Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
"En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe" (vers 1).
Die voorhoof word weereens genoem in verband met die dra van 'n naam. In hoofstuk 7, is die aankondiging gemaak dat 144,000 van al 12 stamme van Israel 'n seël op hul voorhoofde sou hê. Hier vind ons die toevoeging van die Naam. In hoofstuk 14 sien ons die 144,000 verseël op die Berg Sion. Hulle word met die Lam aangedui, wat hulle verlossing illustreer. Hierdie groep het die verlossing aangeneem, wat aan die kruis op Golgota bewerk is deur die Lam van God. Die Jode sal die naam Immanuel–Jahshua dra. Immanuel = God by ons (Jes. 7:14), Jahshua = Jahweh-Verlosser. Dan word Jesaja 25, vers 9 vervul: "En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is die Here op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp". Op daardie spesifieke tydstip sal die berg Sion weer 'n besonderse betekenis het (Jesaja 2 en 4).
"En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van 'n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.
En hulle het 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is" (Openb. 14: 2-3).
Alvorens die hemelse en aardse Jerusalem verenig word, leer die uitverkore Jode die nuwe lied, wat dan gesing sal word deur almal wat aan die eerste opstanding deelneem. Die eersteling-skare uit die nasies is die Bruid. Sy sal by die bruilofsmaal in die hemel sing; op die aarde sal die lied weerklink en kan slegs deur die 144,000, wie die eerstelingvrugte van Israel is, gehoor, geleer, en saamgesing word. Die Bruid is die uitverkorenes vanuit alle volke, tale en nasies — die 144,000, die eerstelingvrugte vanuit die twaalf stamme van die volk Israel.
Van die 144,000 word gesê: "Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie"(Openb. 14: 4-5).
Soos alreeds in hoofstuk 12 gesê, word die Gemeente simbolies as 'n vrou voorgestel. Hierdie 144,000 is maagdelik rein, en gevolglik word hulle deur geen kerk bedrieg nie en pleeg ook self geen geestelike bedrog nie. Hulle behoort aan geen gemeente nie; hulle is ook nie Katolieke of Protestante, nie Metodiste, nog minder Baptiste of dies meer nie. Hulle het nie die nodigheid om by 'n gemeente aan te sluit nie want hulle word deur die bediening van die twee getuies direk na Christus gelei en met die Seël van God op hul voorhoofde verseël. Onaangeraak ontmoet hulle die Lam wat hulle gekoop het en vir wie hulle dan volg.
Met verwysing na hierdie skare uit Israel het die Here in die Ou Testament gespreek: "En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die Here skuiling soek.
Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.
Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!
Die Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie"(Sef. 3: 12-15).
Die ewige Evangelie
en die drie engel-aankondigings
In Openbaring 14, verse 6-11, word daar op 'n besondere wyse, naamlik vanuit die hemel, op drie dinge heengewys: eerstens, dat die ewige evangelie betroubaar aan alle volke en tale verkondig word. In hierdie verband klink die oproep: "Vrees God en gee Hom heerlikheid want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het!"
Tweedens, die aankondiging van die val van die grote Babilon: "Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery!"
Derdens, die belangrikste waarskuwing aan die mensdom, om nie die dier en sy beeld, te aanbid nie en om nie die merk van die dier op die voorhoof en die hand te aanvaar nie, want, "as iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam"(verse 9-10). God reageer op niks anders met sulke woede soos met die aanvaarding van dié antichristelike stelsel nie. Vir hulle wie op daardie tydstip deel daarvan sal wees — ook lede van 'n trinitariese gemeente wat behoort tot ekumenisme en die Wêreldraad van Kerke— sal geen genade vind nie, net die woede van God; vuur en swael wag op hulle.
Dit wys ons hoe belangrik dit is om te weet en korrek te wees, oor wat met 'die dier', 'die beeld van die dier' en 'die merk' verstaan moet word. Dit is wat ons neem uit hierdie onvergelykbare bedreiging. Wie ookal vir hierdie wanbeelde val, wat so 'christelik', so vroom-godsdienstig aangebied word, neem die merk op en sal die gevolge daarvan moet dra.
God is genadig, barmhartig en van grote goedheid; Hy gee vergifnis van alle sondes aan diegene wie Hom vra, en vergeef alle skulde. Maar wie hulself op hierdie belangrike uur van die geskiedenis van die mensdom plaas aan die kant van die antichris, maak daarmee 'n bespotting van Christus en verwerp Hom. Hy sal nie mense vergewe wat opkyk na die antichris, wat slegs vrede en vergifnis praat, maar dit nie kan gee nie, in plaas daarvan om na Hom, die Verlosser te wend, wie alleen vrede en vergifnis kan skenk. Mense moet dié godsdienstig-versierde ding mooi deurkyk en herken, en die onherstelbare gevolge wat dit vir almal inhou, wat daaraan verwant is en daaraan behoort.
Die profetiese betekenis en openbaring van die simbole wat aan ons nagelaat is, kon eers noudat dit nodig geword het, geopenbaar word deur 'n ware profetiese bediening. Geen evangelis, geen bybelleraar, het tot op daardie stadium so 'n onbeperkte toegang tot die profesies van die Bybel gehad nie. God werk alles op Sy manier en ordineer Sy diensknegte tot hul paslike opdragte — evangeliste, bybelleraars, herders, ens. Die profetiese gedeelte waarmee ons besig is, moet aan 'n profeet oorgelaat word, "want die Here Here doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie"(Amos 3:7). Die geopenbaarde Woord het altyd tot die profete en diensknegte van God gekom, ook tot die apostels en diensknegte van Christus. Interpretasies, daarinteen, het nog altyd vanaf die skrifgeleerdes en teoloë gekom. In die nuwe-testamentiese Gemeente het God ook leraars, profetiese en apostoliese bedienings geplaas (IKor. 12:28; Efé. 4:11, o.a.).
Die verskriklike lot van die misleides word soos volg aan ons verder beskryf: "... En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang!" (14:11).
Direk daarna is die aanduiding van wat voorlê, vir diegene wat getrou bly aan die Here in die uur van hulle beproewing: "Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, want hulle werke volg hulle" (verse 12-13). Hier word vervul wat in die tweede deel van die 5de seël, in hoofstuk 6, vers 11, aangekondig word.
Die groot koringoes aan die einde van die tyd van genade
In die tweede helfte van hierdie hoofstuk word daar twee verskillende oeste beskryf. Die eerste, in verse 14-16, handel oor die saliges in Christus: "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit wolk en een soos 'n Menseseun wat op die wolk sit, met 'n goue kroon op sy hoof en in sy hand 'n skerp sekel.
En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met 'n groot stem geroep na hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai".
Die Seun van die mens op die wit wolk is die Here Jesus Christus. Johannes die Doper het oor die oes gesê: "... Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand" (Matt. 3:12; Luk. 3:17). Aan die einde van die wêreld sal Hy Sykoring in Sy skuur versamel. In 'n gelykenis het die Seun van die mens van Homself gepraat as die koringkorrel wat in die grond moes val en sterf, om op hierdie manier veelvuldig vrugte van dieselfde saad voort te bring. "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit ryke vrugte"(Joh. 12:24).
Die goddelike saad ervaar sy groei en bereik uiteindelik volle rypheid. "Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.
En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is" (Mark. 4: 28-29).
Die Seun van die mens het hierdie goeie saad gesaai. "Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
en die saailand is die wêreld. Die goeie saad — dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose"(Matt. 13: 37-38).
Dit is HY wat saam met die engele (Matt. 13:39) die sekel insteek, om die oes in te bring en Sy eie te neem. HY word toegeroep: "Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het" (Openb. 14:15b). By die eerste opstanding word dit duidelik dat die uitverkore eerstelingskare inderdaad volledig is en heeltemal in die wese en beeld van die Seun van God verander is (IJoh. 3:2).
Die oes op die wingerdstok van die aarde
— Uitvoering van die toorn van God
In verse 17-20 word daar aan ons van 'n heel ander oes berig wat op die wingerdstok van die aarde sal gebeur. "En 'n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook 'n skerp sekel gehad;
en 'n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met 'n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver".
Enigiemand wat die parallelle gedeeltes lees, sal vind dat hierdie gebeurtenis wat hier beskryf word, die gevolg van God se toorn sal wees en sal as hoogtepunt uitloop op die laaste stryd teen die vyandelike magte van Israel. Die profete van die Ou Testament en die apostels van die Nuwe het daaroor gepraat. Die sleutelwoorde met hierdie oes is "parskuip" en "wraak".
Die Here is nie gelukkig met hierdie oes nie. Dit gaan oor die mensdom wat van God afvallig geword het en teen Hom in opstand gekom het. Die vergelyking met ander skrifte maak dit duidelik dat God dan met die vyandige mense sal afreken voordat die duisendjarige Vrederyk opgerig word. Soos druiwe in 'n parskuip gegiet en gepars word, so word die mensdom dan in die parskuip (oftewel wynpers) van God se toorn gewerp. Die God van liefde, genade en verlossing sal dan die God van toorn en oordeel wees, wat sê: "My kom die wraak toe en die vergelding …" (Deut. 32:35a).
In Jesaja 63, vers 2, word Hy gevra: "Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap?
Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.
Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom.
En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun. En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop"(verse 2-6).
"Die Here sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwe-trappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.
Die oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die Here het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose — aan die swaard het Hy hulle oorgegee!" (Jer. 25: 30-31).
In die profeet Joël lees ons ook van hierdie dag van afrekening van God met die goddelose mensdom. "Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot!"(Joël 3: 12-13).
In die verskillende Skrifte lees ons van die dinge wat op die dag van wraak sal gebeur, wat alreeds deur die profeet Jesaja in hoofstuk 61, vers 2, in dieselfde asem as die jaar van genade van die Here aangekondig is. God wou die mensdom, wat deur Hom geskape is, in Sy plan insluit en laat deelneem daaraan. Aangesien Hy self ewig is, moes Sy plan regoor tyd, vir die ewigheid wees. Enigiemand wat doelbewus met verklaarde innerlike rebellie, teen God die Skepper en die Here, ons Verlosser, gekant is, sal nie meer 'n plek hê in die volmaaktheid waarin die volle harmonie tussen God en die mensdom herstel sal word nie. God se versoening met die mensdom in Christus is dus 'n noodsaaklike, persoonlik-ervare vereiste, om die ewigheid met Hom deur te bring.
"En ek het gesien, en kyk, die Lam staan op die berg Sion, en saam met Hom honderd-vier-en-veertigduisend met sy Naam en die Naam van sy Vader op hulle voorhoofde geskrywe" (vers 1).
Die voorhoof word weereens genoem in verband met die dra van 'n naam. In hoofstuk 7, is die aankondiging gemaak dat 144,000 van al 12 stamme van Israel 'n seël op hul voorhoofde sou hê. Hier vind ons die toevoeging van die Naam. In hoofstuk 14 sien ons die 144,000 verseël op die Berg Sion. Hulle word met die Lam aangedui, wat hulle verlossing illustreer. Hierdie groep het die verlossing aangeneem, wat aan die kruis op Golgota bewerk is deur die Lam van God. Die Jode sal die naam Immanuel–Jahshua dra. Immanuel = God by ons (Jes. 7:14), Jahshua = Jahweh-Verlosser. Dan word Jesaja 25, vers 9 vervul: "En hulle sal in dié dag sê: Kyk, dit is onse God op wie ons gewag het, dat Hy ons kan verlos; dit is dieHere op wie ons gewag het: laat ons juig en bly wees oor sy hulp". Op daardie spesifieke tydstip sal die berg Sion weer 'n besonderse betekenis het (Jesaja 2 en 4).
"En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van 'n harde donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.
En hulle het 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon die lied leer nie, behalwe die honderd-vier-en-veertigduisend wat van die aarde vrygekoop is" (Openb. 14: 2-3).
Alvorens die hemelse en aardse Jerusalem verenig word, leer die uitverkore Jode die nuwe lied, wat dan gesing sal word deur almal wat aan die eerste opstanding deelneem. Die eersteling-skare uit die nasies is die Bruid. Sy sal by die bruilofsmaal in die hemel sing; op die aarde sal die lied weerklink en kan slegs deur die 144,000, wie die eerstelingvrugte van Israel is, gehoor, geleer, en saamgesing word. Die Bruid is die uitverkorenes vanuit alle volke, tale en nasies — die 144,000, die eerstelingvrugte vanuit die twaalf stamme van die volk Israel.
Van die 144,000 word gesê: "Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.
En in hulle mond is daar geen bedrog gevind nie" (Openb. 14: 4-5).
Soos alreeds in hoofstuk 12 gesê, word die Gemeente simbolies as 'n vrou voorgestel. Hierdie 144,000 is maagdelik rein, en gevolglik word hulle deur geen kerk bedrieg nie en pleeg ook self geen geestelike bedrog nie. Hulle behoort aan geen gemeente nie; hulle is ook nie Katolieke of Protestante, nie Metodiste, nog minder Baptiste of dies meer nie. Hulle het nie die nodigheid om by 'n gemeente aan te sluit nie want hulle word deur die bediening van die twee getuies direk na Christus gelei en met die Seël van God op hul voorhoofde verseël. Onaangeraak ontmoet hulle die Lam wat hulle gekoop het en vir wie hulle dan volg.
Met verwysing na hierdie skare uit Israel het die Here in die Ou Testament gespreek: "En Ek sal tussen jou in laat oorbly 'n ellendige en geringe volk wat by die Naam van die Here skuiling soek.
Die oorblyfsel van Israel sal geen onreg doen en geen leuentaal spreek nie, en in hulle mond sal geen bedrieglike tong gevind word nie; maar hulle sal wei en neerlê, en niemand sal hulle verskrik nie.
Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel! Verheug jou en jubel van ganser harte, o dogter van Jerusalem!
Die Here het jou oordele opgehef, jou vyand weggeveeg; die koning van Israel, die Here is by jou, jy sal geen kwaad meer vrees nie" (Sef. 3: 12-15).
Die ewige Evangelie
en die drie engel-aankondigings
In Openbaring 14, verse 6-11, word daar op 'n besondere wyse, naamlik vanuit die hemel, op drie dinge heengewys: eerstens, dat die ewige evangelie betroubaar aan alle volke en tale verkondig word. In hierdie verband klink die oproep: "Vrees God en gee Hom heerlikheid want die uur van sy oordeel het gekom; en aanbid Hom wat die hemel en die aarde en die see en die waterfonteine gemaak het!"
Tweedens, die aankondiging van die val van die grote Babilon: "Geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery!"
Derdens, die belangrikste waarskuwing aan die mensdom, om nie die dier en sy beeld, te aanbid nie en om nie die merk van die dier op die voorhoof en die hand te aanvaar nie, want, "as iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang,
sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam" (verse 9-10). God reageer op niks anders met sulke woede soos met die aanvaarding van dié antichristelike stelsel nie. Vir hulle wie op daardie tydstip deel daarvan sal wees — ook lede van 'n trinitariese gemeente wat behoort tot ekumenisme en die Wêreldraad van Kerke— sal geen genade vind nie, net die woede van God; vuur en swael wag op hulle.
Dit wys ons hoe belangrik dit is om te weet en korrek te wees, oor wat met 'die dier', 'die beeld van die dier' en 'die merk' verstaan moet word. Dit is wat ons neem uit hierdie onvergelykbare bedreiging. Wie ookal vir hierdie wanbeelde val, wat so 'christelik', so vroom-godsdienstig aangebied word, neem die merk op en sal die gevolge daarvan moet dra.
God is genadig, barmhartig en van grote goedheid; Hy gee vergifnis van alle sondes aan diegene wie Hom vra, en vergeef alle skulde. Maar wie hulself op hierdie belangrike uur van die geskiedenis van die mensdom plaas aan die kant van die antichris, maak daarmee 'n bespotting van Christus en verwerp Hom. Hy sal nie mense vergewe wat opkyk na die antichris, wat slegs vrede en vergifnis praat, maar dit nie kan gee nie, in plaas daarvan om na Hom, die Verlosser te wend, wie alleen vrede en vergifnis kan skenk. Mense moet dié godsdienstig-versierde ding mooi deurkyk en herken, en die onherstelbare gevolge wat dit vir almal inhou, wat daaraan verwant is en daaraan behoort.
Die profetiese betekenis en openbaring van die simbole wat aan ons nagelaat is, kon eers noudat dit nodig geword het, geopenbaar word deur 'n ware profetiese bediening. Geen evangelis, geen bybelleraar, het tot op daardie stadium so 'n onbeperkte toegang tot die profesies van die Bybel gehad nie. God werk alles op Sy manier en ordineer Sy diensknegte tot hul paslike opdragte — evangeliste, bybelleraars, herders, ens. Die profetiese gedeelte waarmee ons besig is, moet aan 'n profeet oorgelaat word, "want die Here Here doen niks tensy Hy Sy raadsbesluit aan Sy knegte, die profete, geopenbaar het nie" (Amos 3:7). Die geopenbaarde Woord het altyd tot die profete en diensknegte van God gekom, ook tot die apostels en diensknegte van Christus. Interpretasies, daarinteen, het nog altyd vanaf die skrifgeleerdes en teoloë gekom. In die nuwe-testamentiese Gemeente het God ook leraars, profetiese en apostoliese bedienings geplaas (IKor. 12:28; Efé. 4:11, o.a.).
Die verskriklike lot van die misleides word soos volg aan ons verder beskryf: "... En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie — hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang!" (14:11).
Direk daarna is die aanduiding van wat voorlê, vir diegene wat getrou bly aan die Here in die uur van hulle beproewing: "Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.
En ek het 'n stem uit die hemel aan my hoor sê: Skryf — salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sê die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, want hulle werke volg hulle" (verse 12-13). Hier word vervul wat in die tweede deel van die 5de seël, in hoofstuk 6, vers 11, aangekondig word.
Die groot koringoes aan die einde van die tyd van genade
In die tweede helfte van hierdie hoofstuk word daar twee verskillende oeste beskryf. Die eerste, in verse 14-16, handel oor die saliges in Christus: "En ek het gesien, en kyk, daar was 'n wit wolk en een soos 'n Menseseun wat op die wolk sit, met 'n goue kroon op sy hoof en in sy hand 'n skerp sekel.
En 'n ander engel het uit die tempel gekom en met 'n groot stem geroep na hom wat op die wolk sit: Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het.
En Hy wat op die wolk sit, het sy sekel oor die aarde laat gaan, en die aarde is afgemaai".
Die Seun van die mens op die wit wolk is die Here Jesus Christus. Johannes die Doper het oor die oes gesê: "... Sy skop is in sy hand, en Hy sal sy dorsvloer deur en deur skoonmaak en sy koring in die skuur saambring, maar die kaf sal Hy met onuitbluslike vuur verbrand" (Matt. 3:12; Luk. 3:17). Aan die einde van die wêreld sal Hy Sy koring in Sy skuur versamel. In 'n gelykenis het die Seun van die mens van Homself gepraat as die koringkorrel wat in die grond moes val en sterf, om op hierdie manier veelvuldig vrugte van dieselfde saad voort te bring. "Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, as die koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit alleen; maar as dit sterf, dra dit ryke vrugte" (Joh. 12:24).
Die goddelike saad ervaar sy groei en bereik uiteindelik volle rypheid. "Want vanself bring die aarde vrug voort, eers 'n halm, dan 'n aar, dan die volle koring in die aar.
En wanneer die vrug dit toelaat, steek hy die sekel dadelik in, omdat die oes daar is" (Mark. 4: 28-29).
Die Seun van die mens het hierdie goeie saad gesaai. "Hy wat die goeie saad saai, is die Seun van die mens,
en die saailand is die wêreld. Die goeie saad — dit is die kinders van die koninkryk, en die onkruid is die kinders van die Bose" (Matt. 13: 37-38).
Dit is HY wat saam met die engele (Matt. 13:39) die sekel insteek, om die oes in te bring en Sy eie te neem. HY word toegeroep: "Slaan u sekel in en maai, want die uur het vir U gekom om te maai, omdat die oes van die aarde oorryp geword het" (Openb. 14:15b). By die eerste opstanding word dit duidelik dat die uitverkore eerstelingskare inderdaad volledig is en heeltemal in die wese en beeld van die Seun van God verander is (IJoh. 3:2).
Die oes op die wingerdstok van die aarde
— Uitvoering van die toorn van God
In verse 17-20 word daar aan ons van 'n heel ander oes berig wat op die wingerdstok van die aarde sal gebeur. "En 'n ander engel het uitgekom uit die tempel wat in die hemel is, en hy het ook 'n skerp sekel gehad;
en 'n ander engel wat mag oor die vuur gehad het, het uit die altaar uitgekom en met 'n groot stem geroep na hom wat die skerp sekel het, en gesê: Slaan jou skerp sekel in en samel die trosse van die wingerdstok van die aarde in, want sy druiwe het ryp geword.
En die engel het sy sekel oor die aarde laat gaan en die wingerdstok van die aarde afgeoes en dit gegooi in die groot parskuip van die grimmigheid van God.
En die parskuip is buitekant die stad getrap, en bloed het uit die parskuip gekom tot aan die tooms van die perde, tweehonderd myl ver".
Enigiemand wat die parallelle gedeeltes lees, sal vind dat hierdie gebeurtenis wat hier beskryf word, die gevolg van God se toorn sal wees en sal as hoogtepunt uitloop op die laaste stryd teen die vyandelike magte van Israel. Die profete van die Ou Testament en die apostels van die Nuwe het daaroor gepraat. Die sleutelwoorde met hierdie oes is "parskuip" en "wraak".
Die Here is nie gelukkig met hierdie oes nie. Dit gaan oor die mensdom wat van God afvallig geword het en teen Hom in opstand gekom het. Die vergelyking met ander skrifte maak dit duidelik dat God dan met die vyandige mense sal afreken voordat die duisendjarige Vrederyk opgerig word. Soos druiwe in 'n parskuip gegiet en gepars word, so word die mensdom dan in die parskuip (oftewel wynpers) van God se toorn gewerp. Die God van liefde, genade en verlossing sal dan die God van toorn en oordeel wees, wat sê: "My kom die wraak toe en die vergelding …" (Deut. 32:35a).
In Jesaja 63, vers 2, word Hy gevra: "Waarom is u gewaad so rooi, en u klere soos dié van een wat die wynpers trap?
Ek het die pers alleen getrap, en van die volke was niemand by My nie; en Ek het hulle getrap in my toorn en hulle vertrap in my grimmigheid, sodat hulle lewensap op my klere gespat en Ek my hele gewaad bevlek het.
Want die dag van wraak was in my hart, en die jaar van my verlossing het gekom.
En Ek het uitgekyk, maar daar was geen helper nie; en Ek het My verbaas, maar daar was niemand wat ondersteun nie. Toe het my arm My gehelp en my grimmigheid het My ondersteun. En Ek het volke vertrap in my toorn en hulle dronk gemaak in my grimmigheid en Ek het hulle lewensap op die aarde laat afloop" (verse 2-6).
"Die Here sal brul uit die hoogte en sy stem verhef uit sy heilige woning! Geweldig sal Hy brul oor sy woonplek; soos druiwe-trappers sal Hy 'n vreugdegeroep aanhef teen al die inwoners van die aarde.
Die oorlogsrumoer het gekom tot by die einde van die aarde, want die Here het 'n twis met die nasies, Hy hou gerig oor alle vlees. Die goddelose — aan die swaard het Hy hulle oorgegee!" (Jer. 25: 30-31).
In die profeet Joël lees ons ook van hierdie dag van afrekening van God met die goddelose mensdom. "Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom.
Steek die sekel in, want die oes is ryp! Kom trap, want die parskuip is vol, die kuipe loop oor! Want hulle boosheid is groot!" (Joël 3: 12-13).