Die Openbaring - 'n Boek met 7 Seëls?
HOOFSTUK 16 - Die sewe grimmighede: Voltooiing van die toornoordeel van God
Font Face
Line Height
Paragraph Gap
Font Size
Die verwerkliking van die toornoordele wat in hoofstuk 15 aangekondig word, kan gevind word in hoofstuk 16. "En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit"(16:1). Deur die Evangelie van Jesus Christus sal die mensdom aan die einde van die tyd van genade, nog 'n laaste keer die geskenkte liefde van God aangebied word, die volledige vergewing van alle skuld en sonde, en die volle saligheid tot die terugplasing as seuns en dogters van God in die eerste opstanding. Diegene wie die genade-aanbod van God verwerp, moet die regverdige toorn van God verduur.
Die eerste oordele kom op diegene wat die merk van die dier aanvaar en hulde aan sy beeld bring. "Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het.
En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van 'n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.
En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.
En ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gebyt van die smartvolle pyn;
en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie" (2-11).
In die eerste vyf oordeelsskale van grimmigheid sal verskriklike dinge gebeur op aarde. Die gety draai: dit is dan nie Satan wat die gelowiges vervolg en martel nie, maar dit is oordeelsengele wat die toorn op diegene uitstort wat Satan gedien het en hulself tot sy beskikking gestel het. Soos uit die beskrywing getoon word, kom dit aan almal toe wie hulde bring aan die godsdienstige stelsel en wie eer bring aan die beeld. Hierdie plae is so ondenkbaar dat geeneen daarop kommentaar sal kan lewer nie. Nou, terwyl daar nog tyd van genade is, roep ons uit met mens– en engeletale aan almal: "Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is"(Jes. 55:6).
Maar dan sal dit egter vir altyd te laat wees, en soos ons dit in die bybelteks lees, sal bekering na die Here onmoontlik wees. Die tyd van genade sal verby wees, en dan sal dit nie meer moontlik wees om gered en verlos te word nie. Dan sal vertwyfeling en hopeloosheid die mensdom oorweldig en elkeen sal homself dan bevind waar hy wou wees. Daardie besluit word reeds nou, deur elkeen se eie keuse gemaak.
"En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom…
— dit is geeste van duiwels wat wondertekens doen — wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God …
En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon"(verse 12-16).
Die sleutelwoord in hierdie teks is "strydgeveg". Hierdie is nie net 'n geveg wat beskryf kan word as 'n konflik tussen nasies onder mekaar nie, maar dit is die laaste groot stryd voor die totstandkoming van die duisendjarige Koninkryk. Dit word duidelik beskrywe; die leërs van die Ooste kom dan in beweging. Die droë Eufraat dui aan uit watter rigting daar beweeg sal word. Uit ander bybelgedeeltes sien ons, dat hulle sal verenig met die oorlogsmassas vanuit Israel se noorde.
"So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer; Persië, Ethiopiërs en Libiërs saam met hulle, almal met skild en helm; Gomer en al sy leërs, die huis van Togárma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs — baie volke met jou …
ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid. Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leër;
en jy sal optrek teen my volk Israel soos 'n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees ..."(Esé. 38: 3-16).
"En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en laat kom op die berge van Israel.
Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerlei vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee"(Esé. 39: 2-4).
"Soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie" (Joël 2:2).
Die 'heilige oorlog' wat in die Islamitiese wêreld keer op keer opgeroep word, vind dan regtig plaas. "Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, en laat al die krygsmanne nader kom, opruk! Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom"(Joël 4: 9+12).
"Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.
Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die Here van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.
Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes!" (Jes. 13: 3-5).
"... Want die Here hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding in die regsaak van Sion" (Jes. 34:8).
Sataniese drie-eenheid: draak, dier, valse profeet
Die sataniese drie-eenheid, wat in Openbaring 16, vers 13 genoem word, beoefen dan op daardie tydstip hul invloed uit op die hele aarde. Satan, wie dan nog steeds die prins van hierdie wêreld is, sal sy voorlaaste poging aanwend om verskriklike onheil aan te rig, deur met die hele magte op die volk Israel te gekonsentreerd (Sag. 14:2). Satan, die draak, beoefen dan beide politieke sowel as godsdienstigte mag uit en hy neem dan besit van die ganse mensdom wie hulself aan hom beskikbaar gestel het.
Uit hierdie duiwelse drie-eenheid — draak/satan, dier/politieke heerser, valse profeet/godsdienstige leier — kom die drie duiwelsgeeste na vore en doen selfs allerlei wondertekens — van leuens en misleiding — en mislei tot die konings vanoor die hele wêreld. Op daardie tydstip sal al die staatshoofde en al die verantwoordelike ampsdraers, swig voor die direkte invloed van Satan. Daar sal geen uitsonderings wees nie. Ongeag die verskillende volkere se ingesteldheid met betrekking tot Israel, sal al die regerings saam optree omdat hulle ondergeskik is aan die VN.
In die 16de hoofstuk, in verse 17-21, word aan ons, onder andere, die oordeel oor die groot stad Babilon beskryf. Hier praat dit glad nie die voormalige stad Babel aan die Eufraat, wat later, ná die verwarring van die tale, hernoem was tot "Babilon", wat "verwarring" beteken nie. Dit bestaan nie meer nie. Hierdie is die simboliese stad Babilon. Dit word in detail in verskeie van die hoofstukke van die boek Openbaring beskryf.
"En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so 'n geweldige groot aardbewing.
En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van Sy toorn.
En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; en groot hael, omtrent 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat Sy plaag ontsettend groot was".
Soos uit die algehele beskrywing gesien kan word, sal teen daardie tyd nie net die groot militêre konfrontasie plaasvind nie. Die hele aarde, land en see sal geraak word. Die eilande en berge sal beweeg word. 'n Groot aardbewing, soos nog nooit op aarde was nie, sal die stede van die wêreld in puin lê, en die groot Babilon, in as. Vanaf alle kante, op alle vlakke sal die geregtelike- en reinigingsproses plaasvind. Dit sal vir niemand raadsaam wees om op aarde te wees nie, eerder dat almal die Woord van God moet glo, en dan moet bid, om waardig te wees om te ontsnap en voor die Seun van die mens te verskyn: "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan"(Luk. 21:36).
Die verwerkliking van die toornoordele wat in hoofstuk 15 aangekondig word, kan gevind word in hoofstuk 16. "En ek het 'n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit" (16:1). Deur die Evangelie van Jesus Christus sal die mensdom aan die einde van die tyd van genade, nog 'n laaste keer die geskenkte liefde van God aangebied word, die volledige vergewing van alle skuld en sonde, en die volle saligheid tot die terugplasing as seuns en dogters van God in die eerste opstanding. Diegene wie die genade-aanbod van God verwerp, moet die regverdige toorn van God verduur.
Die eerste oordele kom op diegene wat die merk van die dier aanvaar en hulde aan sy beeld bring. "Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het ensy beeld aanbid het.
En die tweede engel het sy skaal op die see uitgegooi, en dit het bloed geword soos van 'n dooie, en al die lewende wesens in die see het gesterwe.
En die derde engel het sy skaal uitgegooi op die riviere en op die waterfonteine, en dit het bloed geword.
En ek het die engel van die waters hoor sê: Regverdig, Here, is U wat is en wat was, U, die Heilige, omdat U hierdie oordeel uitgevoer het;
want hulle het die bloed van heiliges en profete vergiet, en U het aan hulle bloed gegee om te drink, want hulle het dit verdien.
En ek het 'n ander een uit die altaar hoor sê: Ja, Here God, Almagtige, waaragtig en regverdig is u oordele.
En die vierde engel het sy skaal op die son uitgegooi, en daaraan is dit gegee om die mense met vuur te skroei.
En die mense is geskroei met 'n groot hitte, en hulle het die Naam van God gelaster wat mag het oor hierdie plae, en hulle het hul nie bekeer om Hom heerlikheid te gee nie.
En die vyfde engel het sy skaal uitgegooi op die troon van die dier, en sy koninkryk is verduister, en hulle het hul tonge gebyt van die smartvolle pyn;
en hulle het die God van die hemel gelaster oor hulle pyne en oor hulle swere, en het hulle nie bekeer van hul werke nie" (2-11).
In die eerste vyf oordeelsskale van grimmigheid sal verskriklike dinge gebeur op aarde. Die gety draai: dit is dan nie Satan wat die gelowiges vervolg en martel nie, maar dit is oordeelsengele wat die toorn op diegene uitstort wat Satan gedien het en hulself tot sy beskikking gestel het. Soos uit die beskrywing getoon word, kom dit aan almal toe wie hulde bring aan die godsdienstige stelsel en wie eer bring aan die beeld. Hierdie plae is so ondenkbaar dat geeneen daarop kommentaar sal kan lewer nie. Nou, terwyl daar nog tyd van genade is, roep ons uit met mens– en engeletale aan almal: "Soek die Here terwyl Hy nog te vinde is; roep Hom aan terwyl Hy naby is" (Jes. 55:6).
Maar dan sal dit egter vir altyd te laat wees, en soos ons dit in die bybelteks lees, sal bekering na die Here onmoontlik wees. Die tyd van genade sal verby wees, en dan sal dit nie meer moontlik wees om gered en verlos te word nie. Dan sal vertwyfeling en hopeloosheid die mensdom oorweldig en elkeen sal homself dan bevind waar hy wou wees. Daardie besluit word reeds nou, deur elkeen se eie keuse gemaak.
"En die sesde engel het sy skaal uitgegooi op die groot rivier, die Eufraat, en sy water het opgedroog, sodat die pad van die konings wat van die ooste af kom, reggemaak kon word.
En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom…
— dit is geeste van duiwels wat wondertekens doen — wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wêreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God …
En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon" (verse 12-16).
Die sleutelwoord in hierdie teks is "strydgeveg". Hierdie is nie net 'n geveg wat beskryf kan word as 'n konflik tussen nasies onder mekaar nie, maar dit is die laaste groot stryd voor die totstandkoming van die duisendjarige Koninkryk. Dit word duidelik beskrywe; die leërs van die Ooste kom dan in beweging. Die droë Eufraat dui aan uit watter rigting daar beweeg sal word. Uit ander bybelgedeeltes sien ons, dat hulle sal verenig met die oorlogsmassas vanuit Israel se noorde.
"So spreek die Here Here: Kyk, Ek het dit teen jou, o Gog, vors van Ros, Meseg en Tubal!
En Ek sal jou weglok en hake in jou kakebene sit en jou laat uittrek en jou hele leër, perde en ruiters, almal volkome toegerus, 'n groot menigte met die groot en die klein skild, wat almal die swaard hanteer; Persië, Ethiopiërs en Libiërs saam met hulle, almal met skild en helm; Gomer en al sy leërs, die huis van Togárma, in die uithoeke van die Noorde, en al sy leërs — baie volke met jou …
ja, dit is uit die volke uitgebring, en hulle woon almal in veiligheid. Dan sal jy kom uit jou woonplek, uit die agterhoeke van die Noorde, jy en baie volke saam met jou wat almal op perde ry, 'n groot menigte en 'n magtige leër;
en jy sal optrek teen my volk Israel soos 'n wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees ..." (Esé. 38: 3-16).
"En Ek sal jou weglok en jou lei en jou laat optrek uit die agterhoeke van die Noorde en laat kom op die berge van Israel.
Maar Ek sal jou boog uit jou linkerhand slaan en jou pyle uit jou regterhand laat val.
Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is; aan die roofvoëls van allerlei vere en aan die wilde diere van die veld het Ek jou as voedsel gegee" (Esé. 39: 2-4).
"Soos die môreskemering, uitgesprei oor die berge, kom 'n talryke en magtige volk, wat van oudsher sy gelyke nie gehad het nie en dit hierna ook nie sal hê tot in die jare van die verste geslagte nie" (Joël 2:2).
Die 'heilige oorlog' wat in die Islamitiese wêreld keer op keer opgeroep word, vind dan regtig plaas. "Roep dit uit onder die nasies, heilig 'n oorlog! Wek die helde op, en laat al die krygsmanne nader kom, opruk! Die nasies moet hulle klaarmaak en optrek na die dal van Jósafat; want daar sal Ek sit om gerig te hou oor al die nasies rondom" (Joël 4: 9+12).
"Ek self het my geheiligdes ontbied; ook het Ek my helde tot my toorn geroep, my manne wat jubel in trotsheid.
Hoor, 'n gedruis op die berge soos van baie mense! Hoor, 'n rumoer van die koninkryke, van versamelde nasies! Die Here van die leërskare hou wapenskouing oor 'n oorlogsleër.
Hulle kom uit 'n ver land, van die einde van die hemel af, die Here en die werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes!" (Jes. 13: 3-5).
"... Want die Here hou 'n dag van wraak, 'n jaar van vergelding in die regsaak van Sion" (Jes. 34:8).
Sataniese drie-eenheid: draak, dier, valse profeet
Die sataniese drie-eenheid, wat in Openbaring 16, vers 13 genoem word, beoefen dan op daardie tydstip hul invloed uit op die hele aarde. Satan, wie dan nog steeds die prins van hierdie wêreld is, sal sy voorlaaste poging aanwend om verskriklike onheil aan te rig, deur met die hele magte op die volk Israel te gekonsentreerd (Sag. 14:2). Satan, die draak, beoefen dan beide politieke sowel as godsdienstigte mag uit en hy neem dan besit van die ganse mensdom wie hulself aan hom beskikbaar gestel het.
Uit hierdie duiwelse drie-eenheid — draak/satan, dier/politieke heerser, valse profeet/godsdienstige leier — kom die drie duiwelsgeeste na vore en doen selfs allerlei wondertekens — van leuens en misleiding — en mislei tot die konings vanoor die hele wêreld. Op daardie tydstip sal al die staatshoofde en al die verantwoordelike ampsdraers, swig voor die direkte invloed van Satan. Daar sal geen uitsonderings wees nie. Ongeag die verskillende volkere se ingesteldheid met betrekking tot Israel, sal al die regerings saam optree omdat hulle ondergeskik is aan die VN.
In die 16de hoofstuk, in verse 17-21, word aan ons, onder andere, die oordeel oor die groot stad Babilon beskryf. Hier praat dit glad nie die voormalige stad Babel aan die Eufraat, wat later, ná die verwarring van die tale, hernoem was tot "Babilon", wat "verwarring" beteken nie. Dit bestaan nie meer nie. Hierdie is die simboliese stad Babilon. Dit word in detail in verskeie van die hoofstukke van die boek Openbaring beskryf.
"En die sewende engel het sy skaal uitgegooi in die lug, en 'n groot stem het uit die tempel van die hemel gekom, van die troon af, wat gesê het: Dit is verby!
En daar het stemme gekom en donderslae en bliksemstrale, en daar het 'n groot aardbewing gekom soos daar nog nie gewees het vandat die mense op die aarde was nie — so 'n geweldige groot aardbewing.
En die groot stad is in drie dele verdeel, en die stede van die nasies het geval. En die groot Babilon is in gedagtenis gebring voor God, om haar te gee die beker met die wyn van die grimmigheid van Sy toorn.
En alle eilande het gevlug, en berge is daar nie gevind nie; en groot hael, omtrent 'n talent swaar, het uit die hemel op die mense geval; en die mense het God gelaster oor die plaag van die hael, omdat Sy plaag ontsettend groot was".
Soos uit die algehele beskrywing gesien kan word, sal teen daardie tyd nie net die groot militêre konfrontasie plaasvind nie. Die hele aarde, land en see sal geraak word. Die eilande en berge sal beweeg word. 'n Groot aardbewing, soos nog nooit op aarde was nie, sal die stede van die wêreld in puin lê, en die groot Babilon, in as. Vanaf alle kante, op alle vlakke sal die geregtelike- en reinigingsproses plaasvind. Dit sal vir niemand raadsaam wees om op aarde te wees nie, eerder dat almal die Woord van God moet glo, en dan moet bid, om waardig te wees om te ontsnap en voor die Seun van die mens te verskyn: "Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan" (Luk. 21:36).