Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry

« »

Hoofstuk 17 is net so geheimenisvol soos hoofstuk 13. Afgesien van die bekende simbole wat ons alreeds teëgekom het in die reeds-behandelde deel van Openbaring, vind ons hier ook 'n paar heel misterieuse simbole. Ons het dan hier regtig openbaring van God nodig, om die dinge wat in die simboliese beskrywing verborge is, korrek te herken en te verstaan. Weereens gaan dit oor die 'sleutelwoorde' wat lei tot die ontsluiting van die simbole.

Diegene wie byvoorbeeld vers 1 lees, sal die regte antwoord in vers 15 vind. Selfs dit wat 'n vrou in bybelse profesie voorstel, is uiteengesit in die vorige hoofstukke. Die dier met die sewe koppe en die tien horings waarop hierdie vrou sit word ook genoegsaam uit die Skrif verlig.

Die oorgrote meerderheid bybelleraars is dit eens dat met die 'groot hoer', die Kerk van Rome op sewe heuwels, bedoel word. Van die vele kerke is slegs die Kerk van Rome 'n aardse staat met 'n eie grondgebied, 'n onafhanklike land met ambassades en die uitruiling van ambassadeurs, soos dit algemeen die gebruik is onder die nasies. Dit is hoe die Vatikaanstaat toegang tot diplomatieke kanale met die regerings van die wêreld het. Die pous is dus ook 'n 'staatshoof' en word daarom tydens sy staatsbesoeke met militêre eerbewyse ontvang. Alle ander kerke is min of meer net in hul lande of streke van belang; die Katolieke kerk is, in een of ander vorm, oral in die wêreld aanwesig. Dit word aan ons deur die siener in verse 1 en 2 geskrywe:

"En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery".

Daar is geen ander kerklike instelling op aarde wat so veg vir die guns van konings en heersers, soos hierdie een nie. Met die oog op die Wêreldbevolkingskonferensie wat in September 1994 in Kaïro sou plaasvind, het die Pous homself in Augustus na die 184 regerings gewend om steun te werf vir die posisie van die Vatikaan en veral vanaf die extremistiese Islamitiese lande.

Johannes het hierdie instelling gesien soos dit is: "En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings" (Openb. 17:3). In hoofstuk 12 word die getroue vrou aan ons getoon, wat die goddelike saad ontvang het en dienooreenkomstig geboorte gegee het. Hier sien ons die ontroue vrou wat vreemde sade ingeneem het. Alhoewel sy 'n vrou genoem word, dit wil sê, van buite is dit 'n kerk en die naam van God is in haar mond, is die hele stelsel besaai met godslasterlike name.

Die simbool van die vrou wat op die dier ry, stel dit duidelik: godsdienstige mag het die oorhand oor wêreldse mag. Die ontroue vrou hou die leisels in haar hande en dirigeer die wêreldse magte waarop sy ry. Hierdie dieremag het ons in die eerste deel van hoofstuk 13 reeds in detail bespreek. Die volgende vers dien ook tot beter begrip: "En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery". Wie ookal die skatkamers van die Vatikaan besoek het, weet waarvan hier gepraat word. Deur die profeet Eségiël het God hierdie stelsel lank vooruit beskryf en veral van diegene wat dink dat hulle bo ander mense is: "So spreek die Here Here: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë — terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie — en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god ... (sien ook IIThes. 2) 

Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom ..."(Eségiël 28: 2, 4-6). Elke "insider" weet dat daar in die skatkamers van die Vatikaan onskatbare rykdom is en dat die Vatikaan oral waar dit die moeite werd is, finansieel betrokke is: by banke, versekeringsmaatskappye en regdeur die ekonomie.

Dit sê verder in Openbaring 17: "... en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde"(vers 5). Ook hierdie inskripsie word natuurlik nie sigbaar gedra nie. As daar die onbegryplike, onuitspreeklike verborgenheid van God in Christus met die Gemeente is, is daar in teenstelling die verborgenheid van Satan in die afvallige kerk, wat ook onbegryplik en onverklaarbaar is. Satan self is 'n van-God-afgevalle wese, maar hy ontken God glad nie; dieselfde geld vir die afvallige kerk.

Die profeet Jeremia het die geestelike toestand van hierdie groot instansie reeds op sy dag al ontbloot. Hy skryf: "Babel was in die hand van die Here 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword" (51:7). Ten spyte van hul omvangreike kennis in die algemeen, word die mensdom geestelik dronk gemaak; 'n duidelike en nugtere geestelike oordeel is nie meer vir hulle moontlik nie. Al die verkeerde leringe het geestelike begrip bemoeilik, soos 'n oormaat wyn 'n mens verdoof. Slegs wanneer sulke mense uit daardie stelsel uitkom, kan hulle dan 'n bybelse oriëntasie verkry. Jeremia gaan voort: "Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.

Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy kon glad nie gesond word nie; verlaat hom en laat ons trek elkeen na sy land, want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke!"(51: 8-9).

Nie een van die hervormers het daarin geslaag om hierdie groot Babilon te genees nie. Almal moes dit onverrigte sake agterlaat en het toe elk hul eie kerke stig. Selfs tot nou nog is dit nie moontlik nie. Ondanks die voortdurend-veranderende prosesse bly hierdie instelling dit wat sy nog altyd was. Die oënskynlike konsessies, sowel as die toenadering, is net om al die protestante te sus, om alle negatiewe denke uit te skakel, sodat niemand 'n stem ter waarskuwing daarteen kan hef nie. Vir hierdie doel, word die protestantse woordeskat sedert die tweede Vatikaanse Raad baie gebruik in die Roomse Kerk, hoewel niks in werklikheid verander het nie.

Hierdie grote instelling is die Moederkerk, en al die kerke wat uit haar uit voortgekom het, is haar dogters, wat nou terugkeer na hul moederskoot. In die algemeen is hul leringe deels dieselfde of soortgelyk; waar daar verdeeldheid is, word dit maar net oor die hoof gesien. Die rampspoedige ding is dat protestantse– en onafhanklike kerke geen vergelyking met die Bybel maak, met 'n strewe om daarby aan te pas nie, maar eerder om onder– en met mekaar te vergelyk, om eenheidsonthalwe.

Wat die bloed van die miljoene martelaars betref, staan daar geskrywe: "En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek my uitermate verwonder toe ek haar sien" (vers 6). Hierdie verklaring van die Skrif, word bevestig veral in wat verhaal word deur die geskiedenisskrywers oor die duisendjarige alleen-heerskappy van dié staatskerk.

Verse 7 en 8 dui die konstellasie van wêreldse en godsdienstige magte in die eindtyd aan. Dit beskryf die magte van die heersers en konings en van die "dier", wat nie van die see af nie (hfst. 13: 1-10), ook nie vanuit die aarde nie (hfst. 13: 11-18), maar vanuit die afgrond af opkom (hfst. 11:7), en dan die verderf ingaan.

"Die dier wat jy gesien het, was en is nie en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is"(vers 8).

In die negende vers word vertel: "Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings …". Die stad op sewe heuwels, ook die 'ewige stad' genoem, is wêreldberoemd. Die plek is geografies vasgestel. Boonop wys die sewe heuwels na die reeds voltooide verwikkelinge en terselfdertyd ook op die sewe toonaangewende geïndustrialiseerde Westerse lande. Slegs die agtste is geheimenisvol, wat eintlik aan die sewe behoort en hier as 'n dier genoem word, omdat dit gaan oor wêreldse magsuitoefening.

"En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf"(vers 11).

Hierdie teks is terselfdertyd kripties en duidelik. Dit gaan hier om die kleinste maar belangrikste staat binne 'n staat van die verenigde Europa. In elk geval sal al die heersers, aan die einde van die eindtyd, hul magte tot beskikking van die een heerser stel. "En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.

Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier"(verse 12-13). Soos die sewe koppe die leiersrol van die Westerse lande aandui, dui die tien horings op Oos-Europa heen.

"Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin — want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings — en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou"(vers 14).

In verband met die laaste groot geveg, sal die Oos-Europese lande, veral Rusland, verneuk voel deur hierdie godsdienstige wêreldmag en in woede opstaan teen die Kerk van Rome: "… hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand.

Want God het dit in hulle harte gegee om sy bedoeling uit te voer en een bedoeling uit te voer, en hulle heerskappy aan die dier te gee totdat die woorde van God volbring is". Hierdie same-werking sal net duur tot die Woord van God vervul is. In Rusland sal die kommunisme nie heeltemal verdwyn nie. Die Oos-Europese state sal slegs deelneem totdat die bybelse profesie vir die eindtyd vervul word. Dit is hulle wat bestem is om die 'ewige' stad te vernietig.

In die laaste vers van die 17de hoofstuk word weereens aan ons bevestig, met verwysing na hierdie godsdienstige wêreldinstelling: "En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde". Daar is regtig net een stad op God se aardbodem, wat gebou is op sewe heuwels, waarvandaan godsdienstige en politieke mag oor die godsdienstige en politieke leiers regoor die wêreld uitgeoefen word. 

Hoofstuk 17 is net so geheimenisvol soos hoofstuk 13. Afgesien van die bekende simbole wat ons alreeds teëgekom het in die reeds-behandelde deel van Openbaring, vind ons hier ook 'n paar heel misterieuse simbole. Ons het dan hier regtig openbaring van God nodig, om die dinge wat in die simboliese beskrywing verborge is, korrek te herken en te verstaan. Weereens gaan dit oor die 'sleutelwoorde' wat lei tot die ontsluiting van die simbole.

Diegene wie byvoorbeeld vers 1 lees, sal die regte antwoord in vers 15 vind. Selfs dit wat 'n vrou in bybelse profesie voorstel, is uiteengesit in die vorige hoofstukke. Die dier met die sewe koppe en die tien horings waarop hierdie vrou sit word ook genoegsaam uit die Skrif verlig.

Die oorgrote meerderheid bybelleraars is dit eens dat met die 'groot hoer', die Kerk van Rome op sewe heuwels, bedoel word. Van die vele kerke is slegs die Kerk van Rome 'n aardse staat met 'n eie grondgebied, 'n onafhanklike land met ambassades en die uitruiling van ambassadeurs, soos dit algemeen die gebruik is onder die nasies. Dit is hoe die Vatikaanstaat toegang tot diplomatieke kanale met die regerings van die wêreld het. Die pous is dus ook 'n 'staatshoof' en word daarom tydens sy staatsbesoeke met militêre eerbewyse ontvang. Alle ander kerke is min of meer net in hul lande of streke van belang; die Katolieke kerk is, in een of ander vorm, oral in die wêreld aanwesig. Dit word aan ons deur die siener in verse 1 en 2 geskrywe:

"En een van die sewe engele met die sewe skale het gekom en met my gespreek en vir my gesê: Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, met wie die konings van die aarde gehoereer het, en die bewoners van die aarde het dronk geword van die wyn van haar hoerery".

Daar is geen ander kerklike instelling op aarde wat so veg vir die guns van konings en heersers, soos hierdie een nie. Met die oog op die Wêreldbevolkingskonferensie wat in September 1994 in Kaïro sou plaasvind, het die Pous homself in Augustus na die 184 regerings gewend om steun te werf vir die posisie van die Vatikaan en veral vanaf die extremistiese Islamitiese lande.

Johannes het hierdie instelling gesien soos dit is: "En hy het my in die gees weggevoer na 'n woestyn, en ek het 'n vrou sien sit op 'n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings" (Openb. 17:3). In hoofstuk 12 word die getroue vrou aan ons getoon, wat die goddelike saad ontvang het en dienooreenkomstig geboorte gegee het. Hier sien ons die ontroue vrou wat vreemde sade ingeneem het. Alhoewel sy 'n vrou genoem word, dit wil sê, van buite is dit 'n kerk en die naam van God is in haar mond, is die hele stelsel besaai met godslasterlike name.

Die simbool van die vrou wat op die dier ry, stel dit duidelik: godsdienstige mag het die oorhand oor wêreldse mag. Die ontroue vrou hou die leisels in haar hande en dirigeer die wêreldse magte waarop sy ry. Hierdie dieremag het ons in die eerste deel van hoofstuk 13 reeds in detail bespreek. Die volgende vers dien ook tot beter begrip: "En die vrou was bekleed met purper en skarlaken en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand 'n goue beker gehad, vol gruwels en die onreinheid van haar hoerery". Wie ookal die skatkamers van die Vatikaan besoek het, weet waarvan hier gepraat word. Deur die profeet Eségiël het God hierdie stelsel lank vooruit beskryf en veral van diegene wat dink dat hulle bo ander mense is: "So spreek die Here Here: Omdat jou hart hoogmoedig was en jy gesê het: Ek is 'n god, ek bewoon 'n godewoning in die hart van die seë — terwyl jy tog 'n mens is en geen god nie — en jou hart gemaak het soos die hart van 'n god ... (sien ook IIThes. 2)

Deur jou wysheid en deur jou verstand het jy vir jou rykdom verkry, ja, jy het goud en silwer in jou skatkamers verwerf;

deur die grootheid van jou wysheid in jou koophandel het jy jou rykdom vermeerder, en jou hart het hoogmoedig geword deur jou rykdom ..." (Eségiël 28: 2, 4-6). Elke "insider" weet dat daar in die skatkamers van die Vatikaan onskatbare rykdom is en dat die Vatikaan oral waar dit die moeite werd is, finansieel betrokke is: by banke, versekeringsmaatskappye en regdeur die ekonomie.

Dit sê verder in Openbaring 17: "... en op haar voorhoof was 'n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde" (vers 5). Ook hierdie inskripsie word natuurlik nie sigbaar gedra nie. As daar die onbegryplike, onuitspreeklike verborgenheid van God in Christus met die Gemeente is, is daar in teenstelling die verborgenheid van Satan in die afvallige kerk, wat ook onbegryplik en onverklaarbaar is. Satan self is 'n van-God-afgevalle wese, maar hy ontken God glad nie; dieselfde geld vir die afvallige kerk.

Die profeet Jeremia het die geestelike toestand van hierdie groot instansie reeds op sy dag al ontbloot. Hy skryf: "Babel was in die hand van die Here 'n goue beker wat die hele aarde dronk gemaak het; die nasies het van sy wyn gedrink; daarom het die nasies rasend geword" (51:7). Ten spyte van hul omvangreike kennis in die algemeen, word die mensdom geestelik dronk gemaak; 'n duidelike en nugtere geestelike oordeel is nie meer vir hulle moontlik nie. Al die verkeerde leringe het geestelike begrip bemoeilik, soos 'n oormaat wyn 'n mens verdoof. Slegs wanneer sulke mense uit daardie stelsel uitkom, kan hulle dan 'n bybelse oriëntasie verkry. Jeremia gaan voort: "Skielik het Babel geval en is verbreek. Huil oor hom; gaan haal balsem vir sy pyn! Miskien sal hy gesond word.

Ons het aan Babel medisyne gegee, maar hy kon glad nie gesond word nie; verlaat hom en laat ons trek elkeen na sy land, want sy strafgerig raak tot aan die hemel en verhef hom tot by die wolke!" (51: 8-9).

Nie een van die hervormers het daarin geslaag om hierdie groot Babilon te genees nie. Almal moes dit onverrigte sake agterlaat en het toe elk hul eie kerke stig. Selfs tot nou nog is dit nie moontlik nie. Ondanks die voortdurend-veranderende prosesse bly hierdie instelling dit wat sy nog altyd was. Die oënskynlike konsessies, sowel as die toenadering, is net om al die protestante te sus, om alle negatiewe denke uit te skakel, sodat niemand 'n stem ter waarskuwing daarteen kan hef nie. Vir hierdie doel, word die protestantse woordeskat sedert die tweede Vatikaanse Raad baie gebruik in die Roomse Kerk, hoewel niks in werklikheid verander het nie.

Hierdie grote instelling is die Moederkerk, en al die kerke wat uit haar uit voortgekom het, is haar dogters, wat nou terugkeer na hul moederskoot. In die algemeen is hul leringe deels dieselfde of soortgelyk; waar daar verdeeldheid is, word dit maar net oor die hoof gesien. Die rampspoedige ding is dat protestantse– en onafhanklike kerke geen vergelyking met die Bybel maak, met 'n strewe om daarby aan te pas nie, maar eerder om onder– en met mekaar te vergelyk, om eenheidsonthalwe.

Wat die bloed van die miljoene martelaars betref, staan daar geskrywe: "En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van die heiliges en van die bloed van die getuies van Jesus, en ek my uitermate verwonder toe ek haar sien" (vers 6). Hierdie verklaring van die Skrif, word bevestig veral in wat verhaal word deur die geskiedenisskrywers oor die duisendjarige alleen-heerskappy van dié staatskerk.

Verse 7 en 8 dui die konstellasie van wêreldse en godsdienstige magte in die eindtyd aan. Dit beskryf die magte van die heersers en konings en van die "dier", wat nie van die see af nie (hfst. 13: 1-10), ook nie vanuit die aarde nie (hfst. 13: 11-18), maar vanuit die afgrond af opkom (hfst. 11:7), en dan die verderf ingaan.

"Die dier wat jy gesien het, was en is nie en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar; en die bewoners van die aarde wie se name nie van die grondlegging van die wêreld af in die boek van die lewe geskryf is nie, sal hulle verwonder as hulle die dier sien wat was en nie is nie, alhoewel hy is" (vers 8).

In die negende vers word vertel: "Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings …". Die stad op sewe heuwels, ook die 'ewige stad' genoem, is wêreldberoemd. Die plek is geografies vasgestel. Boonop wys die sewe heuwels na die reeds voltooide verwikkelinge en terselfdertyd ook op die sewe toonaangewende geïndustrialiseerde Westerse lande. Slegs die agtste is geheimenisvol, wat eintlik aan die sewe behoort en hier as 'n dier genoem word, omdat dit gaan oor wêreldse magsuitoefening.

"En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf" (vers 11).

Hierdie teks is terselfdertyd kripties en duidelik. Dit gaan hier om die kleinste maar belangrikste staat binne 'n staat van die verenigde Europa. In elk geval sal al die heersers, aan die einde van die eindtyd, hul magte tot beskikking van die een heerser stel. "En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier.

Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier" (verse 12-13). Soos die sewe koppe die leiersrol van die Westerse lande aandui, dui die tien horings op Oos-Europa heen.

"Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin — want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings — en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou" (vers 14).