Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon

« »

In die 18de hoofstuk word die val van Babilon en die vernietiging daarvan weereens deeglik en in besonderhede beskryf. Elkeen moet hierdie hoofstuk inderdaad aandagtig lees om die omvang van die goddelike toornoordeel voor oë te hou.

"En ná hierdie dinge het ek 'n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar matelose weelderigheid" (verse 1-3).

Die laaste oproep uit die hemel weerklink aan die einde van die tyd van genade en lui so: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie!

Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou". Dit is moontlik dat daar tot op die laaste oomblik voor die Wegraping nog mense bestem sal wees vir verlossing. Deur die laaste boodskap word op hulle beroep om uit te kom.

Daar word egter ook berig dat in 'n enkele dag plae, droefheid en honger sal inbeweeg en dat vuur op hulle sal val. "Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —

daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.

En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,

terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!" (verse 7-10).

Aangesien dit die stad is waarin die romeinse verdrae onderteken is en wat daarom ook as die 'middelpunt' van wêreldhandel beskou word, sal alle sakelui veral ontsteld wees wanneer dit vernietig word.

"En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,

koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer

en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele.

En die vrugte wat jou hart begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit sekerlik nooit weer kry nie.

Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe

en sê: Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!"(verse 11-16).

In hoofstuk 17 word hierdie afvallige vrou beskryf wat ryklik versier is met goud, edelgesteentes en met pêrels. Hier word ons gewys dat die hele stad in hierdie verskriklike situasie ingesluit sal word.

"Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, O, dat in een uur soveel rykdom verwoes is!". Drie keer word dit hier genoem dat die vreeslike straf van God in 'n enkele uur oor daardie groot en magtige stad sal kom: "Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!"(vers 19).

Aan die verlostes wat op daardie tydstip reeds in die hemel woon, skryf die siener: "Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!"(vers 20).

In die laaste verse word aan ons getoon, dat hierdie groot stad met geweld soos 'n meulsteen in die see geslinger sal word en nie meer gevind sal word nie. Aan die einde beskuldig God self deur Sy Heilige Woord, hierdie groot, politiek-godsdienstige wêreld-instelling van bekoring en towery, waarmee sy alle volke verlei het: "... jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.

En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is"(verse 23b-24). So duidelik het die ware God die dinge uitgespreek, soos geen mens dit sou waag om te doen nie. Waarlik, hierdie aarde is deurdrenk met die bloed van die martelaars. 

In die 18de hoofstuk word die val van Babilon en die vernietiging daarvan weereens deeglik en in besonderhede beskryf. Elkeen moet hierdie hoofstuk inderdaad aandagtig lees om die omvang van die goddelike toornoordeel voor oë te hou. 

"En ná hierdie dinge het ek 'n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar matelose weelderigheid" (verse 1-3).

Die laaste oproep uit die hemel weerklink aan die einde van die tyd van genade en lui so: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie!

Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou". Dit is moontlik dat daar tot op die laaste oomblik voor die Wegraping nog mense bestem sal wees vir verlossing. Deur die laaste boodskap word op hulle beroep om uit te kom.

Daar word egter ook berig dat in 'n enkele dag plae, droefheid en honger sal inbeweeg en dat vuur op hulle sal val. "Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —

daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.

En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,

terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!" (verse 7-10).

Aangesien dit die stad is waarin die romeinse verdrae onderteken is en wat daarom ook as die 'middelpunt' van wêreldhandel beskou word, sal alle sakelui veral ontsteld wees wanneer dit vernietig word.

"En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,

koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer

en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele.

En die vrugte wat jou hart begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit sekerlik nooit weer kry nie.

Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe

en sê: Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!" (verse 11-16).

In hoofstuk 17 word hierdie afvallige vrou beskryf wat ryklik versier is met goud, edelgesteentes en met pêrels. Hier word ons gewys dat die hele stad in hierdie verskriklike situasie ingesluit sal word.

"Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, O, dat in een uur soveel rykdom verwoes is!". Drie keer word dit hier genoem dat die vreeslike straf van God in 'n enkele uur oor daardie groot en magtige stad sal kom: "Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!" (vers 19).

Aan die verlostes wat op daardie tydstip reeds in die hemel woon, skryf die siener: "Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!" (vers 20).

In die laaste verse word aan ons getoon, dat hierdie groot stad met geweld soos 'n meulsteen in die see geslinger sal word en nie meer gevind sal word nie. Aan die einde beskuldig God self deur Sy Heilige Woord, hierdie groot, politiek-godsdienstige wêreld-instelling van bekoring en towery, waarmee sy alle volke verlei het: "... jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.

En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is" (verse 23b-24). So duidelik het die ware God die dinge uitgespreek, soos geen mens dit sou waag om te doen nie. Waarlik, hierdie aarde is deurdrenk met die bloed van die martelaars.