Book

Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?

Ewald Frank

library_books Kapitoly: 26 calendar_month 18. 11. 1996

Navigate

Kapitoly

expand_more

Navigate

Kapitoly

Jump to any chapter without leaving the reader.

Voorwoord 1 Hoofstuk 1 - Inleiding: Die "Dag van die Here" - Oorsprong en betekenis van die Profetiese Woord 2 Die openbaring van Jesus Christus, soos dit aan Johannes gegee was 3 HOOFSTUK 2 - Die sewe boodskappe van die opgestane Here - Die eerste sendbrief: Bewaar die eerste liefde! 4 Die vyfde sendbrief - Die tydperk van die Reformasie — Versterking van die swakkes in die geloof 5 HOOFSTUK 4 - Die blik op die Hemel 6 HOOFSTUK 5 - Die geheimenisvolle boek met die sewe seëls 7 HOOFSTUK 6 - Die opening van die seëls - Die onthulling van die antichristelike mag - ‘n Oorsig 8 HOOFSTUK 7 - Die verseëldes vanuit die Jode 9 HOOFSTUK 8 - 7de seël - Die stilte in die Hemel - Die genadetroon word die oordeelstroon - Inleiding tot die sewe basuinoordele - Die eerste vier basuine 10 HOOFSTUK 9 - Die ondenkbare pyn - Die vyfde basuin — die eerste wee 11 HOOFSTUK 10 - 'n Tussengesig: die geopende boek - Die Here as die Engel van die verbond 12 HOOFSTUK 11 - Die tweede tussengesig: Die meting van die tempel - en die bediening van die twee getuies 13 HOOFSTUK 12 - Die vrou met die son geklee - Christus en die wat Syne is - Satan — die vuurrooi draak en sy aanhang 14 HOOFSTUK 13 - Terugblik op Daniel se visioene en - hul verband met die boek Openbaring 15 HOOFSTUK 14 - Die Lam en die 144.000 verseëldes 16 HOOFSTUK 15 - Bedreiging van die sewe-skaal grimmigheid - Die skare op die see van glas 17 HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God 18 HOOFSTUK 17 - Die vrou wat op die dier ry 19 HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon 20 HOOFSTUK 19 - Die blydskap in die hemel - oor die vernietiging van Babilon - Die Bruilofsmaal van die Lam 21 HOOFSTUK 20 - Die binding van Satan - Voltooiing van die eerste opstanding - deur die martelaars - Die duisendjarige Vrederyk 22 HOOFSTUK 21 - Aankondiging van die nuwe hemel en die nuwe aarde - Die glorie van die Nuwe Jerusalem - Die verskriklike lot van die verlorenes 23 HOOFSTUK 22 - Die lewensstroom en lewensbome - Die paradys-toestand in die duisenjarige Koninkryk 24 AANHANGSEL - Die 70 jaarweke van Daniel en die huidige gebeurtenisse met Israel in die lig van bybelse profesie 25 Epiloog 26

Kapitola 20

HOOFSTUK 18 - Die vernietiging van die groot Babilon

20 / 26

In die 18de hoofstuk word die val van Babilon en die vernietiging daarvan weereens deeglik en in besonderhede beskryf. Elkeen moet hierdie hoofstuk inderdaad aandagtig lees om die omvang van die goddelike toornoordeel voor oë te hou.

"En ná hierdie dinge het ek 'n engel sien neerdaal uit die hemel, met groot mag, en die aarde is verlig deur sy heerlikheid.

En hy het met 'n groot stem kragtig uitgeroep en gesê: Geval, geval het die groot Babilon, en dit het geword 'n woonplek van duiwels en 'n versamelplek van allerhande onreine geeste en 'n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls,

Omdat al die nasies gedrink het van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery, en die konings van die aarde met haar gehoereer het, en die handelaars van die aarde ryk geword het deur die mag van haar matelose weelderigheid" (verse 1-3).

Die laaste oproep uit die hemel weerklink aan die einde van die tyd van genade en lui so: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie!

Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou". Dit is moontlik dat daar tot op die laaste oomblik voor die Wegraping nog mense bestem sal wees vir verlossing. Deur die laaste boodskap word op hulle beroep om uit te kom.

Daar word egter ook berig dat in 'n enkele dag plae, droefheid en honger sal inbeweeg en dat vuur op hulle sal val. "Namate sy haarself verheerlik het en weelderig geleef het, na dié mate moet julle haar pyniging en droefheid aandoen. Omdat sy in haar hart sê: Ek sit as koningin en is geen weduwee nie, en droefheid sal ek nooit sien nie —

daarom sal haar plae op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel.

En die konings van die aarde wat met haar gehoereer en weelderig geleef het, sal oor haar ween en oor haar weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien,

terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, en sê: Wee, wee jou, o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou oordeel gekom!" (verse 7-10).

Aangesien dit die stad is waarin die romeinse verdrae onderteken is en wat daarom ook as die 'middelpunt' van wêreldhandel beskou word, sal alle sakelui veral ontsteld wees wanneer dit vernietig word.

"En die handelaars van die aarde sal ween en rou bedrywe oor haar, omdat niemand hulle koopware meer koop nie,

koopware van goud en silwer en edelgesteente en pêrels en fyn linne en purper en sy en skarlaken; en allerhande geurige hout en allerhande voorwerpe van ivoor en allerhande voorwerpe van die kosbaarste hout en van koper en yster en marmer

en kaneel en reukwerk en salf en wierook en wyn en olyfolie en fynmeel en koring en grootvee en skape; en van perde en waens en slawe en mensesiele.

En die vrugte wat jou hart begeer, het van jou gewyk, en al die blinkende en die skitterende dinge het van jou gewyk, en jy sal dit sekerlik nooit weer kry nie.

Die handelaars in hierdie dinge, wat van haar ryk geword het, sal ver weg staan uit vrees vir haar pyniging, terwyl hulle ween en rou bedrywe

en sê: Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, omdat in een uur soveel rykdom verwoes is!"(verse 11-16).

In hoofstuk 17 word hierdie afvallige vrou beskryf wat ryklik versier is met goud, edelgesteentes en met pêrels. Hier word ons gewys dat die hele stad in hierdie verskriklike situasie ingesluit sal word.

"Wee, wee die groot stad wat bekleed was met fyn linne en purper en skarlaken en versierd met goud en edelgesteente en pêrels, O, dat in een uur soveel rykdom verwoes is!". Drie keer word dit hier genoem dat die vreeslike straf van God in 'n enkele uur oor daardie groot en magtige stad sal kom: "Wee, wee die groot stad waarin almal wat skepe op die see het, deur haar kostelike skatte ryk geword het; want dit is in een uur verwoes!"(vers 19).

Aan die verlostes wat op daardie tydstip reeds in die hemel woon, skryf die siener: "Verbly jou oor haar, o hemel, en o heilige apostels en profete, omdat God julle oordeel aan haar voltrek het!"(vers 20).

In die laaste verse word aan ons getoon, dat hierdie groot stad met geweld soos 'n meulsteen in die see geslinger sal word en nie meer gevind sal word nie. Aan die einde beskuldig God self deur Sy Heilige Woord, hierdie groot, politiek-godsdienstige wêreld-instelling van bekoring en towery, waarmee sy alle volke verlei het: "... jou handelaars was die grotes van die aarde; want deur jou towery is al die nasies verlei.

En die bloed van profete en heiliges is in haar gevind, en van almal wat op die aarde gedood is"(verse 23b-24). So duidelik het die ware God die dinge uitgespreek, soos geen mens dit sou waag om te doen nie. Waarlik, hierdie aarde is deurdrenk met die bloed van die martelaars. 

Available translations