisendjarige Ryk, sal die oorwinnaars in die hemel woon. 

Hierdie eintlike "wêrelddiktator", wat godsdienstige en wêreldmag verenig, ken in sy magsbeheptheid geen perke nie. Mense sal na hom opkyk as 'n god in menslike vorm, en alle godsdienstige en politieke magte sal onder hom geskik wees. Die profeet Daniël sê van hom: "En hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste en die heiliges van die Allerhoogste mishandel; en hy sal probeer om tye en wet te verander, en hulle sal in sy hand oorgegee word gedurende 'n tyd en tye en die helfte van 'n tyd" (hfst. 7:25). Soos Johannes, gee ook die profeet Daniël die tyd van die Groot Verdrukking en vervolging as presies drie-en-'n-half jaar aan. Vir die druk wat egter op die bybelse gelowiges uitgeoefen sal word net voor die Wegraping, word daar nie 'n vasgestelde tyd aangegee nie. 

Wanneer daar van so 'n vervolging gepraat word, dan skud die meeste van ons tydgenote net hul koppe in ongeloof. Daar is selfs diegene wat dit nie kan glo dat die Roomse Kerk in ongeveer 'n duisend jaar van alleenheerskappy deurgans die middeleeue, miljoene mense na 'n marteldood gestuur het nie. Dink net aan die sogenaamde ketterprosesse en aan die brandstapels, die Inkwisisies, tot by die Bartholomeusnag. Vir baie is dit ook onbegryplik, hoe ses miljoen Jode en honderd-duisende ander, met die wete en soms selfs in samewerking met die Kerk, gedurende die Derde Ryk in ons eeu, op wrede maniere om die lewe gebring was. 

"Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie" (Openb. 13:7). In hierdie verband word daar 'n ernstige vermaning in vers 10 gerig: "As iemand krygsgevangenes maak, gaan hy in krygsgevangenskap; as iemand met die swaard doodmaak, moet hy met die swaard doodgemaak word". Maar dan: "Hier is die lydsaamheid en die geloof van die heiliges".

Hierdie godsdienstige hoof van die eindtyd word erken deur die feit dat hy die mense toelaat om eer aan hom te betoon en hom te aanbid as God:

"En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid, almal wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe van die Lam wat geslag is, geskrywe is nie" (Openb. 13:8).

'n Ander kenmerk van "hom" is selibaatskap; dit is hoe ons dit genoem vind deur die profeet Daniël: "... en op vroueliefde en op enige god sal hy geen ag gee nie; want hy sal homself bo alles groot hou. Maar in plaas daarvan sal hy die god van die vestings vereer ..." (Dan. 11: 37-38a), naamlik, hy sal sy kruistogte en algemene oorloë deurvoer. Selibaatskap is teen die aanvanklike goddelike orde wat van die begin af neergelê is en word deur Paulus as 'n demoniese leer beskryf (ITim. 4: 1-4). Dit is slegs die ware kinders van God ​​wat hierdie grootste godsdienstige bedrog en die bedriëer sal weerstaan — beide die groep vóór die Wegraping, asook die een daarna.

Die hele wêreld — alle politici van reputasie, rang en naam, alle godsdienstige persoonlikhede, alle denominasies — soos geskrywe is, al die inwoners van die aarde sal hom aanbid, behalwe diegene wie se name in die Boek van die Lewe van die geslagte Lam geskrywe staan. Bybelleraars, veral Dr. Martin Luther, het selfs voor maar veral sedert die dae van die Reformasie, altyd daarop gewys dat dié persoonlikheid in die pousdom gesoek en gevind moet word (sien Luther se voorwoord aangaande die profeet Daniël).

In die teenreformasie, het die Jesuïete hierdie gedagte verwerp en toe die misleidende bewering gemaak dat die antichris 'n Jood moet wees. Dit word in ons tyd selfs geglo deur die Protestantse vriende van Israel, sedert radio evangeliste en predikers oorgeneem het. Anders soek na hom in Islam. Dit is 'n geweldige leuen van die gees van misleiding, wat die wyses geloofwaardig probeer maak het. Waar staan ​​dit in die Bybel? Volgens IIThessalonicense2, waar hierdie man beskryf word, het God sulke mense oorgegee om nie die waarheid van die Woord te glo nie, om liewer die leuen te glo en so dan in die goddelike oordeel te val.

Soos Christus baie benaminge het met betrekking tot Sy onderskeie take, so het Sy teenstander ook baie benaminge. In teenstelling met Christus, wie die Seun van God is, is hy die seun van die verderf. Christus word die ware vooraf-beloofde profeet genoem, maar hy die vooraf-aangekondigde valse profeet, ens. Die apostel Paulus het hom getitel as die man van wetteloosheid, as teëstander wat homself verhef bo alles wat God of goddelik is, wat selfs in die tempel van God sit en homself laat eien as God. Omdat hy homself as plaasvervanger van die Seun van God stel, is die logiese gevolg dan hoe hy vereer word. Hy laat ook homself genoem word met die naam wat slegs aan God toegestaan is, "Heilige Vader" — en dit teen die Heilige Skrif: "En julle moet niemand op die aarde julle vader noem nie ..." (Matt. 23:9). Ten opsigte van die proklamasie, maak hy aanspraak op die onfeilbaarheid van 'sy stoel', soos God self op Sy troon. Hy stel Homself voor as Christus se verteenwoordiger, alhoewel Christus Sy eie verteenwoordig, maar self egter deur niemand anders verteenwoordig word nie.

Die apostel Johannes beskryf hierdie misterieuse man herhaaldelik as "antichrist" of as "teenchristus", wat beteken dat hierdie man, wat homself op God en Christus beroep, in werklikheid eenvoudig teen God en Christus is. Hy bou sy eie kerk met wêreldse mag, langs die Gemeente van Christus en het geen deel in die God-bewerkte verlossing in Christus nie. Hy hou homself selfs voor as die vergewer van sondes. Hy het sy eie leerstellinge en praktyke, in die vorm van dogmas en tradisies, langs en teenoor die Woord van Christus geplaas. In Openbaring word hierdie man, wat in teenstelling met alle ware profete staan, beskryf as 'n 'leuen-profeet' (hfst. 19:20).

Die dier vanuit die aarde

Die tweede deel van die 13de hoofstuk van Openbaring is nog meer geheimenisvol as die eerste. "En uit die aarde het ek 'n ander dier sien opkom, en hy het twee horings gehad net soos 'n lam en het gepraat soos 'n draak.

En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is" (verse 11-12).

Hierdie tweede mag kom vanuit die aarde, nie vanuit die see van nasies nie. In bybelse profesieë word die talle nasies van Europa vergelyk met die waters van die see (hoofstuk 17, vers 15). Met hierdie tweede dier handel dit om 'n mag op 'n kontinent waarop daar nie oorspronklik baie nasies en tale was nie. Die Lam simboliseer hier die christelike land, wat volledige godsdiensvryheid geniet het, wat uniek op aarde was. Die twee horings wys op wêreldse en godsdienstige mag. Dit is die tweede wêreldmag, die Verenigde State van Amerika, teenoor die "Verenigde State van Europa". Soos ons vertel word, kom die tyd wanneer dié tweede, protestants-georiënteerde dieremag, die taal van die Romeinse draak sal praat en die mag van die eerste dier sal uitoefen. 

Die tweede dieremag sorg daarvoor dat die eerste dier, waarvan die doodswond genees het, hulde en erkenning van die inwoners van die aarde ontvang. Dit word veral gekenmerk deur die ontwikkeling van tegniese vooruitgang. "Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense.

En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle 'n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het" (verse 13-14).

Wat die godsdienstige sfeer betref, skryf Paulus van die "mag van die wettelose" — in teenstelling met die ware wonders en tekens soos dit in die bedieninge van onse Here en die apostels gebeur het en vandag nog ter bevestiging van die Woord gebeur — dat dit gepaard gaan met bedrieglike wonders en tekens: "...hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen

en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie". (IIThes. 2: 9-10).

Hierdie tweede wêreldmag was oorspronklik suiwer protestants. Mense het uit die lande van Europa voor godsdienstige onderdrukking en vervolging gevlug en daar 'n nuwe tuiste gevind. Die protestantse samesmelting in die Wêreldraad van Kerke is die ewebeeld van die Romeinse wêreldkerk. Hy ontvang lewe (vers 15), dit wil sê, hy kry die bestaansreg en 'n volledige sê. Die Wêreldraad van Kerke het 'n geruime tyd reeds sy stem verhef, byvoorbeeld tydens die vergadering in Februarie, 1991 in Canberra, Australië, met betrekking tot die Golfoorlog. Dit word min of meer van die pous en sy biskoppe verwag, maar nou het die Wêreldraad van Kerke ook 'n sê: "En dit is hom gegee om 'n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie".

Die vervolging sal dienooreenkomstig teen die waarlik gelowiges, die wat uit oortuiging nie aan die Rooms-Katolieke wêreldkerk of aan die protestantse Wêreldraad van Kerke behoort nie, gerig word.

In die profeet Daniël is dit duidelik wat bedoel word met die aanbidding van die beeld van die dier, soos Openbaring 13 dit beskryf. Die standbeeld ten tye van Daniel was die beeld van 'n man (hoofstuk 2: 32-33). Daardie standbeeld was in die provinsie Babel opgestel net soos die profeet dit gesien en beskryf het, nl sestig el hoog (hoofstuk 3:1). Destyds was dit Babilon in Mesopotamië, aan die Eufraat, vandag se Irak. Met die laaste Babilon kyk ons na die wêreldsentrum op die rivier Tiber. So word dit duidelik getoon in die profetiese Woord.

Destyds was 'n sigbare beeld van die presies beskryfde dieremag opgerig en alle volke, stamme en tale van hoogste aansien, was gevra om die feestelik toegewyde standbeeld te huldig en dit in aanbidding te eerbiedig. "En 'n uitroeper het hardop geroep: Julle word aangesê, o volke, nasies en tale, sodra julle die geluid hoor … moet julle neerval en die goue beeld aanbid wat koning Nebukadnésar opgerig het.

En hy wat nie neerval en aanbid nie, sal op die daad binne-in die brandende vuuroond gegooi word!" (Dan. 3: 4-6).

Die geskiedenis van die drie manne in die brandende vuuroond, is welbekend. Hulle kon nie die bevel om voor hierdie opgerigte beeld te buig, eerbiedig nie. Die vervolging was gebring teen diegene wat nie voor die beeld op hul knieë wou​​ val nie, maar hulle aanbidding aan die alleen-enige God gebied het, wie dit toekom. 

Die getroue aanbidders het die moed gehad om aan die heerser te sê: "As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos;

maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie!" (Dan. 3: 17-18).

Hierdie geskiedenis was in die algemeen neergeskryf tot bemoediging van all die gelowiges, wat direk hier aan die einde, in 'n soortgelyke posisie geplaas word. Die Here is met Sy mense en verlaat hulle nie en hulle bly getrou tot die dood toe.

Die sesvoudige beskrywing wat volgende vervat word, onthul die geheimsinnige en die misterieuse nommer 666. Wie aandui dat die beeld soos in die Bybel beskryf word — wat kan praat — die televisie is, het geen begrip daarvan ​​nie. Die televisie is 'n dooie voorwerp wat nie vanself kan praat nie, maar is slegs beeld en klank, wat op een plek opgeneem word en op 'n ander plek weergee word:

  1. Dit is baie belangrik om te weet dat dit nie oor 'n beeld of 'n foto in die algemeen gaan nie, maar om die beeld van die dier (Openb. 13:15).
  2. Dit is ook nie net 'n getal wat deur sommige mense willekeurig as 'n gekodeerde formule en as die totale oorheersing deur die 'wêreldrekenaar' geïnterpreteer word nie, maar dit is die getal van die dier (13:18).
  3. Dit is ook nie net enige naam nie, maar die naam van die dier (13:17)
  4. en ook nie net die getal van enige naam nie, maar die getal van sy naam (15:2)
  5. Eweneens is dit ook nie net enige merk nie, maar die merk van die dier (16:2)
  6. en die merk van sy naam (14:11).

Uit hierdie sesvoudige kombinasie, wat telkens "die dier" as verwysingspunt het, word die toepaslike individuele– en korrekte betekenis verkry. Slegs diegene wat kan begryp ​​dat dit altyd oor dieselfde verwysingspunt gaan, sal dwarsdeur die selfgemaakte en verkeerdelike interpretasies sien. 

Die woordkonsep 'beeld' kom ons tee in die verskillende kontekste uit die eerste hoofstuk van die Bybel, bv.: "En God het die mens geskape na Sy beeld ...". Die beeld van God was die gestalte waarin die onsigbare op sigbare wyse tot verskyning gekom het. Christus is die beeld van God — die afdruksel van God (IIKor. 4:4; Heb. 1:3). Aan die ander kant is die antichris, as 'seun van die verderf' (IIThes. 2:3), die aardse beeld van die gevalle seun van die dageraad — Jesaja 14, vers 12. Lucifer, die teëstander, het as die seun van die dageraad in die hemel in opstand ​​gekom en wou gelyk aan God wees; hierdie man op aarde doen dieselfde. Die 'beeld van die dier' is nie net 'n illustrasie nie, maar moet as 'n werklik-bestaande lewende wese gesien word.

Die geheimsinnige merk van die dier

Ons wil nou die merk van die dier behandel: "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word" (vers 16).

Dit is beslis nie 'n uiterlike kenteken nie, soos dit wat die Jode op verskillende tye sigbaar moes dra nie. Die seël van God, waarmee die Here Sy eie identifiseer, is nie sigbaar nie. Ook die 144,000 wat uit die twaalf stamme van Israel kom, sal die seël van God op hul voorhoofde dra, wat onsigbaar is. Net so is die seël van God ook nie 'n spesifieke dag wat waargeneem en gevier moet word, soos sommige dit leer nie. In Exodus 31 het God Israel tot die sewende dag verplig, nie as 'n seël nie, maar as teken van die verbond (verse 12-17). Diegene wat tot die Gemeente behoort, ontvang, net soos Abraham, die seël van God deur die Christus-geregverdige geloof (Rom. 4:11, IIKor. 1:22). Hulle word met die Heilige Gees verseël tot die dag van hul liggaamlike verlossing (Efé. 4:30), nie tot 'n sekere dag van die week nie.

In die verdrukking sal mense gedwing word om die godsdiens-stelsels aan te neem en daaronder te buig, anders sal hulle nie kan koop of verkoop nie. Die voorkop wys dat die besluit met die kop, dws, met die verstand te doen het. Die hand praat van die daad — die 'daad' wat volg na die besluit geneem is. Lidmaatskap word gewoonweg bevestig deur ‘n vrywillige inskrywings-handtekening. Die bybelse gelowiges sal egter blootgestel en onderwerp word aan ernstige diskriminasie en vervolging, van godsdienstige kant af. As iemand byvoorbeeld by 'n werkaansoek hul godsdiens moet vermeld, kan daar onmiddellik besluit word of so ‘n persoon die werk kry of nie. 

Die merk is geestelik en hou verband met die 'lering'. Soos die ware leer van God enersyds deur Sy eie ontvang, gedra en gedoen word, gebeur dit andersyds met diegene wat die valse leerstelling van die teëstander volg. Lering, geloof en oortuiging is nie sigbaar op die voorkop óf op die hand nie, maar word in die hart gedra en dadelik beoefen. Die verseëling met die Gees gebeur ná ontvangs van die Woord van die waarheid (Efé. 1:13); die merk van die dier, ná aanvaarding van die vervalste woord.

 Die volgende teks gee definitiewe uitsluitsel daaroor, dat dit nie oor 'n eksterne merk gaan nie, maar onthul die belangrike feit dat hierdie merk die naam van die dier en die getal van sy naam bevat: "... sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig" (verse 17-18). Dit is die volledige onthulling van die raaiselagtige merk, waarin die drie-voudige kombinasie gevind word, wat die dier elke keer as verwysingspunt het. Dit word saamgevat in die numeriese waarde 666, wat ooreenstem met die betiteling van hierdie een persoon:

'n Kenteken kan 'n aardse, maar ook 'n geestelike teken wees, 'n kenmerk. Niemand verwag om iemand te sien met die naam en nommer van die dier, om as 'n sigbare merk te dra nie. Paulus het gesê: "… ek dra die littekens van die Here Jesus in my liggaam" (Gal. 6:17). Met sekerheid het hy nie die littekens van die Gekruisigde uiterlik gedra nie, dit sou beslis 'n bespotting gewees het, maar tog wel die geestelike tekens. Wat is dan die kenmerk, die eintlike identiteit van hierdie godsdienstige instelling? Om dit te ervaar, sal ons na die begin teruggaan, na die skepping daarvan terug gaan.

As ons weet wat die vervolging destyds veroorsaak het, ná die ontstaan ​​van die Romeinse staatskerk in die 4de eeu, sal ons ook weet wat dit nou sal veroorsaak.

Die geloof in die drie-eenheid is die deur-haar-uitgevonde kenmerk van die moederkerk, wat veronderstel dat God vanaf ewigheid drie onafhanklike, ewige, alwetende en gelyke almagtiges is. So het hierdie drie-eenheidsgeloof 'n staats-geborgde en –afgedwonge middel van druk geword en die grusame, duisendjarige vervolging van die Jode, Christene en Moslems veroorsaak, van almal wie anders geglo het. Die volgende aanhalings spreek boekdele:

"Oos-Rome 28.2.380. Drie-eenheidsgeloof Staats-godsdiens. Theodosius I, die Grote, wie die Wes-Romeinse keiser, Gratianus, ná die dood van Valens, in die jaar 379, verhef het tot keiser van die Ooste, skryf aan al sy onderdanige nasies die 'christelike drie-eenheidsgeloof' voor, in die formaat soos deur die Raad van Nicaea in 325 goedgekeur was".

"Konstantinopel 1.5.381. Drie-eenheidsgeloof vir die Christene verpligtend. By die Tweede Ekumeniese Raad het die biskoppe die edik wat deur keiser Theodosius I in Februarie, 380, uitgereik was, goedgekeur, waarin hy al die Romeinse onderdane aangespoor het tot die aanvaarding van die 'christelike drie-eenheidsgeloof', soos dit in die jaar 325 op die Raad van Nicaea geformuleer was. Daarmee was die drie-eenheidsgeloof, wat die 'drie-enigheid van God die Vader, Seun en Heilige Gees' bevat,   vir alle christene die geldige geloofsbelydenis en tot staats-geborgde godsdiens bevorder" —B. Harenberg, Chronik der Menschheitsgeschichte (Kroniek van die Geskiedenis van die Mensdom), bl. 212.

Met die merkteken gaan dit eintlik hoofsaaklik oor die lering van die drie-eenheid. Ook die tradisionele protestantse kerke het dit, soos geen ander aspek, in hulle geloofbelydenis opgeneem en veg selfs vir die behoud daarvan. In die Katolieke Kerk — en nou ook met protestante — het dit daartoe gekom dat die regterhand gebruik word om die 'teken van die kruis' te maak. Dit was die veeltallige moordenaar, Keiser Konstantyn, wat beweer het dat hy 'n kruis in die lug gesien het. Later het sy staatskerk die teken van die kruis vir almal verpligtend gemaak. Onder hierdie trinitariese kruisteken, waaronder ​​ uitgespreek moes word: "In die naam van die Vader, en van die Seun en die heilige Gees", het die Roomse Kerk al sy wrede kruistogte en pogromme deurgevoer. Die Jode en anders-gelowiges was gedwing om die kruisbeeldjie te soen of om te sterf.

Volgens die kerkgeskiedenisskrywes, was daar blykbaar voor Konstantyn geen christelike drie-eenheidsleer nie, slegs die heidense drie-eenheid; ook geen kruisteken-makery nie. Daar was net die christologiese debatte. Ook het die bybelse gelowiges geen kruis-beeldjies gedra nie, nog minder het hulle tekens van die kruis gemaak. Hulle glo in die goddelike daad van verlossing wat in Christus aan die kruis op Golgota ​​gebeur het. Hulle was oortuig daarvan dat, deur die versoeningsdood aan die kruis, het God in Christus die wêreld met Homself versoen. Hulle getuig nes Paulus en die oorspronklike Christene: "Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my" (Gal. 2:20).

Dit is ook uit die kerkgeskiedenis bekend dat daar in die eerste eeue nC, glad nie 'n Rooms-Katolieke, ook nie 'n Grieks-Ortodokse, of enige ander kerk as organisasie bestaan het nie. Daar was net die verskillende christelike rigtings wat dan sedert Konstantyn, in sy "Imperium Romanum", tot 'n verenigde kerk gekom het. By die Raad van Nicaea (325) was daar geen pouse, ook geen kardinale nie, ens. Ook was hulle nie op die rade in Konstantinopel (381), of in Éfese (431) nie. Die geskiedenis van die pouse het begin met Leo I in 441 nC. In Nicaea het die verteenwoordigers van die verskillende christelike rigtings vergader en daar het heftigte besprekings gevolg. Met die staat se hulp het die eerste formele christelike denominasie in die 4de–5de eeu as staatskerk tot stand gekom. Dit is inderdaad nie deur Christus gestig nie en het daarom niks met Hom in gemeen nie, ook nie in die onderrig of in praktyke nie. 

Die kenmerk van hierdie wêreldinstelling, waaruit al die vervolging spruit, was verteenwoordig in sy hoof as die hoogste leringsoutoriteit van die instelling. Dus as iemand teen die allerheiligste dogma van die Roomse Kerk, naamlik, teen die drie-eenheid, oortree, was dit 'n belediging tot die dood en was so iemand in hul oë 'n ketter, 'n kind des doods. Kyk na die volgende aanhaling uit die moderne tyd: "As die Tweede Vatikaanse Raad in die edik oor die ekumenisme (Nr. 20) slegs gedink het aan die Christene wat in die drie-eenheid van God glo, moet daar ondersoek gemaak word in watter mate ander gemeenskappe, wat die verwerping van die drie-eenheid-oortuiging voorstaan, steeds christelik is" —Herder-Verlag, Lexikon der Sekten ('Ensiklopedie van Sektes'), bl. 151. Vir dialoog was hier geen ruimte nie. Die besluit was dus finaal.

Soos met die oorsprong daarvan, sal hierdie uitgevinde drie-eenheid dogma ook nou by die eenwording van Katolieke en Protestantse denominasies 'n absolute verpligting vir alle Christene wees. Terselfdertyd sal die verenigde protestante alle evangeliese groepe dwing om die merk te aanvaar, waardeur die staat die kerk sal help: "En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het ..." (verse 16-17).

Die Wêreldraad van Kerke gaan baie ontevrede wees oor die feit dat daar nog steeds protestantse groepe gaan wees wat weier om by die samesmelting aan te sluit. Dit is diegene wat glo aan die een, ware, ewige God wat Homself geopenbaar het tot ons redding en tot ons verlossing in Jesus Christus. Hulle sal die antichris verwerp omdat hulle Christus as hul enigste hoof erken.

Hierdie dogma identifiseer die struktuur met die valse kennis van God en van Christus. Daarom het hierdie instelling, soos geen ander instansie in die verlede, alreeds bloed vergiet met die vervolging van gelowiges en andersdenkendes. Net so, sal diegene wat die merkteken van die moederkerk nie aanvaar nie, blootgestel wees aan vervolging. Wie aan die ander kant, die drie-eenheid dogma glo en trinitaries gedoop word, dra die merkteken outomaties. Soos bekend is, dring die Roomse Kerk aan met die bewering dat in haar alleen verlossing is en dat redding slegs deur haar en haar sakramente kan geskied. Die predikante in die amptelike kerk lei mense in godsdienstige handelinge vanaf geboorte tot die dood — met die gevolg dat hul toegewyde lede, met al hul sakramente, in 'n fiktiewe 'vagevuur' beland. Is dit verlossing? Die Heilige Skrif sê anders (Hand. 4: 10-12).

Die pouslike kerk stel haar denkbeeldige offer teenoor die eenmalige, voor-God-alleen-geldige offer van Christus. Na bewering word 'n baksel brood in die ware Christus verander, rondgedra, aanbid en geëet. Almal diegene wat so 'n teen-Christus-en-God-gerigte lering nie kon aanvaar nie, was deur raadsbesluite vervloek. SO SPREEK DIE HERE in Sy Woord van die Verlosser en van die reddingsdaad wat deur Hom volbring is: "... Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus,eens en vir altyd … maar Hy het, nadat Hy 'n enkele offer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God … Want deur een offer het Hy vir altyd die wat geheilig word tot hul doel gebring" (Heb. 10: 10+12+14).

In die geskiedenis van verlossing is God die alleen-werkende deur Jesus Christus, onse Here. Die Heilige Gees werk volgens die heilsverkondiging die Woord van waarheid. Daarteenoor tree die kerk op in sy eie naam in die formule "In die naam van God die Vader, die Seun en die Heilige Gees" — die Gemeente van Christus daarinteen tree namens God op in die nuwe-testamentiese verbondsnaam van die Here Jesus Christus, waarin alleen die verlossing van God vir die mensdom is.

Met die oog op alle formele en onafhanklike kerke wat verenig is met die moederkerk, word in die uitdrukking in die 17de hoofstuk gebruik: "… die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde". Dit is ook so geskryf gevind op haar voorhoof: "En op haar voorhoof was 'n naam geskrywe, 'n verborgenheid: die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde"

"Ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus; en ek het my uitermate verwonder toe ek haar sien" (verse 5-6).

Die protestantse dogterkerke, wat gekenmerk word deur dieselfde drie-eenheid, keer terug na hulle moederskoot. So sal dit weer die 'Groot-Babilon' wees wat dronk is van die bloed van die martelaars. Johannes het dit gesien soos dit is en was verbaas. Almal wat die leerstelling van die drie-eenheid glo, en lede in die ooreenstemmende denominasies is, dra alreeds die merk. Diegene wat nie onderdanig kan wees aan hierdie dogma nie, as gevolg van bybelse oortuiging, sal blootgestel word aan die vervolging. Op dieselfde wyse en met dieselfde eienskappe waarmee hierdie kerk haar eerste vervolging afgedwing het, sal sy ook haar laaste doen.

Die dodelike ding is dat dit wat verkeerd is, verwarrend aangesien word as die regte, sodat, sou dit moontlik wees, selfs die uitverkorenes verlei kon word (Matt. 24:24). In Matthéüs 7, verse 21-23, verwys die Here na sulke mense wat praat van magtige dinge, soos dit vandag deur trinitariese televisie-evangeliste en charismatiese byeenkomste gedoen word. Alhoewel hierdie mense probeer het om hulself te regverdig, het die Here hulle verwerp  en hulle werkers van ongeregtigheid genoem, wie Hy nooit geken het nie. Waaragtige geesteswerkinge stem altyd ooreen met die ware leringe van die Woord van God.

Daar moet gevra kan word:

Waarom het God Homself nog nooit van 'drie-enigheid' of 'drie-voudigheid' gepraat nie"?

Waarom het geen profeet ooit 'n 'drie-enige God' genoem nie? 

Waarom was daar nooit 'n apostel wat van "drie persone binne die Godheid" gepraat het nie?

Waarom is die terme "God die Seun" en "God die Heilige Gees" nêrens in die Bybel nie?

Waarom was daar in die Judaïsme en die apostoliese era nie 'n enkele een wat gedebatteer het oor die Godheid nie?

Waarom was daar in die apostels se tyd en in die post-apostoliese era nie 'n enkele keer gedoop in 'n trinitariese formule nie?

Waarom het al die apostels — wetende van Matthéüs 28, vers 19 — uitsluitlik deur onderdompeling in die naam van die Here Jesus Christus gedoop (Hand. 2:38; 8:16; 10:48; 19:5; Rom. 6:3)? Omdat dit deur direkte instruksie was van die Opgestane Een en hulle deur die openbaring van die Gees geweet het dat Jesus van Nasaret "Immanuel, God met ons" is. Hulle het geweet dat die verbondsnaam in die Nuwe Testament, 'Jahshua' is wat 'Jahweh-Redder' beteken, net soos "Immanuel", God met ons beteken. Hulle het ook geweet dat die enigste ware God Homself openbaar het as Vader, Seun en Heilige Gees. En dit gebeur tot ons saligheid in die nuwe-testamentiese verbondsnaam waarin al die seuns en dogters van God in die tyd van die nuwe verbond gedoop word.

Of dit nou in woorde, dade of doop is — alles wat van God af kom, gebeur en geskied volgens Sy wil in Sy Gemeente en sal nie plaasvind in 'n naamlose, magiese formule nie en nie in die herhaling van titels of benamings nie, maar in die naam van Here Jesus Christus (Kol. 3:17). Nie in titels en formules sal alle knieë buig nie, maar in die heilige verbondsnaam van die Here Jesus Christus (Fil. 2: 9-11).

Reeds in die Ou Testament het God met betrekking tot Sy naam op die berg Sinai belowe: "Op elke plek waar Ek my Naam sal laat gedenk, sal Ek na jou toe kom en jou seën" (Ex. 20:24).

In die aankondiging van die geboorte van die Verlosser was dit duidelik gestel: "... en jy moet Hom Jesus noem (Hebreeus: Jahshua), want dit is Hy wat Sy volk van hulle sondes sal verlos.

En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het:

Kyk, die maagd sal swanger word en 'n seun baar, en hulle sal Hom Emmánuel noem, dit is …: God met ons" (Matt. 1: 21-23).

Al die bedieninge wat van God in die nuwe-testamentiese Gemeente van Christus geplaas is, is onder leiding van die Heilige Gees, en op grond van die gesag van die Woord van God, in die naam van Here Jesus Christus. Maar alle kerksampsdraers voer egter elke handeling uit met die formule: "in die naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees", sonder om die eintlike naam te noem waaroor die doopopdrag gaan. Nie een keer het 'n profeet of apostel enige sodanige formule blindelings herhaal nie. Dit is dus nie verbasend dat hierdie formule ook deur die hele okkultisme en spiritisme in die 'Christelike' beskawing beoefen word nie.

Luister tog, u wat uself as deel van die volk van God reken, maar in trinitariese kerke en ander kerke is: Dit is die uur van Waarheid, die uur van besluit, die openbaring van Christus en die ontmaskering van die antichris, die skeiding van lig en duisternis! Die boodskap van God word aan sy verstrooide mense gestuur met hierdie laaste oproep:

"Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle aanneem;

en Ek sal vir julle 'n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige" (IIKor. 6: 17-18; Openb. 18:4).