Book

Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Ewald Frank

library_books Chapters: 26 calendar_month 18. 11. 1996

Navigate

Chapters

expand_more

Navigate

Chapters

Jump to any chapter without leaving the reader.

Voorwoord 1 Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord 2 Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was 3 HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde! 4 Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof 5 HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel 6 HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls 7 HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig 8 HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode 9 HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine 10 HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee 11 HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond 12 HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies 13 HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang 14 HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring 15 HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes 16 HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas 17 HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God 18 HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry 19 HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon 20 HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam 21 HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk 22 HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes 23 HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk 24 AANHANGSEL - Die 70 jaarweke van Daniel en die huidige gebeurtenisse met Israel in die lig van bybelse profesie 25 Epiloog 26

Chapter 17

HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas

17 / 26

"En ek het 'n ander teken in die hemel gesien, groot en wonderlik: sewe engele met die sewe laaste plae, want daarmee is die grimmigheid van God voleindig" (vers 1). Uit hierdie bedreiging is dit duidelik dat deur hierdie plae die toorn van God tot 'n einde kom. Dit sal aan die einde van die groot verdrukking en ellende wees.

Dan vind daar 'n merkwaardige onderwerpverandering plaas. In vers 2 word die oorwinningsskare getoon wat in die groot verdrukking sal oorwin: "En ek het gesien iets soos 'n see van glas, gemeng met vuur. En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God.

En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die nasies!" (verse 2-3).

Soos reeds in Openbaring 4 gesien, is die see van glas soos kristal, voor die troon van God. Die Bruid is op die troon (3:21), en die wat uit die verdrukking kom, voor die troon (7:9). Op hierdie tydstip verskyn die dwase maagde en die gelowige Jode saam voor die troon. Dan sal die troon van God nie net in die hemel wees nie, maar ook selfs op aarde wees (Matt. 25:31). Die teks getuig daarvan dat hierdie skare op die kristalsee die dier, sy beeld en die getal van sy naam oorwin het en dat hulle uit twee verskillende groepe bestaan. Dieselfde verdrukking, wat die ware gelowiges sonder marteling voor die Wegraping sal ondervind, word later op massiewe skaal op die dwase maagde met bloed-vergieting gebring, én oor Israel, nadat Satan na die aarde gewerp word. Hier word die oorblywende getroues in hul geheel getoon, en Openbaring 20 noem die gestorwe martelaars.

Die lied waarvan hier gepraat word, sien ons in die 5de hoofstuk reeds gesing deur die hemelse leërskare. Hier is dit die gelowiges van die Jode en die nasies uit die verdrukking. Dit kom neer daarop dat albei liedere gesing word: die lied van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam. Die teks word hier na dieselfde gemene deler gebring, omdat dit dieselfde God is wat by die volk Israel is en die nasies in Sy verlossingsraad ingesluit het. Die Here word as die almagtige God geroem en Sy werke as wonderlik geprys. Waarheid en geregtigheid word op al sy maniere bevestig. Hy is die Koning van die volke.

Omdat dit, ná die afsluiting van die laaste oordele, tyd word vir die oorgang na die duisendjarige Koninkryk, word gesê ten opsigte van alle volke: "Wie sal U nie vrees nie, Here, en u Naam nie verheerlik nie? Want U alleen is heilig; want al die nasies sal kom en voor U aanbid, omdat u regverdige dade openbaar geword het"(vers 4).

Met verwysing na die Koninklike Heerskappy, spreek die ou-testamentiese profeet: "En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig, sê die Here"(Jes. 66:23).

Die vernietigende strafgerig sal oor die mense kom wat teen Jerusalem sal veg. Maar selfs van hulle sal daar nog mense oorbly: "En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oë sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond ...

En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die leërskare, en om die huttefees te vier"(Sag. 14: 12+16). Die wye mening dat alle mense in die geregtelike en die reinigingsproses voor die duisendjarige Koninkryk vergaan, stem dus nie ooreen met die getuienis van die Heilige Skrif nie.

"En aan die einde van die dae sal die tempelberg van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom.

En baie volke sal heengaan en sê: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem"(Jes. 2: 2-3).

"So sê die Here van die leërskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede. En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sê: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die Here om genade te smeek en die Here van die leërskare te soek. Ek wil ook gaan!

So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die Here van die leërskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die Here om genade te smeek.

So sê die Here van die leërskare: In dié dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van 'n Joodse man gryp en dit vashou en sê: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is" (Sag. 8: 20-23).

Voordat dit egter gebeur, berig die siener Johannes wat hy gesien het: "… en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.

En die sewe engele met die sewe plae het uit die tempel uitgekom, bekleed met rein, blink linne, en om die bors omgord met goue gordels.

En een van die vier lewende wesens het aan die sewe engele sewe goue skale gegee, vol van die grimmigheid van God wat leef tot in alle ewigheid.

En die tempel het vol rook geword uit die heerlikheid van God en uit sy krag, en niemand kon ingaan in die tempel voordat die sewe plae van die sewe engele voleindig was nie"(Openb. 15: 5-8).

Available translations